Assosiasie van WelsynorRganisasiesen Organisasies Sonder Winsoogmerk v Lur vir Maatskaplike Ontwikkeling van die Provinsie Vrystaat and Another (1843/2002) [2002] ZAFSHC 8 (7 August 2002)

65 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Administrative Law — Subsidies — Termination of financial awards to welfare organizations — Applicant sought to review and set aside the respondents' decision to cease subsidy payments — Respondents argued that the cessation was due to the applicant's refusal to sign required service level agreements — Court held that the respondents acted within their statutory authority and that the applicant's legitimate expectation was not sufficient to compel the payment of subsidies without compliance with the contractual requirements.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 8
|

|

Assosiasie van WelsynorRganisasiesen Organisasies Sonder Winsoogmerk v Lur vir Maatskaplike Ontwikkeling van die Provinsie Vrystaat and Another (1843/2002) [2002] ZAFSHC 8 (7 August 2002)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknr
: 1843/2002
In
die aansoek tussen:
ASSOSIASIE
VAN WELSYNSORGANISASIES
EN
ORGANISASIES SONDER WINSOOGMERK
Applikant
en
DIE
LUR VIR MAATSKAPLIKE ONTWIKKELING
VAN
DIE PROVINSIE VRYSTAAT
Eerste
Respondent
DIE
DEPARTEMENTSHOOF VAN DIE DEPARTEMENT
MAATSKAPLIKE
ONTWIKKELING, PROVINSIE VRYSTAAT
Tweede
Respondent
_____________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
25
JULIE 2002
_____________________________________________________________
AANGEHOOR
DEUR:
HANCKE
R
_____________________________________________________________
GELEWER
OP:
7
AUGUSTUS 2002
_____________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE
R
_____________________________________________________________
Applikant
doen aansoek om ‘n bevel, onder andere, met die volgende strekking:
(a) Dat
die administratiewe optrede van die respondente om die betaling van
subsidies aan die lede van die applikant sedert 1 April
2002 te
staak, hersien, vernietig en tersyde gestel word;
alternatiewelik
dat verklaar word dat die respondente nie geregtig is om die
ondertekening van kontrakte as voorvereiste te stel vir die
uitbetaling
van subsidies aan welsynsorganisasies nie en nie
geregtig is om ‘n voorwaarde te stel soos wat vervat is in
klousule 5.16 van
aanhangsel “WJB13" tot die funderende
eedsverklaring nie;
(b) Dat
respondente gelas word om, teen lewering van die toepaslike
sertifikaat in terme van die bepalings van artikel 38(1)(j)
van Wet
1 van 1999, aan die lede van die applikant soos uiteengesit op
aanhangsel “WJB2" die subsidies te betaal wat reeds
goedgekeur is ten aansien van elke sodanige lid vir die fiskale jaar
2002/2003;
alternatiewelik
om voort te gaan met betaling van dieselfde maandelikse bedrae ten
aansien van subsidies as wat vir die fiskale jaar 2001/2002
aan elke
sodanige lid betaal is.
Daar
is ook ander regshulp vervat in die kennisgewing van mosie, maar het
mnr Raath, advokaat namens applikant, te kenne gegee dat
hy nie
langer daarvoor vra nie.
Mnr
Van der Merwe, advokaat namens die respondente, het by die aanvang
van die verrigtinge dit op rekord geplaas dat die respondente
tender
om die bepalings van klousule 5.16 van die ooreenkoms terug te trek,
ten einde applikant in staat te stel om die balans
van die
ooreenkoms te onderteken. In wese kom mnr Van der Merwe se betoog
daarop neer, indien ek hom korrek verstaan het, dat
die Wet op
Maatskaplike Bystand, nr 59 van 1992 voorsiening daarvoor maak dat
die eerste respondent finansiële toekennings aan
sekere
organisasies kon maak, onderhewig aan sekere terme en/of
voorwaardes. Hy het verder betoog dat daar geen spesifieke besluit
of resolusie was wat aanleiding gegee het tot die administratiewe
optrede nie. Hy het ook aangevoer dat die eerste respondent
in die
algemeen statutêr gemagtig was om uitbetalings te maak onderhewig
aan die nakoming van sekere voorwaardes, insluitende
die voorwaardes
vervat in die voorgestelde kontrak.
