Roux v Van der Merwe and Another (2239/2002) [2002] ZAFSHC 16 (17 October 2002)

45 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Cancellation — Validity of cancellation of sale agreement — Applicant sought a declaratory order regarding the cancellation of a sale agreement for property due to alleged late payment — Applicant made monthly payments but offered May 2002 payment on 2 May, after a public holiday — First respondent cancelled the contract citing non-payment on due date — Court held that payment must be made on the stipulated date regardless of public holidays, and the applicant failed to provide a valid excuse for late payment — Application dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 16
|

|

Roux v Van der Merwe and Another (2239/2002) [2002] ZAFSHC 16 (17 October 2002)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:
2239/2002
In
die saak tussen:
ABRAHAM
DANIëL ROUX
Applikant
en
MARTHA
MARIA VAN DER MERWE
Eerste
Respondente
PIETER
WILLEM GROBBELAAR
Tweede
Respondent
CORAM:
VAN COLLER, R
AANGEHOOR
OP:
26 SEPTEMBER
2002
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COLLER, R
GELEWER
OP:
17 OKTOBER 2002
Die
applikant doen aansoek om ‘n verklarende bevel. Die bevel wat
aangevra word is een:
"1.
Wat verklaar dat:
a)
die beweerde kansellasie deur eerste respondente van die skriftelike
koopkontrak aangegaan deur en tussen applikant en eerste respondente
van die plaas
Praalhoek
,
distrik Trompsburg, gedateer 20 Februarie 2001 regtens ongegrond en
onafdwingbaar is; en gevolglik
b)
dat die gemelde koopkontrak geldig, bindend en afdwingbaar is; en
gevolglik
c)
eerste respondente verplig is om maandelikse paaiemente ooreenkomstig
klousule 2 van die gemelde koopkontrak, aangeheg tot die
funderende
stukke as AANHANGSEL "A", te aanvaar.
2.
Dat eerste respondente gelas word om die koste van die aansoek te
betaal."
Dit
is gemeensaak dat die applikant op 20 Februarie 2001 die plaas
Praalhoek, distrik Trompsburg, van die eerste respondente gekoop
het
vir die bedrag van R56 725,00. Die koopprys was betaalbaar in
paaiemente van R1 500,00 per maand, betaalbaar maandeliks vooruit
vanaf 1 Maart 2001. Die volgende is gemeensaak tussen die partye:
(a)
Die applikant het die paaiemente van R1 500,00 per maand stiptelik
maandeliks vooruit betaal aan die eerste respondente vanaf
1 Maart
2001.
(b)
Die applikant het persoonlik die paaiemente in kontant of by wyse van
‘n tjek aan die eerste respondente betaal en sy moeder
het van tyd
tot tyd die betalings namens die applikant aan die eerste respondente
oorhandig.
(c)
Die 1ste Mei 2002 was ‘n vakansiedag bekend as "Werkersdag".
(d)
Die applikant het betaling van die paaiement verskuldig vir Mei 2002
eers aan die eerste respondente aangebied op 2 Mei 2002,
maar sy wou
nie die geld aanvaar nie.
(e)
Die eerste respondente het die koopkontrak gekanselleer by wyse van
‘n geregistreerde brief gedateer 2 Mei 2002 aan die applikant.
In
die brief word beweer dat die applikant versuim het om die paaiement
op vervaldatum te betaal en die applikant is in terme van
klousule
11(a) van die koopkontrak kennis gegee van die kansellasie van die
kontrak.
Die
applikant beweer in sy funderende beëdigde verklaring dat nadat die
eerste respondente geweier het om betaling te ontvang hy
na ‘n bank
op Trompsburg is waar die eerste respondente ‘n rekening gehad het
en hy het die tjek aangebied vir deponering. Die
kassier het hom
meegedeel dat die rekening gevries is en het geweier om die tjek in
ontvangs te neem. Dieselfde het by ‘n ander
bank waar die eerste
repondente ook ‘n rekening gehad het, gebeur.
