About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 3
|
|
S v Roses (822/2001) [2001] ZANCHC 3 (22 March 2001)
VERSLAGWAARDIG:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER LANDDROSTE:JA/NEE
SIRKULEER
ONDER REGTERS:JA/NEE
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAK
NO.:822/2002
DATUM:22-03-2001
In die
Hersieningsuitspraak van:
DIE
STAAT
teen
TSHEPO
ROSES
CORAM:
MAJIEDT
R et WILLIAMS WnR
U
I T S P R A A K
WILLIAMS WnR:
1. Kgomo
RP het op hersiening navraag gedoen aan die landdros, die strekking
waarvan as volg is:
â
1. Die beskuldigde
was ân kind van 16 jaar tydens die verhoor. Het die landdros nie
besef dat hy, al is dit ook met die bystand
van sy voog, nie die mas
teen die vingerafdrukdeskundige sou opkom nie? Sy kruisondervraging
was ook heeltemal ontoeganklik. Waarom
is hy nie aangeraai om ân
regsverteenwoordiger aan te stel nie? Is hy nie ernstig deur hierdie
versuim benadeel nie?
2. Daar
is niks in beskuldigde se besit gevind nie. Is daar bewys dat hy
alles wat uit die biblioteek vermis is gesteel het?
3. Is
3 jaar gevangenisstraf, alhoewel dit voorwaardelik opgeskort is, nie
buitensporig swaar nie?
4. Is
die korrektiewe toesig werksure vanaf 08h00 tot 16h00 nie te lank vir
ân 17-jarige nie? Moet die tydperk van een jaar waaroor
die
korrekitewe diens verrig moet word nie frustrerend uitgerek nie?â
Nadat die
landdros sy redes verskaf het, is ook ân regsmening deur advokaat
de Nysschen van die kantoor van die Direkteur van Openbare
Vervolgings met die oorkonde deurgestuur. Die regsmening is baie
volledig en behulpsaam en ek wil my dank uitspreek hieroor.
Ek is
tevrede dat die beskulidgde se reg tot regsverteenwoordiging aan hom
verduidelik is sowel as die feit dat hy die Regshulpraad
kan kontak,
sou hy nie ân verteenwoordiger kan bekostig nie. Hierdie inligting
is aan hom gegee in die teenwoordigheid van sy
voog, sy 27 jarige
suster en albei het bevestig dat hulle dit verstaan, maar dat die
beskuldigde sy eie verdediging wil waarneem.
Die vereistes soos
uiteengesit vir
S
v Radebe; S v Mbonami
en
S v
Rudman and another, S v Mthwana
is
aan voldoen en is die beskuldigde nie in hierdie opsig benadeel nie.
Ek
is ook verder tevrede dat die omstandigheidsgetuienis in hierdie saak
van so ân aard is dat in die afwesigheid van ân redelike
moontlike weergawe vanaf die beskuldigde, die landdros geregtig was
om die afleiding te maak dat beskuldigde die goedere beskryf
in die
klagstaat gesteel het, al was hierdie goedere nie in sy besit gevind
nie.
Ek
is dus van mening dat die beskuldigde se skuldigbevinding tereg
geskied het.
Die
probleem hier ontstaan met die vonnis opgelê aan die beskuldigde.
Hy
is gevonnis ten opsigte van die huisbraak met die opset om te steel
en diefstal van goedere ter waarde van ongeveer R5 000,00 tot
drie(3)
jaar gevangenisstraf opgeskort vir vyf(5) jaar op voorwaarde; i) dat
hy nie weer skuldig bevind word aan huisbraak met die
opset om ân
misdryf te pleeg in die tydperk van opskorting nie en, ii) dat hy
daagliks vir een jaar vanaf 1 Augustus 2001 tot en
met 31 Julie 2002
gemeenskapdiens verrig by die Vryburg hospitaal vanaf 08h00 tot 13h00
en weer vanaf 14h00 tot 16h00.
Die
beskuldigde was ten tye van die oplegging van vonnis 17 jaar oud en
te tye van die pleeg van die misdryf 15 jaar oud. Hy is ook
ân
eerste oortreder.
Die Kantoor
van die Direkteur van Openbare Vervolgings stem saam dat die vonnis
in die omstandighede skokkend swaar is en beveel aan
dat dit
verminder word na 18 maande gevangenisstraf wat in geheel
voorwaardelik opgeskort word vir 5 jaar en dat die
opskortingsvoorwaarde
rakende gemeenskapsdiens moet lees
âgemeenskapsdiens
vir ân tydperk van 1 jaar vanaf Maandag tot Vrydag tussen 08h00 tot
13h00 en 14h00 tot 16h00.â
Die
landdros het aan die einde van sy redes daarop gewys dat die
beskuldigde huidiglik in die gevangenis verkeer terwyl hy sy verhoor
afwag op ân aanklag van verkragting waarvoor hy gedurende Desember
2001 gearresteer is. Tydens die voormelde arrestasie was die
beskuldigde verhoorafwagtend op ân aanklag van besit van dagga
waarvoor hy gedurende Oktober 2001 gearresteer is.
Die gevolg hiervan is dat
die beskuldigde tot op die datum toe die landdros sy redes verskaf
het, nog nie begin het om die gemeeskapsdiens
by Vryburg hospitaal te
verrig nie.
Gegewe
die moontlikheid dat die beskuldigde vir ân aansienlike tyd nog in
die gevangenis mag verkeer óf as verhoorafwagtende óf
as gevonnisde
op een of albei van die voormelde aanklagte, sal daar geen sin in
wees om die opskortingsvoorwaarde ten aansien van
gemeenskapsdiens te
bekragtig nie. Hiermee word die gepastheid van só ân
opskortingsvoorwaarde in die onderhawige geval geensins
betwyfel nie,
inteendeel die landdros het ân prysenswaardige benadering gevolg
deur só ân opskortingsvoorwaarde toe te voeg.
Ek
is dit eens met die regsmening van Adv. De Nysschen dat die vonnis
skokkend onvanpas is en dat inmenging op hersiening geregverdigd
is.
Inaggenome egter die feit dat die opskortingsvoorwaarde ten aansien
van gemeenskapsdiens om praktiese oorweginge nou wegval,
meen ek dat
die voorgestelde vonnis van 18 maande gevangenisstraf in geheel
opgeskort te lig sal wees.
Die
skuldigbevinding word bekragtig. Die vonnis word tersyde gestel en
vervang met die volgende:
â
Vier-en-twintig
(24) maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir ân
tydperk van 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde
nie weer skuldig
bevind word aan huisbraak met die opset om ân misdryf te pleeg of
diefstal wat gepleeg word gedurende die tydperk
van opskorting nie.â
______________________
C.C
WILLAIMS
WAARNEMENDE
REGTER
Ek
stem saam.
_______________________
S.A.
MAJIEDT
REGTER