Ten
opsigte van die alternatiewe regshulp, het hy aangevoer dat
applikant sy aanspraak baseer op ‘n legitieme verwagting
(“legitimate
expectation”) dat die kontrak nie geimplimenteer
sou word alvorens verdere onderhandelinge plaasvind nie en dat die
ooreenkoms
waarop die legitieme verwagting gebaseer sou wees,
ernstig betwis word deur die respondente, welke feitegeskil nie op
die stukke
besleg kan word nie. In die lig van die eerste
respondent se aanduiding dat verdere onderhandelinge kan plaasvind,
het hy aan
die hand gedoen dat ‘n verklarende bevel ten opsigte
van die afdwingbaarheid van klousule 5.16 onvanpas en onnodig is.
Ten opsigte
van die inmenging van die eerste respondent se
diskresie, het hy daarop gewys dat ‘n hof nie ligtelik daarmee sal
inmeng, selfs
al sou dit daarmee verskil.
DURBSINVEST
(PTY) LTD v TOWN AND REGIONAL PLANNING COMMISSION, KWAZULU-NATAL,
AND OTHERS
2000(4) SA 103 (N) te 107H.
Applikant
in hierdie saak verteenwoordig verskeie welsynsorganisasies wat
kragtens artikel 13(1) van die Nasionale Welsynswet, 1978
(Wet nr
100 van 1978) geregistreer is,of organisasies wat nie so
geregistreer is nie wat dan maatskaplike welsynsdienste sonder
winsoogmerk lewer, soos gedefinieer in artikel 1 van die Wet op
Maatskaplike Bystand, Nr 59 van 1992 (soos gewysig).
Dit
is gemenesaak dat die lede van die applikant sowat 1 700
maatskaplike en ander werknemers in diens het en in die afgelope
fiskale
jaar welsynsdienste en sogenaamde “statutêre dienste”
gelewer het aan ongeveer 100 000 inwoners van die Vrystaat, waarvan

verreweg die oorgrote meerderheid uit die voorheen benadeelde
gemeenskappe is. Elkeen van die lede van die applikant het
finansiële
toekennings (“financial awards”) vanaf die
respondente ontvang vir die verrigting van welsynsdienste tot en met
31 Maart 2002,
betaalbaar voor/op 21 April 2002, op welke datum die
respondente betaling van sodanige subsidies gestaak het.
Applikant
steun daarop dat, volgens bestaande praktyk oor etlike dekades heen,
hierdie subsidies maandeliks betaalbaar was voor
of op die 21ste dag
van elke maand gedurende die loop van elke fiskale jaar. Eerste
respondent antwoord hierop soos volg:
“
By
reason of the refusal by the members of applicant to enter into the
required service level agreements with second respondent,
payment of
financial awards for the fiscal year 1 April 2002 until 31 March
2003 were not made. ..... It is also by reason of
the aforegoing
not correct or true to state that financial awards for the months of
April and May 2002 were already payable by
date of launching of the
application.”
Later
verklaar sy:
“
In
terms of this agreement (“WJB13") the Department undertakes
to transfer in the financial year 2002/2003 a fixed amount
for
stated purposes, which amount will be paid in
twelve
monthly payments from 30 April 2002
.”
(My
beklemtoning)
Die
omvang van die welsynsdienste waarby applikant se lede betrokke is,
blyk uit die feit dat 4 van die 6 kinderhuise in die Vrystaat
(40%
van hierdie kinders onder 18 jaar), uit voorheen benadeelde
gemeenskappe is; 519 van die kinders wat deur die NG Maatskaplike
Dienste (hierinlater na verwys as “NGMD”) versorg word, is
kinders wat deur howe onder verskillende statutêre bepalings vir
versorging na kinderhuise verwys is. Verder blyk dit dat 96 kinders
deur die NGMD in verskeie jeugsentrums versorg word, almal
waarvan
deur howe na hierdie sentra verwys is. Daar is ook ‘n tehuis vir
ongehude moeders. Die NGMD en Oranje Vrouevereniging
(afgekort as
“OVV”) bedryf gesamentlik 31 ouetehuise.
Die
NGMD en OVV bedryf gesamentlik 30 gemeenskapsprojekte vir bejaardes,
asook 33 sub-ekonomiese behuisingskemas vir bejaardes.
