FirstRand Bank Bpk v Burger, Burger v Burger (517/2001, 528/2001) [2001] ZANCHC 13 (8 June 2001)

70 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Insolvency — Application for sequestration — Respondent's financial difficulties — Applicant seeking to perfect security over respondent's movable assets under a notarial bond — Respondent opposing the application — Court finding that the notarial bond did not provide for possession of movable assets — Precedent established in Eerste Nasionale Bank v Schulenberg applied — Application for perfecting security dismissed, leading to the granting of the sequestration application.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 13
|

|

FirstRand Bank Bpk v Burger, Burger v Burger (517/2001, 528/2001) [2001] ZANCHC 13 (8 June 2001)

9
Verslagwaardig:
Ja/Nee
Sirkuleer
aan Regters: Ja/Nee
Sirkuleer
aan Landdroste: Ja/Nee
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Afdeling
SAAKNOMMER:
517/2001
En
528/2001
DATUM
GELEWER: 08-06-2001
In
die saak tussen:
SAAK NO.:
517/2001
Firstrand
Bank Bpk Applikant
teen
Willem
Johannes Jacobus Burger Respondent
SAAK NO.:
528/2001
Adriaan
Vincent Bergh Applikant
teen
Willem
Johannes Jacobus Burger Respondent
Coram: MAJIEDT R:
UITSPRAAK
Hierdie is albei dringende aansoeke en die
Respondent is verder die gemene deler tussen hulle.
Ek
sal na saaknr. 517/01 verwys as die
“perfekterings
– aansoek”
en na saaknr. 528/01 as die
“sekwestrasie
aansoek”
.
Die Respondent staan nie enige van die aansoeke teen nie, alhoewel
daar behoorlike betekening van beide aansoeke op hom geskied
het.
In
die perfekterings aansoek vra die Applikant onder andere aan dat
gelas word dat hy gemagtig word om dadelik besit te neem van
al
Respondent (wat ‘n boer is) se roerende bates ter perfektering van
die sekuriteit verleen ingevolge ‘n algemene notariële
verbandakte gepasseer in 1992 (die datum is tot ‘n mate van belang
soos later hierin sal blyk.)
Die
sekwestrasie aansoek is gebring op ‘n nog dringender basis nadat
die Applikant (‘n prokureur wat beweer dat hy ‘n onversekerde
eis het van ongeveer R15 000 teen die Respondent vir professionele
dienste gelewer aan laasgenoemde) bewus geword het van die

