S v Nqumashe (CA&R 35/01) [2001] ZANCHC 8 (11 May 2001)

70 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Bail — Revocation of bail — Appeal against revocation of bail under section 68 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 — Appellant's bail revoked due to alleged conspiracy to harm a key witness — Appellant contended that the magistrate erred in finding sufficient grounds for revocation and in rejecting his testimony — Court held that the revocation of bail is appealable and that the state must prove, on a balance of probabilities, that revocation is in the interest of justice — Appeal dismissed, confirming the magistrate's decision to revoke bail.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 8
|

|

S v Nqumashe (CA&R 35/01) [2001] ZANCHC 8; [2001] 4 All SA 471 (NC); 2001 (2) SACR 310 (NC) (11 May 2001)

VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER
REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER
LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAKNO.:CA&R
35/01
DATUM:
11/05/2001
Uitspraak op Appèl:
PETERSON
NQUMASHE APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
Majiedt
R
U
I T S P R A A K
1. Die Appellant kom in
hoër beroep teen die intrekking van sy borg ingevolge artikel 68 van
die Strafproseswet, 51 van 1977 (
“die
Wet”
).
2. Op 10 Oktober 2000 is
die Appellant vrygelaat op borgtog van R10 000.00.
Hy is een van sewe
beskuldigdes wat tereg staan op ‘n aanklag van roof met verswarende
omstandighede waar ‘n bedrag van R370 000.00
kontant en twee
vuurwapens na bewering buitgemaak is. Hierdie borgtog is toegestaan
by ooreenkoms tussen die Appellant se prokureur
en ‘n
Staatsadvokaat verbonde aan die Kantoor van die Direkteur van
Openbare Vervolgings, d.w.s. op ‘n onbestrede basis.
3. Behalwe die gewone
voorwaardes is daar verder ‘n spesifieke voorwaarde toegevoeg by
die toestaan van borg aan die Appellant,
naamlik dat hy nie met enige
Staatsgetuies, en meer bepaald ene Wilfred Zumani (ook bekend as
“Sale”
)
in kontak moet kom nie. Hierdie getuie, Zumani, is klaarblyklik ‘n
sleutelgetuie in die komende verhoor en word in die vooruitsig
gestel
dat hy ingevolge die bepalings van artikel 204 van die Wet getuienis
sal lewer in sodanige verhoor.
Die Appellant het op
vrye voet verkeer tot en met 10 Januarie 2001 toe hy op ‘n
lasbrief gearresteer is. Daarna het die Staat
‘n aansoek gebring
in die Streekhof te Upington ingevolge artikel 68 van die Wet vir
die intrekking van die Appellant se borg.
Na aanhoor van die
getuienis van kaptein Lourens namens die Staat en die Appellant self,
het die Streekslanddros die aansoek toegestaan
en die Appellant se
borg ingetrek op 19 Februarie 2001.
Die gronde van appél
soos uiteengesit in die Kennisgewing van Appél is dat die landdros
gefouteer het deur te bevind dat die Staat
op ‘n oorwig van
waarskynlikhede bewys het dat daar gronde bestaan vir die intrekking
van Appellant se borgtog en dat die landdros
verder ook gefouteer
het deur nie die Appellant se getuienis te aanvaar nie.
Nadat ek die betoë
hierin aangehoor het, het ek mnr. Robertson namens die Appellant en
me. Van Dyk namens die Staat versoek om
aanvullende betoogshoofde
aan my voor te lê oor die vraag of ‘n bevel van intrekking van
borgtog ingevolge artikel 68 van die
Wet wel appellabel is en,
indien wel, of sodanige appél outomaties lê en of verlof daartoe
nodig is. Ek is die regsverteenwoordigers
dank verskuldig vir hul
behulpsame betoë in dié verband.
