About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 15
|
|
S v Cloete and Others (2025/2002) [2002] ZAFSHC 15; 2003 (2) SACR 489 (O) (14 October 2002)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersieningsnommer
: 2025/2002
In
die Hersiening van:
DIE
STAAT
versus
ERASMUS
STEFANUS CLOETE EN VYF HERSIENINGSAKE
CORAM:
HANCKE et WRIGHT RR
UITSPRAAK:
HANCKE R
DATUM
GELEWER:
14 OKTOBER
2002
Daar
blyk onsekerheid te wees onder welke ouderdom voorvonnisverslae vir
jeugdiges aangevra moet word, soos blyk uit verskeie hersieningsake
wat die afgelope tyd voor my gedien het, en wel na aanleiding van
twee uitsprake van hierdie Hof in:
STAAT
v MOOLMAN EN âN ANDER
(appèlnommer 243/2001) gelewer op 23 Mei 2002; en
STAAT
v NTSAPO EN âN ANDER
(hersieningsaak 1101/2002) gelewer op 22 Augustus 2002.
In
eersgenoemde saak was die betrokke beskuldigde 18 jaar oud gewees
tydens die pleging van die misdryf van moord. Op bl 12 van die
uitspraak verklaar Malherbe, RP die volgende:
"In
die lig van hierdie sterk bewoorde uitspraak waaraan hierdie Hof
gebonde is, meen ek dat eerste appellant se vonnis tersyde
gestel
moet word sodat die geleerde Verhoorregter opnuut oor vonnis kan
besin na verkryging van voorvonnisverslae en verdere getuienis
en/of
argumente in sy diskresie."
Die
uitspraak waarna verwys word, is dié van
STAAT
v PETERSON EN âN ANDER
2001(1) SASV 16 (HHA) waar Olivier, AR op 22e tot 24c die volgende
verklaar word:
"[18]
Sonder om enigsins afbreuk te doen aan die uiters moeilike taak van
ân verhoorhof om vonnis op te lê in omstandighede
soos in die
onderhawige geval, meen ek dat die appèl teen die vonnisse moet
slaag tot die mate hieronder aangedui.
[19]
ân Vonnis van 18 jaar gevangenisstraf is ân baie swaar vonnis
(per Vivier AR in
S v
BARNABAS
1991(1) SASV
467 (A) op 470a en sien ook
S
v SOCI
1986(2) SA 14
(A)), te meer waar dit opgelê word aan kinders met ân skoon rekord
en wat klaarblyklik sonder voorbedagte rade opgetree
het. Die
opgelegde vonnisse is langer as elkeen van die appellante se
lewensjare; is opgelê aan twee onvolwasse kinders wat opsigtelik
gebuk gegaan het onder ân gebrek aan oordeelsvermoë en waarskynlik
onder die invloed van ân bendekultuur en ân gewelddadige
milieu
(sien oor vergelykbare faktore en gepaste strawwe vir jeugdiges
S
v MACHASA EN ANDERE
1991(2) SASV 308 (A) op 318g-h;
S
v LENGANE
1990(1) SASV
214 (A) op 220b-h;
S v
LEHNBERG EN âN ANDER
1975(4) SA 553 (A) op 451A-H).
[20]
ân Vonnis van gevangenisstraf behoort aan geen jeugdige opgelê te
word sonder behoorlike voorvonnis-verslae en getuienis aangaande
die
persoonlikheid, persoonlike omstandighede en agtergrond, en ân
ernstige oorweging van al die toepaslike alternatiewe vonnisopsies
nie (sien
S v QUANDU EN
ANDERE
1989(1) SA 517
(A) op 522H-524G;
S v Z
EN VIER ANDER SAKE
1999(1) SASV 427 (OK) op 441 para 3;
S
v H AND ANOTHER
1978(4)
SA 385 (OK). Dit is nie in die onderhawige geval gedoen nie. Die
moontlikheid bestaan dat ân onreg die appellante aangedoen
is. Die
vonnisse kan dus nie gehandhaaf word nie.
