About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 21
|
|
Van Eeden and Another v Engelbrech (2590/2002) [2002] ZAFSHC 21 (3 December 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
(Saak
Nr.: 2590/2002)
Aansoek
Nr.: 3414/2002
In
die Aansoek tussen:
ELIZABETH
CATHARINA VAN EEDEN
1ste
Applikante
HERMANUS
JOHANNES MOOLMAN
2de
Applikant
en
IZABEL
ENGELBRECH
Respondente
In
die aansoek van:
JACOBUS
HENDRIKUS JANSE VAN RENSBURG N.O.
1ste Tussentreder
PHILIP
FOURIE N.O.
2de
Tussentreder
JACOB
LUCIEN LUBISI N.O.
3de Tussentreder
LILY
MAMPINA MALATSI-TEFFO N.O.
4de Tussentreder
en
ELIZABETH
CATHARINA VAN EEDEN
1ste
Applikante
HERMANUS
JOHANNES MOOLMAN
2de Applikant
en
IZABEL
ENGELBRECH
Respondente
CORAM:
HANCKE, R
AANGEHOOR
OP: 26 NOVEMBER 2002
UITSPRAAK
DEUR: HANCKE, R
GELEWER
OP: 3 DESEMBER 2002
Hierdie
is die uitgestelde keerdag van ân voorlopige sekwestrasiebevel. Die
vraag wat nou ontstaan is of die applikante aan die
bepalings van
artikel 12 van die Insolvensiewet, Nr. 24 van 1936 (soos gewysig)
voldoen het, wat soos volg lui:
"12.
Finale sekwestrasie of
afwysing van versoek om sekwestrasie.
-
(1)
As die hof by die verhoor na aanleiding van voormelde bevel
nisi
oortuig is dat -
(a)
die petisionerende skuldeiser ân vordering soas bedoel in
sub-artikel (1) van artikel
nege
teen die skuldenaar bewys het; en
(b)
die skuldenaar ân daad van insolvensie begaan het of insolvent is;
en
(c)
daar rede bestaan om aan te neem dat dit tot voordeel van skuldeisers
van die skuldenaar sal strek as sy boedel gesekwestreer
word,
dan
kan die hof die skuldenaar se boedel sekwestreer.
(2)
As die hof by bedoelde verhoor nie soas voormeld oortuig is nie, dan
wys hy die versoek tot sekwestrasie van die skuldenaar se
boedel af
en vernietig die order van voorlopige sekwestrasie of vereis verdere
bewys van die bewerings wat die versoek bevat en stel
die verhoor vir
ân redelike termyn uit, maar nie
sine
die
nie."
Artikel
9 verwys na artikel 12(1)(a) lui soos volg:
"9
Versoek tot sekwestrasie van
boedel
. -
(1)
ân Skuldeiser (of sy verteenwoordiger) wat ân gelikwideerde
vordering van nie minder as vyftig pond of twee of meer skuldeisers
(of hulle verteenwoordiger) wat gesamentlik gelikwideerde vorderings
van nie minder as honderd pond het teen ân skuldenaar wat
ân daad
van insolvensie begaan het of insolvent is, kan die hof versoek om
die sekwestrasie van die boedel van die skuldenaar.
(2)
ân Gelikwideerde vordering wat ontstaan het maar wat nog nie
invorderbaar is nie op die dag van verhoor van die versoek, word
by
die toepassing van sub-artikel (1) as ân gelikwideerde vordering
aangemerk.
(3)
........"
Die
Hof moet "oortuig" wees dat aan al drie vereistes voldoen
is, alvorens dit ân diskresie het om die bevel finaal te
maak. Waar
die applikante op omstandigheidsgetuienis steun, kan die bewyslas
gekwyt word indien hulle die Hof kan oortuig dat die
afleiding wat
hulle voorstaan die mees voor-die-hand-liggende en aanvaarbare
afleiding is van ân aantal moontlike afleidings.
AA
ONDERLINGE ASSURANSIE-ASSOSIASIE BPK v DE BEER
1982 (2) SA 603
(A) te 614H
.
