Sueclare Enterprises (Edms) Beperk h/a Crescent Motors v Mokhera (CA&R 133/2000) [2001] ZANCHC 6 (24 April 2001)

65 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Motor Vehicles — Sale of stolen vehicle — Appellant, a motor dealer, appealed against a magistrate's order to pay R56 000 plus interest to the respondent for a vehicle sold to her, which was later seized by police as stolen — The court considered whether the police had lawfully seized the vehicle under section 20 of the Criminal Procedure Act 51 of 1977 — The evidence established that the vehicle was indeed stolen, as the engine and chassis numbers were falsified and the original owner had reported it stolen — The court upheld the magistrate's decision, confirming the validity of the seizure and the respondent's entitlement to compensation.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 6
|

|

Sueclare Enterprises (Edms) Beperk h/a Crescent Motors v Mokhera (CA&R 133/2000) [2001] ZANCHC 6 (24 April 2001)

16
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.CA&R 133/2000:
DATUM:24-4-2001
In
die saak tussen:
SUECLARE
ENTERPRISES (EDMS) BEPERK Appellant
h/a
CRESCENT MOTORS
en
DINKWETSE
JANE MOKHERA Respondent
CORAM:
VAN
DER WALT R et MAJIEDT R:
_______________________________________________________
U
I T S P R A A K
MAJIEDT
R:
Die
Appellant, ‘n motorhandelaar, kom in hoër beroep teen ‘n bevel
verleen in die landdroshof teen die Appellant, wat die Verweerder
a
quo
was,
ingevolge waarvan die bedrag van R56 000.00 plus rente teen 15% p.a
aan Respondent (wat die Eiser
a
quo
was) betaal moet word.
Die
Respondent se eis is ten aansien van die koopprys van ‘n wit
Toyota Venture 2.2 motorvoertuig met registrasienommer SZY 057T
(hierin verder na verwys as
“die
voertuig”
)
wat Appellant aan die Respondent verkoop het op 11 Oktober 1996.
Op
20 Januarie 1998 het lede van die SA Polisiediens se Motorvoertuig
diefstaleenheid beslag gelê op die voertuig (toé natuurlik
in die
Respondent se besit) uit hoofde van die bevoegdhede verleen in
artikel 20 van die Strafproseswet, 51 van 1977.
By
die aanvang van die verhoor voor die landdros het die partye (baie
wyslik en sinvol moet dit dadelik vermeld word), ooreengekom
dat die
geskilpunte wat bereg moet word deur die landdros die volgende is: -
Het
die polisie regmatiglik beslag gelê op die voertuig 20 Januarie
1998; en
Is
die volgehoue beslaglegging daarvan regmatig en dus regtens
geoorloofd.
Word
beide dié vrae bevestigend beantwoord, moes die Respondent slaag in
sy eis en omgekeerd;daaroor was die partye dit eens.
Die Respondent
het die getuienis van ene Botes, voorheen ‘n polisieman verbonde
aan die SAPD se motorvoertuigdiefstal eenheid
te Kaapstad en ten
tyde van getuienislewering werksaam in die versekeringsbedryf en
Kaptein Verster, hoof van die SAPD se motorvoertuig
diefstaleenheid
te Kimberley, aangebied. Die Appellant het sy saak gesluit sonder
om enige getuienis aan te bied. Die landdros
het hierdie
onweerspreekte getuienis aanvaar, aangesien hy beide getuies se
getuienis as geloofwaardig bevind het. Ek is tevrede
dat daar geen
basis hoegenaamd bestaan om die landdros se voormelde bevinding aan
te veg nie. Mnr. Schreuder, wat voor ons, soos
ook
a
quo,
vir die Appellant verskyn, het op onoortuigende wyse, ‘n submissie
in sy betoogshoofde gemaak dat dié twee getuies nie goeie
getuies
was nie. Ek sal later pertinent handel met hierdie submissie, maar
kan noual reeds opgemerk word dat daar geen meriete
hoegenaamd in só
‘n submissie is nie.
Op
die voormelde basis dus, kan die agtergrondfeite soos dit blyk uit
die twee getuies se getuienis bondig as volg opgesom word:
-
Gedurende
April 1996 het ene Ntswane, wat beweer het dat hy die eienaar van
die voertuig was, in Soweto ‘n klagte gelê dat
dit gesteel is en
het sekere enjin-en onderstelnommers van die voertuig aan die
polisie verskaf.
Ongeveer
‘n week later is die voertuig teruggevind deur die polisie – op
daardie stadium het die voertuig nie onderstel- en
enjinnommers
gehad nie, aangesien dit verwyder (d.w.s. afgeskuur of afgevyl)
was.
