Kiggen v Burger and Others (6629/01) [2001] ZAWCHC 5 (14 December 2001)

70 Reportability

Brief Summary

Agency — Agent's authority — Conflict of interest — Applicant acted in personal capacity rather than on behalf of the company, creating a potential conflict with the company's interests — Court held that the applicant's actions breached the fiduciary duty owed to the company, justifying the refusal to confirm a provisional order for access to company records.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2001
>>
[2001] ZAWCHC 5
|

|

Kiggen v Burger and Others (6629/01) [2001] ZAWCHC 5 (14 December 2001)

9
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(KAAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE
AFDELING)
RAPPORTEERBAAR
Saaknr: 6629/01
In
die aangeleentheid tussen:
FRANCISKUS
ANTONIUS MARIA KIGGEN
Applikant
en
VITO ANTONIO
BURGER
Eerste
Respondent
GIDION
JOSUA THERON
Tweede
Respondent
FRANS
JACOBUS HENDRIK VAN ZYL
Derde
Respondent
VAB
MARKETING BK (CK97/40657/23)
Vierde
Respondent
Namens
Applikant : Adv. DJ van Sittert
Prokureurs
namens Applikant : De Klerk en van Gend
Namens
Verweerders : Adv. HG Klem (SC)
Prokureurs
namens Verweerders : Guthrie en Theron
Verhoordatums : 28
November 2001
Datum
van Uitspraak : 14 Desember 2001
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
Saaknr: 6629/01
In
die aangeleentheid tussen:
FRANCISKUS
ANTONIUS MARIA KIGGEN
Applikant
en
VITO ANTONIO
BURGER
Eerste
Respondent
GIDION
JOSUA THERON
Tweede
Respondent
FRANS
JACOBUS HENDRIK VAN ZYL
Derde
Respondent
VAB
MARKETING BK (CK97/40657/23)
Vierde
Respondent
UITSPRAAK
KAAPSTAD 14
DESEMBER 2001
Rex
v Milne & Erleigh
) (7),
1951 (1) S.A. 791
(A.D.) at p.
828D-E;
R v Herholdt and Others
,
1957 (3) S.A. 236
(A.D.) at
p. 258D-G). The meaning and effect of that legal principle is, we
think, really this: the agent’s authority and hence
his duty is
to act
solely
for the benefit of his principal. For if he
were allowed to act for the principal’s and also his own or
another’s benefit,
situations could easily arise in which his
duty to his principal might conflict with his interest to serve
himself or the other
person; and it is the policy of the law, in
sustaining the fiduciary relationship between the parties, to avoid
and not to encourage
or faciliate such situations. Hence, unless
otherwise agreed, the agent is not authorised so to act (see
S v
Kotze, supra
at p 127G). That his principal is not prejudiced
by his so acting is irrelevant; the position simply is that the
agent’s act
falls outside the ambit of what his principal
bargained for. Story on
Agency
, 9
th
ed., sums up
that position lucidly in sec. 210 by saying:
‘
This
rule (that agents cannot bind their principals where they have an
adverse interest in themselves) is founded upon the plain
and
obvious consideration, that the principal bargains, in the
employment, for the exercise of the disinterested skill, diligence,
and zeal of the agent, for his
own
exclusive benefit
.
It is a confidence necessarily reposed in the agent, that he will
act with a
sole
regard
to the interests of his principal, as far as he lawfully may; and,
even if impartiality could possibly be presumed on the part
of an
agent, where his own interests were concerned, that is not what the
principal bargains for ...’ (Our italics)
On
the other hand, the fact that the agent or a third person also
derives a benefit from the agent’s act does not necessarily
mean
that this act is unauthorised, for apart from cases where that is
actually within the parties’ agreement, it might be merely
an
inevitable or incidental consequence of the agent’s duly
performing his mandate with the sole intention of benefiting his
principal. To take a simple but apposite example: that a managing
director of a company also derives an advantage as a shareholder
thereof from a transaction which he duly carries out on its behalf
and for its benefit obviously would not render his act
unauthorised.”
[ 22] Die
besigheidsaktiwiteite van die BK omvat die handel in voedselprodukte
in die algemeen, en nie bloot in sekere voedselsoorte
of -produkte
nie. Die verdere uitbreiding van die oorsese mark val binne die