â
n
Vordering van meer as R200,00.
Die
eerste vraag is of daar genoeg feite op rekord geplaas is om hierdie
Hof te oortuig dat die applikante die vereiste gelikwideerde
vordering hierbo na verwys, aangetoon het.
Die
advokate wat namens die onderskeie partye opgetree het, was dit
ad
idem
dat die feite soos
blyk uit die twee tussenbeitredende aansoeke van J.A.J. van Rensburg
NO (saaknommer 3414/2002) en C.S. Edeling
NO (saaknommer 2878/2002)
ook vir doeleindes van die beregting van die huidige aansoek in ag
geneem behoort te word. Na my mening
blyk dit die korrekte benadering
te wees. Die sake van
FULLARD
v FULLARD
1979 (1)
SA 368
(T) te 372A-D;
UYS
AND ANOTHER v DU PLESSIS (FERREIRA INTERVENING)
2001 (3) SA 250
(K) te 252D-C
is gesag dat ân tussenbeitredende skuldeiser kan steun op ân
voorafgegaande aansoek om sekwestrasie. Na my mening behoort die
teenoorgestelde ook te geld, naamlik dat ân aansoekdoener kan steun
op feite vermeld in latere tussenbeitredende aansoeke, solank
die
respondent geleentheid gehad het om op hierdie bewerings te antwoord
en natuurlik ook op sodanige feite kan steun. Dit moet egter
gemeld
word dat respondente beswaar maak teen die toelaatbaarheid van die
inhoud van ân verslag in die aansoek van Edeling. Aangesien
ân
beslissing van hierdie beswaar eers tydens latere verrigtinge nodig
mag wees, en tans nog nie geargumenteer is nie, word hierdie
verslag
nie in ag geneem vir doeleindes van die beslegting van die huidige
geskilpunte nie. Origens word die inhoud van die feite
in ag geneem
op die basis hierbo aangetoon.
Die
huidige vraag onder bespreking is tweërlei van aard, naamlik wat is
die omvang van applikante se vordering, en indien meer as
R200,00
(100 pond), of hulle hoegenaamd ân vordering teen die respondente
het. Wat eerste applikante betref, beweer sy dat haar
belegging ân
bedrag van R372 000,00 beloop. Respondente erken dat eerste
applikante R65 000,00 belê het by M.P. Finance, synde
een van die
voorgangers van Krion, en waarop sy minstens 1% kommissie sou verdien
het, maar beweer dat tweede applikant meer ontvang
het as wat hy belê
het. Laasgenoemde word nie gestaaf deur die bron-dokumente nie, maar
is ân belissing hieroor nie nodig, in
die lig van respondente se
erkenning wat daarop neerkom dat die bepalings van artikel 10(1)(a),
saamgelees met artikel 8, na my mening
bevredig is ten opsigte van
die
quantum
van die eis wat meer as R200,00 moet beloop, in die geval van meer as
een applikant.
Die
vraag of respondente, wat as agent opgetree het, teenoor enige van
die applikante vir ten minste gemelde bedrag persoonlik aanspreeklik
is, moet beantwoord word in die lig van die geskiedenis van hierdie
skema soos blyk uit al die stukke. In die applikante se aansoek
word
daarop gesteun dat dit ân piramiede-skema is wat onwettig was van
die begin af, dat respondente ân integrale deel was van
hierdie
skema en te alle tye kennis gedra het van die wyse waarop beleggings
gedoen was, asook die feit dat die skema gebruik gemaak
het van
verskillende entiteite.
As
deel van die applikante se aansoek word aangeheg ân eedsverklaring
wat respondente by ân ander geleentheid gemaak het, die
inhoud
waarvan nie in geskil geplaas word deur die respondente nie, dat
hulle as agente opdrag gehad het van die sentrale persoon
in hierdie
skema, naamlik mev. Marietjie Prinsloo, om beleggers mee te deel dat
die opbrengs wat hulle kry dividende is wat gebruik
sal word deur ân
mikro-leningsbedryf wat dit teen 30% per maand sou belê. Mev.