Ntswane
het die voertuig by die SAPD te Soweto uitgeken as sy eiendom en is
wat bekend staan as SAP Fin nommers aan die voertuig
geallokeer
deur die SAPD; hierdie nommers word gewoonlik deur die SAPD
toegeken aan ‘n (voorheen gesteelde) voertuig waarvan
die enjin –
en onderstelnommers verwyder is, ten einde die voertuig terug te
plaas in die algemene handelsverkeer.
Gedurende
1996 en 1997 het die polisie bewus geword van ‘n landwye
modus
operandi
waarvolgens hierdie sogenaamde SAP Fin nommers op bedrieglike wyse
aangewend was deur motordiewe om die indentifikasie van gesteelde
voertuie te verbloem en sulke gesteelde voertuie weer in die
algemene handelsverkeer teruggeplaas te kry, synde voertuie wat
op
oënskynlike regmatige wyse in die oënskynlike eienaar se naam
geregistreer word.
Voortspruitend
uit wydlopende ondersoeke, waarby ongeveer 250 motorvoertuie
betrokke is, na hierdie suspisieuse
modus
operandi,
het die getuie Botes op die spoor van die voertuig
in casu
beland – uit sy ondersoeke het dit geblyk dat die onderstel –
en enjinnommers wat Ntswane destyds aan die polisie in Soweto
verskaf het toe hy die voertuig gedurende April 1996 as gesteel
aangemeld het, inderwaarheid valse nommers was en nie bestaan
het
nie. Ook die registrasiedokumente waarop dié nommers verskyn het
was dus vals.
Die
aangeleentheid is na die Kimberley eenheid van Kaptein Verster
oorgeplaas – hy was dan ook die ondersoekbeampte in die saak.
Verster
het later uit sy verdere ondersoeke vasgestel dat Ntswane ook ‘n
vals woonadres aan die polisie verskaf het toe hy die
voertuig as
gesteel aangemeld het.
Die
saakdossier en die ondersoek is intussen oorgeplaas na ‘n
spesiale taakspan te Soweto, wat op gekoördineerde wyse al hierdie
sake vanaf hierdie sentrale punt ondersoek.
Wat
betref die eerste geskilpunt waarna ek hierbo verwys het, aanbetref,
is die bepalings vervat in artikel 20 van die Strafproseswet,
van
kardinale belang.
Dié artikel lees as
volg: -
“
20 Die
staat kan, ooreenkomstig die bepalings van hierdie Hoofstuk, op
enigiets (in hierdie Hoofstuk ‘n voorwerp genoem) beslag
lê –
wat
betrokke is by of op redelike gronde vermoed word betrokke te wees
by die pleging of vermeende pleging van ‘n misdryf, hetsy
binne
die Republiek of elders;
…………………………
…………………………”
Dit
staan vas dat, indien daar ‘n redelike verdenking bestaan dat die
voertuig wel gesteel is, die polisie geregtig was om uit
hoofde van
artikel 20 se bepalings, op die voertuig beslag te lê. Die partye
het dan ook tydens die verhoor en by hierdie appél
die
aangeleentheid uit hierdie hoek benader.
9. Die Appellant het
grootliks sy aanval op die landdros se uitspraak gerig op die tweede
geskilpunt, d.w.s. die volgehoue beslaglegging
op die voertuig.
Dit is egter nodig om
redelik volledig met die eerste geskilpunt ook te handel.
10. Die
respondent se eis is geformuleer:-
10.1 op die basis van die
waarborg teen uitwinning; en
10.2 in die alternatief,
op ‘n opsetlike alternatiewelik nalatige wanvoorstelling gemaak
deur die Appellant aan die Respondent tot
die effek dat die Appellant
regtens bevoeg was om die voertuig te verkoop.
Tydens
die verhoor het die alternatiewe eis
(supra)
beswaarlik ter sprake gekom en is die saak in Respondent se guns
beslis op grond van sy eisoorsaak van die waarborg teen uitwinning.

Dit is derhalwe slegs nodig om hierdie eisoorsaak te oorweeg in
hierdie uitspraak.
Dit
staan vas in ons reg dat ‘n koper wel uitgewin word wanneer
beslaglegging op die koopsaak ingevolge artikel 20 geskied en
dit
blyk dat die koopsaak nie aan die koper terugbesorg sal word nie;
Sien:
Vrystaat
Motors v Henry Blignault (Edms) Bpk
1996(2)
SA 448 (A) te 459 A-B.
Die
Respondent moes uiteraard op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys
dat die Staat (die polisie) geregtig was om op die voertuig
beslag
te lê deurdat die jurisdiksionele feite vervat in artikel 20 wel
bestaan het;
Sien:
Minister
van Wet en Orde v Datnis Motors
1989(1) SA 926(A) te 934 G; 935F.
