About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2001
>>
[2001] ZAWCHC 10
|
|
S v Willemse (SS113/1999) [2001] ZAWCHC 10 (6 August 2001)
IN DIE HOE HOF VAN
SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF. KAAPSTAD)
SAAK NO: SS113/1999
DATUM: 6 AUGUSTUS
2001
In die saak tussen:
DIE STAAT
en
DANIEL WILLEMSE
V O N N I S
N C ERASMUS. R:
Mnr Willemse, ek het
vandag die onplesierige taak om vir u 'n vonnis op te le. U moet nou
vandag gestraf word. Wanneer ek u vonnis
moet ek verskeie faktore in
ag neem. Ons kyk na u self as h mens wat voor die Hof staan. Ons kyk
ook na die daad wat u gepieeg
het en ons let ook op die belange van
die gemeenskap, die ander mense daar buitekant en dan neem ek ook in
ag die doel van die
straf. U advokaat het veral klem daarop gele
daarop dat ek nie h vonnis moet ople wat vir u breek nie, dat daar
ten minste nog
in u gemoed die verwagting sal wees dat u eendag uit
die gevangenis vrygelaat sal word.
Bykomend tot al
hierdie faktore en doelstellings moet ek ook in ag neem dat die
Wetgewer sekere vonnisse voorskryf vir hierdie tipe
misdryf en die
vonnis wat die Wetgewer voorskryf is lewenslange gevangenisstraf en
ek kan slegs daarvan afwyk as al die omstandighede
saam, dit is nou u
eie sowel as die van die gemeenskap en die misdryf, alles saamgeneem,
vir my dwingende omstandighede is, met
ander woorde dit moet my
beweeg om ti ander vonnis op te le, h ligter of in sommige gevalle
ook "h swaarder vonnis, maar ons
kyk spesifiek na die ligter
vonnis.
Kom ons handel eers
met die getuienis wat vandag gelei is van die psigiater. Die
psigiater het spesifiek ondersoek ingestel of u
verklaar moet word
tot "h gevaarlike misdadiger, met ander woorde iemand wat se
optrede van so 'n aard is dat dit 'r\ gevaar
inhou vir ander mense of
dit nou is as gevolg van sy geestestoestand of nie, is nou nie
belangrik nie. Maar dit is so dat iemand
wat nou oor 'n tydperk gewys
het dat hy veral prooi maak op jong kinders kan so beskryf word, soos
in u geval, en dit is hoekom
die dokter seker se u is 'n gevaar vir
die gemeenskap.
Maar die ondersoek
bly nie daar nie, om vir u onder daardie artikel te vonnis, moet ek
eerstens bevind u is 'n gevaar vir die gemeenskap,
met ander woorde
daar is 'n hoe risiko, daar is 'n beter kans dat u dit weer gaan doen
en ek moet bevind dat u 'n persoon is teen
wie die gemeenskap beskerm
moet word. Dit is maar net een van die vonnisopsies, met ander woorde
een tipe vonnis wat ek vir u kan
ople. Dit beteken dat ek dan vir u
'n tydperk tronk toe stuur en aan die einde van daardie tydperk kom u
terug na die Hof toe -
normaalweg as 'n mens daardie vonnisse ople,
dan sal dit nou nie meer in my leeftyd wees nie, ek is al te oud, dit
sal mense wat
my volg wat sal hier wees om dan te besluit of jy ooit
uit die tronk uit kan kom. Nou kan u self dink hoe lank is daardie
tyd.
Die ander vonnisopsie natuurlik gewone gevangenisstraf of
lewenslange gevangenisstraf.
U is 'n man wat vir
'n lang tyd 'n skoon pad geloop het tot na die ouderdom van 40 was u
nie skuldig bevind in 'n hof nie, maar
dit lyk as ons na die dokter
se verslag kyk, asof u maar al lankal die hunkering het om as
vroumense nie vir u u sin wil gee nie,
dat u hulle wil misbruik. Dit
het u self vir die dokter gese, u het so gevoel. U het egter vir u 'n
baie gevaarlike paadjie uitgekap
toe u begin het om met kinders te
lol. U het nou eers met die tweetjies gelol en hulle verkrag en
terwyl u op borg uit is, gaan
doen u hierdie afskuwelike daad
waarvoor ek vir u nou vandag moet straf en dit is 'n verswarende
faktor, dit is iets wat ek teen
u moet hou dat u die kans gekry het
om buite te wees en u het dit nie gebruik nie. U het gegaan en nogal
"h familielid se
kind wat vir u vertrou het, na wie u moes
omgesien het, het u gaan verkrag. Dit is verswarend.
