About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 55
|
|
Minister van Wet en Orde van Replubliek van Suid-Afrika and Another v Hendricks (510/85) [1987] ZASCA 55; 1987 (3) SA 657; [1987] 2 All SA 327 (A) (27 May 1987)
510/85/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPèLAFDELING)
In die saak tussen:
MINISTER VAN WET EN ORDE VAN
DIE REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
1ste
Appellant
KONSTABEL SEADY MARSH
2de Appellant
en
LEWIS HENDRICKS
Respondent
CORAM: CORBETT, GROSSKOPF, NESTADT, ARR,BOSHOFF et KUMLEBEN, WnARR
VERHOOR: 7 Mei 1987
GELEWER: 27 Mei 1987
UITSPRAAK GROSSKOPF, AR
In n skietvoorval wat op 12 September 1981 te Uiten-
hage
2
hage plaasgevind het, het die respondent skietwonde
opge-
doen. Hiervoor hou hy die twee appellante aanspreeklik
die tweede appellant, 'n konstabel in die Suid-Afrikaanse
Polisie, as die persoon wat die skote afgeskiet het, en die
eerste appellant as die tweede appellant se werkgewer. Dit
is dan ook gemene saak dat die eerste appellant in die onder-
hawige geval middellik aanspreeklik is vir die tweede appel-
lant se optrede. Ten einde sy vordering af te dwing het die
respondent in die Suidoos- Kaapse Plaaslike Afdeling 'n aksie
om skadevergoeding teen die twee appellante ingestel.
Die appellante het 'n verweerskrif op die meriete so-
wel as 'n spesiale verweerskrif geliasseer. Tans is net
laasgenoemde ter sprake. Die wesentlike bewering daarin
is/.......
3
is dat die respondent nie behoorlik kennis gegee het van die geding soos
vereis deur art. 32(1) van die Polisiewet, no. 7 van 1958
("die Wet" ) nie. Die
partye het by ooreen-koms alle feite wat ter sake is by die beregting van die
spesiale pleit in 'n gestelde
saak beliggaam, en die hof ver-soek om ,voordat hy
op die meriete van die saak ingaan, eers uitspraak oor die verweer geopper in
die spesiale pleit te lewer. Die hof (SMALBERGER R soos hy destyds was) het aan
hierdie versoek voldoen. Nadat argument aangehoor
is het hy die spesiale pleit
afgewys met koste. Die appellante kom nou met verlof van die verhoorregter in
hoër beroep teen
hierdie bevel.
Art. 32(1) van die Wet, waarop die spesiale pleit ge-
grond
4
grond is,lui soos volg;
"Enige siviele geding teen die Staat of enige persoon, ten opsigte van
enigiets uit hoofde van hierdie Wet gedoen, moet ingestel word
binne ses maande
nadat die eisoorsaak ontstaan het, en skriftelike kennis van enige siviele
geding en van die oorsaak daarvan moet
aan die verweerder gegee word minstens
een maand voordat dit ingestel word."
Dit is gemene saak dat die gewraakte optrede van die tweede appellant 'n daad
was wat "uit hoofde van hierdie Wet gedoen" is, en dat
die respondent derhalwe
verplig was om art. 32(1) van die Wet na te kom. indien hy 'n geding teen die
appellante wou instel. Die
vraag vir beslissing is dus of daar inderdaad
sodanige nakoming was. Die feite in hierdie verband is soos volg.
Die
5
Die skietvoorval, soos reeds vermeld, het op 12 September 1981
plaasgevind. Op 10 Desember 1981 rig die respondent se prokureurs die
volgende
brief per aangetekende pos aan die Kommissaris van Polisie:
"Geagte Meneer
AANRANDING: LEWIS HENDRICKS: SIVIELE EIS Ons tree op namens mnr. Lewis
Hendricks normaalweg woonagtig te Dodostraat 18, Rosedale,
Uitenhage en wie hom
tans bevind te die Conradie Hospitaal, Kaapstad. Op die 12de September, 1981 het
Konstabel Marsh verbonde aan
die Suid-Afrikaanse Po-lisie, Gelvandale, Port
Elizabeth ons kliënt met 'n vuurwapen geskiet terwyl hy aan diens was en
opgetree
het in die uit-voering van sy pligte.
As gevolg van die voornoemde het ons kliënt sekere beserings opgedoen en
word hy tans behandel in die Conradie Hospitaal. Ons
kliënt se instruksies
is dat die aanrand-ing op hom wederregtelik, opsetlik en/of
nalatig
6
nalatig was en gevolglik word u aanspreeklik . gehou vir ons kliënt
se skade. Op hierdie stadium het ons nog nie mediese verslae
beskikbaar om u
meer besonderhede aangaande ons kliënt se beserings te gee nie maar sodra
dit bekom is sal u onmiddellik voorsien
word van foto-afdrukke daarvan. Dit blyk
egter asof ons kliënt permanent verlam sal wees as gevolg van die
aanranding op hom.
