S v Jafta (CA&R 138/01) [2001] ZANCHC 28 (10 December 2001)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of murder following incident outside a bar — Appellant claimed self-defense; however, evidence from state witnesses contradicted his account — Trial court accepted testimonies of state witnesses despite inconsistencies — Appellant's testimony deemed improbable and false — Appeal dismissed; conviction and sentence of 15 years imprisonment upheld as appropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 28
|

|

S v Jafta (CA&R 138/01) [2001] ZANCHC 28 (10 December 2001)

Verslagwaardig: Ja /
Nee
Sirkuleer aan Regters:
Ja / Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja / Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno:
CA&R
138/01
Datum
verhoor:
10/12/2001
Datum
gelewer:
10/12/2001
In die appél:
ANDRIES
JAFTA APPELLANT
versus
STAAT RESPONDENT
Coram:
KGOMO
RP
et
MAJIEDT
R
KONSEPUITSPRAAK
OP APPéL
MAJIEDT
R:
1. Die Appellant kom met
verlof van die verhoorhof in hoër beroep teen sy skuldigbevinding op
‘n aanklag van moord sowel as sy
vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf.
2. Die
Appellant was beskuldigde 1 tydens die verhoor. Sy
medebeskuldigde is onskuldig bevind op die aanklag van moord, maar
skuldig bevind aan ander aanklagte. Die Appellant, daarenteen, is
onskuldig bevind aan die ander aanklagte maar skuldig bevind aan
moord.
Die
skuldigbevinding spruit uit ‘n voorval wat plaasgevind het op die
4de Oktober 1999 te Galeshewe by ‘n drankhuis. Die Appellant
het
onskuldig gepleit en daar is namens hom ingevolge art 115 van die
Strafproseswet verduidelik dat ten aansien van sodanige pleit
op die
moordaanklag sy verweer een van noodweer is.
3. Die
skuldigbevinding berus grootliks op die getuienis van die
staatsgetuies Shadrack Mothibi en Michael Boer. Die twee getuies
se
getuienis kan as volg opgesom word:
Die voorval het ongeveer
2 uur die oggend plaasgevind buite die drankhuis.
Michael Boer was
werksaam by die buitehek van die drankhuis waar die voorval
plaasgevind het. Volgens sy getuienis het hy opgemerk
dat die
oorledene die drankhuis verlaat het waarna die Appellant se
medebeskuldigde in ‘n geveg met die oorledene betrokke geraak
het.
Die oorledene het nie tydens hierdie bakleiery teruggeslaan nie.
Appellant het toe
opgedaag en die oorledene met ‘n mes in die rug gesteek.
Nadat hy gesteek was het
die oorledene sy vuurwapen uitgehaal, maar voordat hy dit kon
gebruik het hy neergeval.
Boer het getuig dat die
oorledene geretireer het tot by die punt waar die Appellant hom
gesteek het met die mes. Mothibi aan die
ander kant het getuig dat
die oorledene omgedraai het en vorentoe geloop het in die rigting
van die punt waar hy gesteek is met
die mes.
4. Shadrack Mothibi het
die voorval gade geslaan op ‘n later stadium as Michael Boer. Toe
Mothibi die drankhuis verlaat het was
die bakleiery, volgens hom,
reeds aan die gang en het hy die gebeure verderaan waargeneem.
5. Daar
is etlike verskille tussen hierdie twee getuies se weergawes. Verder
is daar ook verskille tussen Mothibi se
viva
voce
-getuienis
en sy getuieverklaring. Die staat en die verdediging is dit eens dat
hierdie verskille bestaan. Die vraag wat ontstaan
is:
Watter
waarde moet geheg word aan hierdie verskille?
Ek sal aanstons hiermee handel.
6. Die staat het ook die
getuienis van ene Abraham Ntseane gelei. Die landdros het hierdie
getuie se getuienis verwerp. Ntseane
het in elk geval geen bydrae
gelewer wat betref die steekvoorval self nie en het sy getuienis
bloot gehandel oor wat daarna plaasgevind
het. Volgens Ntseane het
Shadrack Mothibi hom binne die drankhuis kom meedeel dat die
oorledene daar buite met ‘n mes gesteek
was. Ntseane is toe uit
waarna hy die verdere gebeure gade geslaan het.
7. Drie
polisiebeamptes se getuienis is ook gelei namens die staat, maar
hierdie getuienis handel oor aspekte wat nie relevant is
tot die
beregting van die geskilpunt nou voor ons nie.