Aan die ander kant
neem ek in ag dat u het 'n moeilike tyd gehad as "h jong mens,
van drie maande oud af, lyk dit vir my, toe
u ma vir u verlaat het en
in pleegsorg gaan plaas het, u maar ook so hak-en-tak skool toe
gegaan het want die ander mannetjies
op skool het u afgeknou en u pa
het ook maar vir u onder die duim gehou dat u miskien nie regte
verhoudinge kon opbou met vrouens
nie en dit gaan nou hier oor die
man wat die vrou misbruik, dit is hoekom ek dit so stel. Ek weet nie
hoe u verhoudings was met
mansmense of u goeie vriende gemaak het
nie, dit weet ons nou nie. Ek sal dit in ag neem.
Ek sal in ag neem
dat u nou nie so hoog geleerd is nie, in mooi Afrikaans gese u
intelligensiepeil is nou nie so hoog nie, maar
ek praat nou met u dat
u my kan verstaan. Dat u ook nie miskien, soos u advokaat
geargumenteer het, altyd geweet hoe om die dinge
te hanteer nie, maar
dit alles saam is nie 'n verskoning vir dit wat u gedoen het nie. Nou
moet ek vir u se ek het nou al vandat
u die eerste keer voor my
verskyn het, omdat hierdie 'n minimum vonnis is en omdat ek weet u
doen reeds 14 jaar vir verkragting,
gedink aan die verskillende
opsies van hoe 'n mens vir u kan straf dat u ten minste nog weet u
het 'n kans.
Nou u sou gehoor het
ek het die advokaat gevra en hy het toegegee dat vir hierdie tipe
misdryf, as u nou hier gestaan het net vir
die een klagte, vergeet
van u straf wat u doen, dan sou 'n mens verwag het dat ek vir u gaan
straf tot 'n baie swaar straf, sou
kyk hier by die 20 jaar rond as
daar nie die minimum vonnisse was nie, daarvandaan op. As u dit bytel
by die vonnis wat u klaar
doen, dan gaan u bokant die norm waar dit
is vir iewenslange gevangenisstraf, dan beweeg ons weer na daardie
eerste vonnis wat
ek u verduidelik het, wat so swaar kan wees dat u
ook sien dit is nag, daar is nie lig aan die einde van die tonnel nie
en dit
is tussen daardie twee opsies wat ek moet besluit.
Ek het verdere
opsies, ek kan ook vonnisopmerkings maak wat eendag wanneer u voor
die paroolraad moet kom daar gaan wees en hulle
gaan kyk en hulle
gaan se maar die regter het gese a, b of c en aan die hand daarvan
word u parool oorweeg. Ek het egter daarteen
besluit omdat ek glo dat
geen mense is te sleg om goed te raak nie - dit is die eerste
uitgangspunt - en die tweede is as ons u
ouderdom in ag neem en die
vonnis wat ek in gedagte het, dan sal u 'n baie ou man wees as u
eendag uit die tronk kom en hopelik
dan sal die ouderdom al vir u
getemper het dat u nie 'n gevaar is vir ander mense se kinders nie en
dit gee vir u die geleentheid
om by die minimum tydperk wat u in die
gevangenis moet sit, dalk vrygelaat kan word, indien u ook u kant
bring. U het gehoor die
dokter se mense wat hierdie tipe goed doen,
kan nie behandel word nie, hulle moet self hulle kop verander. Maar
dit gaan ook met
soos 'n mens ouer raak, raak 'n mens mos wyser ook.
Ek glo u moet vir 'n lang tyd uit die gemeenskap verwyder word sodat
u kan
die kans kry om te verander maar soos ek se ek wil nie vir u
breek nie.
Ek oorweeg, sonder
om 'n bevel te maak, in ag te neem dat vonnisse wat u reeds uitdien,
die 14 jaar, in elk geval sou kon saamloop
met die vonnis wat ek sal
ople. Voordat u nou skrik en nie meer luister na wat ek se nie, gaan
ek nou nie vir u se wat die vonnis
is nie, ek moet eers vir u
verduidelik hoe dit werk. Die vonnis wat ek vir u oorweeg beteken u
14 jaar wat u nou doen, val as 't
ware weg, hy loop, soos julle in
die tronk se, hy loop in die ander een in maar u sal tussen 20 en 25
jaar in die tronk wees voordat
u enigsins oorweeg gaan word vir
vrylating, behalwe as u gesondheid so agteruitgaan of u ouderdom is
van so 'n aard, ek weet nie
hoe daardie regulasies kan verander in
die toekoms nie en dit is om die redes wat ek besluit het, behalwe
die minimum vonnisse,
dat die mees gepaste vonnis in u geval is een
van
LEWENSLANGE GEVANGENISSTRAF
. So, u gaan nou na die
gevangenis, u dien 'n vonnis uit van lewenslange gevangenisstraf,
maar soos ek u verduidelik het, bestaan
daar altyd die moontlikheid
verder in die toekoms en daardie tydperk is hier erens tussen 20 en
25 jaar, maar ek kan nie vir u
waarborge gee nie, daardie word eers
oorweeg oor 'n klomp jare voor 'n paroolraad. Verstaan u die vonnis?
N C ERASMUS. R