About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 20
|
|
S v Banjies and Others (K/S 18/2001) [2001] ZANCHC 20 (14 September 2001)
VERSLAGWAARDIG:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE:JA/NEE
SIRKULEER ONDER
REGTERS:JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
Saak
no.: K/S 18/2001
(Rondgang
te Upington)
Datum:
14-09-2001
DIE STAAT
teen
GEORGE
BANDJIES Beskuldigde 1
ANDRIES
BUYS Beskuldigde 2
ALEX
BALDWIN McFARLANE Beskuldigde 3
AUBREY
HERMANUS WHITE Beskuldigde 4
STEPHANUS
ALBERTUS CHRISTIE Beskuldigde 5
_______________________________________________________
K O N S E P â U I T S P
R A A K
Majiedt R
Hierdie
is ons eenparige uitspraak.
Die
vyf beskuldigdes staan tereg op een aanklag van roof met verswarende
omstandighede soos omskryf in artikel 1 van Wet 51 van
1977, en 2
aanklagte onder die Wet op vuurwapens (75 van 1969), te wete besit
van ongelisensieerde vuurwapens, nl. twee 9mm. pistole
en drie
semi-outomatiese gewere, sowel as die onwettige besit van ammunisie.
Hulle
het almal onskuldig gepleit op die ten laste gelegde misdrywe. Mnr.
Pistorius wat namens die eerste vier beskuldigdes verskyn,
het
aangedui namens sy kliënte dat hulle hul swygreg uitoefen. Mnr.
Jacobs wat namens beskuldigde nommer 5 verskyn, het aangedui
dat sy
kliënt se verweer neerkom op ân algehele ontkenning van die
bewerings teen hom.
Aangesien
daar voor ons slegs die Staat se weergawe is (al die beskuldigdes
het hulle sake gesluit sonder om self getuienis af te
lê) oor die
voorval self, kan die verloop van gebeure bondig as volg opgesom
word:
Op
14 Augustus 2000 het werknemers van Cash Paymaster Services (na wie
ek hierna verder sal verwys as âCPSâ) hulle te Philandersbron
in die Kalahari bevind. CPS is verantwoordelik vir die uitbetaling
van Staatspensioengelde aan pensioenarisse.
Hierdie werknemers het
ingesluit beskuldigde nommer 5 en hulle was vergesel deur drie
sekuriteitswagte van Fidelity Springbok Security
Services. (âdie
Sekuriteitsfirmaâ) Hierdie firma is gekontrakteer deur CPS om
laasgenoemde se werknemers sowel as die pensioengelde
te beveilig
tydens die vervoer en uitbetaling daarvan.
Die
groep sou die aand van 14 Augustus 2000 by Philandersbron gastehuis
oornag.
Tydens
daardie betrokke aand is die groep oorval, met wapens gedreig en,
nadat hulle onder dwang die sleutels van die sekuriteitsvoertuig
waarin die geld geberg was, moes oorhandig is hulle vasgebind en
hulle monde toegeplak.
Van die lede van die
groep is ook na bewering aangerand deur die aanvallers. Een skoot is
ook daar op die toneel afgevuur deur die
booswigte,
Die
rowers het die volgende buitgemaak: -
a) R414 060.00 kontant;
b) 3
LM5 semi-outomatiese gewere,
eenhonderd
en vier rondtes van 5.56 mm ammunusie;
twee
Motorola handradioâs;
een
Kenwood handradio;
een
Nokia selfoon.
3.4 Nadat die
aangevallenes daarin kon slaag om hulleself te bevry, het hulle die
polisie gekontak en laasgenoemde het padversperrings
opgerig op die
belangrikste padroetes.
3.5 Beskuldigdes 1 tot 4
is ongeveer 4 tot 5 kilometers buite Upington voorgekeer en
gearresteer, nadat die voertuig waarin hulle
gereis het (ân Kombi)
deursoek is. In die Kombi is daar tydens dié deursoeking ân
haelgeweer en ± R8 000.00 kontant gevind.
Later is daar tydens ân
verdere deursoeking van die Kombi terwyl dit by die polisie se
motorhawe gestal was ook twee 9mm. pistole
gevind. Hierdie pistole
is half versteek agter die paneelkissie gevind â dit vorm onder
andere die onderwerp van die aanklag betreffende
die onwettige besit
van ongelisensieerde vuurwapens.
3.6 Naby die punt waar
die Kombi voorgekeer is, het lede van die SAPD daardie selfde aand ân
drasak bevattende R362 000.00 kontant
gevind. Hierdie geld is, nadat
dit getel is by die polisiestasie, oorhandig aan die CPS, wat daarop
aanspraak gemaak het as regmatige
besitter daarvan.
3.7 Ongeveer ân maand
later en wel op 17 September 2000, het lede van die SAPD aan die hand
van inligting wat hulle opgevolg het,
drie LM5 gewere en leë
geldhouers op die Upington-Witdraai pad gevind. Dit is gemene saak
dat hierdie artikels buitgemaak was die
aand van die rooftog.
3.8 Die
Staat beweer dat beskuldigde nommer 5 (wat ân werknemer van CPS is)
saamgewerk het met die rowers die betrokke aand â
ons is meegedeel
deur een van die Staatsgetuies dat, in die
lingua
franca
van die onderwêreld, beskuldigde nommer 5 bekend sou staan as die
âfingermanâ
.
Daar
is ân groot aantal getuies wat getuig het in hierdie saak. Dit is
nie prakties nie en myns insiens in elk geval nie nodig
om almal van
hulle se getuienis weer te gee nie. Ek, volstaan slegs met dié van
die belangrikste getuies.
Alvorens
ek die getuienis opsom en evalueer, maak ek sekere preliminêre
opmerkings:-
Die
Staatsaak is, om dit sagkens te stel, ân treurmare van onbeholpe
ondersoekwerk (en soms selfs gruwelike nalatige slordige
speurwerk), twyfelagtige uitkennings, onreëlmatige
uitkenningsprosedures, onderbroke ketting getuienis, ontoereikende
deskundige
getuienis (en-ooggetuies) en oweral, gapende
tekortkominge in die bewys van die beweringe vervat in die akte van
beskuldiging.
Ek ag dit nodig om later meer volledig te handel met
die manier waarop die ondersoek in hierdie saak gedoen is.
Behalwe
vir die getuie, Francois White wat namens sy broer, beskuldigde
nommer 4 getuig het, is daar geen getuienis van verdedigingskant
voorgehou nie. Mnr. White se getuienis slaan net op ân baie
beperkte aspek, te wete die geloofwaardigheid van Wilfred Tsumane.
Die verdedigingsadvokate, veral mnr. Pistorius, het met ân
verwoede aanslag die Staatsaak probeer aftakel en tot ân groot
mate daarin geslaag. Soos ek alreeds vermeld het en later
vollediger sal uitwys hierin, is hul taak aansienlik vergemaklik
deur die onbeholpe en by tye slordige ondersoekwerk in hierdie
saak.
Ek moet egter hier byvoeg
dat daar in verskeie opsigte van verdedigingsweë onnodig stof
opgeskop is oor aspekte wat óf ontersaaklik
is óf gelei het tot
weinig, indien enige, konklusie tot die teendeel van die getuienis
wat aangebied is deur die Staat. Goeie voorbeelde
hiervan is die
bevraagtekening van die vingerafdrukdeskundige, sersant Smith, se
deskundigheid; die gebruik van ân bepaalde tipe
film om fotoâs
mee te neem en, seker die heel belangrikste, die tevergeefse (ek wil
amper sê wanhopige) gespartel om afbreuk te
doen aan die
vingerafdrukgetuienis. Meer hieroor later.
Daar
is ân hele aantal dokumente ingehandig tydens die verhoor â
hulle wissel van fotoâs tot vingerafdrukkaarte en â foeliene
tot
inskrywings in bewysstukregisters en ân sakboek. Ek sal hierdie
dokumente behandel wanneer ek die getuienis bespreek. Een
paar
skoene en drie paar sportskoene, sowel as twee 9mm pistole is ook
ingehandig as bewysstukke tydens die verhoor.