Namens ons kliënt eis ons derhalwe van u hiermee
betaling van die bedrag van R20,000-00 ten opsigte van pyn, skok, lyding,
skadever
goeding, permanente en/of tydelike ongeskikt-heid en verlies aan
lewensgenietinge. Aangesien daar nog heelwat konsultasies ge-voer
moet word met
die verskeie dokters in hierdie verband wil ons egter respekvol voorstel dat
verjaring van hierdie saak uit-gestel
word tot en met die laaste dag van
Desember 1982 ten einde ons in staat te stel om meer besonderhede aangaande ons
kliënt se
beserings aan u voor te lê. Ons ontvang graag derhalwe u
bevestiging dat verjaring uitgestel mag word soos voor-gestel voor
of op die
l0de Januarie 1982.
'n/.....
7
'n Brief is per aangetekende pos gestuur aan Konstable Marsh te die
Suid-Afrikaanse Po-lisie, Gelvandale, Port Elizabeth waarin hy
ook aangespreek
word vir betaling van die bedrag van R20,000-00 en u aandag word daar-op
gevestig dat hierdie bedrag geëis word
van u gesamentlik en afsonderlik met
Kon-stabel Marsh die een betaal die ander kwyt-geskel te word."
Art. 32(2) van die Wet bepaal dat indien die kennis beoog in sub-art. 1 aan
die Kommissaris van Polisie gegee word, dit geag word
kennisgewing aan die
betrokke verweerder te wees.Indien bogemelde brief,wat inhoud betref, voldoen
aan die vereistes van art. 32(1)
sou dit dus kon dien as ken-nisgewing aan albei
appellante. Dit is gevolglik nie nodig om te verwys na die minder uitvoerige
brief
wat op 10 Desember 1981 aan die tweede appellant gestuur is nie.
Die ..
8
Die brief aan die Kommissaris van Polisie het die volgende
antwoord ontlok:
"Ontvangs van u skrywe CTA MINNAAR/sj ge-dateer 81-12.10 word hiermee erken.
Die aangeleentheid word na die Afdelings-kommissaris,
S.A. Polisie Privaatsak
6020, Port Elizabeth verwys vir die nodige onder-soek en deursending van die
stukke aan die Staatsprokureur,
Port Elizabeth vir aandag. Hy sal u daarna
voorsien van die Staats-prokureur se verwysingsnommer asook die naam van die
beampte wat
die aangeleentheid han-teer.
Uitstel van verjaring word hiermee verleen tot 31 Desember 1982."
Daarna het 'n aantal briewe tussen die partye ge-volg. Onder meer het die
respondent se prokureurs op 12 November 1982 verdere uitstel
van "verjaring"
(d.w.s. ver-lenging van die vervaltermyn in art. 32(1)) tot einde 1983
versoek
9
versoek.'n Brief van die Staatsprokureur gedateer 15
November 1982 verwys na 'n telefoongesprek tussen die partye
se prokureurs, en staan 'n verlenging van die vervaltermyn tot
30 April 1983 toe. Dagvaarding is op 22 April 1983 uitge-
reik.
Namens die appellante is aanvaar
dat die brief van
10 Desember 1981 binne die tyd deur art. 32( 1) voorgeskryf
ont-
v
ang is, en dat dit 'n voldoende aanduiding van die respon-
dent se
skuldoorsaak (die "oorsaak" van die "siviele geding")
bevat het. Daar is egter betoog dat die brief nie voldoende "skriftelike
kennis van enige siviele geding" gegee het nie, m.a.w., dat
dit nie duidelik
genoeg aangedui het dat die res-pondent beoog het om aksie in te stel nie,
Om
10
Om hierdie betoog na waarde te skat moet 'n mens eers vasstel wat dit is wat
deur art. 32(1) in hierdie verband vereis word. Hierdie
ondersoek behels 'n
vertolking van die waarde van die sub-artikel gelees in hul samehang, waarby ek
insluit die aard en inhoud van
die artikel en sy blykbare-strekking en doel.
