About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 24
|
|
Kommissaris: Suid Afrikaanse Inkomstediens v Oberholzer (CA&R 141/2000) [2001] ZANCHC 24 (19 October 2001)
Verslagwaardig:
Ja/Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja/Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja/Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling
KIMBERLEY
SAAKNOMMER:
CA&R 141/2000
DATUM
GELEWER: 19-10-2001
In
die saak tussen:
KOMMISSARIS: SUID AFRIKAANSE
Appellant
INKOMSTEDIENS
en
P
Z OBERHOLZER Respondent
CORAM: BUYS R et KGOMO R et
MAJIEDT R
_______________________________________________________
U I T S P R A A K
Majiedt
R:
1. Die
regsaspek vir beslissing in hierdie appèl handel oor die uitleg van
die woord
âwaardeâ
soos vervat in paragraaf 4(1)(b)(i) van die Eerste Bylae tot die
Inkomstebelastingswet (Wet 58 van 1962, hierin verder na verwys
as
âdie
Wetâ
).
Dié betrokke aspek is, sover ek kon vasstel,
res
nova.
2. Die Respondent het
gedurende die belastingjaar 1994/95 begin om ân volskaalse boerdery
te beoefen; voorheen en meer bepaald tot
28 Februarie 1994 (die einde
van die voorafgaande belastingjaar) het hy boerdery bloot as ân
stokperdjie beoefen. Dit is gemene
saak dat die Respondent uit
hoofde van die voorafgaande belastingpligtig geword het as ân boer
vanaf die 1994/95 belastingjaar.
3. Vir die 1994/95
belastingjaar het die Respondent in sy belastingopgawe die waarde van
sy aanvangsvoorraad van lewende hawe teen
markwaarde as uitgawe
afgetrek. Die Appellant het hierdie uitgawe geweier en het dit slegs
toegestaan teen standaardwaarde.
4. Die Respondent het
hierteen geappelleer en die Inkomstebelasting Spesiale Hof by monde
van Steenkamp R (soos hy toe was) het die
appèl gehandhaaf.
Die Appellant kom nou in
hoër beroep teen hierdie bevinding.
5. Ingevolge
artikel 26(1) saamgelees met artikel 22 van die Wet moet ân
belastingpligtige wat boerdery bedryf
en
inkomste daaruit verkry
se inkomste bereken word aan die hand van die bepalings vervat in die
Eerste Bylae van die Wet. Sien:
Sekretaris
van Binnelandse Inkomste v Aveling
1978(1) SA 862(A) te 877D.
Paragraaf 2 van die
voormelde bylae vereis van ân boer dat hy in sy belastingopgawe die
waarde insluit van alle lewende hawe of
produkte wat hy aan die begin
en die end van elke jaar van aanslag besit en nie van die hand gesit
het nie.
6. Ten einde Respondent
se inkomste vir belastingsdoeleindes te bereken, moet daar ag geslaan
word op die bepalings vervat in paragraaf
3(1) van die Eerste Bylae.
Hierdie paragraaf lees as volg: -
â
(1) Behoudens
die bepalings van subparagrawe (2) en (3), word die waarde van
lewende hawe of produkte wat aan die end van die jaar
van aanslag
besit word en nie van die hand gesit is nie, by die inkomste vir
daardie jaar van aanslag ingereken, en word die waarde
van
lewendehawe of produkte, soos ooreenkomstig die bepalings van
paragraaf 4 vasgestel wat aan die begin van die jaar van aanslag
besit was en nie van die hand gesit was nie, as ân aftrekking van
bedoelde inkomste toegestaan.â
Subparagrawe (2) en (3)
is nie ter sake in hierdie aangeleentheid nie.
7. Paragraaf
4 van die Eerste Bylae vind toepassing waar bepaal moet word wat die
beginwaarde van die lewende hawe is.
