About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2001
>>
[2001] ZANCHC 2
|
|
S v Faku (CA&R36/99) [2001] ZANCHC 2 (2 March 2001)
VERSLAGWAARDIG JA/NEE
SIRKULEER ONDER
REGTERS JA/NEE
SIRKULEER ONDER
LANDDROSTE JA/NEE
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(NOORD-KAAPSE
AFDELING)
KIMBERLEY
SAAKNO.:CA&R
36
/99
DATUM:
02/03/2001
Uitspraak
op Appèl:
FREDDIE FAKU APPELLANT
teen
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM:
Van
der Walt R et Majiedt R
U
I T S P R A A K
MAJIEDT R:
Die Appellant kom in hoër beroep
teen sy skuldigbevinding aan diefstal van ân motorvoertuig en sy
vonnis van 7 jaar gevangenisstraf.
Hy was nie regsverteenwordig
tydens die verhoor in die Streekhof nie, maar word nou bygestaan
deur mnr. Muhlohlonyi in hierdie
appèl. Mnr. Hinana verskyn vir
die Staat.
Wat die skuldigbevinding aanbetref,
het mnr. Muhlohlonyi sy aanval primêr gerig op die feit dat die
Staat nie bewys het dat die
voertuig waarin die Appellant gevind is,
dieselfde voertuig is wat van die klaer, CAY Motors of Johnson
Thabi, gesteel is nie.
Die feite in hierdie saak kan
kortliks as volg saamgevat word:
Aan die einde van Mei 1995 is ân
nuwe wit Toyota Hilux bakkie in ontvangs geneem by CAY Motors te
Upington. Hierdie voertuig
is versend deur die vervaardiger
daarvan, Toyota Suid-Afrika.
Hierdie Toyota Hilux bakkie was op
die 15e Junie 1995 op die vertoonlokaal van CAY Motors getrek deur
ân werknemer van die voormelde
onderneming, ene Johnson Thabi.
Tussen 15 Junie 1995 en 20 Junie
1995 is die betrokke voertuig van CAY Motors gesteel.
Op 20 Junie 1995 was ân wit Toyota
Hilux bakkie in ân ongeluk betrokke naby Griekwastad, deurdat dit
op die pad tussen Griekwastad
en Groblershoop ongeveer 50 kilometer
vanaf Griekwastad die pad verlaat en omgeslaan het.
Twee insittendes, Richard Mocumi
(beskuldigde 2 tydens die verhoor) en ene Ndlovu is ernstig beseer in
dié ongeluk en die derde insittende,
die Appellant, het met ligte
beserings daarvan afgekom.
Op 2 Augustus 1995 is die bakkie
positief uitgeken deur ene Ackerman, ân werknemer van CAY Motors,
aan die hand van sy enjinnommer
as die eiendom van CAY Motors.
Ackerman het naamlik die voertuig se
enjinnommer vergelyk met die enjinnommer wat op die voertuig se
kliënt profieldokument verskyn
het en dié twee het ooreengestem.
ân Kliënt profieldokument vergesel klaarblyklik ân nuut
vervaardigde voertuig vanaf die
vervaardiger (
in
casu
Toyota Suid-Afrika) by
aflewering aan die handelaar (in die onderhawige geval, CAY Motors te
Upington).
Hierdie
samevatting is gegrond op feite wat gemeensaak was, sowel as feite
wat die landdros heeltemal korrek as bewese bevind het.
Daar is geen direkte getuienis wat
die Appellant met die diefstal van die voertuig verbind nie. Die
landdros het sy skuldigbevinding
van Appellant gebaseer op die
omstandigheidsgetuienis en op die leerstuk van die besit van
onlangs gesteelde eiendom.
4.2 Aangesien die appèl soos alreeds
gesê, wat skuldigbevinding aanbetref, primêr daaroor gaan of bewys
is dat die bakkie waarin
Appellant ân insittende was, dieselfde
bakkie is wat vermis is by CAY Motors, is dit nie nodig om in groot
besonderhede in te gaan
op die getuienis nie. Dit is na my mening
voldoende om aandag te gee aan die landdros se toepassing van die
voormelde leerstuk,
sy oorweging van die omstandigheidsgetuienis
sowel as die aspek wat nou voor ons op appèl te berde gebring is
namens die Appellant.
