About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2002
>>
[2002] ZAFSHC 2
|
|
Glencore Grain Africa (Pty) Limited v Du Plessis and Others (4621/99) [2002] ZAFSHC 2 (28 March 2002)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:
4621/99
In die
saak tussen:
GLENCORE GRAIN AFRICA (PTY) LIMITED
Eiser
en
MACHIEL TERBLANCHE DU PLESSIS N.O.
Eerste Verweerder
LESLIE JANETTE DU PLESSIS N.O.
Tweede Verweerder
WYNAND DU PLESSIS N.O.
Derde Verweerder
CORAM:
HANCKE, R
AANGEHOOR OP:
19 & 20 MAART 2002
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
GELEWER OP:
28 MAART 2002
Eiser
vorder betaling van die verweerders in hul hoedanigheid as trustees
van die M.T. du Plessis Familie Trust, ten bedrae van R260
000,00,
uit hoofde van ân ooreenkoms aangegaan deur en tussen die partye
hiertoe naby Theunissen gedurende Januarie 1999, ingevolge
waarvan
verweerders 2000 ton mielies aan eiser sou lewer teen ân prys van
R550,00 per ton. Eiser beweer verder dat
vis
major
van toepassing
sou wees ten opsigte van die ooreenkoms, behalwe ten opsigte van
skade aan oeste as gevolg van droogte, weersomstandighede
en vuur.
Eiser
beweer dat verweerders die ooreenkoms gerepudieer het deur aan te
dui dat verweerders nie in staat is om die ooreengekome
tonnemaat te
lewer nie, deur slegs 614,736 ton te lewer. Eiser het die repudiasie
aanvaar en die ooreenkoms gekanselleer.
Eiser
se saak is dat hy skade gely het deurdat hy die mielies teen R794,40
per ton kon verkoop, en nadat vervoerkoste van R56,00
per ton in ag
geneem is, beloop sy skade R260 983,73. In die alternatief beweer
eiser dat die ooreenkoms gewysig is gedurende
Februarie 1999,
deurdat die hoeveelhede gewysig is van 2000 ton na 1200 ton, in
welke geval eiser in die alternatief skade vorder
ten bedrae van
R119 214,00.
Verweerders
pleit in hulle verweerskrif, onder andere, dat die partye op of
omtrent 12 Februarie 1999 ân skriftelike ooreenkoms
aangegaan het
vir die lewering van mielies deur verweerders aan eiser gedurende
die tydperk 1 Junie tot 31 Julie 1999 en dat skade
aan of
vernietiging van oeste as gevolg van droogte, ongure
weersomstandighede of brand beskou sou word as
vis
major
(verwys na as
âforce majeureâ
)
ingevolge die gemelde ooreenkoms. Verweerders pleit verder dat as
gevolg van droogtetoestande verweerders nie in staat is om
meer as
614,736 ton mielies aan eiser te lewer nie en dat verweerders
gevolglik nie verplig was om mielies tot ân totale tonnemaat
van
2000 ton aan eiser te lewer nie, aangesien dit as gevolg van
droogtetoestande, nie in staat was om gemelde tonnemaat aan eiser
te
lewer nie. Die klousule wat betrekking het op
vis
major
is klousule 11
van die ooreenkoms wat aangeheg is as Aanhangsel âAâ tot die
verweerskrif, en lui soos volg:
â
FORCE
MASJEURE
- Skade
aan of vernietiging van oeste as gevolg van droogte, ongure
weersomstandighede of brand sal nie beskou word as
force
majeure
ingevolge
hierdie klousule nie.â
Die
ânieâop beide plekke waar dit voorkom in klousule 11 is
deurgehaal en daarby geparafeer.
Die
eerste getuie namens die eiser was mnr. Frans Jakobus Lubbe wat
tydens die sluiting van die ooreenkoms verbonde was aan Nampo
as ân
bemarker. Nampo het gestaan as âNasionale Mielieprodusente
Organisasieâ en is tans bekend as âGraan Suid-Afrikaâ.
Tydens
kontraksluiting het hierdie getuie as agent vir eiser opgetree en
het hy gehandel met mnr. Murray, ân senior handelaar
by die eiser.
