About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2000
>>
[2000] ZAWCHC 3
|
|
S v Hempe (SS167/2000) [2000] ZAWCHC 3 (29 November 2000)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(WES-KAAP
HOE HOF, KAAPSTAD)
SAAKNOMMER: SS167/2000
DATUM: 29
NOVEMBER 2000
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
JEREMY
HEMPE
V
O N N I S
MOOSA.
R:
Beskuldigde
dit is nou die taak van die Hof om vonnis op te le. U is skuldig
bevind in die Streekhof op Y» aanklagte van verkragting.
Die
verrigtinge in die Streekhof was gestaak ingevolge artikel 52(1) van
Wet 105 van 1997 (minimum vonniswet). Na die deurlees
van die
oorkonde van die verrigtinge in die Streekhof en na aanhoor van
vertoe deur die staat en die verdediging, was ek tevrede
met die
skuldigbevinding in die Streekhof en het die skuldigbevinding
gevolglik bekragtig.
Die
staat, nog die verdediging, het enige getuienis ten opsigte van
vonnis aangebied. Beide het by monde van hul advokate ex parte
submissies voorgehou. By ooreenkoms tussen die staat en die
verdediging, is 'n maatskaplike verslag, ingevolge artikel 220 van
die Strafproseswet ingehandig. Hierdie verslag het betrekking op die
uitwerking van die verkragting op die slagoffer. Die staat
het ook
vorm SAP 69 ingehandig wat die rekord van die beskuldigde se vorige
veroordelings bevat. Die beskuldigde het dit bevestig.
Die
Wet op Minimum Vonnisse is van toepassing in hierdie saak vanwee die
feit dat die slagoffer 'n kind is onder die ouderdom van
16 jaar. Die
Wet verplig die hof om lewenslange gevangenisstraf op te le tensy die
hof kan bevind dat daar wesenlike en dwingende
omstandighede aanwesig
is wat die oplegging van 'n mindere vonnis regverdig.
Die
benadering wat hierdie hof gaan volg om vas te stel of daar wel in u
saak wesenlike en dwingende omstandighede aanwesig is,
is om die
kumulatiewe effek van die versagtende, sowel as die verswarende
omstandighede te betrag. Indien die uitwerking daarvan
die hof dwing
om tot die gevolgtrekking te kom dat lewenslange gevangenisstraf so
onbillik en onwenslik sal wees dat geen redelike
hof so 'n vonnis sal
ople nie, dan sal daar wel wesenlike en dwingende omstandighede
aanwesig wees. Die hof gaan nou voort om die
omstandighede in hierdie
saak te oorweeg om vas te stel of lewenslange gevangenisstraf in u
geval geregverdig is al dan nie.
Die
hof neem in ag die volgende versagtende omstandighede wat deur u
advokaat voorgehou is:
1.
Die persoonlike omstandighede: U is 42 jaar oud. U het tot st.5
gevorder op skool en daarna het u aandskool bygewoon waar u st.
8
behaal het.
2.
Die familiebande: U is getroud en het drie kinders. Hulle ouderdomme
is 17 jaar, 12 jaar en een jaar onderskeidelik. U het nie
u vader
geken nie en u moeder is al 'n geruime tyd oorlede.
3.
Werksomstandighede! U het los werk gedoen by Flora & Flora en by
privaat booteienaars. U het in 1993 vaste werk gehad by
Atlantic
Fishing, maar die werk het u verloor as gevolg van Vi kriminele
oortreding wat u destyds begaan het.
4.
U ly aan 'n sielkundige probleem wat u opgedoen het as gevolg van die
feit dat u self verkrag was as 'n kind. U het geen berading
of
behandeling in die gevangenis ontvang vir daardie probleem nie.
5.
U het skuldig gepleit in die Streekhof, alhoewel die hof op 'n
tegniese punt Yi pleit van onskuldig genotuleer het. Die hof kan
aanvaar dat u tot 'n mate berou getoon het vir die daad wat u gepleeg
het.
6.
Die Streekhof het bevind dat daar nie voile penetrasie was nie en die
Streeklanddros het die volgende opmerking in sy uitspraak
gemaak:
"Dit
is ook versoenbaar dat daar nie voile penetrasie was in die lig van
die beserings wat daar was nie. Ek sou verwag het,
myns insiens,
indien die beskuldigde voile penetrasie sou veroorsaak het, dat daar
wel veel meer ernstige beserings by die klaagster
se privaatdeel sou
wees. Die dokter beskryf nie ernstige beserings by haar privaatdeel
nie.
7.
In hierdie opsig moet ek net meld dat die feit dat daar nie voile
penetrasie was nie, is nie aan u te danke nie, dit kan toegeskryf
word aan die feit dat vanwee die klaagster se tengerjare, haar
geslagsorgane nie ten voile ontwikkel is nie, wat penetrasie nie
moontlik maak nie. U advokaat het die hof daarop attent gemaak dat
geen geweld is gebruik nie. Sy het aangevoer dat dit deel uitmaak
van
wesenlike en dwingende omstandighede. Dit moet nietemin beklemtoon
word dat u wel krag gebruik het om u doel te bereik. Dit
word
bevestig deur die getuienis van die distriksgeneesheer."
8.
Volgens die maatskaplike verslag is daar op hierdie stadium geen
aanduiding dat die klaagster wel geestelike letsels opgedoen
het nie.
