About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 19
|
|
Scheepers v Voorsitter van die Raad van Trustees van die Sasol Pensioenfonds (4761/1998) [2002] ZAFSHC 19 (21 November 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
nr : 4761/1998
In
die aansoek van:
JACOMINA
ELIZABETH SCHEEPERS
Applikante
en
DIE
VOORSITTER VAN DIE RAAD VAN
TRUSTEES
VAN DIE SASOL PENSIOENFONDS
Eerste Respondent
DIE
SASOL PENSIOENFONDS
Tweede Respondent
AANGEHOOR
DEUR:
MALHERBE RP en
VAN COPPENHAGEN R
AANGEHOOR
OP:
11 NOVEMBER 2002
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COPPENHAGEN R
GELEWER
OP:
21 NOVEMBER 2002
[1]
Applikante, wat as tekenaar en instrument tegnikus (meganikus)
gekwalifiseer het, was tot 30 November 1995, die datum van haar
ontslag by Sasol 1 (Sasol Chemiese Nywerhede) ("SCN"), in
diens as instrument tegnikus.
Uit
hoofde van haar diensbetrekking by SCN, was sy lid van Sasol
Pensioenfonds, tweede respondent.
In
die loop van haar dienstermyn het ân ooraktiewe skildklier as
komplikasie "Graves se siekte" ontwikkel wat haar visie
enigemate aangetas het.
Sy
het in Oktober 1995 op grond van voormelde inkorting van visie
aansoek gedoen dat sy "ongeskik" verklaar word om sodoende,
indien suksesvol, ân pensioen gelykstaande aan 65% van haar
pensioengewende besoldiging te verkry.
Dié
aansoek wat deur die Raad van Trustees van die Sasol Pensioenfonds of
ân komitee deur laasgenoemde gemagtig, dws die liggaam
wat oor
sodanige aansoeke moet beslis - eerste respondent - na voorlegging
deur SCN op 19 Oktober 1995 oorweeg was, was egter op
gemelde datum
afgekeur.
Applikante,
waarskynlik as gevolg van ân "rugprobleem", het in
November 1995 weereens met die medewerking van SCN ân
aansoek om
"ongeskik" verklaar te word aan tweede respondent vir
oorweging voorgelê. Hierdie aansoek was ook nie suksesvol
nie, en
word die redes vir die afwysing van applikante se aansoek as volg
geboekstaaf:
"
2 Januarie 1996
Geagte
Mev Scheepers
Aansoek
om Ongeskiktheidspensioen.
Met
verwysing na u aansoek om ongeskiktheidsvoordele, spyt dit ons om u
mee te deel dat u aansoek, soos wat dit gedien het voor die
Raad van
Trustees op 27 November 1995 na deeglike oorweging van alle mediese
dokumente en verslae, afgekeur is aangesien die Raad
van Trustees nie
van mening is dat u totaal en permanent ongeskik is om enige beroep
te beoefen waarvoor u as gevolg van u opleiding,
opvoeding en
ondervinding redelikerwys toegerus is nie.
Die
Raad van Trustees is van mening dat u visieskerpte steeds goed is en
dat daar slegs onder sekere omstandighede ân visie probleem
is.
Hierdie visie stoornis sal slegs ân effek hê in spesifieke gevalle
waar u werk visueel meer intensief is as wat dit tans is.
Die
Raad van Trustees is verder van mening dat die rugprobleem wat u
ondervind ân behandelbare toestand is en blyk dit dat u nog
geen
definitiewe behandeling daarvoor ondergaan het nie en dat daar ân
redelike kans is dat dit sodanig met behandeling kan verbeter
dat u
nie algeheel ongeskik is soos vereis onder die reëls van die
Pensioenfonds nie.
U
aansoek is dus dienooreenkomstig afgekeur."