(Sien
Jaga v Donges NO & Another
;
Bhana v Donges NO &
Another
1950(4) SA 653 (A) op bl 662 H). Oor die doel van die sub-artikel is
die volgende gesê in
Labuschagne v Labuschagne; Labuschagne v Minister
van Jus-tisie
1967(2) SA 575 (A) op bl 587 G - 588 A:
"Die bepaling beoog dat die verweerder min-stens 'n maand voor die instelling
van die geding kennis daarvan moet kry en ook in-gelig
word aangaande die
eisoorsaak, Daar word op skriftelike kennisgewing aangedring, vermoedelik omdat
dit sekerheid in die hand
werk
11
werk. Die bepaling beoog vermoedelik dat, watter onderhandelings daar nou ook
al van-tevore tussen die partye mag plaasgevind het,
die verweerder nogtans 'n
skriftelike kennis-gewing moet ontvang waarin hy meegedeel word dat 'n geding
teen hom ingestel gaan word.
In gewone omstandighede hoef 'n eiser nie die
verweerder in te lig oor sy voorneme om 'n geding teen hom in te stel nie.
Vanweë
die besondere omstandighede van die verweerders waarna art. 32
verwys, het die Wetgewer dit goed gedink om te bepaal dat hulle slegs
by 'n
geding betrek kan word nadat hulle 'n
ken-nisgewing van die eiser se
voorneme om 'n geding in te stel ontvang het. Die rede vir hierdie bepaling -
hoewel die nie noodwendig
die enigste rede mag wees nie - skyn te wees dat die
verweerder minstens 'n maand ge-gun moet word om te besluit wat hom te doen
staan waar hy onder die bedreiging van die instelling van 'n geding staan. Die
verweerder moet die geleentheid gegee word om op die
in die kennisgewing
gestelde eis-oorsaak in te gaan, getuienis te probeer bekom, regsadvies in te
win en, veral waar
die......
12
die Staat betrokke is, kwessies rakende be-leid te
oorweeg."
Daar is twee aspekte van hierdie passasie waarop ek effens wil uitwei. Die
eerste is die suggestie dat 'n ken-nisgewing ingevolge
die sub-artikel aan
dié verweerder moet meedeel "dat '
n
geding teen hom ingestel gaan
word" (op bl 587 H).
Labuschagne
se saak het, in die aangehaalde
passasie, gehandel met die breë
ratio
wat onderliggend aan art.
32(1) is en nie met die presiese inhoud wat 'n kennisgewing ingevolge die
sub-artikel moet hê nie.
Dit is dus nie verbasend dat die woorde wat ek
pas aangehaal het myns insiens nie heeltemal akkuraat is nie - trouens, na my
mening
is die woorde 'n geding ... inge-stel gaan word" te absoluut.Op die
tydstip wanneer '
n
eiser kennis ingevolge die sub-artikel gee sou daar
selde
enige
13
enige sekerheid wees dat regstappe inderdaad sal volg.
Die eiser sou normaalweg hoop dat sy vordering betaal of
geskik sal word sonder die noodsaaklikheid van regstappe.
Van 'n praktiese standpunt sou '
n
mens dus nie verwag dat die
wetgewer meer sou vereis as 'n uitdrukking van die eiser se
voorneme om, indien sy vordering nie betaal of geskik word
nie, 'n aksie in te stel nie. Ek meen ook nie dat diewoorde
"kennis van enige siviele geding" in hul gewone betekenis
enige hoër vereiste stel nie.
Die tweede aspek van die bogemelde passasie waarna
ek.......
14
ek wil verwys, is die volgende.Soos blyk uit die passasie,
strek art.32(1) tot voordeel van. die verweerders
waarna die sub-artikel verwys en tot nadeel van die eiser -
soos dit gestel word in die passasie; in gewone omstandig-
hede hoef 'n eiser nie 'n verweerder in te lig oor sy voorneme
om 'n geding teen hom in te stel nie, maar ingevolge art. 32
(1) verbeur hy sy vordering indien hy dit nie betyds doen
nie.Die hof se benadering tot die uitleg van die sub-arti-
kel behoort dus myns insiens te wees dat, insoverre die taal
van die sub-artikel dit toelaat,die verweerder die beskerraing
behoort te ontvang wat die sub-artikel hom bied sonder dat
onnodige swaar las op die eiser geplaas word (vgl.
Avex
Air (Pty) Ltd v Borough of Vryheid
1973(1) SA 617 (A) op
bl......
15
bl 621 F-G) En na my mening is die bewoording van
die sub-artikel heeltemal vatbaar vir so 'n benadering. Dit bevat geen
vormvereistes
waaraan die kennisgewing moet vol-doen nie. Al wat nodig is, is
dat skriftelike kennis van die siviele geding gegee word. Hierdie
is vae en
algemene woorde. Ek verstaan daardeur dat daar aan die verweerder-op skrif
aangedui moet word op 'n manier wat vir die
gewone mens verstaanbaar sou wees
dat die eiser beoog om 'n regsgeding in te stel as sy vordering nie betaal of
geskik word nie.
