About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 27
|
|
S v Steenkamp (CA&R 97/01) [2001] ZANCHC 27 (12 November 2001)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Afdeling)
Saakno: CA&R 97/01
Datum
verhoor: 12/11/01
Datum
gelewer: 12/11/01
In die appél:
STEENKAMP, LEONARDO
NEIL APPELLANT
versus
DIE
STAAT RESPONDENT
Coram: BUYS R et MAJIEDT R
KONSEPUITSPRAAK
MAJIEDT R:
Die
Appellant is op 27 Maart 2001 skuldig bevind aan strafbare manslag
voortspruitende uit ân motorvoertuigbotsing met ân voetganger.
Hy is op dieselfde dag gevonnis tot ân boete van R20 000 of
drie jaar gevangenisstraf waarvan die helfte voorwaardelik
opgeskort
is vir ân tydperk van 5 jaar.
Met verlof van hierdie
Hof kom die Appellant in hoër beroep teen sy voormelde
skuldigbevinding.
Die getuienis voor die
Landdroshof was tot dien effekte dat die Appellant op 6 November
1998 die oorledene, ân 11-jarige
skooldogter, te Recreationweg
hier in Kimberley, noodlottig beseer het toe hy haar met sy
motorvoertuig gestamp het.
Alhoewel die getuienis
van twee getuies, Mnr Markgraaf en Mev Waites wat aanwesig was op
die toneel, gelei is, kon nie een van hierdie
twee getuies direkte
getuienis aangaande die botsing self verskaf nie.
Die Appellant het sy
saak gesluit sonder om self te getuig of enige ander getuienis aan
te bied.
In sy
pleitverduideliking ingevolge die bepalings van artikel 115 van die
Strafproseswet het die Appellant erken dat hy op 6 November
1998 met
sy motorvoertuig te Recreationweg, Kimberley bestuur het en dat
hierdie pad ân openbare pad is. Hy het verder erken
dat, terwyl
hy so bestuur het, hy met die oorledene gebots het met noodlottige
gevolge vir haar. Wat die res van die beweringe
betref, het hy as
volg in sy pleitverduideliking, wat skriftelik voor die hof geplaas
is as Bewysstuk A, verklaar:
â
All
other allegations contained in the charge sheet are placed in dispute
and the State is put to the proof thereof. I deny that
I am guilty
of the charge of culpable homicide and I also deny that I am guilty
on the alternative charge.â
Dit
is gemene saak hierin dat Recreationweg ân oop reguit pad is. Die
Landdros, sowel as die Staatsaanklaer, Beskuldigde, sy
prokureur en
die getuie Waites het ân inspeksie ter plaatse by die
botsingstoneel bygewoon. Daarvolgens blyk dit, soos ek alreeds
gesê
het, dat Recreationweg ân oop reguit pad is en dat daar geen
woonhuise aan weerskante van daardie pad is waar die punt
van
botsing aangedui is nie. Ongeveer 50 meter weg van die punt van
botsing, soos aangedui deur die Appellant, is daar ân beheerde
voetoorgang, wat dié dag deur Mev Waites beman is. Volgens Mev
Waites se getuienis is die Appellant by haar verby met ân groot
spoed en het hy haar gegroet toe hy by haar verby gery het. Net
daarna het sy ân slag gehoor en het die botsing toe alreeds
plaasgevind. Sy het egter nie die botsing self waargeneem nie.
Uit die voorafgaande
blyk dit duidelik dat:
Die Appellant, toe hy
in Recreationweg gery het, deeglik bewus daarvan moes gewees het
dat daar ân beheerde voetgangeroorgang
in die pad is wat hom op
sy hoede moes plaas.
Die oorledene, voordat
sy die pad oorgesteek het (aangesien dit gemene saak is dat sy op
die ryvlak van Recreationweg getref is)
nie versteek kon gewees het
tussen huise of deur ander voorwerpe aan ân aankomende motoris
nie.
In die omstandighede
waar ân motoris ân jong kind op ân ryvlak raakry, waar daar
geen sprake daarvan kan wees dat die kind
voor die botsing versteek
kon gewees het deur ander voorwerpe nie, ontstaan daar ten minste,
na my mening, ân
prima
facie
-aanduiding
van nalatigheid. Ons howe het al by meer as een geleentheid
bevindinge gemaak dat ân redelike versigtige motorbestuurder
nie
ân voetganger in helder daglig op ân oop pad omry nie en dat
derhalwe, met toepassing van die stelreël
res
ipsa loquitur
,
met reg van só ân motorbestuurder verwag kan word om ân
verduideliking te verskaf.
