About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 5
|
|
United Greyhound Racing and Breeders Society (UGRABS) v Vrystaat Dobbel en Wreden Raad and Others (4095/2001) [2002] ZAFSHC 5; 2003 (2) SA 269 (O) (20 June 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr.:4095/2001
In die
saak tussen:
THE UNITED GREYHOUND RACING
Applikant
AND
BREEDERS SOCIETY (UGRABS)
en
DIE VRYSTAAT DOBBEL EN WEDREN
1ste
Respondent
RAAD
DIE VRYSTAATSE LID VAN DIE
2de
Respondent
UITVOERENDE RAAD VIR
EKONOMIESE
SAKE FINANSIES EN
UITGAWE
DIE DIREKTEUR VAN OPENBARE
3de
Respondent
VERVOLGING
DIE KOMMISSARIS VAN POLISIE IN DIE
4de
Respondent
VRYSTAAT
DIE HOOF VAN DIE DIEREBESKERMINGS-
5de
Respondent
VERENIGING
IN DIE VRYSTAAT
CORAM:
HANCKE,
R
AANGEHOOR OP:
13
JUNIE 2002
GELEWER OP
:
20
JUNIE 2002
Die verbintenis
tussen mens en hond bestaan al duisende jare. Grottekeninge van
honde te Altamira dateer terug tot 1200 voor Christus
en die Lascaux
15,000 tot 10,000 voor Christus. ân Duidelike onderskeid tussen
verskillende honderasse word gevind in Egipte
ongeveer 1570 voor
Christus. Die geskiedenis van die antieke beskawings toon dat die
gesofistikeerde gemeenskappe van Egipte en
die Verre-Ooste tyd en
vernuf aangewend het om honde met verskillende eienskappe en
voorkoms te teel. Dit het aanleiding gegee
dat ân honderas, wat
vinnig kan hardloop, geteel is waarvan die Saluki, Afgaansehond en
Persiese Windhond voorbeelde van is.
Hierdie
ontwikkeling het uitgebrei na Frankryk en Suid Europa. ân Nuwe
ras is ontwikkel om die jagter te help om wild te herwin.
Verskillende tipe honde is vir verskillende wildsoorte geteel - ân
klein hond om die Europese haas te vang en ân groter en
sterker
hond om die wildebeer van Duitsland te jag. In alle gevalle was
spoed belangrik gewees. In Brittanje, veral in Ierland,
is die
Windhond, en spesies daarvan, van die oudste honderasse wat geteel
is met lang bene, skraal liggaam, geweldige spoed en
met ân
effense vegtersinstink. Hierdie hond is al beskryf as âswift as a
ray of light, graceful as a swallow, and wise as
a Solomonâ. Dit
is gesien as ân simbool van aristokrasie en die eerste tekens van
die Windhond is te vinde in die grafkelder
van Amten in die
Nylvallei ongeveer 3000 voor Christus.
Die
Windhond het ân aristokratiese agtergrond, is aangetref in
koninklike huise van antieke Egipte en geteel in luukse huise.
Alhoewel dit aanvanklik as ân jaghond aangewend is, word dit
mettertyd gebruik vir honderesies. (Weihann-verslag âLotteries
and
Gambling Boardâ - Julie 1995).
Die
huidige aansoek is daarop gerig om hierdie antieke sport ook in die
Vrystaat te vestig. Applikant doen aansoek:
1. dat verklaar word dat Ordonnansie Nr.11 van 1976
(OVS) deur nie-aanwending sedert inwerkingtreding tot en met datum
van hierdie
aansoek in onbruik verval het;
2. alternatiewelik, dat die Vrystaatse Dobbel- en
Wedrenwet, Nr. 6 van 1996, by implikasie Ordonnansie 11 van 1976
vervang het;
en
3, verder in die alternatief dat Ordonnansie 11 van
1976 ongrondwetlik is.
Mnr.
Ploos van Amstel, wat namens eerste en tweede respondente optree,
het betoog dat -
1. applikant geen jurisdiksionele feite in sy
funderende eedsverklaring aangetoon het ten opsigte van die
verlening van enige regshulp
nie;
2. applikant
nie aangetoon het dat hy
locus standi
het in die huidige aansoek nie;
3. daar ân wanvoeging was aangesien die Lid van die
Uitvoerende Raad vir Veiligheid en Sekuriteit aangewys is vir die
uitvoering
van die betrokke Ordonnansie op die verbod op
Hondewedrenne, Nr.11/1976, synde die ordonnansie wat nou in die
spervuur is, terwyl
gemelde party nie voor die Hof is nie;
4. daar ân wesenlike feitegeskil bestaan wat nie op
die stukke besleg kan word nie, welke feitegeskil voorsienbaar was.