Dit het my opgeval toe
ek aanvanklik die uitspraak begin voorberei het dat daar weinig
gerapporteerde beslissings oor artikel 68
in sy huidige vorm bestaan
en nog minder oor appélle teen ‘n bevel uitgevaardig ingevolge
daardie artikel. Verder neem Kriegler
R in sy gesaghebbende werk,
Hiemstra:
Suid Afrikaanse Strafproses, 5e uitgawe
,
die houding in dat intrekking van borgtog ingevolge artikel 68 nie
appellabel is nie (sien bl. 160 en bl. 161 daarvan).
Ek haas my om daarop te
wys dat hierdie standpunt uiteraard die geleerde outeur se benadering
soos gedurende 1993 weerspieël –
sedertdien is die betrokke
artikel twee keer gewysig (deur artikel 10 van Wet 75 van 1995 en
deur artikel 6 van Wet 85 van 1997).
Belangriker nog – ons het
sedertdien ‘n tussentydse grondwet in 1993 en die huidige grondwet
in 1996 op die Wetboek bekom, wat
die situasie ingrypend verander
het, soos ek tegelegenertyd sal aantoon. Vir dié redes het ek
verdere skriftelike betoë aangevra
oor dié aspek.
Die beslissings wat die
regsverteenwoordigers aangehaal het in hul aanvullende betoogshoofde
handel sonder uitsondering met ander
aspekte as dié onder
bespreking, alhoewel hulle in ‘n meerdere of mindere mate indirek
van nut kan wees in die beregting van
die appél op sy meriete.
In
S
v Pienaar
1992(1) SASV 178(W) en
S v Maki en andere
1994(2) SASV 630(O),
aangehaal deur mnr.
Robertson het dit gehandel oor die voorlegging van getuienis by wyse
van eedsverklarings.
In
S v
Ndjadayi
1995(2) SASV 583 (OK) ook aangehaal deur mnr. Robertson, was die
vraag of daar ‘n appél is teen die weiering van borgtog waar
die
Hooggeregshof die Hof van eerste instansie is – daar is bevind dat
daar wel só ‘n appél bestaan, maar slegs met verlof
van daardie
Hof. Ek sal aanstons terugkeer na hierdie beslissing.
Mnr. Robertson het in sy
aanvullende betoogshoofde aangedui dat hy nie voor die
streekslanddros aansoek gedoen het om verlof om
te appelleer teen
die intrekking van die borgtog nie, omdat die streekslanddros by ‘n
vorige geleentheid aangedui het dat verlof
nie nodig was nie en dat
daar gesag bestaan in hierdie Afdeling van die Hooggeregshof tot
dien effekte.
Die voormelde submissie
en mededeling is onjuis in soverre:
die vorige geleentheid
waarna mnr. Robertson verwys, gegaan het oor die
weiering
van borgtog en
die gesag waarna die
streekslanddros verwys, het gegaan oor verlof om te appelleer teen
die
weiering
van
borgtog –
S
v Nora Mazibuko
;
ongerapporteerd, Noord-Kaapse Afdeling, saaknr. CA&R 157/99.
In
daardie saak het Steenkamp RP bevind dat ‘n beskuldigde ‘n
outomatiese reg van appél het teen die weiering van borgtog en
dat
artikel 65(1) van die Wet nie onderworpe is aan die bepalings van
artikel 309B van die Wet nie.
In
S
v Maseko & others
2000(1)
SASV 251 (OK), aangehaal deur mnr. Robertson, is insgelyks tot
dieselfde bevinding gekom.
Sien ook:
S
v Mohammed
1999(2) SASV 507(K) te 536f;
S
v Potgieter
2000(1) SASV 578(W) te 585 c-d.
Artikel 65 van die Wet
skep ‘n appél teen die weiering van borgtog of teen die oplegging
van ‘n bepaalde borgvoorwaarde/s.
Opvallend egter is dat
dit nie melding maak van die intrekking van borgtog nie. Hiemstra te
160 soos alreeds gesê, huldig die standpunt
dat geen appél teen die
intrekking van borg bestaan nie en dat die sake wat anders beslis het
(met verwysing na artikel 68 se voorganger,
artikel 104 van Wet 56
van 1955) verkeerd beslis is.