7. Sersant
Patrick Smith is ân vingerafdruk deskundige en ân forensiese
veldwerker van die SAPD, Upington. Dit is belangrik om
daarvan
kennis te neem dat dié getuie eers as ân deskundige gekwalifiseer
het
nadat
hy deskundige ondersoekwerk gedoen het op die tersaaklike tonele.
Ten tyde van sy
ondersoekwerk was hy bloot ân vingerafdrukondersoeker. Ek sal
tegelegertyd die effek, indien enige, van hierdie
onderskeid op sy
getuienis behandel.
Sersant
Smith se getuienis is van aansienlike belang in hierdie saak, daarom
bespreek ek dit in redelike fyn besonderhede.
Hierdie
getuie het 9 jaar diens in die SAPD en daarvan het hy tot op hede
ongeveer 3½ jaar deurgebring by die Plaaslike Kriminele
Rekordsentrum (âPKRSâ).
Vroeg
die oggend van 15 Augustus 2000 en wel te Upington polisiestasie
het hy ontstekingsresidu toetse gedoen op beskuldigdes
1 tot 4. Ek
kan nou alreeds dit op rekord plaas dat daar niks verder gekom het
van hierdie toetse nie.
Hy
het later die oggend by Philandersbron gastehuis, waar die roof
plaasgevind het, vingerafdrukke probeer lig. Hy het ongeveer
twintig vingerafdrukke gelig by die toneel by die gastehuis.
Hiervan het hy twee afdrukke positief met die van beskuldigdes
een
en twee verbind deur vergelykings te doen en deur sewe punte van
ooreenstemming te vind. Hy het naamlik ân linkerpalmafdruk
gelig
vanaf ân rol bruin kleefband by die gastehuis. Hierdie afdruk
het 7 punte van ooreenstemming met die linkerpalm van
beskuldigde
1. Regs aan die agterkant van die kap van die sekuriteitsvoertuig
waarin die pensioengeld vervoer is, het sersant
Smith, ân
linkerpalmafdruk gelig. Ná verdere vergelykende ondersoeke het hy
gevind dat daar 7 punte van ooreenstemming is
tussen daardie afdruk
en die linkerpalm van beskuldigde 2.
Op
dieselfde datum (d.w.s. 15/8/00) het hy by die PKRS kantore te
Upington ân vingerafdruk gelig vanaf die magasyn van ân
Z88
pistool waarvan die reeksnommer verwyder was. Dié pistool is een
van dié waarna ek vroeër verwys het in par. 3.5 hierbo.
Hierdie
vingerafdruk het 7 punte van ooreenstemming getoon met die regter
ring vinger van beskuldigde nr. 1.
Op
15/8/2001 het hy ân palmafdruk gelig van ân geldsak. Hierdie
geldsak blyk een van dié te wees wat buitgemaak is tydens
die
rooftog. Hierdie palmafdruk is vergelyk met dié van beskuldigde 1
en het sersant Smith gevind dat die afdruk ooreenstem
met die
linkerpalm van beskuldigde 1.
Opsommenderwys
dus wat vingerafdrukke aanbetref â hierdie getuie het ân
vingerafdruk op ân 9mm. pistool, sowel as palmafdrukke
vanaf ân
geldsak en ân rol kleefband gelig, welke vinger/palmafdrukke
ooreenstem met die regter-ringvinger/linkerpalm van
beskuldigde 1.
Hy het ook ân palmafdruk van die kap van die sekuriteitsvoertuig
gelig wat ooreenstem met die linkerpalm van
beskuldigde 2.
Ek
vestig die aandag daarop dat:
waar
ek in die uitspraak verwys het daarna dat, volgens sersant Smith,
die afdrukke wat hy gelig het ooreengestem het met die
vinger/palmafdrukke
van ân bepaalde beskuldigde, dan bedoel ek dat
die getuie in elke afsonderlike geval sewe punte van ooreenstemming
gevind het.
Die
getuie het getuig dat sewe punte van ooreenstemming die norm is
waarvolgens geregshowe in ons land bo redelike twyfel tevrede
is vir
identifikasie.
Volgens
sersant Smith se getuienis het geen twee persone dieselfde
vinger/palmafdrukke nie.
In
elke afsonderlike geval het die getuie dieselfde
modus
operandi
gevolg: - hy het naamlik die geligte afdruk op die foelien vergelyk
met ân stel vinger/palmafdrukke van die bepaalde beskuldigde;
ân
hofkaart opgestel wat die vergelykings aantoon en dan op ân aparte
lys die ooreenstemmende kenmerke aangestip. Hy het voor
die aanvang
van die verrigtinge op die stadium toe hy getuig het vingerafdrukke
van elke beskuldigde (d.w.s. nommers 1 en 2) geneem
en sy bevindinge
ten aansien van elkeen van hulle gekorreleer.
Sy
ondersoekwerk t.o.v. hierdie aspek is nagegaan deur sy bevelvoerder
(kapt. Du Plessis) en nog ân ander vingerafdruk deskundige,
te
wete sers. Nelson.
Mnr.
Pistorius het hierdie getuie wydlopend en deurtastend
gekruisondervra. Ter aanvang is sersant Smith se deskundigheid
intens
bevraagteken. Hy is behoorlik gepeper met vrae oor beide
die teoretiese en praktiese aspekte van die lig van vingerafdrukke.
Sersant Smith is verder wydlopend gekruisondervra en stellings is
aan hom gemaak oor Nasionale PKRS beleidsaspekte.
Ons maak die volgende
geloofwaardigheids bevinding ten aansien van hom: -
Hy
het die nodige deskundige kwalifikasies en ervaring om as ân
vingerafdrukdeskundige te kwalifiseer;
Hy
het die vuurdoop wat hy moes deurgaan tydens kruisondervraging
betreklik goed deurstaan. Daar is duidelik sekere gebiede van
die
teoretiese aspekte waarop hy minder bekwaam is. Desnieteenstaande
meen ons dat hy as deskundige getuie die paal gehaal het.
Ek sal
mettertyd handel met die vraag of sy getuienis teen beskuldigdes 1
en 2 voldoende
prima
facie
inkriminerende getuienis daarstel.
Daar
is etlike probleme in sy getuienis betreffende die afbakening van
die misdaadtoneel te Philandersbron, die moontlike kontaminering
van
bewysstukke asook die afhaal van bewysstukke in die bewysstukkluis.
Hierdie probleme is eerder aan andere se toedoen te wyte.
Dit hou
egter belangrike implikasies in vir die bewyswaarde van sy
getuienis, wat ek later sal bespreek.
Dit
is opvallend dat, alhoewel daar in die algemeen stellings gemaak is
oor sy deskundigheid en alhoewel daar gesuggereer is dat
hy óf nie
vingerafdrukke kon lig nie (a.g.v. die stof op die voertuie
byvoorbeeld) of dat die vingerafdrukvergelykings ontoereikend
sou
wees, is sy bevindinge nooit direk betwis nie en is geen getuienis
tot the teendeel aangebied nie. Veral insiggewend is die
feit dat:
-
Mnr.
Pistorius met sy eie deskundige gekonsulteer het voordat hy sersant
Smith verder gekruisondervra het en was al die bewysstukke
(foeliene
ens.) ook aan die deskundige beskikbaar gestel;
die
deskundige (wie se naam nooit bekendgemaak is nie) in die Hof gesit
het tydens voormelde voortgesette kruisondervraging van
sers. Smith;
en
hierdie
deskundige self nooit geroep is om te getuig nie.
Sersant Smith het,
alhoewel hy soms ongemaklik was wanneer hy vrae nie korrek kon
antwoord nie, oor die algemeen ons beïndruk as
ân deskundige
getuie. Ek handel later met die bewyswaarde van sy getuienis.