Die OVV
bedryf 10 preprimêre skole met altesame 595 kinders, 11 speelgroepe
met 476 kinders, ‘n versorgingsoord vir 14 kinders,
en 2 naskoolse
studentesentrums met 44 kinders. Dit is bloot ‘n aanduiding van
die omvang van die welsynsdienste wat deur lede
van die applikant
verskaf word. Dit blyk dat die primêre bron van befondsing van
hierdie verenigings bestaan uit vrywilligers
wat byvoorbeeld
pannekoeke en koeksisters bak en dit verkoop, terwyl die balans
verkry word deur subsidies vanaf die Staat wat
sowat
1
/
3
van die jaarlikse begroting uitmaak.
In
applikant se funderende eedsverklaring word beweer dat lede van die
applikant hulle aansoeke om finansiële bystand ingedien
het voor of
op 15 Januarie 2002. Sommige van die lede het gedurende Februarie
kennis gekry van die toestaan van die subsidies,
en andere gedurende
Maart 2002. Die nodige fondse vir die finansiële toekennings aan
lede van die applikant was alreeds begroot
en goedgekeur gewees.
Daarna, ongeveer aan die begin van April 2002, is die kontrak aan
lede van die applikant gestuur waarteen
die applikant huidiglik
beswaar maak. Die brief wat dit vergesel het, is ongedateerd maar
lui in die laaste paragraaf soos volg:
“
Please
peruse the document, sign it if you agree and return it to your
Departmental provincial office not later than 9 April 2002.
Should
you need a discussion on this document a date can be made with the
provincial offices’ officials.”
Applikant
beweer dat soortgelyke briewe eers op 10 April 2002 deur van sy lede
ontvang is met die versoek dat dit teen 14 April
2002 aan die
respondent teruggestuur moes word. Daarna het applikant ‘n skrywe
gedateer 18 April 2002 aan respondente gerig,
as gevolg waarvan ‘n
samespreking plaasgevind het op 17 April 2002, waarna tweede
respondent te kenne sou gegee het dat sekere
aspekte, spesifiek die
transformasie-eise ten opsigte van die samestelling van beheerrade,
ononderhandelbaar is. ‘n Verdere
skrywe is deur die applikant op
24 April 2002 aan die respondente gerig, wat onder andere lui:
“
The
committee would like to discuss the contents of the said Memorandum
with you, and to await your feedback for an appointment
in this
regard.”
Geen
reaksie is ten opsigte van hierdie skrywe ontvang nie. Verdere
korrespondensie gerig aan die Premier het egter niks opgelewer
nie.
Dit is gemenesaak dat subsidies vanaf die respondente betaalbaar aan
applikante, betaal was tot en met 31 Maart 2002, op
welke datum
respondente betaling daarvan gestaak het. Betalings wat daarna
geskied het, is ingevolge ‘n tydelike skikking tussen
die partye,
sonder benadeling van die respondente se regte daartoe.
Voorafgaande
die bogemelde optrede, blyk dit dat die respondente op ‘n stadium
diensspesifikasies (“service specifications”)
aan lede van die
applikant versprei het, welke dokumentasie deel vorm van die stukke.
Na aanleiding hiervan is daar onderhandelinge
tussen die partye
gevoer op 31 Oktober 2001. Na aanleiding van notas wat deur ‘n
senior amptenaar van die respondente, dr Sampson,
gemaak is, word
onder andere die volgende genotuleer:
“
The
Forum also voiced their concern regarding unilateral decisions,
which are made by the Department, ie, the work specifications.

Moving services from one community or town to another is not a
simple matter. New donors need to be found and the interests of
the
staff must also be kept in mind. Job security of personnel in the
private sector. Labour is a serious issue and this aspect
need to
be addressed. Ms Sempi said that the Department cannot ensure job
security,
but
can ensure the organisations that funding will not be terminated
unilaterally
.”
(My
onderstreping)
Onder
die opskrif “
Other
issues of concern discussed
”
word onder andere na die volgende verwys:
“
The
partnership in general between the private sector and the Department
which is at present not on an equal basis. Consultation
between the
two is very limited and the Forum is of the opinion that they can be
of help in drawing up plans for future transformation
that will
benefit everybody.”
Op
die volgende bladsy van dieselfde dokument is die volgende
genotuleer:
“
The
proposal was accepted that on a long-term basis attention be given
to spelling out the principles on which the partnership should
be
based, the rights and responsibilities of each partner and ways and
means to improve communication between the partners.”
Verder
van belang is ‘n kantoormemorandum van 6 November 2001 geskryf
deur dr Sampson waarin daar onder andere verwys word na
die volgende
aspek wat aangespreek moet word:
“
The
relationship between the various stake holders in the field of
social welfare and in particular the rights and responsibilities
of
each partner and ways and means to improve communication between the
partners.”
