Kommissaris: Suid Afrikaanse Inkomstediens and Another (96/2001) [2002] ZAFSHC 4 (13 June 2002)

70 Reportability

Brief Summary

Income Tax — Losses — Carrying forward of assessed losses — Respondents sold their business and changed names, but continued to explore business opportunities — Dispute over whether respondents conducted a trade during the 1996 tax year to justify the carry forward of assessed losses — Court held that the respondents engaged in activities indicative of a trade, thus allowing the carry forward of the assessed loss for tax purposes.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 4
|

|

Kommissaris: Suid Afrikaanse Inkomstediens and Another (96/2001) [2002] ZAFSHC 4 (13 June 2002)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer:
96/2001
In
die appèl tussen:
KOMMISSARIS:
SUID-AFRIKAANSE APPELLANT
INKOMSTEDIENS
en
MEGS INVESTMENTS (EDMS)
BEPERK
Eerste
Respondent
SNKH INVESTMENTS (EDMS)
BEPERK
Tweede
Respondent
CORAM:
HANCKE,
CILLIé, RR
et
SIBEKO, WnR.
AANGEHOOR
OP:
10
JUNIE 2002
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
GELEWER
OP:
13 JUNIE
2002
Hierdie
appèl is gerig teen ‘n beslissing van die Inkomstebelastinghof vir
die Oranje-Vrystaat (Gyanda, WnR en twee lede) wat respondente
se
appèl gehandhaaf het en appellant gelas het om die vasgestelde
verlies vir die 1995-belastingjaar in vergelyking te bring met
die
1996-jaar se aldus verkreë inkomste..
Die
bevinding is in wese daarop gebaseer dat die respondente ‘n
belasbare inkomste gedurende 1996 gekry het uit die beoefening
van
‘n bedryf gedurende daardie jaar ten opsigte waarvan die balans
van die vasgestelde verlies in die vorige jaar gely, oorgebring
en
in vergelyking gebring moet word met die inkomste verkry gedurende
1996.
Dit
is wenslik om kortliks na die aanloop tot die huidige geskil te
verwys. Respondente het aanvanklik onder die name van Sentrakoop
Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, waarvan die een ‘n
filiaal van die ander was, vir groothandelaars en kleinhandelaars,
‘n stelsel bedryf waarvolgens die handelaars moes aansoek doen om
as lede van die onderskeie maatskappye goedgekeur te word.
Daarna
kon hulle deur middel van ‘n goedgekeurde lys verskaffers hulle
goedere aankoop en sou respondente die totaal van alle
aankope deur
sy lede namens hulle vereffen in ruil vir ‘n spesiale korting wat
deur die verskaffer toegestaan is. Respondente
het dan die totale
bedrag van aankope vereffen namens hulle lede, en dit dan
teruggevorder van die lede. ‘n Spesiale korting
is deur die
maatskappy toegestaan aan die lede, welke korting kleiner was as dié
een wat deur die verskaffers aan respondente
verleen is.
Respondente het nie self die handelsvoorraad hanteer nie, maar slegs
die vereffening van die totale rekenings van
die verskaffers. ‘n
Wins is verdien uit die netto korting ontvang deur die maatskappye.
Gedurende
November 1995 is die besigheid van respondente as ‘n lopende saak
verkoop aan Shoprite-Checkers (Edms) Beperk vir ‘n
totale bedrag
van R21-miljoen, waarvan ongeveer R17-miljoen na Sentrakoop (die
houer maatskappy) en ongeveer R4-miljoen na Megasave
gegaan het.
Daarna is die maatskappye se name verander na dié van die huidige
respondente. ‘n Bedrag van ongeveer R9-miljoen
is in die vorm van
lenings aan maatskappye in Namibië verskaf met die oog op
groothandelverspreiding in Angola en Noord-Afrika,
welke aktiwiteit
nie enige inkomste opgelewer het gedurende 1996 nie. ‘n Belegging
van meer as R6-miljoen is by die destydse
Volkskas gedoen, wat ‘n
rente-inkomste opgelewer het en het respondente gesamentlik ongeveer
R2,5-miljoen aan rente uit beleggings
ontvang. Respondente het ook
die bestaande groothandel dranklisensie asook die groothandel
wapenlisensie behou.
Die
huidige geskil tussen die partye handel oor die vraag of
respondente, ná die verkoping van hulle besigheid en ná ‘n
naamsverandering,
besigheid beoefen het gedurende die
1996-belastingjaar, wat hulle geregtig sou maak op die in
vergelyking bring van die vasgestelde
verlies van die vorige jaar
met die rente-inkomste verkry in 1996.
