About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 23
|
|
Van Der Merwe v Boland Lugspuitdiens BPK (508/2000) [2001] ZANCHC 23 (19 October 2001)
Verslagwaardig:
Ja/Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja/Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja/Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling)
SAAKNOMMER:508/2000
DATUM
GELEWER:19-10-2001
In
die saak tussen:
William Claudius
Van der Merwe Eiser
en
Boland
Lugspuitdiens BPK Verweerder
Coram: Majiedt R:
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die Verweerder, ân
maatskappy wat betrokke is by ondermeer die lugbespuiting van
gewasse, se werknemers het verkeerdelik sekere
gewasse van die Eiser
uit die lug bespuit met die gevolg dat die gewasse óf gestuit is óf
heeltemal tot niet gegaan het. Die
voorafgaande is gemene saak
tussen die partye. Waar lê die blaam vir hierdie ongelukkige
voorval? DÃt is wat ek moet beslis
in hierdie saak.
Die
partye het versoek dat slegs die meriete op hierdie stadium beslis
word en ek het dienooreenkomstig gelas by die aanvang van
die
verhoor. Verder is ooreengekom wat die punte in geskil is wat ek
moet beslis. Hierdie ooreenkoms is beliggaam in ân dokument
wat
aangeheg is by die Reël 37 notule.
Die
gewraakte lugbespuiting het plaasgevind op 29 September 1999 by die
Eiser se plaas Tambile. Hierdie lugbespuiting het geskied
deurdat
daar mondelings ooreengekom is daartoe deur Eiser en Verweerder se
onderskeie verteenwoordigers.
Die partye is dit eens
dat ene James Daly as Eiser se verteenwoordiger opgetree het. Dit is
van minder belang, maar kan myns insiens
aanvaar word dat ene Wessel
Pienaar en/of Pieter Botes namens die Verweerder opgetree het tydens
die sluiting van hierdie mondelinge
ooreenkoms.
Die
lugbespuiting is deur Pienaar gedoen. Botes, toé steeds ân
werknemer van die Verweerder, sou self die lugbespuiting gedoen
het,
maar vanweë beserings opgedoen in ân motorongeluk, kon hy nie
meer vlieg nie. Botes het al by verskeie vorige geleenthede
die
Eiser se landerye bespuit uit die lug. Pienaar, daarenteen, was vir
die eerste keer daardie dag betrokke by die spuit van
die Eiser se
landerye.
Die
kern van die geskilpunt wat beregting verg is daarin geleë dat die
partye drasties verskil oor wat presies die aard en inhoud
van
Pienaar se opdragte (soos oorgedra deur Daly óf direk aan Pienaar
óf via Botes) was die betrokke dag.
Daly
staan in die lugspuit-bedryf allerweë bekend as die
âgifsmousâ
.
Hy werk vir ân maatskappy wat gif versprei vir bemarkers. Sy
funksies behels dat hy gif verkoop aan die boere. Onder die
term
âgifâ
word hier ingesluit landbou chemikalieë, insekdoders, sondoders,
onkruiddoders en hormone. Normaalweg gaan Daly uit na die boere,
ondersoek hul gewasse en doen dan aanbevelings oor die toediening
van gif vir bepaalde gewasse. Hy reël dan met ân maatskappy
soos
die Verweerder om die nodige reëlings te tref.
Die
Eiser het in sy getuienis hierdie werkswyse van Daly bevestig. Wat
die onderhawige geval aanbetref het hy vir Daly gesê dat
daar
onkruid tussen die koring is. Daly het toe gereël met Verweerder
se werknemers vir die lugbespuiting. Volgens die Eiser
het Daly die
uitleg van die Eiser se landerye goed geken, aangesien Daly gereeld
daar aangedoen het. Verder het Botes gereeld
die voorafgaande vyf
jare die Eiser se landerye bespuit en het Botes dus ook die uitleg
van die landerye goed geken, aldus die
Eiser. Daly het voor die
bespuiting uitgekom en die landerye besigtig ten einde te bepaal hoe
hoog die onkruid is. Daar is ân
diagram opgehandig as bewysstuk
âAâ
wat die uitleg van die landerye aantoon soos op 29 September 1999.
Dit is nie in geskil nie dat op 29/9/1999:
by
die spilpunt bo-aan bewysstuk
âAâ
daar grotendeels koring en ân klein deeltjie met groente beplant
was; en
dat
die gedeeltes L004, L005, L006 en L007 koring op gehad het (hierdie
gedeelte staan bekend as die
âvloedlandeâ
volgens die Eiser); en
dat
op lande L008, L011 en L003 lusern was, terwyl land L002 uie op
gehad het.
Verder is dit gemene saak
dat die uie en lusern soos voormeld direk bespuit is met die gif. As
gevolg daarvan is die uie op L002
heeltemal tot niet en is die lusern
op L003, L008 en L011 se groei gestuit (d.w.s. dit het heeltemal
ophou groei ná die bespuiting).
Volgens
die Eiser het hy die landerye wat bespuit moes word vooraf deeglik
gemerk soos wat die algemene landbougebruik en sy gewoonte
was. Hy
het naamlik pale opgerig met oop kunsmissakke daaraan. Hierdie
merkers is met oranje stippels aangedui op bewysstuk
âAâ
.
Die doel van die merkers was om die areas wat bespuit moes word
duidelik af te baken. Hierdie merkers was alreeds twee of drie
weke
voor die lugbespuiting aangebring.
Die
Eiser het ook getuig dat daar beduidende verskille in hoogte, kleur
en tekstuur was tussen die koring, uie en lusern op sy landerye.
Hy
het bygevoeg dat daar koring tussen die uie op land L002 gestaan het
â dié koring staan baie yl en dien as windbrekers in
die uieland.
Ná ân week word hierdie koring doodgespuit. Op die 29ste
September, dus toe die lugbespuiting plaasgevind het,
was hierdie
koringplantjies slegs geraamtes op land L002.
