About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2001
>>
[2001] ZAWCHC 7
|
|
S v Fielies (SS.36/2001) [2001] ZAWCHC 7 (14 November 2001)
MNR
PRINSLOO
J
SNYMAN
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(OOSTELIKE
RONDGAANDE PLAASLIKE AFDELING TE OUDTSHOORN)
SAAKNOMMER
:
SS.36/2001
DATUM
:
14
NOVEMBER 2001
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
MELVIN
FIELIES
V
O N N I S
GRIESEL,
R
:
Die
beskuldigde is in die streekhof skuldig bevind op twee aanklagte van
verkragting sowel as een van aanranding met die opset om
ernstig te
beseer. Die streeklanddros het gevolglik, ingevolge die bepalings van
artikel 51(1) van Wet 105 van 1997 die verrigtinge
gestaak en die
beskuldigde na hierdie Hof verwys vir vonnisoplegging.
Ek
het reeds vroeer vanoggend die skuldigbevindings bekragtig.
Die
misdade waaraan die beskuldigde skuldig bevind is, spruit voort uit
twee afsonderlike voorvalle wat onderskeidelik op 14 November
1999 en
2 Januarie 2000 in die distrik van Ladismith plaasgevind het. Volgens
die getuienis was die beskuldigde, die klaagster
ten opsigte van die
eerste verkragting sowel as 'n hele groep vriende die betrokke aanH
iy
'n
piekniekterrein in Seweweekspoort naby Ladismith. Daar is
klaarblyklik 'n groot hoeveelheid drank verorh^r die aand. Daar is,
onder andere, vuurgemaak en die vuur het later buite beheer geraak en
'n rondawel of afdak by die R'akniekterrein het afgebrand.
Daarna
was daar besluit om huis toe te gaan. In 'n sekere stadium het die
beskuldigde en die klaagster uit die kar geklim en saam
gestap. Dit
was in daardie stadium wat die klaagster deur die beskuldigde
aangerand en verkrag was.
Die
klaagster se getuienis aangaande die verkragting was nie baie
duidelik nie en sy kon nie onthou presies hoe dit plaasgevind
het
nie, hoofsaaklik as gevolg van haar eie drankinname. Sy het egter
volgehou dat sy nie vir die beskuldigde toestemming gegee
het, soos
wat hy beweer het nie.
Die
streeklanddros het in sy uitspraak vir die beskuldigde die voordeel
van die twyfel gegee en in sy guns aanvaar dat hy nie die
klaagster
met geweld verkrag het nie, maar dat sy as gevolg van haar eie
dronkenskap nie in 'n toestand was om geldiglik toestemming
te gee
tot gemeenskap nie.
Wat
die tweede verkragting aanbetref, blyk dit uit die getuienis dat dit
weer eens gevolg het op 'n langdurige drinkery oor die
Nuwejaarsnaweek van 2000. Gedurende die vroee oggendure van Sondag, 2
Januarie, het die beskuldigde saam met die klaagster geloop
om haar
huis toe te bring. By 'n verlate plek het die beskuldigde die
klaagster gedwing om met horn seks te he. Hy het 'n kombuismes
by
horn gehad waarmee hy die klaagster gedreig het.
Nadat
hy klaar was, het hulle verder geloop tot naby die kaasfabriek en 'n
ent verder waar hy haar in 'n geboutjie ingeforseer het
en weer
gedwing het om met horn gemeenskap te hou. Toe sy nie wou saamwerk
nie, het hy haar kop teen die muur gestap en haar klere
van haar
afgeskeur. Nadat sy tuisgekom het, het die klaagster die gebeure aan
haar moeder gerapporteer en was daarna na die polisie
en die
distriksgeneesheer geneem.
Teen
hierdie agtergrond is dit nou die plig van die Hof om die beskuldigde
vir hierdie misdade te straf. Die Wetgewer het in 1997
sekere swaar
minimum vonnisse op die Wetboek geplaas ingevolge die
Strafregwysigingswet, 105 van 1997, wat op 1 Mei 1998 in werking
getree het. Die doel van die wetgewing is klaarblyklik om te dien as
afskrikmiddel om sodoende die golf van ernstige misdaad, insluitende
die misdade van seksuele geweld teenoor vroue en jong meisies te
probeer stuit.