Applikante
het egter nie tweede respondent se beslissing aanvaar nie, en
onderhandel deur haar werknemersorganisasie se verteenwoordiger
met
SCN. Dié onderhandelings lei tot ân ooreenkoms (so was bevind deur
die Hof wat getuienis ten aansien van voormelde aspek aangehoor
het)
in die volgende terme:
"Soos
ek u reeds telefonies meegedeel het, is SCN van mening dat daar in
alle opsigte billik teenoor u lid opgetree is en ontken
SCN enige
bewerings van viktimisasie. Verder, ten einde u lid vir die derde
keer weer die voordeel te gee en billik op te tree, stem
SCN toe tot
ân verdere mediese verslag deur ân dokter van hul keuse, op die
volgende voorwaardes:
(a)
Indien die dokter aanbeveel dat sy nie medies ongeskik is nie, sal
die aangeleentheid nie na die Raad van Trustees verwys word
nie, en
sal u kliënt die normale remedies in terme van die Wet op
Arbeidsverhoudinge tot haar beskikking moet uitoefen indien sy
sou
verkies om voort te gaan met die aangeleentheid.
(b)
Indien die verslag wel aanbeveel dat sy medies ongeskik is, sal dit
na die Raad van Trustees verwys word. Daar is geen verpligting
op die
Raad om die aansoek aan te hoor of goed te keur en sal die besluit
ten volle aan die Raad se diskresie oorgelaat word. U word
weereens
daarop gewys dat die Raad optree in terme van sy bevoegdheid onder
die Trustakte van die Sasol Pensioenfonds wat ân totaal
afsonderlike regspersoon is. Die Raad kan nie buite sy bevoegdhede
optree nie en sal dit aan die Raad oorgelaat word om te besluit
of hy
wel by magte is om weer die aansoek aan te hoor.
SCN
is in geen posisie om aan die Raad voor te skryf oor sy bevoegdhede
om aansoeke aan te hoor of goed te keur nie en sal hom by
die Raad se
besluit berus.
(c)
Die dokter sal deur SCN gekies en aangestel word en sal van alle
vorige inligting rakende hierdie aangeleentheid voorsien word.
(d)
SCN onderneem om die kostes verbonde aan die verslag te betaal.
Reëlings
sal deur Cobus Louw van SCN getref word en met u bevestig word.
Rakende
die gesprek wat ons op afgespreek het, is ek van mening dat daar geen
sin daarin sou wees totdat die dokter en die Raad van
Trustees se
bevinding beskikbaar is nie. Indien die partye daarna nog wil
vergader kan die reëlings dan getref word.
Ek
verneem graag van u."
â
n
Verslag soos in die ooreenkoms in die vooruitsig gestel, word deur Dr
Strydom voorberei en voorgelê. Die gevolgtrekking van Dr
Strydom is
die volgende:
"In
view of the requirements for Mrs Scheepersâ occupation as an
instrument technician (artisan instrumentation) and in view
of her
eye condition, Mrs Scheepers would be unable to do any visual
intensive activities.
As
good vision is required to perform the main activities of her
occupation, it would be unreasonable to expect Mrs Scheepers to
continue
with her occupation.
With
regard to her back condition, she would be unable to stand for long
periods.
According
to the Universal Disability Rating Scale, Mrs Scheepers would be
considered to be 39% disabled to perform
another
occupation which she could reasonably be expected to perform, taking
into consideration her age (38 years), qualifications (Standard
10,
N4), experience and background.
She
would therefore not qualify for total and permanent disability
benefits for performing another occupation, in accordance with
the
rules of the Sasol Pension Fund.
Mrs
Scheepers suffers from a permanent condition which renders her
incapable of performing her own occupation. There are, however,
a
number of work related activities, according to the job evaluation
which she could still reasonably be expected to perform.
We
suggest that Mrs Scheepers continue with psychiatric treatment as
suggested by Dr Van der Merwe."
Die
gevolgtrekking het ooreenkomstig die ooreenkoms tussen SCN en
applikante tot gevolg dat minstens sover dit SCN betref, applikante
se regte op aanspraak om "ongeskik" verklaar te word finaal
bygelê was.
[2]
Applikante doen in hierdie verrigtinge aansoek:
"1.
Dat applikante se versuim om hierdie aansoek tydig te loods,
gekondoneer word.
