About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 13
|
|
Vermaas v Vermaas (2248/2002) [2002] ZAFSHC 13 (26 September 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:
2284/2002
In
die saak tussen:
FRANS
SEBASTIAN VERMAAS
Applikant
en
LYNETTE
VERMAAS
Eerste
Respondent
BALJU,
WELKOM
Tweede
Respondent
CORAM:
HATTINGH,
R
AANGEHOOR
OP:
26 SEPTEMBER 2002
UITSPRAAK
DEUR:
HATTINGH, R
GELEWER
OP:
26 SEPTEMBER 2002
EX
TEMPORE
Die
Agtergrond:
1.
Applikant is op 25 April 2002 gelas om
pendente
lite
onderhoud aan eerste
respondent en die twee minderjarige kinders te betaal.
2.
Op 7 Mei 2002 het applikant die hofbevel nagekom, en ân bedrag van
R11 000,00 aan die eerste respondent (hierna die respondent
genoem)
betaal.
3.
Op 7 Junie 2002 het applikant slegs ân bedrag van R4 220,00
onderhoud aan respondent betaal omdat:
"Respondent
..... egter versuim om in alle opsigte ân redelike en billike
bydrae ten opsigte van Mei 2002 tot die gemeenskaplike
huishouding te
maak ...."
en
dat applikant
"geregtig
was om die uitgawes wat hy ten behoewe van eerste respondent en die
twee seuns aangegaan het teenoor haar onderhoudbetaling
in
verrekening te bring."
Respondent
bevestig dat applikant ân bedrag van R4 220,00 aan haar oorbetaal
het en beweer dat sy die onderhoud vir Meimaand 2002
onder andere
aangewend het vir huishouding, die huishulp, die tuinier,
kruideniersware, asook klerasie.
4.
Na aanleiding van voormelde feite het respondent ân lasbrief vir
uitwinning vir die restant onderhoud vir Juniemaand uitgereik,
en
doen applikant nou aansoek vir ân finale bevel dat die lasbrief
opgeskort word.
Die
Regsposisie
1.
In die algemeen kan ân lasbrief vir eksekusie op aansoek tersyde
gestel word:
(a)
wanneer die skuld wat die vonnis ten grondslag lê aangeveg word op
die basis dat daar ân hangende aksie of aansoek is vir die
tersydestelling of vermindering daarvan;
(b)
wanneer daar onsekerheid bestaan oor die aard en strekking van die
vonnis;
(c)
wanneer die lasbrief nie in ooreenstemming met die vonnis is nie;
(d)
wanneer die vonnisskuld se afdwingbaarheid afhanklik is van die
beslissing van ân verdere regsvraag;
(e)
wanneer die
causa
vir die uitwinningslasbrief nie meer bestaan nie. Voorbeelde hiervan
is waar die vonnis uitgewis is deur betaling,
compensatio,
novatio, delegatio
of
cessie
(
LE
ROUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BPK EN ANDERE
1984 (42) SA 252
(T) te 257B
).
2.
Soos enige ander hofbevel moet ân onderhoudbevel noulettend
uitgevoer word en is dit finaal en afdwingbaar totdat dit gewysig
of
tersyde gestel is. (
STRIME
v STRIME
1983 (4) SA
850
(K) op 852B).
3.
ân Onderhoudbehoeftige is geregtig om ân lasbrief tot uitwinning
uit te reik ten einde agterstallige onderhoud te vorder en
rus die
bewyslas op die onderhoudspligtige om omstandighede aan te toon vir
die opskorting daarvan.
4.
Applikant fundeer sy aanspraak vir die tersydestelling van die
lasbrief op die bewering dat hy geregtig was om die uitgawes wat
hy
ten behoewe van eerste respondent en die twee seuns aangegaan het
teenoor haar onderhoudsbetaling in verrekening te bring.
5.
Mnr. Daffue, namens applikant, het betoog dat skuldvergelyking teen
die verpligting om onderhoud aan respondent te betaal ân
geldige
verweer daarstel. Dit synde die geval te wees, betoog die advokaat,
moet die uitwinningslasbrief tersyde gestel word.
6.
Die skuldverpligting om onderhoud te betaal is al beskryf as "ân
skuld
sui generis
"
en ook as ân "spesiale tipe van verpligting". (
A
F PHILIP AND CO (Pvt) LTD AND OTHERS v ADIE NO AND OTHERS
1970 (4) SA 251
(R) 257G
;
TRENGONING v TRENGONING
1914 WLD 95
op 96 en
R
v BLUNDELL
1943 TPD
146
op 150
).
7.
Die verpligting om ân sekere bedrag onderhoud te betaal word nie
verminder, of aan voldoen, vanweë die toepassing van
skuldvergelyking
deur die onderhoudspligtige nie. Ook kan die
ooreenstemmende reg om onderhoud te ontvang nie gesedeer of andersins
vervreem word
nie. Net so min kan dit geassigneer word of gedelegeer
word. Die rede daarvoor sê Didcott, R:
"The
reason is that, like the right, it has a character distinctly
personal to the individual to whom it attaches, one that tells
too
against its transmission to the estate of anybody who dies bearing
it."
(
HODGES
v COUBROUGH NO
1991
(3) SA 58
(D &CLD) 65
en die gesag daarin aangehaal).
8.
Toe applikant eensydiglik besluit het om skuldvergelyking teen
respondent se onderhoudsvordering toe te pas het hy in minagting
van
die hofbevel verkeer. Sy enigste remedie was om sy minagting te
reinig deur die hofbevel te eerbiedig en dan eers afsonderlik
verrigtinge teen respondent in te stel vir die vermindering van die
onderhoudsbedrag of vir die terugbetaling van sodanige bedrae
as wat
hy kan aantoon, respondent onregverdiglik mee verryk was.
9.
In
R v GLASSER
1944 EDL 227
sê Pittman,
RP op
233
:
"Appellant
appears to have mistaken his remedy; if he thinks that as between his
wife and himself he has paid more than his share
towards the
maintenance of their child, it is on the authority of the case
referred to by my brother,
Carstens
v De Meillon
1940 CPD
383
, open to him to approach the Court for a re-adjustment of their
position
inter se
;"
10.
Ek vereenselwig my ook met die
dictum
in
KANIS v KANIS
1974 (2) SA 606
(R.,AD) 609D
waar
verklaar word:
"...
the appellant was clearly not entitled to withhold the amounts which
he did withhold, and then claim to set-off against
arrears of
maintenance the amounts he had himself paid as described above. ....
It would be contrary to public policy and harmful
to the interests of
justice to allow the appellantâs claim of set-off to prevail."
11.
Vir bostaande redes kan die bevel
nisi
nie bekragtig word nie.
Die
bevel
:
1.
Die bevel
nisi
gedateer 27 Junie 2002 word met koste opgehef.
2.
Die verrigtinge op 12 September 2002 dra geen kostebevel nie.
G.A.
HATTINGH, R