Distillers Corporation Ltd v Modise (1983199) [2001] ZAFSHC 2 (15 February 2001)

62 Reportability

Brief Summary

Suretyship — Validity of suretyship agreement — Respondent, married in community of property, executed suretyship without written consent of spouse as required by section 15(2)(h) of the Matrimonial Property Act 88 of 1984 — Appellant argued that it was unaware of the need for consent — Court held that the suretyship was invalid due to lack of consent, but the appellant could rely on section 15(9)(a) if it proved it was unaware of the respondent's marital status — Appellant failed to demonstrate it could not reasonably know of the need for consent, thus the suretyship was deemed unenforceable.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2001
>>
[2001] ZAFSHC 2
|

|

Distillers Corporation Ltd v Modise (1983199) [2001] ZAFSHC 2; 2001 (4) SA 1071 (O) (15 February 2001)

SAFLII
Note:
This
case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta
retains copyright as far as it subsists.
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
In
die saak tussen:
DISTILLERS
CORPORATION
LTD
APPELLANT
v
MODISE
RESPONDENT
Parallel
citation: 2001 (4) sa 1071 (O)
Coram:
van
Coppehagen R
Heard:
February 7, 2001
Judgment:
February 15, 2001
UITSPRAAK
Case
Information
Siviele
verhoor van 'n aksie gebaseer op 'n borgakte. Die feite blyk uit die
uitspraak.
P
J Jooste namens die eiser.
C
J Horn namens die verweerder.
Cur
adv vult.
Postea
(Februarie 15).
Judgment
Van
Coppenhagen R:
[1]
In sy dagvaarding beweer eiser dat aan die besigheid 'Tlokweng Liquor
Store' gedurende die periode Julie 1997 tot April 1998
goedere ten
bedrae van R196 062,82 gelewer en verkoop was. Dit word voorts beweer
dat hierdie bedrag verskuldig en betaalbaar is.
Dit word dan ook in
die dagvaarding beweer dat verweerder homself in 'n skriftelike akte
as borg en mede-hoofskuldenaar in solidum
ten aansien van die
verskuldigheid deur die hoofskuldenaar, gemelde 'Tlokweng Liquor
Store' verbind het.
[2]
Met die aanvang van die verhoor het die partye 'n skriftelike
uiteensetting van die feite waarop ooreengekom was, soos bedoel
in
Reël 33(1) en (2), opgehandig. Die skriftelike uiteensetting
lees as volg:
'Gestelde saak in
terme van Reël 33(4)
Die partye stem hiermee
ooreen om bogemelde saak voor te lê aan bogemelde agbare Hof
vir beregting as 'n gestelde saak. Vir
doeleindes van sodanige
beregting kom die partye op die volgende feite ooreen.
Erkennings
1. Dat die verweerder op
28 September 1965 te Standerton wettiglik getroud is met Maria
Madiketseng Mofokeng. 'n Afskrif van die
huweliksertifikaat hierby
aangeheg as aanhangsel A.
2. Dat sodanige huwelik
binne gemeenskap van goedere en wins en verlies was soos beoog in art
22(6) van die Swart Administrasie
Wet 38 van 1927.
3. Dat die verweerder op
6 November 1997 en te Wadeville, Germiston 'n akte van
sekerheidstelling hierby aangeheg as aanhangsel
B onderteken het.
4. Dat die verweerder die
gemelde akte van sekerheidstelling deurgelees het voor ondertekening
daarvan.
5. Dat die verweerder nie
op enige wyse mislei is deur die eiser ten aansien van die bogemelde
akte van sekerheidstelling.
6. Dat aanhangsel B deur
die eiser se verteenwoordigers voltooi is, onder andere na aanleiding
van vrae wat deur eiser se verteenwoordigers
gestel is aan
verweerder.
7. Dat op geen relevante
stadium van die ondertekening van bogemelde akte van
sekerheidstelling die verweerder se gade skrifte
2001
(4) SA p1074
VAN
COPPENHAGEN R
like toestemming verleen
het soos vereis deur art 15(2)(h) en 15(5) van die Wet op
Huweliksgoedere 88 van 1984.
8. Op geen stadium tydens
die voltooiing en ondertekening van aanhangsel B het die verweerder
se huwelikstatus en bedeling ter sprake
gekom nie.
9. Dat die verweerder,
wat 'n boer is, gemelde borgstelling nie in die gewone loop van sy
beroep, bedryf of besigheid onderteken
het nie.
10. Dat verweerder erken
dat die sertifikaat van verskuldigheid hierby aangeheg as aanhangsel
C afdoende bewys van die skuld bedrag
van die verweerder daarstel.
11. Dat verweerder se
aanspreeklikheid in terme van aanhangsel A beperk is tot die bedrag
van R200 000.
Submissies namens
eiser
12. Dit is die eiser se
submissies dat gegewe die teenwoordigheid van die onderstaande
klousule in bogemelde aanhangsel B naamlik:
''Ek/ons verklaar hiermee
dat die waarborgakte deur myself/onsself voltooi is of in ons
teenwoordigheid voltooi is, en dat ek/ons
regtens bevoeg is om dit te
verly'',
die verweerder aan die
eiser voorgehou het dat hy wel die nodige toestemming kragtens art
15(2)(h) van die Huweliksgoedere Wet gehad
het of dat dusdanige
toestemming nie nodig sou gewees het nie. Derhalwe dat die eiser nie
redelikbewys kon geweet het dat die borgtransaksie
aangegaan word
teenstrydig met die bepalings van gemelde art 15(2)(h) nie. Verder
derhalwe, dus dat die transaksie geag behoort
te word aangegaan te
gewees het soos bepaal in art 15(9)(a) van gemelde Wet.
Submissies namens
verweerder
13.1 Dit is die
verweerder se submissie dat ondanks die bestaan van bogemelde
klousule daar 'n regsplig op eisers se verteenwoordigers
was om
navrae te rig aan verweerder ten aansien van verweerder se
huweliksgoedere status en bedeling en/of verweerder oor die nodige

