About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 17
|
|
Law Society of the Free State v Van Den Berg (1628/2002) [2002] ZAFSHC 17 (14 November 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
Nr : 1628/2002
In
die aansoek tussen:
THE
LAW SOCIETY OF THE FREE STATE
Applikant
en
DEON
VAN DEN BERG
Respondent
_______________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE RP et HATTINGH
R
_______________________________________________________________
VERHOOR
OP:
17 OKTOBER
2002
_______________________________________________________________
UITSPRAAK:
MALHERBE
R
_______________________________________________________________
GELEWER
OP:
14 NOVEMBER
2002
_______________________________________________________________
Respondent
is ân toegelate prokureur van hierdie Hof. Applikant doen aansoek
vir die skrapping van respondent se naam van die Rol
van prokureurs,
alternatiewelik vir sy skorsing uit die beroep, asook die gebruiklike
verdere regshulp met betrekking tot die afhandeling
van die werk op
hande.
Ter
aanvang kortliks die volgende: Die funderende eedsverklaring is
afgelê deur Mnr Mthembu, die President van applikant. Dit is
in
Engels en beslaan 9 bladsye. Daarby is aanhangsels aangeheg wat
altesaam 169 bladsye beslaan. Hierdie aanhangsels sluit in die
oorkonde van die verrigtinge voor ân dissiplinêre komitee van
applikant gedurende Augustus 2001. Dit is alles in Afrikaans.
Respondent
is Afrikaanssprekend en sy antwoordende eedsverklaring is
ook in Afrikaans. Die repliserende verklaring van Mnr Mthembu is
weereens
in Engels en beslaan slegs 5 bladsye. Die stukke beloop ân
totaal van 303 bladsye. Die advokate se betoogshoofde is in
Afrikaans.
Die verrigtinge voor ons was ook in Afrikaans. Ek vind dit
gerieflik om hierdie uitspraak in Afrikaans te skryf.
Respondent
is 32 jaar oud. Hy is getroud en is die vader van 2 kleuters. Hy was
ân ingeskrewe klerk by ân prokureursfirma in Bloemfontein
en is
gedurende Februarie 1997 as prokureur toegelaat. Op 1 April 1997 open
hy en ân vriend van hom, ene Herman Levin, hulle nuwe
firma met die
naam Van den Berg en Levin Prokureurs hier in Bloemfontein. Hulle het
geen kliënte gehad nie en moes van die grond
af begin om ân
praktyk op te bou. Levin het die sogenaamde derdeparty werk gedoen.
Aan die einde van Desember 1999 is die vennootskap
ontbind en het
hulle, onder andere, van Levin se derdeparty lêers onder hulle
verdeel. Van hierdie lêers verteenwoordig kliënte
wat deur ân
instansie bekend as ISA gewerf is. ISA se hoofsakeplek is blykbaar in
Kimberley en ene Johann Jacobs verduidelik ISA
se
modus
operandi
soos volg in ân
brief gedateer 19 Januarie 1998 aan Mnre Van der Merwe & Sorour
Prokureurs:
"
NUWE
DERDEPARTY EISE
Bogemelde
het betrekking.
Ons
bevestig dat ons die vermoë het om ongeveer 100 nuwe derdeparty eise
per maand te produseer en te lewer onder sekere ooreengekome
voorwaardes en teen ân ooreengekome fooi.
Prosedure:
1.
ISA nader die eiser in die aangeleentheid en verduidelik aan die
eiser die prosedure mbt die instel van ân
derdeparty eis.
Die eiser verskaf aan ISA mandaat om
ân prokureur aan te stel om ân derdeparty namens hom / haar in te
stel.
Die eiser verskaf aan ISA die volgende
standaard dokumentasie en inligting:
1.
Getekende mandaat aan ISA;
2.
Getekende Spesiale Volmag ten gunste van die prokureur;
3.
2 x Getekende Mediese Toestemmings;
4.
Getekende SAPD Toestemming;
5.
Getekende Toestemming om ambulansrekords te verkry;
6.
Getekende Onderneming om Hospitaal rekeninge te betaal;
7.
Getekende Terminasie van mandaat;
8.
Die vorm Algemene Inligting word deur die konsultant voltooi en bevat
die inligting wat benodig word vir die voltooiing van die
MMF1 asook
die inligting omtrent die botsing en die beserings van die eiser.
2.
Die bostaande dokumentasie word aan die prokureur verskaf sowel as
die skets van die ongeluk met die BR en MAS nommers asook
ongeluksbeskrywing.