8. Die volgende
Staatsgetuie wie se getuienis van belang is, is Zoleka Mabusela.
Sy is ook ân werknemer
van CPS en was deel van die groep wat die aand by Philandersbron
gastehuis oornag het. Aangesien sy die
enigste damespersoon in die
geselskap was, het sy alleen in ân kamer geslaap. Na aandete het
sy gaan slaap en is wakkergemaak
deur nommer 5 wat buite haar
kamerdeur was â volgens haar het dit geklink asof hy huil. Toe sy
haar kamerdeur oopmaak was beskuldigde
5 in die geselskap van een van
die rowers wat ân vuurwapen op hom gerig het.
Beide
sy en beskuldigde nr. 5 is vasgebind en hul monde is toegeplak met
kleefband soortgelyk as die wat op een van die fotoâs sigbaar
is.
Sy het teen wil en dank die sleutels oorhandig wat toegang verleen
tot die geldtrommels binne â in die sekuriteitsvoertuig.
Haar
indruk was dat beskuldigde nr. 5 ook soos sy vreesbevange was daar op
die toneel. Hulle is later ontset deur van hulle kollegas
en is na
die polisiestasie toe om die rooftog te rapporteer. Beskuldigde nr.
5 het die voortou geneem in hierdie proses. Ons was
besonder
beïndruk deur hierdie getuie en aanvaar haar getuienis.
Branley
Macfarlane is die broer van beskuldigde nommer 3. Hy het getuig oor
die feit dat hy op die Sondag wat die dag van die voorval
voorafgegaan het (d.w.s. op Sondag 13/8/00) sy Kombi vir sy broer
geleen het. Beskuldigde nr. 3 het gesê hy gaan mense vervoer
na
Upington.
Hy dra nie kennis van die
vuurwapens wat agter die Kombi se paneelkissie gekry is nie. Volgens
hom was die Kombi nie in ân baie
goeie megansiese toestand nie.
Daar is geen rede om nie hierdie getuie se getuienis te aanvaar nie.
10. Mnr. Piet de Wee
staan ook bekend as âTommieâ Hy was ân sekuriteitswag in diens
van die maatskappy wat CPS se lede vergesel
het die betrokke aand.
Hy en Koos Visagie (ân kollega van hom) het die namiddag van
14/8/00 by mense gaan kuier in die Philandersbron
omgewing. By hulle
terugkeer na die gastehuis het die ander alreeds hul aandete geniet.
Hy en Koos het, nadat hulle geëet het,
ân rukkie buite vertoef
waar Koos gestaan en rook het. Daar het mense verby geloop en hy wat
Tommie is het onrustig geraak en
vir Koos gesê dat hulle na binne
moet gaan.
Nadat iemand aan die
kamerdeur geklop het, het Koos na die deur gegaan. Twee mans het
ingestorm by die kamer-hulle was gewapen â
een met ân 9mm pistool
en die ander met ân haelgeweer. Die persoon met die pistool het
die getuie aangerand deur hom te skop
en te trap. Hy het hierdie
persoon in sy gesig gekyk toe dié aanval begin. Hy sowel as die
ander is vasgebind en hul monde is
toegeplak met kleefband. Die
booswigte het die sleutels van die voertuie daar geneem. Op ân
staduim het daar ân skoot afgegaan.
Hulle
het later daarin geslaag om hulleself te bevry en is na die
polisiestasie toe. Mnr. De Wee het die twee aanvallers uitgeken
as
beskuldigde nommer 1 (die een met die pistool) en nommer 2 (die een
met die haelgeweer).
Op
ân uitkenningsparade wat gehou is op 19 September laasjaar het hy
dié twee beskuldigdes uitgeken. Hy het beskuldigde 1 uitgeken
aan
sy gelaatstrekke en beskuldigde 2 het hy aan sy liggaamsbou uitgeken.
Hierdie
uitkenningsparade gaan mank aan verskeie gebreke, waarna ek later
volledig sal verwys.
Hierdie
getuie is in kruisondervraging gekonfronteer met sy twee
getuieverklarings wat in sekere opsigte verskil van sy
viva
voce
getuienis.
Wat opgeval het van
hierdie getuie is dat hy erg verbitterd is oor die aanval op hom en
die daaropvolgende verlies van sy werk a.g.v.
die voorval.
Hy
het oor die algemeen redelik gevaar as ân getuie, maar meen ons dat
daar slegs op sy getuienis gesteun kan word wat betref die
uitkenning
van beskuldigde 1 as dit gestaaf word deur ander, geloofwaardige
getuienis. Ons laat heeltemal buite rekening sy uitkenning
van
beskuldigde 2 omdat dit na ons mening té onbetroubaar is.
11. Mnr. Ronaldo van Wyk
is ook ân CPS werknemer. Hy het in breë trekke die voorval en
verloop van gebeure, soos geskets deur
de Wee, gestaaf. Die
belangrike verskil is dat hierdie getuie geeneen van die aanvallers
kon uitken nie. Hy het verder getuig dat
hulle aanvanklik uit
Upington vertrek het met R443 000.00 se pensioengeld en, nadat
uitbetalings gedoen is, daar nog ongeveer R414
060.00 oor was daarvan
toe hulle op Philandersbron oornag het. Ons aanvaar hierdie getuie
se getuienis sonder voorbehoud.
Mnr.
Koos Visagie is die sekuriteitswag na wie ek vroeër hierin verwys
het. Hy het in breë trekke ook die verloop van gebeure
daar
weergegee soos mnr. De Wee. Ook hy kon niemand van die aanvallers
uitken nie. Hy getuig ook oor ân aanvaller met ân
9mm. Pistool
en een wat met ân haelgeweer gewapen was. Hy meld egter dat daar
nog verdere rowers was wat ook die gastehuis binnegestorm
het. Die
rowers het hom op ân stadium na buite geneem waar hy moes help om
die voertuie weg te stoot (die voertuie was só geparkeer
dat
toegang tot die sekuriteitsvoertuig waarin die geld geberg was,
versper was).
Van belang is die feit
dat hy in die middel agter die sekuriteitsvoertuig gestoot het, met
twee van die boosdoeners aan weerskante
van hom. Hulle het aldrie
gestoot met hulle hande oop en palms na vore.
Hulle
het die pantservoertuig binneggegaan en al agt geldtrommels is daar
verwyder.
Hy
is daarna die huis binnegeneem en saam met sy kollegas en die ander
vasgebind. Hulle is later bevry en na die polisiestasie toe.
Volgens hom kon hy op ân stadium, terwyl hulle vasgebind was die
dreuning van ân voertuig hoor â dit het geklink soos ân
Kombi.
In kruisondervraging het die getuie erken dat hy dagga rook, maar het
heftig ontken dat hy dit rook wanneer hy aan diens
is. Hy het verder
ook ontken dat hy dié betrokke dag dagga gerook het. Sy
getuieverklaring is ook aan hom voorgehou en daaruit
blyk dit dat
daar enkele weersprekings met sy mondelinge getuienis voorkom.
Een
van die belangrikste aspekte is die feit dat volgens hom die rowers
ân donkerkleurige drasak by hulle gehad het. Mnr. Visagie
kon nie
verduidelik waarom dié belangrike aspek nie in sy getuieverklaring
vervat is nie, en waarom hy dit nie in sy hoofgetuienis
vermeld het
nie. Ons aanvaar hierdie getuie se getuienis slegs waar dit deur
ander geloofwaardige getuienis gestaaf word.
Ek
behandel vervolgens die getuienis van Inspekteur Kella en Sersant
Isaacs saam. Hierdie 2 SAPD-lede het saam voorstaandienste
verrig
ongeveer 10 km. buite Upington by die ingang na Spitskop, gedurende
die nag van 14 Augustus laasjaar. Hulle was op die
uitkyk vir ân
Kombi (die getuies het verskil oor die kleur daarvan) na aanleiding
van ân berig oor die rooftog by Philandersbron
gastehuis. Hulle
het ân Kombi opgemerk wat volgens hulle teen ân hoë snelheid
verby gejaag het. Hulle het dit agterna
gesit. Die 2 voertuie het
verby ân padblokkade verderaan beweeg tydens hierdie jaagtog.
