About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2001
>>
[2001] ZAWCHC 8
|
|
S v Simayi (SS151/2000) [2001] ZAWCHC 8 (15 November 2001)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS151/2000
DATUM: 15
NOVEMBER 2001
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
PETRUS
SIMAYI
VONNI
s
GRIESEL.
J:
Die
beskuldigde is in die streekhof skuldig bevind op n aanklag van
verkragting. Aangesien die streeklanddros van oordeel was
dat
ernstige liggaamlike leed die klaagster toegedien is in die proses
van die verkragting, het in hy ingevolge van die bepalings
van
artikel 52(1) van die Strafregwysigingswet, Wet 105 van 1997, die
verrigtinge gestaak en die beskuldigde na hierdie hof verwys
vir
vonnisoplegging
Volgens
die getuienis wat voor die streekhof gelewer is, het die beskuldigde
en die klaagster vir meer as tien jaar 'n saamleefverhouding
gehad
waaruit twee ktnders gebore is. Dit is 'n dogter van nege en 'n
seun
tans vyf jaar oud. Oor die gebeure van die betrokke aand, het die
klaagster getuig dat sy die beskuldigde langs die pad teegekom
het
terwyl sy op pad was na haar neef se huis. Die beskuldigde wou he
dat sy saam met horn moes kom aangesien hy iets wou he.
Sy het plat
in die pad gaan sit en gese sy gaan nie saam met hom nie. Die
beskuldigde het haar egter gesteep en geslaan en ook
met sy
geskoende voete geskop. Daarna het hy haar na 'n sloot geneem. Die
klaagster se getuienis hieromtrent was die volgende:
"Toe
skop hy my skaamte stukkend. Toe trek hy my klere uit, toe s§
hy ek moet my was in die sloot toe ek so bloei. Toe
was ek my."
Daarna
het hy haar aangese om voor horn uit te loop deur die wingerd. Hy
het vir horn "n lat gepluk en die klaagster aanhoudend
daarmee
geslaan. Hy het haar na 'n huis naby die skool geneem waar hy haar
aangese het om te gaan 16. Hy het daarna vir 'n lang
ruk
gewelddadiglik met haar seks gehad. Volgens die klaagster het sy
water twee keer gebreek. Toe hy klaar was, het hy die klaagster
teruggeneem na die huis van die familie by wie sy gebly het. Hy
het gedreig om haar vrek te maak indien sy horn sou gaan verklaar.
Die
volgende oggend was die klaagster te seer om op te staan. Sy het vir
haar tante gese dat dit die beskuldigde was wat haar
so geslaan en
geskop het. Sy het die tante egter nie in daardie stadium van die
verkragting vertel nie. Die klaagster is die
volgende dag deur die
distriksgeneesheer ondersoek. Hy het altesaam tien kneuswonde van
verskillende grootte oor haar hele liggaam
gevind, wat toon dat sy
veelvuldige kere aangerand is met 'n stomp voorwerp. Daarbenewens
was daar ook tekens van bloeding, sowel
as "n vaginale skeur
wat vir horn daarop gedui het dat daar gewelddadige geslagsomgang
met die klaagster plaasgevind het.
Teen
hierdie agtergrond is dit nou die plig van die Hof om die
beskuldigde vir hierdie misdaad te straf. Die wetgewer het in 1997
sekere swaar minimum vonnisse op die wetboek geplaas ingevolge die
Strafregwysigingswet waarna ek reeds verwys het. Die doel
van die
wetgewing is klaarblyklik om te dien as afskrikmiddel om sodoende
die golf van ernstige misdaad, insluitende misdade
van seksuele
geweld teenoor vroue en jong meisies te probeer stuit.
By
die oorweging van 'n gepaste vonnis is die beginpunt by artikei
51(1), gelees met Deel I van Bylae 2 van die wet, wat insluit
verkragting waarby die toediening van ernstige liggaamlike leed
betrokke is. In hierdie verband het advokaat
Prinsloo
betoog dat die klaagster se beserings in die huidige saak nie aan
daardie vereiste voldoen nie. Ek stem nie saam nie. Indien
iemand
aangerand was, soos wat ek reeds beskryf het, sodat sy die volgende
dag skaars kon opstaan, is dit volgens my oordeel
duidelik dat dit
wel ernstige liggaamlike leed daarstel vir doeteindes van die wet.
Dit
bring mee dat die Hof normaalweg verplig is om Yi persoon tot
lewenslange gevangenisstraf te vonnis, tensy die Hof tevrede
is dat
daar wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging
van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe vonnis regverdig.
Die wet
self bevat geen definisie van die konsep van wesenlike en dwingende
omstandighede nie en dit is iets wat op die totaliteit
van die feite
van etke besondere deur die Hof beoordeel moet word.
In
die onlangse uitspraak deur die Hoogste Hof van Appel in die saak
van
S
v Malgas
.
is onder andere beslis dat indien die Hof in enige spesifieke saak
tot die gevolgtrekking kom dat die minimum voorgeskrewe vonnis
tot
'n onreg sou lei, of dat die so buiteverhouding is met die misdaad,
die midadiger en die belange van die gemeenskap, dan
mag die Hof 'n
mindere vonnis ople\ Die Hof mag egter nie ligtelik of sonder
goeie rede van die wetgewer se voorskrifte afwyk
nie.
