FirstRand Bank Bpk v Saunders and Others (261/2001) [2001] ZANCHC 12 (18 May 2001)

70 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Execution — Default judgment — Notice of intention to defend — Non-compliance with court rules — First and second defendants delivered a notice of intention to defend improperly, failing to serve it on the plaintiff's attorneys as required by the court rules — Plaintiff sought to have the notice set aside as an irregular step — Court held that the defendants' failure to comply with the rules constituted an irregularity that warranted the granting of default judgment in favor of the plaintiff.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 12
|

|

FirstRand Bank Bpk v Saunders and Others (261/2001) [2001] ZANCHC 12 (18 May 2001)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 261/2001
DATUM:
18-05-2001
In
die saak tussen:
FIRSTRAND BANK
BEPERK Applikant
teen
NICOLAAS JOHANNES SAUNDERS 1ste
Verweerder
MARTHA
MAGDALENA SAUNDERS 2de Verweerder
INGERENE
BELLEGGINGS BK 3de Verweerder
CORAM:
MAJIEDT R:
R
E D E S V I R B E V E L
Ek
het op 4 Mei 2001 die volgende bevel uitgereik:
“
1. DAT
die verweerders se Kennisgewing van Verdediging gedateer 11 April
2001 ter syde gestel word as ‘n onreëlmatige verrigting.
2. DAT vonnis verleen
word teen die Eerste, Tweede en
Derde Verweerders as
volg:
Eerste
skuldoorsaak:
Dat
eerste, tweede en derde verweerders gesamentlik en afsonderlik die
volgende aan die eiser betaal:
Die
bedrag van R115 119,94 met dien verstande dat tweede verweerder se
aanspreeklikheid beperk is tot ‘n bedrag van R60 000,00.
Rente
op die bedrag van R115 119,94 gereken teen 15,875% per jaar vanaf 31
Desember 2000 tot datum van betaling, maandeliks gekapitaliseer
met
dien verstande dat tweede verweerder se aanspreeklikheid vir rente
beperk word tot rente op die bedrag van R60 000,00 gereken
vanaf
datum van dagvaarding tot datum van betaling teen ‘n koers van
15,875% per jaar, maandeliks gekapitaliseer.
Koste
van geding op die skaal soos tussen prokureur en eie kliënt.
B.
Tweede
skuldoorsaak:
DAT
die eerste en derde verweerders gesamentlik en afsonderlik aan eiser
betaal:
(a) Die
bedrag van R184 695,15.
(b) Rente
op die voormelde bedrag gereken teen
14,25%
per jaar vanaf 11 Januarie 2001 tot datum van betaling.
(c) Koste van geding
op die skaal soos tussen prokureur-en-kliënt.
DAT
die eiendom bekend as ERF 2762 VRYBURG, geleë in die Vryburg
Dorpsuitbreiding 13, Munisipaliteit Vryburg, Afdeling Vryburg,
Groot: 982 vk meter
Uitwinbaar
verklaar word.
Derde
skuldoorsaak:
DAT eerste en derde
verweerders gesamentlik en afsonderlik die volgende aan eiser betaal:
Die
bedrag van R269 088,11 met dien verstande dat die eerste verweerder
se aanspreeklikheid beperk word tot die bedrag van R100
000,00.
Rente
op die bedrag van R269 088,11 gereken teen 14,25% per jaar vanaf 11
Januarie 2001 tot datum van betaling met dien verstande
dat eerste
verweerder se aanspreeklikheid vir die rente beperk word tot rente
op die bedrag van R100 000,00 gereken teen 14,25%
per jaar vanaf
datum van dagvaarding tot datum van betaling.
Koste
van die geding op die skaal soos tussen prokureur en kliënt,
ingesluit invorderingskommissie.
Dat
die eiendom:
Erf 2554 Vryburg geleë
in die Munisipaliteit van VRYBURG, Afdeling Vryburg,
Groot 259 vk meter
Uitwinbaar
verklaar word.
DAT
die verweerders die koste van hierdie aansoek betaal gesamentlik en
afsonderlik, die een betaal die ander vrygeskeld te word.”
2. Die
drie Verweerders versoek nou ingevolge Hofreël 49(1)(c ) redes vir
daardie bevel. Hierdie is hulle.