Prinsloo het egter nooit te kenne gegee wie die
skema se kliënte aan
die uitleen kant was nie. Respondente kan dus nie "bevestig"
dat enige van die entiteite enige besigheid
bedryf het, of enige
gelde aan ander besighede uitgeleen het nie. Die enigste aktiwiteite
waarvan sy kennis dra is die werwing van
beleggingsfondse by lede van
die publiek om in die skema te plaas, en die administrasie daarvan.
Die besigheid, of skema, het begin
met die gebruik van die naam M.P.
Finance Consultants BK, maar toe die Reserwebank ondersoek ingestel
het, is die dokumente gewysig
om aan te toon dat Madikor nou die
beleggings doen, waarna dit die beurt van Martburt Financial Services
(Edms) Beperk geword het
en toe MNB, daarna weer Martburt, en
uiteindelik Krion.
Respondente
meld verder dat met die naamsveranderings van die skema, het die
situasie telkens ontstaan waar nuwe beleggings geneem
is dat die nuwe
entiteit, daardie geld te gebruik het om die rente te betaal van die
vorige entiteite. Alles was net name om die
skema te bedryf. Uit
respondente se eie kennis as "front direkteur" van Madikor,
en sy aanvaar dat die ander direkteure
van die ander entiteite ook
maar net fronte was wat gebruik is vir Prinsloo se skema. Sy sê ook
die beleggings- en rentebetalings
was meestal in kontant. Die
hoeveelhede kontant het al hoe meer en meer geword, totdat dit
naderhand problematies geword het om soveel
kontant fisies te
hanteer.
In
haar opponerende eedsverklaring beweer respondente dat sy in Maart
2002 agterdogtig geraak het ten opsigte van die wettigheid van
die
skema omdat Prinsloo voortdurend deur die ouditeursfirma PWC namens
die Reserwebank ondersoek is. Na Januarie 2002 het sy geen
verdere
kommissie ontvang nie en het sy op 17 Mei 2002 die laaste geld
oorbetaal. Sy gee toe "dat dit nou blyk dat Prinsloo
se skema
onwettig was". Volgens respondente het haar kommissie die
afgelope belastingjaar ongeveer R2-miljoen beloop.
Ook
in hierdie verband is dit van belang dat die eerste tussenbeitredende
skuldeiser in sy eedsverklaring beweer dat ân agent 1%
per maand
kommissie verdien het op die bedrag van die beleggings wat gewerf is.
Respondente wat familie was van Prinsloo, het egter
ân eenmalige
kommissie van 10% gekry. Die eerste tussenbeitredende skuldeiser wys
ook daarop dat die entiteit MP Finance, hierbo
na verwys, strydig met
die Bankwet Nr.94 van 1990 opgetree het en omdat dit ân onwettige
skema was, is sy aktiwiteite gestop. Dit
is belangrik om daarop te
let dat beide applikante reeds hulle belegging in hierdie entiteit
gemaak het. Daarna het Madikor 20 (Edms)
Beperk voortgegaan met die
skema, maar het dieselfde lot ook hierdie maatskappy getref. Dit is
gevolg deur Martburt Finansiëledienste
Beperk, toe MNB en
uiteindelik Krion Financial Services Beperk, synde ân openbare
maatskappy.
Volgens
die eerste tussenbeitredende skuldeiser, synde die voorlopige
likwidateur van Krion, wat op 5 Junie 2002 voorlopige gelikwideer
is,
het daar ân insolvensie-ondervraging plaasgevind en volgens die
getuienis van Prinsloo, waarvan ân transkripsie beskikbaar
was, is
ouer beleggers betaal uit die fondse verkry van latere beleggers.
Indien beleggers onmiddellik hulle vorderings opgevorder
het, sou die
skema alreeds twee jaar vantevore gelikwideer gewees het, aangesien
die voorwaardelike laste dan reeds die beskikbare
fondse sou oorskry
het. Volgens Van Rensburg was die skema onwettig gewees, omdat die
mikro-leningsbedryf slegs 2% van die totale
fondse wat belê is by
die skema, verteenwoordig het. Dit blyk uit die stukke dat daar geen
onderliggende of volhoubare besigheid
was om die beloofde opbrengs te
verseker nie.