Fotoâs van die ongelukstoneel asook sigbare
beserings kan op versoek van die prokureur verskaf word teen
addisionele koste.
3.
Die prokureur vra self die statutêre dokumente soos die Mediese
verslag en die botsingsverslag aan. In gevalle waar probleme
ondervind
word met verkryging van die gemelde verslae sal ons met
graagte van hulp wees sonder enige addisionele koste.
4.
Die beëdigde verklaring word opgestel, getik en tydens ân opvolg
besoek aan die eiser geteken en beëdig.
Fooie:
5.
ISA kom met die eiser ooreen dat die gekose prokureur geen deposito
sal vra nie en dat alle koste by afhandeling
van die eis verhaal sal
word. (Die meeste van die eisers het in elk geval nie die geld nie.)
6.
Ons fooie word gebaseer op die kwantum van die eis en word hieronder
uiteengesit.
7.
Fooie word na lewering van die eis en konsultasie met die prokureur
vasgestel en ân rekeningstaat word gelewer. Fooie is betaalbaar
teen 7 dae na lewering van staat.
L.W.
Ons fooie is vir die ongeluksondersoek en dienste gelewer.
8.
Indien ân eis vir een of ander rede binne twee maande na lewering
gestaak moet word weens nalatigheid of foutiewelike inligting
aan
die kant van ISA sal die eis kosteloos
vervang word."
Hierdie
brief is op ân Raadsvergadering van applikant oorweeg en op 23
Januarie 1998 besluit applikant
"dat
die sluit van ân ooreenkoms soos uiteengesit in bogemelde bylae op
onprofessionele gedrag sal neerkom aangesien dit strydig
is met die
bepalinge van Reël 17(30)(a) van die Reëls van die Orde."
Daar
is verder besluit dat prokureurs in die Vrystaat by wyse van ân
nuusbrief van hierdie besluit verwittig word en dat ISA ook
verwittig
word.
Respondent
getuig soos volg voor die dissiplinêre komitee omtrent die periode
rondom die beëindiging van sy vennootskap met Levin:
"
Het u kennis gedra van hierdie besluite? â Nee. As ek kan byvoeg
wat gebeur het, is gedurende Februarie 2000 of Januarie
2000, einde
September / begin Januarie 2000 het Johan Jacobs wat op daardie
stadium vir ISA gewerk het, en ook onder sy eie naam,
JJ Consultants
gewerk het, nie ver van myself af gebly nie. Hy het een dag verby my
hek gery waar ek op die gras gestaan het en ek
het hom genooi vir ân
koeldrank. In die gesprek het hy my verduidelik dat, het ek vir hom
gevra wat is die posisie as ons nou opbreek.
Hy het vir my gesê hy
lewer nie net eise aan Levin nie, hy het eise aan Van den Berg &
Levin gelewer. Hy is nog steeds bereid
om aan my en aan mnr Levin
eise te lewer en dat hulle wettig is en dat hulle nou al met verskeie
prokureurs, en ek wil myself kwalifiseer
deur te sê dit is absoluut
uit sy mond uit wat ek dit gehoor het, verskeie prokureurs, ek weet
nie of dit die waarheid is nie, prokureurs
soos JC Strauss van
Besuizenhout, Kobus le Roux van Claude Reid, Hennie Stander, Craig
Grant van Webbers, dit is die verskillende
prokureurs. Daar is ân
Jaap Venter in die Kaap, daar is ân Venter in Van Eeden in
Kimberley, daar is ân Phillip Barnard in
Pretoria en ân Tim du
Toit in Pretoria, dat verskillende eise aan hierdie prokureursfirmas
gelewer word en dat hulle heeltemal
wettig is. Daar is geen kwessie
daaroor dat hulle mag doen wat hulle doen nie. Hulle is assessors wat
dan die publiek of die ou wat
beseer is dan, help."
"VOORSITTER:
Kan ek net hier onderbreek, ek is jammer, net vir die chronologie. Is
die mededelings wat mnr Jacobs aan u gemaak
het? â Mnr Jacobs en
dan was ek in Februarie 2000 by mnr Steenkamp self en hy het presies
vir my dieselfde gesê.