Advokaat
Prinsloo
.
wat in hierdie hof namens die beskuldigde verskyn het, het in sy
betoog sekere versagtende omstandighede onder die Hof se aandag
gebring. Daar is ook by ooreenkoms Yi proefbeampteverslag voor die
Hof geplaas waarin die beskuldigde se persoonlike omstandighede
volledig uiteengesit word. Daaruit biyk die beskuldigde se
onstabiele gesinsagtergrond, sowel as sy gebrekkige opvoeding Hy was
ongeveer 31 jaar oud ten tyde van die voorval. Hy is ongetroud, maar
het die saamleefverhouding met die klaagster gehad wat ek
reeds
genoem het en by wie hy ook twee kinders het, vir wie hy onderhoud
het. Hy het vanaf "n redelike jong ouderdom deurgaans
vaste
werk gehad by dieselfde werkgewer en was skynbaar h goeie werker.
Die
beskuldigde het 'n hele aantal vorige veroordelings waaronder twee
vir aanranding met die opset om ernstige te beseer. Die
een is egter
taamlik oud in 1988 toe hy 12 maande gevangenisstraf gekry het en
die ander een was skynbaar minder ernstige, deurdat
hy in 1993 Vi
boete van R300.00, sowel as Yi opgeskorte vonnis gekry het. Ander
persoonlike omstandighede wat ter sake is, is
die feit dat hy 'n
ooglopende gebrek aan behoorlike opvoeding en onderwys het, deurdat
hy slegs tot by graad 2 op skool gevorder
het. Daarby kom hy ook
vanuit 'n armoedige en agtergeblewe sosio-ekonomiese agtergrond en
het sy vader op 'n jong ouderdom verloor.
Hy is reeds ongeveer twee
jaar in hegtenis verhoorafwagtend op hierdie saak.
Wat
die misdaad aanbetref, word verkragting tereg deur ons Howe, sowel
as die wetgewer en die gemeenskap, as 'n baie ernstige
misdaad
beskou. Verder is ons almal bewus van die wye publisiteit wat
verkragting tans in die media geniet. Die gemeenskap eis
dat mense
wat hulle self aan sulke optrede skutdig maak, behoorlik deur die
Howe gestraf word. Die beskuldigde se optrede teenoor
die klaagster
in die huidige geval, maak dit nog erger. Hy het hierdie vrou, wat
die ma is van sy twee kinders, slegter behandel
as wat 'n mens 'n
hond sou behandel. Die Staatsadvokaat het nie oordryf nie toe hy
betoog het dat die beskuldigde vir die klaagster
soos 'n vloerlap
behandel het.
Ek
het die geleentheid gehad om die klaagster se getuienis in hierdie
hof aan te hoor. Volgens voorkoms is dit duidelik dat die
beskuldigde fisies heelwat groter en sterker as die tengerige en
skraal geboude klaagster is. Ongelukkig is hierdie optrede van
die
beskuldigde geensins vreemd of uniek nie. Inteendeel dit vorm die
basiese patroon oor naweke in soveel van ons landelike
distrikte en ook in stede en townships. Dit is tyd dat die
boodskap uitgestuur word dat dit nie so kan voortgaan
nie. Die
vorige Hoofregter het die volgende gese in verband met verkragting
in
S
v Chapman
1997:
"Rape
is a very serious offence, constituting as it does a humiliating,
degrading and brutal invasion of the privacy, the
dignity and the
person of the victim. The rights to dignity, to privacy and the
integrity of every person, are basis to the ethos
of the
constitution and to any defensible civilisation. Women in this
country are entitled to the protection of these rights.
The Courts
are under a duty to send a clear message to the accused, to other
potential rapists and to the community. We are determined
to protect
the equality, dignity and freedom of all women and we shall show no
mercy to those who seek to invade those rights."
Dit
is moeilik om Yi mens in te dink in die vernedering, pyn en vrees
wat die klaagster moes ervaar het as gevolg van haar ondervinding.
Dit was ook nie die eerste keer wat hy so teenoor die klaagster
opgetree het nie. Boonop weier die beskuldigde steeds om te erken
dat hy enigiets verkeerd gedoen het en toon hy geen
berou hoegenaamd nie Inteendeel hy het die klaagster
herhaaldelik
met verdere leed gedreig indien sy horn sou gaan
verkla. Dit is vir die Hof duidelik dat daar 'n ernstige behoefte
bestaan, enersyds,
om die beskuldigde deur middel van
rehabilitasieprogramme in die gevangenis tot ander insigte te bring
en andersyds, om die klaagster
teen horn te beskerm.
Hierdie
Hof het vandag ernstig oorweeg om vir die beskuldigde lewenslank
tronk toe te stuur. Uiteindelik het ek egter daarteen
besluit,
aangesien ek op sterkte van advokaat
Prinsloo
se deeglike betoog tot die gevolgtrekking gekom het dat so Yi
vonnis, in die huidige omstandighede, so buite verhouding is met
die
misdaad, die misdadiger en die belange van die gemeenskap, dat dit
tot 'n onreg sou lei. My taak is ook vergemaklik deurdat
advokaat
Theron
.
namens die Staat, nie aangedring het op lewenslange gevangenisstraf
nie.
In
hierdie verband is dit hoofsaaklik 'n kombinasie van die volgende
faktore wat volgens my oordeel wesenlike en dwingende omstandighede
daarstel:
1.
Die beserings wat die klaagster opgedoen het, ernstig soos wat dit
was, het skynbaar ten voile herstel en sy het geen permanente
fisiese nagevolge van die aanval oorgehou nie.
2.
Die beskuldigde kom vanuit 'n armoedige en agtergeblewe agtergrond
en hy het 'n gebrek aan voldoende opvoeding.
3.
Die beskuldigde is reeds meer as twee jaar verhoorafwagtend in
hegtenis.
Dat
die beskuldigde wel gestraf moet word
:
is duidelik. Lang termyn gevangenisstraf is klaarblyklik die enigste
gepaste vonnis. In al die omstandighede is 'n gepaste vonnis,
volgens my oordeel, een van
AGTIEN
(18) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
GRIESEL,
J