About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 18
|
|
S v Gxashe (CA&R 17/2001) [2001] ZANCHC 18 (4 September 2001)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREG SHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK NO.CA&R 17/2001
DATUM:
04-09-2001
In
die saak tussen:
VUYANI
ERNST GXASHE Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
BUYS R et MAJIEDT R:
_______________________________________________________
U I T S P R A A K
MAJIEDT
R:
Die Appellant kom in hoër
beroep teen sy skuldigbevinding aan ân oortreding van artikel
39(1)(m) en 39(1)(n) van Wet 75 van 1969
(
âdie Wetâ
)
sowel as teen die vonnis van 12 maande gevangenisstraf wat hom
opgelê is op elke aanklag.
Dit was nie in geskil
nie dat die Appellant ten minste 2 skote afgevuur het in ân
openbare plek op Vrydag 27 November 1998 nie.
Die volgende was wel
in geskil:-
of die Appellant
onder die invloed van drank was toe hy die skote afgevuur het; en
of sy handelinge
geregverdig was gegewe die heersende omstandighede.
Die Staat se saak in
breë trekke soos voorgehou deur die getuies Edith Modiagotla en
Mary Mabilo kan bondig as volg opgesom word:
dié 2 getuies het
op die voormelde datum by Edith se huis in Valspan woonbuurt, Jan
Kempdorp gesit en gesels; saam met hulle
was ook ene Felicia, ân
vriendin van hulle;
dit was al skemer
(daar is ân diskrepansie tussen dié 2 getuies oor hoe laat dit
min of meer was) en die kinders het in die
straat gespeel toe hulle
skote hoor klap (Edith getuig van 3 skote, terwyl Mary melding maak
van 2 skote);
hulle het ondersoek
gaan instel nadat Edith die polisie ontbied het;
hulle het die
Appellant daar opgemerk naby ân drankhuis â die Appellant was
beduidend onder die invloed van drank (oor die
graad van sy
beskonkenheid is die twee getuies dit nie eens nie);
Die Appellant was in
besit van ân vuurwapen en is die afleiding gemaak deur beide
getuies dat dit hy was wat die skote afgevuur
het.
Sersant Pieter Sweiss
bevestig dat hy oor die voorval telefonies verwittig is deur me.
Modiagotla en dat hy as gevolg van hierdie
rapport na die toneel is.
Sy het die Appellant aan hom uitgewys. Die Appellant was sterk
onder die invloed van drank en het nie
sy samewerking verleen aan
Sweiss nie. Sweiss het twee afgevuurde koeëldoppies op die toneel
opgetel. Volgens hom het die Appellant
ontken dat dit hy was wat
daar skote afgevuur het.
Die Appellant het
getuig en aangevoer dat hy ân aanval vanaf vyf onbekende mans
gevrees het wat hom agtervolg het daar in die
straat. Hy het 2
skote in die grond geskiet om hulle af te skrik en die mans het
weggehardloop. Terwyl hy later by ân drankhuis
besig was om te
drink is hy deur die polisie gearresteer. Hy het glad nie die 2
Staatsgetuies Edith en Mary of enige kinders daar
op die toneel
gesien ten tyde van die voorval nie. Hy ontken dat hy hom verset
het tydens arrestasie.
Namens die Appellant
het ene Julie Moetsie, ook bekend as
âSibokoâ
, getuig.
Sy het slegs oor een aspek getuig, nl. dat sy nie in die Appellant
se teenwoordigheid was tydens die voorval soos wat
deur Mary beweer
is nie.
Mnr. Schreuder, wat
namens die Appellant verskyn, val die skuldigbevinding primêr op 3
gronde aan nl.:
dat die twee
Staatsgetuies, Edith en Mary se getuienis só teenstrydig met mekaar
is en soveel onwaarskynlikhede bevat, dat dit
verwerp moes gewees
het; en
die landdros versuim
het om die verdedigingsgetuie Julia Moetsi se getuienis in ag te
neem en te evalueer; en
die landdros homself
wanvoorgelig het aangaande die Appellant se verweer.