Paragraaf 4 se
tersaaklike bepalings lees as volg: -
â
4(1) Die waardes
van lewende hawe en produkte wat aan die begin van ân jaar van
aanslag besit word en nie van die hand gesit is
nie, word behoudens
die bepalings van subparagraaf (2) â
In
die geval van ân boer wat op die laaste dag van die jaar wat die
jaar van aanslag onmiddellik vooraf-gaan besig was om boerdery
te
beoefen, geag die som te wees van â
die
waardes van lewende hawe en produkte wat hy aan die end van die jaar
wat die jaar van aanslag onmiddellik voorafgaan, besit
het en nie
van die hand gesit het nie; en
die
markwaarde van lewende hawe of produkte wat so ân boer gedurende
die lopende jaar van aanslag op ân ander wyse as deur aankoop
of
natuurlike aanwas of in die gewone loop van boerdery verkry het; of
in
die geval van ân persoon wat gedurende die jaar van aanslag met
boerdery begin of weer daarmee begin, geag die som te wees
van â
die
waarde van lewende hawe of produkte wat hy aan die end van die dag
wat die datum onmiddellik voorafgaan waarop hy aldus begin
of weer
begin het, besit het en nie van die hand gesit het nie; en
die
markwaarde van lewende hawe of produkte behalwe lewende hawe of
produkte in subitem (i) bedoel wat so ân persoon gedurende
die
jaar van aanslag op ân ander wyse as deur aankoop of natuurlike
aanwas of in die gewone loop van boerdery verkry het.â
Paragraaf
5(1) van die Eerste Bylae bepaal as volg:
â
(1) Die
waarde wat vir die doeleindes van hierdie Bylae op lewende hawe
gestel moet word, is behoudens die bepalings van paragraaf
4(1) en
subparagraaf (2) van hierdie paragraaf
(a) met betrekking tot
lewende hawe wat aan die end van die jaar van aanslag eindigende op
28 Februarie 1982 besit word en nie van
die hand gesit is nie â
ten
opsigte van aangekoopte aanteelvee, soos in subparagraaf (1A)
omskryf, wat gedurende die jaar van aanslag geëindig op 28
Februarie
1981 of eindigende op 28 Februarie 1982 deur die boer
verkry is, die koopprys deur die boer ten opsigte van die vee
aangegaan,
min ân bedrag gelyk aan â
vyf-en-sewentig
persent van bedoelde koopprys, indien bedoelde lewende hawe
gedurende die jaar van aanslag geëindig op 28 Februarie
1981 deur
die boer verkry is; of
vyftig
persent van bedoelde koopprys, indien bedoelde lewende hawe
gedurende die jaar van aanslag eindigende op 28 Februarie 1982
deur
die boer verkry is; en
ten
opsigte van ander lewende hawe as dié in subitem (i) bedoel, die
standaardwaarde wat op die lewende hawe van toepassing is;
en
(b) met betrekking tot
lewende hawe wat aan die
end van die jaar van
aanslag eindigende op 28 Februarie 1983 of ân daaropvolgende jaar
van aanslag besit word en nie van die hand
gesit is nie, die
standaarwaarde wat op die lewende hawe van toepassing is.â
8.2 Dit is gemene saak
dat Steenkamp R in sy uitspraak paragraaf 5(1) verkeerdelik in sy
gewysigde vorm toegepas het. Hierdie wysiging
is ingevoer deur
artikel 31(1)(a) van Wet 36 van 1996. Ingevolge artikel 45 van die
voormelde Wet word hierdie wysiging egter eers
geag in werking te
getree het met ingang van die begin van die jare van aanslag wat op
of na 1 Januarie 1997 eindig.
In
casu
het ons te make met ân aanslag vir die 1994/95 belastingjaar en
moes paragraaf 5(1) dus in sy ongewysigde vorm toegepas gewees
het.
Mnr. Lewis, wat namens die Appellant
voor ons verskyn het, het heeltemal tereg toegegee dat hierdie
foutiewe toepassing geen verskil
maak in die uitleg van die bepalings
nie, veral dié van paragraaf 5(1) (ongewysigd) saamgelees met
paragraaf 4(1).
8.3 Hierdie
is die enigste bepaling waar die woord
âwaardeâ
nader toegelig word in die Wet en die tersaaklike Bylae daartoe.
Paragraaf 5(1) self los
egter nie die probleem op nie, omrede die uitsonderings voorgehou
daarin van naderby betrag moet word.
Subparagraaf
5(2) handel met die sekwestrasie van ân boer se boedel en die
likwidasie van ân maatskappy en is gevolglik nie van
toepassing
nie. Wat dus oorbly is paragraaf 4(1) se bepalings, waarna hierbo
verwys is.