Klousule
11 van die koopkontrak bepaal soos volg:
"
KONTRAKBREUK
In
geval die KOPER versuim om op die vervaldatum enige van die terme of
voorwaardes van hierdie Koopkontrak na te kom, sal die VERKOPER
of sy
agent die reg hê om of:-
(a)
die koop te kanselleer deur geregistreerde brief geadresseer aan die
KOPER, waarna die KOPER alle bedrae betaal aan die VERKOPER
of sy
agent in terme hiervan sal verbeur, sonder benadeling van die
VERKOPER se ander regte en remedies en die reg om skadevergoeding
te
eis.
OF
(b)
om onmiddellik betaling van die koopprys en die voldoening aan al die
terme en voorwaardes hiervan te eis."
Dit
is duidelik uit die stukke dat die enigste werklike geskilpunt tussen
die partye is of die betaling wat op 2 Mei 2002 aangebied
is deur die
applikant ‘n geldige betaling is in terme van die ooreenkoms.
Dit
is erkende reg dat indien ‘n kontraksparty onderneem om sy
verpligting op ‘n bepaalde dag na te kom dit nie nodig is vir die
ander party om ‘n aanmaning te rig nie. (Sien
LAWS
v RUTHERFORD
1924 AD
261
op 262
). In die lig van
die bepalings van klousule 11 van die onderhawige koopkontrak was die
eerste respondente geregtig om onmiddellik
by die applikant se
versuim om op 1 Mei 2002 die verskuldigde betaling te maak, die
ooreenkoms te kanselleer. Die enigste vraag wat
werklik oorweeg moet
word is of die applikant van wanbetaling verskoon kan word as gevolg
van die feit dat 1 Mei 2002 ‘n openbare
vakansiedag was.
Soos
blyk uit die kontrak is die plek van betaling nie uitdruklik gemeld
nie. Mnr. Ploos van Amstel, namens die applikant, het aangevoer
dat
die applikant as skuldenaar dus geregtig was om die paaiement in die
respondente se bankrekening te deponeer of om ‘n tjek
te pos of ‘n
bode met die geld te stuur. Hy het in dié verband eerstens verwys na
wat deur Watermeyer, HR in
VENTER
v VENTER
1949 (1) SA
768
(A) op 778
en
780
gesê is. Hy het vervolgens aangevoer dat wanneer die laaste dag van
betaling op ‘n Sondag of op ‘n openbare vakansiedag val,
die
partye stilswyend bedoel het dat betaling geldiglik gemaak kon word
op die daaropvolgende dag wanneer die banke en kantore open.
Mnr.
Ploos van Amstel het gesteun op
DAVIS
v PRETORIUS
1909 TS
868
op 871
en
872
en op
NATIONAL BANK OF
SOUTH AFRICA LTD v LEON LEVSON STUDIOS LTD
1913 AD 213
op 218
. Volgens
hierdie argument was die applikant geregtig om op die 2de Mei geld
vir betaling by die eerste respondente se bank aan te
bied en was
daar nie wanbetaling nie.
In
VENTER v VENTER
(
supra
)
op
778
het Watermeyer, HR met goedkeuring verwys na sake waarin beslis is
dat indien die plek van betaling nie in ‘n kontrak genoem word
nie,
en die skuldenaar onderneem het om op of voor ‘n bepaalde datum te
betaal, die verpligting op hom rus om stappe te neem om
die
skuldeiser voor of op die betrokke datum te betaal. Hy vervolg soos
volg:
"If
a debtor undertakes to pay money on or before a particular date it
follows from the undertaking that he must either tender
or pay the
money to his creditor in order to avoid a breach of contract and he
can do so at any convenient place where he may lawfully
perform his
contract."