In
S
v Kyriacou
,
ongerapporteerde uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl, saaknr.
535/2000 gelewer op 15 Januarie 2001, het die Hof in ‘n appèl
teen intrekking van borgtog deur die Vrystaatse Afdeling van die
Hooggeregshof
“
. . . veronderstel, sonder om te beslis dat die bevel van die Hof
a
quo
wel appelleerbaar is”
(per Vivier AR te bl. 5.). Die beslissing van die Hof
a
quo
is gerapporteer;
Sien:
S
v Kyriacou
2000(2) SASV 704(O).
Ek sal later meer
breedvoerig verwys na laasvermelde beslissing.
In
S
v Mohammed
1977(2) SA 531 (A) te 541A, is beslis dat die weiering of intrekking
van borgtog waar die Hooggeregshof die Hof van eerste instansie
is,
nie appelleerbaar is nie.
Lombaard R het in die
Kyriacou-saak
(a
quo)
beslis dat borgverrigtinge sivielregtelik van aard is en dat ‘n
beslissing van die Hooggeregshof as Hof van eerste instansie wel
appelleerbaar is, mits die nodige verlof toegestaan is. Vir hierdie
beslissing steun die geleerde Regter op die
Pienaar
-, Maki –
en
Ndjadayi
sake hierbo aangehaal.
In
S v
Ramokhosi
1999(1) SASV 487 (HHA) te 500f-g is die vraag of borgverrigtinge wel
‘n siviele aangeleentheid is, oopgelaat.
Soos blyk uit die
voorafgaande, kon ek geen gesag vind in die tyd tot my beskikking
dat ‘n bevel ingevolge artikel 68 van die
Wet waarvolgens ‘n
laer Hof ‘n beskuldigde se borgtog intrek wel appelleerbaar is
nie. Ek is dit egter eens met beide mnr.
Robertson en me. Van Dyk
dat dit wel, anders as die mening voorgehou in
Hiemstra
,
appelleerbaar is en verder dat sodanige reg van appèl outomaties
is. Ek kom tot hierdie bevinding omrede:-
Die intrekking van
borgtog het, soos die weiering van borgtog, die effek dat ‘n
individu se vryheid van hom/haar ontneem word.
Só beskou, behoort
dieselfde gevestigde beginsels tog te geld by die oorweging van die
intrekking van borgtog as wat sou geld
by die weiering van borgtog.
Sien:
S
v Kyriacou
2000(2)
SASV 704(O) te 711b.
Daar is na my mening geen
rede waarom ‘n beskuldigde wie se borgtog ingetrek is ingevolge die
bepalings vervat in artikel 68, in
‘n swakker posisie moet wees as
‘n beskuldigde aan wie borgtog geweier is nie.
Ter illustrasie:- in
hierdie strafsaak het een van die Appellant se medebeskuldigdes, ene
Sago wat beskuldigde 1 tydens die verhoor
sal wees, hom na hierdie
Hof gewend op appèl (weliswaar onsuksesvol) teen die weiering van sy
aansoek om borgtog deur die Streekhof.
Die Appellant, aan die ander
kant, is by ooreenkoms met die Staat, op sekere voorwaardes vrygelaat
op borgtog.
Om
welke rede behoort die daaropvolgende ontneming van sy vryheid anders
behandel te word as dié van sy medebeskuldigde, Sago, wanneer
dit
kom by appèl prosedures?
Verder
is ek ook die mening toegedaan dat in ons huidige grondwetlike
bedeling die vryheid van beweging van ‘n individu (ook
een wat
beskuldig word van regsweë van die pleging van ‘n misdryf)
vooropgestel word – tensy die belange van die regspleging
anders
vereis, is dit van deurslaggewende belang dat ‘n beskuldigde
todat hy skuldig bevind is, sy vryheid geniet.