Later
word na die volgende verwys:
“
It
is important that there is a place for all the dreams of the various
partners as each and every partner is equally important.
In order
to do this it is necessary to formalise the partnership and this
must be seen as a priority, but also to build the partnership
in
such a way that attitudes are positively changed.”
Onder
die opskrif “PROPOSAL” word onder andere die volgende gemeld:
“
3. The
Department should create a possibility of a strategic team to be
established which is representative of all communities and
role-players in the social welfare field.
This
strategic team should through the means of a `bosberaad’ and
objective strategic planning, develop an operational
plan for
the Free State in which the objectives of both the Department
and the private sector are encompassed. .....
This
process should take no longer than 6 months starting in
mid-January 2002.
This
joint operational plan should be communicated to all the
relevant role-players by the end of September so that its
objectives and priorities are encompassed in the
service/business plans for the financial year 2003/04 of the
role-
players.”
In
paragraaf 5 van dieselfde memorandum word die volgende verklaar:
“
This
objective should have a specific time frame so that once the joint
operational plan for the Free State is available in September
2002,
each organisation will know what they need to do and a platform for
closer co-operation has already been established.”
Mnr
Van der Merwe het in hierdie verband betoog dat hier nie sprake kan
wees van ‘n legitieme verwagting, aangesien dit, soos
hierbo
aangetoon, onderhewig sou wees aan die bestaan van ‘n ernstige
feitedispuut wat nie op die stukke besleg kan word nie.
Dit blyk
egter dat applikant die bewering maak in sy funderende
eedsverklaring dat daar ‘n ooreenkoms bereik was op of omtrent
31
Oktober 2001, in terme waarvan daar ‘n proses van onderhandelinge
sou wees met as mikpunt September 2002, ten einde konsensus
te
bereik oor voorwaardes wat opgelê kan en behoort te word by die
toekenning van subsidies, en dat daar as gevolg hiervan ‘n
duidelike verwagting geskep is dat geen voorwaarde of term gestel
sou word vir die toekenning van subsidies vir die huidige fiskale
jaar nie. In hierdie verband antwoord die eerste respondent soos
volg:
“
No
agreement as alleged was entered into and therefore there is no
basis for the alleged expectation and in this regard I refer
to what
follows hereinafter.”
In
die lig van die dekadelange praktyk van gereelde betalings deur die
Departement aan applikant se lede in die verlede, die langtermyn
geaardheid van welsynsdienste met die vereistes van kontinuïteit
wat daaraan gekoppel is tesame met die versekering van amptenare
van
die Departement dat fondse nie eensydig beëindig sal word nie, bied
dit na my mening, voldoende basis vir die aanwending van
die
leerstuk van legitieme verwagting.
MINISTER
OF JUSTICE, TRANSKEI v GEMI
1994(3) SA 28 (TkA) te 32.
ADMINISTRATOR,
TRANSVAAL AND OTHERS v TRAUB AND OTHERS
1989(4) SA 731 (A) te 761E ev.
Soos
hierbo aangetoon, word daar ook verwys, deur amptenare van die
Departement, na die regte en verpligtinge van vennote wat

klaarblyklik insluit die regte en verpligtinge van applikant se lede
as deelnemers van hierdie “vennootskap”. Dit volg dat
respondente nie eensydiglik, sonder dat applikant ‘n behoorlike
geleentheid gegun was om aangehoor te word, ‘n verandering
aan die
regte en verpligtinge van applikant se lede kan aanbring deur
eensydige afdwinging van voorwaardes wat nie betyds en vooraf
behoorlik onderhandel is nie.
Die
vraag ontstaan of die inwerkingtreding van die Grondwet, Wet 108 van
1996 enigsins ‘n wysiging van die gemenreg daarstel.
Mnr Van der
Merwe het in hierdie verband verwys na
PHARMACEUTICAL
MANUFACTURERS ASSOCIATION OF SA AND ANOTHER: IN RE EX PARTE
PRESIDENT OF THE RSA AND OTHERS
2000(2) SA 674 (CC) waar Chaskalson, P op 692F-G die volgende
verklaar:
“
Since
the adoption of the interim Constitution such control has been
regulated by the Constitution which contains express provisions
dealing with these matters. The common-law principles that
previously provided the grounds for judicial review of public power
have been subsumed under the Constitution and, insofar as they might
continue to be relevant to judicial review, they gain their
force
from the Constitution. In the judicial review of public power, the
two are intertwined and do not constitute separate concepts.”
