About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 3
|
|
Sekobota v S [2002] ZAFSHC 3 (9 May 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèlnommer:
51/2002
In die
appèl tussen:
LESENYENO FRANCIS SEKOBOTA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
HANCKE, R, MUSI
et
RAMPAI, RR
AANGEHOOR OP:
6 MEI 2002
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
GELEWER OP:
9 MEI 2002
Die
appellant is op 25 Mei 2001 in die Streekhof skuldig bevind aan
verkragting, waarna die saak ingevolge die bepalings van artikel
52(1)(b) van Wet 105 van 1997 na die Hooggeregshof oorgeplaas is vir
vonnis. Die skuldigbevinding is daarna deur Mabesele, Wn.R.
op 17
Januarie 2002 bekragtig en is die appellant gevonnis tot agt jaar
gevangenisstraf, waarvan twee jaar gevangenisstraf opgeskort
is vir
vyf jaar op sekere voorwaardes. Hy kom nou in hoër beroep teen sy
skuldigbevinding en vonnis.
Die
huidige saak neig tot ân blyspel van dwalings (âcomedy of
errorsâ), wat in die Streekhof ân aanvang geneem het. Aan
die
einde van die getuienis, het appellant se prokureur informeel en
ietwat onbeholpe aansoek gedoen dat die klaagster herroep
word op
die basis dat die prokureur inligting ontvang het dat sy nie met die
saak wil voortgaan nie en dat sy tydens getuienisaflegging
sekere
getuienis van die hof weerhou het.
In
Bewysreg
(4de Uitg.) deur C.W.H. Schmidt en H. Rademeyer word op p.245 die
volgende verklaar:
â
Besondere oorwegings kom ter
sprake wanneer ân gedingsparty aansoek doen om getuies te roep of
te herroep nadat hy reeds sy saak
afgesluit het (en veral nadat sy
teenstaander ook reeds getuienis aangebied het), maar voordat
uitspraak gelewer is. Teen die
bogemelde beginsel dat gedingspartye
in staat gestel moet word om getuies te roep, moet afgeweeg word die
vereiste dat gedinge
reëlmatig moet verloop en dat gedingvoering
nie onbepaald kan voortduur nie, asook die moontlike benadeling van
die teenstaander
se saak indien so ân afwykende prosedure gevolg
word.â
In
MKWANAZI v VAN DER
MERWE AND ANOTHER
1970 (1) SA 609
(A)
word gehandel met die oorwegings wat in ag geneem moet word by ân
aansoek om heropening deur ân eiser in ân siviele saak.
Op
616C-D
verklaar
Holmes, A.R. onder andere die volgende:
â
Over the years the Courts
have indicated certain guiding considerations or factors, but they
must not be regarded as inflexible
requirements, or as being
individually decisive. Some are more cogent than others; but they
should all be weighed in the scales,
the pros against the cons. It
is important to think oneâs way through the facts of the
particular case with which one is dealing:
decided cases usually
turn on their own facts, and are helpful only in so far as they
indicate guiding considerations. The Supreme
Court has, inherently,
much the same discretion, to allow further evidence before judgment,
as is given to the Magistrateâs Courts
by Rule 28(11).â
In
SPARROW v R
1941 (SR) 24
word op
32
die volgende verklaar:
â
It not infrequently happens
that when information, oral or documentary, becomes available after
a witness has concluded his evidence,
an application for the recall
of the witness for further examination or cross-examination is made
and granted. That is the case
here. The Prosecutor was not aware
of the existence of the letter in question till after the accused
had concluded his evidence,
and he could not have foreseen, before
the accused gave evidence, what attitude he would take up in regard
to the Morris car transaction.
He would have been justified
therfore, when the letter did come into his possession, in applying
to the Court for the recall of
the accused for examination on it and
the Magistrate could properly have allowed the application.â
In
HLADLA v PRESIDENT
INSURANCE CO LTD
1965 (1) SA 614
(A)
verklaar
Van Blerk, AR die volgende op
621D:
I see no reason why, if a fresh
witness could be called, the trial Court should not have the power
to recall a witness who had already
given evidence.â
Sien
ook
OOSTHUIZEN v
STANLEY
1938
AD 322
te 333
;
Hoffmann & Zeffertt
The
South African law of Evidence
(4de Uitg) p.473-5.
Mev.
Giorgi, namens die Staat, gee, na my mening, tereg toe dat die
landdros die getuie moes teruggeroep het sodat vasgestel kon
word
wat die werklike redes is waarom sy nie met die klagte teen die
appellant wou voortgaan nie. Na my mening was dit in belang
van
geregtigheid dat verlof aan appellant se prokureur verleen moes word
om die klaagster te herroep, welke verlof klaarblyklik
tot gevolg
sou gehad het dat appellant onskuldig bevind sou gewees het, en dat
hierdie verdere verrigtinge dus totaal onnodig sou
gewees het.
Die
tweede fout het ingesluip toe die landdros die appellant skuldig
bevind het soos aangekla. Daar is verskeie onwaarskynlikhede
in die
klaagster se weergawe te vinde: Dit blyk dat nadat sy die eerste
keer deur die appellant sogenaamd verkrag is, het sy weer
saam met
die appellant geloop. Nadat sy ân tweede keer deur die appellant
verkrag is, loop sy weer saam met hom huis toe sonder
om enige
poging aan te wend om weg te kom. Dit is ook eienaardig dat die
appellant die klaagster se skoolboeke sou deurblaai en
vir haar sê
sy doen goed op skool as sy doel was om haar te verkrag. Dit blyk
ook uit die getuienis dat die klaagster die appellant
verskeie kere
by sy werk besoek het. Die getuie mnr. Nyamane getuig dat hy vir
klaagster en appellant langs die muur sien staan
het na die beweerde
verkragting, terwyl hulle normaal gestaan en gesels het.