MNR
DE WET: Mnr Steenkamp nou synde die mnr Stoney Steenkamp, lyk vir my
in beheer van ISA in die Noord-Kaap, te Kimberley, né? â
Dit is
korrek. Gedurende Februarie 2000 het ek in my kar geklim en hom gaan
sien saam met mnr Jacobs. Ek het in sy kantoor ingegaan
en hom gaan
spreek oor die spesifieke derdeparty-eise. Hy het my ook verwys na
verskillende firmas waarmee hulle werk. Hy het my
ook verwys dat
hulle heel wettig is, hy het weer die storie gesê van dat hy wou
vir, sy woorde aan my was hy wou vir Barry de Wet
dagvaar vir R5
miljoen aangesien sy besigheid dan moet toemaak. Hulle het nie geld
om van te lewe nie, maar dat Claude Reid en Webbers
vir hom op
daardie stadium gesê het dat hulle is nou weer heeltemal wettig en
mag eise lewer. Ekskuus, ân firma wat ek vergeet
het is Schoeman,
Kellerman & Kotze in Welkom."
"
Nou ek wil net vir u vra, tydens hierdie gesprekke of kort na hierdie
gesprekke met onder andere Stoney Steenkamp plaasgevind
het, het hy
vir u ook laat toekom die raadsbeslissing van die Wetsgenootskap van
die Kaapse Goeie Hoop? â Dit is korrek.
Gepubliseer
in die Kaapse Prokureur van Februarie 1997 met betrekking tot hierdie
aangeleenthede, is dit so? â Wat gebeur het is,
dat ek het vir Jaap
Venter oor ân geleentheid geskakel en vir hom gesê dat, dit was
oor een of ander derdeparty-eis. Toe vra ek
ook vir Jaap Venter hoe
wettig is ISA. Op daardie stadium, mnr Jaap Venter was ân direkteur
of ek dink ân direkteur of bestuurder
by die Padongelukkefonds in
Pretoria, toe het hy vir my gesê dit is heeltemal wettig. Die Kaapse
Dissiplinêre Komitee het vier
riglyne neergelê hoe ân mens te
werk gaan met die assessors. Hy het vir my die vier riglyne
telefonies gegee en gesê as jy dit
en dit en dit doen, soos hierdie
afskrif van die bladsy, dan is die werk met die assessor honderd
persent wettig."
Hierdie
riglyne lui soos volg:
"PROFESSIONELE
SAKE: DIE RAADSBESLISSING IN VERBAND MET MVA KONSULTANTE
By
ân onlangse vergadering het die Raad ân vroeër aanbeveling van
die Dissiplinêre Komitee hersien en soos volg besluit, waar
-
1.
ân eiser vrylik kan besluit of hy die dienste van ân besondere
prokureur wil gebruik of nie;
2.
die prokureur behoorlike opdrag van ân klaer kan neem op so ân
wyse dat die verhouding tussen prokureur en kliënt nie in enige
opsig ondermyn word nie.
3.
die prokureur geen gedeelte van sy/haar fooi aan ân konsultant
betaal nie;
4.
ân konsultant se fooi betaal is namens die eiser as ân uitgawe;
sal
geen prokureur wat ân konsultant gebruik met die doel om getuienis
in te win vir die suksesvolle voortsetting van ân MVA eis,
skuldig
wees aan professionele wangedrag nie, - met dien verstande egter dat
alle
vereistes deur die Dissiplinêre Komitee neergelê, nagekom word. Die
Raad word in hierdie verband gelei deur die duidelike behoefte
om
eisers by te staan, in besonder eisers wat nie van die dienste
beskikbaar aan hulle deur prokureurs sou weet nie, behalwe deur
konsultante. Die Raad word ook gelei deur grondwetlike regte op
regsverteenwoordiging en vrye ekonomiese aktiwiteit."
Later
getuig respondent soos volg:
"
..... Nou mnr Van den Berg, dit is vir my duidelik uit wat u nou vir
die Komitee gesê het dat hierdie ISA se werksaamhede
vir u ân
bietjie van ân probleem was. Dit lyk vir my u het deurgaans die
suspisie gehad dat wat u besig is om te doen, is miskien
nie
heeltemal eties korrek nie. Is dit reg? â Dit is korrek.