By
die oorweging van 'n gepaste vonnis is die beginpunt by artikel 51(1)
gelees met Deel I van Byiae 2 van die Wet wat bepaal dat
die Hof
normaalweg verplig is om 'n persoon tot lewenslange gevangenisstraf
te vonnis vir daardie tipe misdade waaronder verkragting,
wanneer dit
gepleeg is in omstandighede waar die slagoffer meer as een keer deur
die beskuldigde verkrag is of waarby die toediening
van ernstige
liggaamliks geweld of leed betrokke is. Indien die Hof egter tevrerje
is dat daar wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat die
oplegging van 'n mindere vonnis as die voorgeskrewe Vonnis regverdig,
kan die Hof sodanige mindere vonnis ople.
Die
Wet self bevat geen definisie van die konsep van wesenlike en
dwingende omstandighede nie en dit is iets wat op die totaliteit
van
die feite van elke besondere saak beoordeel moet word. In die
onlangse uitspraak deur die Hoogste Hof van Appel in die saak
van
S
v MALGAS
is
onder andere beslis dat indien die Hof in enige spesifieke saak tot
die gevolgtrekking kom dat die minimum voorgeskrewe vonnis
tot 'n
onreg sou lei of dat dit so buite verhouding is met die misdaad, die
misdadiger en die belange van die gemeenskap, dan mag
die Hof 'n
ligter vonnis ople. Die Hof mag egter nie uit die oog verloor nie dat
die Wetgewer deur hierdie wetsbepaling duidelik
te kenne gegee het
dat swaarder vonnisse vir hierdie tipe misdrywe opgele behoort te
word.
Advokaat
Prinsloo
,
wat in hierdie hof namens die beskuldigde verskyn, het in sy betoog
sekere versagtende omstandighede onder die Hof se aandag gebring.
Die beskuldigde is tans 29 jaar oud. Hy is getroud en het een kind by
sy vrou wat tans drie jaar oud is. Daarbenewens het hy
ook twee
buite-egtelike kinders by 'n ander vrou. Hy het van jongs af op 'n
plaas gewerk en het later deur verdere studie daarin
geslaag om
matriek te slaag. Hy is tans besig om verder te studeer vir 'n
BA-graad in Teologie.
Die
beskuldigde het verskeie vorige veroordelings, meestal weens
diefstal. Hy is tans besig om 'n vonnis van ses maande
gevangenisstraf
uit te dien weens diefstal wat egter skynbaar gepleeg
is voor die huidige misdade.
Verder
het advokaat
Prinsloo
ook daarop gewys dat die beskuldigde berou getoon het vir sy dade. Hy
het naamlik uit die gevangenis 'n brief aan die tweede klaagster
geskryf waarin hy onder andere die volgende se:
"Mej
Snyman ek het my hart hier in Oudtshoorn gevangenis vir die Here
gegee. Ek is nou 'n kind van 'n lewende God, en as wedergebore
Christen is dit 'n moet dat ek moet erken wat ek gedoen het aan u was
verkeerd. Mej Snyman ek wil by u vra vir vergifnis om my
te vergewe
vir wat ek aan u gedoen het. Ek het geen reg gehad om u te verkrag
nie. Vergewe my asseblief. Ek besef dat ek nie kan
weg vat wat gebeur
het nie. Ek wil ook om vergifnis vra omdat ek gelieg het gedurende
die verhoor van die saak. Ek is tans nog
nie gevonnis nie. Ek sal die
waarheid in die hof praat. Ek sal erken dat ek u verkrag het en ek
sal ook erken dat ek gelieg het
in die hof toe die saak verhoor was."
Verder
is daar by ooreenkoms 'n proefbeampteverslag voor die Hof geplaas
ten opsigte van die klaagster onder die tweede verkragting.
Die
klaagster het ook op versoek van die Hof kortliks hier kom getuig
aangaande die effek van die misdade op haar. Die klaagster
het
getuig dat die gebeure 'n baie traumatiese effek op haar gehad het
dat sy nou voortdurend bevrees is. Sy het wel berading
ontvang vir
haar toestand en dit wil voorkom asof sy wel baat gevind het daarby.
Sy is tans betrokke in 'n normale verhouding
met 'n mansvriend en 'n
mens kan slegs maar hoop dat sy met verloop van tyd daarin sal slaag
om die voorval ten voile te kan
verwerk. Sy getuig verder dat
alhoewel sy die beskuldigde reeds vergewe het, voel sy tog dat hy
gestraf moet word vir wat hy
gedoen het.
Wat
die misdade aanbetref waaraan die beskuldigde skuldig bevind is,
word verkragting tereg deur die howe sowel as die Wetgewer
en die
gemeenskap as 'n baie ernstige misdaad beskou. Verder is ons almal
bewus van die wye publisiteit wat verkragting tans
in die media
geniet.
