Engelbrecht and Another v Meester van die Hooggeregshof and Others (3574/2002, 3581/2002) [2002] ZAFSHC 14 (10 October 2002)

55 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Witness fees — Right to payment for attendance at insolvency inquiry — Applicants, Isabel and Hendrik Engelbrecht, sought to set aside warrants of arrest issued for their failure to attend an insolvency inquiry, claiming entitlement to witness fees in advance as per Insolvency Act provisions — Court held that applicants, being the insolvent parties, were not entitled to witness fees under the relevant statutory provisions, thereby justifying the issuance of the warrants — Application dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 14
|

|

Engelbrecht and Another v Meester van die Hooggeregshof and Others (3574/2002, 3581/2002) [2002] ZAFSHC 14 (10 October 2002)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
nr : 3574/2002
Aansoek nr : 3581/2002
In
die aansoek van:
ISABEL
ENGELBRECHT
Eerste
Applikant
HENDRIK
ENGELBRECHT
Tweede
Applikant
en
DIE
MEESTER VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Eerste Respondent
PIERRE
STEYN NO
Tweede
Respondent
ROELOF
DAVEL DU PLESSIS NO
Derde Respondent
PHILIPPUS
CHRISTOFFEL LESSING NO
Vierde Respondent
MMATHEBE
VIOLET PHATSHOANE NO
Vyfde Respondent
_______________________________________________________________
AANGEHOOR
DEUR:
HANCKE
R
_______________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
8 OKTOBER
2002
_______________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE
R
_______________________________________________________________
UITSPRAAK
EN REDES GELEWER OP:
10
OKTOBER
2002
_______________________________________________________________
Applikante
het hierdie Hof op 4 Oktober 2002 by wyse van ‘n dringende aansoek
genader om ‘n bevel dat die lasbriewe vir die arres
van die
applikante, wat deur tweede respondent gemagtig en uitgereik is op
Woensdag 2 Oktober 2002 tersyde gestel word, tesame met
gepaardgaande
alternatiewe regshulp, en ‘n bevel vir koste. Op gemelde dag by die
aanhoor van die aansoek is die aansoek uitgestel
tot Dinsdag 8
Oktober 2002 ten einde respondente en moontlike toetredende partye ‘n
geleentheid te gee om hulle opponerende eedsverklarings
te liasseer.
Verder is gelas dat die werking van die bestaande lasbrief wat
uitgereik is ten opsigte van die applikante, oorgehou
moet word tot
na die finalisering van die huidige aansoek.
Op
8 Oktober 2002 het eerste tot derde toetredende respondente formeel
aansoek gedoen dat magtiging aan hulle verleen word om as sulks
toe
te tree en dat magtiging ook aan hulle verleen word ten einde die
huidige aansoek ingevolge die bepalings van artikel 18(3) van
die
Insolvensiewet, Wet nr 24 van 1936, soos gewysig, te opponeer. Mnr
Wessels, wat namens applikante opgetree het, het toegegee,
na my
mening tereg, dat die mede-kuratore klaarblyklik ‘n belang het by
die huidige aansoek en nie beswaar geopper dat die aangevraagde
bevel
verleen word nie. Die nodige regsverligting is dus in hierdie verband
toegestaan en word hierinlater na die kuratore as derde,
vierde en
vyfde respondente onderskeidelik na verwys. Daar was ‘n verdere
kennisgewing van voorgenome aansoek van die likwidateurs
van die
Krion Maatskappye, aan wie die applikante uit hoofde van ‘n
piramide-skema na bewering etlike miljoene rande verskuldig
sou wees,
om ook toe te tree. Hierdie voorneme is egter laat vaar en ag ek dit
nie nodig om enigiets verder hieromtrent te sê nie.
Dit
is gemenesaak dat tydens die bereddering van die eerste applikant se
insolvente boedel die eerste respondent op 13 September 2002
kennisgewings laat uitreik het ingevolge die bepalings van artikel
152(2) van die Insolvensiewet, ten einde die applikante te beveel
om
‘n ondervraging by te woon wat belê is voor die tweede respondent
vir die 1e, 2e en 3e Oktober 2002 te die landdroshof, Heilbron.
Dit
is die applikante se saak dat, op ‘n behoorlike interpretasie van
die bepalings van artikel 152(7), gelees met artikel 65(7)
van die
Insolvensiewet, saamgelees met artikel 51(1) en (2) van die Wet op
Landdroshowe nr 32 van 1944, soos gewysig, hulle geregtig
was op
voorafbetaling van die getuiegelde soos voorgeskryf vir getuies in
siviele gedinge deur die bogemelde regulasie en wetsbepaling,
alvorens hulle verplig sou wees om die ondervraging wat deur die
voormelde kennisgewing belê is, by te woon. Dit is verder gemenesaak
dat twee tjeks ten bedrae van R36 elk aangeheg was by gemelde
kennisgewings. Dit is applikante se saak dat aangesien hierdie tjeks
gekruis was en gemerk was "nie oordraagbaar nie", hulle nie
in staat was om gemelde tjeks vir kontant te gelde te maak
nie,
aangesien hul bankrekening bevries is deur die mede-kuratore, as
gevolg van eerste applikant se voorlopige sekwestrasie. Op
advies van
hul regsverteenwoordiger het applikante nié vir die voormelde
insolvensie-ondervraging opgedaag nie, waarna tweede respondent
op
Woensdag 2 Oktober 2002 lasbriewe gemagtig het ingevolge artikel
66(1) van die Insolvensiewet, ingevolge waarvan die arres van
die
applikante gemagtig word ten einde hulle voor die tweede respondent
te bring om hulle versuim om die ondervraging ingevolge artikel
152(2) van die Insolvensiewet wat deur eerste respondent belê is vir
voormelde datums, by te woon, te verduidelik.