Ek
handel vervolgens nou met hierdie aspekte
seriatim
.
Die beperkte
bevoegdhede van ân Hof van Appèl wanneer dit kom by veral
geloofwaardigheidsbevindings is nou reeds geykte reg.
In dié
verband is die volgende
dictum
van Swart R in
S v Radebe
1991(2) SASV 166(T) te 185 b â c, veral vanpas:-
â
As
uitgangspunt word groot klem gelê op die feit dat die verhoorregter
of landdros die lewering van getuienis eerstehands ervaar.
Hy word
erken as die beste beoordelaar van geloofwaardigheid omdat hy die
getuies, hulle persoonlikhede, hulle voorkoms, gedrag
en reaksie
waarneem en ervaar. Daarbenewens staan hy midde in die atmosfeer van
ân verhoor.â
Soos blyk uit my
opsomming van die getuienis, was daar etlike verskille in die
weergawes van die Staatsgetuies, Edith Modiagotla
en Mary Mabilo.
Ek is dit egter met die landdros eens dat hierdie verskille nie
wesenlik van aard is nie. ân Beoordelaar
van feite wat getuienis
moet evalueer moet daarteen waak om nie bloot op grond van
teenstrydighede
per se
getuienis te verwerp nie.
Die
aard van die teenstrydighede, die aantal en belangrikheid daarvan
sowel as die effek van die teenstrydighede op die res van die
getuie
se getuienis moet ondermeer in ag geneem word.
Sien:
S v Oosthuizen
1982(3) SA 571(T) te 576 G â H.
S v Mkohle
1990(1) SASV 95(A) te 98 e â g.
Gevolglik meen ek dat die
landdros korrek was deur hierdie twee getuies se getuienis te
aanvaar. Myns insiens is die verskille in
hul getuienis eerder
aanduidend daarvan dat hulle nie saamgespan het om ân valse,
gefabriseerde weergawe voor die Hof te plaas
nie. Gegewe die
heersende omstandighede daar, is hierdie verskille veel eerder toe te
skryf aan
bona fide
foute of vergeetagtigheid
betreffende fyner besonderhede aan hul kant.
Julia Moetsi se
getuienis op die enkele aspek waaroor sy getuig het, is van geen
hulp ten einde die geskilpunte te bereg nie.
Haar getuienis slaan
bloot op die geloofwaardigheid van Mary Mabilo.
Selfs
al het die landdros versuim om hierdie getuienis te oorweeg, ontstaan
die vraag op appèl â wat is die effek daarvan? Wanneer
hierdie
getuienis in die weegskaal geplaas word, bring dit bloot mee dat ân
vraagteken geplaas word agter die korrektheid van Mary
Mabilo se
getuienis. Sy mag moontlik verkeerd wees ten aansien van Julia
Moetsi se aanwesigheid daar op die toneel. Dit doen nie
afbreuk
daaraan dat die Appellant twee skote op die toneel afgevuur het nie
(soos wat gemene saak tussen die partye is).
Die laaste aspek wat
oorweeg moet word is die beweerde wanvoorligting aan die landdros
se kant aangaande die Appellant se verweer.
Mnr.
Schreuder betoog dat die Appellant se verweer nooit een van noodweer
was nie, maar
âdat hy (die Appellant) ân aanval gevrees het en
geskiet het om sy aanvallers af te skrikâ.
Ek meen dat hierdie verweer
slaan op ân beroep van noodweer of noodtoestand as
regverdigingsgrond ter uitsluiting van die wederregtelikheid.
Sien:
S v Ntuli
1975(1) SA 429 (A) te 436 e.v.
Mnr. Schreuder was weliswaar
tydens betoog huiwerig om sy hoed op die kapstok van
noodweer/noodtoestand te hang, maar was hy uiteindelik
genoodsaak om
ân toegewing hieraangaande te maak.