Die 2 getuies het albei die indruk
gevorm dat die Kombi aanât
wegjaag is. ân Ent verder is die Kombi asât ware van die pad
afgedwing deur die 2 polisie beamptes.
Beskuldigdes 1 tot 4 was
in die Kombi. Van die ander polisiemanne wat by die padblokkade was,
onder andere superintendent Frans en
inspekteur van Taak asook CPS
mense het op die toneel opgedaag. Die Kombi is deursoek en beslag is
gelê op ân haelgeweer en ongeveer
R8000 in kontant.
Kella
en Isaacs is angesê om terug te ry op die roete soos hulle die
Kombi gevolg het om uit te kyk vir die vermiste vuurwapens
en geld
wat buitgemaak is te Philandersbron.
Hulle het ongeveer 20
meter vanwaar hulle die Kombi afgetrek het, ân swart drasak gevind
langs die pad. Binne-in was plastiek geldsakke
bevattende geld. Die
geld is oorhandig aan supt. Frans.
By
die polisiestasie het Isaacs beslag gelê op die skoene van die
beskuldigdes nrs.1 to 4 â hierdie skoene is bewysstukke 1 tot
4
voor die hof.
Wat
hierdie twee getuies aanbetref, val dit op dat daar ernstige probleme
in hul getuienis is, veral oor hulle weergawes van die beweerde
jaagtog agter die Kombi aan. Hulle het mekaar hieroor ernstig
weerspreek en strook hul weergawes ook nie met dié van ondermeer
supt. Frans wat by die padblokkade was nie. Verder is daar
aansienlike probleme met hul getuienis oor dié jaagtog, wanneer dit
teen die waarskynlikhede opgeweeg word. Ons verwerp hulle getuienis
hieroor waar dit bots met dié van supt. Frans.
Sersant
Isaacs het ân aantekening in sy sakboekie (wat bew. âAAâ voor
die Hof is) gemaak, ten aansien van die skoene wat
hy by die
beskuldigdes 1 tot 4 in beslag geneem het. Ook hierdie aspek van
sy getuienis het ernstige probleme aangesien hy dit
nie kontemporêr
aangeteken het nie.
14. Mnr. Conrad Koen is
ân werknemer van CPS. Hy is in beheer van spesiale ondersoeke. Hy
het die nag van 15/8/00 kennis gekry
van die rooftog by
Philandersbron en was aanwesig by die padblokkade toe die Kombi daar
verby is. Dit is insiggewend dat hierdie
getuie hoegenaamd nie eers
melding maak daarvan dat hy Kella en Isaacs se voertuig wat die Kombi
sou agtervolg het, opgemerk het
nie. Mnr. Koen was teenwoordig toe
die Kombi deursoek is en daar beslag gelê is op ân haelgeweer en
kontantgeld. Hy was ook
aanwesig toe die gevonde drasak met geld
daarin aan supt. Frans oorhandig is. Daar is fotoâs van die geld
geneem op die toneel.
Dié geld is by die polisiestasie getel; dit
was ân bedrag van R362 000.00. Dié geld het hy uitgeken as dié
wat in CPS se besit
was en die geld is aan hom terug oorhandig. Hy
en ân kollegga, Pienaar, het die volgende dag na Philandersbron
gegaan en op grond
van inligting, het hulle 5 leë geldtrommels
gevind wat aan CPS behoort. Hy het erken dat hy van die getuies
vergesel het na die
polisiestasie toe die uitkenningsparade gehou is
op 19 September. Hy het egter ontken dat hy aanwesig was tydens die
hou van die
parade. Hierdie getuie se getuienis word aanvaar â dit
slaan in elk geval op nie â wesenlike aspekte sover dit die
inkriminering
van die beskuldigdes aanbetref.
Inspekteur
Carstens is ân hondemeester. Sy getuienis is aangebied op die
basis dat hy ân deskundige is op die reprodusering
en
identifisering van skoenspore.
Hy het getuig oor
skoenspore wat hy op gips gereproduseer het by die toneel te
Philandersbron gastehuis. Hy het ân totaal van vier
sodanige
reproduksies gemaak. Hy het hierdie gipsreproduksies vergelyk met
die beskuldigdes 1 tot 4 se skoene. Hiervolgens het
hy gevind dat
beskuldigdes 1 en 4 se skoenspore ooreenstem met dié van twee van
die vier gipsreproduksies. Volgens inspekteur Carstens
is een punt
van ooreenstemming voldoende vir bewys bo redelike twyfel.
Die
ander twee gipsreproduksies was bloot soortgelyk aan die skoenspore
van beskuldigdes 2 en 3.
Onder
kruisondervraging het die getuie toegegee dat daar ân verkeerde
SAP 13 nommer (1016 instede van 1023) aan die skoene as
bewysstukke
toegeken is. Hy het ook toegegee dat dit redelikerwys moontlik is
dat, a.g.v. hierdie fout, dié bewystukke dalk
betrekking mag hê
op ân heel ander saak. Verder toegewings wat hy gemaak het sluit
ondermeer in: - die feit dat die toneel
daar by die gastehuis nie
bewaar is nie en ander mense bv. die CPS werknemers daar rondbeweeg
het en hulle skoenspore is nie
getoets nie; dat die spore nie
gefotografeer of uitgemerk is met bv. kegels nie; dat die toneel
heeltemal vertrap was en omstandighede
daar uiters ongunstig was
vir sy werk. Een van die belangrikste toegewings wat inspekteur
Carstens gemaak het is dat daar leemtes
in sy vaardigheid en
kundigheid as ân hondemeester is (dit het ook geblyk dat dit die
eerste keer was dat dié getuie in die
Hooggeregshof getuig het).
Verder het dit ook geblyk dat die gipsproduksies deurgaans in sy
kantoor bewaar is en nie in die
SAP 13 â stoor nie, omrede hy
bang was dat dit daar sou breek.
Daar was ten slotte aan
die getuie gestel deur mnr. Pistorius dat sy vergelykings geen
bewyswaarde het nie en die getuie se antwoord
was dat die Hof daaroor
moet beslis. Ons bespreek later die bewyswaarde van sy getuienis
hierin, maar aanvaar sy getuienis as ân
deskundige onderhewig aan
die voorbehoude wat ons later behandel.
Mnr.
Hendrik van Wyk is ân bestuurder van die sekuriteitsmaatskappy.
Sy getuienis het slegs gehandel oor die waardes van die
handradioâs
en semi-outomatiese gewere wat buitgemaak is tydens die roftog. Hy
het ook getuig dat mnre. De Wee en Visagie se
dienste beëndig was
omdat CPS hulle nie meer wou aanwend as sekuriteitswagte nie.
Ons aanvaar hierdie
getuie se getuienis.
Mnr.
Lucas Titus woon op Philandersbron. Hy het getuig dat hy op die
aand van die voorval ân silwerblou Kombi gesien het by die
ingang
van Philandersbron. Onder kruisondervraging het hy toegegee dat hy
in sy verklaring aan die polisie bloot gesê het dat
hy ân
voertuig daar gesien het â hy het nie die fabrikaat gespesifiseer
nie. Daar kan ons insiens glad nie op hierdie getuie
se getuienis
gesteun word nie.
Mnr.
Wilfred Tsomane staan ook bekend as âSalieâ. Hy is ân
inwoner van Kimberley. Hy is op versoek van die Staat gewaarsku
ingevolge die bepalings vervat in art. 204 van die Strafproseswet.
Volgens hom het by bevriend geraak met beskuldigde 1 omdat
hulle
albei taxi â eienaars is. Deur beskuldigde 1 het hy vir
beskuldigdes 2 en 3 leer ken. Beskuldigdes 4 en 5 het hy eers
heelwat later leer ken.