Op ân vraag of hy gemagtig was om namens eiser op te tree en
kontrakte te sluit, het hy gesê dat eiser vir hom
ân brief gegee
het dat Nampo met produsente besigheid kan doen. Die meeste
kontrakte het hy as getuie geteken. Volgens hom
het hy ongeveer 100
000 ton mielies namens eiser aangekoop. Hy het ook getuig omtrent
die prosedure wat gevolg is, onder andere,
dat die prys en
leweringstydperk bespreek is en wanneer die boer tevrede is, faks hy
die kontrak in verkorte vorm aan die boer
wat dit teken en
terugstuur, waarna die dokument saamgevoeg word. Op ân stadium
word drie kopieë aan die boer beskikbaar gestel
wat hy moet
onderteken waarvan twee teruggestuur word, een aan Nampo en een aan
eiser. Volgens die getuie sou hy die klousule
ten opsigte van
vis
major
bespreek het
en gesê het dat dit nie ter sprake is nie. In die geval van
verweerders het mnr. Du Plessis, die eerste verweerder,
bladsye 1
en 2 van Aanhangsel âAâ tot die verweerskrif geteken sonder
enige wysigings. Daarna het hy die drie oorspronklike
dokumente aan
verweerder gestuur, waarna ân afspraak gemaak is met mnr. Du
Plessis dat hulle mekaar langs die pad sou kry in
die distrik
Welkom. Tydens die gesprek het mnr. Du Plessis te kenne gegee dat
hy groot skade as gevolg van die droë weer gely
het en versoek dat
die kontrak gewysig word. Getuie het vir Murray by die eiser
geskakel en verweerder se versoek oorgedra. Murray
het te kenne
gegee dat hulle wel die kontrak so moet wysig en dat dit deur getuie
en die boer geteken moet word. Die getuie se
handtekening het hy
aangebring by die wysiging en het hy ook as getuie geteken. Volgens
hierdie getuie was die tonnemaat tersprake
die hoeveelheid van 1200
ton, dit wil sê, 800 ton minder as wat aanvanklik bespreek is. Die
getuie het ook gemeld dat dit ân
droër jaar as gewoonlik was en
dat die boere wel skade gehad het. Verweerders moes die mielies
gelewer het gedurende die tydperk
1 Junie - 31 Julie 1999 en sou
hulle mielies op Saffex, dit wil sê die verhandelingsinstansie wat
deel vorm van die Johannesburgse
Sekuriteitsbeurs, kon aankoop.
In
kruisverhoor deur mnr. Jordaan, advokaat namens verweerders, het
die getuie verwys na die feit dat klousule 11 deur die boere
misbruik is. Dit was algemeen bekend dat indien hierdie klousule
van toepassing is, die boer vrygestel is van lewering in geval
van
ân misoes. Almal was daarvan bewus dat dit die effek van die
klousule was, insluitende die verweerders. Dit is so bespreek
en is
die wysiging toe aangebring. Daar was nie sprake daarvan dat indien
die boere skade ly hy mielies in die plek daarvan sou
aankoop nie.
Mnr.
Lubbe het getuig dat, as gemagtigde agent van eiser, hy ooreenkomste
gesluit het en dat die skriftelike ooreenkoms in die huidige
saak
die mondelinge ooreenkoms vervang het. Alhoewel hy nie gewoonweg
skriftelike ooreenkomste onderteken het nie, was hy gemagtig
om
mondelinge ooreenkomste aan te gaan en sou hy as agent geregtig
gewees het om ân skriftelike ooreenkoms te teken. Tydens
die
gesprek naby Welkom het mnr. Du Plessis te kenne gegee dat hy
moeilikheid het en dat hy nie die volle kwota sou kon lewer nie.
Nadat getuie vir Murray geskakel het, het laasgenoemde toestemming
gegee om die ooreenkoms dienooreenkomstig te wysig. Die woord
ânieâ waar dit twee keer op die dokument voorkom is geskrap en
daarby geparafeer. Die verweerder het aangedui dat hy 1200
ton sou
kon lewer, maar is die skriftelike ooreenkoms nié in hierdie
verband gewysig nie. Wat klousule 11 betref, is daar verduidelik
dat in geval van droogte of hael word die boer kwytgeskeld en hoef
hy nie die hoeveelheid te lewer nie. Die boer hoef slegs te
lewer
wat hy produseer terwyl hy van die res vrygeskeld word.
Daarna
het mnr. David de Villiers Murray namens die eiser getuig dat hy
gedurende 1999 ân graanhandelaar was namens die eiser.
Hy het
substansiële besigheid met die vorige getuie, mnr. Lubbe, gedoen.