Die
verkryging van beleggings in die skema is verkry deur middel van
wanvoorstelling aan die publiek dat die beleggings aangewend
sou word
in die mikro-leningsbedryf deur 30% per maand opbrengs te verkry
waarvan die belegger 10% sou kry. Hierdie wanvoorstelling
was vals en
het bedrog daargestel. Die skema en die entiteit wat vir daardie doel
gebruik is, was nooit geregistreer in terme van
die Bankwet Nr.94 van
1990 ten einde depositoâs van die publiek te verkry strydig met
artikel 10 van gemelde Wet, wat ân misdryf
daargestel het. Die
skema was ân onwettige skema ingevolge die bepalings van die Wet op
Verbruikersake (Onbillike sakepraktyke),
Wet 71 van 1988 en is dit
strydig met Regulasie R11134 van 1999, gepromulgeer ingevolge artikel
16 van gemelde Wet. Verder het die
sogenaamde "dividende"
wat betaalbaar was aan beleggers ân rentekoers daargestel wat die
bepalings van die Woekerwet,
Nr.73 van 1968 oorskry het. Uit die
stukke blyk dit dus dat die skema ân onwettige skema daargestel het
en dat alle ooreenkomste
wat aangegaan is, tussen die beleggers en
die agente, onwettige ooreenkomste daargestel het wat nietig was.
Die
feite dui verder oorweldigend daarop dat die respondente beleggings
vir die skema, en later subskripsies vir aandele in Krion,
gewerf het
en dat sodanige beleggers uitgenooi was om hulle geld in die skema te
belê en later aandele by Krion te koop. Sy het
uitdruklik, of ten
minste by implikasie, te kenne gegee dat die skema finansieel gesond
was, wat ân foutiewe voorstelling van die
feite was ten opsigte van
die oorsprong van waar die rentebtalings vandaan gekom het, die
finansiële volhoubaarheid van die skema
asook die wettigheid
daarvan. Sy het ook nie slegs fondse gewerf nie, maar was ook
betrokke by die administratiewe prosesse van die
skema en as sulks
moes sy kennis gehad het van die ware feite onderliggend tot die
skema, welke kennis minstens tot haar moes deurgedring
het toe die
Reserwebank ondersoek ingestel het na die eerste entiteit in die
skema wat gebruik is, naamlik M.P. Finance en welke
entiteit se
aktiwiteite gestop is. Indien sy nie toe al oor daardie kennis beskik
het nie, het sy roekeloos opgetree ten opsigte
van die feite en die
regsimplikasies daarvan. Sy het op die beste vir haarself, haarself
weerhou om ondersoek in te stel na die ware
feite wat betrekking op
die skema gehad het en was dus wetend ân party tot ân skema wat
op ân roekelose wyse funksioneer het.
Die
eerste tussenbeitredende skuldeiser vra dan ook dat die respondente
persoonlik aanspreeklik gehou moet word vir die skulde van
die skema
ingevolge die bepalings van artikel 424 van die Maatskappyewet, Nr.
61 van 1973 en artikel 64 van die Wet op Beslote Korporasies
Nr. 69
van 1984. Volgens die dokumentasie word die respondente aangegee as
ân direkteur van Krion Financial Services Beperk en
Madikor 20
(Edms) Beperk. Respondente se antwoord hierop dat die "I
Engelbrecht" wat op Martburt se briefhoof as direkteur
aangegee
word, ân ander Engelbrecht as syself was! Dit kan net nie waar wees
nie.
Wat
die aanspreeklikheid van ân agent vir wanvoorstelling is, word in
STAINER AND OTHERS v
PALMER-PILGRIM
1982
(4) SA 205
(O)
deur De Wet,
R op
211D-E
die volgende verklaar:
"It
is quite clear that the fact that defendant was acting in his
capacity as agent or servant of a company can still make him
personally liable for fraudulent non-disclosure of an existing fact
to a third party. An agent who commits a delict or procures its
commission is personally liable at the suit of the injured party even
though he was at the time acting as agent for another."