Mnr. Tsomane het getuig
dat hy, op telefoniese versoek van beskuldigde 1, Upington â
gevangenis besoek het waar beskuldigdes 1 tot
4 in aanhouding was.
Hy het die polisie van hierdie versoek verwittig en het kapt. Lourens
van die Moord â en roofeenheid hom
na Upington vergesel. By
Upington gevangenis het beskuldigde 1 tot 4 hom ontmoet en is hy deur
beskuldigde 1 versoek om die wapens
wat hulle na die rooftog
uitgegooi het langs die pad te probeer opspoor.
Daar
is ook geskrewe instruksies en ân sketsplan op ân stuk papier aan
hom oorhandig deur beskuldigde 2. Hierdie dokument is
bewysstuk âCCâ
voor die Hof. Agterop was telefoonnommers neergeskryf â die
onderste een teenoor die naam âFanieâ was na
bewering dié van
beskuldigde 5. Volgens mnr. Tsomane is hy beopdrag om, sou hy die
wapens gevind het, dit te oorhandig aan beskuldigde
nr. 5
Mnr.
Tsomane het hierdie dokument aan kapt. Lourens oorhandig â hulle
het later die aanwysings op bewysstuk CC gevolg en afgekom
op die leë
geldtrommels en drie LM5 gewere wat op die fotoâs gesien kan word.
Op
versoek van Kaptein Lourens het mnr. Tsomane ân afspraak gereël
met beskuldigde 5. Tydens dié afspraak het lg. sekere
medelings
gemaak waaruit dit geblyk het dat beskuldigde 5 aandadig was aan
die rooftog. Hierdie gesprek is op band opgeneem,
aangesien mnr.
Tsomane ân versteekte bandopnemer by hom gehad het. Hierdie
bandopname is nooit as bewysstuk aan die Hof voorgehou
nie.
18.3 Mnr.
Pistorius het hierdie getuie deurtastend gekruisondervra ondermeer
oor verskille tussen sy
viva
voce
getuienis
en sy getuieverklaring wat bewysstuk âDD voor die Hof is. Hy is
ook deur mnr. Jacobs gekruisondervra oor veral aspekte
wat
beskuldigde nr.5 se saak raak. Mnr. Tsomane se getuienis moet na ons
mening met groot versigtigheid benader word. Hy was ân
swak getuie
maar nie so swak dat sy getuienis heeltemal verwerp kan word nie.
Insiggewend is dat kapt. Lourens hom staaf ten aansien
van die besoek
aan die tronk en bewysstuk âCCâ. Ook is wapens en geldtrommels
gevind aan die hand van die aanwysings vervat
in bewysstuk âCCâ.
Ons aanvaar dus slegs sy getuienis waar dit gestaaf word deur ander
geloofwaardige en aanvaarbare getuienis.
19. Kaptein
Lourens het grootliks Tsomane se getuienis bevestig ten aansien van
laasgenoemde se besoek aan die gevangenis en die ontvangs
van
bewysstuk âCCâ vanaf Tsomane. Hy het ook die daaropvolgende
vonds van die gewere en leë geldtrommels bevestig.
Uit die kruisondervraging
blyk dit dat Lourens heel toevallig inligting vanaf Tsomane gekry het
oor die telefoonoproep en versoek
van beskuldigde 1. Lourens was
besig om Tsomane te ondervra oor ân ander roofvoorval toe Tsomane
uit eie oorweging melding maak
van die telefoonoproep.
Ons
aanvaar sy getuienis sonder enige huiwering.
Inspekteur
Muller het getuig oor die hou van die uitkenningsparade op 19
September 2000 en het hy dan ook toegegee dat daar heelwat
tekortkominge in die opstel en hou van die parade was. Ons het
groot probleme met die getuienis oor die uitkenningsparade, maar
verwys ons na ons bevinding aangaande de Wee se getuienis hierbo.
Superintendent
Frans het getuienis gelewer oor sy rol by die padblokkade en die
deursoeking van die Kombi. Volgens hom het hy opdrag
gegee dat die
geldsakke wat binne-in die gevinde drasak aangetref was, ondersoek
word vir vingerafdrukke (soos vroeër, aangedui,
het sers. Smith toe
wel ân palmafdruk van die geldsak gelig, welke afdruk ooreengestem
het met die linkerpalm van beskuldigde
nr. 1. Hy het ook getuig oor
die latere deursoeking van die Kombi en die vind van die twee
pistole agter die paneelkissie van
die Kombi. Ons aanvaar hierdie
getuie se getuienis sonder voorbehoud.
Soos
ek vroeër aangedui het, het mnr. Francois White, beskuldigde nr. 4
se broer getuienis gelewer in die verdediging se saak.
Die
strekking van sy getuienis was bloot maar dat Tsomane wel sy broer
(beskuldigde 4) voorheen geken het en dat hy van tyd tot
tyd
aangedoen het by hulle in Upington vir herstelwerk aan sy taxi. Ons
verkies sy getuienis bo dié van Tsomane op hierdie aspek.
Daar
is ook ân inspeksie ter plaatse by die Upington gevangenis gehou
na aanleiding van mnr. Wilfred Tsomane se getuienis oor
sy beweerde
besoek van beskuldigdes 1 tot 4 by die gevangenis. Aan die einde
van die Staatsaak het ek aansoeke ingevolge artikel
174 van die
Strafproseswet vir die ontslag van al vyf beskuldigdes afgewys. Die
rede vir hierdie besluit was bloot dat ek van
mening was dat op
daardie stadium daar ân
prima
facie
saak
was teen al die beskuldigdes. Ek was ook die mening toegedaan dat,
ten spyte van al die probleme in die Staat se saak, daar
nie gesê
kon word dat enige van die Staatsgetuies wat die beskuldigde
inkrimineer, se getuienis so swak is dat dit heeltemal buite
rekening gelaat kan word nie.
Sien:
S v
Mpetha & others
1983(4)
SA 262(K) te 265 E-F.
Ten
einde te bepaal of die beskuldigdes enigsins deelgeneem het aan die
pleging van die misdrywe soos vervat in die akte van beskuldiging
het ek slegs die Staat se weergawe voor my. Ek hou in gedagte dat
ek geen nadelige afleiding kan maak van ân beskuldigde se
versuim
om self te getuig nie;
Sien:
S v
Brown en ân ander
1996(2) SASV 49 (NK) te 61 f-g.
25. Die Staatsaak wemel
van probleme en tekortkominge. Dit is nou die gepaste tyd, meen ek
om die vele kommerwekkende aspekte aangaande
die manier hoe hierdie
saak ondersoek en voorberei is, aan te stip en kommentaar daarop te
lewer.
25.1 Die kommerwekkendste
en deurlopende probleem is dat nie een van die verskeie tonele waar
forensiese ondersoeke gedoen is en/of
bewysstukke versamel is,
behoorlik afgekordon en beveilg is nie. Die gevolglike potensiële
kontaminering van bewysstukke spreek
vanself.
Daar
is ân ooglopend onreëlmatige uitboek van bewysstukke (te wete
vingerafdrukfoeliene) in die bewysstukregister deur sers.
Smith
(bew. Y). Daar bestaan ân baie sterk moontlikheid dat hierdie ân
foutiewe inskrywing in die bewysstukregister mag
wees, maar is dié
aspek
nooit
opgeklaar deur die Staat nie.
Tydens
die inhandiging van die beskuldigdes 1 tot 4 se skoene by die SAP
13 is daar by hierdie bewysstukke op verkeerde wyse etikette
ter
identifikasie daarvan aangebring.
Die
uitkenningsparade van 19/9/00 wemel van probleme â daar was
heeltmal te min persone op die parade; mnr. Koen van CPS wat
beskuldigdes
1 tot 4 tydens hulle arrestasie gesien het, was net voor
die hou van die uitkenningsparade in kontak met die getuies; die SAP
329
vorm (bew. âVâ) is nie na behore ingevul nie op ân aspek
van absoluut kardinale belang te wete die korrekte tydsverloop met
die uitkenning van beskuldigde 1 deur die getuie Tommie de Wee nie.