Dit
is ook gemenesaak dat op Dinsdag 1 Oktober 2002 die advokaat wat
namens die voorlopige kuratore optree, sonder om toe te gee dat
die
argument namens die applikant korrek is, ‘n aanbod gemaak het dat
applikante se prokureur, mnr Fourie, hulle meedeel presies
welke
koste applikante, asook ander getuies wat gemelde mnr Fourie
verteenwoordig, verlang ten einde die verrigtinge by te woon,
welke
bedrag dan in gemelde Fourie se trustrekening inbetaal sou word.
Hierdie tender is volgens applikante eers op 3 Oktober 2002
aan hulle
oorgedra deur gemelde Fourie.
Ten
opsigte die effek van gemelde statutêre bepalings, word in
SWART
EN ‘N ANDER v CRONJE EN ‘N ANDER NNO
1991(4) SA 296 (T) deur Du Plessis R op 298D-E die volgende verklaar:
"Artikel
152(7) bepaal dat die bepalings van artikel 65(7) van die
Insolvensiewet van toepassing is op persone wat in terme van
artikel
152 gedagvaar word om te verskyn met dié voorbehoud dat as die
boedel nie die gelde waarna artikel 65(7) verwys kan betaal
nie die
staat dit moet doen. Artikel 65(7) van die Insolvensiewet bepaal in
kort dat ‘n getuie in ‘n insolvensie-ondersoek geregtig
is om die
gelde wat in ‘n siviele geding in ‘n gereghof aan hom betaal sou
word te ontvang."
In
gemelde saak (bl 299D-E) word ook verwys na
RANKIN
v RANKIN
[1928] LKCA 18
;
(1909) 30 NLR
109
te 110, wat daarop neerkom dat ‘n getuie geregtig is om vooruit
in kontant vir sy redelike reis- en verblyfkoste betaal te word.
Aan
die hand van voormelde gesag, het mnr Wessels betoog dat applikante
nie alleen geregtig was op betaling nie maar dat dit vooruit
in
kontant betaalbaar moes wees. Hy het verder betoog dat daar onderskei
moet word tussen ‘n byeenkoms van skuldeisers, ingevolge
waarvan ‘n
insolvent verplig is om dit by te woon en ‘n ondervraging ingevolge
artikel 66 van die Insolvensiewet, in welke geval
sy teenwoordigheid
by wyse van ‘n dagvaarding verseker kan word. Hy het verder aan die
hand gedoen dat die byeenkoms alwaar applikante
se teenwoordigheid
verlang was, geskied het ingevolge artikel 152, saamgelees met
artikel 64 van die Insolvensiewet, en dat artikel
65(7) van gemelde
Wet nie van toepassing was. Soos hierinlater aangedui, kan betoog nie
opgaan nie.
Dit
is van belang om te let op die bepalings van die betrokke artikels.
Artikel 64 handel oor dié volgende: "
Insolvent
en ander persone moet byeenkomste van skuldeisers bywoon
",
terwyl artikel 65 spesifiek handel met
"Ondervraging
van insolvent en ander getuies"
.
Subartikel (7) lui soos volg:
"Iemand
wat gedagvaar is tot bywoning van ‘n byeenkoms van skuldeisers om
kragtens hierdie artikel ondervra te word (
behalwe
die insolvent en sy eggenote of haar eggenoot
)
is geregtig op die getuieloon (wat uit die boedel betaal moet word)
waarop hy geregtig sou wees as hy ‘n getuie was in ‘n siviele
geding in ‘n geregshof." (My beklemtoning)
Artikel
152 handel met die volgende:
"
Meester
kan kurator gelas om geskrifte of goed te oorhandig of enigeen aansê
om sekere inligtings te verstrek
."
Subartikel
(7) lui soos volg:
"Die
bepalings van subartikel (7) van artikel 65 is
mutatis
mutandis
van toepassing in
verband met ‘n ander persoon as ‘n kurator wat kragtens hierdie
artikel opgeroep is om inligtings te verstrek:
met dien verstande dat
as daar geen voldoende bate in die betrokke boedel is om die betrokke
getuieloon te betaal nie, daardie loon
deur die staat betaal moet
word."