Mnr.
Roestorf, wat namens die Nasionale Raad van die
Dierebeskermingsvereniging optree, welke instansie
amicus
curiae
namens alle diere in hierdie
aangeleentheid as vyfde respondent optree, het hom versoen met
bogemelde betoog. Die ander respondente
opponeer nie die aansoek
nie en berus by die beslissing van die Hof.
Die
eerste vraag wat na my mening beantwoord moet word is of applikant
ân saak uitgemaak het vir die verlening van enige van die
regshulp
wat deur hom gevorder word in die kennisgewing van mosie. Gevolglik
sal gehandel word met elkeen van die smeekbedes hierbo
na verwys.
1.
Het Ordonnansie
Nr.11 van 1976 (OVS) deur nie-aanwending in onbruik verval
?
Applikant steun daarop
dat
dit genader is om op te tree by verskillende landboutentoonstellings
sonder dat daar ooit ân klagte gelê of vervolging ingestel
is.
Hierdie bewering hou egter nie rekening met die bepalings van die
Beskerming van Gedresseerde Diere Wet No.24 van 1935 nie.
Artikel 2
van gemelde wet verleen bevoegdheid aan ân Landdros om ân
lisensie uit te reik vir die vertoning en afrigting van
sekere diere
en vir gebruik van honde vir beveiliging, terwyl artikel 9 van
gemelde wet soos volg lui:
â9.
Voorbehoud
-
Geen bepaling van hierdie Wet is van toepassing op die
opsluiting of afrigting van diere vir militêre, polisie- of
sportdoeleindes
of vir landboutentoonstellingsdoeleindes of van
toepassing op ân perde- of hondetentoonstelling of ân
tentoonstelling van voëls
in hokke of enige openbare soölogiese
tuine, of op die vertoning van diere op ân militêre of
polisietoernooi of ân gymkhana
of op enige sodanige
tentoonstelling of in enige sodanige tuine, of op die gebruik van ân
hond vir beveiliging deur die Suid-Afrikaanse
Weermag,
Suid-Afrikaanse Polisie of die Gevangenisdiens nie.â
Daar blyk dus geen substansie in hierdie bewerings te
wees nie.
Die bevoegdheid wat ân Hof het om te verklaar dat
Wetgewing deur onbruik verval het, moet met die grootste mate van
omsigtigheid
benader word. In
GREEN v
FITZGERALD AND OTHERS
1914 AD 88
verklaar Innes, A.R. op
113
die volgende:
â
I am fully alive to the necessity for exercising the
power which our Courts enjoy of declaring that a statute have been
abrogated
by disuse with the utmost caution.â
Die betrokke Wetgewing moes nie net vir ân geruime
tyd in onbruik gewees het nie, maar die beamptes wat in beheer is
van die afdwing
daarvan, asook die algemene publiek, moet saamstem
dat die strafbepalings daarvan as vervalle en nie-bestaanbaar beskou
word, weens
die feit dat die openbare mening vir ân lang tyd reeds
die wenslikheid besef het om die afdwinging daarvan tuis te bring
onder
die bestraffende effek van moraliteit en godsdiens, eerder dan
die strafreg. Die basis waarop ân wet in onbruik kan verval
geskied
âthrough disuse by silent consent of the whole communityâ.
(
GREEN v FITZGERALD AND OTHERS
(
supra
)
te 110 - 111
).
Daar moet
ook aangetoon word dat dit nie meer in pas is met die bestaande
openbare opvattinge nie.
(
ZEILER
v WEEBER
(1887) Kotze 17
;
SPIES
v LOMBARD
1950 (3) SA 469
(A) te 473;
LTA ENGINEERING CO LTD v SEACAT
INVESTMENTS (PTY) LTD
1974 (1) SA 747
(A)).
Daar bestaan ook ân vermoede teen
onbruik
(SEAVILLE v COLLEY
(1892) 9 SC 39)
.
Uit die stukke is dit duidelik dat die bepalings van
hierdie ordonnansie wel van tyd tot tyd toegepas word en dat lede
van die applikant
gewaarsku is om daaraan gehoor te gee, by gebreke
waarvan kriminele stappe teen hulle geneem sou word. Geen
feitebasis is gelê
om aan te toon dat hierdie bepalings in onbruik
verval het nie en het applikant hom nie van die bewyslas in hierdie
verband gekwyt
nie.
