BMW Financial Services (SA) (Pty) Ltd v Welling (6/2002) [2002] ZAFSHC 9 (22 August 2002)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Suretyship — Validity of suretyship agreement — Appellant sought to enforce a suretyship against the respondent for debts owed by Plastocarb (Pty) Ltd — Respondent contended that the suretyship did not comply with the requirements of section 6 of Act 50 of 1956, specifically that the parties' names were not present at the time of signing — Court held that the appellant failed to prove the validity of the suretyship, leading to the dismissal of the claim with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 9
|

|

BMW Financial Services (SA) (Pty) Ltd v Welling (6/2002) [2002] ZAFSHC 9 (22 August 2002)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer
: 6/2002
In
die saak tussen:
BMW
FINANCIAL SERVICES (SA) (PTY) LTD
Appellant
en
CAROLUS
FRANCISCUS WELLING
Respondent
______________________________________________________________
AANGEHOOR
DEUR:
VAN
COLLER et CILLIé RR
______________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
19
AUGUSTUS 2002
______________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé
R
______________________________________________________________
UITSPRAAK
GELEWER OP:
22
AUGUSTUS 2002
______________________________________________________________
Die
appellant in hierdie aangeleentheid kom in hoër beroep teen ‘n
bevel van absolusie van die instansie met koste wat die landdros
ten
aansien van appellant se eis teen die respondent verleen het.
Hierdie eis was gebaseer op ‘n skriftelike borgstelling ten
gunste
van die appellant wat respondent tav die skulde wat ‘n maatskappy
genaamd Plastocarb (Pty) Ltd aan die appellant verskuldig
was, gegee
het. Benewens enkele ander tans nie tersaaklike geskilpunte, het
die respondent as verweer geopper dat die borgstelling
nie voldoen
het aan die bepalings van artikel 6 van Wet 50 van 1956 nie. Die
respondent voer naamlik aan dat die name van die
partye tydens
ondertekening daarvan nie op die borgakte voorgekom het nie en later
in sy afwesigheid daarop aangebring moes gewees
het. Die geldigheid
en afdwingbaarheid van die borgakte was dus in geskil. Ten aansien
hiervan was die landdros se bevinding
dat
“
wat
voor die hof is nie genoegsaam is sodat ‘n redelike hof daarop ten
gunste van die eiser sal kan beslis en staan ek gevolglik
absolusie
toe met koste.”
Dit
is tydens die verhoor asook op appèl namens beide partye aanvaar,
en ek meen regtens korrek, dat die identiteit van die partye
daartoe
noodsaaklikhede is wat by ondertekening van die borgakte reeds
daarop moet verskyn [vgl
FOURLAMEL
(PTY) LTD v MADDISON
1977(1) SA 333 (A) op 341G-H] of onmiddellik na ondertekening deur
die borg self of in sy teenwoordigheid daarop aangebring moet
word
[vgl
JURGENS
AND OTHERS v VOLKSKAS BANK LTD
1993(1) SA 214 (A)] ten einde te voldoen aan die vereistes van
voormelde wetgewing.
Vir
soverre dit nodig mag wees word hierdie appèl ook benader op die
basis dat die bewyslas op die appellant gerus het om die geldigheid
van die borgakte te bewys [vgl
STEWART
& LLOYDS OF SA LTD v CROYDON ENGINEERING & MINING SUPPLIES
(PTY) LTD AND OTHERS
1981(1) SA 305 (W) op 309E-H] dws dat die name van die partye reeds
daarop verskyn het by ondertekening daarvan.
Ten
einde hom van hierdie las te kwyt het die appellant ene BW Alexander
as getuie geroep. Hy was tydens ondertekening van die
borgakte die
verkoopsbestuurder van ‘n motorhandelaar te Bethlehem. Die
agtergrond hiertoe blyk uit sy getuienis. Die respondent
was
naamlik ‘n direkteur van ‘n maatskappy wat ‘n voertuig by dié
motorhandelaar wou aankoop. Finansiering vir die aankoop
daarvan
was deur die koper by die appellant aangevra. Dit is egter deur die
appellant geverg dat die respondent borg moet staan
vir hierdie
verpligting van die maatskappy teenoor appellant. Die nodige
dokumente is toe aan Alexander versend wat moes toesien
tot die
ondertekening en terugversending daarvan. Dit is nodig om ten
aansien van die vraag of die identiteit van die partye daarop
aangebring was voor ondertekening daarvan, die tersaaklike gedeeltes
van Alexander se hoofgetuienis uit die oorkonde aan te haal.