Sien Jennet R se
opmerkings in
S
v Ndjadayi (supra)
te 584g-i).
Na my mening dus is die
siening voorgehou in
Hiemstra
verkeerd en is daar wel ‘n outomatiese reg van appèl teen die
intrekking van borgtog deur die laer Hof.
Ek wend my nou na die
meriete van die appèl. Kaptein Lourens, wat namens die Staat
getuig het, se getuienis kom daarop neer dat
hy informasie ontvang
het vanaf ‘n beriggewer (wie se identiteit hy verkies het om nie
te openbaar nie) dat die Appellant en
een van sy medebeskuldigdes
(Sago, na wie vroeër verwys is) besig was om saam te sweer om ‘n
sleutelgetuie, Sale, te vermoor.
Volgens dié inligting sou daar in
die proses van ‘n middelman, ene Alfie, gebruik gemaak word.
Volgens dié informasie was
alle reëlings reeds in plek en het
slegs die sluipmoordenaar se vergoeding te wete R10 000 kontant en
‘n minibus, kortgekom.
Die Appellant het
hierdie bewerings heftig ontken, maar die landdros het sy getuienis
verwerp – meer daaroor later.
Die Staat dra die
bewyslas om op n oorwig van waarskynlikhede te bewys dat daar gronde
bestaan vir die intrekking van die beskuldigde
se borgtog ingevolge
hierdie artikel;
Sien:
Du
Toit et al: Commentary on the Criminal Procedure Act
,
te 9-48.
Die kernvraag is of
sodanige bewyslas gekwyt is deur aan te toon dat dit in die belang
van geregtigheid is om die Appellant se borgtog
in te trek. In
S
v Kyriacou
(Hoogste Hof van Appèl) te bl. 10 sê Vivier AR:-
“
In
die konteks waarin (‘die belang van geregtigheid’) in art 68
gebruik word, behels dit ‘n waarde-oordeel van wat reg en billik
is
vir al die betrokkenes na ‘n opweging van alle relevante faktore
ten gunste van en teen die intrekking van borgtog
.”
Dit is nou reeds
gevestigde reg dat hoorsê getuienis toelaatbaar is in
borgverrigtinge;
Sien:
S
v Tshabalala
1998(2) SASV 259(K) te 265;
S v Yanta
2000(1)
SASV 237(TkH) te 245i-246h.
Die beginsel dat die
identiteit van beriggewers vir redes van openbare beleid nie
geopenbaar word nie staan eweneens vas in ons
reg:
Sien:
Els
v Minister of Safety & Security
1998(2)
SASV 93 (NK) te 98d-101f, en sake daar aangehaal.
Die benadering wat ek
moet volg as ‘n Hof van Appèl ten aansien van die bevel van die
landdros waarkragtens die Appellant se
borg ingetrek is, is myns
insiens soortgelyk as dié vervat in artikel 65(4) van die Wet,
naamlik dat ek slegs die landdros se
beslissing tersyde kan stel
indien ek oortuig is dat sodanige beslissing verkeerd is;
Sien:
S
v Barber
1979(4)
SA 218(D) te 220E-H;
S v Kyriacou
(Hoogste Hof van Appèl,
supra
)
te bl. 11.
21. Mnr. Robertson het
submitteer dat dit ontsettend moeilik was vir die Appellant om te
handel met beweringe wat nie net op hoorsê
gebaseer is nie, maar ook
afkomstig is (tweedehands) vanaf ‘n ongeïdentifiseerde beriggewer.
Hy is heeltemal korrek met daardie
submissie. Feit van die saak is
egter dat die Appellant op daardie aspekte waarmee hy wel kon handel,
bv. of hy wel vir Alfie ken
en die redes waarom die polisie hom sou
uitkies in hul komplot om sy borgtog ingetrek te kry, droefgeestig
gevaar het in sy getuienis.
Ek is van mening dat die landdros
heeltemal tereg sy getuienis verwerp het.