Die uie sou volgens die
Eiser grys kleurig gewees het op 29/9/1999. Die geraamtes van die
koring sou gelerig voorgekom het. Die
lusern was ongeveer 10 cm
hoog, die uie so 5 tot 7 cm hoog en die koring ongeveer 30 tot 40cm
hoog. Die koring op die vloedlande
was al donkergroen, terwyl die
lusern ân heelawat ligter groen was.
Die
Eiser het ân video geneem waarop die verskillende landerye te
siene is. Daaruit blyk ook duidelik die effek van die gif wat
op
die uie en lusern gespuit was. Hierdie video is ingehandig as
bewysstuk
âCâ
.
ân Stel fotoâs, ook deur die Eiser geneem, is insgelyks
ingehandig as bewysstuk
âBâ
.
Van die fotoâs is geneeem op 22 Oktober 1999 en die ander is
geneem op 16 November 1999.
Die video is op
verskillende datums geskiet in Oktober en November 1999 en Augustus
2000.
Die
fotoâs dui baie duidelik die onderskeie landerye aan, asook die
skade wat aan die lusern en veral die uie aangerig is.
Die
Eiser het op die dag van die lugbespuiting opgemerk dat die
vlieënier verkeerdelik die uie en lusern bespuit; hy het toe vir
Daly gebel en gesê hy moet die vlieënier stop. Verder het die
Eiser opgemerk dat daar werkers op die land by L008 was, besig
om
water te lei, toe spuit die vlieënier oor hulle. Daar was ook
besproeingspuite wat gespuit het op L002 (uieland) en L003
(lusernland) â die vliegtuig het ook oor dié lande bespuit.
Volgens die Eiser is dit
heeltemal onaanvaarbaar om oor mense te bespuit en om te bespuit waar
landerye natgelei word.
Hy
het daardie selfde dag vir Botes gekonfronteer oor die feit dat die
verkeerde landerye bespuit was en Botes het geantwoord dat
hy dan
âdie
ou manâ
(verwysende na Pienaar) gewys het waar om te spuit.
As gevolg van die direkte
bespuiting van gif op die landerye het die uie tot niet gegaan en is
die lusern se groei gestuit.
Mnr.
James Daly, die
âgifsmousâ
,
het bevestig dat hy deur die Eiser versoek is om die onkruid op
eiser se koringlande te laat bespuit. Hy bevestig verder dat
hy
persoonlik die landerye besigtig het nadat Eiser hom gekontak het.
Hy was bewus gewees dat daar tydens Sptember 1999 uie op
land L002
was en lusern op L003, L008 en L011. Hy was ook daarvan bewus dat
die Eiser altyd op die vloedlande koring aanplant
in die winter en
mielies of sonneblomme tydens die somer.
Volgens
Daly het hy al by ten minste vyf vorige geleenthede gereël vir
lugbespuiting van Eiser se koringlande. Daar was sonder
uitsondering by hierdie geleenthede gebruik gemaak van Verweerder se
dienste en was Pieter Botes die vlieënier wat die lugbespuiting
gedoen het. By sodanige geleenthede was landerye L002 en L003 nooit
bespuit nie. As ân reël word lusern selde indien ooit
vanuit ân
vliegtuig bespuit: volgens Daly word dit gewoonlik deur die boer
self met behulp van ân trekker bespuit.
Toe
Botes die vorige jaar die koringlande bespuit het, was die uitleg van
die landerye dieselfde as wat dit op bewysstuk
âAâ
aangedui word.
Die opdrag, komende van
die Eiser, was volgens Daly duidelik en ondubbelsinnig: - slegs die
onkruid op die koringlande moes met gif
vanuit die lug bespuit word.
Daly
het ook getuig van die aanwesigheid van die merkers op die dag van
die lugbespuiting. Die patroon van die merkers het ooreengestem
met
die vorige jaar sân.
Volgens hom het Botes
altyd gespuit met sulke merkers en het hy nooit vantevore daaroor
gekla nie. Die reëlings vir die lugbespuiting
het hy met Botes
getref en was hy toe alreeds bewus daarvan dat Pienaar en nie Botes
nie, a.g.v. laasgenoemde se beserings, die vliegwerk
sou doen. Nóg
Botes nóg Pienaar het vir Daly gevra dat hulle vooraf moet uitgaan
na die Eiser se landerye ten einde hulleself
te vergewis van die
uitleg daarvan en van watter gewasse daarop staan.
Op
die dag van die voorval was Daly self by die vliegveld en het hy die
gif daar gemeng. Botes en Pienaar was ook aanwesig, laasgenoemde
was in die vliegtuig. Daly het die mening geopper dat Botes daar
aanwesig was om vir Pienaar by te staan aangesien dit ân nuwe
land
(vir Pienaar) was wat bespuit moes word.
Hy het vir Pienaar
aangedui waar die Eiser se plaas is (die vliegveld was nie op die
plaas geleë nie) en welke koringlande hy moes
bespuit.
Hy
het ook aan Pienaar verduidelik dat die koringlande duidelik met vlae
uitgemerk is.
Daar
was nooit sprake daarvan dat enigiets anders as koring bespuit moes
word nie aangesien daar slegs koringgif in die vliegtuig
se tenke
was, aldus Daly.
Hy
het ook ân rowwe skets geteken van die landerye en dit vir Pienaar
gegee.
Dit
is insiggewend dat toe Daly in hoofgetuienis gevra is of Pienaar
enigsins navraag gedoen het oor beskadigbare gewasse, hy geantwoord
het dat hy vir Pienaar gewaarsku het van die groente by die spilpunt
en van die buurman, Mulke, se wingerd. Hy het glad nie melding
gemaak van die uie â en lusernlande nie.
Tydens die bespuiting het
die Eiser vir hom (Daly) gebel op sy selfoon en gesê Pienaar spuit
ook die lusern en uie raak.