8. Die
Appellant self het ook getuig maar is sy getuienis verwerp as
onwaarskynlik en leuenagtig.
9. In
sy argument het mnr Nel, wat namens die Appellant verskyn, grootliks
die volgende bevindinge van die landdros aangeval, te wete:
a) die landdros se
aanvaarding van die getuienis van Boer en Mothibi, nieteenstaande die
verskille in hulle getuienis wat volgens
mnr Nel wesenlike verskille
is;
b) Die feit dat die
landdros sonder meer Abraham Ntseane se weergawe van die gebeure
verwerp het; en
c) Die landdros se
verwerping van die Appellant se getuienis as vals bo redelike twyfel.
10. Ek
het alreeds hierbo aangedui dat beide die staat en die Appellant se
advokate
ad
idem
is dat die twee getuies se getuienis deurspek is met weersprekings in
hulle onderskeie weergawes. Hierdie weersprekings sluit in
die feit
of die Appellant ook vir die oorledene met die vuis geslaan het voor
die messtekery asook die vraag of die oorledene terugbaklei
het met
die Appellant se medebeskuldigde. Verder is daar verskille in die
twee getuies se getuienis ten aansien van waar presies
hierdie
voorval buite die drankhuis plaasgevind het. Soos ek hierbo aangedui
het, verskil hulle ook oor die feit of die oorledene
geretireer het
of vorentoe geloop het toe hy gesteek was.
11. In
sy uitspraak het die landdros, soos hy dit bestempel “
korte
mette”
gemaak
van Abraham Ntseane se getuienis. Hy het naamlik hierdie getuie se
getuienis verwerp op die basis dat dit in stryd is met
dié van Boer
en Mothibi en ook met die twee beskuldigdes se weergawes. Die
landdros was verder ook deeglik bewus van die weersprekings
tussen
die weergawes soos voorgehou deur Boer en Mothibi, maar het
desnieteenstaande hul getuienis aanvaar. Sy
ratio
vir die aanvaarding van hulle getuienis is dat hulle op alle
wesenlike aspekte wel ooreenstem in hulle weergawes van die gebeure.

Dit is inderdaad so dat wat die aanval self betref, die twee getuies
se weergawes tot ‘n groot mate ooreenstem. Die landdros
was na my
mening korrek in sy benadering deur te kyk na die totaliteit van die
getuienis voor hom en die getuies se getuienis te
aanvaar waar dit
mekaar staaf en waar dit ook deur die objektiewe waarskynlikhede
gestaaf word.
12. In
S
v Mkohle 1990(1) SASV 95(A)
op 98 f-g het Nedstadt AR hom as volg uitgelaat aangaande die
evaluering van weersprekings in getuies se getuienis:
“
Contradictions
per se do not lead to the rejection of a witness’ evidence. As
Nicholas J, as he then was, observed in S v Oosthuizen
1982(3) SA
571(T) at 576 B-C, they may simply be indicative of an error. And
(at 576G-H) it is stated that not every error made
by a witness
affects his credibility; in each case the trier of fact has to make
an evaluation; taking into account such matters
as the nature of the
contradictions, their number and importance, and their bearing on
other parts of the witness’ evidence.”
Sien
verder:
S
v Nyembe 1982(1) SA 835(A) te 842 G;
S
v Bruinders en ‘n ander 1998(2) SASV 432(SOK) te 439 f.
13. Mnr
Nel se verdere betoog dat die landdros gefouteer het deur die getuie
Abraham Ntseane se getuienis sonder meer te verwerp het
na my mening
geen meriete nie. Ntseane se waarneming van die gebeure is heeltemal
strydig met beide Boer en Mothibi s’n. Dit
strook ook nie met die
objektiewe waarskynlikhede in die saak nie. Ntseane wil dit hê dat
die oorledene eers sy vuurwapen uitgehaal
het op ‘n stadium toe
hulle (d.w.s. Ntseane en sy vriende) alreeds by die oorledene was om
hom te help. Dit is myns insiens heeltemal
onwaarskynlik dat die
oorledene op hierdie stadium nog sou poog om sy vuurwapen uit te
haal, aangesien die aanval lank reeds afgeloop
het en daar omstanders
was wat op hierdie weergawe besig was om hom by te staan. In elk
geval neem Ntseane se weergawe nie die saak
enigsins verder nie. Nog
minder is dit enigsins van hulp vir die Appellant in sy saak.