verantwoordelikheidsfeer van die applikant, en sluit
na my mening
die uitvoer van vars vrugte in. Die feit dat die applikant geen
finansiële voordeel uit die Januarie 2001 besending
van Mnr Joubert
ontvang het nie, doen nie afbreuk daaraan dat die verbintenis wat hy
sodoende met Mnr Joubert gevestig het,
‘n potensieel
voordelige besigheidsgeleentheid geskep het wat hy dan juis vir eie
finansiële gewin probeer benut het in Junie
2001. Die applikant se
skakeling met Mnr Joubert in beide Januarie en Junie 2001 in sy
persoonlike hoedanigheid, instede van
namens die BK, het na my
mening ‘n verbreking van beide klousule 10.1.2.3 van die
samewerkingsooreenkoms asook van artikel 42(2)(b)(iii)
van die Wet
daargestel; deur hierdie optrede het hy opgetree in kompetisie met
die BK en het hy meegeding met die besigheidsaktiwiteite
van die BK.
‘n Redelike persoon sou op hierdie feitekompleks tot die
gevolgtrekking gekom het dat daar ‘n wesenlike risiko
van konflik
tussen die belange van die applikant en dié van die BK bestaan het.
[ 23] Dit sou egter nie
ingevolge klousule 10.1.2.3 van die samewerkingsooreenkoms tot
gevolg hê dat die applikante sy reg tot
toegang tot die
rekenkundige rekords van die BK verbeur nie: al wat hy wel verbeur
is sy aanspraak op enige bedrag wat die BK aan
hom skuld. Daar is
dan ook namens die applikant betoog dat die gevolgtrekking dat die
applikant in kompetisie met die BK gehandel
het en die
vertrouensverhouding tussen hom en die BK verbreek het, nie
noodwendig beteken dat die voorlopige bevel nie bekragtig
moes word
nie. Luidens hierdie argument sou die feit dat die applikant se
lojaliteit teenoor die BK in twyfel getrek is, en die
vermoede dat
hy in kompetisie met die BK optree, nie tot gevolg hê dat hy sy
kontraktuele en statutêre reg van toegang tot die
rekords van die
BK verbeur het nie. Ten einde die submissie te oorweeg is dit
doenlik om te onderskei tussen die substantiewe regshulp
wat op ‘n
tydelike basis verleen is, en die kostebevel wat aangevra word.
DIE KOSTEBEVEL
[ 24] Soos voormeld, is
die respondente opgeroep om redes aan te voer waarom hulle nie “...
gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik
is vir die koste van hierdie
aansoek op ‘n skaal soos tussen prokureur en kliënt, by betaling
deur die een die ander dienooreenkomstig
kwytgeskeld te word (nie)”.
Omdat hierdie bevel
ex parte
en
in camera
verkry is,
moes die applikante die allergrootste noukeurigheid aan die dag lê
met die verskaffing van ‘n feitelike weergawe
aan die hof.
“‘
Although,
on the one hand, the petitioner is entitled to embody in his
petition only sufficient allegations to establish his right,
he
must, on the other, make full disclosure of all material facts,
which might affect the granting or otherwise of an
ex
parte
order.
The
utmost good faith must be observed by litigants making
ex
parte
applications in placing material facts before the court; so much so
that if an order has been made upon an
ex
parte
application and it appears that material facts have been kept back,
whether wilfully and
mala
fide
or negligently, which
might
have influenced the decision of the court whether to make an order
or not, the court has a discretion to set the order aside with
costs
on the ground of non-disclosure. It should, however, be noted that
the court has a discretion and is not compelled, even
if the
non-disclosure was material, to dismiss the application or to set
aside the proceedings.’
This
synopsis is certainly supported by venerable authority in this
country, such as
In
re Leydsdorp and Pietersburg (Transvaal) Estates (Ltd (in
liquidation)
1903 TS 254
at 257-8 (where it was still stated that if in the
opinion of the Court the facts withheld
would
have influenced the Court in its decision, it could be set aside -
subsequently changed to ‘
might
’
- see GREENBERG J in
Phillips
v May
1936 (1) PH C16 (W));
Estate
Logie v Priest
1926
AD 312
at 323;
De
Jager v Heilbron and Others
1947 (2) SA 415
(W) at 419-420;
Barclays
Bank v Giles
1931 TPD 9
at 11;
Spilg
v Walker
1947 (3) SA 495
(E). It appears quite clearly from these authorities
that:
(1)
in
ex
parte
applications all material facts must be disclosed which
might