Op
708D-F word soos volg voortgegaan:
“
It
is a requirement of the rule of law that the exercise of public
power by the Executive and other functionaries should not be
arbitrary. Decisions must be rationally related to the purpose for
which the power was given, otherwise they are in effect arbitrary
and inconsistent with this requirement. It follows that in order to
pass constitutional scrutiny the exercise of public power
by the
Executive and other functionaries must, at least, comply with this
requirement. If it does not, it falls short of the standards
demanded by our Constitution for such action.”
Artikel
33(1) van die Grondwet nr 108 van 1996 lui dat:
“
Elkeen
het die reg op administratiewe optrede wat regmatig, redelik en
prosedureel billik is.”
In
hierdie verband verklaar die Grondwethof in
PRESIDENT
OF THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AND OTHERS v SOUTH AFRICAN FOOTBALL
UNION AND OTHERS
2000(1) SA 1 (CC) op 65A-C die volgende:
“
Although
the right to just administrative action was entrenched in our
Constitution in recognition of the importance of the common
law
governing administrative review, it is not correct to see s 33 as a
mere codification of common-law principles. The right
to just
administrative action is now entrenched as a constitutional control
over the exercise of power. Principles previously
established by
the common law will be important, though not necessarily decisive,
in determining not only the scope of s 33, but
also its content.
The
principal function of s 33 is to regulate conduct of the public
administration and, in particular,
to
ensure that where action taken by the administration affects or
threatens individuals, the procedures followed comply with the
constitutional standards of administrative justice
.
These standards will, of course, be informed by the common-law
principles developed over decades.”
(My
beklemtoning)
Ten
opsigte van die funksie van die howe in hierdie verband, word in
MINISTER
OF HEALTH EN ANDERE v TREATMENT ACTION CAMPAIGN EN ANDERE
(ongerapporteerde beslissing van die Grondwethof beslis of 5 Julie
2002 onder saak nr CCT 8/02) teenoor para [99] die volgende
verklaar:
“
The
primary duty of courts is to the Constitution and the law, `which
they must apply impartially and without fear, favour or prejudice’.
The Constitution requires the State to `respect, protect, promote,
and fulfill the rights in the Bill of Rights’ where State
policy
is challenged as inconsistent with the Constitution, the courts have
to consider whether in formulating and implementing
such policy the
State has given effect to its constitutional obligations. If it
should hold in any given case that the State has
failed to do so, it
is obliged by the Constitution to say so. Insofar as that
constitutes an intrusion into the domain of the
executive, that is
an intrusion mandated by the constitution itself.”
Sien
ook artikels 133(3) en 165(2) van die Grondwet.
Die
eerste respondent se optrede, naamlik om die betaling van finansiële
toekennings aan lede van die applikant te staak terwyl
onderhandelinge tussen die partye nog aan die gang was, en selfs ‘n
“bosberaad” vir September 2002 in die vooruitsig te stel
was, na
my mening, onverantwoordelik en onredelik gewees. Lede van die
applikant lewer noodsaaklike maatskaplike dienste aan sowat
100 000
inwoners van die Vrystaat, die meeste waarvan uit die voorheen
benadeelde gemeenskappe, wat insluit bejaardes, jong kinders,
noodlydendes en hulpbehoewendes. Op die respondente se eie
weergawe is die Departement nie in staat om al die dienste te lewer
nie. Lede van die applikant lewer van hierdie dienste namens die
respondente, wie eintlik verplig is om dit te doen. Subsidies
afkomstig van die Staat beloop sowat
1
/
3
van die lede se jaarlikse begroting. Die staking van betaling moes
noodwendig ‘n ontwrigting van die werksaamhede van die
welsynsorganisasies
tot gevolg gehad het, met nadelige gevolge vir
die hulpbehoewendes en ander persone hierbo na verwys.
Eerste
respondent se optrede in hierdie omstandighede voldoen, na my
mening, nie aan die standaarde van administratiewe geregtigheid
nie,
soos vereis deur die Grondwet nie.
PRESIDENT
VAN DIE RSA
supra
te 65C.
PERMANENT
SECRETARY, DEPARTMENT OF WELFARE, EASTERN CAPE, AND ANOTHER v NGXUZA
AND OTHERS
2001(4) SA 1184 (HHA) te 1197C-F.