2
. Het die Vrystaatse
Dobbel- en Wedrenwet, Nr.6 van 1996, by implikasie Ordonnansie 11
van 1976 vervang?
Die herroeping van ân vroeëre wet deur ân latere
wet by implikasie word nie vermoed, veronderstel of ligtelik bevind
nie.
NEW MODDERFONTEIN GOLD MINING CO v
TRANSVAAL PROVINCIAL ADMINISTRATION
1919 AD 367
te 400
. Daar is ân vermoede
dat die Parlement nie sodanige resultaat beoog het nie, sonder om
dit uitdruklik aldus te stel nie.
END
CONSCRIPTION CAMPAIGN AND ANOTHER v MINISTER OF DEFENCE AND OTHERS
1993 (1) SA 589
(T).
Die reël in hierdie verband word soos volg in
R
v GWANTSHU
1931 EDL 29
op 31
gestel:
âThe general maxim is,
generalia specialibus non derogant
.
When the Legislature has given attention to a separate subject and
made provision for it the presumption is that a subsequent
general
enactment is not intended to interfere with the special provision,
unless it manifests that intention very clearly.â
Mnr. Van Heerden het namens die applikant betoog dat
die omskrywing van artikel 1 wyd genoeg is om ook betrekking te hê
op honde.
âRace meetingsâ word soos volg in artikel 1 omskryf:
â
Any gathering of persons attending an animal race,
whether or not such race is run, if the date and place of such race
have been
made known by public advertisement or private invitation.â
Die verwysing na âanimal raceâ skep ân
onduidelikheid. Dit is egter belangrik om te kyk na die res van die
wet. Artikel
23 bepaal dat die Raad slegs sekere lisensies mag
uitreik, terwyl artikel 35(2)(b) bepaal dat dit slegs ân lisensie
sal uitreik
na konsultasie van die verantwoordelike lid
â..... if the Board is satisfied that the race
course to which it will relate is suitable and complies with the
requirements
of the Jockey Club of Southern Africa.â
Die verwysing in artikel 23 na âtotalizator licencesâ
en âbookmakers licencesâ dui daarop dat Ordonnansie 6 van 1996
van
toepassing is op casinoâs, dobbelmasjiene en perdewedrenne.
Daarenteen handel Ordonnansie 11 van 1976 met die verbod op
hondewedren-byeenkomste
en het die twee wette niks met mekaar in
gemeen nie. Verder is dit duidelik dat die wette wat herroep is
deur Ordonnansie 6 van
1996 duidelik die wetgewing herroep en
vervang wat verband hou met perdewedrenne en casinoâs soos van
toepassing in die Vrystaat,
Qwa-Qwa en Bophuthatswana. In Kellaway,
Principles of Legal Interpretation of
Statutes, Contracts and Wills
(1995)
word op p.368 die volgende verklaar:
â
Even where it can be shown that a new enactment is
intended to cover the whole subject to which it relates and is
directed at impliedly
repealing all prior statutes on the same
subject, the rebuttable presumption nevertheless persists that a
later general enactment
is not intended to repeal a conflicting
earlier special enactment.â
KHUMALO v DIRECTOR GENERAL OF CO-OPERATION AND
DEVELOPMENT
[1990] ZASCA 118
;
1991 (1) SA 158
(A).
In die lig van die voorgaande is ek van mening dat daar
geen meriete is vir die verlening van die aangevraagde regshulp
gevorder
in bede 2 nie.
3.
Is Ordonnansie 11
van 1976 (OVS) ongrondwetlik?
Alvorens ân bevinding gemaak kan word dat ân sekere
bepaling ongrondwetlik is, moet daar ân basis gelê word met
vermelding
van feite om sodanige bevinding te regverdig.
Constitutional Law
(Revised 2nd edition) deur I.M. Rautenbach & E.F.J. Malherbe
p.291 para 3.3.
Dit is geykte reg dat ân applikant sy saak moet
uitmaak in sy funderende eedsverklaring en dat hy/sy moet staan of
val by hierdie
bewerings.
DIRECTOR OF
HOSPITAL SERVICES v MISTRY
1979 (1)
SA 626
(A) te 635H-636B
;
HART
v PINETOWN DRIVE-IN CINEMA (PTY) LTD
1972 (1) SA 464
(D) te 469C-E;
PEARSON
v MAGREP INVESTMENTS (PTY) LTD AND OTHERS
1975 (1) SA 186
(D).