[23]
..... Dit word van die vonnisoplegger verwag om ân dinamiese rol te
speel by vonnisoplegging, veral wat jeugdiges betref. In
hierdie
verband onderskryf ek die volgende paragrawe van die uitspraak van
Erasmus R (waarmee Jones R saamgestem het) in
S
v Z EN VIER ANDER SAKE
(
supra
op 441):
`3
Die hof sal dinamies handel ten einde volledige besonderhede van die
beskuldigde se persoonlikheid en sy persoonlike omstandighede
te
bekom. Die hof sal
waar
nodig ân voorvonnisverslag van ân proefbeampte en/of ân
korrektiewe beampte aanvra
.
So ân verslag is aangewese waar die beskuldigde ân ernstige
misdryf gepleeg het, of vorige veroordelinge het. Dit is onvanpas
om
ân beskuldigde gevangenisstraf, ook opgeskorte gevangenisstraf, op
te lê sonder die voordeel van ân voorvonnisverslag.
4
Die hof sal met sorg en verbeelding sy wye diskresie gebruik ten
einde ân vonnis te bepaal wat paslik is vir die beskuldigde gesien
sy eie besondere omstandighede en die misdryf waaraan hy skuldig
bevind is. Dit behels eerstens die bepaling van die mees gepaste
vorm
van straf en tweedens die aanpassing van daardie straf om aan die
behoeftes van die bepaalde beskuldigde te pas.â
[25]
Die verlangde dinamiese optrede het in hierdie saak in die slag
gebly. Dit mag wees dat in die onderhawige termyn gevanggenisstraf,
selfs ân lang termyn, wel ân aangewese straf is. Maar dit kan
alleen beoordeel word as die riglyne in paras 3 en 4 op 441 van
S
v Z EN VIER ANDER SAKE
,
hierbo genoem, ten volle nagekom is, veral waar dit hier gaan om
jeugdiges. Ten einde dit te vermag, moet die opgelegde vonnisse
ter
syde gestel word en moet die aangeleentheid na die verhoorhof
terugverwys word vir die verkryging van die nodige inligting en
vonnisoplegging van nuut af."
Dit
is belangrik om daarop te let dat die "jeugdiges" waarna
verwys is in gemelde saak, onderskeidelik
15
en
16
jaar oud was asook dat ân lang vonnis van gevangenisstraf in die
hof
a quo
opgelê is.
Dit
is verder van belang om te let op die ouderdomme van die vier
beskuldigdes in
STAAT v Z
EN VIER ANDER SAKE
(
supra
),
naamlik onderskeidelik
16
jaar,
16
jaar,
17
jaar en
18
jaar oud. In die eerste drie gevalle is die vonnisse tersyde gestel
en terugverwys na die landdros om ân verslag van ân proefbeampte
en/of korrektiewe beampte te bekom. In die geval van die
18
jarige is sy vonnis, sonder ân voorvonnisverslag, bekragtig (bl
446b tot i van die uitspraak).
Dit
blyk geykte reg te wees dat hoe jonger ân oortreder is, hoe meer
versigtig of onwillig is ân hof om, sonder volledige besonderhede
van die oortreder, hom of haar na die gevangenis te stuur. In
STAAT
v MOHLOBANE
1969(1) SA
561 (A) word volledig na die posisie van die minderjarige in die
Romeinse Reg verwys. Gemelde saak het gehandel oor die
jeugdigheid
van ân oortreder as synde versagtende omstandighede by die
oplegging aldan nie van ân doodvonnis. Rumpff, AR verklaar
op
567G-568A die volgende:
"Hoe
jonger ân beskuldigde sou wees, hoe meer sou getuienis omtrent sy
agtergrond, opvoeding, graad van intelligensie en algemene
geestesvermoëns ter sake wees by die beoordeling van sy graad van
volwassenheid en derhalwe die laakbaarheid van sy daad. In die
geval
van ân jeugdige van bv
17
jaar kan ek my beswaarlik voorstel dat ân Hof ân doodvonnis sou
op lê sonder om inligting te kry oor bogenoemde feite en dit
te
oorweeg. En selfs al sou die verdediging geen getuienis daaromtrent
lei nie sou ek verwag dat ân Hof, wat redelik optree, inligting
daaromtrent versoek, veral omdat in die geval van jeugdiges, ouderdom
op sigself nie altyd ân maatstaf van die graad van volwassenheid
is
nie. Selfs by ân grensgeval, soos die geval van die huidige
appellant moontlik beskou kan word, veral as hy
18
jaar of effens ouer was toe hy die misdaad begaan het, kan ân Hof
van mening wees dat dit wenslik sou wees, voordat die doodvonnis
opgelê word, om getuienis aan te hoor oor die beskuldigde se
agtergrond en persoonlikheid, met die doel om ân oordeel te vel oor
die graad van volwassenheid wat die beskuldigde besit."