9. Steenkamp
R het
a
quo
ten
gunste van die Respondent beslis
hoofsaaklik aan die hand
van : -
die
uitleg van die woord
âwaardeâ,
deur daaraan met toepassing van die goue reël van wetsuitleg sy
gewone alledaagse betekenis te gee, te wete markwaarde; en
verskeie
anomalieë wat sou volg indien aan die woorde
âwaardeâ
die betekenis van standaardwaarde te heg.
Mnr.
Lewis het aan die hand gedoen dat die voormelde bevinding verkeerd is
en het hy die anomalieë wat die geleerde Regter in die
Hof
a
quo
uitgewys het, aangespreek. Ek sal aanstons met sy betoog handel.
Mnr. Van Niekerk, wat vir die Respondent verskyn, ondersteun
Steenkamp
R se bevinding en het verdere motivering verskaf waarom
âwaardeâ
nie standaardwaarde in die tersaaklike paragraaf kan wees nie. Ek
meen, met respek, dat die benadering van Steenkamp R deur aan
die
woord
âwaardeâ
sy gewone alledaagse betekenis te gee, ân sinvolle en
navolgenswaardige benadering is. Ek is ook die mening toegedaan dat
daar
verdere gronde is waarom die appèl nie kan slaag nie. Op
hierdie stadium volstaan ek daarmee dat, as die goue reël van
wetsuitleg
wel toegepas word soos wat Steenkamp R gedoen het, dan is
âwaardeâ
,
in sy gewone en alledaagse betekenis, markwaarde. Gesag daarvoor is
te vinde in ondermeer die volgende gewysdes: -
Pietermaritzburg
Corporation v South African Breweries Ltd
1911 AD 501
te 511 waar de Villiers RP as volg beslis het:
â
When
the legislature prescribes that the value of the property has to be
determined, it refers to the exchange value of the property,
in other
words, the amount of money for which the property can be exchanged or
sold. It remains to consider whether this exchange
value is the
temporary or market value of the property, or whether it is what has
been called its permanent or natural value, to
which the market value
after every variation tends to return. In the absence of any
provision to the contrary, I am of the opinion,
we must take the word
âvalueâ in
its
more ordinary meaning of temporary or market value
â
(die
beklemtoning is myne).
In
Van der Merwe N.O. van der
Merwe
1973(1) SA 436(K) op 439E-F het Corbett R (soos hy toe
was) as volg beslis:
â
Having regard then to what I
conceive to be the ordinary meaning of the word âvalueâ and to
the strongly persuasive views expressed
by the learned Judges in the
case of Garda v Bonato, I am of the view that when the Legislature
referred in sec. 29(1)(a) to property
not exceeding one thousand rand
in value, it had in mind the actual market value of the property in
question.â
In
Boland
Bank Bpk. v Picfoods Bpk. en andere
1987(4)
SA 615(A) te 633 I-J, is
âwaardeâ
in Par. 15(5)(c)(iii) van Bylae 1 van die Wet op Sëelregte (Wet 77
van 1968) deur Hoexter AR uitgelê as
âmarkwaardeâ.
10. Die
volgende anomalieë wat ontstaan met die toepassing van
standaardwaarde by die woord
âwaardeâ
word voorgehou deur Steenkamp R in sy uitspraak:
Die
Respondent sou hierdie uitleg maklik kon omseil deur sy lewende
hawe te verkoop en dan weer lewende hawe vir dieselfde bedrag
aan
te koop. Die verkoopprys van die lewende hawe sou dan nie
belasbaar wees as inkomste nie, omdat dit kapitaal is wat die
Respondent van die hand gesit het en derhalwe nie belasbaar is nie.
Daarteenoor sou die aankoopprys van die lewende hawe aftrekbaar
wees as ân uitgawe ingevolge par. 8(1) van die Eerste Bylae se
bepalings. Die gevolg daarvan sal wees dat die wetgewing doelloos
en oneffektief sal wees.
Indien
die Respondent sou besluit om op te hou boer of ophou om ân
bona
fide
boer te wees, of indien hy tot sterwe sou kom, moet sy lewende hawe
teen markwaarde verkoop word en sal dié inkomste belasbaar
wees.
DÃt nieteenstaande die feit dat hierdie lewende hawe kapitaal
daargestel het wat die Respondent besit het toe hy begin
boer het.