3. Nadat dagvaarding teen
die drie Verweerders uitgereik is deur die Eiser, het eersvermelde op
3 April vanjaar kennis gegee van hul
voorneme om die aksie te bestry.
Die aflewering van hierdie kennisgewing het die Eiser tot
beswaardheid gestem en het die Eiser
‘n aansoek gebring dat die
gewraakte kennisgewing tersydegestel word as ‘n onreëlmatige
verrigting ingevolge Hofreël 30 en
dat vonnis teen die Verweerders
verleen word soos gevorder in die dagvaarding.
4. Die Verweerders het
hul kennisgewing slegs afgelewer by die kantoor van die Griffier en
nie ook by die Eiser se prokureurs van
rekord se kantoor soos in
Hofreël 1 vereis nie.
Hierdie aflewering stel
nie behoorlike betekening daar nie;
Sien:
Hofreël 19(1) saamgelees met Hofreël 1;
Wahl
v Prinswil Beleggings (Edms) Bpk
1984(1)
SA 457(T) te 460 G-H.
5. Sodanige gebrekkige
nakoming van die Hofreëls stel ook ‘n onreëlmatige verrigting
daar;
Sien:
Herbstein
& Van Winsen: The Civil Practice of the Supreme Court of South
Africa, Van Winsen et al
,
4e uitg. te bl. 431.
6. Die Verweerders het
toe op 11 April 2001 ‘n kennisgewing van voorneme om te verdedig
behoorlik beteken op beide die Griffier
en die Eiser se prokureurs.
Hulle voer aan in hul stukke ter opponering van die reël 30 –
aansoek dat:
(a) die
“fout”
van 3 April nou reggestel; is hulle sluit dan ook by hul stukke in ‘n
eedsverklaring van ene Joël Letebele waarin verklaar word
dat hy ‘n
fout begaan het met die aflewering van die kennisgewing op 3 April;
en
(b) die liassering van
die kennisgewing op 11 April 2001 was nie onreëlmatig of buitentyds
nie, gegewe die bepalings vervat in Hofreël
19(5).
7. Waar só ‘n
gebrekkige kennisgewing gegee is, mag ‘n Eiser nie bloot dit
ignoreer as ‘n nulliteit nie, maar moet die nodige
stappe doen
ingevolge Hofreël 30 om òf die onreëlmatigheid te laat korrigeer
òf dit te laat tersyde te stel. In dié verband
is die situasie na
my mening analoog as die geval van ‘n (behoorlike betekende) laat
kennisgewing van voorneme om te verdedig.
Sien:
Paterson
N.O.v. Standard Bank of S.A. Ltd
1967(4)
SA 524 (O) te 525H.
Dalhouzie
v Bruwer
1970(4) SA 566(K) te 569 A-F.
8. Die
blote
“regstelling”
van die gebrekkige aflewering van die kennisgewing van 3 April deur
die behoorlike aflewering van die kennisgewing van 11 April
veroorsaak
nie na my mening dat die eersvermelde stap bloot verdwyn
nie. Die Verweerders was, myns insiens, verplig om hierdie Hof te
nader
vir kondonasie van hierdie gebrekkige nakoming van die Reëls.
Hulle is dan ook tweemaal
skriftelik uitgenooi deur Eiser se prokureur om só ‘n kondonasie
aansoek tot hierdie Hof te rig, maar
het Verweerders verkies om dit
nie te doen nie.
9. Mnr. Saunders, die
Eerste Verweerder, wat in persoon verskyn het by die aanhoor van
hierdie aansoek, steun grootliks op die bepalings
van Hofreël 19(5)
ter opponering van die aansoek.
Hierdie submissie is
misplaas.
Reel
19(5) vind toepassing slegs waar ‘n
behoorlik
betekende
kennisgewing buitenstyds (soos bedoel in reël 19(1)) afgelewer word.
Die
onreëlmatigheid van die aflewering van die kennisgewing op 3 April
kan nie deur middel van ‘n geforseerde en misplaaste toepassing
van
reël 19(5) reggestel word nie.