2.
Dat die besluit van eerste respondent dat applikante nie ongeskik is
soos bedoel in klousule 6.2 van die statute van die SASOL
PENSIOENFONDS nie, hersien en tersydegestel behoort e word.
3.
Dat verklaar word dat applikante ongeskik is soos in die vooruitsig
gestel in klousule 6.2 van voormelde statute en dat sy geregtig
is op
ân ongeskiktheidspensioen ooreenkomstig klousule 6.1 van die
statute bereken en wel met ingang van 1 Desember 1995.
4.
Dat eerste respondent, alternatiewelik tweede respondent gelas word
om die koste van hierdie aansoek te betaal."
[3]
Die gronde waarop applikante in haar aansoek steun vir die
aangevraagde regshulp word in paragraaf 10 van haar funderende
verklaring
uiteengesit en kan opgesom word as volg:
(a)
Dat eerste respondent nie behoorlik aandag aan haar aansoek gewy het
nie; en
(b)
Dat die verslae van die deskundiges duidelik bewys dat die applikante
permanent medies ongeskik is, en tweede respondent gevolglik
nie op
gemelde aanslae ag geslaan het nie of dit summier verwerp het;
(c)
Dat applikante nie die geleentheid gehad het om voor die komitee te
verskyn en haar saak te stel nie; en
(d)
Dat daar geen gegronde rede is waarom die applikante se deskundiges
se weergawe verwerp moes word nie.
[4]
Die beslissing van respondente wat deur applikante op hersiening
geneem word, kan in konteks slegs die besluit wees wat op 27
November
1995 geneem was. Applikante verwys immers in haar steunende
verklaring (paragraaf 9 daarvan) na die brief van 2 Januarie
1996 wat
hierbo aangehaal is. In gemelde brief word applikante deur die
sekretaris van die Raad van Trustees pertinent meegedeel
dat haar
aansoek wat op 27 November 1995 voor die Raad gedien het, afgekeur
was.
[5]
Die begrip "ongeskik" in die sin en verband waarin dit in
die onderhawige aansoek ter sprake kom, word in klousule 6.2
van die
tweede respondent se statute, omskryf as:
"6.2
Ongeskiktheidsvoorwaardes:
Vir
die doel van hierdie Statute beteken `ongeskikâ dat die Lid na die
mening van die Raad van Trustees as gevolg van besering of
siekte
totaal en permanent
verhinder word om
enige
beroep
te beoefen
waarvoor hy as gevolg van sy opvoeding, opleiding en ondervinding na
die mening van die trustees redelikerwys toegerus
is."
(My
beklemtoning)
Gedeeltelike
of tydelike verhindering weens besering of siekte om ân beroep te
beoefen is dus nie kwalifikasie vir "ongeskiktheid"
nie en
net so min is die verhindering weens siekte of besering om ân
spesifieke beroep te beoefen kwalifikasie vir ongeskiktheid.
[6]
In die aansoek om ongeskikverklaring wat op 27 November 1995 voor
eerste respondent gedien het, en wat die onderwerp van die
onderhawige
aansoek is, het verskeie mediese en ander verslae gedien.
Applikante
self voer aan dat die ondergenoemde verslae onder andere oorweeg moes
word.
In
die verslag van Dr Grobler gedateer 27 Julie 1995 (bylaag F) word
onder andere die volgende aangeteken:
"8.
Is daar enige ander aspek
wat u wil toelig?
Na
samesprekings met die afdelingsbestuurder en ander toesighouers, is
ek van mening dat die swak werksprestasie nie slegs aan die
oogprobleem of ander fisiese gesondheidsprobleme toegeskryf kan word
nie. Dit is duidelik dat daar ook versteurde arbeidsverhouding
is en
dat emosionele en persoonlikheidsprobleme bydra tot die swak
werksprestasie.
Myns
insiens is hierdie ân geval van ân swak werksplasing. Mev
Scheepers het ander vaardighede wat ek meen ân meer gunstige
plasing moontlik behoort te maak.