Hy het Lubbe se getuienis omtrent die prosedure wat
gewoonlik gevolg
word, bevestig. Ten opsigte van die gesprek waaroor Lubbe getuig
het, het hierdie getuie die inhoud daavan ontken
en te kenne gegee
dat daar geen manier was dat die ooreenkoms so gewysig kon word soos
wat Lubbe getuig het nie. Getuie het daarop
aangedring dat Lubbe
die ooreenkoms geteken moet kry waarop Lubbe gesê het dat Du
Plessis sou weier om te teken, maar het die
getuie hom beveel om toe
te sien dat die ooreenkoms geteken word. Die getuie het te kenne
gegee dat hy nie gematig was om die
klousule te wysig nie en sou
sodanige wysiging daarop neerkom dat hy sy eie doodvonnis sou
onderteken.
Hierdie
getuie was geneig om baie spraaksaam en dramaties te wees en het
telkens ân lang relaas gegee in plaas daarvan om die
vraag wat aan
hom gestel was te beantwoord. Hy het ongemaklik en gespanne in die
getuiebank voorgekom en het geensins ân goeie
indruk in die
getuiebank geskep nie. In soverre sy getuienis in botsing is met
dié van Lubbe sân, het ek geen huiwering om
die getuienis van
Lubbe, wat ân gunstige indruk gemaak het, te aanvaar nie.
Nadat
ân lys van reënvalsyfers by ooreenkoms ingehandig is, het mnr. Du
Plessis, advokaat namens eiser, die saak namens die eiser
gesluit.
Die
enigste getuie wat namens die verweerders getuig het, was Machiel
Terblanche du Plessis, een van die trustees van die Du Plessis
Trust, synde die verweerders hierin. Getuie het die weergawe van
Lubbe omtrent die ontmoeting op 12 Februarie 1999 in breë trekke
bevestig. Hy het getuig dat hulle die klousule omtrent
âforce
majeurâ
bespreek
het en dat Lubbe vir Murray geskakel en met hom daaroor gepraat het.
Hy het afgelei dat die kontrak gewysig kan word,
waarna die woorde
ânieâ geskrap is en waarna hy die kontrak geteken het. Lubbe
het aan hom gesê dat Murray gesê het dat
die klousule gewysig kan
word wat dan ook gebeur het. Op ân vraag hoekom hy bekommerd was
oor hierdie klousule, het hy geantwoord
dat as gevolg van die feit
dat daar sekere tekens van droogte was wat aan die kom sou wees,
wou hy nie hierdie klousule in hê
nie. Lubbe het daarna vir hom
gevra of hy 1200 ton sou kon lewer, wat hy van mening was wel
haalbaar sou wees, waarna die ooreenkoms
gewysig en geteken is en
hulle daar weg is. Sedert daardie betrokke dag het dit vir die res
van die seisoen nooit gereën nie
en het hulle versengende hitte
ondervind. Volgens getuie het verweerders 614 ton aan eiser gelewer
asook 20 ton ten opsigte van
rantsoene vir werknemers. Verweerders
het aan niemand anders mielies gelewer nie. Op ân stadium het
Lubbe te kenne gegee dat
hy druk ervaar van die kopers en vir getuie
versoek om die bedrag van R110 000,00 ten opsigte van 1200 ton in te
betaal. Op daardie
stadium was hy bereid om dit te doen, maar wou
eiser nie hierdie bedrag aanvaar nie.
In
kruisverhoor is hy gevra of hy aan die begin van Februarie voorsien
het dat droogte aan die kom is, waarop hy geantwoord het
dat hy dit
nie spesifiek voorsien het nie, maar dat dit ân âgevoelâ is
wat ân mens kry. Ten opsigte van hierdie aspek
is hy gedruk en
het hy ook weereens gesê dat hy dit nie voorsien het nie. Nadat hy
uitgevra is ten opsigte van sy opponerende
eedsverklaring tot die
summiere vonnis-aansoek en dit aan hom gestel is dat hy wel droogte
voorsien het, het hy âjaâ geantwoord.
Dit het dan die getuienis
afgesluit.
Mnr.
Du Plessis het namens die eiser aan die hand gedoen dat daar in die
huidige saak die volgende twee regsvrae beantwoord moet
word:
Eerstens, of klousule 11 regsgeldiglik gewysig is, indien wel,
tweedens, watter betekenis aan hierdie klousule geheg moet
word.