In
The Law of Contract in
South Africa
(4de Uitg
deur R.H. Christie) word op p.315 die volgende in hierdie verband
verklaar:
"It
is equally clear that a fraudulent agent is personally liable for his
fraudulent misrepresentation or non-disclosure. His
liability to the
third party will be in delict, and if the third party claims in
contract against the principal the principal and
the agent cannot be
treated as joint wrongdoers and cannot be jointly and severally
liable. It is not necessary, however, for the
third party to excuss
the principal before proceeding against the agent, but the court can
frame its order in such a way that the
third party is not
overcompensated by recovering the same loss from both defendants."
Na
my mening is die feite, in die totaliteit geoordeel, genoegsaam om
deliktuele aanspreeklikheid aan die kant van respondente, as
agent,
teenoor applikante daar te stel.
Mnr.
Van Zyl het namens die applikante betoog dat aangesien die skema
onwettig was, alle ooreenkomste in verband daarmee nietig was
en dat
daar wedersydse restitusie moet plaasvind, op die basis dat elke
party wat hy of sy betaal het geregtig is op terugbetaling
van
sodanige bedrae. Aangesien applikante se kommissie wat hulle aan
respondente betaal het gesamentlik meer as R200,00 beloop, het
applikante voldoen aan hierdie eerste vereiste, soos gestel deur
artikel 10(1)(a), saamgelees met artikel 8 van die Insolvensiewet.
In
hierdie verband het by veral gesteun op die onlangse beslissing van
FIRST NATIONAL BANK OF
SOUTH AFRICA LTD v PERRY NO AND OTHERS
2001 (3) SA 960
(HHA)
waar
die Appèlhof by monde van Schutz, AR op
970A-D
die volgende verklaar:
"But
to return to the problem, whether for the
condictio
ob turpem causam
to apply
the defendant must have knowledge at the time that he acquires the
tainted thing, or whether subsequently acquired knowledge
might
suffice, I think that the
Digest
provides an appropriate point of departure. Book 12 title 5 is
devoted to this
condictio
.
D 12.5.6 in the
Watson
edition attributes the following to Ulpian:
"
Sabinus
always said the early jurists were right in holding that the
condictio
would go for anything in someoneâs hands on an unlawful basis.
Celsus
shares that view."
What
is translated as âon an unlawful basisâ reads â
ex
iniusta causa
â in the
original, and is translated by
Scott
as âillegallyâ and by
Monro
as âon grounds
insufficient in lawâ.
This
passage, to my mind, supplies the missing link. It is not only the
person who receives with knowledge of illegality but also
one who
learns of it while he is still in possession. This does not mean that
he is treated as liable for a delict as, among other
things, his
liability is limited to his enrichment, that is if he is enriched at
all."
In
gemelde saak word ook met goedkeuring aangehaal uit ân passasie van
Van den Heever, R in
PUCJLOWSKI v
JOHNSTONâS EXECUTORS
1946 WLD 1
op 6
, waar
verwys word na die oogmerk van die
condictio
,
as synde:
"......
the recovery of property in which ownership has been transferred
pursuant to a juristic act which was
ab
initio
unenforceable or has
subsequently become inoperative (
causa
non secuta; cause finita
)."
Met
verwysing na bogemelde beslissing word in
FIRST
NATIONAL BANK OF SOUTHERN AFRICA LTD v PERRY NO AND OTHERS
(
supra
)
soos volg voortgegaan op
970F-H:
"The
learned Judge proceeds to rely also on D 12.6.66. Book 12 title 6
deals with the
condictio
indebiti
. The paragraph in
question (66) is cited as reflecting the opinion of
Papinian
,
referred to by Justinian himself in his introduction to the
Digest
(
De Conceptione Digestorum -
The Composition of the Digest
)
as
splendidissimi Papiniani
,
that man
summi ingenii
.
The paragraph reads in the words of the
Watson
edition:
"This
condictio
,
grounded in the idea of what is good and fair, has become the means
of reclaiming whatever belonging to one in the absence of good
cause
is found in the hands of another.""