Na my mening was die landdros
korrek in sy benadering â hy het naamlik die Appellant se verweer
heeltemal korrek aangemerk as een
van noodweer en verder het hy tereg
hierdie verweer verwerp, op die
Appellant se eie weergawe
.
Soos voorgehou deur die Appellant kan só ân verweer net nie opgaan
nie. Die mans wat hom na bewering agtervolg het, het slegs
ân
aanmerking gemaak dat
âdaar gaan die een soldaat verbyâ
.
Geeneen van hulle was ooglopend gewapen nie en niks wat hulle gedoen
of gesê het (buiten soos voormeld) was aanduidend van ân
voorneme
aan hulle kant om die Appellant aan te val of te bedreig nie. Daar
is gevolglik geen meriete in hierdie betoog nie.
Mnr. Schreuder het
ook in sy betoog die aspek van verdubbeling van aanklagte
aangespreek, alhoewel dit nie in die kennisgewing
van appèl vervat
is nie.
Hy
submitteer dat, aangesien Mary Mabilo getuig het dat die Appellant
âslingerend dronkâ
was, daar ân redelike moontlikheid
bestaan dat hy die skote afgevuur het as gevolg van hierdie
dronkenskap. Die Appellant moes
dus nie ook van ân oortreding van
artikel 39(1)(n) van die Wet skuldig bevind gewees het nie, aldus die
betoog.
Die Wet skep twee aparte
misdrywe in artikels 39(1)(m) en (n). Daar is dus regtens niks
verkeerd daarmee om ân beskuldigde van
twee verskillende misdrywe
aan te kla in twee afsonderlike aanklagtes nie. Die vraag is egter
aan die einde van die verhoor â
sal
skuldigbevinding
op die
twee aanklagte neerkom op ân onbehoorlike verdubbeling?
Sien:
S v Engelbrecht
2001(2) SASV 38 (K) te 40 g.
In
S v Benjamin &
another
1980(1) SA 950 (A) te 956 G â H stel Joubert AR die
volgende praktiese hulpmiddels voor ter beantwoording van die
voormelde vraag:-
waar meerdere
handelinge plaasgevind het, of hulle met ân enkele opset verrig is
as ân voorgesette gebeurtenis;
waar die getuienis om
die een aanklag te bewys ook meteens die ander aanklag bewys. Mnr.
Schreuder voer aan dat die tweede hulpmiddel
wel aanwending vind
in
casu
.
Daar is geen meriete in
hierdie betoog nie. Die getuienis bewys dat die appellant twee skote
in die straat afgevuur het ter bewys
van aanklag 1. Hierdie feite
bewys nie aanklag 2 nie. Addisionele getuienis is nodig om die
tweede aanklag te bewys, naamlik dat
die appellant ook onder die
invloed van drank was toe hy die skote afgevuur het. Van die
teenoorgestelde kant gesien was dit nie
nodig vir die bewys van
aanklag twee dat die Staat ook moes bewys het dat die appellant die
skote afgevuur het nie. Die blote hantering
van die pistool (voor hy
nog die skote gevuur het) terwyl die Appellant onder die invloed van
drank was stel die bewys van die misdryf
daar. Nòg dieselfde stel
feite nòg dieselfde opset word dus vereis vir ân skuldigbevinding
aan elk van die twee aanklagte.
Die landdros het die
Appellant tot die maksimum termyn van gevangenisstraf op elke
aanklag gevonnis (dus effektiewelik 2 jaar
gevangenisstraf) en ook
sy vuurwapen verbeurd verklaar aan die Staat en die Appellant
onbevoegd verklaar om ân vuurwapen te
besit.
Dié
opgelegde vonnis is na my mening heeltemal té swaar en skokkend
onvanpas, gegewe die Appellant se persoonlike omstandighede
en die
omstandighede van die misdrywe.
Die Appellant is ân eerste
oortreder en daar is geen skade aangerig of beserings opgedoen as
gevolg van sy optrede nie.