Hierdie drie aspekte is uiteraard baie
nou verweef met mekaar in die konteks van die feite in hierdie saak.
Ek ag dit egter dienstig
om eers die landdros se oorweging van die
omstandigheidsgetuienis te bespreek en daarna die ander twee aspekte
gelyktydig te behandel.
4.3 Die landdros het, heeltemal
korrek, die omstandigheidsgetuienis benader op die basis dat die
getuienis in sy geheel oorweeg moet
word. In die verband het hy
verwys na
S v Reddy en
andere
1996(2) SASV 1(A).
Soos Streicher AR in
S
v Ntsele 1998(2) SASV 178 (HHA),
te 182e, ten aansien van ân hof se werkswyse by die oorweging van
omstandigheidsgetuienis opgemerk het: -
â
.
. . die hof (moet) nie elke brokkie getuienis afsonderlik betrag om
te besluit hoeveel gewig daaraan geheg moet word nie. Dit is
die
kumulatiewe indruk wat al die brokkies tesame het wat oorweeg moet
word om te besluit of die aangeklaagde se skuld bo redelike
twyfel
bewys isâ.
Soos ek aanstons sal aantoon, is dÃt
juis die kernprobleem in mnr. Muhlohlonyi se betoog.
Verder
moet natuurlik deeglik in gedagte gehou word dat dit nie van die
Staat verwag word om die skuld van ân beskuldigde bo elke
sweempie
van twyfel te bewys nie, maar slegs bo
redelike
twyfel;
Sien:
S
v Ntsele
(
supra
)
te 182b.
Myns insiens gaan sommige van die
individuele brokkies getuienis in hierdie saak dalk elkeen vir een of
ander rede mank aan gebreke,
maar is die geheelbeeld daarvan
heeltemal voldoende om die Appellant se skuld bo redelike twyfel te
bewys.
Die leerstuk van besit van onlangs
gesteelde goedere is
â
.
. . simply a common-sense observation on the proof of facts by
inferenceâ,
per Holmes AR in
S
v Parrow
1973(1) SA 603 (A)
te 604.
Dié leerstuk is gefundeer op die
veronderstelling dat waar ân persoon in besit betrap word van
onlangs gesteelde goedere, die besitter
ook die dief is;
S
v Letoba
1993(2) SASV
614(W), te 614h.
Die
Staat moet natuurlik bewys dat:
die betrokke artikel wel gesteel is;
en
die aangeklaagde in besit gevind is
van die gesteelde artikel sonder dat hy ân onskuldige
verduideliking kan bied wat redelik
moontlik waar is;
Sien:
R v du Plessis
1924 TPD
103
;
S
v Parrow
(
supra
)
te 604.
Of goedere in besit van die
aangeklaagde
onlangs
gesteel is, is ân feitevraag wat beoordeel moet word na gelang van
die feite van elke saak;
Sien:
S v Skweyiya
1984(4)
SA 712(A);
S v Matola
1997(1) SASV 321(B) te 324d-e.
Dit sal veral afhang van die aard van
die goedere, ten einde hierdie vraag te kan beantwoord.
Ek laat vir die hede buite rekening
die vraag of die Staat wel bo redelike twyfel bewys het dat die
voertuig waarin Appellant hom
bevind het wel die onlangs gesteelde
voertuig van CAY Motors is.
Wat
die ander aspekte aanbetref, ly dit geen twyfel dat die Staat hom van
sy bewyslas gekwyt het nie:
as aanvaar word dat dit CAY Motors se
vermiste bakkie is, dan was dié voertuig ten beste vir die
Appellant so onlangs as 5 dae
voordat dit in die Appellant se besit
gevind is, gesteel van CAY Motors;
die Appellant het dit glad nie betwis
dat hy ân insittende was in die bakkie nie;
die Appellant het ân leuenagtige
verduideliking gegee vir sy aanwesigheid in die voertuig. Op sy eie
weergawe het hy ân vals
naam (
âPatrick
Khumaloâ
) asook ân
vals woonadres in Neilersdrif verskaf aan die ondersoekbeampte
in die ongeluksaak, speurdersersant Hanekom. Sy
verduideliking vir
hierdie leuens is so absurd dat die landdros dit heeltemal tereg
verwerp het as vals bo redelike twyfel. Daar
is verder verskeie
wesenlike weersprekinge tussen sy geskrewe verklaring aan Hanekom en
sy mondelinge getuienis.