Daar
is ook ân sielkundige verslag bekom, wat duidelik aantoon dat mev
Scheepers oor ân bo-normale intelligensie beskik, maar
dat sy
persoonlikheidsprobleme het, soos angstigheid, oorsensitiwiteit,
frustrasie en moedeloosheid. In die lig van al die bydraende
faktore
en aangesien die oogprobleem, myns insiens, baie beroepsspesifiek is,
beveel ek nie ân mediese ongeskiktheidspensioen aan
nie."
Dr
Van den Reyen meld in sy verslag, gedateer 9 Junie 1995 (bylaag B tot
die steunende verklaring):
"Die
aard van die werk oa in die donker en klim en beweeg oor obstruksies
met die aantasting van ? oë maak ? gevaarlik ? vir
die pasiënt en
ook moeilik om die presisie wat die werk as instrument tegnikus
vereis te bereik."
(Die
handgeskrewe dokument is nie deurgaans leesbaar nie.)
Dr
Jl Ludeke se verslag gedateer 13 Junie 1995 (bylaag C tot die
steunende verklaring) meld:
"Onmoontlik
om as instrument meganikus te werk agv dubbelvisie asook enige lees
en skryfwerk."
â
n
Kort nota van voormelde Dr Ludeke gedateer 13 November 1995 (bylaag D
tot die steunende verklaring) lees:
"Bg
ly aan ân diskusletsel L4/5 en L5/S1.
Verder
proptae beide oë agv vorige hiperteriose.
Weens
voorafgaande is dit waarskynlik nie moontlik vir mev Scheepers om met
haar gewone werk aan te gaan nie."
In
Dr George A Zwonnikoff se verslag gedateer 24 Oktober 1995 (bylaag G
tot die steunende verklaring) word die volgende aantekening
gemaak:
"
ASSESSMENT
AND PROPOSED MANAGEMENT
-
This ladyâs symptoms are related to the 2 level lumber disc
degeneration, there being some degree of nerve root compression as
a
result of the central disc prolapse at L5/S1.
I
feel that she does not require any form of surgery at present. I have
suggested that she be admitted to Medi City Clinic at some
stage for
a course of bed-rest, physiotherapy, traction, and perhaps a spinal
manipulation under anaesthetic.
She
will contact me in the near future to make the necessary
arrangements."
Dr
Reid se konklusie in sy verslag (bylaag H van die steunende
verklaring) word kortliks verwoord:
"
BEVINDING:
Die
pasiënt het tipiese tekens van hipertirease in haar oë. Sy is matig
proptoties. Daar is reeds aan haar ooglede en oogspiere
geopereer.
Die geringe deviasie van haar oë - eksotropie - wissel minimaal van
ondersoek tot ondersoek wat bewys dat die hoek nie
stabiel is nie, en
sekerlik beïnvloed word deur hierdie pasiënt se emosionele en
fisiese toestand.
My
opinie is onveranderd sedert die vorige ondersoek nl dat hierdie
pasiënt ongetwyfeld nie inspannende visuele take akkuraat sal
kan
doen nie.
Sulke
take word van haar verwag in die beroep waarvoor sy opgelei is. Ek
bevind haar dus ongeskik om haar beroep, waarvoor sy opgelei
is, te
kan volg.
Indien
hierdie pasiënt egter visueel minder intense werk doen, behoort sy
dit te kan bemeester."
Blykens
die verslag van Dr Oelofse gedateer 21 November 1995 (bylaag I tot
die steunende verklaring) word aanbeveel as volg:
"
AANBEVELING:
Ek
glo dat op grond van hierdie pasiënt se baie duidelike patologie,
dit vir haar onmoontlik is om enigsins haar vorige werk as Instrument
Meganikus of die ander moontlikheid as Tekenaar te werk ooit weer sal
beoefen. Ek wil dus aanbeveel dat sy as totaal en permanent
ongeskik
verklaar word om enige werk te doen."