Ten
opsigte van die erns van ân misdaad wat deur ân jeugdige gepleeg
word, word op 568A-B die volgende verklaar:
"Ek
dink dat die mening omtrent ân gegronde hoop tot verbetering van ân
jeugdige, wat nog onvolwasse is, beswaarlik gedoen
kan word sonder
gegewens omtrent sy agtergrond en persoonlikheid. Aan die ander kant,
wanneer die misdaad self hoogs laakbaar is
en die aard van die
misdaad toon dat oorwegings van verbetering, gegrond op
onvolwassenheid, geen doel sou dien nie of moet wyk teenoor
die
oorweging van die beskerming van die gemeenskap of van afskrikking,
of van verontwaardiging, sou ân Hof redelikerwyse kon besluit,
selfs in ân geval van ân jeugdige, en
a
fortiori
by ân
grensgeval, dat gegewens omtrent die jeugdige se agtergrond en
persoonlilkheid nie nodig is nie."
In
STAAT v Z EN VIER ANDER
SAKE
(
supra
),
verklaar Erasmus, R op 441e-g die volgende:
"Die
hof sal, as uitgangsbeginsel, waar moontlik straf in die vorm van
gevangenissetting vermy, met besondere inagneming daarvan
-
(i)
dat hoe jonger die beskuldigde, hoe minder paslik is gevangenisstraf;
(ii)
dat gevangenisstraf besonderlik onpaslik is in die geval van ân
eerste oortreder; en
(iii)
dat korttermyn gevanggenisstraf selde paslik is;
en
sal altyd die gepastheid van ál die ander strafopsies oorweeg.
Indien
gevangenisstraf dan nietemin, in ál die tersake omstandighede en met
inagneming van die oogmerke van straftoemeting, die paslike
vonnis
blyk te wees, sal die hof dit oplê."
Die
effek van die voorgaande, na my mening, is dat hoe jonger ân
oortreder is, hoe groter is die behoefte vir meer getuienis omtrent
sy agtergrond en persoonlike omstandighede en dus vir die aanvra van
ân voorvonnisverslag. Om te bepaal onder watter ouderom sodanige
verslag aangevra moet word, is dit van belang om te kyk na sekere
bepalings van die Wetgewer, asook onlangse gesag.
1.
Die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996
artikel 28(1)(g) maak voorsiening daarvoor dat elke kind die reg
het
"om
nie aangehou te word nie, behalwe as laaste uitweg ....."
Hierdie
bepaling is van toepassing op alle persone
onder
18 jaar
.
2.
Die Verenigde Nasies se
Convention
on the Rights of the Child
(1989) ("CRC") is op 16 June 1995 deur Suid-Afrika
geratifiseer. In
STAAT v
KWALASE
2000(2) SASV
135 (K) verklaar Van Heerden R op 138g-h die volgende ten opsigte van
die aanvaarding van die "CRC":
".....
by so doing, assumed an international legal obligation to put into
effect in its domestic law the provisions of this Convention
(see
article 4). Various provisions in CRC `
underline
the policy that children
under
the age of 18 years
who are accused of committing offences should, as far as possible, be
dealt with by the criminal justice system in a manner that
takes into
account their age and special needs
â
(see Van Heerden
et al
Bobergâs Law of Persons and the Family 2
nd
ed (1999) 865
in notis
).