Pienaar
het op ân stadium geland om die tenk te hervul met gif en het Daly
vir hom gesê dat hy verkeerd spuit. Pienaar het geen
verduideliking
gegee nie, hy het net opgestyg en verder gespuit.
Daardie
aand nadat die bespuiting afgehandel is, het Daly vir Pienaar en
Botes gaan spreek by laasgenoemde se woning. Hy het hulle
versoek
om saam met hom die Eiser se landerye te gaan besoek sodat hulle kon
bepaal watter skade aangerig is. Botes het wel later
die plaas
besoek en hulle twee het inspeksie gedoen en daar is aan Botes
uitgewys waar die uie doodgespuit is.
Daly
het bevestig dat die koring op 29 September 1999 taamlik hoog
gestaan het, ongeveer 40cm. Volgens hom was die koring ân
lewendige groen of soos hy dit gestel het, ân
âlush
greenâ
.
Die uie was, volgens hom, so 10 tot 12 cm hoog met ân vaalgrys
tot blou kleur. Die lusern was so 10 cm hoog en was vaalbruin
gewees.
Daly
is verwys na aanhangsel
âAâ
tot die Verweerder se verweerskrif wat sekere voorwaardes van
bespuiting bevat. Hy het getuig dat sy aandag nooit op hierdie
dokument
gevestig is voor of tydens die bespuiting van 29/9/1999 nie.
Daly
is intens en wydlopend gekruisondervra. Ek sal later handel met die
probleemareas in sy getuienis wat veral tydens kruisondervraging
na
vore gekom het.
Mnr.
van Ginkel se getuienis is as ân deskundige lugspuitvlieënier
gelei. Daar is geen geskil oor sy deskundigheid nie. Hy
het
inteendeel ân formidabele lewenskurrikulum voorgehou. Hy het
getuig in die algemeen oor hoe ân lugbespuiting gedoen behoort
te
word en wat die pligte van ân lugspuitvlieënier behels. Hy het
ook getuig oor die algemene gebruik van die tipe merkers
wat volgens
die Eiser op sy landerye aangebring is.
Volgens
van Ginkel sou ân loods, selfs een wat met die gevorderde AGNAV â
stelsel vlieg, gewoonweg eers ân verkenningsvlug
onderneem om
homself te vergewis van die uitleg van die landerye, om te bepaal
waar die gewas/se is wat bespuit moet word, asook
om homself te
oriënteer ten aansien van fisiese obstruksies soos telefoon-en
kragdrade.
â
n
Lugbespuitingsvlieënier sou gewoonweg nie oor sproeiers spuit nie en
ook nie oor mense nie.
Volgens
hom sou mens vanuit die vliegtuig ân duidelike onderskeid kon tref
tussen lusern en koring, wat betref hoogte, kleur en
tekstuur. Die
koring sou volgens hom ân duidelike groen kleur met ân glans
gehad het, terwyl die lusern effens bruinerig en
dof voorgekom het.
Hy het ook getuig dat daar ân aansienlike verskil tussen uie en
koring uit die lug sou wees â hy het die
jong uie bestempel as
âspikyâ
en dat dit grys of blouerig in kleur sou wees. Die uie sou ook in
netjiese rye geplant wees, terwyl die koring deurlopend sou wees
en
groen van kleur. Hy was die besliste mening toegedaan dat daar
vanuit die lug ân merkbare verskil sou wees tussen die uie,
lusern
en koring.
Van
Ginkel het die Eiser se plaas ongeveer ân week voor die aanvang
van die verhoor besoek. Hy het merkers gesien op die plaas
en wel
by L003, L004 en L009. Met verwysing na die uitleg van die landerye
en die posisionering van die merkers soos weergegee
op bewysstuk
âAâ
,
was van Ginkel die mening toegedaan dat die landerye duidelik
uitgemerk was en daar nie ruimte vir verwarring was nie.
In
kruisondervraging is bewysstuk
âEâ
met die getuie behandel. Dit is ân dokument met opskrif
âVerantwoordelikhede
tydens lugbespuitingâ
uitgegee deur ân organisasie genaamd
âAVCASAâ
.
Van Ginkel het bevestig dat daardie dokument die pligte van die
boer, die
âgifsmousâ
en die lugspuitvlieënier korrek uiteensit. Daar is in geskil
getree met van Ginkel oor verskeie aspekte van sy getuienis, waarmee
ek later sal handel.
Die
getuienis van mnr. David Moremedi is ook gelei. Hy is ân
plaasarbeider in diens van die Eiser. Volgens hom het hulle merkers
opgesit voordat die vliegtuig die landerye bespuit het in September
1999.
Die laaste getuie vir die
Eiser was mnr. John Modise. Hy is eweneens ân plaasarbeider
werksaam op die Eiser se plaas, Tambile.
Volgens hom was hy en ân
kollega, Andries, besig om water te lei op die lusernland op die dag
van die voorval. Die vliegtuig
het oor daardie lusernland en oor hom
ook gespuit, met die gevolg dat hy sy gesig moes gaan afwas by die
rivier. Hy moes ook platval
ten einde te voorkom dat die gif in sy
oë en mond beland.
Aan
die einde van die Eiser se saak het Verweerder skriftelik per
bewysstuk
âGâ
formeel erken dat:
indien
van die onkruiddoder op die lusern beland het, dit die lusern sou
terugsit (
âstuntâ
),
en
indien
daar onkruiddoder op die uie beland het, dit die uie sou doodmaak.
Die
Verweerder het twee getuies geroep, naamlik mnre. Botes en Pienaar.
Botes het bevestig dat hy op 29 September 1999 in diens
was van die
Verweerder, alhoewel hyself nie meer aktief kon vlieg nie a.g.v. die
beserings wat hy opgedoen het.
Vanweë sy onvermoë om
te vlieg is drie ander vlieëniers deur die Verweerder ingebring na
die Douglas area om lugbespuitings te
doen; een van hulle was Wessel
Pienaar.
Botes
het toe die grondwerk en reëlings vir hierdie vlieëniers gedoen
omdat hulle nuut in die area was. Dit blyk uit sy getuienis
dat
Botes self ân baie ervare lugspuitvlieënier is.
In
sy getuienis het hy verduidelik watter stappe ân lugspuitvlieënier
alles moet doen.
Wat die voorval self
betref het hy getuig dat hulle taamlik besig was met bespuitings
gedurende September 1999. Hy het bevestig dat
Daly hom versoek het
om lugbespuiting op die Eiser se plaas te doen. Hulle het by die
vliegveld op ân naburige plaas ontmoet en
daar is tussen hom en
Daly ooreengekom dat die vloedlande heel eerste gespuit sou word.
Dit is nie in geskil nie dat die opdrag
was dat die onkruid op
Verweerder se koringlande bespuit moes word. Volgens hom het hy
pertinent vir Daly gevra wat is langsaan
die vloedlande en Daly het
geantwoord dat daar niks is nie.
Hy
het ook vir Daly gevra of Pienaar weet waar die vloedlande geleë is
en Daly het geantwoord dat hy vir Pienaar ân kaart daarvan
geteken
het. Botes het by Pienaar self (wat toe al in die vliegtuig was)
verneem of hy die ligging van die vloedlande verstaan en
het ook die
kaart bekyk. Die kaart het volgens hom heeltemal korrek die uitleg
van die landerye weergegee en het hy dit dan ook
so aan Pienaar
oorgedra. Hierdie kaart is nie beskikbaar nie. Nadat Pienaar
alreeds opgestyg het, het Daly vir Botes op sy selfoon
geskakel en
gevra dat Botes vir Pienaar moet keer want daar is lusern op die
landjie langs die pad. Volgens Botes was dit te laat,
want Pienaar
het toe alreeds oor die lusern gespuit by land L008.
Die
Eiser het daar aangery gekom en gekla oor die feit dat Pienaar die
lusern gespuit het. Volgens Botes was die koring en lusern
albei
groen van kleur met die koring ân effens donkerder skakering van
groen. Die lusern was so 15 cm. korter as die koring
in hoogte.
Hy
het ook getuig dat Daly definitief al bewysstuk
âFâ
,
die voorwaardes van bespuiting, vantevore onder oë gehad het.
Hy het ook ontken dat
daar wel merkers op die landerye was.
Die
doel van merkers is volgens hom om spuitbane vir die vlieënier aan
te dui en geen ander doel nie.
Volgens
Botes het hy ongeveer drie weke ná die lugbespuiting van Daly
verneem dat die Eiser se uie doodgespuit is. Hy het toe vir
die heel
eerste keer gehoor van uie langsaan die vloedland. Hy het dit so aan
Daly oorgedra en Daly het gesê dat hy ook nie geweet
het van uie
langsaan die vloedlande nie. Hy, Pienaar, Daly en die Eiser het so 6
weke na die bespuiting inspeksie gaan doen en gevind
dat die uie dood
was.
Hy
het daardie dag van die inspeksie vlae gesien wat plat gelê het
tussen L003 en L004 en hy het vir Pienaar gevra of hy by daardie
vlae
opgehou spuit het en of hy daar verbygespuit het. Volgens hom was
Pienaar uit die veld geslaan en het hy geantwoord dat hy
nie kon
onthou of hy daar opgehou het nie, want volgens sy geheue was daar
nie vlae gewees nie.
Botes
het van van Ginkel verskil dat ân vooraf verkenning van die
landerye noodsaaklik is en dat merkers gebruik word om die
gebied
wat bespuit moet word af te baken. Volgens hom is merkers oorbodig
wanneer jy met ân AGNAV stelsel vlieg. Hy het ook
aangedui dat
dit onmoontlik is om vanuit die lug te onderskei tussen twee
aangrensende gewasse wat hul hoogte aanbetref.
Botes was daarvan oortuig
dat Pienaar op daardie dag slegs Daly se instruksies uitgevoer het.
In
kruisondervraging het Botes erken dat hy die enigste vlieënier was
wat gedurende die voorafgaande vyf jaar die Eiser se landerye
uit
die lug bespuit het. By daardie geleenthede was daar wel merkers
aangebring. Hy het ook bevestig dat hy die uitleg van die
landerye
daar geken het en geweet het dat L004, L005, L006, L007 en L009 die
meeste van die tyd met koring beplant was toe hy daar
gespuit het.
Hy het ook toegegee dat Daly geregtig sou wees om te aanvaar dat hy
(Botes) sy kennis van die uitleg van die Eiser
se landerye aan
Pienaar sou oordra.
Botes kon nie verduidelik
waarom in die Verweerder se Nadere Besonderhede erken was dat daar
wel merkers aangebring was op ân gedeelte
van die noordelike grens
van die Eiser se landerye nie.
31. Pienaar
het getuig en grootliks Botes se weergawe bevestig.
Pienaar is duidelik ook
ân baie ervare lugspuitvlieënier.
Volgens hom sal ân mens
nie maklik op grond van die kleur en hoogte verskille tussen gewasse
vanuit die lug kon onderskei nie, behalwe
as daar ân treffende
verskil sou wees. Hy het verder getuig dat die AGNAV stelsel bedoel
is om spuitbane vir die vlieënier aan
te dui. Vroeër was daar van
fisiese merkers gebruik gemaak om dieselfde doel te bereik.
Hy
het die korrektheid van bewysstuk
âEâ
,
die AVCASA
dokument ten aansien van
die verantwoordelikhede tydens lugbespuiting, bevestig.
32. Pienaar se verdere
getuienis is dat Daly vir hulle kon verwittig het van die bespuiting
op Eiser se plaas of dat Botes vir hom
(Pienaar) daarvan kon in
kennis gestel het. Pienaar het nooit aan enigiemand opdrag gegee dat
merkers uitgeplaas moet word vir die
bespuiting nie, want daar was
geen rede om merkers uit te plaas nie.
Hy het, soos Botes, ook
van van Ginkel verskil oor die nodigheid om vooraf die area wat
bespuit moet word, te verken óf vanuit die
lug óf op grondvlak.
Volgens hom is dit slegs nodig om fisiese obstruksies soos telefoon â
en kraglyne te identifiseer.
Hy
bevestig verder dat Daly, op sy versoek, ân kaart opgestel en
oorhandig het wat die landerye uiteensit. Volgens hom het hy
verneem of daar beskadigbare gewasse aangrensend geleë is, en Daly
het slegs melding gemaak van die wingerd langsaan en die groente
op
die spilpunt.
Verder bevestig hy ook
dat Botes ook die kaart bekyk het en sy tevredenheid met die uitleg
van die lande daarop uitgespreek het.
Volgens hom het Botes ook vir
Daly in sy teenwoordigheid gevra wat is langsaan die koringland en
Daly het weer net van die wingerd
en die groente gepraat. Daar is
nooit enige melding van merkers gemaak nie en hyself het ook geen
merkers tydens die lugbespuiting
op die landerye waargeneem nie. As
daar merkers was, sou hy dit beslis gesien het.
Wat
die bespuiting self aanbetref het hy getuig dat hy sy AGNAV ingestel
het en van noord na suid gespuit het. Aan die hand van
die spuitlog
(bewysstuk
âFâ
) se
gegewens het hy getuig oor hoe lank hy bespuit het. Hy het erken
dat hy ook L002 (die uie) en L003 en L008 (die lusern) bespuit
het.
Hy was nie bewus daarvan
dat daar gewasse anders as koring op die laasvermelde drie landerye
was toe hy daaroor gespuit het nie â
hy kon dit nie uit die lug
waarneem nie en was dit ook nie op Daly se kaart aangedui nie.
Hy
het verder getuig dat hy nie mense op L008 gesien het nie; as hulle
wel daar was, sou hy hulle gesien het en opgehou spuit het.
Hy
het ook nie besproeiingslyne op landerye L002 en L003 gesien nie. As
daar wel besproeiing aan die gang was sou hy ook nie verder
gespuit
het nie, want dit verminder die effektiwiteit van die gif. Hy het
ook nie opgemerk dat iemand op die grond uit ân bakkie
klim en sy
aandag probeer trek nie.
Daarna
het hy die spilpunt en die res van die koringland klaar gespuit.
Volgens
Pienaar het Daly op geen stadium terwyl hy op die grond was om sy
gifvoorraad aan te vul, aangedui dat hy (Pienaar) nie
die uie en
lusern moet spuit nie en dat hy net tussen die merkers moet spuit
nie.
Al wat Daly gesê het aan
hom is dat die Eiser gebel het en gekla het dat Pienaar die
aangrensende lusernland raak gespuit het. Hy
het toe vir Daly
gekonfronteer oor die feit dat Daly glad nie voorheen melding gemaak
het van die lusern nie en Daly het geantwoord
dat hy vergeet het. Hy
het eers drie weke later gehoor van die uie en die ander lusern toe
Botes hom daarvan verwittig het. Hy
het getuig dat die gewasse op
die landerye vir hom almal dieselfde gelyk het, wat kleur aanbetref.
Hy was tevrede dat die landerye
ooreenstem met Daly se kaart en was
daar by hom geen twyfel of onduidelikheid nie.
Ongeveer
3 weke later is hy saam met Botes uit na die Eiser se plaas om te
gaan ondersoek instel na die skade wat aangerig is.
Hy het vlae op
ân plek daarso sien platlê. Volgens hom het hy sy instruksies
korrek en volledig uitgevoer daardie dag en het
hy ook sy
verantwoordelikhede as lugspuitvlieënier behoorlik nagekom.
In
kruisondervraging kon hy ook nie die diskrepansie tussen die
getuienis en Verweerder se Nadere Besonderhede oor die feit of daar
merkers was al dan nie, verklaar nie. Pienaar het verder toegegee
in kruisondervraging dat indien daar wel merkers aangebring
was op
die landerye soos aangedui op bewysstuk
âAâ
,
sou die landerye voldoende uitgemerk gewees het vir bespuiting.
Hy was dit eens met
van Ginkel dat koring ân glans het vanuit die lug, terwyl lusern ân
dowwerige voorkoms het. Hy het ook toegegee
dat hy, indien hy
voldoende tyd het, die kleur van gewasse sal kan uitken indien hulle
van mekaar verskil. ân Soortgelyke toegewing
is gemaak oor die
onderskeid tussen gewasse van 10cm. en 40 cm. hoog. Verder het hy
saamgestem dat die finale verantwoordelikheid
om te bepaal watter
gewas onder hom lê en om die korrekte area en gewasse te spuit by
die lugspuitvlieënier rus.
Die
bewyslas in hierdie saak is op die Eiser.
Een van die twee
weergawes voor my is vals, vandaar die ongelukkige toedrag van sake
dat die verkeerde landerye bespuit is.
Wat
die Eiser se getuies aanbetref is dit slegs Daly wie se getuienis
breedvoerige evaluering verg, omdat ek geen noemenswaardige
probleme met die getuienis van die Eiser, van Ginkel, Moremedi en
Modise het nie.
Daly was na my mening nie
ân goeie getuie nie. Hy het groot moeite ondervind in
kruisondervraging. Op heelwat van die belangrike
aspekte het hy erg
kleigetrap, bv.: -
of
hy inderdaad as Eiser se agent opgetree het dié dag;
oor
die feit dat daar geen (verkeerde) bespuiting van die groente by die
spilpunt voorgekom het nie, nieteenstaande die feit dat
die grens
tussen die groente en die koring daar nie met merkers afgemerk is
nie;
hy
het warm en koud geblaas op die vraag of hy enige blaam vir die
verkeerde lugbespuiting moet dra.
Verdere
probleme van ân ernstige aard met sy getuienis is dat hy toegegee
het dat hy moontlik vir Botes kon gebel het en hom
versoek het om
Pienaar te probeer keer omdat die blok onder die pad lusern op het.
Sulke optrede sou tog nie strook met sy duidelike
en
ondubbelsinnige opdrag oor wat wel bespuit moes word nie!
Daarbenewens is Daly se
viva
voce
getuienis lynreg in stryd met die beweringe in die Eiser se
dagvaarding, te wete dat Daly uitdruklik melding sou gemaak het
teenoor Verweerder se werknemers van die nabygeleë uie en lusern
wat nie raakgespuit of besmet moes word nie.
Sy verduideliking
hiervoor is dat hy wel tydens konsultasie dit aldus oorgedra het,
maar dat hy daarna onseker was daaroor en toe
besluit het om af te
wyk van daardie weergawe.
Die
laasvermelde twee aspekte is uiteraard van kardinale belang by die
beregting van die geskil tussen die Eiser en die Verweerder.
Dit
moet gevolglik ân groot vraagteken plaas agter Daly se
geloofwaardigheid.
40. Van
Ginkel het ân besondere goeie indruk op my gemaak. Hy het op ân
rustige, bedaarde en bekwame wyse sy getuienis gelewer,
selfs toe hy
op ân stadium deur mnr. Van Niekerk (wat vir die Verweerder
verskyn) as ân leuenaar uitgekryt is en daarvan beskuldig
is dat sy
getuienis
ânonsensâ
sou wees.
Mnr. Van Niekerk het in
sy betoog aangevoer dat van Ginkel nie ân goeie getuie was nie en
ook nie heeltemal onafhanklik en onbetrokke
gestaan het tot die Eiser
se saak nie. Ek bevind uitdruklik die teenoorgestelde â behalwe
vir een aspek waar van Ginkel huiwerig
was om ân toegewing onder
kruisondervraging te maak, wat hy na my mening moes gemaak het, was
hy ân uiters bevredigende getuie.
Hy is ân lugspuitvlieënier
met baie wye ervaring en is heeltemal onafhanklik as ân getuie. Sy
integriteit en geloofwaardigheid
is na my mening heeltemal
ongeskonde.
Mnre.
Moremedi en Modise het my in hulle eenvoud as plaasarbeiders
beïndruk â dit is myns insiens heeltemal vergesog dat hulle
Hof
toe sou kom om te versin oor aspekte wat vir hulle van mindere
belang sou wees. Hulle moes verder ook baie goed geskool gewees
het
in hul versinsels, want ân bekwame en ervare kruisondervraer soos
mnr. van Niekerk kon nie hulle weergawes aftakel nie.
Botes
en Pienaar het nie te sleg gevaar in hul getuienis nie. Soos ek
egter aanstons sal aantoon, kan hulle weergawes nie sondermeer
aanvaar word nie.
Daar
is ook ân opmerklike verskil in hul getuienis op ân belangrike
punt, nl. dat Botes baie duidelik was in sy getuienis dat
die
âvloedlandeâ
en die spilpunt se koringaanplantings bespuit moes word, terwyl
Pienaar ontken dat hy ooit aangesê is om
âvloedlandeâ
te bespuit.
Verder is daar
natuurlik die probleem met hulle albei se getuienis betreffende die
verwysing in Verweerder se Nadere Besonderhede
na merkers wat wel op
die landerye aangebring was. Hierdie inligting kon tog net van Botes
en/of Pienaar gekom het. Tog kon geeneen
van hulle enige
verduideliking verskaf vir hierdie diskrepansie nie.
Voor
my is twee botsende weergawes oor:
of
daar wel op die dag van die lugbespuiting merkers aangebring was al
dan nie; en
wat
presies Pienaar se instruksies was dié dag.
Die
toets ten aansien van die vraag of ân bewyslas gekwyt is in sulke
gevalle is bondig en gesaghebbend uiteengesit deur Wessels
AR in
National
Employers Mutual General Insurance Association v Gany
1931 AD 187
te 199 as volg: -
â
Where there are two
stories mutually destructive, before the onus is discharged, the
Court must be satisfied upon adequate grounds
that the story of the
litigant upon whom the onus rests is true and the other false.â
Hierby kan gevoeg
word die oorweging van die inherente waarskynlikhede wat die weergawe
van die party wat die bewyslas dra, mag ondersteun;
Sien:-
Transcash
SWD Ltd v Smith
1994(2)
SA 295(K) te 303B;
Hochfeld
Commodities (Pty)Ltd v Theron
2000(1) SA 551(O) te 559G-560D.
Die
Eiser, Daly en Moremedi het getuig dat daar wel merkers aangebring
was op die landerye die betrokke dag. Ek het alreeds bevind
dat,
Daly uitgesluit, hierdie getuies redelik goed getuig het. Na my
mening is die Eiser se weergawe oor die merkers te verkies
bo dié
van die Verweerder, vir die volgende redes: -
Op
Botes se getuienis was daar altyd, sonder uitsondering, merkers
aangebring op die Eiser se landerye toe hy dit in die verlede
bespuit het â hy verklaar dan ook uitdruklik dat hy van die Eiser
sou verwag het om soos in die verlede merkers op te sit indien
hyself die bespuiting sou gedoen het. Op die waarskynlikhede dus â
waarom sou die Eiser dan nou juis besluit in 1999 om, anders
as
vorige jare, nie merkers aan te bring nie?
Nóg
Botes nóg Pienaar kon enigsins verduidelik waarom in die Verweerder
se Nadere Besonderhede erken is dat daar wel merkers op
ân
gedeelte van die noordelike grens van die gebied wat bespuit moes
word, aangebring is.