Het
u enige navrae, verdere navrae gedoen byvoorbeeld by die plaaslike
Wetsgenootskap, mnr Barry de Wet, die sekretaris daarvan of
van die
plaaslike praktisyns of wat het u gemaak? â Ek moet erken, mnr die
Voorsitter, ek het nie die Prokureursorde gebel nie,
maar gedurende
Junie 2000 het daar ân aangeleentheid gekom waar ek en mnr Stander,
Hennie Stander, wat op sy eie praktiseer het
onder Hennie Stander
Prokureurs, ân verskil gehad het. Daar is verskeie skrywes gerig
wat ek met spyt moet sê ek het dit nie gekry
nie, dit is êrens in
my kantoor. Na die skrywes gerig is, dit het gegaan oor ân pasiënt
wat in die hospitaal gelê het en ân
kaartjie van my gehad het. Mnr
Hennie Stander se eerste brief aan my was dat hy my beskuldig dat ek
in die hospitaal rondgeloop het
en die kaartjies uitgedeel het. Ek
het vir hom ân skrywe gerig en soos ek weer vir u sê, ek het my
spyt dat dit nie vandag hier
is nie, weens die feit dat ek dit nie
kon kry nie, ân skrywe gerig en vir hom gesê ek loop nie in
hospitale rond nie. Ek ontken
dit ten sterkste, maar toe kom ons
agter dit is Johan Jacobs wat sonder my medewete ân visitekaartjie
aan ân pasiënt in die
hospitaal gegee het. Die kort en die lank
daarvan is, met die skrywes is daar ooreengekom dat mnr Hennie
Stander erken het dat hy
met u sal besigheid gedoen het. Ek het ân
skrywe aan hom deurgefaks wat hy aan ISA geskryf het oor, betrekking
tot derdeparty-eise
en op ân vraag hoe wettig is dit, het mnr
Hennie Stander my verseker dat die Prokureursorde dit honderd persent
wettig verklaar
het en dat ISA honderd persent wettig is. Ek hoef
geensins daaroor bekommerd te wees nie, dit is honderd persent
wettig.
Mnr
Stander is al ân senior praktisyn in hierdie afdeling, is dit so? â
Dit is korrek.
Mnr
Van den Berg, u het toe ân hele aantal opdragte van ISA ontvang, is
dit reg? â Dit is korrek."
Benewens
die eise wat ISA vir respondent gewerf het, het hy ook gebruik gemaak
van ander persone en instansies om vir hom derdeparty
eise te werf,
selfs nadat Mnr Strating namens applikant hom op 19 Maart 2001 besoek
het en uitdruklik meegedeel het dat sy werkswyse
onbehoorlik is. Op
hierdie wyse het respondent gedurende die periode Januarie 2000 tot
Julie 2001, dws ongeveer 19 maande, altesaam
331 derdeparty eise
"gekoop" teen ân bedrag van R234 698,85.
Nadat
hy werk op bogenoemde wyse bekom het, het respondent namens die
verskillende eisers (meeste waarvan hy nog nie eers ontmoet
het nie!)
lenings aangegaan by Wozani Investments teen 10% rente per maand om
die eise te betaal, dws om die werwers te betaal en
om die uitgawes
te betaal met betrekking tot die verkryging van mediese verslae,
polisieplanne, ens. Benewens die hoë rentekoers
het Wozani
Investments ook die volgende fooie op hulle lenings gehef:
Aansoekfooi
: R125,00
Administrasiefooi
: R125,40
Kontanthanteringsfooi
: R 15,00
Lewensversekering
: R 30,00 tot R350,00
Risiko
versekering : R 10,00 tot R20,00
Al
hierdie uitgawes, plus respondent se eie fooie, is afgetrek van die
bedrag wat die Padongelukkefonds aan respondent uitbetaal het
as
skadevergoeding aan die betrokke eiser of eiseres. (Dit kom voor asof
daar nooit litigasie was nie maar dat al die eise geskik
is.) Dit het
daartoe gelei dat eisers dikwels minder as die helfte van die bedrag
ontvang het wat die Fonds uitbetaal het. Die volgende
voorbeelde het
in die getuienis voor die dissiplinêre komitee na vore gekom:
(i)
Die Fonds betaal R13 675,00. Die kliënt kry R7 000,00.