10. Die Verweerders het
glad nie betwis dat die eerste kennisgewing nie behoorlik beteken is
nie en derhalwe ‘n onreëlmatige verrigting
is soos bedoel in
Hofreël 30(1). Slegs ‘n aansoek om kondonasie sou hierdie
probleem kon ondervang. Ek kan nie anders as om
met mnr. Olivier,
wat vir die Eiser verskyn het, saam te stem dat aanvaar moet word dat
die Verweerders uitdruklik, of ten minste
by noodwendige implikasie,
afstand gedoen het van hierdie uitweg, gegewe hulle weiering om die
uitnodigings te aanvaar om ‘n kondonasie
aansoek te bring.
Ek
het oorweging daaraan geskenk of ek nie in elk geval die Verweerders
‘n geleentheid behoort te bied om die onreëlmatigheid
reg te stel
nie.
Ek het daarteen besluit
vir die volgende redes:-
11.1 soos alreeds vermeld
het Verweerders twee skriftelike uitnodigings in dier voege van die
hand gewys;
11.2 reël
30(3) bied aan ‘n Hof ‘n diskresie oor watter gevolge ‘n
onreëlmatige verrigting moet hê. Een moontlikheid is
dié wat ek
genoem het; ‘n ander is om die onreëlmatige verrigting tersyde te
stel en vonnis by verstek te gee ten gunste van
die Eiser. Ek moet
uiteraard hierdie diskresie regterlik uitoefen, met inagneming van
alle tersaaklike faktore en ten einde billikheid
jeens beide partye
na te streef;
Sien:
Northern
Assurance Co. Ltd v Somdaka
1960(1) SA 588(A) te 596A;
Minister
van Wet en Orde v Jacobs
1999(1)
SA 944(O) te 958F-I.
Een van die
hoofoorweginge is uiteraard die kwessie van benadeling;
Sien:
Nasionale
Aartappel Koöp v Price Waterhouse Coopers Ing.
2001(2) SA 790(T) te 805E-G, en gesag daar aangehaal.
In die konteks van
hierdie saak meen ek daar is beslis benadeling vir die Eiser, omrede:
(i) hy nie verder kan
litigeer nie – Eiser kan nie bloot die onreëlmatige kennisgewing
ignoreer en aansoek doen vir verstekvonnis
nie en tog kan hy ook nie
‘n volgende stap neem nie, gegewe die bepalings van Hofreël
30(2)(a); en
(ii) die
Verweerders op die oog af nie ‘n
bona
fide
verweer het tot Eiser se eis nie – vandaar moontlik hul traagheid
om ‘n aansoek om kondonasie te bring.
Die
vereiste van ‘n
bona
fide
verweer lê natuurlik aan die hart van só ‘n aansoek om
kondonasie;
Sien:
Dalhouzie
v Bruwer,
supra
te 572C;
Van
Aswegen v Kruger
1974(3) SA 204(O).
Die
Verweerders beweer bloot dat hulle ingevolge die bepalings vervat in
die Woekerwet (nr. 73 van 1968) geregtig is om die eisbedrag
te
debatteer. Soos Mnr. Olivier tereg submitteer het moet daar alleers
deur ‘n Verweerder beweer word dat die Eiser die maksimumkoers
van
rente voorgeskryf in die Woekerwet oorskry het en voldoende feite
aanvoer ter
prima
facie
stawing van só ‘n bewering. Dán eers kan hy aanspraak maak op
debatering van die eisbedrag.
In
casu
is
glad geen so ‘n bewering gemaak nie en nog minder is ‘n
feitebasis daarvoor gelê.
Hierdie
is die enigste moontlike verweer wat geopper word in die Verweerders
se stukke.
12. In
Dalhouzie
v Bruwer,
supra
,
te 569-570 het Baker Wn.R (soos hy toe was) oorweging geskenk aan
voormelde twee opsies in die uitoefening van sy diskresie.
Op
die feite van daardie saak, was die geleerde Regter tevrede dat die
Verweerder aldaar nie enige verweer geopper het nie, des te
minder
nog ‘n
bona
fide
verweer (te 575C-D). Ook hier is geen verweer voorafgeskadu in
Verweerders se opponerende stukke nie.
Ek
het derhalwe tot die besluit gekom dat ek verstek vonnis behoort toe
te staan. Die Verweerders kan hulle natuurlik nog wend tot
Hofreël
31(2)(b) ten einde hierdie verstekvonnis tersyde gestel te kry.
___________________
S.A.
MAJIEDT
REGTER