Wat
die eerste regsvraag betref, blyk dit volgens Lubbe se getuienis dat
hy nie alleen gemagtig was om kontrakte namens die eiser
se sluit
nie, maar inderwaarheid uitvoering daaraan gegee het deur kontrakte
van ân groot volume te sluit, naamlik ân totaal
van ongeveer 100
000 ton mielies. Dit is duidelik uit sy getuienis dat, alhoewel hy
nie gewoonweg skriftelike ooreenkomste onderteken
het nie, hy
gemagtig was om sodanige ooreenkomste aan te gaan en sou hy uit die
aard van die saak geregtig gewees het om sodanige
skriftelike
ooreenkomste te onderteken. Mnr. Du Plessis het betoog dat
aangesien Lubbe bedoel het om as getuie te onderteken
dit dus nie
die handtekening namens eiser was nie. Hierdie betoog kan nie
opgaan nie. Na my mening het hy regtens die bevoegdheid
gehad om
hierdie ooreenkoms te wysig, deur die aanbring van sy handtekening
teenoor die gewysigde klousule. Die getuie Murray
het verwys na ân
beleidsbesluit, maar moet in gedagte gehou word dat hy ân
amptenaar was wat gemagtig was om ooreenkomste
te sluit, wat nie
noodwendig beteken dat hy op grond van gedelegeerde magtiging
opgetree het nie. Na my mening is klousule 11
regsgeldiglik
gewysig en is die partye gebonde aan hierdie klousule soos wat dit
tans gewysig is.
Die
volgende vraag is welke betekenis aan klousule 11 van die kontrak
geheg moet word. In hierdie verband het mnr. Du Plessis,
namens
eiser, aanvaar dat verweerder nie meer mielies kon lewer as gevolg
van droogte nie, maar betoog dat verweerders nie vrygestel
was van
lewering, eerstens, as gevolg van die feit dat dit ân generieke
koop was en, tweedens, omdat die droogte, volgens hierdie
betoog,
voorsienbaar was.
Die
regsposisie in geval van
vis
major
word soos volg
in
PETERS, FLAMMAN
AND CO v KOKSTAD MUNCIPALITY
1919 AD 427
op
435
uiteengesit:
â
For
the authorities are clear that if a person is prevented from
performing his contract by
vis
major
or
casus
fortuitus
, under
which would be included such an Act of State as we are concerned
with in this appeal, he is discharged from liability.â
Vergelyk
The Law of
Contract in South Africa
(4de Uitgawe) deur R.H. Christie p. 549 e.v.
Mnr.
Jordaan het namens die verweerders verwys na die bewoording van
klousule 11, wat lui dat -
â
...
skade aan of vernietinging van oeste as gevolg van droogte, ongure
weersomstandighede of brand
sal
beskou word as
force
majeure
ingevolge hierdie klousule.â
(My onderstreping)
Hy
het klem gelê op die woorde âsal beskou word as
force
majeure
â. As
gevolg van die bewoording van die ooreenkoms het die partye
ooreengekom om die gemenereg te wysig en al sou aanvaar word
dat
mnr. Du Plessis droogte redelikerwys voorsien het, het dit niks met
die huidige saak te doen nie, aangesien voorsienbaarheid
nie tersake
is. Ek stem saam met hierdie betoog. Dit is duidelik dat die
partye ooreengekom het dat droogte as oormag beskou
sou word en in
die lig van die feit dat dit onbetwis is dat sulke toestande geheers
het, is dit nie tersake of verweerders hierdie
droogte voorsien het
al dan nie.
Die
vraag is of dit ân genuskoop is en, indien wel, of verweerders dan
aanspreeklik is om die balans te lewer. Wessels,
Law
of Contract in South Africa
,
para 2690 verklaar in hierdie verband die volgende:
â
The
destruction of the object of a contract liberates the debtor only
where such object is a specific thing. Even if the object
of the
obligation is a certain amount or number of a class or
genus
,
the rule has no application.â
Teenoor
para 2691 word onder andere die volgende verklaar:
â
Hence if a person owes a sum
of money, he cannot plead as an excuse that all the money he
possessed has been lost or destroyed ....
If,
however, the debtor promises the money which he has deposited in a
sealed envelope in the bank and that money is stolen or destroyed
by
fire, he is liberated (D.45.1.37).â
Teenoor
para 2693 verklaar die geleerde skrywer die volgende:
â
Sometimes
the promise appears to be restricted to a class when in fact it is
not so. Thus, if I promise to give you a dozen bottles
of port and
add âI shall fetch them from my cellar,â the obligation is the
delivery of a dozen bottles of port
in
genere
, and
therefore even if the wine in my cellar is destroyed or stolen, I
still owe a dozen bottles of port. It would be otherwise
if I
undertook to delivery twelve bottles of the port in my cellar. In
cases of this kind we must ascertain whether the parties
intended
the addition to be merely descriptive or to denote the true object
of the contract (Pothier, Oblig., s.623).â
Sien
The Principles of
the Law of Contract
(4de Uitg) deur A.J. Kerr, p.417.