(ii)
Die Fonds betaal R44 704,42. Die kliënt kry R5 332,67
(iii)
Die Fonds betaal R38 800,00. Die kliënt kry R18 873,30
Respondent
het voor die genoemde dissiplinêre komitee verskyn op aanklagte wat
soos volg in die klagstaat uiteengesit is:
"
DAT
hy onbehoorlik, alternatiewelik onbetaamlik, alternatiewelik
oneerbaar, alternatiewelik onprofessioneel opgetree het in een of
meer
van die volgende opsigte:
1.1
DEURDAT hy derdeparty eise gewerf het;
1.2
DEURDAT hy persone aangestel het om derdeparty eise vir hom te werf
teen vergoeding, alternatiewelik, persone aangestel het om
derdeparty
eise vir hom te werf, alternatiewelik, bewustelik toegelaat het dat
persone vir hom derdeparty eise werf en niks daaromtrent
gedoen het
nie;
1.3
DEURDAT hy die bepalings van Reël 17(30) van die reëls oortree het
deurdat hy opgetree het vir en/of meegewerk het met ân
persoon of
organisasie wie se besigheid dit is om eise in te stel wat
voortspruit uit die dood of besering van ân persoon,
alternatiewelik,
deurdat hy opgetree het en/of meegewerk het met ân
persoon of organisasie soos hierintevore uiteengesit terwyl hy
behoort te geweet
het dat die organisasie of persoon ân organisasie
of persoon is soos hierintevore uiteengesit;
1.4
DEURDAT hy gebruik gemaak het van ân organisasie bekend as
WOZANI
INVESTMENTS
om uitgawes vir
kliënte te finansier teen ân rentekoers van 10% per maand sonder
dat die volle aard en strekking van die finansiering
aan kliënte
verduidelik is."
By
die aanvang van die verrigtinge is aanklag 1.1 laat vaar. Respondent
het skuldig gepleit op aanklagte 1.2 en 1.3 en onskuldig op
aanklag
1.4. Na aanhoor van die getuienis is hy skuldig bevind op aanklagte
1.2, 1.3 en 1.4 en het die dissiplinêre komitee aanbeveel
dat die
onderhawige aansoek geloods word.
Benewens
die aanklagte van onprofessionele of onetiese gedrag waarop
respondent voor die dissiplinêre komitee tereggestaan het, steun
applikant in hierdie aansoek ook op respondent se optrede as trustee
van ân sekere Vermaak trust. Dit blyk uit die stukke dat die
trust
gestig is met ân kontantbedrag van R200 000,00. Hierdie bedrag is
by Sanlam belê en die trustbegunstigde (Vermaak) het R2
000,00 per
maand rente ontvang. Teen Junie-Julie 1999 het die kapitale belegging
in waarde verminder tot R132 901,58 as gevolg van
verliese op die
aandelebeurs. Respondent verduidelik wat daarna gebeur het soos
volg:
"10.8
Ek het die aangeleentheid weer eens met mnr Vermaak volledig
bespreek. Hy wou onder geen omstandighede hê dat ek die geld
in ân
bankrekening plaas nie. Hy kon eenvoudig nie sonder ân
rente-opbrengs van minder as R2 000,00 per maand aan sy
lewensbehoeftes
voldoen nie. Ek mag as gevolg van die testamentêre
bepalings nie die kapitale bedrag uitbetaal het nie. Ek heg ân
afskrif van
die testament hierby aan gemerk
AANHANGSEL
`DB3'.
10.9
My gewese vennoot, mnr Levin, het hierop voorgestel dat mnr Vermaak
die kapitale bedrag van R132 901,58 aan
die vennootskap Van den Berg
& Levin leen. Mnr Levin het op hierdie stadium die vennootskap se
derdeparty-praktyk uitsluitlik
hanteer en het ek geen kennis daarvan
gehad en oor hoe dit gefunksioneer het nie. Mnr Levin sou dan die
kapitaal uitleen aan die
verskillende kliënte teen ân voorgestelde
rentekoers en sal dan toesien dat ân bedrag van R2 000,00 per maand
aan mnr Vermaak
betaal word.
10.11
Mnr Vermaak was hiermee hoogs tevrede en het in elk geval volle
vertroue in sy voormelde familielid, mnr Levin gehad.
10.12
Op 31 Desember 1999 is die vennootskap Van den Berg & Levin
ontbind. Levin het hierop volle verantwoordelikheid vir die
lening
aanvaar en op sy eie begin praktiseer as Levin Prokureurs.
AD
PARAGRAWE 5.8.6 EN 6.8.7 DAARVAN:
11.1
ân Paar maande na die ontbinding van voormelde vennootskap het ân
hewige rusie tussen my en voormelde Levin ontstaan oor
die verdeling
van die vennootskaps-bates. Ek was ân bedrag van R16 450,79 op
hierdie stadium steeds aan Levin verskuldig en het
ek geweier om
hierdie bedrag aan hom oor te betaal alvorens ek nie tevrede was met
die verdeling van die vennootskaps-bates nie.
11.2
Onmiddellik nadat ek geweier het om die voormelde bedrag aan Levin te
betaal, het hy opgehou om Vermaak se maandelikse rentes
te betaal en
het hy Vermaak na die applikant gestuur om ân klagte aanhangig te
maak.
12.