Die
verrekening van ‘n vasgestelde verlies word beheer deur die
toepaslike bepalings van artikel 20 van die Inkomstebelastingwet
58
van 1962, wat destyds soos volg gelui het:
“
(1) Ten einde die belasbare
inkomste deur ‘n persoon verkry uit die beoefening van ‘n bedryf
in die Republiek vas te stel, word
teen die aldus verkreë inkomste
van die persoon in vergelyking gebring -
(a) enige balans van ‘n
vasgestelde verlies deur die belastingpligtige in ‘n vorige jaar
gely wat van die vorige jaar van aanslag
oorgebring is: met dien
verstande dat -
(i) .....
(ii) die balans van die
vasgestelde verlies verminder word met die bedrag of waarde van
enige voordeel deur ‘n persoon ontvang
of aan hom toegeval ten
gevolge van ‘n konsessie verleen deur of ‘n vergelyk getref met
sy skuldeisers waarvolgens sy skulde
aan hulle verminder of gedelg
is mits sodanige skulde in die gewone loop van die bedryf ontstaan
het;
(b) ‘n vasgestelde verlies
deur die belastingpligtige gedurende dieselfde jaar van aanslag gely
by die beoefening in die Republiek
van enige ander bedryf, hetsy
alleen of ‘n vennootskap met andere, anders dan as lid van ‘n
maatskappy waarvan die kapitaal
in aandele verdeel is.
(2) By die toepassing van
hierdie artikel beteken “vasgestelde verlies” ‘n bedrag
waarmee die aftrekkings ingevolge artikels
11 tot en met 19
toelaatbaar, die inkomste te bowe gegaan het ten opsigte waarvan
hulle aldus toelaatbaar is, of, as die samehang
aldus vereis, ‘n
vasgestelde verlies soos ingevolge die bepalings van artikel 30
vasstel.”
Huidiglik
lui hierdie artikel ietwat anders.
Die
begrip “bedryf” word soos volg in artikel 1 van Wet 58 van 1962
omskryf:
“
Ook elke professie,
handelsaak, besigheid, diens, beroep, vak of onderneming, met
inbegrip van die verhuur van goed en die gebruik
of die verleen van
toestemming tot die gebruik van ‘n patent soos die Wet op Patente,
1978 (Wet Nr. 57 van 1978), omskryf, of
‘n model soos in die Wet
op Modelle, 1993 (Wet Nr. 195 van 1993), omskryf, of ‘n outeursreg
soos in die Wet op Outeursreg,
1978 (Wet Nr. 98 van 1978) omskryf,
of van enige ander goed wat van derglike aard is.”
Die
effek van artikel 20(1)(a) van gemelde Wet is om te verhoed dat ‘n
belastingpligtige wat in die aanslagjaar nie ‘n bedryf
beoefen het
nie, enige balans van ‘n vasgestelde verlies in die voorafgaande
jaar kan oordra vir verrekening.
SA
BAZAARS (PTY) lTD v CIR
1952 (4) SA 505
(A) te 510H
.
De Koker,
Silke
on South African Income Tax
Vol.2 (2001 geannoteerd) para 8.127 en die gesag aldaar na verwys.
Dit
is duidelik dat die omskrywing van “bedryf” ‘n wye uitleg
geniet, en nie noodwendig uitputtend is nie. In
ROBIN
CONSOLIDATED INDUSTRIES LTD v CIR
[1997] ZASCA 12
;
1997 (3) SA 654
(HHA)
verklaar
Schutz, AR op
662C-D
die volgende:
“
Reference
is made to the wideness of the definition of the word ‘trade’ in
s 1 of the Act and the consequent recognition by
the Courts that it
should be given a wide interpretation. Further, that it is
possible
for even a single transaction to constitute trade.”
In
BURGESS v CIR
[1993] ZASCA 88
;
1993 (4) SA 161
(A)
word op
181I
- 182 E
die volgende verklaar:
“
It
is well-established that the definition of trade, which I have
quoted above, should be given a wide interpretation. In
ITC
770
(1954) 19
SATC 216
at 217, Dowling J said, dealing with the similar definition
of ‘trade’ in Act 31 of 1941, that it was
“
obviously intended to
embrace every profitable activity and ... I think should be given
the widest possible interpretation”.
In the present case the
appellant argued that its participation in the Fenton scheme
amounted to a ‘venture’, which is included
in the definition of
‘trade’. In
ITC
368
(1939) 9
SATC 211
at 212, ‘venture’ is defined as
“
a transaction in which a
person risks something with the object of making a profit”. ....