Daar
is hoegenaamd geen foto geneem van die toneel waar die drasak met
geld deur Kella en Isaacs gevind is nie.
Hierdie
drasak met geld daarin is deur Kella en Isaacs hanteer (met die
gevolglike kontaminering van moontlike vingerafdrukgetuienis)
asook
deur die CPS lede op die toneel. Verder is die drasak nie deur die
polisie nie, maar deur die vermelde CPS â lede gefotografeer.
â
n
Verkeerde bewysstuknommer is aan die skoene van beskuldigde 1 tot 4
toegeken waar dit by die SAP 13 ingehandig is.
Die
SAP 13 â register is verkeerd opgeskryf waar vermeld word dat al
die items (vuurwapens, geldnote en skoene) by die âverdagte
Andries
Buysâ aangetref is.
Van
die bewysstukke, en veral die skoene van die beskuldigdes, het vir
betreklik lang tydperke (bv. 2 weke in die geval van die skoene)
in
die ondersoekbeampte of ander polisiemanne se besit gebly nadat dit
uit die SAP 13 â stoor verwyder is.
Die
skoenspore by die Philandersbron gastehuis is nie behoorlik uitgemerk
of selfs gefotografeer nie.
As hierdie nie so ân
ernstige saak was nie, sou al hierdie flaters, nalates en onbeholpe
optrede van die polisie byna komies gewees
het.
Ek
is die eerste een wat sal toegee dat die polisie onder baie moeilike
omstandighede hul werk moet verrig. Hulle het uiters beperkte
hulpbronne tot hul beskikking waarmee hulle die ongekende vlaag van
misdaad in ons land moet beveg. Die foute wat in hierdie saak
begaan
is, het egter die gevolg dat ernstige vraagtekens agter die
betroubaarheid van die forensiese getuienis geplaas moet word.
Uiteiendelik mag dit selfs tot gevolg hê dat ân geregshof soveel
twyfel het oor die bewyswaarde van getuienis dat hy die vorrdeel
daarvan aan beskuldigdes moet toesê, selfs waar daar sterk suspisie
bestaan dat sluke beskuldigdes deel gehad het aan die misdryf/e.
Dit
bring op sy beurt weer die hele regspleging in diskrediet in die oë
van die publiek â iets wat ons tog beswaarlik kan bekostig
tydens
hierdie onstuimige tydvak in ons jong demokrasie. In die onlangse
beslissing van
Govender
v Minister of Safety & Security
2001(2) SASV 197 (HHA) te 203 c-d stel Appèlregter Olivier dit as
volg:
â
A
failure by the State to preserve the effectiveness of the criminal
justice system will end in lawlessness and a loss of the legitimacy
of the State itself.â
Wanner
die kaf van die koring geskei word, dan is die getuienis (en hier
sluit ek omstandigheidsgetuienis in) teen die onderskeie
beskuldigdes as volg: -
Beskuldigde
1
(a) ân Vingerafdruk wat
ooreenstem met syne is gevind op ân 9 mm. pistool welke pistool
versteek gevind is in ân Kombi waarin
hy en beskuldigdes 2,3 en 4
aangetref is enkele ure na die rooftog.
â
n
Palmafdruk wat ooreenstem met syne is gevind op ân CPS geldsak wat
buitgemaak is in die roof en wat gevind is in ân drasak
wat
ongeveer 20 meter van die toneel waar die voormelde kombi gestop is,
langs die pad aangetref is.
â
n
Palmafdruk wat ooreenstem met syne is gevind op ân rol kleefband
wat in die Philandersbron gastehuis gevind is en wat soortgelyk
is
as dié waarmee die slagoffers se monde toegeplak is deur die
rowers.
Hy
is uitgeken deur Tommie de Wee as een van die rowers en wel die een
wat herhaaldelik ân aanval gerig het op die getuie de Wee,
by ân
uitkenningsparade ongeveer ân maand na die voorval.
Wilfred
Tsomane beweer dat hierdie beskuldigde hom na Upington gevangenis
laat kom het en dáár deel was van ân groepie van die
beskuldigdes wat aan hom mondelinge en skriftelike instruksies gegee
het hoe om van die buit (wapens en leë geldtrommels) op te
spoor.
A.g.v. hierdie instruksies is die wapens en leë geldtrommels dan
ook deur die polisie opgespoor.
Sy
regtersportskoen wat hy aangehad het tydens arrestasie se
sooloppervlakte stem ooreen met ân skoenspoor wat op die toneel by
die gastehuis gevind is (die uitstaande kenmerk wat die punt van
ooreenstemming is, is volgens inspekteur Carstens slystasie op
die
regterhak van die skoen).
Hy
is in verdagte omstandighede met beskuldigdes 2,3 en 4 aangetref in
ân Kombi enkele ure na die roofvoorval.
Beskuldigde
2:
-
â
n
Palmafdruk wat ooreenstem met syne is op die agterkant van die
sekuriteitsvoertuig waaruit die CPS â geld geroof is, aangetref.
Hy
was deel van die groepie wat instruksies aan Tsomanie by die
gevangenis gegee het en word beweer dat hy die dokument bewysstuk
âCCâ aan Tsomane oorhandig het daarso.
Die
spoor van sy regterskoene wat hy aangehad het tydens arrestasie is
soortgelyk as ân skoenspoor wat by die Philandersbron gastehuis
gevind is.
Hy
is ook in die Kombi aangetref in verdagte omstandighede net na die
rooftog.
Hy
is deur de Wee op die uitkenningsparade uitgewys as een van die
aanvallers.
Beskuldigde
3
:
Hy was deel van die groepie wat instruksies aan Tsomane by
die tronk gegee het.
hy
was ook in die Kombi wat die polisie voorgekeer het.
Die
linkerskoenspoor van die skoene wat hy tydens arrestasie aangehad
het, is soortgelyk as dié van ân skoenspoor wat by die
Philandersbron gastehuis aangetref is.
26.4
Beskuldigde
4
Hy
was in die Kombi gevind met beskuldigdes 1,2 en 3.
Hy
was ook in die groepie wat vir Tsomane by die gevangenis instruksies
gegee het.
Die
regterskoen wat hy tydens arrestasie aangehad het se spoor stem
ooreen met ân skoenspoor wat by die gastehuis aangetref is.
26.5
Beskuldigde
5; -
Volgens
Tsomane moes hy die gevonde wapens aan beskuldigde nr. 5 oorhandig
vir verdere bewaring.
Volgens
Tsomane het beskuldigde nr. 5 tydens ân gesprek erken dat hy
deelgeneem het aan die rooftog.
Ek
het alreeds die bevindige ten aansien van die geloofwaardigheid van
elke getuie afsonderlik hierin aangedui. Ek kom vervolgens
by die
oorweging van en my bevinding ten aansien van die deskundige
getuies in hierdie saak.
Ter
inleiding en oor die algemeen moet die wyse waarop ân Hof
deskundige getuienis (wat eintlik maar opiniegetuienis is) behoort
te benader, voor oë gehou word. Dit is naamlik dat die deskundige
se opinie wat voorgehou en gemotiveer word bloot dien om
leiding te
bied â dit is vir die Hof self om te besluit of dit ân juiste
opinie is;
Sien:
Annama
v Chetty & others
1946 AD 142
(A) te 155-6;
S
v Gouws
1967(4) SA 527 (OK) te 528D.
Daarmee
saam moet in ag geneem word dat daar sekere soorte deskundige
getuienis is wat só tegnies van aard is dat ân Hof nie
self in
staat is om ân betroubare afleiding te maak nie â die Hof
verlaat hom op die deskundige se opinie, mits hy tevrede
is dat die
getuie wel ân deskundige is en dat sy getuienis betroubaar of
geloofwaardig is.
ân Voorbeeld van sulke
tipe getuienis is vingerafdrukke.