Die
kontrak ter sprake in bogemelde saak het ook nie ‘n plek vir
betaling genoem nie. Die skuldenaar het die huurgeld in ‘n bank
inbetaal voor die vervaldatum en die skuldeiser daarvan in kennis
gestel. As gevolg van ‘n fout deur die bank is die skuldeiser
egter
deur die bank meegedeel dat die geld nie ontvang is nie. Die betaling
was wel betyds gemaak, maar die metode wat gebruik is
om betaling te
maak het gefaal en dit is beslis dat die skuldenaar nie sy
verpligting nagekom het nie. Hierdie saak steun na my mening
nie die
applikant se argument nie. Al word aanvaar dat die applikant die
keuse gehad het om by ‘n gerieflike plek te betaal, kon
hy na my
mening nie sy verpligting om op 1 Mei te betaal ongedaan gemaak het
deur op 2 Mei by ‘n bank te betaal nie. Ek stem saam
met mnr. De
Wet, namens die eerste respondente, dat die bedoeling van die partye
soos blyk uit die ooreenkoms duidelik is dat betaling
op die eerste
dag van elke maand moet geskied en dat daar geen ruimte is vir ‘n
vertolking dat dit die bedoeling van die partye
was dat indien die
eerste of op ‘n Sondag of op ‘n vakansiedag val, betaling by die
eerste besigheidsdag daarna kon geskied nie.
Die
NATIONAL
BANK OF SOUTH AFRICA LTD
-saak
steun ook nie die applikant se saak nie. In daardie saak het die
partye ooreengekom dat betaling by die bank moet geskied en
is beslis
dat in so ‘n geval dit geïmpliseer word dat betaling gemaak moet
word op ‘n dag wat die bank oop is. Insiggewend veral,
na my
mening, is die volgende opmerkings van Maasdorp, RP op
221
:
"Under
ordinary circumstances, where there is nothing to prevent it, I think
payment should be made on the day stipulated, although
it happens to
be a Sunday or a holiday. But it is very different where payment is
to be made at a place of business which happens
to be closed to
business on those days."
(Sien
ook
HANEKOM v AMOD
1950 (4) SA 412
(C) op 415C-F
).
Dit
was nie in die onderhawige geval ooreengekom dat betaling moet
geskied by ‘n besigheidsplek wat gesluit kon wees op ‘n
vakansiedag
of ‘n Sondag nie. Volgens die ooreenkoms is die adres
van die verkoper, die eerste respondente, Dawidstraat 43, Trompsburg,
en
dié van die koper, die applikant, Kerkstraat 20, Trompsburg. Die
betalings was voorheen altyd by die eerste respondente persoonlik
gemaak. Daar is in die onderhawige aansoek geen getuienis deur die
applikant voorgelê wat betaling op 1 Mei verhinder het nie of
dat
die woonplek waar dit gewoonlik gemaak is nie ‘n gerieflike plek
vir betalings was nie. Betaling moes dus daardie dag gemaak
gewees
het al was dit ‘n openbare vakansiedag.
Die
laaste argument van mnr. Ploos van Amstel gebaseer op sekere
bewerings wat gemaak is in die opponerende verklaring aangaande die
rede vir die kansellasie het na my mening geen meriete nie en ek gaan
nie volledig daarop in nie. Ek volstaan deur te sê dat daar
moontlik
ook ‘n ander motief vir die kansellasie kon gewees het, maar in die
brief van kansellasie word die laat-betaling uitdruklik
genoem en die
eerste respondente sê dit is in haar opdrag geskryf.
Dit
dien vermeld te word dat geen regshulp teen die tweede respondent
gevorder is nie en hy is blykbaar gevoeg bloot omdat hy as huurder
van die plaas moontlik ‘n belang by die aansoek kon gehad het.
Na
my mening was daar nie ‘n verskoning vir die laat-betaling van die
paaiement nie en die aansoek kan dus nie slaag nie.
Die
aansoek word van die hand gewys met koste.
A.P.
VAN COLLER, R
Namens
Applikant:
Adv. C.
Ploos van Amstel, SC i.o.v. Honey & Vennote
Namens
1ste Respondente:
Adv.
P.J.T. de Wet i.o.v. Schoeman en Maree