Hy het
naamlik as volg getuig:
“
Kan
u enigsins onthou of daardie besonderhede op die ooreenkoms of op
die borgooreenkoms vervat was op die stadium wat u die dokumente
na
mnr Billing (
sic
)
geneem het vir ondertekening? – Nee, ek kan glad nie onthou of dit
ingevul was nie. Dit mag ingevul gewees het en dit mag ook
nie. Ek
sal onomwonde sê ek kan glad nie onthou of dit ingevul was nie, dit
was te lank terug gewees.
Afgesien
van u ervaring as verkoopsbestuurder by verskeie motorhandelaars,
het u enige ander ervaring of vantevore ‘n ander beroep
beklee? –
Ja, ek was in diens van Stannic.
Het
u voorheen enige ander professie beklee? – Rekenmeester.
Is
u vertroud met die werking van borgooreenkomste? – Ek is redelik
op hoogte daarvan, ja.
Is
u ook vertroud met die vereiste dat ‘n borgooreenkoms in alle
opsigte voltooi moet wees, terwyl dit ‘n geldige dokument
te wees?
– Ja, ek is vertroud daarmee.
Vir
hoe lank het u by Stannic gewerk? - Twee jaar.
Alvorens
u by Hochland Auto begin het? – By BMW begin het.
Het
u gedurende u loopbaan by Stannic enigsins met borgooreenkomste te
doen gehad? – Ja, dit is korrek.
Gegewe
u agtergrond as ‘n rekenmeester en u diens by Stannic en die
ervaring wat u met borgooreenkomste gehad het, sou u ‘n
blanko
dokument aan die tweede verweerder voorgelê het vir ondertekening?
– Nee, ek glo nie ek sou dit (stem verdwyn). Ek glo
nie die
kliënte sou die blanko dokument geteken het op daardie stadium nie.
Maar nee, ek kan nie, ek kan nie dink dat ek enige
blanko vorms aan
iemand voorheen gegee het om onderteken te word nie.”
(Vergelyk
p 59 reël 13 tot p 60 reël 13)
En
ook:
“
Nou
gegewe die feit dat die bladsy, die dokument op bladsy 24, die
versekeringsbevestiging slegs gedeeltelik voltooi is, sou u
sê dit
was meer of minder waarskynlik dat al daardie dokumente alreeds
voltooi was op die stadium wat mnr Welling dit onderteken
het? –
Ja, ek kan, ek sal sê dit is heel onwaarskynlik dat ek net die
helfte van die dokument sou ingevul het en dit teruggestuur
het dat
hulle die ander helfte ingevul het, want ek was bewus van wat die
onderstel- en die enjinnommer en die beskrywing van die
voertuig
was. So ek kan van die veronderstelling uitgaan dat die
dokumentasie, hierdie spesifieke dokumentasie, insurance
conformation,
wel ingevul was.”
(Vergelyk
p 63 reël 15 - 23)
En
verder:
“
Nou
gegewe u opleiding en u kennis en ervaring as rekenmeester, die
ervaring wat u opgedoen het by Stannic asook die werksaamhede
by
Hochland Auto, indien u ‘n blanko borgooreenkoms vanaf BMW Finans
ontvang het, wat sou u natuurlike reaksie daarop gewees
het? – Al
die dokumentasie wat ek gewoonlik laat teken het die kliënt die
geleentheid gehad om deur die dokumentasie te gaan
en dit te
bevraagteken, maar wat u vir my vra, is as ek ‘n blanko borgvorm
gekry het, of ek dit sal laat teken het. Ek kan nie
vir u sê ek
sou dit nie gedoen het nie of ek sou dit gedoen het nie. Dit is
ongelukkig te lank terug. Ek dink in normale praktyk
sou ek dit nie
gedoen het nie. Maar in die geval wat mnr Welling se geval is, kan
ek nie vir die Hof my sekerheid gee dat die
dokumente ingevul was
nie. Ek dink ek is onder eed en ek, ongelukkig is dit baie lank
terug. Ek sal nie kan onthou of hierdie
ding ingevul was nie, maar
normaalweg, normale praktyk, nee, ek sou nie ‘n blanko vorm laat
teken het nie.