14. Die Appellant se
getuienis gaan mank aan verskeie gebreke. Soos uitgewys deur die
landdros in sy uitspraak het mnr Nel, wat ook
tydens die verhoor
namens die Appellant opgetree het, nooit aan enige van Mothibi en
Boer enige stelling gemaak oor wat die Appellant
se weergawe is oor
hoe hy die oorledene getref het in die rug met die mes nie. Die
landdros se afleiding dat mnr Nel geen instruksies,
alternatiewelik
onbetroubare instruksies hieraangaande gehad het, is myns insiens
heeltemal geregverdig. ‘n Verdere belangrike
weerspreking is dat
dit deurgaans aan hierdie twee staatsgetuies gestel is dat die
Appellant op die stadium toe hy die meshou toegedien
het, nie geweet
het of die oorledene se vuurwapen gespan was al dan nie. Hierdie
stellings het gestrook met die Appellant se getuienis
in hoof, te
wete dat hy die meswond toegedien het op ‘n stadium nadat die
oorledene reeds sy vuurwapen getrek het en gesê het
hy gaan hom
skiet. Eers daarna het die oorledene gepoog om die vuurwapen te
span.
Gedurende
die kruisondervraging het die Appellant egter lynreg hierdie weergawe
weerspreek en getuig dat, op die stadium toe hy die
oorledene gesteek
het, die oorledene die vuurwapen in sy hand gehad het, dit het
grondwaarts gewys en die oorledene was besig om
te poog om die
vuurwapen te span. Net hierna het die Appellant weereens sy weergawe
gewysig deur terug te val op sy oorspronklike
weergawe oor wanneer
die vuurwapen gespan sou gewees het.
Verder
neem die landdros ook heeltemal tereg, na my mening, in ag wat die
Appellant se optrede was na die voorval. Uit die drie
polisiebeamptes, Mussie, Molete en Mabugro se getuienis blyk dit
duidelik dat die Appellant ‘n onwaarheid vertel het in sy weergawe
dat hy nie na die voorval saam met sy medebeskuldigde na die
Kagisho-polisiestasie was nie. Wanneer aanvaar word, soos die
landdros
heeltemal tereg gedoen het (en mnr Nel het nie hierdie
bevinding hoegenaamd aangeval nie) dat die Appellant saam met sy
medebeskuldigde
wel by die polisiestasie was, dan is daar geen
verduideliking oor waarom hy die feit van die mesaanval op die
oorledene verswyg het
nie. Verder kon hy homself ook tot ‘n mate
verontskuldig het deur vir die polisie mee te deel dat die vuurwapen
van die oorledene
in sy medebeskuldigde se besit op daardie stadium
was.
15. Selfs op sy eie
weergawe het die Appellant ernstige probleme. Dit is egter nie nodig
om daarop verder in te gaan nie, aangesien
die landdros heeltemal
tereg sy weergawe verwerp het as vals bo redelike twyfel.
16. Vir
dié redes is ek derhalwe die mening toegedaan dat die
skuldigbevinding regtens in orde is.
17. Wat die vonnis
aanbetref handel dit slegs daaroor dat die verhoorlanddros, volgens
mnr Nel, gefouteer het deur te bevind dat daar
nie dwingende en
wesenlike omstandighede aanwesig is soos bedoel in artikel 51(3)(a)
van Wet 105 van 1997 nie. Mnr Nel het egter
in sy betoogshoofde,
heeltemal tereg na my mening, toegegee dat die enkele persoonlike
omstandighede wat strafversagtend kon uitwerk
op die vonnis, beklad
en oorskadu word deur die Appellant se vorige veroordelings sodat hy
nie met reg kan argumenteer dat daar inderdaad
dwingende en wesenlike
omstandighede aanwesig is nie. Hierdie toegewing is heeltemal korrek
in die omstandighede en kan ek niks
fout vind met die landdros se
benadering ten aansien hiervan nie.
In
die omstandighede meen ek ook dat die vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf heeltemal vanpas is.
Ek sou derhalwe die
appél van die hand wys en die skuldigbevinding en vonnis bekragtig.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam en gelas
dienooreenkomstig:
_____________
FD KGOMO
REGTER-PRESIDENT
NAMENS APPELLANT: ADV
I NEL
NAMENS
RESPONDENT: ADV TT BIRCH
DATUM VAN VERHOOR: 10
DESEMBER 2001
DATUM
VAN UITSPRAAK: 10 DESEMBER 2001