Ten
opsigte van die uitbreiding van die bestaande verrykingsaksies, word
in gemelde saak die volgende op
971D-E
verklaar:
"....
this is a case in which we may and should extend the operation of the
condictio
in order to cope with modern conditions."
Dit
volg dus uit die voorgaande dat respondente deliktueel en op grond
van verryking aanspreeklik is teenoor applikante vir die
terugbetaling
van die kommissie wat sy op beleggings van applikante
verdien het.
In
die lig van die voorgaande is ek tevrede dat applikante wel ân
vordering bewys het soos vereis deur artikel 12(1)(a) van die
Insolvensiewet.
â
n
Daad van Insolvensie of daadwerklike insolvensie
.
Die
tweede vraag is of applikante aangetoon het dat die respondente "ân
daad van insolvensie begaan het of insolvent"
is, soos bedoel in
artikel 12(1)(b) van die Insolvensiewet?
In
die applikante se funderende eedsverklaring word gesteun op dade van
insolvensie ingevolge artikels 8(a) en (c), en verder dat
respondente
nie in staat is om haar skulde te betaal nie, dit wil sê
daadwerklike insolvensie. Volgens artikel 8(a) begaan ân
skuldenaar
ân daad van insolvensie as
"hy
(of sy) die Republiek verlaat of as hy (of sy) buite die Republiek is
en daaruit wegbly, of as hy (of sy) van sy woning vertrek
of
andersins weggaan met die bedoeling om daardeur die betaling van sy (
haar) skulde te ontduik of te vertraag."
Daar
bestaan ân hewige feitegeskil oor hierdie aspek aangesien
respondente ân lang verduideliking gee waarom applikante nie in
staat was om met haar in verbinding te tree nie. Hierdie feitedispuut
is nie op die stukke beregbaar nie en is dit nie nodig om verder
na
die besonderhede daarvan te verwys nie.
Artikel
8(c) maak voorsiening vir ân daad van insolvensie as ân
skuldenaar haar
"goed
op so ân wyse vervreem of poog te vervreem dat haar skuldeisers
daardeur benadeel word of sou word of aan een skuldeiser
daardeur bo
ân ander voorkeur verleen word of sou word."
Volgens
respondente besit sy slegs twee bates te wete ân Audi TT
motorvoertuig en ân duinebesie. Dit blyk egter dat respondente
en
haar eggenoot in ân tydperk van ongeveer ses maande onroerende
eiendom van meer as R9-miljoen aangekoop het. Respondente beweer
dat
hierdie bates aangekoop is by wyse van lenings wat die respondente en
haar eggenoot aan sekere trusts sou gemaak het. Volgens
Van Rensburg,
die eerste tussenbeitredende skuldeiser, het respondente sowat
R25-miljoen vanaf die skema ontvang. Verdere aankope
wat gemaak is
beloop sowat
R3,9-miljoen,
wat bestaan uit spilpunte ter waarde van ongeveer R1-miljoen, ân
Mercedes Benz vragmotor ter waarde van ongeveer R800
000,00 en ân
helikopter ter waarde van ongeveer R2,1-miljoen. In die omstandighede
is die mees voor-die-hand-liggende afleiding
dat respondente goedere
op so ân wyse vervreem het dat sy skuldeisers daardeur benadeel het
en dat dit ân daad van insolvensie
daarstel soos beoog in artikel
8(c) van die Insolvensiewet.
Al
sou ek ook fouteer in hierdie verband is die respondente klaarblyklik
insolvent. Benewens die feite wat aangevoer is deur die applikante,
blyk dit volgens die eerste tussentredende skuldeiser se
eedsverklaring dat die respondente se totale bates sowat
R13,8-miljoen beloop,
teenoor haar verskuldigheid van ongeveer
R25-miljoen.
In hierdie verband is die aanslag van die Suid-Afrikaanse
Inkomstediens ten bedrae van meer as R37-miljoen buite rekening
gelaat.
Applikante
het dus op ân oorwig van waarskynlikhede ook die bepalings van
hierdie artikel bevredig.
