About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 21
|
|
S v Chubisi and Another (610/2001) [2001] ZANCHC 21 (21 September 2001)
VERSLAGWAARDIG:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS:JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF
VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:610/2001
DATUM:21-09-2001
In die saak tussen:
DIE
STAAT
en
JONAS
CHUBISI BESKULDIGDE
CORAM:
KGOMO
R et MAJIEDT R
HERSIENINGS
UITSPRAAK
MAJIEDT
R:
Die
beskuldigde het tereg gestaan op ân aanklag van huisbraak met die
opset om te steel en diefstal en is na skuldigbevinding
gevonnis tot
6 maande gevangenisstraf. Ten tyde van die verhoor was die
beskuldigde 15 jaar oud en is hy deur sy tante bygestaan.
My navrae aan die
landdros het gehandel oor die feit dat artikel 275 van die
Strafproseswet nie toegepas is nie en ook oor die meriete
van die
skuldigbevinding. Die saak is voor een landdros aangehoor tot en
met die skuldigbevinding stadium en is daarna voortgesit
en
afgehandel voor ân ander landdros. Laasgenoemde het toegegee dat
sy nagelaat het om artikel 275 se bepalings toe te pas en
aldus oor
te dra aan die beskuldigde en sy tante. Ek is tevrede dat die
eerste landdros nie meer beskikbaar was nie a.g.v. vervroegde
aftrede en dat daar geen nadeel was vir die beskuldigde in die
versuim om artikel 275 behoorlik toe te pas nie.
Die
landdros dui aan dat sy tevrede was, na deurlees van die oorkonde,
dat die verrigtinge voor haar afgetrede voorganger volgens
reg
geskied het en dat die skuldigbevinding in orde was. Ek deel nie
haar siening aangaande laasvermelde aspek nie. Alvorens
ek met die
meriete van die skuldigbevinding handel is dit nodig dat ek enkele
opmerkings maak aangaande die feit dat die beskuldigde
nie
regsverteenwoordiging gehad het tydens die verhoor nie. Die
beskuldigde se regte tot regshulp en regsverteenwoordiging is
weliswaar na behore aan hom voorgehou en het hy en sy tante
ex
facie
die oorkonde aangedui dat hy
âsal
self praatâ.
Ek kan egter nie verstaan waarom die landdros nie verder gegaan het
en verneem het waarom ân 15-jarige sy weg sou oopsien om
in so ân
ernstige saak op eie stoom voort te gaan nie. Hierdie besluit van
die beskuldigde en sy tante val veral vreemd op as
ân mens in ag
neem dat hulle twee op ân stadium ân uitstel versoek het ten
einde die
dienste
van ân prokureur te bekom
wat hulle moes bystaan met ân borgaansoek. Opvallend is dat by
die volgende verskyning die landdros as volg navraag doen by
die
beskuldigde se tante: -
â
V. Het
die prokureur ten opsigte van borgaansoek u bygestaan?
A. Ja.â
Daarna begin die Staat
met sy saak en word die eerste Staatsgetuie se getuienis aangehoor.
Ek
is die mening toegedaan dat die landdros navraag moes gedoen het by
die beskuldigde en sy tante waarom hulle nie ook vir die verhoor
regsbystand wou bekom nie. In dié verband verwys ek na die
opmerkings van Steenkamp RP in
S
v Charlton Lenyibi en Thabiso Senye
,
hersieningsuitspraak, saaknr. 422/01, gelewer op 31/7/2001 waarmee
Kgomo R saamgestem het en vereenselwig ek my daarmee. Hierdie
uitspraak is aan landdroste gesirkuleer. Landdroste moet deeglik
kennis neem hiervan, veral waar jong beskuldigdes voor hulle verskyn.
Die Staatsaak, wat die
inkriminering van die beskuldigde aanbetref, berus hoofsaaklik op
die getuienis van ene Isaac Modisoatsile
asook van
speurderinspekteur Daniel Eksteen van die SAPD.
Eersgenoemde se getuienis
kan bondig as volg opgesom word: -
hy het die beskuldigde
gekonfronteer op grond van inligting oor ân inbraak en diefstal
by die getuie se broer se huis (waar
die getuie ook tuisgegaan
het);
Die beskuldigde bied
toe aan om vir hom ân ketel te gee, klaarblyklik as een of ander
vorm van kompensasie sonder om aandadigheid
aan die inbraak en
diefstal te erken;
Die beskuldigde het toe
ân silwer elektriese ketel met kaas en droë wors daarbinne
oorhandig aan Isaac. Laasgenoemde het die
polisie gebel en die
ketel aan inspekteur Eksteen oorhandig, blykbaar omrede hy daarvan
bewus was dat dit ân gesteelde ketel
is.
Die inbraak en diefstal
waarop die beskuldigde tereg gestaan het is by ân slaghuis
gepleeg. Dit val op in die oorkonde dat, nadat
die getuie sy relaas
van die gebeure verskaf het soos voormeld, die Staatsaanklaer die
volgende blatant leidende vraag vra (sonder
enige teregwysing
hoegenaamd deur die landdros): -
â
V. Staatsaanklaer:- Wat
het â of het Mabogola gesê die goedere is by ân slaghuis
gesteel?
