About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2001
>>
[2001] ZAFSHC 1
|
|
Bloemfonteinse Plaaslike Oorgangsraad v Rautenbach and Another (26/2001) [2001] ZAFSHC 1 (29 November 2001)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appél Nr : 26/2001
In
die saak tussen:
DIE BLOEMFONTEINSE PLAASLIKE
OORGANGSRAAD
Appellant
en
JOHANNES JACOBUS
RAUTENBACH
2de
Verweerder
en
HERMAN JORDAAN
Respondent
________________________________________________________________
AANGEHOOR OP:
27
AUGUSTUS 2001
_________________________________________________________________
AANGEHOOR DEUR:
HANCKE
R et DANZFUSS WR
________________________________________________________________
UITSPRAAK GELEWER OP:
29
NOVEMBER 2001
_________________________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
DANZFUSS
WR
_________________________________________________________________
Respondent
het aksie ingestel in die landdroshof Bloemfontein teen die
appellant (as eerste verweerder) en tweede verweerder vir
skadevergoeding voortspruitend uit ân motorbotsing waarin sy
voertuig betrokke was.
Om
verwarring te voorkom, verwys ek na die partye soos hulle was in die
landdroshof.
Dit
is gemenesaak tussen die drie partye dat eiser se voertuig tydens
die botsing stilstaande was en geparkeer in ân gemerkte
parkeerplek langs Voortrekkerstraat, Bloemfontein, ân eenrigting
straat met drie bane in dieselfde rigting.
Dit
is verder gemenesaak tussen eiser en eerste verweerder dat ân
botsing plaasgevind het tussen die voertuig bestuur deur eerste
verweerder se werknemer en die voertuig bestuur deur tweede
verweerder. As gevolg van hierdie botsing het âeen of albeiâ
van die voertuie van eerste en tweede verweerders met eiser se
geparkeerde voertuig gebots.
Tweede
verweerder plaas hierdie bewerings ook nie in geskil nie behalwe vir
die feit dat hy ontken dat die voertuig wat deur hom
bestuur is met
eiser se voertuig gebots het. Met hierdie een voorbehoud is die
gemelde feite dus gemenesaak tussen al die partye.
Eiser
beweer in sy dagvaarding dat hy nie weet welke een van die twee
verweerders regtens aanspreeklik is vir sy skade en of albei
van
hulle gesamentlik en afsonderlik daarvoor aanspreeklik is nie.
Met steun op
artikel 42(1) van die Landdroshowewet, Wet nr 32 van 1944 het die
eiser altwee die verweerders gevoeg as partye tot
die aksie en
vorder hy sy skade van eerste verweerder alternatiewelik van tweede
verweerder en in die verdere alternatief vanaf
die eerste en tweede
verweerders gesamentlik en afsonderlik.
Op
versoek van die eiser het die verhoorlanddros bevind dat die las om
te begin getuienis aanbied op die verweerders rus en wel
in die
volgorde waarin hulle as verweerders siteer is.
Beide verweerders se
regsverteenwoordigers het die Hof meegedeel dat hulle nie enige
getuienis gaan aanbied nie maar dat hulle ook
nie hulle opdraggewers
se sake sluit nie. Na analogie van die beslissing
S
v MAGODA
1984(4) SA 462 (K) het die landdros toe bevind dat die verweerders
se saak geag word gesluit te wees. Na my mening was dit die
enigste
en korrekte uitweg vir die landdros. Die houding van die
verweerders was duidelik foutief. As ân verweerder ontevrede
is
met die beslissing van ân landdros met betrekking tot die plig om
te begin moet hy nogtans voortgaan om getuienis aan te bied
in
ooreenstemming met die bevinding van die landdros. Indien hy deur
die reëling van die landdros benadeel word, kan hy nadat
vonnis
verleen is, app
ï
l
aanteken teen die vonnis onder andere op grond van die, na sy
mening, foutiewe bevinding.
Vergelyk:
GOLD
v TRADE DISCOUNT CO (PTY) LTD
1951(3) SA 123 (T) op 125H.
ZWENI v MINISTER OF LAW AND
ORDER
1993(1)
SA 523 (A) op 533E.
Hierna het ook die eiser sy saak
gesluit sonder om getuienis aan te bied. Die landdros het bevind
â
res ipsa
loquitur
â en dat
dit ân
prima
facie
saak in die
guns van die eiser daarstel. Omdat verweerders nie die
prima
facie
bewys van
nalatigheid weerl
ï
het nie het dit volgens die landdros, afdoende bewys geword.