Vgl.
R v
Nksatlala
1960(3)
SA 543 (A) te 546.
Aan
die anderkant van die spektrum val daardie opinie/deskundige
getuienis waar ân Hof ân eie oordeel kan vel, bv. voetafdrukke
of skoenspore;
Sien:
R
v Debati
1951(1) SA 421 (T) te 423 C.
I
S
v Mkhabela
1984(1) SA 556 (A) te 562-3.
Wat
vingerafdrukke aanbetref is die getuienis van sers. Smith van groot
belang. Ons is tevrede dat sers. Smith wel ân deskundige
opinie
kon vorm aangaande die vingerafdrukke wat hy gelig het en vergelyk
het met dié van die beskuldigdes 1 en 2. DÃt nieteenstaande
die
feit dat hy eers ná die voorval as deskundige gekwalifiseer het.
Dit was opmerklik dat, alhoewel sy deskundigheid verwoed
aangeval
is deur mnr. Pistorius, dit nooit aan hom gestel is dat sy
bevindinge verkeerd is nie, nieteenstaande die aanwesigheid
van
mnr. Pistorius se eie deskundige in die Hof tydens
kruisondervraging nie. Daar was weliswaar in die algemeen vrae aan
hom gestel oor die vervalsing, oorplanting en verplasing van
vingerafdrukke. Daar was egter
nooit
pertinent aan hom gestel dat enige van die vingerafdrukke van
beskuldigdes 1 en 2 óf verplaas is óf oorgeplant is óf vervals
is nie.
Ons
is verder tevrede dat die vingerafdrukke wel op die toneel gevind is
soos wat die getuie getuig het (die getuies van Wyk, Visagie
en de
Wee het bevestig dat die polisie vingerafdrukke gesoek het op die
toneel te Philandersbron) en dat hy die vergelykings gedoen
het met
die beskuldigdes se stelle van vingerafdrukke wat hy van die
ondersoek beampte gekry het (hierdie laasvermelde aspek is
nooit
in geskil geplaas nie).
Daar is geen teenstrydige
deskundige getuienis voor ons geplaas nie. Daar word nou algemeen
deur ons Howe aanvaar dat 7 punte van
ooreenstemming voldoende is;
Sien,
ondermeer :
S
v Nala
1965(4) SA 360 (A).
Ons aanvaar dus sers.
Smith se deskundige opinie dat die vinger/palmafdrukke wat hy op die
9 mm. pistool, die rol kleefband en die
CPS-geldsak gevind het,
ooreenstem met die ringvinger/palm van beskuldigde 1.
Insgelyks
aanvaar ons ook sy deskundige opinie t.a.v. beskuldigde 2 se palm en
die palmafdruk wat van die sekuriteitsvoertuig gelig
is. Die
kontaminering indien enige, van die toneel by die gastehuis het na
ons mening geen rol gespeel by die lig van die vingerafrukkke
nie.
Inspekteur
Carstens het ân moeisame tyd beleef onder kruisondervraging.
Alhoewel ons tevrede is dat hy as ân gekwalifiseerde
hondemeester
deskundige kennis het ten aansien van die reprodusering en
vergelykings van voet-en skoenspore, benader ons sy konklusies
met
versigtigheid. Ons meen dat die
caveat
in
S
v Mkhabela
(supra)
te
B-C navolgenswaardig is:
â
. . . . the Court
msut nevertheless be cautious of relying upon such evidence,
especially where it is the only evidence against the
accused, and
that the cogency of such evidence must depend upon all the
circumstances of the case.â
Per Corbett AR (soos hy
toe was).
Aansluitend
hierby neem ons in ag dat die toneel vertrap was. Natuurlik hou ons
ook verder in gedagte dat soortgelykheid van skoenspore
ver te kort
skiet in bewyswaarde en dat die ooreenstemmendheid daarvan meer
bewyswaarde dra, alhoewel nie tot dieselfde mate as
ooreenstemmendheid
van vingerafdrukke nie.
Opsommenderwys
is dit ons benadering dat slegs waar insp. Carstens se inkriminerende
getuienis teen beskuldigdes 1 en 4 deur ander
aanvaarbare getuienis
gestaaf word, sal ons dit aanvaar teen dié betrokke beskuldigdes.
Ons
meen eweneens dat die getuienis oor beskuldigdes 2 en 3 se skoenspore
bloot kan dien om ander aanvaarbare, geloofwaardige getuienis
teen
hulle te staaf. Alhoewel daar probleme was met die inboek en
etikettering van die skoene in die SAP 13, bevind ons dat die
Staat
wel bewys het dat die vier pare skoene waarop vergelykings gedoen is
aan die onderskeie beskuldigdes 1 tot 4 behoort het.
Die
Staat se saak berus grootliks op omstandigheids getuienis. In só
ân geval moet al die getuienis as ân geheel oorweeg
word;
Sien:
S
v Ntsele
1998(20 SASV 178 (HHA) te 182e.
By
die toepassing van die nou reeds geykte
âtwo
cardinal rules of logicâ
neergelê in
R
v Blom
1939 AD 288
te 202 wanneer omstandigheids getuienis oorweeg word,
moet daarteen gewaak word om nie te beweeg op die gebied van
spekulasie
nie;
Sien:
S
v Mtsweni
1985(1) SA 590(A) te 593 E-G.
Met
hierdie riglyne in gedagte meen ons dat die feit dat beskuldigdes 1
tot 4 in verdagte omstandighede hulleself in ân Kombi
bevind het,
nie
op
sigself
ân afleiding regverdig dat hulle deel gehad het aan die roof te
Philandersbron nie.
Daar is na ons mening nie
voldoende bewys voor ons dat hierdie Kombi op die rooftoneel was nie.
Verder
verwerp ons die beweringe deur Kella en Isaacs dat die Kombi van
hulle af weggejaag het. Hierdie getuienis is lynreg in stryd
met dié
van Koen en Frans, wat op ons ân baie gunstiger indruk gemaak het
as wat die geval is met Kella en Isaacs.
29. Ek het alreeds
gehandel met ons benadering tot die uitkenningsgetuineis van de Wee,
asook met die deskundige getuienis van Smith
en Carstens.
Ons benadering ten
aansien van die getuienis van Tsomane is ook alreeds op rekord, nl.
dat ons slegs sy getuienis waar dit ân beskuldigde
inkrimineer
aanvaar waar daar ander geloofwaardige en betroubare getuienis op
rekord is.
Ons
maak die volgende feitebevindinge: -
Op
15/8/00 het ân groep bestaande uit meer as drie mans die lede van
CPS en sekuriteitsfirma oorval en beroof van R414 060.00
kontant, 3
LM5 semi-outomatiese gewere, 104 5.56 mm. Rondtes ammunisie, 3 LM5
magasyne, 2 Motorola handradioâs, 1 Kenwood handradio
en 1 Nokia
selfoon. Hierdie groep het met ân gemeenskaplike oogmerk
opgetree, nl. om die pensioengeld te roof.
Hierdie
groep was gewapen met ten minste een 9mm. pistool en ân
haelgeweer.
Die
aangevallenes se monde is met die bruin kleefband toegeplak wat op
die toneel deur die polisie gevind is en wat op van die
fotoâs
voor die Hof sigbaar is.
Beskuldigde
1 se palmafdrukke op die rol kleefband en die CPS geldsak verbind
hom met die roof (ons maak geen bevinding in die
verband oor sy
vinger afdruk op die pistool nie â ten beste vir die Staat bewys
dit bloot dat beskuldigde 1 op ân stadium
die pistool wat
versteek was in die Kombi hanteer het. Hierdie aspek kom natuurlik
meer ter sprake by die aanklagte onder die
Wet op Vuurwapens).
Beskuldigde
2 se linkerpalmafdruk op die sekuriteitsvoertuig plaas hom
insgelyks ook op die toneel van die roof.