A. Jaâ.
Hierdie leidende vraag
het gevolg nadat Isaac op ân vraag van die Hof aangedui het dat hy
nie vir die beskuldigde gevra het waar
die goedere vandaan kom nie.
Dit is
opvallend (en tog nie verbasend) verder dat die beskuldigde glad
geen
vrae aan die getuie gestel het nie en dat sy tante bloot ân
stelling gemaak het aan die getuie oor die rede vir die beskuldigde
se arrestasie soos oorgedra deur inspekteur Eksteen.
Inspekteur Eksteen het
bevestig dat hy by die voormelde getuie se huis aangedoen het waar
hy die betrokke ketel aangetref het.
Volgens die getuie is hy
meegedeel deur Isaac dat die beskuldigde dié ketel oorhandig het in
ruil vir ân bad wat in Isaac se
besit was. Die Staatsaanklaer het
vir Eksteen daarop gewys dat die vorige getuie glad nie melding
gemaak het van ân bad nie;
Eksteen het egter volgehou met sy
weergawe.
Op grond van
dié mededelings is die beskuldigde gearresteer. Een van die
mede-eienaars van die slaghuis het die ketel as hul eiendom
uitgeken.
Van belang is dat die beskuldigde ook aan hierdie getuie
geen
vrae hoegenaamd gestel het nie. Sy tante het bloot op onbeholpe wyse
ân aantal stellings aan die getuie gestel, wat hy ontken
het.
Die Staat
se saak is gesluit nadat Eksteen getuig het. Op hierdie stadium was
daar, na my mening, ten beste vir die Staat slegs
prima
facie
getuienis van ân moontlike oortreding van een van die geoorloofde
uitsprake in artikel 264 van die Strafproseswet. Nêrens op
die
oorkonde blyk dit dat die beskuldigde en sy tante tydens enige
stadium van die verrigtinge gewys is op die bestaan en betekenis
van
die bepalings van artikel 264 nie.
â
n
Skuldigbevinding op een van die geoorloofde uitsprake vervat in
artikel 264 sou dus nie regtens ontvanklik wees nie;
Sien:
S
v Kester
1996(1) SASV 461 (B) te 469g â 470b.
Die beskuldigde het nie
self getuig nie maar het ân getuie, Ronnie Ntlaeng geroep. Sy
tante het verder ân ander getuie, ene
Ruben Monzane geroep. Nie
een van hierdie twee getuies het veel bygedra tot die beregting van
die geskilpunte hierin nie.
Die
Staatsaanklaer se betoog is genotuleer. Dis insiggewend dat haar
betoog ter ondersteuning van ân skuldigbevinding grootliks
berus
het op die beskuldigde se versuim om
âte
stryâ
oor die inkriminerende getuienis wat voorgehou is deur die
Staatsgetuies. Die beskuldigde se betoog was bloot:
âEk
wil niks sê, want ek het niks gemaakâ.
Die
landdros moes aan die einde van die Staatsaak aan die beskuldigde
verduidelik het dat hy ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet
se bepalings kon aansoek doen vir sy ontslag aangesien daar geen
prima
facie
saak teen hom was nie.
In die
onderhawige geval het die landdros versuim om dit te doen â hy het
bloot aan die beskuldigde verduidelik dat hy ân keuse
het om te
getuig en/of getuies te roep of om te swyg. Só ân verduideliking
impliseer dat daar ân saak was wat die beskuldigde
moes antwoord en
is myns insiens misleidend. Die landdros moes
in
casu
selfs oorweging daaraan geskenk het om
mero
motu
die beskuldigde te ontslaan ná afloop van die Staatsaak.
Sien:
S
v Nzimande
1993(2) SASV 218 (N) te 220 c-f, waar Didicott R hom as volg uitlaat:
â
The
accused was entitled to his discharge then and there, which could
not rightly have been refused if he had applied for it. As
a layman
conducting his own defence, however, he knew nothing about such
applications and therefore made none. The same state of
affairs has
been examined in a series of judgments delivered in the Cape and
Transvaal Provincial Divisions. I refer to S v Becket
1987(4) SA 8 (
C); S v Zimmerie en ân Ander 1989(3) SA 484 ( C); S v Zulu 1990(1)
SA 655 (T); S v Mashele 1990(1) SACR 678(T) and
S v Amerika 1990(2)
SACR 480(C ). Their gist is this. The option of applying for a
discharge at the close of the case for the prosecution
is one of the
procedural choices open to an accused person which the judicial
officer hearing his trial must explain to him whenever
he is
unrepresented and has no case to answer. To refrain from doing so,
to confine oneself to informing him that he has a choice
between
testifying and remaining silent at his peril, as occurred indeed in
the present matter, is to imply that he does have a case
to meet and
thus to mislead him. The judicial officer should instead take the
bull by the horns in such a situation, discharging
him mero motu.
The failure to do so amounts to an irregularity.â
Sien ook:
S
v Kester
(supra)
te
472d.
Die landdros se
voormelde nalates stel ân growwe onreëlmatigheid daar wat tot ân
regskending aanleiding gegee het en moet die
skuldigbevinding en
vonnis tersyde gestel word.
Die
beskuldigde se skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
______________________
S.A.
MAJIEDT
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
F.D.
KGOMO
REGTER