Die volgende aspekte in
kaptein Lourens se getuienis
(wat die landdros
heeltemal tereg na my mening aanvaar het) swaai die skaal net
genoegsaam oor in die guns van die Staat op die waarskynlikhede:-
Lourens het nie bloot
die mededelings van sy kollega van wie hy van die beriggewer se
informasie te hore gekom het, aanvaar nie,
maar het die moeite
gedoen om self met die beriggewer ‘n onderhoud te voer ter
bevestiging van die informasie.
Lourens is ‘n ervare
polisie-offisier wat self ook deel was van die ondersoek na die
saak.
Die inligting blyk
geloofwaardig te wees, aangesien
Sale inderdaad ‘n
sleutelgetuie sal wees – hy was ‘n mededader of medepligtige tot
die gewapende roof en word in die vooruitsig
gestel dat hy ingevolge
artikel 204 van die Wet getuienis sal lewer;
In aansluiting by die
voorafgaande – die Staat se saak, so wil dit voorkom, sal in wese
berus op Sale se getuienis om die beskuldigdes,
insluitend die
Appellant, aan die pleging van die misdryf te verbind;
Die naam van die
middelman (Alfie) is geopenbaar en, ná aansienlike ontwykendheid en
weersprekinge, het die Appellant bevestig
dat hy vir Alfie redelik
goed ken.
Die bewering dat die
polisie saamgesweer het ten einde die Appellant se borgtog ingetrek
te kry, gaan net eenvoudig nie op nie
– die vraag ontstaan
onmiddellik: - waarom kies hulle juis vir hom uit en nie sy
medebeskuldigde, Zwane wat beskuldigde 4 is
nie? Waarom wag hulle
vir drie maande voor hulle hierdie komplot in werking stel as die
polisie wel beswaard was dat die Staatsadvokaat
toegestem het tot
borgtog vir die Appellant, soos wat beweer word?
Voortspruitend uit par
22.4 hierbo, is daar verder getuienis op rekord dat Lourens ook
geraadpleeg was by die aanvanklike oorweging
of borgtog aan die
Appellant verleen moes word en het Lourens toegestem daartoe.
Hierdie getuienis is nooit deur mnr. Robertson,
wat ook
a
quo
,
namens die Appellant verskyn het, in geskil geplaas nie.
Laastens, maar nie die
minste nie, is dit opvallend dat Lourens die inligting ontvang het
op 9 Januarie hierdie jaar, dieselfde
dag die beriggewer gespreek
het en daardie selfde dag deurgereis het na Upington om die
ondersoekbeampte, kaptein Smith in te
lig. Die volgende dag,
d.w.s. 10 Januarie het hy ‘n lasbrief bekom vir die Appellant se
arrestasie, welke lasbrief na Kimberley
deurgefaks is en is die
Appellant dan op dieselfde dag (10 Januarie) gearresteer.
Hieruit blyk duidelik dat
Lourens die beweringe as ernstig en geloofwaardig beskou het, vandaar
sy vinnige optrede.
23. Ek het hierbo
doelbewus verwys na Lourens se ervarendheid, die inhoud van sy
inligting en sy flinke optrede omrede ek dit wil
kontrasteer met die
feite in
Maqungu
v Assistant Magistrate Whittlesea
1977(2) SA 359(OK) te 361E-H, waar Eksteen R die weiering van borgtog
tersyde gestel het op appèl op grond van die karige inligting
afkomstig van ‘n beriggewer voorgehou deur ‘n onervare polisie
konstabel wat vier dae gewag het voordat hy stappe geneem het
op
grond van sy inligting.
24. Alles in ag genome is
ek nie oortuig dat die landdros se beslissing verkeerd is nie en word
die appèl gevolglik afgewys.
_________________________
S.A
MAJIEDT
REGTER
Datum van
Appèl: 26-04-2001
Datum
van uitspraak: 11-05-2001
Mnr.
M.H. Robertson nms. Appellant
Adv.
E. Van Dyk nms. Respondent