Hierdie sou dan lei tot ân onbillike en onredelike gevolg.
Par.
4(1)(b)(i) van die Eerste Bylae verwys na die waarde van produkte,
welke waarde kragtens par. 9 van die Eerste Bylae se bepalings
deur
die Kommissaris van Binnelandse Inkomste vasgestel moet word (daar
word nie vir standaardwaardes vir produkte voorsiening gemaak
nie).
Op die waarskynlikhede sou die Kommisaris markwaarde as norm gebruik
â in daardie geval behoort die markwaarde van lewende
hawe ook te
geld.
Standaardwaardes
is slegs op lewende hawe van toepassing en is dit ân waarde wat
tans ver benede die markwaarde van lewende hawe
is. Daar sou dus van
die Wetgewer verwag gewees het om in ân bepaling van die Eerste
Bylae pertinent na standaardwaarde te verwys
waar dit toepassing
vind, anders sou dit tot ân anomalie lei.
Wat
hierdie laasvermelde anomalie aanbetref verwys Steenkamp R na
Meyerowitz
& Spiro on Income Tax,
te
par. 1338 waar die volgende voorgehou word:
â
To construe âvalueâ
as âstandard valueâ creates the anomalous situation that
livestock whose market value is x must be brought
in at its standard
value y because it was held the day before farming commenced or
recommenced, while livestock acquired on the day
when farming
commenced otherwise than by purchase, etc. must be valued at the
market value x and not at the standard value y. The
purpose of
paragraph 4(1)(b) is to permit the taxpayer who commences or
recommences farming to obtain a deduction in respect of livestock
introduced into his farming operations. There appears to be no good
reason why, for this purpose, there should be any differentiation
in
the basis of value between livestock acquired before farming
commences or recommences and livestock acquired after this other
than
by purchase, natural increase or in the course of farming operations,
and insofar as paragraph 5(1) before its amendment required
this
anomalous situation, the change removes the link between that
paragraph and paragraph 4(1)â.
11.1 Mnr. Lewis se
antwoorde op die anomalieë wat Steenkamp R na verwys het, is dat wat
die eerste twee aanbetref, die fout in Steenkamp
R se beredenering
daarin geleë is dat hy die lewende hawe as kapitaal aanmerk.
Volgens mnr. Lewis is hierdie lewende hawe nie kapitaal
nie, maar wel
handels voorraad.
In dié verband het hy
ons verwys na die beslissing in:
R
Koster & Son v Commissioner for Inland Revenue
1985(2)
SA 834 (A) te 843I-J.
11.2 Ek meen dat mnr.
Lewis gelyk gegee moet word ten aansien van die eerste anomalie.
Lewende hawe is handelsvoorraad, die enigste
voorbehoud is dat dit
aangewend word vir die boer se boerdery bedrywighede;
Koster
-saak,
supra
,
te 843 G;
Sekretaris
van Binnelandse Inkomste v Aveling,
supra
,
te 877D;
Meyerowitz
& Spiro, op cit.,
te
par. 1312.
Die enigste lewende hawe wat aangemerk
kan word as bedryfskapitaal is byvoorbeeld die melkkoeie van ân
suiwelboer (dus wat nie vir
herverkoop aangekoop is nie).
Sien:
Meyerowitz
& Spiro
,
op cit, te par. 1311;
Arendse
et al : Silke: Suid-Afrikaanse Inkomstebelasting
2001
te par. 17.4 (bl. 407).
Wat die tweede anomalie aanbetref is Mnr.
Lewis slegs gedeeltelik korrek in sy submissie. Die lewende hawe
is weliswaar handelsvoorraad
en nie kapitaal (soos deur Steenkamp R
voorgehou) nie, maar die gevolgtrekking bly dieselfde naamlik dat
ân onbillike en onredelike
gevolg teweeggebring word.
Die
verdere twee anomalieë wat deur Steenkamp R voorgehou is, skep
egter aansienlik meer probleme aan mnr. Lewis. Vir die derde
een
(sien par. 10.3 hierbo) het mnr. Lewis toegee dat hy geen antwoord
daarop het nie. Wat die vierde anomalie aanbetref (sien
par. 10.4,
supra
),
steun mnr. Lewis vir sy antwoord op die beslissing in ITC 55(1926):
SATC 176 te 177, (aangehaal deur Steenkamp R) waar die
oogmerk van
standaardwaardes uitgespel word. Hierdie betoog beantwoord egter
hoegenaamd nie Steenkamp R se vraag nie, te wete
â waarom verwys
die Wetgewer nie pertinent na standaardwaarde waar dit van
toepassing is in die Eerste Bylae nie?