Bestaan
daar rede om aan te neem dat respondente se sekwestrasie tot voordeel
van skuldeisers sal strek?
Die
laaste vraag is of daar rede bestaan om aan te neem dat dit tot
voordeel van skuldeisers van die skuldenaar sal strek as haar
boedel
gesekwestreer word, soos bedoel in artikel 12(1)(c) van die
Insolvensiewet. Volgens die stukke hierin geliasseer blyk hierdie
by
uitstek ân geval te wees waar die kurator ân ondersoek moet
instel na potensieel versteekte bates wat die respondente mag
hê of
bates wat oorgeplaas is na ander entiteite en wat te gelde gemaak kan
word vir verdeling onder die skuldeisers. Indien die
kurator dit
spoedeisend en effektief doen, kan dit ân beduidende hoër dividend
vir skuldeisers beteken. Voorbeelde van sodanige
bates wat ân
ondersoek verg blyk uit die eedsverklaring van die eerste
tussentredende skuldeiser, naamlik vorderings van R11-miljoen
gedurende die 2002-finansiële jaar, die lening van die respondente
aan haar eggenoot van byna R14-miljoen en die verkryging van
vaste
eiendomme aan sekere trusts hierbo na verwys, ter waarde van etlike
miljoene rande.
Insoverre
hierdie Hof ân diskresie het nadat voldoen is aan die bepalings van
artikel 12 van die Insolvensiewet, meen ek dat laasgenoemde
feite
genoeg oortuigingskrag daarstel om my diskresie uit te oefen en te
beveel dat hierdie boedel finaal gesekwestreer word tot
voordeel van
skuldeisers.
Wat
die koste van opposisie betref, meen ek dat die opposisie redelik was
in die omstandighede en dat mnr. Bosman, namens respondente,
ân
positiewe bydrae gemaak het om dit vir die Hof te vergemaklik om tot
ân beslissing te geraak het. Daar was ook ân versoek
dat die
koste van twee advokate, waar van toepassing, toegelaat behoort te
word. Die stukke was lywig en omvangryk en verskeie regsvrae
moes
besleg word. Ek meen dat die versoek redelik is.
Wat
die koste van die tussentredende skuldeisers betref, kan dit
beïnvloed word deur ân beslissing van die vraag of hulle
locus
standi
gehad het om toe te
tree, wat ân argument op die meriete van hulle aansoeke sal
noodsaak. Die reëling tussen die regsverteenwoordigers
is dat verlof
verleen word om hierdie Hof op ân later stadium te nader vir ân
gepaste koste, indien daar byvoorbeeld nie ân
reëling tussen die
partye in oorleg met die respondente se kurator getref kan word nie.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
1.
Die bevel
nisi
word bekragtig en ân finale bevel van sekwestrasie word uitgereik.
2.
Die koste van sekwestrasie sal insluit:
(a)
Die koste wat by die vorige geleenthede oorgestaan het om later
besleg te word.
(b)
Die koste in Aansoek Nr. 2685/02.
(c)
Respondente se koste van die opposisie van hierdie aansoek.
(d)
Die koste van twee advokate, waar van toepassing.
3.
Wat die koste van die tussentredende skuldeisers betref, word verlof
aan hulle verleen om, in die afwesigheid van die bereiking
van ân
reëling met die kurator, hierdie Hof te nader vir ân gepaste
kostebevel.
S.P.B.
HANCKE, R
Namens
Applikante:
Adv. M.M.W.
van Zyl i.o.v. Symington & De Kok
Namens
Respondente:
Adv.
A.J.H. Bosman Bygestaan deur: Adv. K. Swanepoel i.o.v. Rossouws
Prokureurs
Namens
1ste - 4de Tussentredende Skuldeisers
Adv. C.J. van Coller : i.o.v. Symington & De Kok
Namens
5de Tussentredende
Skuldeiser:
Mnr. Cyril Ziman i.o.v.
Cyril Ziman & Vennote
Namens
die Voorlopige Kurator:
Adv. P. Zietsman i.o.v.Naudes