Dit
is ook van belang om te let op die bepalings van die Promotion of
Administrative Justice Act, nr 3 van 2000 wat egter nié

gemeenregtelike hersiening uitskakel nie.
METCASH
TRADING LTD v COMMISSIONER, SOUTH AFRICAN REVENUE SERVICE, AND
ANOTHER
2001(1) SA 1109 (CC) te 1130 para [33]. Gemelde Wet omskryf ‘n
“beslissing”, soos volg:
“
`decision’
means any decision of an administrative nature made, proposed to be
made, or required to be made, as the case may be, under an
empowering provision, including a decision relating to -
(a) making,
suspending, revoking or refusing to make an order, award or
determination;
(b) giving,
suspending, revoking or refusing to give a certificate, direction,
approval, consent of permission;
(c) issuing,
suspending, revoking or refusing to issue a licence, authority or
other instrument;
(d) imposing
a condition or restriction;
(e) making
a declaration, demand or requirement;
(f) retaining,
or refusing to deliver up, an article; or
(g) doing
or refusing to do any other act or thing of an administrative
nature, and a reference to a failure to take a decision
must be
construed accordingly.”
Daar
bestaan, na my mening, geen twyfel dat eerste respondent se optrede
hieronder tuisgebring kan word nie.
Die
volgende artikel is ook van belang:
“
3.
Procedurally
fair administrative action affecting any person.
-
(1) Administrative action which materially and adversely affects the
rights or legitimate expectations of any person must be procedurally
fair.
(2)(a)
A fair administrative procedure depends on the circumstances of
each case.
(b) In order to give effect to the right to procedurally fair
administrative action, an administrator, subject to subsection
(4),
must give a person referred to in subsection (1) -
(i) adequate
notice of the nature and purpose of the proposed administrative
action;
(ii) a
reasonable opportunity to make representations;
(iii) a
clear statement of the administrative action;
(iv) adequate
notice of any right of review or internal appeal, where applicable;
and
(v) adequate
notice of the right to request reasons in terms of section 5.
.....
(4)(a) If
it is reasonable and justifiable in the circumstances, an
administrator may depart from any of the requirements referred
to in
subsection (2).
(b) In determining whether a departure as contemplated in
paragraph (1) is reasonable and justifiable, an administrator must
take into account all relevant factors, including -
(i) the
objects of the empowering provision;
(ii) the
nature and purpose of, and the need to take, the administrative
action;
(iii) the
likely effect of the administrative action;
(iv) the
urgency of taking the administrative action or the urgency of the
matter; and
(v) the
need to promote an efficient administration and good governance.
(5) Where
an administrator is empowered by any empowering provision to follow
a procedure which is fair but different from the provisions
of
subsection (2), the administrator may act in accordance with that
different procedure.”
Dit
is van belang dat hierdie artikel van toepassing is ten opsigte van
die aantasting van regte én legitieme verwagtinge van ‘n
persoon,
of persone. In
DU
PREEZ AND ANOTHER v TRUTH AND RECONCILIATION COMMISSION
1997(3) SA 204 (A) verklaar Corbett, HR op 231G-H die volgende:
“
The
audi
principle is but one facet, albeit an important one, of the general
requirement of natural justice that in the circumstances postulated
the public official or body concerned must act fairly. (Compare the
remarks of Farlam J in
VAN
HUYSSTEEN AND OTHERS NNO v MINISTER OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS AND
TOURISM AND OTHERS
1996(1) SA 283 (C) at 304A-305D.) The duty to act fairly, however,
is concerned only with the
manner
in which decisions are taken: it does not relate to whether the
decision itself is fair or not (
TRAUB
’s
case
supra
at 758H-I).”
(My
beklemtoning)
In
DOODY
v SECRETARY OF STATE FOR THE HOME DEPARTMENT AND OTHER APPEALS
[1993] 3 All ER 92
(HL), ‘n beslissing waarna verwys is in
voornoemde beslissing, word 106d-h onder andere die volgende
verklaar:
“
Where
an Act of Parliament confers an administrative power there is a
presumption that it will be exercised in a manner which is
fair in
all the circumstances ..... Fairness will very often require that a
person who may be adversely affected by the decision
will have an
opportunity to make representations on his own behalf either before
the decision is taken with a view to producing
a favourable result,
or after it is taken, with a view to procuring its modification, or
both.”