The word ‘onderneming’,
which corresponds to ‘venture’ in the English text, seems in
general somewhat wider although it
is capable of bearing the same
meaning.”
Dit
is ook van belang om daarop te let dat
“
.... the carrying on of a
trade involves an ‘active step’, something more than a watching
over existing investments that are
not income producing and are not
intended or expected to be so. The mere retention of investments,
even if acquired when a trade
was carried on, did not imply a
continuance of trade.”
(De
Koker, a.w.Vol.1 para 7.2).
Wat
die tydperk betref hoef dit nie vir ‘n volle jaar te wees nie.
“
It
is not essential that a company have carried on a trade during the
whole of the year, and any period of trading during the year
will
suffice.”
(De
Koker, a.w.Vol.2 para 8.127).
Die
vraag of die respondente besigheid bedryf het soos bedoel in artikel
20 van gemelde Wet is ‘n feitevraag en moet beoordeel
word na
gelang van die omstandighede van elke saak.
BURGESS
v CIR
(
supra
)
te 182G-H
In
hierdie verband is die Hof aangewese op die getuienis van die
enigste getuie, mnr. Grobbelaar, die besturende direkteur van

Sentrakoop Handelaars Beperk en Megasave (Edms) Beperk, asook
dokumentêre bewyse. Dit blyk volgens die getuienis dat, tydens die
verkoping aan Shoprite-Checkers, verskeie bates van die respondente
nie verkoop is nie, wat insluit die groothandel dranklisensie,
die
groothandel wapenlisensie, rekenaartoerusting en meubels. Alhoewel
aktiwiteite drasties afgeskaal is na die verkoping, blyk
daar nie ‘n
bedoeling te wees om die aktiwititeite van die respondente te staak
nie. Volgens Grobbelaar het die bestuur van
die respondente
voortgegaan met die bedryf van die respondente se besighede, tot
daardie mate wat dit nie deur die verkoopooreenkoms
verbied was nie.
Hulle eerste stap was die ondersoek na moontlikhede wat ontgin kan
word met die groothandel dranklisensie. Die
doel was om hardeware
en voedsel vanaf Suid-Afrika te verskaf na Namibië, Angola en
elders in Noord-Afrika. Vir hierdie doel
het die bestuur beoog om
bergingsfasiliteite in Gobabis te bekom. Om gevolg te gee aan
hierdie plan is daar onderhandel met die
regering van Namibië en
met Bowring. Ongeveer R9-miljoen is geleen aan drie maatskappye om
in hierdie besigheid aan te wend.
Dit blyk dat die bestuur volgens
‘n bepaalde plan opgetree het en dat verskeie onderhandelinge met
verskeie instansies en persone
gevoer is. Die bedoeling was om
leweransierskontrakte en voorraad in Suid-Afrika te kry en dan
produkte uit te voer. Plaaslike
ontginning van die respondente se
groothandel dranklisensie was deel van hulle beplanning en is
hierdie lisensie nie alleen behou
nie, maar ook hernu.
In
kruisverhoor verklaar Grobbelaar, onder andere, die volgende:
“
Watse vorm het hierdie
ondersoek aangeneem? -- Onderhandelinge, samesprekings, party
vertroulike samesprekings, party openlike
samesprekings, geskrewe
voorleggings, kontrakte ondersoek, dit was in sommige gevalle
redelik ver gevorder en daar was - ek weet
nie of dit toepasbaar is
nie - daar was ook op ‘n stadium ‘n gevoel om die beheer van die
Sentra-organisasie weer op indirekte
wyse te bekom. Dit was
vertroulike samesprekings, maar dit is gedoen deur om die minderhede
daar uit te koop en om daardie pad
te vat om weer daardie arm in die
hande te kry op daardie wyse.”
Dit
blyk verder dat respondente ‘n kantoor in Bloemfontein aangehou
het wat beman is deur ‘n sekretaris wat aanvanklik die
oorgansproses hanteer het, maar later aangehou is vir die doel om
nuwe moontlikhede te ondersoek. Verder is waardevermindering
ten
opsigte van die rekenaartoerusting en meubels toegelaat is. Die
aktiwiteite wat ondersoek is, het ook gepaard gegaan met reiskoste.
Grobbelaar verklaar ook in sy getuienis dat hulle ‘n persoon
aangestel het by name ene mnr. Khoury, wat besighede in Kroonstad
besit wat ‘n groothandelaar is, wat hierdie aspek van hulle
voorgenome besigheid ondersoek het.