Ek
is die mening toegedaan dat die Respondent wel hom van hierdie
bewyslas gekwyt het. Die waarskynlikhede is na my mening
oorweldigend
dat die voertuig ‘n gesteelde voertuig is, omrede :
Die
voertuig se enjin-en onderstelnommers was verwyder (afgeskuur of
afgevyl) reeds in 1996 al toe Ntswane dit as gesteel aangemeld
het
– soos die getuienis aandui, ontstaan die vermoede alreeds dat
dit ‘n gesteelde voertuig is; en
Die
nommers van die enjin en onderstel van die voertuig soos dit op die
registrasiedokument verskyn wat Ntswane
destyds voorgelê het aan
die polisie, is vals en bestaan daar volgens Toyota Suid-Afrika
inderdaad nie só ‘n voertuig nie; en
Ntswane
het ‘n vals woonadres verskaf aan die polisie toe hy destyds die
“diefstal”
van die voertuig gerapporteer het; en
Hierdie
is ‘n
modus
operandi
wat redelik algemeen voorgekom het – daar is ongeveer 250 sulke
gevalle landwyd bekend aan die polisie; 14 van hierdie gevallle
is
Kimberley – sake; en
Uit
hoofde van die voorafgaande is die afleiding geregverdig dat
Ntswane heel waarskynlik op slinkse wyse die SAP Fin nommer bekom
het om die voertuig
“regmatiglik”
terug in die handelsverkeer te plaas en die feit dat dit
inderwaarheid ‘n gesteelde voertuig is, te verbloem.
Vervolgens
ontstaan die vraag: is die volgehoue beslaglegging op die voertuig
deur die polisie regmatig? Artikel 31(1)(a) en (b)
van die
Strafproseswet wat hier van belang is, lees as volg:
“
31(1)(a)Indien geen strafregtelike
verrigtinge ingestel word in verband met ‘n artikel 30(c) bedoelde
voorwerp nie of indien dit
blyk dat so ‘n voorwerp nie by die
verhoor vir die doeleindes van ‘n hofbevel nodig is nie, word die
voorwerp teruggegee aan
die persoon van wie dit in beslag geneem is,
indien so ‘n persoon daardie voorwerp wettiglik mag besit, of,
indien so ‘n persoon
daardie voorwerp nie wettiglik mag besit nie,
aan die persoon wat dit wettiglik mag besit.
Indien
niemand so ‘n voorwerp wettiglik mag besit nie of indien die
polisiebeampte belas met die ondersoek nie weet van iemand
wat so ‘n
voorwerp wettiglik mag besit nie, word die voorwerp aan die Staat
verbeur.”
Dit blyk uit die getuienis van Kaptein
Verster dat die ondersoek steeds aan die gang is en dat ‘n
strafregtelike vervolging moontlik
nog mag volg. Mnr. Schreuder het
veral gesteun op twee aspekte vir sy submissie dat die volgehoue
beslaglegging nie regmatig is
nie, te wete: -
dat
geen nuwe feite aan die lig gekom het sedert die aanvanklike
teruggawe van die voertuig aan Ntswane wat die aanvaklike
beslaglegging,
volgehoue beslaglegging en die instel van ‘n
strafregtelike vervolging regverdig nie; en;
dat
vanweë die tydsverloop dit onbillik en onredelik is van Staatsweë
om die voertuig steeds onder beslaglegging te hou.
Ek
het alreeds aangedui waarom ek meen die waarskynlikhede oorweldigend
is dat ‘n afleiding geregverdig kan word dat die voertuig
wel
gesteel is. Verder is mnr. Schreuder nie korrek dat geen nuwe feite
aan die lig gekom het sedert April 1996 nie – dit blyk
tog
duidelik uit die getuienis dat die polisie eers hierná vasgestel
het dat: -
Ntswane
‘n registrasiedokument verskaf het wat valse enjin – en
onderstelnommers bevat het, en
Hy
ook ‘n vals woonadres verskaf het.
Die polisie het ook eers
ná April 1996 bewus geword van hierdie slinkse werkswyse wat vry
algemeen voorgekom het, veral in die Soweto
area, waarvolgens SAP Fin
nommers op bedrieglike wyse bekom word.
Die
moontlikhede van ‘n vervolging van Staatsweë kan nie uitgesluit
word nie. Die ondersoek duur weliswaar lank, maar is dit
heeltemal
te verstane, inaggenome die volgende feite: -
daar
is ongeveer 250 soortgelyke sake wat ondersoek word (14 daarvan is
Kimberley-sake);
Ntswane
moet klaarblyklik die hoofverdagte wees en moet die polisie hom
opspoor, aangesien hy ‘n vals adres verskaf het;
Die
oorspronklike enjin – en onderstelnommers van die voertuig is
verwyder en bemoeilik en vertraag dit ongetwyfeld die ondersoek.