AD
PARAGRAAF 5.8 DAARVAN:
12.1
Ek ontken ten sterkste dat ek enige van die trustgelde vir myself
toegeëien het. Die hele aangeleentheid vloei voort uit die
konflik
tussen my en Levin voormeld. Ek is nooit van hierdie beweerde
toe-eiening en/of wan aanwending van die trustgelde deur die
applikant aangekla nie en het op geen stadium enige geleentheid gehad
om voor die dissiplinêre komitee of die Raad my saak te stel
nie.
Vind hierby aangeheg ân verklaring gemaak deur Mnr Vermaak ter
ondersteuning van bogemelde gemerk
AANHANGSEL
`DB3A'."
Uit
respondent se eie relaas is dit na my mening duidelik dat hy sy
pligte as trustee op ân hoogs onbevredigende wyse uitgevoer
het. Hy
moes noodwendig geweet het dat Levin se derdeparty kliënte byna
uitsluitlik arm, ongekunstelde swart mense was. Om toe te
laat dat
die volle kapitale som tot Levin se beskikking is om aan sulke
kliënte uit te leen, was hoogs onverantwoordelik. Die R2
000,00 per
maand rente wat Vermaak van Levin moes kry, beloop ongeveer 18% per
jaar. Boonop is die lening in die firma se oortrokke
besigheidsrekening inbetaal! Alhoewel daar nie bevind kan word dat
respondent die kapitaal van die trust, of enige gedeelte daarvan,
vir
homself toegeëien het nie, is dit duidelik dat sy firma minstens
tydelik by die lening gebaat het en dat hy onverantwoordelik
en
onprofessioneel opgetree het deur toe te laat dat die kapitaal so
aangewend word.
Respondent
se standpunt met betrekking tot hierdie aansoek word soos volg
uiteengesit in sy antwoordende eedsverklaring:
"EK
het deurgaans skuldig gepleit op die aanklagte voor die dissiplinêre
komitee en ook voor die Raad van die applikant. Ek
is nie van
voorneme om hierdie aansoek op die meriete daarvan te bestry nie,
maar voer respekvol aan dat:
4.1
Hoewel ek oneties opgetree het deur kliënte te werf, ek nie op enige
stadium oneerlik was nie soos hieronder mee volledig gehandel.
4.2
Optrede waaraan ek my skuldig gemaak het goedgekeur is deur die Raad
van die Wetsgenootskap van die Kaap die Goeie Hoop soos blyk
uit "die
Kaapse Prokureur", Februarie 1997, hierby aangeheg gemerk
AANHANGSEL `DB2'
.
Ek
sal respekvol betoog dat die wangedrag waaraan ek skuldig bevind is
nie van so ân aard en erns is dat dit my skrapping as prokureur
van
die Agbare Hof regverdig nie, maar dat die Agbare Hof my genadiglik
ân ligter vonnis sal oplê, moontlik in ooreenstemming
met die
alternatiewe smeekbede in die paragraaf onder beantwoording."
Respondent
se beroep op die beslissing van die Kaapse Prokureursorde (wat hierbo
aangehaal is) is vir my maar bra wankelrig: Eerstens,
praktiseer hy
in die Vrystaat en doen hy nie eers die moeite om die telefoon op te
tel en navraag te doen by sy eie Orde nie. Meer
nog: Nadat hy
uitdruklik deur ân senior prokureur namens applikant meegedeel is
dat sy optrede verkeerd is, gaan hy nog lustig
daarmee voort vir
ongeveer 4 maande. Tweedens, blyk dit uit die getuienis dat die
verskillende eisers of klaers wat vir respondent
gewerf is
nie
vryelik kon besluit of hulle die dienste van ân besondere prokureur
kon gebruik nie en ook of hulle behoorlike opdrag aan so ân
prokureur kon gee nie. Derdens, is die "ander vereistes"
van die dissiplinêre komitee van die Kaapse Prokureursorde
onbekend.
Die
enigste vraag wat eintlik beantwoord moet word in hierdie aansoek, is
wat ân gepaste straf vir respondent is. Moet sy naam van
die Rol
geskrap word of moet hy slegs geskors word en, indien laasgenoemde,
moet die skorsing nie moontlik opgeskort word nie?