Sien ondermeer:
R
v Koen
1937 AD 211
te 213;
R v Roberson
1958(1) SA 676 (A) te 678 A-B.
Namens die Appellant is
daar verskeie submissies voorgehou oor waarom die skuldigbevinding
ter syde gestel behoort te word. Ek
meen egter dat hierdie appél
eenvoudig afgehandel kan word na aanleiding van die vraag:
Wat
was die effek van die Appellant se versuim om self te getuig tydens
die verhoor
?
By ontstentenis van enige getuienis daaroor van Staatsweë was hy
tog die enigste persoon wat ân verduideliking kon verskaf
oor hoe
die botsing plaasgevind het. In omstandighede, soos hierinvantevore
geskets, waar alle feite daarop dui dat hy nie soos
ân redelike
versigtige bestuurder opgetree het toe hy die kind op die ryvlak
raakgery het nie, sou mens tog verwag dat hy ân
verduideliking sou
verskaf. In gepaste omstandighede kan ân beskuldigde se versuim
om te getuig daartoe lei dat
prima
facie
-getuienis
afdoende getuienis teen hom word.
Sien:
S
v Brown en ân Ander 1996(2) SASV 49 (Nk) te 61 f-h
.
Ek
meen dat dit ook die geval is in hierdie saak. Die feite en
omstandighede waaronder die botsing plaasgevind het was immers binne
die Appellant se kennis. Inteendeel, hy was die enigste een wat
daaroor kon getuig.
Verontskuldigende
dele van ân pleitverduideliking moet, net soos die inkriminerende
gedeeltes daarvan, wel deeglik deur ân hof
oorweeg word. Die
bewyswaarde daarvan, by ontstentenis van enige getuienis ter
bevestiging daarvan deur ân beskuldigde, is natuurlik
twyfelagtig.
Sien:
S
v Cloete 1994(1) SASV 420 (A) te 428
.
Die
posisie is, na my mening, dieselfde wat betref stellings wat gemaak
word tydens kruisondervraging van Staatsgetuies deur ân
beskuldigde
se regsverteenwoordiger. Dit kan tog nie anders wees nie;
inteendeel, ek is die mening toegedaan dat dit selfs minder
oortuigingskrag het as verontskuldigende dele van ân
pleitverduideliking. In die onderhawige saak is die Staat se
beweringe, soos
uiteengesit in die klagstaat, bloot ontken en het die
beskuldigde se verweer eers na vore gekom by wyse van stellings deur
sy prokureur
aan die Staatsgetuies. Die feit dat die beskuldigde
versuim het om hierdie stellings onder eed te bevestig, beteken myns
insiens
dat die oortuigingskrag daarvan aansienlik verminder word.
Dit is veral sò in die lig daarvan dat die weergawe van die
Appellant,
soos deur sy prokureur gestel, totaal anders is as sy
weergawe aan Inspekteur Nelson, wie die landdros as ân
geloofwaardig getuie
bevind het.
Vir die redes voormeld,
is ek die mening toegedaan dat, op grond van
res
ipsa loquitur,
daar
prima
facie
-bewys
van nalatigheid aan die kant van die Appellant bestaan het aan die
einde van die Staatsaak en dat sy versuim om te getuig
tot gevolg
gehad het dat die
prima
facie
-bewys
afdoende bewys geword het. Ek is derhalwe die mening toegedaan dat
daar geen meriete in die appél is nie en dat die appél
van die
hand behoort gewys te word en die skuldigbevinding en vonnis
bekragtig behoort te word.
___________
SA MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam:
Die
appél word van die hand gewys en die skuldigbevinding en vonnis word
bekragtig.
_____________
AJ DU P BUYS
REGTER
NAMENS
APPELLANT: Advokaat A Bester i.o.v. Fletchers
NAMENS
RESPONDENT: Advokaat E van Dyk
DATUM
VAN VERHOOR: 2001-11-12
DATUM
VAN UITSPRAAK: 2001-11-12