Ten
opsigte van die betekenis van "
mutatis
mutandis
", sien
SOUTH
AFRICAN FABRICS LTD v MILLMAN, NO, AND ANOTHER
1972(4) SA 592 (A) te 600C-D;
Drietalige
Regswoordeboek
(Derde
uitgawe) deur
VG HIEMSTRA en
HL GONIN
p 231.
Insoverre
die bepalings van artikel 152(7) van die Insolvensiewet van
toepassing is, is dit van belang om daarop te let dat daarin
weereens
verwys word na artikel 65(7) van gemelde Wet. Laasgenoemde maak
voorsiening vir ‘n "getuieloon"waarop ‘n getuie
geregtig sou wees asof hy ‘n getuie in ‘n siviele geding was, met
die
uitsluiting
van die insolvent en sy of haar eggenoot. Die eerste applikant, synde
die insolvent en haar eggenoot, was dus ingevolge gemelde bepalings
nié geregtig op enige getuieloon nie. Die huidige saak is dan ook
onderskeibaar van die saak van
SWART
(
supra
)
in welke saak die voorbehoudsbepaling verwys na in artikel 65(7) glad
nie ter sprake gekom het nie. Sien ook
Mars
The Law of INSOLVENCY in South Africa
(agste
uitgawe,1988) deur
Elmarie
de la Rey
, p357 e.v.
Die
een been waarop die huidige aansoek gebaseer was, naamlik dat die
applikante geregtig was op ‘n getuieloon wat nie behoorlik
aan
hulle betaal was nie, kan dus nie gehandhaaf word nie.
Dit
blyk dat die derde tot vyfde respondente in die huidige saak, sonder
dat hulle daartoe verplig was, twee tjeks aan die applikante
gestuur
het. Die effek van die betaling van ‘n bedrag by wyse van tjek, is
van belang. In
Cowen The Law
of Negotiable Instruments in South Africa
(vyfde uitgawe) deur
Cowen
en Gering
, word op 199-200
die volgende verklaar:
"Cheques,
however, are not legal tender, with the result that a creditor is not
necessarily obliged to take a cheque in
payment of what is
owed to him, unless the parties have expressly, impliedly, or tacitly
agreed that payment may be made by cheque,
or a commercial custom
exists to that effect. Nevertheless, in practice, the proof of such
agreement or custom would often present
no difficulty."
Derde
tot vyfde respondente het egter verder gegaan en ook ‘n tender
mondelings, hierbo na verwys, asook skriftelik in die volgende
terme
aan die applikante gemaak het, naamlik "betaling van enige
verdere fooie en toelae wat deur u in die verband ge-eis en
bewys
word, word hiermee getender". In
SWART
EN ‘N ANDER v CRONJE EN ‘N ANDER
(
supra
)
word op 298H-I die volgende verklaar:
"Klaarblyklik
is gelde dus nie getender ooreenkomstig artikel 152(7) gelees met
artikel 65(7) nie. Die applikante was nie verplig
om die ondervraging
by te woon terwyl die korrekte gelde nie aan hulle getender was nie
en daar inderdaad foutiewe en laer gelde
as waarop hulle geregtig is
aan hulle getender was. Op 0hierdie grond alleen kan die lasbriewe
myns insiens tersyde gestel word."
Dit
is duidelik dat die inhoud van die huidige tender aansienlik verskil
van dié gemaak in die
SWART
-saak
(
supra
),
waar daar ‘n onvoldoende tender gemaak was. Die bedoeling van die
wetgewer in hierdie verband is duidelik, naamlik om getuies
wat
daarvoor kwalifiseer, finansieel in staat te stel om die
insolvensie-verrigtinge by te woon. Indien ek sou fouteer in my
beslissing
dat die applikante nie geregtig was op vergoeding nie, het
daar, na my mening, in elk geval ‘n behoorlike tender aan hulle
geskied.
Om hierdie rede kan die aansoek ook nie suksesvol wees nie.
Wat
koste betref, het mnr Zietsman gevra dat dit dié van twee advokate
moet insluit. Die aansoek het egter gewentel om ‘n beperkte
geskilpunt en is ek van mening dat daar nie regverdiging is om die
koste van twee advokate in hierdie omstandighede te gelas nie.
Die
koste van 4 Oktober 2002 het egter oorgestaan om later bereg te word.
Na my mening bestaan daar nie enige rede waarom die kostebevel
wat
hierin verleen word nie ook daardie koste sal insluit nie.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
1.
Die aansoek word van die hand gewys.
2.
Applikante word gelas om die koste van die aansoek, insluitende dié
van 4 Oktober 2002, te betaal gesamentlik en afsonderlik,
die een te
betaal die ander vrygestel te word.
__________________
SPB
HANCKE, R
Namens
Applikante : Adv MH Wessels, SC Bygestaan deur Adv KE Swanepoel iov
Rossouws Prokureurs
Namens
Derde tot Vyfde Respondente : Adv P Zietsman Bygestaan deur Adv JG
Gilliland iov Naudes