Thus, article 40(1) embodies the right of a child in conflict with
the penal law `
to be treated
in a manner consistent with the promotion of the childâs sense of
dignity and worth, which reinforces the childâs
respect for the
human rights and fundamental freedoms of others and which takes into
account the childâs age and the desirability
of promoting the
childâs reintegration and the childâs assuming a constructive
role in society
.â"
In
voormelde saak was die beskuldigde tydens pleging van die misdryf
15
jaar en 11 maande oud en tydens vonnisoplegging
17
jaar en word die belangrikheid van die verkryging van ân behoorlike
voorvonnisverslag in die uitspraak beklemtoon (p 140c tot 141j).
3.
Artikel 51 van die Strafregwysigingswet, No 105 van 1997 onderskei
tussen drie klasse oortreders, naamlik volwassenes, kinders
onder 16,
en dié tussen
16
en
18
jaar tydens die pleging van ân misdryf. ân Hof is verplig om ân
minimum vonnis op te lê ten opsigte van ân oortreder wat
reeds
18
jaar oud was, tydens die pleging van die misdryf, tensy daar
wesenlike en dwingende omstandighede teenwoordig is. Dit blyk ook dat
artikel 51(3)(b) van gemelde Wet, wat van toepassing is op oortreders
tussen
16
jaar en
18
jaar geen verwysing bevat na "wesenlike en dwingende
omstandighede" nie. In hierdie verband verklaar die Volbank in
STAAT v NKOSI
2002(1) SASV 135 (W) by monde van Cachalia, R op 142c-d die volgende:
"It
therefore must be accepted that despite the peculiar wording of s
51(3)(b) the Legislature intended children of between 16
and 18 years
of age to be treated more leniently than those offenders who have
turned 18 and are consequently deemed to be more mature."
4.
Artikel 290(1)(a), (b) en (c) van die Strafproseswet No 51 van 1977
handel spesifiek met oortreders onder die ouderdom van
18
jaar. In
STAAT v NKOSI
(
supra
)
word op 143g-i die volgende verklaar:
"The
appreciation that juvenile delinquency does not necessarily lead to
adult criminality and that it is frequently part of
a phase of
adolescent development has therefore been a consistent theme in the
development of a judicial policy on child sentencing.
..... This
policy has also received statutory recognition through
s 290(1)(a)
,
(b) and (c) of the
Criminal Procedure Act 51 of 1977
. This section
empowers a Court which is dealing with a convicted person under the
age of
18
to exercise a discretion to punish a juvenile offender in the
ordinary way but to have regard to alternative routes of punishment
such as placing the person in the custody of a probation officer,
correctional official or any suitable person designated in the
order.
The Court has an unlimited discretion in this regard, even in respect
of the most serious offences."
Vergelyk
artikels 50(4), 71 en 73(3) van die Strafproseswet, wat ook ân
onderskeid maak tussen oortreders onder en bo
18
jaar.
Sien
ook
S v W
1990(1) SASV (NK) te 275b-c.
5.
Die Wysigingswet op die Registrasie van Geboortes en Sterftes, No 1
van 2002 het op 19 Maart 2002 in werking getree, en bepaal
dat ân
persoon as "meerderjarig" geag word by die bereiking van
die ouderdom van
18
jaar.
6.
Die Kieswet, No 73 van 1978 maak voorsiening daarvoor dat ân
Suid-Afrikaanse Burger wat
18
jaar, of ouer is, ân "kieser" is wat kan stem.