Ons
bevind verder dat beskuldigdes 1 tot 4 aanwesig was waar bewysstuk
CC deur beskuldigde 2 oorhandig is aan Tsomane. By hierdie
geleentheid is mondelinge instruksies ook aan Tsomene gegee oor die
ligging van die wapens en geldtrommels.
Alvorens
ons bevindinge ten aansien van die skuld van elke individuele
beskuldigde maak, bespreek ek kortliks die regsposisie
ten aansien
van die gemeenskaplike besit van vuurwapens soos dit betrekking sou
hê op ons voormelde feitebevindinge. Só ân
bespreking is
uiteraard nodig, gegewe die aanklagte onder die Wet op Vuurwapens â
aanklagte 2 en 3.
Uit
wat ek vroeër in die uitspraak gesê het, volg dit noodwendig dat
daardie beskuldigdes wat ons mag bevind wel op die rooftoneel
was
en ter uitvoering van ân gemeenskaplike oogmerk deelgeneem het
aan die rooftog, ook deel was van die besitsontneming van
die 3 LM5
gewere wat in die 3 sekuriteitswagte, de Wee, Visagie en Babu se
besit was. Dit volg ook dat ons nie in staat is om
ân
feitebevinding te maak (behalwe in die geval van beskuldigde 1) dat
enige van die beskuldigdes besit (met inbegrip van fisiese
besit en
animus
possidendi
)
gehad het van die twee 9mm. pistole wat in die Kombi gevind is nie.
In
S v
Khambule
2001(1)
SASV 501 (HHA) het die Hoogste Hof van Appél beslis oor die
regsvraag op feitlik soortgelyke feite as die onderhawige
geval.
In daardie geval het die rowers met ân gemeenskaplike oogmerk om
te roof ân sekuriteitsvoertuig aangeval. Tydens
die rooftog is
een van die sekuriteitswagte se vuurwapens buitgemaak. Op 508 b-d
sê Olivier AR die volgende :
â
Ek
kan in beginsel nie sien waarom, in gepaste situasies en indien die
leerstuk van gemeenskaplike oogmerk toegepas word, die gemeenskaplike
animus om die vuurwapens gesamentlik te besit, nie afgelei kan word
nie. Indien dit die bedoeling van die lede van die groep is
om die
vuurwapens ter uitvoering van ân roof of moord te gebruik tot hul
almal se voordeel, vereenselwig hulle hul immers met die
besit van
die vuurwapens. Die feite in die geval tans ter sprake verskil van
dié in bogemelde sake.
Hier
was dit die oogmerk van die groep dat die insittendes van die bakkie
ontwapen sou word ter beskerming van hulle bende. Besit
van die
vuurwapens moes dus deur een of meer lede van die bende geneem word
en ten behoewe en tot voordeel van die groep gehou word.
Die Ruger
en die ammunisie daarvoor is met hierdie gemeenskaplike doel geroof
en na die bakkie, waarop al die rowers was, geneem.
Daar het dit
onder hul almal se beheer gebly todat dit later in die veld weggegooi
is. Die afleiding van ân bedoeling om die
geweer en ammunisie
gesamentlik te beheer en te besit, skyn my onvermydelik te wees.â
Ek
kom dus tot die slotsom dat daar gemeenskaplike besit was van die
drie LM5 gewere wat buitgemaak is â sodanige besit geld
natuurlik
slegs t.o.v. daardie beskuldigdes wat na ons bevinding wel op die
rooftoneel was en deelgeneem het aan die roof.
32. Ons
behandel nou die beskuldigdes afsonderlik: -
32.1
Beskuldigde
1
:
Hy word inkrimineer deur
die vingerafdruk getuienis waarna alreeds verwys is, die uitkenning
deur de Wee, Tsomane se inkriminerende
getuienis asook die skoenspoor
wat ooreenstem met syne wat by die gastehuis aangetref is. Ons is
tevrede bo redelike twyfel dat
hy op die toneel te Philandersbron was
en deelgeneem het aan die rooftog. Hierdie slotsom bereik ons primêr
aan die hand van die
vingerafdrukgetuienis. Ons wys egter daarop dat
wanneer die getuienis in geheel in ag geneem word, daar baie min
twyfel by ons is
dat hy aandadig was aan die rooftog nie. Ons is
tevrede dat die Staat wel sy skuld bo redelike twyfel bewys het op
aanklagte 1,
2, t.o.v. die drie LM5 gewere en die 9mm. Z88 Vector
pistool en 3 slegs t.o.v. die 5 rondtes wat in die Z88 Vector pistool
gevind
is aangesien geen getuienis oor die aantal rondtes ammunisie
in die semi-outomatiese gewere gelei is nie. Beskuldigde 1 word dus
skuldig bevind aan aanklagte 1, 2 en 3.
Beskuldigde
2: -
Op
grond van die vingerafdrukgetuienis teen hom sowel as die getuienis
van Tsomane is ons tevrede bo redelike twyfel dat hy op die
toneel
van die roof was en deelgeneem het daaraan. Insgelyks is ons tevrede
dat hy ook die drie LM5 gewere onwettiglik besit het
op die regsbasis
soos voorgehou in
S
v Khambule
,
supra
.
Ons meen dit is insiggewend dat hy ân haelgeweer besit en daar op
die toneel een van die boosdoeners met ân haelgeweer opgemerk
is.
Die
Staat het na ons mening sy skuld bo redelike twyfel bewys op
aanklagte 1 en 2 (lg. slegs t.o.v. die semi-outomatiese gewere).
Ons
vind dié beskuldigde dus skuldig aan aanklagte 1 en 2.
Beskuldigdes
3, 4 en 5: -
Vir doelmatigheidsredes word hierdie
drie beskuldigdes saam behandel.
Daar is teen nommers 3 en
4 slegs die getuienis van Tsomane en dié van inspekteur Carstens;
wat lg. getuie aanbetref is sy inkriminering
van nr. 4 heelwat
sterker as dié van nr. 3.
Gegewe
die voorbehoude wat ons koester jeens hierdie twee getuies (Tsomane
oor sy geloofwaardigheid en Carstens oor die betroubaarheid
van sy
deskundige opinie) is daar by ons redelike twyfel oor beskuldigdes 3
en 4 â sodanige voordeel moet hulle toekom. Daar is
wel ân
suspisie dat hulle betrokke was by die rooftog, maar is dit
hoegenaamd nie voldoende om ân skuldigbevinding uit te bring
nie.
Beskuldigde 5 word slegs deur Tsomane inkrimineer â daardie
getuienis skiet na ons mening heeltemal te kort en moet beskuldigde
5
eweneens die voordeel van ons aansienlike twyfel oor sy skuld kry.
Beskuldigde
3, 4 en 5 word onskuldig bevind op alle aanklagte en word ontslaan.
33. Al wat oorbly is om
te besin oor Tsomane se posisie. Ons het weliswaar sy getuienis
aanvaar slegs met aansienlike voorbehoude,
maar meen ek dat hy eerlik
en openhartig alle vrae beantwoord het. Hy is weliswaar nie ân
baie indrukwekkende getuie nie, maar
dÃt Ãs nie die toets nie.
Gevolglik word vrywaring teen vervolging aan Wilfred Tsomane verleen
ingevolge die bepalings van artikel
204 van Wet 51 van 1977.
Sodanige vrywaring geld t.o.v. die misdrywe vervat in die akte van
beskuldiging en alle bevoegde uitsprake.
Die Griffier van hierdie Hof moet toesien dat
ân afskrif van hierdie uitspraak versend word na die Provisiale
Kommissaris van
die SAPD, Kommissaris W. Mckaiser, asook aan
Adjunk-Kommissaris L. Swanepoel van die SAPD.
Adv.
nms. Staat: Adv. Nekosi
Adv.
nms beskuldigde 1-4: Adv. Pistorius
Adv.
nms. beskuldigde 5: Adv. Jacobs
Datum
van verhoor: 26-07-2001 tot 06-08-2001
Datum
van uitspraak: 14-09-2001