In sy geheel gesien is sy weergawe net
nie redelik moontlik waar nie, soos die landdros tereg bevind het.
Het die Staat bewys dat die wit
Toyota Hilux bakkie waarin die Appellant op 20 Junie 1995 ân
insittende was, dieselfde voertuig
is as die een wat tussen 15
Junie 1995 en 20 Junie 1995 gesteel is by CAY Motors?
Indien wel, sal die voormelde leerstuk
aanwending vind en sal die Appellant se skuld bo redelike twyfel
bewys wees, vir die redes
uiteengesit in die voorafgaande paragraaf.
Ek het alreeds melding gemaak van die
getuienis van Thabi en Ackerman wat beide werknemers van CAY Motors
was tydens alle tersaaklike
tye hierin. Mnr. Muhlohlonyi het hierdie
getuienis op verskeie gronde aangeval, waarmee ek nou
seriatim
handel.
Daar is, na bewering, nie bewys dat
die voertuig wel vermis is by CAY Motors nie. Hierdie betoog het nie
meriete nie. CAY Motors
se personeel was klaarblyklik besonder
agtelosig in hierdie gebeure, maar wat egter vasstaan is dat : -
Thabi
die bakkie op 15 Junie 1995 op die vertoonlokaal se vloer gelaat
het;
daar agterna navrae gerig is aan
onder andere Ackerman oor waar die bakkie is;
Inspekteur Mooki, die
ondersoekbeampte, met behulp van sy rekenaar vasgestel het dat die
voertuig wat te Griekwastad in die ongeluk
betrokke is, aan CAY
Motors behoort en het laasgenoemde dienooreenkomstig verwittig.
Die volgende submissie is dat
Ackerman nie op die kliënt profieldokument se besonderhede kon
steun nie (synde na bewering hoorsê
te wees), maar slegs die
eienaar van CAY Motors kon só doen.
Hierdie is ân verbasende submissie.
Ackerman het klaarblyklik opgetree as werknemer en agent van die
eienaar â daarmee kan bewysregtelik
tog niks mee fout gevind word
nie.
â
n
Argument van aansienlik meer substansie sou gewees het om aan te voer
dat nóg die eienaar nóg Ackerman eerstehands oor die inligting
vervat in die kliënt profieldokument sou kon getuig, maar dat slegs
ân verantwoordelike werknemer van Toyota Suid-Afrika dit sou
kon
doen.
Dit
was egter nie mnr. Muhlohlonyi se aanvalshoek nie â as dit was sou
die bepalings van artikel 3(c) van Wet 45 van 1988 (die Wysigingswet
op Bewysreg) verseker met vrug aanwending gevind het ter
beantwoording van só ân submissie.
Derdens doen mnr. Muhlohlonyi aan die
hand dat sersant Monanyane, wat die eerste polisiebeampte op die
ongelukstoneel was, die voertuig
identifiseer as ân wit Toyota
Hilux
4x4
bakkie, terwyl Thabi getuig het dat die voertuig wat hy in die
vertoonlokaal gelaat het ân Toyota Hilux 2.4 S was. Hierdie
submissie word heeltemal gekelder deur die getuienis van Ackerman
oor die ooreenstemmende enjinnommers.
Verder en in elk geval, moet in ag
geneem word dat Thabi:
â
n
absolute leek is ten aansien van Toyota Hilux bakkie modelle; en
geen rede hoegenaamd gehad het om
veel ag te slaan op die presiese fabrikaat van die voertuig nie, in
omstandighede waar twee van
die beseerdes klaarblyklik ernstig
beseer was (beskuldigde 2 was heeltemal bewusteloos op die
ongelukstoneel).
Laastens submitteer mnr. Muhlohlonyi
dat daar nie getuienis is oor watter polisieman vir Ackerman na die
beskadigde bakkie by Griekwastad
polisiestasie geneem het nie.
Daarmee saam voer hy aan, ontstaan die vraag â hoe het hierdie
polisieman geweet dat die voertuig
wat hy vir Ackerman uitgewys het,
inderdaad die een was wat in die ongeluk betrokke was?
Hierdie betoog is ân tipiese geval
waar kritiek op ân enkele brokkie getuienis heeltemal verhef word
in gewig ten einde ân skaduwee
oor die Staat se saak in sy geheel
te probeer werp.