Wat
die regspraak betref, is gewys op die belangrikheid van ân
voorvonnisverslag in
STAAT
v KWALASE
(
supra
),
waar die oortreder
15
jaar en 11 maande oud was; in
STAAT
v J AND OTHERS
2000(2)
SASV 310 (K) waar die oortreder
16
jaar oud was. In
STAAT v
W
1990(1) SASV 262 (NK)
te 275b-c word ân onderskeid getref tussen betreders van bo en
onder
18
jaar. In
STAAT v D
1999(1) SASV 122 (NK)
was die beskuldigde ân
17
-jarige
seun en is die saak na die streekhof terugverwys ten einde meer
getuienis van die beskuldigde se persoonlike omstandighede
te verkry
by wyse van ân proefbeampteverslag asook ân korrektiewe beampte
verslag. In
STAAT v Z EN
VIER ANDER SAKE
(
supra
)
is die vonnis van die
18
-jarige
seun bekragtig maar dié van die
16
-
en
17
-jariges
tersyde gestel vir doeleindes van die verkryging van ân
voorvonnisverslag.
Wat
die twee onlangse beslissings in die OPA betref, die volgende: In die
saak van
STAAT v MOOLMAN
(
supra
)
het hierdie Hof hom gebonde gehou aan die saak van
STAAT
v PETERSON EN âN ANDER
(
supra
)
waar die beskuldigdes
15
en
16
jaar oud was. Gemelde sake het ook met goedkeuring verwys na
STAAT
v Z
(
supra
),
waar die vonnis van ân
18
-jarige
oortreder bekragtig is sonder die verkryging van ân
voorvonnisverslag. Indien
STAAT
v MOOLMAN
(
supra
)
saamgelees word met dié van
STAAT
v PETERSON EN âN ANDER
(
supra
)
en
STAAT v Z
(
supra
)
meen ek nie dat dit geïnterpreteer kan word as synde verpligtend om
ân voorvonnisverslag te kry indien die oortreder
18
jaar en ouer was nie. Dit kan egter dien as ân belangrike riglyn
wanneer jeugdige oortreders gevonnis word. In hierdie verband
is dit
van belang om te let op die Volbankbeslissing van
STAAT
v NKOSI
(
supra
)
waar op 151a-c die volgende verklaar word:
"In
S v PETERSON EN âN
ANDER
2001(1) SACR 16
(SCA) para [19] at 22 Olivier JA expressed his concern that an
effective sentence of 18 years imposed on two appellants
who were
aged
15
and
16
respectively for the murder of the deceased as well as the unlawful
possession of firearms and ammunition in what appeared to a gang
related activities was in excess of their natural years of life. He
observed that 18 yearsâ imprisonment was a very heavy sentence.
While Olivier JAâs remarks constitute
an
important guideline in the sentencing of juvenile offenders, it
should not be elevated into an inflexible rule
."
(My
beklemtoning)
Dit
is ook dienstig om te verwys na die hersieningsuitspraak van
STAAT
v NTSABO EN âN ANDER
,
(ongerapporteerde hersieningsuitspraak no 1101/2002, gelewer op 22
Augustus 2002) waar Rampai, R op p 7 die volgende verklaar:
"Those
three decisions catalogued a selection of leading caselaw relating to
juvenile offenders, in my view any person below
the age of
22
years (
vide
S v LETSOLO
1970(3) SA 476 (AD).)"
Die
drie beslissings waarna verwys word, is die
MOOLMAN
-
en
PETERSON
-sake
(
supra
),
asook een van die geleerde Regter self.
Die
beslissing verwys na in die aanhaling, het gehandel oor die
aanwesigheid van versagtende omstandighede by ân moord en het die
vraag ontstaan welke gewig geheg moet word aan die ouderdom van die
beskuldigde wat ten tye van die pleging van die moord 21 jaar
oud
was. Na my mening maak dit nie ân bydrae tot die vraag op welke
ouderdom ân voorvonnisverslag aangevra behoort te word nie.