Mnr.
Schreuder steun op die beslissings in
Choonara
v Minister of Law & Order
1992(1)
SASV 239(W) en die
Datnis
– saak (
supra
),
vir sy submissies oor die tydsverloop soos hierbo uiteengesit. In
Choonara se saak is, heeltemal tereg, beslis dat elke saak
op sy eie
meriete beslis moet word ( te 247F). In dié verband kan ook verwys
word na:
Ntoyakhe
v Minister of Safety & Security & others
1999(2)
SASV 349 (OK) te 355 i-j waar Erasmus R hom as volg uitlaat:-
“
Considerations of fairness and
reasonableness which underlie our criminal justice system, dictate
that the criminal proceedings contemplated
in section 31 shall be
instituted within a reasonable time. What constitutes a reasonable
period will of course depend on the facts
of each case.”
Ek meen nie dat die
ondersoek hierin onredelik lank duur nie. Verder moet natuurlik in
gedagte gehou word dat die tydsverloop bepaal
moet word met verwysing
na die datum waarop die aksie ingestel is deur die Respondent, d.w.s.
24 April 1998;
Sien:
Director
of Hospital Services v Mistry
1979(1)
SA 626(A) te 636;
Ntoyakhe
(supra)
te 356 b en ook te 357b.
Die
Datnis
-beslissing
(supra)
waarop mnr. Schreuder ook steun, is onderskeidbaar op die feite van
die onderhawige geval, aangesien in daardie saak (anders as
hier)
die vervolgingsgesag alreeds geweier het om ‘n vervolging in te
stel en, veral van belang, daar nooit in daardie saak (soos
hier wel
gebeur het) vasgestel is of die enjin- en onderstel nommers wat op
die voertuie se registrasiedokumente verskyn vals of
eg was nie.
Soos mnr. Erasmus, wat vir die Respondent voor ons verskyn, tereg
aanvoer ondersteun daardie beslissing eerder die
Respondent se saak,
aangesien die Appélhof by monde van Van Heerden AR as volg beslis:
‘
Dit volg dus dat indien met ‘n
voertuig se nommers gepeuter is, soos met die Datsun 1800 en Datsun
1400 gebeur het, en valse nommers
op Nkomo en mej. Brown se
registrasiedokumente voorgekom het, die afleiding dat die voertuie
gesteel is en gesteel gebly het feitlik
onafwendbaar is”
(te 936 I-937A).
Ook
die beslissing van
Erasmus
en ‘n ander v Minister van Wet en Orde
1991(1)
SA 453 (OPA) waarop mnr. Schreuder steun is onderskeidbaar op die
feite. In daardie saak was die Eisers regmatige besitters
uit
hoofde van ‘n
ius
retentionis
vir noodsaaklike verbeterings aangebring aan die voertuie waarop
beslag gelê is deur die polisie – hulle is dus geregtig op
teruggawe van die voertuie alhoewel dit bekend mag wees dat dit
gesteelde voertuie is.
Mnr.
Schreuder het kritiek uitgespreek teen beide die getuies Botes en
Verster se getuienis, veral t.o.v. die wyse waarop hulle
die
strafsaak ondersoek het. Sodanige kritiek hou, myns insiens, nie
rekening met die logistieke probleme wat ondervind is nie
en verloor
ook buite die oog die feit dat veral Botes afleidings gemaak het
aangaande die verloop van die vroeëre gebeure rondom
Ntswane en die
voertuie, afleidings wat myns insiens heeltemal geregverdigd is op
die feite.
Wat
van belang is, is nie deur wie, wanneer of waar die voertuig gesteel
is nie, maar wel of daar redelike gronde bestaan dat die
voertuig ‘n
gesteelde voertuig is. Ek is van mening dat die getuienis voor die
landdros op die waarskylikhede oorweldigend bewys
het dat:
die
voertuig ‘n gesteelde voertuig is en dat die Respondent dit nie
wettiglik kan besit nie; en
die
voertuig in alle waarskynlikheid uiteindelik aan die wettige
eienaar teruggegee sal moet word of aan die Staat verbeurd verklaar
sal moet word as die wettige eienaar nie gevind kan word nie.
Dit
volg dus dat die landdros korrek was in sy bevinding dat die
aanvanklike beslaglegging en volgehoue beslaglegging op die voertuig
deur die polisie regmatig was en is.
Ek sou derhalwe die appél
afwys met koste.
____________________
S.A. MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam. Die appél word
afgewys met koste.
______________________
J.C. VAN DER
WALT
REGTER