In die Reël 16A kennisgewing steun die applikant
daarop dat sy reg om vreedsaam te vergader soos bepaal in artikel 17
van die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika, Wet 108 van 1996
(hierinlater na verwys as die âGrondwetâ) aangestas word deur ân
verbod
op ân byeenkoms van mense om hondewedrenne te aanskou, te
plaas. Verder dat sy reg op gelykheid soos bepaal in artikel 9 van
die Grondwet aangetas word in soverre sub-artikel (2) oortree word
deur die volle en gelyke genietinge van alle regte en vryhede
ten
opsigte van hondewedrenne ontneem word; asook sub-artikel (3)
deurdat die hondewedrenbedryf die slagoffer van onbillike
diskriminasie
is deurdat ander diere wedrenne toegelaat word; verder
dat artikel 22 van die Grondwet oortree word deurdat die beoefening
van
die hondewedrenbedryf belet word en die ordonnansie die
beoefening van die bedryf bloot verbied sonder om dit te reguleer.
Artikel
17 van die Grondwet handel oor âvergadering, betoging,
linievorming en petisie en lui soos volg:
â
Elkeen het die reg om vreedsaam en ongewapen te
vergader, te betoog, ân betooglinie te vorm en petisies voor te
lê.â
Die bedoeling van hierdie artikel is klaarblyklik
daarop gerig om die reg om te vergader te beskerm met die oog daarop
om ân sekere
mening na buite duidelik te maak of te kommunikeer en
verskil om daardie rede van ân skare mense wat ân sportbyeenkoms
bywoon
hoofsaaklik met die doel om sportaktiwiteite dop te hou. In
The Bill of Rights Handbook
(2001 4de uitg.) deur De Waal, Currie en Erasmus word op p.334 die
volgende verklaar:
â
The purpose of the right is to protect assembly as a
means of communicating opinion. In order to do so effectively, the
rights
extends to all activities associated with the holding of an
assembly.â
Die applikant se betoog kan dus nie opgaan in hierdie
verband nie.
Dit
is dienstig om artikels 9 en 22 van die Grondwet saam te behandel.
Laasgenoemde artikel handel met
Vryheid van
bedryf, beroep en professie
en lui soos
volg:
â
Elke party het die reg om vrylik ân bedryf, beroep
of professie te kies. Die beoefening van ân bedryf, beroep of
professie kan
deur die reg gereguleer word.â
In
soverre dit die oogmerk van die applikant is dat lede hulle honde
wil laat meeding ten einde die vermoëns van ân hond op die
proef
te stel op ân amateur-basis, is dit moeilik om te sien dat dit
strydig is met die bepalings van artikel 22 van die Grondwet.
Die
oomblik wat honderesies, in die besonder Windhondresies op ân
professionele basis plaasvind en dit gepaard gaan met wedenskappe,
raak dit belangrik om dit te reguleer soos in die vooruitsig gestel
is in die Howard-verslag.
Applikant
moet egter ân basis lê of feite aantoon dat daar ân aantassing
van enige van sy regte was.
Constitutional
Law
(2de uitg.) deur Rautenbach &
Malherbe p.291 para 3.3.
Ten
opsigte van die toepassing van artikel 9 van die Grondwet word in
HARKSEN v LANE N.O. AND OTHERS
[1997] ZACC 12
;
1998 (1) SA 300
(CC)
word op
324H-325E
die volgende verklaar:
â
At the cost of repetition, it may be as well as
tabulate the stages of enquiry which become necessary where an
attack is made on
a provision in reliance of s 8 of the interim
Constitution. They are:
(a) Does the provision differentiate between people or
categories of people? If so, does the differentiation bear a
rational connection
to a legitimate government purpose? If it does
not then there is a violation of s 8(1). Even if it does bear a
rational connection,
it might nevertheless amount to discrimination.
(b) Does
the differentiation amount to unfair discrimination? This requires
a two-stage analysis:
(i) Firstly, does the differentiation amount to
âdiscriminationâ? If it is on a specified ground, the
discrimination will have
been established. If it is not on a
specified ground, then whether or not there is discrimination will
depend upon whether, objectively,
the ground is based on attributes
and characteristics which have the potential to impair the
fundamental human dignity of persons
as human beings or to affect
them adversely in a comparably serious manner.
(ii) If the differentiation amounts to
âdiscriminationâ, does it amount to âunfair discriminationâ?