Die
opmerkings in hierdie verband is in elk geval
obiter
dictum,
aangesien die
betrokke beskuldigdes in die hersieningsaak onderskeidelik 15 jaar en
18 jaar oud was. In hierdie verband kan ook verwys
word na die saak
van
STAAT v MACHASA EN
ANDERE
(
supra
)
waar Van Heerden, AR op 318d die volgende verklaar:
"In
die geval van ân beskuldigde onder die ouderdom van
18
jaar het die Wetgewer klaarblyklik jeugdigheid as ân outomatiese
versagtende omstandigheid beskou. Onder die nuwe bedeling meegebring
deur die reedsgenoemde Wet kan ân persoon onder die ouderdom van
18
jaar natuurlik nie tot die dood veroordeel word nie (gewysigde art
277(5)(a) van die Strafproseswet 51 van 1977). Jeugdigheid as
`versagtendeâ faktor word dus nog sterker as vroeër aangeslaan."
Vergelyk
S v LEHNBERG EN âN
ANDER
(
supra
)
te 561A-B.
Uit
die voorgaande is dit duidelik dat die Wetgewer onderskei tussen
verskillende groepe van ouderdom, meer spesifiek persone onder
18
asook dié bo
18
jaar.
Dit
is belangrik om daarop te let dat jeugdigheid nog áltyd as ân
belangrike versagtende omstandigheid beskou is. Dit beteken egter
nie
dat dit verpligtend is om in alle gevalle waar jeugdiges oortree, ân
voorvonnisverslag aan te vra nie. As gevolg van logistieke
en ander
praktiese probleme daaraan verbonde, sal dit tydrowend en kan dit tot
nadeel wees van dié jeugdiges wat werklik baat daarby
kan vind.
In
die lig van die voorgaande kan die volgende breë riglyne neergelê
word, wat egter geensins as rigiede riglyne beskou moet word
nie:
1.
Hoe jonger die oortreder, hoe belangriker is dit om volledige
getuienis omtrent sy/haar agtergrond, opvoeding, intelligensie en
algemene geestesvermoëns voor die hof te lê, hetsy by wyse van ân
voorvonnisverslag, of andersins.
2.
In die algemeen, afhangende van die omstandighede van die betrokke
saak, behoort ân voorvonnisverslag aangevra te word ten opsigte
van
alle oortreders
onder die
ouderdom van 18 jaar
.
3.
Dit mag selfs nodig wees in die geval van ân 18-jarige oortreder,
of ouer, om sodanige verslag aan te vra. In hierdie verband
kan dit
onverantwoordelik wees om vaste reëls neer te lê.
4.
Ander faktore soos die erns van die misdaad, die beskuldigde se
vorige veroordelings, die tydperk wat verloop tussen die pleging
van
die misdaad en die verhoor, en ander moontlike aspekte kan ook ân
rol speel.
In
die lig van die voorgaande uiteensetting, is dit nou nodig om te
handel met die huidige saak wat tans onder hersiening is.
STAAT
v ERASMUS STEFANUS CLOETE
Beskuldigde
is ân 19-jarige eerste oortreder wat skuldig bevind is aan poging
tot diefstal, deurdat hy gepoog het om ân motorradio
uit ân
voertuig te steel en skade ten bedrae van ongeveer R1 500 veroorsaak
het. Na skuldigbevinding is hy gevonnis tot 18 maande
gevangenisstraf
waarvan 6 maande opgeskort is op sekere voorwaardes. Na my mening is
dit onnodig om ân voorvonnisverslag te verkry,
maar blyk die vonnis
inaggenome die jeug van die appellant, treffend onvanpas te wees.
Die
beskuldigde se skuldigbevinding word bekragtig maar die opgelegde
vonnis word tersyde gestel en vervang met die volgende:
8
maande gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort word vir 4 jaar,
op voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word aan diefstal,
of
poging daartoe en waarvoor hy ân onopgeskorte vonnis sonder die
keuse van ân boete opgelê word, gepleeg gedurende die tydperk
van
opskorting nie.
STAAT
v SEDRICK MEY
(hersieningsaak 1889/2002)
Die
beskuldigde is ân 18-jarige eerste oortreder wat skuldig bevind is
aan roof deurdat hy ân bejaarde vrou van onder andere van
ân
beursie met R260 kontant, identifikasiekaart, bestuurderslisensie en
kredietkaarte beroof het, nadat hy haar omgestamp het.