Respondent
se ernstigste oortredings is sy volgehoue onprofessionele optrede
deur werk te werf, selfs nadat applikant hom by monde
van mnr
Strating vermaan het om dit te staak. In verband met werwing word die
volgende gesê in
CIROTA
AND ANOTHER v LAW SOCIETY, TRANSVAAL
1979(1) SA 172 (A) op p 192A-D:
"The
learned Judge referred to an unreported judgment of Cillié JP,
concurred in by Marais J, in the Transvaal Provincial Division
on 3
September 1975 in the matter of
INCORPORATED
LAW SOCIETY OF THE TRANSVAAL v FRIEDLANDER AND HEYMAN
in which Cillié JP said:
`The
Court was referred to certain cases in this country, and also one
overseas, where statements have been made by Courts about the
undesirable practice of having a tout or touts. This Court cannot
look upon a transgression of this nature as being unimportant.
It is
a practice which should be eradicated. It is a practice which cannot
be leniently dealt with by this Courtâ
And
FS Steyn J stated:
`I
hold that the practice of touting is the most disloyal and despicable
conduct towards other members of the profession that can
be
conceived. The fact that the clients, who were introduced by touts,
were fairly treated is a substantial factor in favour of respondents,
but the unworthy and dishonourable conduct of procuring professional
work through a tout is not diminished by the absence of the
usually
aggravating result that clients procured by touts are overcharged.â
A
number of cases were cited to us by counsel for the Law Society in
which our Courts have over a period of many years held that touting
by legal practitioners is a serious contravention. I share that view
and do not consider it necessary to refer to the cases cited
to us."
Ek
stem met respek hiermee saam.
Namens
respondent het Mnr van der Merwe (bygestaan deur Mnr de Wet) nie
betoog dat hierdie skerp-bewoorde veroordeling van werwing
nie op
respondent van toepassing is nie, maar hy het aangevoer "dat tye
verander het" sedert 1979 en het veral gesteun
op die uitspraak
in
LAW SOCIETY OF THE
CAPE OF GOOD HOPE v KING
1995(2) SA 887 (K) op pp 892G tot 893D waar die geleerde Regters die
volgende sê:
"
How an analysis of cases concerning `striking-offâ applications in
recent years (and specifically those decided in the Cape
Provincial
Division) reveals a trend away from the adoption of a formalistic and
conservative approach to applications by the Law
Society seeking the
removal of an attorneyâs name from the roll where it had not, for
what it considered good and sufficient reasons,
dealt with the matter
internally in accordance with its own disciplinary code towards the
adoption of what may be referred to as
a more enlightened approach.
This trend has highlighted a marked distinction which has been, and
is being, drawn between cases where
the ultimate sanction of
`striking-offâ should be imposed and those where errant attorneys
are visited by less severe punishment.
Broadly speaking, it would
appear that `striking-offâ orders are reserved for cases where the
attorney in question has, for his
own personal use, intentionally and
deliberately withdrawn moneys standing to the credit of a client in
that attorneyâs trust account
(which is plainly and simply an
instance of theft) or where such attorney has manifestly overreached
his client (which is nothing
but a species of fraud); less serious
infractions, such as those resulting from negligence or mismanagement
in the administration
of his office, but not involving dishonesty on
his part, should attract orders of suspension from practice for a
specified period,
or interdicts such as that ordered in the instant
case, or directing that the attorney concerned practise under
supervision, or orders
or directions having similar but less
Draconian effects. This acknowledgment of the aforementioned trend
and the approval of it as
indicated by the order issued in this case
is not to be understood as laying down a procedure to be followed as
if it were a law
of the Medes and Persians; it is readily
acknowledged that in cases involving theft or fraud or dishonesty in
some other form a Court
may well decide in the exercise of its
discretion not to strike an attorneyâs name off the roll and
instead decide to impose a
less severe punishment; similarly where
infractions have taken place where dishonesty is not involved, it
would still be open to
a Court to impose the ultimate sanction of
`striking-offâ.
The
existence of this trend is readily recognisable from an overview of
recent decisions of this Division."