Sou
u dit self voltooi het, veral waar u die besonderhede geken het? –
As ek die besonderhede geken het, sou ek dit self voltooi
het. Ek
is redelik deeglik wat administratiewe werk aanbetref. Soos u kan
sien met 4 punt, met die vorm in 24, alles is ingevul,
want ek weet
die belangrikheid van hierdie dokumentasie moet volledig ingevul
wees anders kan ons nie ons gelde ontvang het nie.”
(Vergelyk
p 64 reël 2 - 22)
In
kruisverhoor het Alexander as volg reageer:
“
Goed,
so dit sal ook nie u taak wees om byvoorbeeld die dokumentasie na te
gaan om te sien of dit behoorlik opgestel is nie. –
Dit sal nie my
taak wees nie, maar ek dink dit is my verantwoordelikheid om te kyk
dat - wat hulle gewoonlik gedoen het, is hulle
sit ‘n lys aan van
wat moet alles ingevul word. So ek moet nog steeds die beheer
uitoefen dat alles geteken is op die spesifieke
plekke.”
(Vergelyk
p 67 reël 4 - 10)
Asook:
“
Maar
die inligting aan die bokant op bladsy 3, dit was blanko gewees.
Nou soos wat ek u verstaan u kan dit nie regtig in geskil
plaas nie
en u wil dit ook nie in geskil plaas nie. – Ek wil nie, want ek
kan nie onthou nie en miskien die enigste ding wat
my pla op bladsy
3 is dat ons nie geparafeer het langs die deel wat ingeskryf was
nie. Dit is die enigste deel wat my kan so ‘n
bietjie twyfelagtig
maak.
Ja.
Goed, maar u kan in elk geval, u kan nie vandag aan die Hof kom sê
dit was ingevul gewees nie. – Nee.”
(Vergelyk
p 73 reël 12 - 19)
Volledigheidshalwe
moet gemeld word dat die outeur van die tersaaklike gedeelte, dws
die identiteit van die partye nie as getuie
geroep is nie en ook nie
enige getuienis aangebied is aangaande enige standaard prosedures
wat gevolg word by sulke transaksies
nie.
Alexander
se aangehaalde getuienis moet myns insiens verstaan word om in
finale instansie te kenne te gee dat hy nie kan onthou
of die
tersaaklike gedeelte van die borgakte voltooi was toe dit onderteken
is nie maar dat hy op grond van sy ervaring en sy besef
van die
belangrikheid van hierdie dokumentasie bereid is om te sê dat dit
onwaarskynlik is dat hy die respondent ‘n blanko borgakte
sou laat
teken het.
By
oorweging van ‘n aansoek om absolusie van die instansie moet die
hof hom weerhou daarvan om ‘n
prima
facie
-mening
uit te spreek aangaande die bewyswaarde of gehalte van die eiser se
getuienis. Die maatstaf wat toegepas moet word moet
daarop gerig
wees om te bepaal of die eiser se getuienis die potensiaal het vir
‘n bevinding in sy guns. Vgl
Bewysreg:
Schmidt en Rademeyer, 4de uitgawe p 91
.
In
BUILD-A-BRICK
BK EN ‘N ANDER v ESKOM
1996(1) SA 115 (O) het Hattingh R op p 122J ev dit as volg gestel:
“
Die
maatstaf wat aanwending vind by die vraag of die verweerder se
aansoek om absolusie van die instansie met sukses bekroon kan
word,
is nie of die aangevoerde getuienis ‘n antwoord verg nie, maar of
sodanige getuienis die moontlikheid van ‘n bevinding
vir die eiser
inhou; andersom gestel: of ‘n redelike Hof daarop ten gunste van
die eiser kan bevind.”