skriftelike toestemming van sy gade beskik het.
13.2 Dit is verweerder se
verdere submissie dat eiser se verteenwoordiger nalatig was deur die
nie-nakoming van voormelde regsplig,
dat eiser gevolglik nie geregtig
is op die beskerming van art 15(9)(a) nie. Derhalwe geld art 15(2)(h)
en 15(5) gebiedend en is
die borgstelling ongeldig.
Regsvraag
Of bogemelde aangehaalde
klousule van aanhangsel A, gelees met bogenoemde ooreengekome feite
en die aanhangsels daartoe, art 15(9)(a)
van die Huweliksgoedere Wet
van toepassing maak?'
[3]
Artikel 15(2)(h) van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984, bepaal
ten aansien van gades in 'n huwelik in gemeenskap van goedere:
'15(2) So 'n gade mag nie
sonder die skriftelike toestemming van die ander gade
2001
(4) SA p1075
VAN
COPPENHAGEN R
. . .
(h) hom as borg verbind
nie.'
Indien
'n gade getroud in gemeenskap van goedere dus wel sonder die
skriftelike toestemming van sy of haar gade borgstelling sou
gee is
daardie borgstelling volgens sommiges nietig (vgl Amalgamated Bank of
South Africa Bpk v Lydenburg Passasiersdienste BK
en Andere
1995 (3)
SA 314
(T)) of vernietigbaar (vgl Bopape and Another v Moloto
2000
(1) SA 383
(T) te 387 - 8).
[4]
Namens eiser was daar dan ook toegegee dat die borgstelling in casu
weens die gebrek aan skriftelike toestemming deur verweerder
se gade,
as dit nie vir die bepalings van artikel 15(9)(a) van die Wet op
Huweliksgoedere was nie, onafdwingbaar sou wees. Gemelde
subartikel
bepaal as volg:
'15(9)(a) Wanneer 'n gade
in stryd met die bepalings van subart (2) of (3) van hierdie artikel,
of 'n bevel kragtens art 16(2),
'n transaksie met 'n persoon aangaan
en -
(a) dié persoon
nie weet en redelikerwys kan weet dat die transaksie in stryd met
daardie bepalings of bevel aangegaan word
nie, word daar geag dat die
betrokke transaksie aangegaan is met die toestemming wat ingevolge
genoemde subart (2) of (3) vereis
word, of terwyl die betrokke
bevoegdheid van die gade nie opgeskort was nie, na gelang van die
geval. . . .'
Namens
eiser was aanvaar dat om suksesvol die effek en impak van art
15(2)(h) van die Wet op Huweliksgoedere met beroep op art 15(9)(a)