Die
gemeenskap vereis tereg dat mense wat hulle self aan sulke optredes
skuldig maak, behoorlik deur die howe gestraf word. Die
vorige
Hoofregter, MAHOMED, HR het dit soos volg beskryf in die saak van S
v
CHAPMAN
1997:
"Rape
is a very serious offence constituting as it does a humiliating,
degrading and brutal invasion of the privacy, the
dignity and the
person of a victim. The rights to dignity, to privacy and the
integrity of every person are basic to the ethos
of the Constitution
and to any defensible civilisation. Women in this country are
entitled to a protection of these rights. The
courts are under a
duty to send a clear message to the accused, to other potential
rapists and to the community we are determined
to protect the
equality, dignity and freedom of all women and we shall show no
mercy to those who seek to invade those rights".
In
die huidige saak wil dit voorkom asof die beskuldigde geen les
geleer het uit die eerste voorval nie want alhoewel hy nie dadelik
op daardie aanklag gearresteer is nie, het hy skaars ses weke later
die tweede verkragting gepleeg. Dit is byna met 'n toon van
bravade
wat hy die streekhof aangaande sy eskapades getuig het. Hy as 'n
getroude man het horn min gesteur aan daardie beperking
en het op sy
eie getuienis gedurende die relevante periode nie slegs met die twee
klaagsters nie, maar ook met verskeie ander
vroue gemeenskap gehad.
Dit
is vir die Hof duidelik dat daar ernstige behoefte bestaan enersyds
om die beskuldigde deur middel van rehabilitasieprogramme
tot ander
insigte te bring en andersyds om die klaagsters en ander vroue teen
sy ongevraagde attensies te beskerm.
Na
sorgvuldige oorweging en met inagneming van die feite as geheel,
versagtend sowel as verswarend, het ek tot die gevolgtrekking
gekom
dat daar in die huidige saak wel wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig is wat die oplegging van 'n mindere vonnis
as
lewenslange gevangenisstraf regverdig. Hierdie gevolgtrekking berus
op 'n kombinasie van die volgende feite en omstandighede.
Eerstens,
albei verkragtings het plaasgevind nadat die beskuldigde 'n
aansieniike hoeveelheid alkohol verorber het. Daardeur
is sy
inhihisies klaarblyklik verlaag. Tweedens, die klaagster ten opsigte
van die tweede verkragting het nie enige ernstige
beserings opgedoen
nie en het oenskynlik goed herstel van die tiauma alhoewel sy nog
vir 'n lang tyd die sielkundige effek daarvan
sal ervaar. Derdens,
die beskuldigde het berou uitgespreek vir sy optrede ten opsigte van
die tweede verkragting. Vierdens, dit
olyk uit sy brief wat ek
aangehaal het, sowel as sy verdere studies waarmee hy besig is, dat
die beskuldigde wel die potensiaal
het om gerehabiliteer te word.
Dat
die beskuldigde wel gestraf moet word, is duidelik. Lang termyn
gevangenisstraf is klaarblyklik die enigste vonnisopsie.
Desnieteenstaande is ek van oordeel dat 'n vonnis van lewenslange
gevangenisstraf in die huidige saak tot 'n onreg sou lei.
In
soverre dit aanklag 1 aanbetref, dit is die eerste verkragting, val
dit onder Deel III van Bylae 2. Dit bring mee dat die Hof
normaalweg
verplig is om 'n vonnis van tien jaar gevangenisstraf op te le.
Vanwee die omstandighede van die besondere geval,
is ek egter bereid
om aanklag 1 en 2 saam te neem vir doeleindes van vonnis aangesien
dit in wese deel gevorm het van dieselfde
misdaad en hom ten opsigte
daarvan 'n vonnis van ses (6) jaar gevangenisstraf op te le. In
soverre dit aanklag 3, dit is die
tweede verkragting, aanbetref is
ek van oordeel van 'n vonnis van agtien (18) jaar gevangenisstraf
gepas sal wees. Die vonnisse
onder aanklag 1 en 2 sal gelyktydig met
die vonnis onder aanklag 3 uitgedien word.
Om
dus saam te vat, die vonnis van die Hof is die volgende:
AANKLAGTE
1 EN 2
:
Verkragting en aanranding met die opset om ernstig te beseer ten
opsigte van die eerste klaagster, die twee klagtes saamgeneem
vir
doeleindes van vonnis:
SES
(6) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
AANKLAG
3
:
Verkragting van die tweede klaagster:
AGTIEN
(18) JAAR GEVANGENISSTRAF
.
Dit
word ingevolge artikel 280(2) van die Strafproseswet gelas dat die
vonnisse samelopend uitgedien sal word.
GRIESEL,
R