About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 9
|
|
S v Voormman (182/2001) [2001] ZANCHC 9 (11 August 2001)
VERSLAGWAARDIG:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS:JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:182/2001
DATUM:11-04-2001
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
PAUL
VOORMAN
CORAM:
VAN
DER WALT R et MAJIEDT R
U
I T S P R A A K
MAJIEDT R:
Die
beskuldigde is tereg op sy aangebode pleit skuldig bevind aan die
ten taste gelegde misdryf van aanranding met die opset om
ernstig te
beseer. Hy is gevonnis tot 2 jaar gevangenisstraf.
Ek het op hersiening die
voormelde vonnis bevraagteken met spesifieke verwysing na die
moontlikheid om ân gedeelte van die termyn
van gevangenisstraf op
te skort op gepaste voorwaardes.
Die
landdros het, by implikasie, toegegee dat die vonnis van gedeeltelik
opgeskorte gevangenisstraf meer gepas sou wees â die
landdros meld
in sy redes dat hy
âgeen
beswaarâ
sou hê indien daar op hersiening ingemeng sou word deur die vonnis
in sy geheel of gedeeltelik op te skort nie.
Die feite van die saak,
soos blyk uit die beskuldigde se ondervraging ingevolge artikel
112(1)(b) van die Strafproseswet kan bondig
as volg saamgevat word:
die beskuldige het sy
vrou 4 keer met ân mes gesteek (3 keer op haar kop en eenkeer op
haar regterarm);
hierdie aanranding is
voorafgegaan deur ân gesprek tussen hulle twee oor ân
verhouding wat sy met ân ander man sou gehad
het;
hierdie gesprek is
onderbreek deur besoekers wat by die beskuldigde en klaagster se
huis opgedaag het; daarna het die klaagster
verdwyn uit die huis en
het die beskuldigde na haar gaan soek;
toe hy haar opspoor het
die beskuldigde die klaagster, wat op die vlug geslaan het,
agternagesit, ingehaal en haar gesteek.
Die misdryf is uiteraard
ernstig en is dit veral strafverswarend dat ân weerlose vrou in
gesinsverband so ernstig aangerand is.
Die howe het ân plig
teenoor vroue wat hul liggaamlike integriteit aanbetref,
Sien:
S
v Chapman
1997(2)
SASV 3 (HHA) te 5b-e
.
Dit
is derhalwe in belang van die breë gemeenskap dat oortreders in
misdrywe soos die onderhawige behoorlik gestraf word.
Daarteenoor egter is dit
belangrik dat die beskuldigde se persoonlike omstandighede nie buite
die oog verloor word nie. Die landdros
voer aan dat hy wel hierdie
faktor op ewewigtige wyse ook in ag geneem het tydens die oorweging
van ân gepaste vonnis.
Ek vind egter geen
vergestalting daavan in die opgelegde vonnis nie, wat na my mening
heeltemal te swaar en skokkend onvanpas is.
Die volgende aspekte
stel na my mening strafversagtende faktore daar:
die beskuldigde het ân
skoon rekord;
hy het skuldig gepleit
en het ter strafversagting verklaar dat hy berou het en nie weer
die misdryf sal herhaal nie;
die beskuldigde het ân
redelike goeie werk gehad en het klaarblyklik omgesien na sy
familie.
â
n
Algehele opskorting van die vonnis sou myns insiens heeltemal
onvanpas wees, gegewe die feit van ân aanranding met ân mes
op
die beskuldigde se vrou en die beserings wat die klaagster opgedoen
het. Opskorting van ân gedeelte van die termyn van
gevangenisstraf
sal egter na my mening die beskuldigde ân
geleentheid bied om sy onderneming om nie weer só ân misdryf te
pleeg nie, gestand
te doen.
Ek
sou derhalwe die skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis tersyde
stel en vervang met een van twee (2) jaar gevangenisstraf waaran
een
(1) jaar gevangenisstraf opgeskort word vir ân tydperk van vyf (5)
jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig
bevind word
aan ân misdryf waarvan geweld teen die persoon van ân ander ân
element is nie en wat gepleeg is tydens die tydperk
van opskorting
nie.
______________________
S.A. MAJIEDT
REGTER
Ek stem
saam en dit word aldus gelas
.
_______________________
J.C.
VAN DER WALT
REGTER