Dit
is duidelik uit die stukke dat daar onvoldoende kennisgewing was van
respondente se voorgenome optrede (artikel 3(2)(i) van
voormelde
Wet), sonder dat lede van die applikant ‘n redelike geleentheid
gehad het om ‘n voorlegging te maak (artikel 3(2)(b)(ii)
van
gemelde Wet). Gevolglik is die prosedure wat deur respondente
gevolg het onredelik en onbillik en in belang van geregtigheid
om
dit tersyde te stel ingevolge die bepalings van artikel 6(2)(c) van
gemelde Wet.
Die
vraag ontstaan of die tender van die respondent om afstand te doen
van die bepalings van klousule 5.16 van die kontrak, enige
effek het
ten opsigte van die uitkoms van hierdie saak. In die lig van die
feit dat applikant ook besware geopper het ten opsigte
van ander
bepalings van hierdie kontrak, asook die prosedure wat gevolg is
deur die eerste respondent hierin, is ek van mening
dat dit nie die
saak enigsins beïnvloed nie.
Die
vraag is of die verlening van ‘n verklarende bevel onvanpas en
onnodig is, in die lig van mnr Van der Merwe se betoog dat
eerste
respondent aangedui het dat verdere onderhandelinge nog kan
plaasvind? Dit blyk egter dat die applikant se bewerings dat
werknemers van die respondente op 2 April 2002 aan lede van die
applikant aangedui het dat die betrokke kontrak ONONDERHANDELBAAR
is, deur die eerste respondent erken word. Indien eerste respondent
van plan was om (
a
)
nie die kontrak gedurende die huidige finansiële jaar te
implementeer nie, en (
b
)
verder te onderhandel, waarom word betalings aan lede van die
applikant summier vir die huidige finansiële jaar opgeskort?

Eerste respondent verklaar self dat die betalings nie gemaak was as
gevolg van die weiering van die applikant se lede om die kontrakte
te onderteken. Hoe lank moes die applikant nou wag alvorens hy die
hof nader om regshulp? In die huidige saak was daar ‘n dispuut
tussen die partye of eerste respondent geregtig was om in die
betrokke omstandighede betaling te weerhou, en was applikant
geregtig
om die hof te nader ter beregting van hierdie geskil die
oomblik toe dit ontstaan het.
COMPAGNIE
INTERAFRICAINE DE TRAVAUX v SOUTH AFRICAN TRANSPORT SERVICES AND
OTHERS
,
1991(4) SA 217 (A) te 230I-231C;
NAPTOSA
AND OTHERS v MINISTER OF EDUCATION, WESTERN CAPE, AND OTHERS
2001(2) SA 112 (K) te 125A-E.
Mnr
Raath het namens die applikant betoog dat eerste respondent statutêr
nie gemagtig was om aan te dring op die ondertekening
van die
betrokke kontrak in sy huidige vorm, as synde ‘n voorvereiste vir
die uitbetaling van subsidies nie. Mnr Van der Merwe
het namens die
respondente daarop gewys, na my mening tereg, dat vir doeleindes van
goeie administrasie en bestuur, finansiële
toekennings ingevolge
artikel 5 van die Wet op Maatskaplike Pensioene, Wet 59 van 1992
betaling in beginsel onderhewig gestel kan
word aan die nakoming van
sekere voorskrifte. Dit blyk duidelik uit die stukke dat van die
vereistes wat eerste respondent stel
ernstige probleme vir lede van
die applikant kan inhou om dit sonder meer te implementeer.
Alhoewel dit voorkom asof hierdie optrede
ongemagtig was ingevolge
bestaande wetgewing, is dit in die lig van die slotsom waartoe ek
geraak het, nie nodig om met hierdie
aspek, asook die ander
submissies gemaak namens die applikant se advokaat, te handel nie.
Die
enigste oorblywende vraag is wat ‘n gepaste bevel sal wees. In
die lig van die feite van die saak is ek van mening dat hierdie
Hof
geregtig is om die besluit van die eerste respondent te vernietig en
te vervang met ‘n besluit waarkragtens die Hof sy diskresie
in die
plek van die eerste respondent plaas en gelas dat toekennings gemaak
moet word sonder die voorgestelde voorwaardes. Artikel
8 van Wet nr
3 van 2000;
PREMIER,
MPUMALANGA AND ANOTHER v EXECUTIVE COMMITTEE, ASSOCIATION OF
STATE-AIDED SCHOOLS, EASTERN TRANSVAAL
1999(2) SA 91 (CC) te 113C-I;
DOUGLAS
HoëRSKOOL EN ‘N ANDER v PREMIER, NOORD-KAAP, EN ANDERE
1999(4) SA 1131 (NK) te 1148C-1149B.
