S v Lentor (2529/2002) [2002] ZAFSHC 20 (28 November 2002)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused convicted of theft of sheep and sentenced to 15 months' imprisonment, with 6 months suspended — Accused's age, lack of prior convictions, and financial hardship considered — Original sentence deemed excessively harsh — Sentence replaced with 4 months' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 20
|

|

S v Lentor (2529/2002) [2002] ZAFSHC 20 (28 November 2002)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer
: 2529/2002
In
die Hersiening van:
DIE
STAAT
versus
LEWATLE
DAVID LENTOR
CORAM:
VAN COLLER et HANCKE RR
UITSPRAAK:
VAN COLLER R
DATUM
VAN LEWERING:
28
NOVEMBER 2002
Die
beskuldigde is tereg aan die diefstal van een skaap skuldig bevind.
Hy is gevonnis tot 15 maande gevangenisstraf waarvan 6 maande
gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is vir 4 jaar.
Die
beskuldigde het geen vorige veroordelings nie en op vrae van die hof
het hy die volgende ter versagting gesê:
"Ek
is 53 jaar oud. Ek is getroud. Slegs een kind wat ek nog versorg. Die
kind is 12 jaar oud en nog op skool. Ek het nie skool
gegaan nie. Ek
werk op klaer se plaas. Ek verdien R200,00 per maand. Ek kry ook
rantsoene naamlik mieliemeel, suiker, koffie. Geen
vleis nie. My vrou
werk op plaas Verfkraal. Sy verdien R80,00 per maand."
Soos
dikwels in veediefstalsake gebeur, verwys die landdros ook na die
saak van
S v OOSTHUIZEN
1996(1) SASV 475 (O) wat hy as riglyn gebruik. In daardie saak was
daar 6 skape op een geleentheid gesteel. Die ernstige afmetings
wat
veediefstal aanneem waarna in daardie saak verwys is, het betrekking
op gebiede wat langs die grens lê, aan woongebiede grens
en in
distrikte waar oorwegend met vee geboer word. Dit mag wees dat in
Edenburg oorwegend met vee geboer word, maar daar is geen
getuienis
dat veediefstal tans nog ernstige afmetings in daardie distrik
aanneem nie. Die beskuldigde in die onderhawige saak verdien
‘n
karige loon, kry geen vleis nie en is reeds 53 jaar sonder enige
vorige veroordelings.
Sien
die tersaaklike opmerkings in
S
v OOSTHUIZEN
(
supra
)
op 477(c)-(d) aangaande wat gesê is van behoeftige werkers wat die
heel eerste keer ‘n skaap vir die pot slag.
Hoewel
‘n gedeelte van die vonnis opgeskort is, is die vonnis een van 15
maande gevangenisstraf. Sien
S
v SETNOBOKO
1981(3) SA
553 (O) veral op 556D-H. Die vonnis is na my mening onvanpas swaar.
Na
my mening sal die vonnis hieronder uiteengesit ‘n gepaste vonnis
wees.
Die
skuldigbevinding word bekragtig. Die vonnis word tersyde gestel en
vervang met ‘n vonnis van vier maande gevangenisstraf wat
geag moet
word opgelê te gewees het op 30 Oktober 2002.
__________________
AP
VAN COLLER, R
EK
STEM SAAM:
__________________
SPB
HANCKE, R