S v Khubeka (364/2001) [2001] ZANCHC 11 (15 May 2001)

70 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Special review — Calculation of maintenance arrears — Accused convicted of maintenance arrears based on incorrect amount — Court finds that arrears were miscalculated, resulting in potential for harsher sentence — Special review initiated by magistrate — Court holds that conviction and sentence cannot stand due to incorrect calculation — Matter referred back to magistrate's court for re-hearing with correct arrears amount.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 11
|

|

S v Khubeka (364/2001) [2001] ZANCHC 11 (15 May 2001)

VERSLAGWAARDIG:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS:JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.: 364/2001
DATUM:15-05-2001
DIE
STAAT
teen
ISAAC
KUBHEKA
CORAM:
BUYS
R et MAJIEDT R
H
E R S I E N I N G S - U I T S P R A A K
MAJIEDT R:
Hierdie
saak is op spesiale hersiening voorgelê as gevolg van ‘n fout met
die berekening van die bedrag van die beskuldigde se
agterstallige
onderhoud in ‘n onderhoudsaak, as gevolg waarvan hy moontlik ‘n
swaarder vonnis mag opgelê gewees het as wat
andersins die geval
sou wees.
2. Die beskuldigde het in
die landdroshof skuldig gepleit op ‘n aanklag van oortreding van
artikel 31(1) van die Wet op Onderhoud,
1998 (Wet 99 van 1998). Na
toepassing van die ondervraging prosedure voorgeskryf in artikel
112(1)(b) van die Strafproseswet is
hy skuldig bevind en gevonnis tot
ses maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort is vir ‘n
tydperk van 5 jaar op sekere voorwaardes.
Een van die voormelde
opskortingsvoorwaardes is dat die beskuldigde die agterstallige
bedrag van onderhoud van R8650.00 maandeliks
moes delg teen R500.00
per maand.
3. Die
beskuldigde het inderdaad tydens die artikel 112(1)(b) –
ondervraging erken dat die voormelde agterstallige bedrag korrek
bereken is. Dit blyk egter nou dat dié bedrag verkeerd bereken is
en is daar ‘n eedsverklaring tot dien effekte voor ons geplaas
op
spesiale hersiening. Daarin verklaar ene Aletta Catherine Kotzé, ‘n
depositoklerk by die landdroskantoor te Vryburg, dat sy
‘n
bona
fide
fout begaan het met die berekenings en dat die beskuldigde inderdaad
slegs die bedrag van R1700.00 agterstallig is.
Die
landdros het die aangeleentheid op spesiale hersiening voorgelê
omdat hy van mening is dat
“’n
agterstallige bedrag van R1 700.00, opgebou oor ‘n termyn van meer
as 10 jaar, sou gewis ‘n ligter vonnis tot gevolg
gehad het.”
Hierby moet natuurlik
gevoeg word dat die opskortingsvoorwaarde ten aansien van delging van
die (verkeerd berekende) agterstallige
bedrag regtens onhoudbaar is.
Ek stem
saam met die landdros dat die skuldigbevinding en vonnis nie kan bly
staan nie. Verder is die landdros natuurlik
functus
officio
,
soos hy tereg aandui.
Ek sou
gevolglik die skuldigbevinding en vonnis tersyde stel en die
aangeleentheid terugverwys vir pleitverrigtinge
de
novo
in
die landdroshof, met inagneming van die feite wat nou beskikbaar is
aangaande die korrekte agterstallige onderhoudsbedrag.
______________________
S.A. MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam en dit word
dienooreenkomstig gelas.
_______________________
A.J. du P. BUYS
REGTER