perfekteringsaansoek.
Alhoewel
daar gepoog was om die sekwestrasie aansoek voor die
perfekteringsaansoek ter rolle geplaas te kry, het ek gelas dat die
twee aansoeke saam aangehoor word, vir voor die hand liggende redes.
Dit
is na my mening nie nodig om die feite in groot besonderhede weer te
gee nie. Ek volstaan met die volgende:
Die
Respondent, ‘n boer met op die oog af uitgebreide
boerderybelange, verkeer klaarblyklik in ernstige finansiële
moeilikheid.
Daar
is ‘n hele aantal verbande oor sy onroerende eiendomme gepasseer
ten gunste van die Applikant in die perfekteringsaansoek
(ek sal
verder hierin na die Applikant in daardie aansoek verwys as
“die
Bank”
).
Hierdie verbande beloop in totaal ongeveer R1.2 miljoen.
Die
Bank poog om ingevolge die voormelde algemene notariële verband sy
sekuriteit te perfekteer, omrede die Respondent versuim
het om sy
finansiële verpligtinge teenoor die Bank na te kom en om te
verseker dat ‘n ander skuldeiser nie op die gemelde
bates beslag
kan lê nie.
Behalwe
in een belangrike opsig (waarmee ek aanstons sal handel), is die
algemene notariële verband regtens in orde.
Eweneens
kan gesê word dat die tersaaklike formaliteits voorskrifte van die
Insolvensiewet, 24 van 1936, nagekom is en dat daar
prima
facie
‘n behoorlike saak uitgemaak word in die sekwestrasie aansoek vir
die regshulp wat aangevra word.
6. Die
enigste aspek waaroor beslis moet word is die submissie voorgehou
deur mnr. Erasmus dat die Bank nie geregtig is op besitname
van die
roerende bates uit hoofde van die notariële verband nie, omdat die
verband self nie daarvoor voorsiening maak nie. Vir
hierdie
submissie steun hy swaar op die beslissing van Van Dijkhorst R
in:
Eerste
Nasionale Bank v Schulenberg
1992(2) SA 827(T).
Namens die Bank word die volgende stelling
gemaak in die funderende eedsverklaring in die
perfekteringsaansoek:
“
Die notariële verband maak
voorsiening, onder andere, dat . . . in sekere omstandighede, die
Applikant geregtig is . . . om kragtens
die regte voortspruitend uit
die Notariële Verband besit te neem en besit te hou as pandhouer van
enige van die roerende bates van
die Respondent en om besit daarvan
te hou vir solank as wat die Applikant goed ag en die Respondent se
roerende bates te verkoop
of van ontslae te raak op sodanige wyse of
sodanige terme as wat die Applikant besluit en om verder met die
bates van die Respondente
(sic) te handel in terme van die bepalings
van die Notariële Verband.”
Hierdie stelling word egter nie ondersteun deur die
verbandakte self nie en is daar, insiggewend, geen verwysing in die
eedsverklaring
na waar in die verbandakte hierdie reg verskyn nie.
Die verbandakte
bevat slegs die volgende bepaling:
“
. . .
verklaar die
Verbandgewer hiermee dat die Verbandgewer al sy persoonlike en
roerende eiendom, insluitende lewendehawe, die wat die
Verbandgewer
reeds besit sowel as die wat in die toekoms in sy besit mag kom,
sonder enige uitsondering, in die algemeen verbind
en dit alles en
die keuse daarvan aan beperking en eksekusie onderwerp soos regtens
bepaal.”
In die
Schulenberg
-saak, supra, lees die
tersaaklike klousule in die verbandakte woordeliks presies
dieselfde (sien 628E).
Inaggenome daarvan dat in daardie
saak dieselfde Bank ook betrokke was as Applikant (dit het wel
sedertdien ‘n naamsverandering
ondergaan), ontstaan daar ‘n sterk
vermoede dat hierdie ‘n standaardklousule is wat die Bank in sy
notariële verbandaktes gebruik
het gedurende die vroeë 1990’s.
Van Dijkhorst R bevind dat:
daar normaalweg in sulke verbande uitdruklik voorsiening
gemaak word vir inbesitname van die roerende bates in sekere
omstandighede
(te 828F-G); en
die gebrek aan só ‘n bepaling waarskynlik ‘n afdoende
aanduiding is dat inbesitname nie bedoel is nie (te 828H-I); en
dat die woorde “beperking” en “eksekusie” nie
duidelik is nie en nie noodwendig slaan op besitname as ‘n
noodwendige gevolg
nie (te 828I-829A).
Me. Bester, wat namens die Bank verskyn het, het aan die
hand gedoen dat
Schulenberg
(en ander beslissings in dier
voege) verkeerd beslis is en dat ek dit nie moet volg nie.
Sy het veral klem gelê op die feit
dat, indien
Schulenberg
die korrekte regsposisie weergee, dan
sou die notariële verbandakte geen beskerming hoegenaamd aan die
verbandnemer/die Bank bied
nie.
Dieselfde tipe betoog soos deur me. Bester voorgehou is
ook voor Van Dijkhorst R geplaas toe hy voorgesit het in:
Boland Bank Bpk. v Spies en ‘n
ander
1993(1) SA 402(T) te 403H.
Die geleerde Regter se redes vir sy
siening dat hierdie submissie nie opgaan nie, word ondersteun (sien
403H-404E).
Daar moet in gedagte gehou word dat ons hier soos in die
Schulenberg
– en
Spies
sake
, te make het met
‘n
algemene
notariële verband. Die reg m.b.t.
spesiale
notariële verbande het natuurlik verander vanaf 7 Mei 1993 toe die
Wet op Sekerheidstelling deur middel van Roerende Goed (57
van 1993)
in werking getree het.
Sien ondermeer:
Dorbyl v
Northern Cape Tour & Charter Service CC
[2001] 1 All SA
118(NK)
te 137c.
10. Ek is dus
tevrede dat die
Schulenberg
– en
Spies-sake
(supra)
korrek beslis is. Bygevolg kan die Bank nie slaag in sy aansoek vir
perfektering nie.
Dit beteken dat daar geen rede
bestaan waarom ek nie die regshulp aangevra in die
sekwestrasie-aansoek behoort toe te staan nie.
Ek sou, indien die
Bank suksesvol was in sy perfekteringsaansoek, eers die sekwestrasie
aansoek uitgestel het vir ‘n aantal dae,
sodat uitvoering gegee kon
word aan die regshulp aangevra in die perfekteringsaansoek.
Ek maak die volgende bevel:
In saaknr. 517/2001 (die perfekteringsaansoek) word die
Applikant se aansoek afgewys.
In saaknr. 528/2001 (die sekwestrasieaansoek) word die
volgende regshulp toegestaan: -
Die boedel van die Respondent word onder voorlopige
sekwestrasie geplaas in die hande van die Meester van die
Hooggeregshof van
Suid-Afrika (Noord-Kaapse Afdeling).
‘
n
Bevel nisi word uitgereik waarkragtens die Respondent aangesê word
om op 27 Julie 2001 te verskyn en redes, indien enige, aan
te voer
waarom: -
die boedel nie onder finale sekwestrasie geplaas moet
word nie; en
die koste van hierdie aansoek nie koste in die
sekwestrasie sal wees nie.
______________________
S.A. Majiedt
Regter
Nms.
Applikant: Adv. A. Bester
i.o.v.
Duncan & Rothman
Nms.
Respondent: Mnr. J.B. Erasmus
i.o.v.
Engelsman, Benade & Van der Walt
Datum
aangehoor: 01-06-2001