Die landdros het
weliswaar tereg die feit dat die Appellant in diens is van die
Nasionale Weermag in ag geneem as ân strafverswarende
faktor.
Tog is ek van oordeel dat die voormelde strafversagtende faktore ân
aansienlik ligter vonnis regverdig. Misdrywe
ingevolge die Wet is
uiteraard ernstig van aard en verg die nodige afskrikkende
vonnisoplegging, maar moet die omstandighede
waaronder die
misdryf/e gepleeg is in elke geval beoordeel word. Verder moet ân
beskuldigde se persoonlike omstandighede behoorlik
in die weegskaal
geplaas word;
Vergelyk
ondermeer:
S v Moleme
1994(1) SASV 1(A) te 4 d â e;
S v Viljoen
1999(1) SASV 128 (W) te 132 h â j.
Myns insiens sal die
oogmerke van straf wel deeglik bereik word deur aan die Appellant
ân aansienlike boete op te lê, gepaardgaande
met opgeskorte
gevangenisstraf. Die Appellant beklee ân vaste betrekking en sal
hy volgens mnr. Schreuder die bedrag van R1
000,00 ân maand kan
afbetaal ter delging van ân boete, ingevolge die bepalings vervat
in artikel 297(5)(b) van Wet 51 van
1977. Mnr. Schreuder het ook
aan die hand gedoen dat ons die onbevoegdverklaringsbevel ingevolge
artikel 12 van die Wet en die
verbeurdverklaringsbevel ingevolge
artikel 39(3)(a) van die Wet tersyde behoort te stel.
Ek is
dit met hom eens dat die feite van hierdie saak nie die landdros se
bevele regverdig nie.
In
S v Phuroe
,
en ander soortgelyke sake 1991(2) SASV 384 (NK) te 387 b â d, het
hierdie Hof bepaalde riglyne neergelê ten aansien van ân
oorweging
of ân beskuldigde onbevoegd verklaar behoort te word om ân
vuurwapen te besit. Toegepas op die onderhawige geval,
is ek tevrede
dat die landdros se bevel tersyde gestel behoort te word. Die
Appellant se prokureur het
a quo
redes aangevoer waarom
ân verbeurdverklaringsbevel nie gemaak behoort te word nie. Ek is
insgelyks tevrede dat die landdros gefouteer
het deur
desnieteenstaande só ân bevel uit te reik.
Ek sou die skuldigbevinding
bekragtig maar die vonnis in sy geheel ter syde stel en vervang met
die volgende:
Die aanklagte word
saamgeneem vir doeleindes van vonnis en word die Appellant ân
boete van R3 000,00 alternatiewelik 12 maande
gevangenisstraf opgelê.
Ingevolge die bepalings vervat in artikel 297(5)(b) van Wet 51 van
1977 moet die Appellant hierdie boete
afbetaal teen R1 000,00 per
maand en moet die eerste betaling by die Klerk van die Landdroshof te
Jan Kempdorp geskied op 1 Oktober
2001 en daarna op die eerste dag
van elke daaropvolgende maand totdat die volle bedrag vereffen is.
Daarbenewens
word die Appellant gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf, in geheel
opgeskort vir ân tydperk van 5 jaar op voorwaarde
dat die Appellant
nie skuldig bevind word aan ân misdryf vervat in artikel
39(1)(h)(i), (j), (k), (l), (m) of (n) van die Wet op
Vuurwapens en
Ammunisie, 75 van 1969, wat gepleeg is tydens die vermelde tydperk
van opskorting nie. Daar word gelas dat die bepalings
vervat in
artikel 12(1)(a) nie aanwending sal vind in hierdie saak nie.
____________________
S.A. MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam en dit word aldus
gelas.
______________________
A.J. Du P. BUYS
REGTER
Verhoordatum: 27
Augustus 2001
Adv.
Schreuder namens Appellant i.o.v. Van der Walt en Vennote Adv. Cyndi
namens die Respondent