van die Wet uit te skakel, eiser in casu moes bewys -
(a) dat eiser nie geweet
het, en
(b) dat eiser nie
redelikerwys kon weet
dat die borgstelling
sonder verweerder se gade se skriftelike toestemming aangegaan word
nie.
[5]
Eiser voer aan dat eiser uit eie kennis nie bewus was van verweerder
se huwelikstatus en gevolglike huweliksgoedere bedeling
nie. Hierdie
stelling is sonder meer deur verweerder aanvaar.
In
art 15(9)(a) van die Wet op Huweliksgoedere word ook geverg dat 'n
skuldeiser moet bewys dat kennis aangaande die huwelikstatus
en
gevolglike huweliksgoedere bedeling van 'n borg nie 'redelikerwys'
aan die skuldeiser toegelig kan word nie (Engelse teks: 'cannot

reasonably know').
Die
woord 'redelikerwys', is aanduidend dat as toetssteen by die
toegedigte kennis 'redelikheid' geverg word, 'n toets is wat
objektief
is (vgl Herbert Porter & Co Ltd and Another v
Johannesburg Stock Exchange
1974 (4) SA 781
(W) te 790). Implisiet in
die begrip redelikheid is dat die aangeleentheid oorweeg moet word
soos wat die redelike man dit sal
doen en dan tot die gevolgtrekking
te kom waartoe die redelike man sou geraak het. (Vgl Vanderbijlpark
Health Committee and Others
v Wilson and Others
1950 (1) SA 447
(A)
te 458.)
Wie
en wat die mitiese redelike man is, was al dikwels die onderwerp van
bespreking. In Minister van Vervoer v Bekker
1975 (3) SA 128
(O) te
132G - 133C verduidelik M T Steyn R, soos hy toe nog was:
'Alhoewel die ''redelike
man'' al beskryf is as synde
2001
(4) SA p1076
VAN
COPPENHAGEN R
''. . . the embodiment of
all the qualities which we demand in a good citizen, a device whereby
to measure the . . . conduct (in
question) by reference to community
valuations'',
sien Hunt SA Criminal Law
and Procedure, band II, bl 375 - 6, het die beroemde Toon van den
Heever AR, in Herschel v Mrupe
1954 (3) SA 464
(A) op 490F, gesê:
''The concept of the
bonus paterfamilias is not that of a timorous faintheart always in
trepidation lest he or others suffer some
injury; on the contrary, he
ventures out into the world, engages in affairs and takes reasonable
chances. He takes reasonable precautions
to protect his person and
property and expects others to do likewise.''
Alhoewel die ''redelike
man'' 'n denkbeeldige regskonsep is bly hy steeds 'n mens en moet sy
gedrag gemeet word aan die beperkings
wat die menslike aard en natuur
daarop plaas. Van der Merwe en Olivier (op cit), beskryf hom derhalwe
tereg op 117 soos volg:
''Die 'redelike man' wie
se gedrag as toets gestel word, is nie 'n buitengewoon begaafde,
versigtige of ontwikkelde persoon nie,
ook nie 'n onontwikkelde
onversigtige mens nie; maar beklee hoedanighede wat iewers tussen
hierdie twee uiterstes val.''
. . .
Daar moet derhalwe steeds
gewaak word dat die vermoëns van die redelike man nie te hoog
aangeslaan word nie en dat die betrokke
gedrag, oor die redelikheid
al dan nie waarvan daar beslis moet word, nie aan 'n te hoë
standaard gemeet word nie. Harcourt
R het in Broom and Another v The
Administrator, Natal
1966 (3) SA 505
(D) op 516F - G die volgende
hieromtrent gesê:
''One striking caution in
this regard is contained in a criticism of an otherwise eminent
English Judge was extremely strict in
regard to the issues of
negligence and contributory negligence, and of whom it was said that
he required of litigants the foresight
of a Hebrew prophet and the
agility of an acrobat. Care must be taken to avoid excessive demands
upon the concept of the reasonably
prudent man.'' '
[6]
Advokaat Horn, namens verweerder, het aanvaar en toegegee dat die
sinsnede 'ek regtens bevoeg is om dit te verly' in die borgakte
as 'n
kwessie van interpretasie wyd genoeg is om te beteken en in te sluit
dat verweerder daardeur konstateer dat hy nie kragtens
die bepalings
van art 15(2)(a) van die Wet op Huweliksgoedere ongemagtig is om die
borgakte te verly nie; anders gestel, ook dat
sou hy getroud wees in
gemeenskap van goedere hy wel die skriftelike toestemming van sy gade
om die borgakte te verly, het.
[7]
Namens verweerder is egter aangevoer dat die redelike man in die
posisie van eiser kennis kon opdoen en moes opdoen, ergo dat
op eiser
'n regsplig gerus het, om nie net met verweerder se verklaring van
bevoegdheid in die borgakte tevrede te wees nie maar
om verdere en
ekstensiewe ondersoek te doen.
Steun
vir verweerder se argument is te vinde by Schäfer Family Law
Service sv 'Matrimonial Property' vol 1 B29 wat as algemene
stelling
die volgende voorhou:
'In the last instance,
however, a customer could still fraudulently claim to be unmarried.
In this case the shopkeeper would be
unprotected if he merely relied
on the uncorroborated assertion of the customer.'
Geen
gesag direk op die punt word deur die skrywer aangehaal vir die
2001
(4) SA p1077
VAN
COPPENHAGEN R
stelling
nie. Ek kon ook geen gesag direk op die punt vind nie, en die
advokate het my ook die versekering gegee dat hulle geen
sodanige
gesag kon vind nie.
Schäfer
supra verwys wel by wyse van analogie na Du Toit v Du Toit
1985 (3)
SA 1007
(T) te 1009F - J.
In
die Du Toit-saak supra het Van Dijkhorst R die impak van art 17(4)
van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984 bespreek. Gemelde

subartikel bepaal as volg:
'17(4) 'n Aansoek om
oorgawe van 'n gemeenskaplike boedel moet deur albei gades gedoen
word en 'n aansoek om die sekwestrasie van
'n gemeenskaplike boedel
moet teen albei gades gedoen word.'
Artikel
17(4) van die Wet op Huweliksgoedere het slegs die sitasie van
partye, weens die afskaffing van die maritale mag, wat gevolg
moet
word by die sekwestrasie van persone getroud in gemeenskap van
goedere in lyn gebring met die geldende reg. (Vgl De Wet NO
v Jurgens
1970 (3) SA 38
(A) te 48A - B.)
Hoe
dit ookal sy, Van Dijkhorst R was skynbaar tevrede dat 'n applikant
in sekwestrasie verrigtinge hom, wat die sitasie van die
partye en
spesifiek wat hulle huwelikstatus en huweliksgoedere bedeling betref,
kan beroep op die respondent se mededelings self
en daarop kan
staatmaak (Du Toit-saak supra te 1009C - D).
Die
Du Toit-saak supra is dus geen steun vir die algemene stelling soos
deur Schäfer (aw supra) voorgehou nie. Trouens die
teendeel is
eerder waar.
[8]
Gegewe die konklusie dat oorweeg moet word of die redelike man in die
posisie van eiser 'kan weet' wat verweerder se huwelikstatus
en
gevolglike huweliksgoedere bedeling is, is verweerder se konstatering
dat hy wel met die bevoegdheid beklee is om die borgakte
te verly na
my mening deurslaggewend.
In
die onderhawige geval het verweerder na deurlees van die borgakte
sonder navrae ter opheldering aangaande die gewraakte klousule
sy
handtekening daarop aangebring. Die redelike man in die posisie van
die skuldeiser sou kon aanvaar dat verweerder bewus was
van die
implikasies van sy verklaring aangaande sy bevoegdheid om die
dokument te verly en sou myns insiens daarop kon staatmaak
as 'n
feitelike korrekte posisie.
[9]
Dit volg dat die voorbehoude vraag ten gunste van eiser uitgewys moet
word.
My
beslissing en bevinding is dus dat die klousule in die borgakte wat
lees:
'Ek/ons verklaar hiermee
dat die waarborgakte deur myself/onsself voltooi is of in ons
teenwoordigheid voltooi is en dat ek/ons
regtens bevoeg is om dit te
verly',
in
die omstandighede van hierdie saak tot gevolg het dat ingevolge art
15(9)(a) van die Wet op Huweliksgoedere 88 van 1984, geag
word dat
die betrokke transaksie aangegaan is met die skriftelike toestemming
van verweerder se gade.
Verlof
word aan die partye verleen om hierdie Hof te nader vir bevele ten
aansien van die koste asook wat mag voortspruit uit voormelde

bevinding.
Eiser
se Prokureurs: Symington & De Kok. Verweerder se Prokureurs:
Webbers.
SAFLII
Note:
This
case was originally published by Juta and Company (Pty) Ltd. Juta
retains copyright as far as it subsists.