Aangesien die landdros by ooreenkoms tussen die partye slegs die
meriete van die saak bereg het en die kwantum van die eiser se skade
laat oorstaan het vir latere beregting, het hy bevind:
âBygevolg word bevind dat die eerste en tweede verweerder se
gesamentlike en gelyktydige nalatigheid die tersaaklike botsing
veroorsaak het en dat hulle gesamentlik en afsonderlik aanspreeklik
is vir die eiser se skade.â
Eerste
verweerder het daarna per brief (en weer in sy advokaat se
betoogshoofde asook in die Hof tydens die aanhoor van die app
ï
l)
die geskilpunt met betrekking tot die eiser se skade toegegee en die
geëiste bedrag erken as die bedrag wat die eiser skade
gely het in
die botsing. Hy het dit klaarblyklik gedoen in ân poging om die
bevinding van die landdros appelleerbaar te maak
in die lig van die
volbankbeslissing van hierdie Hof in
CLOETE
v BOTHA
(saak
137/2000). In hierdie beslissing het die volbank van hierdie Hof
beslis dat ân bevinding van ân landdroshof ten gunste
van ân
eiser met betrekking tot die meriete alleen nie appelleerbaar is
nie.
Eerste verweerder het toe app
ï
l
aangeteken na hierdie Hof teen die bevinding van die landdros.
Artikel
42(1) van die Landdroshowewet skep nie aanspreeklikheid wat
andersins nie bestaan het nie. Dit verleen die reg aan ân
eiser
om meerdere verweerders te voeg in ân geding ongeag of die
skuldoorsaak teen hulle substansieel dieselfde is of nie en
ook
onder omstandighede waar hy nie weet welke een regtens teenoor hom
aanspreeklik is nie. Hierdie reg het hy nie gehad voor
die artikel
op die wetboek geplaas is nie.
Vergelyk:
JACOBS
v DU PLESSIS AND OTHERS
1950(4) SA 25 (O) op 28H-29A.
SA
STEEL EQUIPMENT CO (PTY) LTD v LURELK (PTY) LTD
1951(4) SA 167 (T) op 173B.
Dit
verleen dus slegs ân prosedurele voordeel maar skep nie enige vorm
van aanspreeklikheid vir sulke verweerders indien dit nie
bestaan
het nie. Die doel van die reël is waarskynlik om ân
vermenigvuldiging van aksies uit te skakel.
Vergelyk:
K
& S DRY CLEANING EQUIPMENT v SOUTH AFRICAN EAGLE INSURANCE
1998(4) SA 456 (W) op 462D.
Voor ons op app
ï
l
het mnr Colditz vir die eiser, aangevoer dat ân buitegeregtelike
toegewing soos wat die verweerders gemaak het met betrekking
tot die
eiser se kwantum van sy skade nie die bevinding van die hof wat nie
appelleerbaar was nie nou appelleerbaar maak nie.
Hy het submitteer
dat ân ander formele prosedure gevolg moes word wat ook behels dat
die aard van die bevel verander word in
ân appelleerbare bevel.
Die
huidige toedrag van sake is dus soos volg:
1. Op die pleitstukke is die omvang van die eiser se
skade deur beide verweerders ontken en dus in geskil.
2. Die
bevinding van die landdros soos genotuleer, is ân blote bevinding
wat op gesag van die beslissing van
CLOETE
v BOTHA
nie
appelleerbaar is nie. Die bevel is met ander woorde nie gewysig om
die vorm aan te neem van ân beskikking wat die uitwerking
het van
ân finale vonnis soos bedoel in artikel 83(b) van die
Landdroshowewet, Wet nr 32 van 1944 nie.
Tegnies en formalisties beoordeel is
daar baie meriete in mnr Colditz se submissie. So beoordeel is die
bevinding nie appelleerbaar
nie. Indien die app
ï
l
egter om hierdie rede moet misluk, sal dit onder andere die volgende
gevolge teweegbring:
1. Die saak sal weer voor die landdros beland om die
kwantum te bereg.
2. Nadat eiser se kwantum bewys of
erken is, sal die landdros sy bevel moet aanpas en die
aangeleentheid sal waarskynlik weer op
app
ï
l
geneem word op dieselfde gronde (sover dit die meriete betref) as
wat reeds voor ons argumenteer is.
3. Die regskoste sal tot ân groot mate dupliseer
word. Dit tref nie net die onsuksesvolle party nie maar ook die
suksesvolle
party sover dit prokureur en kliënt koste betref.
4. Dit is
waarskynlik dat ander Regters se tyd in beslag geneem sal word deur
dieselfde notule te lees en dieselfde betoë aan te
hoor as wat ons
reeds aangehoor het.
5. Dit sal etlike maande neem voordat die partye
uitsluitsel het met betrekking tot hulle geskille.
Daar
bestaan tans nie meer enige geskil tussen die partye nie. Die
verhoorlanddros het bevind dat die twee verweerders gesamentlik
en
afsonderlik aanspreeklik is vir die eiser se skade.
Artikel 87(d) van die
Landdroshowewet verleen aan ân hof van app
ï
l
die volgende bevoegdheid: