S v Raadt (615/2001) [2001] ZANCHC 22 (5 October 2001)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Plea and conviction — Section 112(1)(b) of the Criminal Procedure Act — Accused pleaded guilty to assault with intent to cause grievous bodily harm but did not acknowledge the unlawfulness of his actions during questioning — Essential elements of the crime not fully established — Conviction and sentence set aside and matter referred back for proper compliance with procedural requirements.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 22
|

|

S v Raadt (615/2001) [2001] ZANCHC 22 (5 October 2001)

3
Verslagwaardig:
Ja/Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja/Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja/Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling / Northern Cape Division)
SAAKNOMMER:615/2001
DATUM
GELEWER:05-10-2001
In
die saak van:
DIE STAAT
teen
DAWID
RAADT
Beskuldigde
Coram: MAJIEDT R
HERSIENINGSUITSPRAAK
MAJIEDT
R:
In hierdie aangeleentheid gee die landdros toe dat die verrigtinge
nie volgens reg geskied het nie en word versoek dat die saak
terugverwys word vir die behoorlike nakoming van artikel 112(1)(b)
van die Strafproseswet.
Die
beskuldigde het tereg gestaan op ‘n aanklag van aanranding met die
opset om ernstig te beseer. Hy het skuldig gepleit en
is, na
ondervraging ingevolge artikel 112(1)(b), skuldig bevind soos
aangekla en gevonnis tot 18 maande gevangenisstraf.
Buys
R het op hersiening as volg navraag gedoen: -
“
Moes die
beskuldigde nie die wederregtelikheid van sy handeling erken het nie?
Hoe was dit moontlik
om ‘n gepaste vonnis op te lê as daar nie by die beskuldigde
uitgevind is waarom hy die klaer met die mes
gesteek het nie?”
Nêrens
tydens die artikel 112(1)(b) – ondervraging is die aspek van die
wederregtelikheid van die beskuldige se daad met hom
opgeneem nie.
Die beskuldigde het slegs erken dat hy die klaer ‘n steekwond teen
die nek toegedien het en dat hy die opset gehad
het om die klaer
ernstig te beseer.
Al die wesenlike elemente
van die misdryf is gevolglik nie erken nie en is die skuldigbevining
regtens onontvanklik.
Dit
is verontrustend dat daar nooit aan die beskuldigde gevra is wat
daartoe gelei het dat hy die klaer met die mes gesteek het
nie. Só
‘n vraag is tog van kardinale belang by die oorweging van ‘n
gepaste vonnis. Erger nog – die Staat het ‘n mediese
beampte,
Dr. van Rensburg, se getuienis gelei ter verswaring van vonnis. Die
landdros moes ten minste die onverteenwoordigde beskuldigde
bygestaan het deur te verneem het van hom waarom hy aldus opgetree
het – veral waar die beskuldigde verkies het om nie enige
vrae aan
die dokter te stel nie.
Die
skuldigbevindig en vonnis word tersyde gestel en die saak word
ingevolge art. 312(1) van die Strafproseswet terugverwys na die
landdroshof vir die behoorlike nakoming van die bepalings van artikel
112(1)(b) van die voormelde Wet
__________________
S.A. MAJIEDT
REGTER