Hy het dit wel gekwalifiseer deur te se dat dit wel in die toekoms
moontlik kan ontstaan. Met betrekking tot liggaamlike
letsels het die
dokter getuig dat sy twee skeure aan haar maagdevlies en een
skeurwond op haar lipvlies opgedoen het as
gevolg van hierdie
verkragting.
Die
versagtende omstandighede waarna ek verwys het, moet vergelyk word en
in die weegskaal geplaas word met die volgende verswarende
omstandighede:
9.
Die klaagster was drie jaar oud tydens die voorval. Sy het buite die
huis gespeel toe sy deur u gekonfronteer was en in u huis
geneem is
waar u haar verkrag het. Sy was 'n weerlose dogtertjie. U was in 'n
vertrouensposisie teenoor haar. Die familie van die
klaagster het vir
die maatskaplike werker gese dat u was hulle buurman, wat op 'n
sosiale vlak met hulle verkeer het, en u het
ook kontak gehad met
ander kinders in die gemeenskap.
10.
Die voorval was vir die klein dogtertjie 'n skokkende en traumatiese
ervaring. Sy het nagmerries beleef. Die maatskaplike werker
het
aanbeveel dat die kind die nodige berading ontvang om die trauma te
verwerk.
11.
Die feit dat u as kind mishandel en verkrag was as gevolg waarvan u
'n wrok koester, is geen regverdiging om 'n jong meisiekind
leed aan
te doen nie. In die eerste plek het sy niks uit te waai met u
probleem nie. In die tweede plek is sy 'n onskuldige slagoffer.
Dit
was u plig om hulp te gaan soek vir u probleem en nie ander leed aan
te doen nie.
12.
As ons kyk na u rekord van vorige veroordelings, het u begin bots met
die gereg in 1977. U het kennis gemaak met die tronk in
1979 toe u
gevangenisstraf van agt maande opgele was vir huisbraak en diefstal.
Kort na u vrygelaat was van die gevangenis, word
u skuldig bevind aan
sodomie wat u gepleeg het op 'n 12-jarige seun. U was h opgeskorte
vonnis van ses maande opgele, maar wat
wel van belang is, is die
voorwaardes van die opskorting. Die vonnis was opgeskort vir 'n
tydperk van vyf jaar op voorwaarde
dat u nie weer u skuldig maak aan
verkragting, sodomie of misdrywe van ontug met seuns of meisies onder
die voorgeskrewe ouderdomme
nie.
13.
Daardie hof het aan u 'n duidelike boodskap gestuur. Die boodskap was
om u te weerhou van die misdrywe genoem in die voorwaardes
van
opskorting. Blykbaar het dit u nie afgeskrik nie. U verskyn vandag
weer eens in hierdie hof waar u skuldig bevind was van Vi
soortgelyk
misdryf wat in die voorwaardes van die opskorting in daardie saak
genoem was. Omtrent ses maande na u skuldig bevind
was aan sodomie,
word u skuldig bevind aan aanranding met die opset om ernstig te
beseer. Gevangenisstraf van vyf maande was opgele.
Wat van belang is,
is dat daardie oortreding 'n geweldsmisdaad is. In 1993 word u weer
eens skuldig bevind op h aanklagte van sodomie
en u word gevonnis tot
vier jaar gevangenisstraf. U is vrygelaat op parool op 5 Januarie
1996.
14.
U het twee vorige veroordelings vir sodomie, 'n opgeskorte vonnis en
'n tronkstraf het u nie daarvan weerhou om weer 'n soortgelyke
misdaad, naamlik verkragting op 'n dogtertjie te pleeg nie. U is
nie net 'n gevaar vir die samelewing nie, maar u is ook Yi
gevaar vir
jong seuns en dogters.
15.
Die misdaad waaraan u skuldig bevind is, word as uiters ernstig
beskou. Ons gemeenskap word daagliks deur Yi vlaag van gewelds-
en
geslagsmisdade geteister. Die gemeenskap kom al hoe meer in opstand
teen gewelds-en geslagsmisdade waar vrouens en kinders die
slagoffers
is. Ons gemeenskap eis dat kinders deur die howe beskerm moet word en
verlang dat howe swaar strawwe moet ople sodat
geweldsmisdade, wat
verkragting insluit, voorkom en bekamp word. Dit is vir hierdie rede
dat ons wetgewer die Wet op Minimum Vonnisse
op die wetboek geplaas
het.
Mnr
Hempe, ek het die omstandighede in hierdie saak baie noukeurig
nagegaan om te sien of daar wel wesenlike en dwingende omstandighede
aanwesig is al dan nie. Ek het ook gekyk na die oogmerke en beginsels
van strafoplegging. Ek het dit opgeweeg met die doel en strekking
van
die Wet op Minimum Vonnisse. In die lig van al die omstandighede, kan
ek nie tot die gevolgtrekking kom dat daar wel wesenlike
en dwingende
omstandighede aanwesig is nie. Ek is dus verplig om lewenslange
gevangenisstraf op te le. Ingevolge artikel 51(1)
van wet 105 van
1997 word u tot
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
gevonnis.
Die
hof sal aan die korrektiewe dienste aanbeveel dat u psigiatriese
behandeling en berading ontvang vir die sielkundige probleme
wat u
aan hierdie hof openbaar het. Ek hoop dit sal bydra tot u
rehabilitasie.
MOOSA,
R