En
verder op p 123C-D:
“
Die
eiser se getuienis moet gevolglik by die absolusie stadium ‘n
redelike moontlikheid van sukses vir hom inhou en sou die Hof
onseker wees of die eiser se getuienis aan hierdie maatstaf voldoen,
behoort absolusie geweier te word. (Vergelyk
SUPREME
SERVICE STATION (1969) (PVT) LTD v FOX AND GOODRIDGE (PVT) LTD
1971(4) SA 90 (RA) op 93H en
Schmidt,
Bewysreg 3de uitgawe op 84
.)”
In
ROSHERVILLE
VEHICLE SERVICES v BLOEMFONTEIN PLAASLIKE OORGANGSRAAD
1998(2) SA 289 (O) het Olivier WR op p 293D-F die volgende uit
Schmidt
aw met goedkeuring aangehaal:
“
Die
doel van ‘n absolusie-aansoek is duidelik. Wanneer die eiser al
sy getuienis aan die Hof voorgelê het, en dit blyk dat daardie
getuienis nie die potensiaal het om ‘n bevinding in sy guns te
bewerkstellig nie, sou dit onsinnig wees om die proses te laat
voortgaan. Waarom moet die verweerder hom verset teen ‘n saak wat
hom nie bedreig nie? Die maatstaf wat vir die aansoek gebruik
word,
moet dus daarop gerig wees om te bepaal of die eiser se getuienis
die potensiaal vir ‘n bevinding in sy guns het. Aldus
Schmidt
Bewysreg (1989) op 83
.
Die
maatstaf is dus ‘n rapsie laer as die van ‘n
prima
facie
-saak:
die getuienis hoef nie ‘n antwoord te verg (`call for an answer’)
nie. Nogtans moet dit egter die moontlikheid van ‘n
bevinding vir
die eiser inhou: ‘n redelike hof moet daarop ten gunste van die
eiser
kan
bevind, aldus
Schmidt
(
supra
op 84). Sien ook
RUTO
FLOUR MILLS (PTY) LTD v ADELSON (2)
1958(4) SA 307 (T) op 309D-F; sien ook
ALLI
v DE LIRA
1973(4) SA 635 (T) op 638C en vgl
GANDY
v MAKHANYA
1974(4) SA 853 (N).”
Die
hierbo aangehaalde gedeeltes van Alexander se getuienis het myns
insiens tog die potensiaal om tot ‘n bevinding in die guns
van die
appellant te lei. Dit is wel so dat Alexander se getuienis verstaan
kan word as dat hy nie ernstig met iemand sal twis
wat kom getuig
dat die tersaaklike gedeelte voor ondertekening nie voltooi was nie.
Dit beteken egter nie dat die aansoek om absolusie
oorweeg moet
word asof daar reeds sulke getuienis is nie. Indien die appellant
volstaan het deur bloot op die borgakte self as
bewys van sy saak te
steun, kon dit myns insiens al voldoende wees om ‘n aansoek om
absolusie af te weer. Deur die getuienis
van Alexander aan te bied
kan die appellant nie in ‘n swakker posisie as dit wees nie. Die
gemak waarmee Alexander se getuienis
weerlê sou kon word deur
getuienis namens die respondent is nie ‘n faktor wat by
absolusie-stadium in ag geneem behoort te word
nie. Indien die
respondent egter nie antwoord op Alexander se getuienis nie sou ‘n
redelike hof ten gunste van die appellant
kon beslis.
Vir
gemelde redes moet die appèl dus gehandhaaf word.
Die
volgende bevel word gevolglik gemaak:
Die
appèl slaag met koste.
Die
landdros se bevel van absolusie van die instansie met koste word
tersyde gestel en vervang met een wat die aansoek om absolusie
afwys.
Die
saak word na die landdros terugverwys om voort te gaan met die
verhoor.
__________________
CB
CILLIé, R
EK
STEM SAAM:
__________________
AP
VAN COLLER, R
Namens
Appellant
: Adv
M Möller
Iov
Slabbert
Prokureurs Ing
Namens
Respondent : Adv A Lamprecht
Iov
Schoeman,
Maree Ing
/Jacobs