influence a Court in coming to a decision;
(2)
the non-disclosure or suppression of facts need not be wilful or
mala
fide
to incur the penalty of recession; and
(3)
the Court, apprised of the true facts, has a discretion to set
aside the former order or to preserve it.”
(Per
Le
Roux R in Schlesinger v Schlesinger
1979 (4) SA 342
(W), 348G tot 349D)
[ 25] Die applikant se
versuim om die feite relevant tot die dispuut wat op daardie tydstip
tussen die partye geheers het, voor
die Hof te plaas, en in besonder
om die feite met betrekking tot die skakeling tussen hom en
Mnr Joubert te openbaar, was
na my mening ‘n
nie-openbaarmaking van wesenlike feite wat tot gevolg kon hê dat
die voorlopige bevel met betrekking tot koste
gemaak is - die effek
daarvan op die substantiewe regshulp wat voorlopig verleen is sal
aanstons oorweeg word. Hierdie gevolgtrekking
verleen egter in die
konteks van die kostebevel ‘n diskresie aan my om te weier om die
voorlopige bevel ten aansien van koste
te bekragtig, en om ‘n
gepaste kostebevel in die omstandighede te maak.
DIE VOORLOPIGE BEVEL
[ 26] Die volgende vraag
is die effek van die nie-openbaarmaking op die verlening van die
voorlopige bevel. Wat sou die effek wees
indien daar volledige
openbaarmaking was van die relevante feite ten tye van die
ex
parte
aansoek op 3 Augustus 2001? Ter aanvang sou die hof bewus
gemaak gewees van hoekom die applikant toegang tot die rekenkundige
rekords
van die BK geweier word. Die verduideliking van waarom die
aansoek
ex parte
en
in camera
gebring moes word
(behandel in [6] hierbo) sou waarskynlik met groter skeptisisme
bejeën gewees het. Hoewel wesenlike aspekte
van ‘n Anton Pillar-
tipe bevel ontbreek het - daar was bv. geen besondere gedingsoorsaak
wat die applikant teen die respondente
wou instel nie - was daar tog
‘n suggestie in die vestigende eedsverklaring van wat Corbett AR
na verwys het as:
“
...
a real and well-founded apprehension that this evidence may be
hidden or destroyed or in some manner spirited away by the time
the
case comes to trial ... and the applicant asks the Court to make and
order designed to preserve the evidence in some way.”
(
Universal
City Studios Inc and Others v Network Video (Pty) Limited
[1986] ZASCA 3
;
1986
(2) SA 734
(A), 755 B-C)
[ 27] Dit is dan ook op
die feite aan die hof openbaar dat die ietwat onkonvensionele bevel
met sy Anton Pillar-tipe komponente
verleen is. Indien ‘n
volledige openbaarmaking gedoen was, sou die hof moontlik - na my
mening selfs waarskynlik - tot die gevolgtrekking
gekom het dat dit
nie met ‘n Anton Pillar- tipe bevel te doen had nie, en dat daar
weinig rede was waarom daar nie betekening
op die respondente moes
plaasvind voordat enige regshulp verleen is nie.
[ 28] Indien die aansoek
gemeet word aan die vereistes vir ‘n finale interdik is ek in elk
geval van mening dat die voorlopige
bevel nie bekragtig behoort te
word nie. Die applikant het nie na my oordeel bewys, op al die
getuienis tans beskikbaar, dat hy
nie voldoende beskerming kan
verkry deur sy kontraktuele en statutêre reg van toegang tot
rekenkundige rekords teenoor die respondente
af te dwing, of om
alternatiewe statutêre remedies soos dié vervat in artikel 49 van
die Wet uit te oefen nie.
[ 29] Die erkenning
namens die respondente dat hulle wel die applikant se reg tot insae
in die rekenkundige rekords van die BK beperk
het doen na my mening
nie afbreuk aan voormelde gebreke in die aansoek nie. Die verlening
van ‘n finale interdik is ‘n drastiese
remedie wat binne die
diskresie van die hof val. Ek is nie oortuig daarvan dat die
applikante op so ‘n remedie geregtig is, gesien
sy
nie-openbaarmaking, die feit dat hy reeds toegang verkry het tot die
rekenkundige rekords van die BK, en die omskrywing van
die
“aangeleentheid” vir getuienis verwys op 7 November 2001, soos
ooreengekom tussen die partye tydens argument.
SLOTSOM
[ 30] Dit volg dat die
voorlopige bevel opgehef moet word. Die applikant sal aanspreeklik
wees vir al die respondente se koste van
die aansoek. Ek maak dus
die volgende bevel:
(a) Die voorlopige bevel
word opgehef;
(b) Die applikant word
gelas om die respondente se koste van die aansoek te betaal.
________________
S
F BURGER WR