Botes
(soos Pienaar) het volgehou dat die doel van merkers slegs is om
spuitbane aan te dui en niks anders nie. Tog val dit vreemd
op dat
hy tydens die inspeksie met Pienaar agterna, vir laasgenoemde gevra
het of hy dan
âverby
die vlae gespuit hetâ
,
verwysende na die vlae wat plat gelê het op die grens tussen lande
L003 en L004. Hierdie getuienis: -
strook
nie met Botes se eie aanvanklike weergawe oor die doel van merkers
nie; en
dien
as stawing vir die weergawe voorgehou deur Eiser, van Ginkel en Daly
dat die merkers ook aangewend word om die gebied wat bespuit
moet
word af te baken en te identifiseer.
(d) Indien daar
inderwaarheid geen merkers aangebring was nie, maar die Eiser slegs
wou voorgee dat dit wel daar was, kon hy dit mos
maklik opgerig het
toe hy die fotoâs en die video geneem het. Voorts kon hy die
merkers by L003 en L004 laat regop staan het en
nie laat platlê het
nie. DÃt geld natuurlik ook vir die inspeksie wat ter plaatse gehou
is later en waar Botes en Pienaar ook
aanwesig was.
(e) Ek
bevind as ân bewese feit, uit hoofde van die Eiser, Moremedi en
Modise se getuienis, dat daar wel arbeiders op land L008
was en
sproeiers wat geloop het op landerye L003 en L004. DÃt inaggenome,
kan Pienaar se getuienis dat hy glad nie merkers gesien
het nie,
toegewyt word aan onoplettendheid, want hy het dan nie die werkers en
die sproeiers gesien nie.
Eiser
het nie geweet, tot met die dag van die voorval dat ân vliegtuig
wat met AGNAV toegerus is, gebruik sou word nie. Hoe sou
die Eiser
dus vooraf kon weet dat merkers oorbodig sal wees?
Ek
bevind verder dat die instruksies aan Pienaar was om die onkruid op
die koringlande te bespuit en dat Daly nie vir Botes en/of
Pienaar
gesê het van die aangrensende uie-en lusernlande nie. Die redes
vir hierdie bevinding is as volg: -
Daly
se toegewing dat hy wel moontlik vir Botes mag geskakel het op sy
selfoon om hom te vra om vir Pienaar te probeer stop aangesien
daar
lusern langs die pad is, druis lynreg in teen sy vroeëre getuienis
dat hy uitdruklik vir Botes en/of Pienaar opdrag gegee
het om net
tussen die merkers te spuit.
In
hoofgetuienis, toe Daly gevra is of Pienaar enigsins navraag gedoen
het oor nabygeleë beskadigbare gewasse het hy geantwoord
dat hy vir
Pienaar gewaarsku het van die groente op die spilpunt en van Mulke
se wingerd. Geen melding is hoegenaamd gemaak van
die uie en lusern
nie.
Dit
is insiggewend dat die groente op die spilpunt nie raakgespuit is
nie, maar die uie en lusern wel â dÃt versterk myns insiens
die
gevolgtrekking op die waarskynlikhede dat Daly niks melding gemaak
het van die uie â en lusernlande nie.
Laastens
is daar natuurlik die diskrepansie tussen Daly se weergawe in die
Hof en dÃt wat vervat is in Eiser se dagvaarding, te
wete dat
Pienaar uitdruklik opdrag gegee is om nie die nabygeleë uie en
lusern raak te spuit of te laat besmet nie.
Daly
se versuim in dié verband stel na my mening nalatige optrede daar,
welke nalatigheid kousaal direk verbind kan word met die
gewraakte
gevolge te wete die doodspuit van Eiser se uie en lusern. Ek sal
tegelegenertyd die graad van Daly se nalatigheid behandel.
Die
blote bevinding voormeld dat Daly nalatig was, is egter nie die
einde van die navraag nie. Pienaar se rol as lugspuitvlieënier
moet nou beoordeel word.
Die partye was dit eens
dat die finale verantwoordelikheid om die regte area en die korrekte
gewas/se te bespuit, by die lugspuitvlieënier
berus.
Waar
daar teenstrydighede bestaan tussen die weergawes voorgehou deur van
Ginkel en Pienaar, verkies ek dié van van Ginkel, omrede:
-
van
Ginkel, soos ek alreeds bevind het, anders as Pienaar heeltemal
onbetrokke en onafhanklik in hierdie aangeleentheid staan; en
daar
indirek stawing vir van Ginkel se weergawe is vanaf Botes ten
aansien van die doel van merkers; en
daar
geen onwaarskynlikhede in van Ginkel se getuienis aangemerk kan word
nie, anders as wat die geval is met dié van Pienaar.
Na
my mening was Pienaar nalatig in die volgende opsigte: -
Deur
nie vooraf ân verkenning van die landerye te doen nie, óf vanuit
die lug óf op die grond nie;
Deur
nie te onderskei tussen die uie, lusern en koring terwyl hy besig
was met die lugbespuiting nie. Ek is die mening toegedaan
dat,
mits hy ân behoorlike uitkyk gehou het, hy sou kon onderskei het
tussen dié drie gewasse vanuit die lug op grond van
hul verskille,
ten minste in hoogte en tekstuur. Sy onvermoë om só ân
onderskeid te maak, is daaraan toe te skryf dat hy
nie ân
behoorlike uitkyk gehou het nie.
Deur
nie te verseker dat hy die korrekte area en korrekte gewas bespuit
nie.
Ek
bevind verder dat Pienaar se nalatigheid direk daartoe aanleiding
gegee het dat die uie doodgegaan het en die lusern se groei
gestuit
is.