Mnr
van der Merwe het beklemtoon dat respondent hom nie skuldig gemaak
het aan oneerlikheid nie, dat hy skuldig gepleit het voor die
dissiplinêre komitee en dat dit onwaarskynlik is dat hy sy verkeerde
optrede sal herhaal. Hy het betoog dat skrapping onvanpas swaar
sal
wees en dat respondent hoogstens geskors moet word, maar dat die
skorsing opgeskort moet word soos wat gelas is in die
ongerapporteerde
uitspraak in hierdie Afdeling in
DIE
PROKUREURSORDE VAN DIE ORANJE-VRYSTAAT v SWART
(Aansoek Nr 868/2001 gedateer 18 Oktober 2001). Hierdie uitspraak
beslaan slegs 27 reëls. Dit tabuleer 6 oortredings van die betrokke
prokureur, waaronder bedrog en die oorverhaal van fooie. Daarna volg
die bevel wat die prokureur skors vir ân periode van 5 jaar
en word
gelas dat die skorsing in geheel voorwaardelik opgeskort word. Mnr
van der Merwe het ons meegedeel dat hy in daardie aansoek
namens die
Prokureursorde opgetree het en dat die partye in werklikheid op
daardie straf "ooreengekom" het en die Hof "versoek
het om dit op te lê". In die lig van Mnr van der Merwe se
mededeling met betrekking tot die omstandighede waaronder die straf
in die
SWART
-aansoek
opgelê is, dra daardie aansoek, met eerbied, weinig gewig.
Wat
betref die sogenaamde "new trend" waarna in die
KING
-uitspraak
hierbo verwys word, is dit belangrik om te waarsku dat beginsels nie
verwater behoort te word nie. Dit is waar dat tye
verander het sedert
die
CIROTA
-uitspraak.
Baie dinge het verander, blykbaar ook morele waardes. Dit sal egter
ân kwade dag wees as die Howe toelaat dat praktisyns
ongestoord
aanhou praktiseer as hulle hulle skuldig maak aan optrede wat die
beroep oneer aandoen. Die regsberoep was tereg nog altyd
beskou as ân
eerbare beroep. Daar moet daarteen gewaak word om te toeskietlik te
raak teenoor praktisyns wat hulle skuldig maak
aan onprofessionele of
oneerbare gedrag. In
CAPE
LAW SOCIETY v PARKER
2000(1) SA 582 (K) het die Kaapse Hooggeregshof ook ân baie
toeskietlike houding ingeneem teenoor ân prokureur wat niks minder
nie as diefstal van trustgelde gepleeg het. Tog word aanvaar
"that
he had no intention of stealing (in the conventional sense) of trust
money which he misappropriated"
en
word as versagting aanvaar dat
"the
unauthorised withdrawals from trust accounts were not utilised for
the immediate personal benefit of the respondent but
rather for the
benefit of members of his family."
In
ân ander passasie in die uitspraak word gesê
"it
can be accepted that he did not harbour the intention of committing
theft in its ordinary common law connotation."
Ek
is nie seker wat die geleerde Regters in hierdie passasies probeer sê
nie. Ek was nog altyd onder die indruk dat diefstal ân
gemeenregtelike misdryf is en na my mening bly diefstal van trustgeld
diefstal, ongeag of die dief die geld vir homself hou of vir
sy
familie leen!
Ek
kan nie anders nie as om saam te stem met die kritiek wat teen die
PARKER
-uitspraak
uitgespreek word in die ongerapporteerde uitspraak in
LAW
SOCIETY OF THE CAPE OF GOOD HOPE v BUDRICKS
gedateer 24 Mei 2002 in die Hoogste Hof van Appèl, nl dat die Hof in
die
PARKER
-saak
"was
more concerned with the personal circumstances of the respondent than
with the protection of the public and was at pains
to let the
offending attorney off lightly."
Na
ernstige oorweging het ek tot die gevolgtrekking gekom dat respondent
se volgehoue werwing van kliënte op ân byna daaglikse
basis, en
veral nadat Mnr Strating hom namens applikant vermaan het, so ernstig
is dat hy in sy praktyk geskors behoort te word omdat
hy nie ân
geskikte en gepaste persoon is om voort te gaan om as prokureur te
praktiseer nie.
Gevolglik
word die volgende bevele verleen:
1.
"Respondent word vir 3 jaar in sy praktyk as prokureur geskors.
Agtien (18) maande daarvan word vir ân periode van 5 jaar
opgeskort
op voorwaarde dat hy hom nie gedurende die opskortingstermyn skuldig
maak aan onprofessionele of oneerbare of onbetaamlike
gedrag nie soos
bedoel in artikel 71 van die Wet op Prokureurs van 1979." (Die
periode van 5 jaar begin loop 18 maande na die
datum van hierdie
uitspraak.)
2.
Smeekbedes 2 tot 13 word ook toegestaan.
__________________
JP
MALHERBE, RP
EK
STEM SAAM:
__________________
GA
HATTINGH, R
Namens
Applikant : Adv PCF van Rooyen Iov Symington & De Kok
Bloemfontein
Namens
Respondent : Adv CHG van der Merwe, SC, en Adv PJT de Wet Iov Van den
Berg Ingelyf Bloemfontein