In
Die Koopkontrak
(1972),
deur
Mostert, Joubert & Viljoen onder die opskrif
DIE
WAARBORG EN DIE GENUSKOOP
,
word op 244-5 die volgende verklaar:
â
Wanneer die koper ân
sekere hoeveelheid goedere bestel met verwysing na die monster, word
daar ân genuskoop gesluit waar die
koper verplig is om goedere te
lewer wat ooreenstem met die monster, omdat daar stilswyend, indien
nie uitdruklik nie, daartoe
ooreengekom is. Goedere moes dus nie net
in die bepaalde genus val nie, maar ook aan ân verdere beperkende
beskrywing voldoen.
Daar moet in elke geval gelet
word op al die omringende omstandighede, want die blote feit dat
daar aan die koper voor die kontraksluiting
ân monster getoon is,
beteken nie dat die verkoper onderneem het dat die goedere wat hy
moet lewer met die monster sal ooreenstem,
of slegs daarmee sal
ooreenstem nie. Aldus kan dit gebeur dat die verkoper beding dat hy
nie verplig is om goedere te lewer wat
met die monster ooreenstem
nie, of nog ân swaarder verpligting op hom neem. Daar moet ook
rekening gehou word met die praktyke
in die handel.â
In
HERSMAN v SHAPIRO
& CO
1926
TPD 367
word op
373-4
die volgende verklaar:
â
Therefore,
the rule that I propose to apply in the present case is the general
rule that impossibility of performance does in general
excuse the
performance of a contract, but does not do so in all cases, and that
we must look to the
nature
of the contract
,
the
relation of the parties
,
the
circumstances of
the case
, and the
nature of the impossibility invoked by the defendant, to see whether
that general rule ought, in the particular circumstances
of the
case, to be applied. With that view of the law, I turn now to
examine the nature of the contract which we have here.
The first thing one has to
observe is that neither the plaintiff nor the defendant are
consumers or producers of kaffir corn. Both
are merchants or
dealers in corn. They are both apparently people who make their
living by buying and selling produce; and people
who buy and sell
any commodity with a view to making their living intend to buy in a
cheap market and sell in a dear: in making
these contracts a degree
of speculation is necessarily involved, and they take the risk of
variations in price when buying or selling
for forward delivery.â
(My
beklemtoning)
Die
feite verwys na in laasgenoemde saak is na my mening âbackground
circumstances which explain the genesis and purpose of the
contract,
ie to matters probably present to the minds of the parties when they
contractedâ (
COOPERS
& LYBRAND AND OTHERS v BRYANT
[1995] ZASCA 64
;
1995 (3) SA 761
(A) te 768B-C
.
Christie a.w. p.244 e.v.).
Die
agtergrondomstandighede in die huidige saak is dat verweerders 400
hektaar beplant het met mielies en dat die beraamde oes aanvanklik
op 5 ton per hektaar geskat is, vandaar die 2000 ton waarna verwys
is in die kontrak tussen die partye. Verweerders, as produsent,
wou
dus die mielie-opbrengs behaal op die verweerders se eiendom of
eiendomme, aan die eiser verkoop, anders sou daar immers geen
sin
daarin gewees het om klousule 11 van toepassing te maak nie.
Inaggenome die aard van die kontrak, die verhouding tussen die
partye en die omstandighede van die saak blyk dit duidelik dat die
kontrak verwys het na ân omskrewe of gedefinieerde hoeveelheid
mielies, synde wat deur die verweerders geproduseer is, en kan eiser
se betoog dus nie opgaan nie.
Dit
volg dus uit die voorgaande dat eiser hom nie van die bewyslas
gekwyt het en dat hy nie geregtig is op die verlening van enige
regshulp nie.
Bygevolg
word eiser se vordering van die hand gewys met koste.
S.P.B.
HANCKE, R
Namens Eiser:
Adv.
R. Du Plessis
i.o.v.
Israel
& Sackstein
Namens Verweerders:
Adv.
A.F. Jordaan SC
i.o.v.
Honey
& Vennote
/scd