If is has been found
to have been on a specified ground, then
unfairness will be presumed. If on an unspecified ground,
unfairness will have to be
established by the complainant. The test
of unfairness focuses primarily on the impact of the discrimination
on the complainant
and others in his or her situation.
If, at the end of this stage of the enquiry, the
differentiation is found to not be unfair, then there will be no
violation of s
8(2).
(c) If the discrimination is found to be unfair then a
determination will have to be made as to whether the provision can
be justified
under the limitations clause (s 33 of the interim
Constitution).â
In
The Bill of Rights Handbook
a.w. word op p.203-4 onder andere die volgende verklaar:
â
Section 9 can therefore be said to identify three
ways in which a law or conduct might differentiate between people or
categories
of people. First, there is what the Constitutional Court
terms âmere differentiationâ, which, while it does treat some
people
differently to others, does not amount to discrimination.
Mere differentiation will fall foul of s 9(1) unless it has a
rational
connection to a legitimate government purpose. Second,
there is differentiation which amounts to unfair discrimination
(prohibited
by s 9(3) and (4)). Even where there is a rational
connection between a differentiation and a legitimate government
purpose, the
differentiation will still violate the equality clause
if it amounts to unfair discrimination. Third, and somewhat
difficult
to conceptualise, is the category of law or conduct that
can be called fair discrimination: Law or conduct that discriminates
but
which does not do so unfairly, taking into account âthe impact
of the discrimination on the complainant and others in his or
her
situationâ.â
Die
verbod in Ordonnansie 11 van 1976 is nie gebaseer op ân spesifieke
grond nie; gevolglik kan diskriminasie nie vermoed word
nie.
Applikant
meld geen feite, of oorwegings in sy funderende eedsverklaring ter
ondersteuning van die gevorderde regshulp wat dui op
onbillike
diskriminasie nie, of waarom die betrokke ordonnansie ongrondwetlik
sou wees nie. Daar is slegs ân terloopse opmerking
na die
vergelyking met perdewedrenne wat vaag is en waarop moeilik sinvol
geantwoord kon word. Die gronde waarop gemelde ordonnansie
aangeveg
word, word vir die eerste keer gemeld in die Reël 16A kennisgewing,
wat buitentyds geliasseer is nadat die respondente
op hierdie gebrek
gewys het en nádát hulle geantwoord het op die bewerings gemaak in
die applikant se eedsverklaring.
Dit
blyk dus dat applikant in sy stukke nie handel met die beweerde
gronde van ongrondwetlikheid nie, daar is geen motivering
daaromtrent
verskaf en geen feitebasis gelê om ân bevinding te
regverdig dat dit ongrondwetlik is nie. Die applikant verwys wel na
die
Howard-verslag, maar is dit van belang om daarop te let dat
hierdie Kommissie nie die mandaat gehad het om te bepaal of
honderesies
steeds onwettig behoort te wees nie. Gemelde Kommissie
spreek bloot ân opinie uit ten opsigte van ân onderwerp wat dit
nie
versoek was om ân mening te gee nie. Hierteenoor is die
verslag van die Weihann-verslag (hierintevore na verwys), aangeheg
tot
die stukke, waarvolgens dit blyk dat die meerderheid se
bevinding is dat honderesies nie toegelaat behoort te word nie.
Verder
is daar ân studie aangeheg tot vyfde respondent se stukke
waarvan die slotsom is dat enige honderesies nie toegelaat behoort
te word nie. In soverre applikant aangetoon het dat daar ân
beperking is van ân regsvoorskrif, blyk hierdie beperking redelik
en regverdigbaar te wees in ân oop en demokratiese samelewing
gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid soos bedoel in
artikel 36(1) van die Grondwet.
The Bill
of Rights Handbook
(2001, 4de Uitg.)
deur De Waal & Andere, p.381 - 8;
Constitutional
Law
,
op cit
p.292 para 4. In die lig van die slotsom waartoe gekom word, is dit
nie nodig om te handel met die ander aspekte wat namens respondente
tydens betoog geopper is nie.
Dit volg
dus dat applikant nie ân saak uitgemaak het vir die verlening van
enige regshulp nie.
Bygevolg
word die aansoek van die hand gewys met koste.
S.P.B.
HANCKE, R
Namens Applikant:
Adv.
F.J. van Heerden
i.o.v.
Kallis
Prokureurs
Namens 1ste & 2de Respondente:
Adv.
C. Ploos van Amstel SC
i.o.v.
Staatsprokureur
Namens 5de Respondent:
Adv.
J.J. Roestorf
i.o.v.
Honey &
Vennote
/scd