Dr
Cummings se verslag gedateer 14 November 1995 (bylaag J tot
applikante se steunende verklaring) se opinie word as volg verwoord:
"
Opinie:
Hierdie
pasiënt sal nie kan werk doen wat visueel vereisend is nie en indien
die werkplek ongunstig is, dan gaan dit nog meer gevaarlik
wees vir
haar om te werk.
Sy
is nie baie gretig om chirurgie te ondergaan nie en ek dink nie daar
is iemand wie vir haar resultaat in elk geval gaan kan waarborg
nie,
waar sy ook nie in sekere rigtings van blik na die operasie dubbel
gaan sien nie.
Op
hierdie stadium is ân operasie definitief nie noodsaaklik nie,
omdat haar oë nie bedreig word deur die siekte nie.
Indien
sy egter ân minder visueel intense werk sou kon doen, behoort sy
dit te kon bemeester waar sy alternerend een oog kon bedek."
[7]
Uit voormelde is dit minstens duidelik dat daar geen konsensus was
sodat dit onomwonde as feit gestel kon word dat applikante
weens
besering of siekte "totaal" verhinder word om "enige
beroep" waarvoor sy opgevoed, opgelei en ondervinding
in
opgedoen het, te beoefen nie.
[8]
Die uitspraak moet op hierdie stadium onderbreek word om ân aspek
uit te lig.
In
applikante se funderende verklaring word na verslae van medici, wat
volgens haar voor respondente moes dien, verwys. Daardie verslae
heg
sy dan ook aan en bou tot ân groot mate haar saak op daardie
verslae. In die voorafgaande paragraaf (paragraaf 6) is na sommige
van daardie verslae verwys en na dele van die inhoud daarvan.
Applikante
heg ook verslae van Dr George A Zwonnikoff gedateer 30 Oktober 1995
(bylaag E tot die funderende verklaring), gedateer
18.12.1995 (bylaag
F tot die funderende verklaring), gedateer 29 Julie 1996 en gedateer
11 Desember 1995, aan.
Die
verslae met datum na 27 November 1995 kan, anders as wat applikante
voorgee, nie ter oorweging gedien het nie; gewoon omdat applikante
se
aansoek op daardie datum die eerste respondent gedien het en die
verslae dus nog nie kon bestaan het nie.
Die
verslag van Dr George A Zwonnikoff wat voorgee gedateer te wees op 30
Oktober 1995 (bylaag E tot die funderende verklaring) kan
nie op
gemelde datum aan eerste respondent voorgelê gewees het nie, en wel
omdat in die verslag verwys word na ân opvolgondersoek
op 8
Desember 1995 wat nie slegs later was as wat die verslag was nie,
maar ook later was as die datum waarop tweede respondent applikant
se
aansoek op 27 November 1995 aangehoor het.
[9]
Die besluit van eerste respondent kan in die hof aangeveg word slegs
op wat algemeen as "hersieningsgronde" bekend staan.
Daardie gronde word in
JOHANNESBURG
STOCK EXCHANGE AND ANOTHER v WITWATERSRAND NIGEL LTD AND ANOTHER
1988(3) SA 132 (A) deur Corbett AR (soos hy toe nog was) te p 152A -E
beklemtoon:
"Broadly,
in order to establish review grounds it must be shown that the
president failed to apply his mind to the relevant issues
in
accordance with the `behests of the statute and the tenets of natural
justiceâ (see
NATIONAL
TRANSPORT COMMISSION AND ANOTHER v CHETTYâS MOTOR TRANSPORT (PTY)
LTD
1972(3) SA 726 (A)
at 735F-G;
JOHANNESBURG
LOCAL ROAD TRANSPORTATION BOARD AND OTHERS v DAVID MORTON TRANSPORT
(PTY) LTD
1976(1) SA
887 (A) at 895B-C;
THERON
EN ANDERE v RING VAN WELLINGTON VAN DIE NG SENDINGKERK IN SUID-AFRIKA
EN ANDERE
1976(2) SA 1
(A) at 14F-G). Such failure may be shown by proof,
inter
alia
, that the decision was
arrived at arbitrarily or capriciously or
mala
fide
or as a result of
unwarranted adherence to a fixed principle or in order to further an
ulterior or improper purpose; or that the
president misconceived the
nature of the discretion conferred upon him and took into account
irrelevant considerations or ignored
relevant ones; or that the
decision of the president was so grossly unreasonable as to warrant
the inference that he had failed to
apply his mind to the matter in
the manner aforesaid. (See cases cited above; and
NORTHWEST
TOWNSHIPS (PTY) LTD v ADMINISTRATOR, TRANSVAAL, AND ANOTHER
1975(4) SA 1 (T) at 8D-G;
GOLDBERG
AND OTHERS v MINISTER OF PRISONS AND OTHERS
(
supra
at 48D-H);
SULIMAN AND
OTHERS v MINISTER OF COMMUNITY DEVELOPMENT
1981(1) SA 1108 (A) at 1123A.) Some of these grounds tend to
overlap."