Die
Verweerder het by monde van sy advokaat, mnr van Niekerk, afgesien
van sy beroep of bewysstuk
âFâ
se bepalings aan die agterkant te wete die voorwaardes van
bespuiting. Hierdie is ân sinvolle en wyse besluit, aangesien
Daly
nie hierdie dokument onderteken het nie en is daar myns insiens
ook aansienlike twyfel of die voorwaardes betreffende die
doeltreffendheid
van die lugbespuiting hier ter sake is.
Alles
in ag genome meen ek dat Pienaar aansienlik meer nalatig was as Daly
hierin. Per slot van sake het die finale verantwoordelikheid
tog by
Pienaar gelê. Selfs inaggenome die feit dat Daly nagelaat het om
hom in te lig van die aanwesigheid van die aangrensende
beskadigbare
gewasse, moes Pienaar homself vergewis het van watter gewasse waar
geleë is en moes hy ân behoorlike uitkyk gehou
het sodat hy die
korrekte area en korrekte gewas bespuit. Ek meen dat ân 75/25%
verdeling ten guste van Eiser billik sou wees
in die omstandighede.
â
n
Laaste aspek vir beregting is die kwessie van rente, inaggenome die
bepalings vervat in artikel 2A(2)(a) van die Wet op Voorgeskrewe
Rentekoers, 55 van 1975, wat as volg bepaal:
â
(2)(a)
Behoudens enige ander ooreenkoms tussen die partye begin die rente
beoog in subartikel (1) oploop vanaf die datum waarop betaling
van
die skuld opgeëis word by wyse van ân aanmaning of ân
dagvaarding op die skuldenaar, watter datum ookal die vroegste is.â
Ingevolge
artikel 4 van die vermelde wet, word
âaanmaningâ
as volg omskryf: -
ââ
n Geskrewe
aanmaning wat die skuldeiser se eis op die wyse uiteensit wat die
skuldenaar in staat stel om die bedrag daarvan redelikerwys
te kan
bepaal.â
Alhoewel
hierdie aspek
in
stricto sensu
tuishoort onder die kwantum van skadevergoeding, is die partye dit
eens dat ek hierdie aangeleentheid om doelmatigheidsredes
ook moet
bereg. DÃt sal onder andere verhoed dat die partye weer hoef
terug te keer na hierdie Hof, ingeval hulle die kwantum
van
skadevergoeding kan ooreenkom.
Die
aanmaning waarop die Eiser steun is ân brief gedateer 13 Desember
1999.
Ek
meen dat hierdie skrywe tekort skiet aan die vereistes vervat in
artikel 4 (
supra
)
in die volgende opsigte:
Die
areas wat vernietig is a.g.v. die bespuiting stem nie ooreen met dit
wat in hierdie Hof getuig is nie; en
Die
berekening van die skade en meer bepaald die
modus
operandi
daarvan word nie uiteengesit nie.
Mnr.
van Niekerk het wyslik toegegee dat rente behoort te loop vanaf die
datum van Eiser se kennisgewing van voorgenome wysiging van
sy
Besonderhede van Vordering, te wete 19 September 2000.
Ek
meen dat dit ân gepaste toegewing is, aangesien die Verweerder op
daardie datum voldoen besonderhede gehad het van Eiser se eis
om die
bedrag van skadevergoeding te kan bepaal.
53. Ek sluit af deur my
bevindinge aangaande die geskilpunte te boekstaaf: -
Die
inhoud van die ooreenkoms aangegaan tussen Eiser
en Verweerder op 29
September 1999 was dat die Verweerder die onkruid op Eiser se
koringaanplantings op die plaas Tambile moes bespuit.
Klousule
1 van bewysstuk
âFâ
se agterkant het nie deel gevorm van hierdie ooreenkoms nie.
Die
waarborge soos vervat in paragrawe 5.1, 5.2 en 5.3 van Eiser se
Besonderhede van Vordering is wel verskaf deur die Verweerder
aan
die Eiser.
Dié
waarborge is verbreek soos beweer in paragrawe 12.1 en 12.3 van
Eiser se Besonderhede van Vordering.
Die
Verweerder was bewus van die feite soos beweer in paragraaf 6.3 van
Eiser se Besonderhede van Vordering maar nie van daardie
in
paragrawe 6.1 en 6.2 nie.
Daar
het ân regsplig op die Verweerder gerus om nie die onkruiddoder
op enige gewas anders as die koringaanplantings van die
Eiser te
laat beland nie. Hierdie regsplig is verbreek deurdat Verweerder
versuim het om die nodige stappe te neem om te voorkom
dat die
onkruiddoder op ander gewasse beland.
Mnr.
Wessel Pienaar was nalatig in die opsigte soos hierinvantevore
uiteengesit, welke nalatigheid daartoe gelei het dat die uie
doodgespuit is en die lusern se groei gestuit is.
Daly
was nalatig in die opsigte soos alreeds hierin vantevore
uiteengesit.
Pienaar
se graad van nalatigheid word bepaal as 75% en dié van Daly as
25%.
Die
Verweerder het kontrakbreuk teenoor Eiser gepleeg soos beweer in
paragrawe 11.1, 11.2 en 11.3 van Eiser se Besonderhede van
Vordering, welke kontrakbreuk tot skade vir die Eiser gely het.
Eiser
is geregtig op rente ingevolge artikel 2A(2)(a) van Wet 55 van 1975
vanf 19 September 2000.
Ek
maak die volgende bevel:
A. Die Verweerder is aanspreeklik vir 75% van die bedrag van skade
vergoeding wat die Eiser mag bewys.
Rente
teen 15,5% per jaar sal betaalbaar wees deur die Verweerder op die
bewese bedrag van skadevergoeding, welke rente vanaf 19
September
2000 sal begin loop.
____________________
S.A.
MAJIEDT
REGTER
Nms.
Eiser: Adv. C.H. Botha
i.o.v
Engelsman, Benade & van der Walt
Nms.
Verweerder: Adv. J. van Niekerk
i.o.v.
Duncan & Rothman
Datum
van verhoor:
Datum
van uitspraak: 19-10-2001