Ten
opsigte van koste het mnr Raath gevra dat ‘n bestraffende
kostebevel verleen behoort te word. Alhoewel eerste respondent
se
optrede, na my mening onredelik en onverantwoordelik was, is ek van
mening dat die omstandighede van die saak nie ‘n spesiale
kostebevel regverdig nie. In die lig van die voorgaande is die
applikant geregtig om die verlening van die regshulp hieronder
uiteengesit. Die partye se regsverteenwoordigers was dit
ad
idem
dat die suksesvolle party geregtig is op die koste van twee
advokate.
Ten
slotte wil ek sekere opmerkings maak wat nie op die meriete
betrekking het nie. Die litigerende partye hiertoe is
interafhanklik
van mekaar om noodsaaklike welsynsdienste aan daardie
deel van die bevolking te lewer wat kwesbaar en afhanklik is van
andere se
hulp, soos jong kinders en ou mense sonder heenkome,
gestremdes en ander hulpbehoewendes.
Die
verantwoordelikheid om hierdie dienste te lewer is primêr die
eerste respondent s’n, via die Staatsmasjinerie. Volgens eie
erkenning beskik die Departement tans nie oor daardie vermoë nie.
Eerste respondent het dus lede van die applikant se arbeid,
kundigheid en ywer nodig om haar by te staan om die Staat se sosiale
verantwoordelikhede teenoor hierdie mense na te kom. Aan
die ander
kant benodig lede van die applikant finansiële toekennings van die
Staat om noodsaaklike welsynsdienste te lewer. Die
verwysing in die
stukke dat hulle “vennote” is, is dus baie gepas.
Om
te verseker dat die maatskaplike dienste in die Vrystaat op ‘n hoë
peil bly, is goeie samewerking tussen lede van die applikant
en die
eerste respondent van deurslaggewende belang. Die saak wat die
partye dien is nie alleen edel nie, maar groter as die individue
wat
daarby betrokke is.
Die
vorige bedeling het ook blykens die stukke ongelykhede tot gevolg
gehad. So blyk dit dat van die 31 ouetehuise alhier ter sprake,
daar slegs 11 swart bejaardes is wat huidiglik van hierdie dienste
gebruik maak. Duidelik is daar ruimte vir transformasie, maar
dan
moet dit nié gepaard gaan met ‘n verlaging van standaarde as
gevolg waarvan die kwesbare deel van die bevolking wat dit
die
minste kan bekostig, daaronder ly nie. Daar rus dus ‘n dure plig
op die partye om die bestaande probleme oordeelkundig en
verantwoordelik aan te pak en te alle tye sensitief, en met
wedersydse respek, teenoor mekaar op te tree. Verder, indien die

partye gereeld en sinvol met mekaar kommunikeer en behoorlik
onderhandel, kan die bestaande struikelblokke uit die weg geruim
word.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
Die
administratiewe besluit van die respondente om die betaling van
subsidies aan lede van die applikant sedert 1 April 2002 te
staak,
tensy die voorgestelde kontrakte deur hul voorgehou onderteken word,
word hersien, vernietig en tersyde gestel.
Dit
word verklaar dat die eerste responent in die omstandighede nie
geregtig was om die ondertekening van die voorgestelde kontrak
as
voorvereiste te stel vir die uitbetaling van subsidies aan
welsynsorganisasies nie en nie geregtig was om ‘n voorwaarde te
stel soos vervat is in klousule 5.16 van aanhangsel “WJB13"
tot die funderende eedsverklaring nie.
Respondente
word gelas om voort te gaan met die betaling van subsidies wat reeds
goedgekeur is ten aansien van elke lid van die
applikant vir die
fiskale jaar 2002/2003.
Die
respondente word gelas om die koste van die geding te betaal,
insluitende die koste van twee advokate.
_________________
SPB
HANCKE, R
Namens
Applikant : Adv RJ Raath SC
Bygestaan
deur Adv JI du Toit
Iov
Schoeman
Maree
Namens
Respondente : Adv CHG van der Merwe SC
Bygestaan
deur Adv SA Nthai
Iov
Die
Staatsprokureur
/Jacobs