Samevattend
dus op hierdie aspek: - ek meen dat daar, met respek, heelwat te sê
is vir Steenkamp R se beredenering ten aansien van
die laasvermelde
drie anomalieë wat mag ontstaan indien
âwaardeâ
as standaardwaarde toegepas word in par. 4(1)(b)(i).
â
n
Aspek wat noukeurige oorweging verg wat deur mnr. Lewis in sy
aanvullende betoogshoofde te berde gebring is, is die gebruik
van
die woorde
âgeag
die
som
te
wees
vanâ
,
soos wat dit voorkom in paragraaf 4(1)(b) van die Eerste Bylae.
Mnr.
Lewis doen aan die hand dat die woorde
âgeag
te weesâ
(
âdeemed
to beâ)
ân statutêre fiksie skep, dus ân ander waarde as die werklike
waarde (markwaarde) daarvan.
Na my mening is daar twee
antwoorde op hierdie submissie, eerstens â wat is die Wetgewer se
beweegrede vir die invoeging van ân
statutêre fiksie en tweedens
wat is die effek daarvan?
Ek behandel vervolgens
hierdie twee aspekte.
In
S v
Rosenthal
1980(1) SA 65(A) te 75G sê Trollip AR die volgende ten aansien van
die woorde
âshall
be deemedâ
:
-
â
The words âshall be deemedâ
(âword geagâ in the signed, Afrikaans text) are a familiar and
useful expression often used in
legislation in order to predicate
that a certain subject-matter, e.g. a person, thing, situation or
matter shall be regarded or accepted
for the purposes of the statute
in question as being of a particular, specified kind whether or not
the subject â matter is ordinarily
of that kind.â
Die
volgende dictum van Cave R in
R
v Norfolk County Council
65
LT 222
, word met goedkeuring aangehaal in
Ex
parte Strydom N.O.: In re Central Plumbing Works (Natal) Pty Ltd et
al
1988(1) SA 616(D) te 620 f:
â
Generally speaking when you talk of
a thing being deemed something you do not mean to say that it is that
which it is deemed to be.
It is rather an admission that it is not
what it is deemed to be and that, notwithstanding it is not that
particular thing, nevertheless
. . . it is deemed to be that thing.â
Ek het alreeds gewys op
paragraaf 3 van die Eerste Bylae se bepalings (sien paragraaf 6
hierbo). Ek herhaal die tweede been daarvan
wat tersake is hier:
â
.
. . en word die waarde van lewende hawe of produkte, soos
ooreenkomstig die bepalings van paragraaf 4 vasgestel
wat
aan die begin van die jaar van aanslag besit was en nie van die hand
gesit was nie,
as ân aftrekking van bedoelde inkomste toegestaanâ.
Ek
beklemtoon hierdie woorde om uit te wys wat
gewoonlik
aftrekbaar sou wees, te wete die vorige jaar se endvoorraad wat die
nuwe belastingjaar se aanvangsvoorraad daarstel.
Silke
on South African Income Tax Memorial Ed.
,
1989 verduidelik hierdie bepaling as volg te par. 15.6 (p. 15-9): -
â
A
farmer is therefore obliged at the end of his accounting year to take
stock of all the animals and produce on hand. The value of
his
livestock or produce has to be included in his income for that year,
becomes the opening stock for the next succeeding year of assessment,
and will be allowed as a deduction from income in that yearâ
(my
beklemtoning).
Normaalweg
dus sou die
korrekte
feitesituasie
gewees het dat die vorige jaar se endvoorraad die daaropvolgende
jaar se aanvangsvoorraad daarstel en moes ân waardebepaling gedoen
word ten einde dit as ân aftrekking van die inkomste te kan
bewerkstellig. Ek wys daarop dat in die geval van ân beginnerboer
dit die voorraad sou wees wat hy besit het en nie van die hand gesit
het nie aan die end van die dag voordat hy begin boer het.