[10]
Adv Daffue, namens applikante, gekonfronteer met die mediese verslae
hierbo na verwys, moes tereg toegee dat ân gevolgtrekking
dat
applikante op 27 November 1995 "nie totaal en permanent ongeskik
vir enige beroep waarvoor sy as gevolg van haar opleiding,
opvoeding
en ondervinding toegerus was te beoefen nie" wel houdbaar was.
Die
houdbaarheid van gemelde gevolgtrekking so pas uiteengesit, trek die
figuurlike streep deur applikante se stellings dat tweede
respondent
nie behoorlike aandag aan haar aansoek gewy het nie, nie ag geslaan
het op die mediese verslae nie, en sonder redes haar
deskundiges se
weergawes verwerp het.
[11]
Die enigste oorblywende hersieningsgrond volgens applikante se
funderende eedsverklaring, is dat tweede respondent haar nie versoek
het of die geleentheid gebied het om persoonlik haar kant van die
saak te stel nie.
Applikante
beweer nie dat sy versoek het om persoonlik voor eerste respondent te
verskyn nie en nog minder beweer sy dat sy kontraktueel
so ân reg
gehad het.
Tydens
argument is nie na voormelde hersieningsgrond verwys nie. In die
betoogshoofde is sonder om ân spesifieke submissie te maak,
bloot
verwys na
FOSTER v
CHAIRMAN, COMMISSION FOR ADMINISTRATION, AND ANOTHER
1991(4) SA 403 (K) te 410.
Die
feite en omstandighede in voormelde saak verskil hemelsbreed van dié
in die onderhawige. In gemelde saak was in die regulasies
van die
forum wat die ondersoek gedoen het spesifiek en uitdruklik bepaal dat
die bewerings wat voor die forum dien, weerlê kon
word, dat die
persoon die geleentheid gebied moet word om te getuig en dan
natuurlik wat daaruit voortvloei, dat alle inligting waaroor
die
forum beskik het aan die persoon beskikbaar gestel moet word.
In
die onderhawige word geeneen van voormelde regte voorgeskryf nie.
Aan
applikante was die volle geleentheid gegee om alle inligting aan
tweede respondent voor te lê; trouens nadat haar eerste aansoek
in
Oktober 1995 afgekeur was, was sy weer ân verdere geleentheid
gebied om sou sy so verkies, verdere inligting voor te lê, in
ân
nuwe aansoek. Sy het die geleentheid om ân nuwe aansoek in te dien
wel benut.
In
voormelde omstandighede, kan myns insiens, nie deur applikante met
enige oortuiging aangevoer word dat die feit dat sy nie uitgenooi
was
om voor eerste respondent te verskyn, die optrede van tweede
respondent vernietigbaar maak nie.
[12]
Koste behoort die resultaat te volg.
[13]
Die volgende bevel word gemaak:
Die
aansoek word afgewys. Applikante die koste te betaal.
_______________________
G
VAN COPPENHAGEN, R
EK
STEM SAAM:
_______________________
JP
MALHERBE, RP
Namens
Applikante : Adv JP Daffue Iov Hill, McHardy & Herbst Ing
Namens
Respondente : Adv GC Pretorius, SC Iov Naudes