Daar is niks in die bewoording of samehang van die sub-arti-kel
wat na my mening enige ander of hoër vereiste stel nie.
Die vraag of 'n
kennisgewing voldoen aan die vereistes wat ek hierbo bespreek het is 'n
feitevraag wat ooreenkomstig die om-
standighede
16
stándighede van elke saak beslis moet word.Dit sou dus
na
my mening geen nuttige doel dien om na vorige gewysdes waarin
hierdie sub-artikel toegepas is, te verwys nie.In die onder-
hawige geval is die brief van 10 Desember 1981 deur 'n proku-
reur namens die respondent geskryf en per aangetekende pos
gestuur. Hieruit sou 'n mens kon aflei dat dit nie beskou is
as 'n onbelangrike of terloopse mededeling nie.Die brief sit
die omstandighede uiteen wat tot die respondent se vordering
aanleiding gegee het, beweer dat die aanranding op hom "weder-
regtelik, opsetlik en/of nalatig was" en dat hy beserings op-
gedoen het wat hom skade berokken het in 'n bepaalde bedrag.
Met ander woorde, al die elemente van 'n skuldoorsaak weens
onregmatige daad word beweer. Dan gaan die brief voort deur
te.....
17
te boekstaaf dat die Kommissaris van Polisie (as verteen-
woordiger van die Staat) "aanspreeklik gehou" word vir die
respondent se skade, en later in die brief eis die respondent
se prokureurs, namens hul kliënt, betaling deur die Kommis-
saris en die tweede appellant, gesamentlik en afsonderlik,
van die bedrag van R20 000 ten opsigte van pyn, skok,lyding.
skadevergoeding, permanente en/of tydelike ongeskiktheid en
verlies aan lewensgenietinge. Die opskrif van die brief
is dan ook "Aanranding: Lewis Hendricks: Siviele Eis". Die
enigste manier waarop aanspreeklikheid bewys en 'n eis afge-
dwing kan word is deur die regsproses, en dit sou nie vergesog
wees om te betoog dat 'n persoon wat 'n aangetekende prokureurs-
brief met die bogemelde strekking ontvang duidelik sal ver-
staan.....
18
staan dat 'n regsaksie beoog word as die saak nie geskik word
nie. Sien
Coetzee v Minister of Law and Order and Others
1984(4) SA 752
(E) op bl 756 H-I;
Sibeko and Another v Minister of Police and Others
1985(1) SA 151 (W) op bl 166 H-I. Dit is egter nie nodig om 'n mening oor die
juistheid van hierdie beslissings uit te spreek nie,
want daar is 'n belangrike
bykomstige element in die onderhawige saak. In die brief is verwys daarna dat
sekere mediese verslae nog
nie beskikbaar was nie, en dat verdere konsultasies
met dokters gevoer moes word. Inligting wat hierdeur bekom word sou aan die
appellante
voorgelê word. In die lig hiervan is versoek dat "verjaring"
uitgestel word tot die einde van Desember 1982, d.w.s. dat die
verweerders tot
daardie tyd
afstand
19
afstand doen van hul reg om op die vervaltermyn in art. 32 van
die Wet staat te maak. Die enigste doel van die verval-termyn is om
die tyd te
bepaal waarbinne 'n regsgeding inge-stel kan word.Die respondent se versoek om
'n verlenging van hierdie termyn was, in
die samehang van die res van die brief,
'n
ondubbelsinnige aanduiding dat hy beoog om 'n hofgeding in te stel
indien die mediese gegewens wat hy van plan was om voor te lê,
nie op 'n
bevredigende skikking uitloop nie. En blykbaar het die appellante ook die saak
so ingesien -soos blyk uit die Kommissaris
van Polisie se brief wat ek hierbo
aangehaal het, is daar onmiddellik besluit om die aan-geleentheid na die
Staatsprokureur te verwys.Vergelyk
die
Avex Air
saak,
supra
, op bl
622 A.
Weens
20
Weens die voorgaande meen ek dat die brief van 10
Desember 1981 enige redelike mens sou laat besef het dat
die respondent voornemens was om 'n aksie in te stel indien
sy eis nie betaal of geskik was nie. Na my mening het die
brief dus voldoen aan die vereistes van art.32(1) en is die
spesiale verweerskrif tereg deur die hof a
quo
afgewys
Die appèl word afgewys met koste.
E M GROSSKOPF, AR
CORBETT, AR NESTADT, AR BOSHOFF, WnAR KUMLEBEN, WnAR
Stem saam