Hy is tot 12
maande gevangenisstraf gevonnis. Die Direkteur van Openbare
Vervolgings, adv Du Toit, SC en adv Landman het ân volledige
opinie
in hierdie saak verskaf en is ek hulle dank verskuldig vir die
waardevolle bydrae wat hulle in dié verband gelewer het. In
die
opinie word daarop gewys dat die howe nie ân te hoë verwagting van
beamptes moet koester by die voorlê van sodanige verslae
nie, asook
op die feit dat daar dikwels lank gewag word vir verslae en dat die
gehalte daarvan dikwels te kort skiet. Ek kan hier
byvoeg dat die
verslae wat voor my gedien het die afgelope twee weke terwyl ek aan
diens was, van weinig nut was om by ân gepaste
vonnis uit te kom.
In
die lig van die erns van die misdryf, asook die feite wat op rekord
geplaas is, is ek van mening dat dit nie nodig is om in hierdie
saak
ân voorvonnisverslag aan te vra nie.
Bygevolg
word die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.
DAVID
NTSABO EN âN ANDER
(hersieningsaak 1101/2002)
Na
aanleiding van
STAAT v
NTSABO
(
supra
)
hierbo na verwys het die landdros nou ân voorvonnisverslag verkry
en ân soortgelyke vonnis opgelê as vantevore. Beide beskuldigdes
is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel en
diefstal, die een beskuldigde, ân 18-jarige, is tot 6 maande
gevangenisstraf
gevonnis en die tweede, ân 15-jarige wat ân
vorige veroordeling vir diefstal het, tot 12 maande gevangenisstraf
gevonnis en gelas
dat hy in ân jeugsentrum opgeneem moet word.
Laasgenoemde byvoeging, naamlik die opname in die jeugsentrum, is ân
byvoeging by
die vonnis nadat ân voorvonnisverslag verkry is. Dit
blyk dat die skuldigbevinding en vonnis nou in orde is.
Bygevolg
word die skuldigbevindings en vonnisse van beide beskuldigdes
bekragtig.
JOHANNES
GALAWE
(hersieningsaak 251/2002, 252/2002 en 253/2002)
Dit
is dieselfde beskuldigde wat skuldig bevind is in drie verskillende
sake aan diefstal en onderskeidelik tot 12 maande, 12 maande
en 18
maande gevangenisstraf gevonnis is. Tydens die pleging van die
misdryf was hy
20
jaar oud gewees. Sy misdaadloopbaan het ân aanvang geneem op 28
Junie 2000, en voortgesit op 9 Februarie 2001 waar hy skuldig bevind
is aan misdrywe wat nie huidiglik ter sake is nie. Daarna, op 6 June
1998 is hy skuldig bevind aan verskeie huisbrake met die opset
om te
steel en diefstal en ingevolge artikel 297(1)(a) van Wet 51 van 1977
is sy vonnis, of die oplegging daarvan, uitgestel vir
ân tydperk
van 5 jaar en is hy onvoorwaardelik vrygelaat en beveel om voor die
hof te verskyn indien hy voor gemelde tyd daartoe
opgeroep word. Ses
maande later, op 26 Augustus 1998 is hy skuldig bevind aan drie
aanklagte van diefstal, wat saamgeneem is vir
doeleindes van vonnis
en is hy tot 6 maande gevangenisstraf gevonnis. Op dieselfde dag is
hy ook skuldig bevind aan ontsnapping en
tot 6 maande gevangenisstraf
gevonnis. Daarna, op 2 September 1999 is hy skuldig bevind aan
diefstal en is hy gevonnis tot 12 maande
gevangenisstraf. Na my
mening sal dit geen doel dien om hier ân voorvonnisverslag aan te
vra nie. Bygevolg word die skuldigbevindings
en vonnisse in bogemelde
drie sake bekragtig.
__________________
SPB
HANCKE, R
EK
STEM SAAM:
__________________
GF
WRIGHT, R