Wat
hulle aktiwiteite ten opsigte van die drankhandel betref, het hulle
onderhandelinge gevoer met al die groot drankhandelgroepe,
onder
andere, Gilbey’s, Stellenbosch Farmers’ Winery, Edward Schnell
en is daar onderhandelinge gevoer om te kyk om van hierdie
persone
se verspreidingsnetwerke te gebruik en hulle produkte te bekom.
Die
verdere getuienis van Grobbelaar, wat nie betwis is nie, was dat
hulle altyd betrokke by finansiering van toerusting,en uit
die aard
van Sentra en Megasave se bedrywe, was hulle betrokke by hierdie
aksies en het hulle amper die rol van ‘n finansieringsbank
gespeel. Hierdie aktiwiteit is behartig deur mnr. Danie Heyns wat
by Shoprite bedank het en aktief vir die respondente in hierdie
verband opgetree het. Op ‘n vraag in kruisverhoor of daar enige
personeel oorgebly het, antwoord Grobbelaar soos volg:
“
-- Ons het, noem dit maar
nie-aktiewe direkteure en aktiewe direkteure en wat inderdaad toe
gebeur het is die nie-aktiewe direkteure
het toe aktiewe
personeellede geword eintlik en die sekretaris het oorgebly,
sekretaris/rekenmeester het ons behoue gebly.”
Wat
die balans van die koopprys van die besighede in beleggings betref,
is dit so belê dat dit op kort kennisgewing beskikbaar
was om
aangewend te word in die respondente se besigheid. Om hierdie doel
te verwesenlik, het hulle ‘n beter opbrengsprys gegee.
Dit blyk
ook dat uitgawes van R276 490,00 aangegaan is, welke uitgawes
insluit huurgelde, regskoste, salarisse, reiskoste, telefoon-
en
posgelde. Alhoewel dit aansienlik minder is as die vorige jaar, pas
dit in by Grobbelaar se getuienis dat hulle aktiwiteite
aansienlik
afgeskaal is.
DE
BEERS HOLDINGS (PTY) LTD v COMMISSIONER FOR INLAND REVENUE
1986 (1) SA 1
(A) te 36H-J.
Uit
die voorgaande blyk dit dat respondente nie alleen die bedoeling
gehad het om voort te gaan met hulle besigheid nie, maar ook
aktiewe
stappe dienooreenkomstig geneem het, soos hieronder in die
vooruitsig gestel:
“
... the mere intention to
carry out some business activity or a particular transaction is
insufficient to amount to the carrying
on of a trade - there has to
be an actual endeavour so to do. That there must at least be such
an active step is trite ... The
carrying on of a trade involves an
active step - something far more than merely watching over existing
investments which are not,
and are not intended to be, income
producing during the year in question.”
(ITC
1476, 52 IBS 141 te 148)
Die
huidige saak is ook onderskeibaar van
COMMISSIONER
FOR SARS v CONTOUR ENGINEERING (PTY) LTD
1999 (E)
61 SATC 447
soos blyk uit die volgende aanhaling op
456:
“
It
is clearly correct that a venture must be viewed as a whole and that
it may straddle more than one tax year. There is, however,
a vast
difference between the mere laying of plans for the respondent’s
future, on the one hand, and the commencement of preparatory
activities for a future venture, on the other, as was contemplated
in the aforegoing passage from
Robin’s
case. At least some activity is required. In my view the mere
laying of plans cannot constitute the carrying on of a trade as
envisaged in s 1 of the Act in the absence of some positive act
aimed at promoting the said plans.”
In
die lig van die aktiwiteite hierbo na verwys, is ek van mening dat
die respondente se optrede neerkom op die beoefening van ‘n
bedryf
soos bedoel in artikel 20 van gemelde Wet gedurende 1996.
Mnr.
Lewis, namens die respondente, het daarop gewys dat die respondente
rente verdien het gedurende 1994 en 1995 en dat hy as geldskieter
opgetree het. Volgens hierdie betoog is die rente-inkomste wat
verdien is deur die respondente as gevolg van die belegging by
Volkskas (later Absa) ‘n bedryf soos bedoel in gemelde artikel.
In die lig van die slotsom waartoe gekom is, is dit nie nodig
om ‘n
mening oor hierdie betoog uit te spreek nie.
Gevolglik
word die appèl van die hand gewys met koste.
S.P.B.
HANCKE, R
EK
STEM SAAM:
C.B.
CILLIé, R
EK
STEM SAAM:
L.T.
SIBEKO, WnR.
Namens Appellant:
Adv.
W.H. Olivier, SC
i.o.v.
Staatsprokureur
Namens Respondente:
Adv. A.J. Lewis
i.o.v.
Symington
& De Kok
/scd