S v Pieters (726/2001) [2001] ZANCHC 26 (5 November 2001)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Plea of guilty — Diligence required from magistrate in assessing evidence — Accused, a 17-year-old, found guilty of theft after admitting to stealing a radio cassette player under duress from friends — State closed its case without presenting evidence — Magistrate's reliance on the accused's admission without considering the absence of corroborating evidence or the implications of the accused's choice to testify — Court held that the guilty finding was legally untenable and set aside the conviction and sentence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 26
|

|

S v Pieters (726/2001) [2001] ZANCHC 26 (5 November 2001)

VERSLAGWAARDIG:
JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE: JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS: JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 726/2001
DATUM:
05-11-2001
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
LAWRENCE
PIETERS
CORAM:
KGOMO
RP et MAJIEDT R
U
I T S P R A A K
MAJIEDT R:
Die
beskuldigde, ‘n 17-jarige seun, is skuldig bevind op die ten laste
gelegde misdryf van diefstal en gevonnis tot 36 maande
gevangenisstraf waarvan 12 maande voorwaardelik opgeskort is. Ek
het op hersiening die skuldigbevinding bevraagteken.
Die Staat het, nadat ‘n
pleit van onskuldig ingevolge die bepalings van artikel 113 van die
Strafproseswet deur die landdros aangeteken
is, sy saak gesluit
sonder om enige getuienis aan te bied. Die beskuldigde self het
getuienis afgelê.
Tydens die artikel
112(1)(b) – verrigtinge het die beskuldigde erken dat hy op die
datum en plek soos beweer ‘n radiokassetspeler
uit die klaagster
se motor gesteel het. Hy beweer egter dat hy die misdryf gepleeg
het onder dwang van sy vriende wat hom met
fisiese leed gedreig het
as hy nie die daad sou doen nie. Die landdros het derhalwe,
heeltemal tereg, ‘n pleit van onskuldig
aangeteken.
Die staatsaanklaer het,
nadat die saak uitgestel was, op rekord geplaas dat die klaagster
weier om hof toe te kom en klaarblyklik
geen belangstelling toon in
die saak nie. Niks is vermeld oor ander moontlike beskikbare
getuies of getuienis nie.
Die landdros motiveer
haar uitspraak grootliks aan die hand van die feit dat die
beskuldigde se weergawe van dwang nie redelik moontlik
waar kan wees
nie. Hierdie benadering gaan mank in verskeie opsigte.
Soos die landdros tereg
aantoon, is dit nie uniek dat ‘n beskuldigde ná ‘n notulering
van ‘n pleit van onskuldig wel skuldig
bevind kan word nie,
nieteenstaande die feit dat die Staat geen verdere getuienis aanbied
nie. Voorbeelde hiervan in die regspraak
is ondermeer:
S v
Ncube; S v Mphateng en ‘n ander
1981(3) SA 511 (T), waar ‘n beskuldige in die Mphateng saak
duidelik al die wesenlike elemente van die misdryf wel erken het op
‘n aanklag van veediefstal.
In
S v
Goitsemang
1997(1)
SASV 99(O) het die beskuldigde toorn/provokasie geopper tydens die
artikel 112(1)(b) ondervraging en het die landdros ‘n
pleit van
onskuldig genotuleer. Geen getuienis is gelei nie en die beskuldigde
is skuldig bevind. Die Hof bekragtig op hersiening
die
skuldigbevinding op die basis dat die beskuldigde alleen sy eie
gemoedstoestand nader kon toelig en dat sy versuim om te getuig
van
kardinale belang was.
Teenoor
hierdie gewysdes, staan uitsprake soos dié in
S
v Mathe
1981(3) SA 664(NK) waar beklemtoon is dat daar nie van ‘n
beskuldigde verwag kan word om gebreke in die Staatsaak aan te vul
nie (te 668 E-F).
Sien ook:
S
v Masia
1962(2) SA 541(A) te 546.
Dwang
as ‘n verweer kan onder noodtoestand gekategoriseer word.
As ‘n verweer kan
noodtoestand dien óf as ‘n regverdigingsgrond (dus wat
wederregtelikheid uitskakel) óf as ‘n skulduitsluitende
verweer;
Snyman,
Strafreg,
4e uitgawe te 115-116;
S
v Bailey
1982(3) SA 772(A) te 796A
.
Die
Staat moet bewys bo redelike twyfel lewer dat ‘n beskuldigde
wederregtelik en met opset gehandel het by ‘n diefstal klag soos
die onderhawige. Daar kan nie, soos wat die landdros gedoen het,
bloot gekyk word na die beskuldigde se weergawe om te toets of
dit
redelik moontlik waar is nie. Die vraag ontstaan onmiddellik –
redelik moontlik waar teenoor wat?
Daar is ‘n verdere
probleem met die landdros se benadering. Die beskuldigde is
weliswaar meegedeel dat hy kan verkies om te swyg
of om te getuig.
Ek meen egter dat die landdros verder moes gegaan het en vir die
beskuldigde, synde onverteenwoordigd, volledig
verduidelik het wat
die implikasies is van die onderskeie keuses.
Die landdros het vir die
beskuldigde verduidelik dat sy antwoorde tydens die artikel 112(1)(b)
verrigtinge bly staan het as erkennings.
Alhoewel dít natuurlik
regtens in orde was, kon dit die indruk by die beskuldigde geskep het
dat hy verplig was om sy optrede te
probeer regverdig onder eed.
Ek
is van mening dat die skuldigbevinding regtens onontvanklik is. Ek
sou gevolglik die skuldigbevinding en vonnis tersyde stel.
____________
S.A. MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word aldus gelas.
_______________________
F.D. KGOMO
REGTER-PRESIDENT