âEndvoorraadâ
en
âaanvangsvoorraadâ
verwys natuurlik hier na daardie lewende hawe en produkte wat besit
was en nie van die hand gesit is nie.
Die
Wetgewer skep nou egter die statutêre fiksie
(âgeag
te weesâ)
na
my mening juis om daardie voorraad (lewende hawe en produkte) wat
verkry word gedurende die jaar van aanslag anders as by wyse
van
aankoop of natuurlike aanwas of in die gewone loop van boerdery by
die berekening in te sluit (
âdie
som vanâ
).
Die
onderliggende rede vir die insluiting van hierdie lewende hawe en
produkte by die berekening is na my mening omdat die Wetgewer
wou
verseker dat die aanwinste (lewende hawe en produkte) wat die boer
toeval en wat nie uit sy normale boerderybedrywighede genereer
word
nie, nie belas word tydens daardie belastingjaar nie.
Voorbeelde
van sulke aanwinste is erflatings en skenkings wat as ân reël nie
belasbaar is nie.
Myns
insiens volg dit nie, soos wat deur mnr. Lewis gesubmitteer is, dat
hiermee noodwendig ân ander waarde as die werklike waarde
(markwaarde) beoog word deur die skepping van die statutêre fiksie
nie. Ek meen dat sy argument heeltemal buite die oog verloor
dat
âgeag
te weesâ
nie betrekking het op die waardes vervat in subitems (a)(i) en (b)(i)
van paragraaf 4(1) nie. Dit het veel eerder betrekking op
die
âwaardes
van lewende hawe en produkte wat aan die begin van ân jaar van
aanslag besit word en nie van die hand gesit is nieâ
(d.w.s. aanvangsvoorraad) in die aanhef van paragraaf 4(1). Die
statutêre fiksie slaan dus nie op
âwaardeâ
van lewende hawe in subitems (a)(i) en (b)(i) nie, maar op die
bepaling van die waarde van die aanvangsvoorraad.
Ek is van mening dat
gekyk moet word verder na die effek van dié statutêre fiksie.
12.3 Daar
is geen mistieke towerkrag in die woorde
âgeag
te weesâ
of
âdeemed
to beâ
opgesluit nie. Trollip AR stel dit só in
S
v Rosenthal
(supra)
te 75H:
âThe
expression has no technical or uniform connotation.
Precise
meaning, and especially its effect, must be ascertained from its
context and ordinary canons of construction
(my
beklemtoning).
Word
die
âordinary
canons of constructionâ
toegepas, is ons terug by Steenkamp R se benadering
a
quo
,
welke benadering ek alreeds as navolgenswaardig bevind het.
Verder
moet deeglik in gedagte gehou word dat:
â
The intention of a deeming
provision, in laying down an hypothesis, is that the hypothesis shall
be carried as far as necessary to
achieve the legislative purpose,
but no furtherâ: -
Bennion
Statutory
Interpretation
3de
uitgawe, par. 304 te 736, met goedkeuring aangehaal in:
Mouton
v Boland Bank Ltd
2001(3) SA 877 (HHA) te 882 I.
Ek
het alreeds aangedui wat die werklike beweegrede van die Wetgewer was
deur die skepping van die statutêre fiksie. Verder is die
gewone,
alledaagse betekenis van
âwaardeâ
markwaarde, as die gewone reëls van uitleg toegepas word. Derdens
het die hipotese (fiksie) sy wetgewende doelwit verwesenlik,
te wete
die insluiting van ander aanwinste van die boer as deel van sy
aftrekkings.
Vir
hierdie redes kan die statutêre fiksie na my mening nie so ver
gevoer geword dat die Wetgewer bedoel het om ân ander waarde
as die
werklike waarde (markwaarde) te skep nie.
â
n
Verdere rede waarom, na my mening,
âwaardeâ
in subitem (i) van paragraaf 4(1)(b) nie anders as
âmarkwaardeâ
kan beteken nie is die volgende:-
Dit
is gemene saak dat paragraaf 5(1) ten doel het dat endvoorraad wat
lewende
hawe
aanbetref (d.w.s wat aan die end van die jaar van aanslag besit
word en nie van die hand gesit is nie) se waarde op
standaardwaarde
bereken moet word.
Dit
is insiggewend dat die Wetgewer in paragraaf 5(1)(b) die woorde . .