Inaggenome
hierdie onwaarskynlikhede in die Staatsaak is dit duidelik dat die
skuldigbevinding verkeerdelik uitgebring is.
Die
derde fout wat ingetree het, en wat volg uit die voorgaande, is dat
die Hof, met die samewerking van die destydse regsverteenwoordigers,
verkeerdelik âNIE van mening (was) dat die verrigtinge nie
ooreenkomstig die reg (was) nie of dat twyfel bestaan (het) of die
verrigtinge ooreenkomstig die regâ was, uit hoofde van die
bepalings van artikel 52(3)(b) van voormelde Wet.
In
laasgenoemde geval moet ân Hof, sonder om die beskuldigde te
vonnis, van die Streeklanddros wat by die verhoor voorgesit het,
ân
uiteensetting van sy redes vir die skuldigbevinding verkry, waarna
ân Hof ingevolge artikel 52(3)(e) kan handel, en onder
andere die
skuldigbevinding ingevolge subartikel (iv) tersyde kan stel.
In
die huidige saak het die Hof, nadat dit tevrede was dat die
skuldigbevinding in orde was, en die appellant ter versagting getuig
het, die klaagster as getuie geroep. Dit moet in gedagte gehou word
dat artikel 52(3)(d) voorsiening maak vir die lei van verdere
getuienis. Ten opsigte van die regsposisie tydens die
vonnis-stadium, verklaar Kruger, Wn.R. in
S
v MSIWA
2001
(1) SASV 413 (Tk)
op
414
die volgende:
â
One should bear in mind that
save in exceptional cases, the sentencing part of the trial does not
permit the revisiting of the merits
of the conviction in any way
that would contradict the findings on conviction. Doubt as
contemplated in the proviso to s 52(3)(b)
constitutes such special
circumstances. ... The fundamental value of the accusedâs right
to a fair trial should always be borne
in mind.â
Ek
stem saam met die voorgaande. Gemelde beslissing is egter
onderskeibaar van die huidige saak in dié sin dat die appellant se
advokaat in daardie saak aansoek gedoen het dat sekere getuies
herroep word
VOORDAT
ân bevinding van skuldig uitgebring is, welke aansoek tereg deur
Kruger, WnR toegestaan is. Sodra ân bevinding van skuldig
uitgebring word, is die Hof egter
functus officio
, en
kan dit nie wysigings aan daardie bevinding aanbring nie.
Die
appellant het ter versagting tydens vonnisverrigtinge getuig, en
onder andere beweer dat hy gemeenskap met die klaagster gehad
het
met haar toestemming. Daarna het die hof die klaagster geroep wat
getuig het dat sy ân verhouding gehad het met die appellant
en hom
lief gehad het, dat daar ân dogtertjie uit hierdie verhouding
gebore is en dat sy die Aanklaer genader het om nie voort
te gaan
met die vervolging teen die appellant nie. Op ân vraag van die
hof gee sy toe dat sy vir hom lief is en dat indien beide
ouerpare
daartoe sou toestem sy met hom sal trou indien hy haar sou vra. Sy
getuig ook dat op die dag van die beweerde verkragting
sy lief was
vir die appellant. Sy was bekommerd dat sy laat by haar ouerhuis
sou wees omdat haar ouers nie die verhouding goedgekeur
het nie. As
persoon wil sy graag sien dat die appellant as ân vry man uitstap
uit die hof sodat sy met hom kan trou en saam
met hom en hulle
dogtertjie kan wees. Die hof het egter nie enige vrae toegelaat of
die gemeenskap wat appellant met haar gehad
het, met haar
toestemming geskied het nie, klaarblyklik omdat hy van mening was
dat hy
functus
officio
was..
Mev.
Giorgi, namens die respondent, gee toe dat die skuldigbevinding nie
in orde is nie. Sy voer aan dat indien hierdie Hof van
mening is
dat daar nie voldoende gronde is om die skuldigbevinding tersyde te
stel nie, sy kragtens artikel 22(a) van die Wet op
die
Hooggeregshof, Nr. 59 van 1959 verdere getuienis voor die Hof wil
plaas by wyse van ân beëdigde verklaring van die klaagster
wat
tot die effek is dat sy tydens die voorval gemeenskap met die
appellant gehad het met haar toestemming.
Dit
is duidelik dat die landdros fouteer het deur te bevind dat die
Staat sy saak bo redelike twyfel bewys het. Insgelyks moes
daar
twyfel bestaan het by die Hof na wie die saak vir vonnis verwys is
dat die verrigtinge ooreenkomstig die reg was, soos verwys
n in die
voorbehoudsbepaling van artikel 52(3)(b) van gemelde Wet.
In
die lig van die slotsom waartoe geraak word, is dit nie nodig om te
handel met die aansoek om verdere getuienis aan te hoor nie.
Bygevolg
slaag die appèl en word die skuldigbevinding en vonnis tersyde
gestel.
S.P.B.
HANCKE, R
EK
STEM SAAM
H.M.
MUSI, R
EK
STEM SAAM
M.H.
RAMPAI, R
Namens die
Appellant:
Mnr.
J. Vorster
i.o.v.
Vorster
& Vennote
Namens die
Respondent:
Adv.
S. Giorgi
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
/scd