In sy geheel gesien, het die Staat wat
hierdie aspek aanbetref bewys dat -
Thabi en Ackerman namens CAY Motors,
ân nuwe wit Toyota Hilux bakkie vermis het
vóór
20 Junie 1995;
Monyanane uitgegaan het na ân
ongelukstoneel buite Griekwastad op 20 Junie 1995 waar hy ân nuwe
wit Toyota Hilux bakkie aangetref
het wat erg beskadig is in die
ongeluk en waarin Appellant een van die insittendes was;
2 dae later, d.w.s. op 22 Junie 1995
het Hanekom ân verklaring van Appellant geneem, terwyl
laasgenoemde ân vals naam, te wete
Patrick Khumalo, gebruik het;
na aanleiding van die voormelde
verklaring het Hanekom sekere gegewens, ten aansien van die
Appellant en die
voertuig
deurgegee na Mooki, die ondersoekbeampte;
Mooki het, aan die hand van voormelde
gegewens, vasgestel dat nóg die naam Patrick Khumalo nóg die
woonadres verskaf deur Appellant
eg is en dat die voertuig aan CAY
Motors behoort;
Uit hoofde van die voorafgaande, het
CAY Motors se mense (meer bepaald die eienaar, Gresse, en Ackerman)
die nodige stappe geneem
om die voertuig te Griekwastad te gaan eien
â vir dié doel het hulle die kliënt profieldokument gebruik.
Daar kan na my mening geen redelike
twyfel bestaan dat die Staat, d.m.v. hierdie voormelde ketting van
getuienis bewys het dat die
voertuig waarin die Appellant ân
insittende was toe die ongeluk gemaak is op 20 Junie 1995 buite
Griekwastad, dieselfde voertuig
is wat tussen 15 en 20 Junie 1995 by
CAY Motors vermis geraak het.
5. In die omstandighede is ek die
mening toegedaan dat daar geen meriete in die appèl teen
skuldigbevinding is nie.
6. Wat vonnis aanbetref, is die
enigste grond van appèl bloot dat die landdros gefouteer het deur
die Appellant se vorige veroordelings
in aanmerking te neem, terwyl
die laaste oortreding gedurende 1987 gepleeg is. Hierdie submissie
is nie sonder meriete nie; sien:
S
v Mqwathi
1985(4) SA 22(T).
ân Hof van Appèl se bevoegdheid om met ân vonnis in te meng is
egter beperk;
Sien:
S
v Shapiro
1994(1) SASV 112
(A) te 119j-
120c;
S
v Sadler
2000(1) SASV 331
(HHA) te 334d-i.
Die vraag ontstaan: selfs al word vir
doeleindes van die appèl aanvaar dat die landdros in dié verband
misgetas het, is die mistasting
só wesenlik dat dit inmenging op
appèl regverdig?
Ek
meen die antwoord hierop behoort ân besliste nee te wees. Die
Appellant en sy makkers het op sluwe wyse hierdie voertuig gesteel
en
het dit erg beskadig terwyl hulle daarmee rondgerits het. Daar is
nou weliswaar geen getuienis oor hoeveel die skade beloop het
nie,
maar dit blyk uit die oorkonde dat dit ân nuwe bakkie was wat R58
000.00 gekos het en dat ná die ongeluk slegs die onderstel
en die
enjin daarvan nog gebruik kon word. Daar kan dus aanvaar word dat
die skade wat die eienaar gely het etlike duisende Rande
moes beloop
het.
Daar
is verder nie ân sweempie van berou te bespeur by die Appellant
nie, inteendeel hy het deurgaans volgehou met sy leuenagtige
verweer.
Daar is gevolglik nie gronde waarop met die opgelegde vonnis
ingemeng kan word nie.
Ek meen dat die appèl van die hand
gewys en beide die skuldigbevinding en vonnis bekragtig behoort te
word.
_________________________
S.A
MAJIEDT
REGTER
Ek stem saam. Die appèl word van die
hand gewys en die skuldigbevinding en vonnis word bekragtig.
__________________
J.C.
VAN DER WALT
REGTER
Datum
van Appèl: 26-02-2001
Datum
van uitspraak: 02-03-2001
Adv.
M. Muhlohlonyi nms. Appellant
Adv.
S. Hinana nms. die Staat