.
âwat
aan die
end
van die jaar van aanslag
eindigende
op 28 Februarie 1983 of ân daaropvolgende jaar van aanslag besit
word. . . â
gebruik (my beklemtoning).
In
paragraaf 4(1)(a)(i) word die voorafgaande woorde wat ek beklemtoon
het, herhaal â hierdie subitem het natuurlik betrekking
op ân
bestaande boer.
Dit
is verder insiggewend dat die Wetgewer in paragraaf 4(1)(b)(i) wat
betrekking het op ân beginnerboer, nie die voormelde
woorde
gebruik nie. Die Wetgewer verwys eerder na
â
. . . wat hy
aan
die end van die dag wat die
datum onmiddellik voorafgaan waarop hy aldus begin of weer begin
(boer) het. . . â
(my beklemtoning).
Na
my mening is die verskil in woordgebruik juis omdat ân
beginnerboer nie ân endvoorraad het nie. Waarom moet hy dus wat
âwaardeâ
betref, oor dieselfde kam (
âstandaardwaardeâ
)
geskeer word as die bestaande boer?
DÃt sou die onhoudbare
situasie skep dat:-
die
beginnerboer nooit die geleentheid sou kry om sy ware insetkoste
(markwaarde) af te trek vir belastingdoeleindes nie; en
dat
hy uiteindelik twee keer belas kan word (bv. wanneer hy ophou boer).
14. Laastens handel ek
met twee verdere submissies wat verskyn in mnr. Lewis se aanvullende
betoogshoofde.
14.1 Mnr.
Lewis het aanvanklik die submissie gemaak dat die woorde
âbehalwe
lewende hawe of produkte in subitem (i) bedoelâ
in paragraaf 4(1)(b)(ii) spesifiek die woord
âwaardeâ
soos
dit in paragraaf 4(1)(b)(i ) verskyn, uitsluit van die begrip
âmarkwaardeâ
.
Hierdie aspek is volledig met mnr. Lewis beredeneer tydens sy betoog
en hy het uiteindelik toegegee dat die uitsluiting in paragraaf
4(1)(b)(ii) nie val op
âwaardeâ
nie, maar eerder op tipe lewende hawe of produkte. Die uitsluiting
is daarin geleë dat lewende hawe of produkte in paragraaf
4(1)(b)(ii)
verkry word anders as in die boer se gewone
boerderybedrywighede; dit sal dus uitgesluit word ooreenkomstig die
Koster
â saak,
supra.
Ek meen dus dat ons met
veiligheid hierdie submissie ter ruste kan lê.
â
n
Verdere submissie word gemaak dat, aangesien paragraaf 4(1)(b)
bepaal dat die waardes die som sal wees van twee waardes (dié
in
subparagraaf (i) en subparagraaf (ii) ), word veronderstel dat die
waardes in die onderskeie subparagrawe vervat, nie dieselfde
sal
wees nie. Luidens hierdie argument kan die waarde in subparagraaf
4(1)(b)(i) dus nie anders as standaardwaarde wees nie,
aangesien
subparagraaf 4(1)(b)(ii) pertinent verwys na
âmarkwaardeâ
.
Hierdie
argument verloor uit die oog dat daar waardes geplaas moet word op
twee verskillende items, nl. handelsvoorraad (lewende hawe
of
produkte) wat dien as aanvangsvoorraad en bates (lewende hawe of
produkte) wat verkry word gedurende die jaar van aanslag
anders
as deur gewone, natuurlike aanwas of deur aankoop. Dus is die
verskil nie noodwendig te vinde in die onderskeie
waardes
nie,
maar eerder in die onderskeie
items.
Gevolglik
is daar, myns insiens, geen meriete in hierdie submissie nie.
15. Ek is nie oortuig
dat Steenkamp R verkeerd was in sy beslissing nie, gevolglik sou ek
die appèl met koste afwys.
_____________________
S.A.
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam en dit word so gelas.
_____________________
A.J.
Du. P BUYS
REGTER
Ek
stem saam.
______________________
F.D.
KGOMO
REGTER
Nms.
Appellant: Adv. A.J. Lewis
Nms.
Respondent: Adv. J.G. Van Niekerk
Datum
van verhoor: 21-05-2001
Datum
van uitspraak: 19-10-2001