About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 52
|
|
S v Rapitsi (486/1986) [1987] ZASCA 52 (25 May 1987)
LL
Saak No 486/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JOHN RAPITSI
en
DIE STAAT
Appellant
Respondent
CORAM:
HEFER, VIVIER ARR et STEYN WN AR
VERHOORDATUM:8 MEI 1987
LEWERINGS
DATUM
: 25 MEI I987
UITSPRAAK
WN AR
2.
STEYN WN AR
:
Appellant is in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling deur LE GRANGE R en
twee assessore skuldig be= vind aan roof met verswarende
omstandighede en.aan
moord.Hy het onskuldig gepleit aan moord maar skuldig aan die roof. Op die
roofklag is appellant gevonnis tot
15 jaar gevangenisstraf en op dié van
moord is hy ter dood veroordeel.Die meerderheid van die ver= hoorhof het bevind
dat
daar geen versagtende omstandig= hede was nie. Hierdie appèl gaan
slegs oor daardie bevinding en gevolglik ook oor die doodvonnis.
Die roof en moord is gepleeg tussen 10 en 11 vm op 25 November 1985 op die
sypaadjie voor Parkweg 14, Fordsburg.Appellant en drie
ander was daarby betrokke
maar in hierdie saak was hy die enigste beskuldigde. Ap= pellant se drie direk
betrokke genote was Tisa
(of "Tea= ser"), Fusi en Kaizer. Geeneen van hulle het
by die ver= hoor getuig nie.Tydens die voorval was Fusi met 'n rewolwer
/bewapen ...
3
gewapen en die ander drie met messe of dolke, en is die
oorledene, in lewe die 49-jarige Essop Laher, beroof van tjeks en ongeveer
R9
000 in kontant en deur Fusi doodgeskiet.
Die oorledene was werksaam by
Universal Fabrics, 'n groothandelsaak te Mintweg 57, Fordsburg, wat aan sy neef
behoort het. Een van
sy pligte was om die onder= neming se ontvangste sowel as
dié van 'n verwante saak, Fashion Trend (Pty) Ltd, te bank. Hy is
beroof
en vermoor terwyl hy van Universal Fabrics op pad was na sy motorkar wat in
Parkweg geparkeer was. Die ontvangste was tesame
met verskeie depositoboeke in
'n briewetas wat hy gedra het. In die loop van die roof is hy met ge= weld
daarvan- ontneem.
Kort voor die roof is appellant deur 'n staats= getuie,
Yunus Hassen, gewaar in die wagkamer by 'n sekere dr Mayet se spreekkamers
op
die hoek van Mint- en Park= weg. Hierdie spreekkamers is net oorkant die
straat
/van ...
4.
van Universal Fabrics en appellant het so gesit dat hy deur
een van die eenrigting vensters van die wagkamer 'n direkte uitsig gehad
het op
die voor-ingang van Uni= versal Fabrics.'n Ander Swart man het langs hom kom sit
en die twee het 'n fluistergesprek met mekaar
ge= voer. Appellant het twee keer
aan persone in die spreekkamer wat aan hom te kenne gegee het dat dit sy beurt
was om die dokter
te spreek, gesê dat hulle maar kan voortgaan omdat hy
aan't wagte was vir sy vrou. Een van daardie persone was Yunus Hassen
wat kort
daar= na by die dokter was toe alarm gemaak was oor die voor= val. Hy en die
geneesheer het hulle na die toneel gehaas.
Appellant en die persoon met wie hy
sit en praat het was toe nie meer in die wagkamer nie.Toe Hassen by hom kom was
die oorledene
reeds dood. Die foto's en sketsplan van die toneel en omliggende
area, wat tesame met die sleutel daarvan deur appellant erken is
en met sy
toestemming ingehandig is by die verhoor
/as ...
5.
as Bew D, toon dat oorledene op sy maag
gelê het in 'n bloedplas op die sypaadjie vlak voor die ingang tot Parkweg
14, 24 tree
vanaf die ingang van die spreek= kamers, 54 tree vanaf dié
van Universal Fabrics en 13 tree van waar sy motorkar gestaan het
aan dieselfde
kant van die straat.Dit is gemene saak dat die oorledene gedood is deur 'n skoot
wat hora bo in die linkerbors getref
het, kruit- en brandmerke rondorn die
ingangswond veroorsaak het, die linkerlong, aorta en vierde rugwerwel deurboor
het en die rugmurg
erg be= skadig het.Geen ooggetuie van die voorval het vir die
Staat getuig nie.
Na die voorval het die booswigte met die briewe= tas verdwyn en die geld is
nooit teruggevind nie.Maar appellant is op 12 Desember
1985 gearresteer deur
luit J.H. de Waal van die Brixtonse moord- en roofeenheid van die
Suid-Afrikaanse Polisie. Hy was die ondersoek=
beampte in die saak en is
ampshalwe 'n vredesbeampte.
/Op ...
6.
Op 13 Desember 1985 het appellant 'n
geskrewe
verklaring aan luit de Waal afgelê. Dit is 'n bekentenis op die roofklag
maar verontskuldigend t a v moord. Op 17 Desember
1985 het hy ingevolge art 119
van die Straf= proseswet in die Johannesburgse landdroshof skuldig gepleit aan
roof maar onskuldig
aan moord. Ten aan= sien van hierdie pleite het hy ook aan
die landdros verduidelikings gegee onderskeidelik ingevolge arts 112 (1)
(b) en
115 van gemelde wet. Tydens sy verhoor is die korrektheid van al hierdie
verklarings deur ap= pellant erken en met sy toestemming
ingehandig as be=
wysstukke, die verklaring aan luit de Waal as bew F en die notule van die art
119 verrigtinge as bew E. Ge= durende
die loop van die ondersoek het appellant
ook aan luit de Waal 'n vierkantige blikkie (bew (1)) gaan uitwys wat
deelsverbrande tjeks
en depositoboeke bevat het. Hulle was deur die boekhouer
van Universal Fabrics, ene Sukha, uitgeken as deel van die inhoud van
/oorledene...
7
oorledene se vermiste tas. Appellant het tydens die verhoor ook self
getuig, hoofsaaklik in ooreenstemming met sy voorafgaande verklarings.
Soos reeds gemeld is daar geen appèl teen die skuldigbevinding nie.Die
verhoorhof se bevindings wat daarop betrekking het moet
gevolglik aanvaar word
vir doeleindes van hierdie appèl.Die getuienis van Hassen, de Waal en
Sukha is aanvaar, maar in sy
uit= spraak het die geleerde regter beklemtoon dat
die Staat se saak feitlik uitsluitlik rus op appellant se eie verklarings. Hy
het hulle soos volg saamgevat.
"Dit dien geen doel om die inhoud van
BEWYSSTUKKE E. en F.
en die
relaas van die gebeure wat beskuldigde in sy getuienis ver= strek het,
afsonderlik hierin te behandel nie.Ek verstrek in plaas
daarvan 'n opsom= ming
van die belangrike aspekte van die be= skuldigde se relaas aandie hand van al
die betrokke bronne van die
getuienis wat deur beide partye in hierdie saak
aanvaar word.
1.In begin November 1985 het beskuldig-de en sy twee vriende Tisa en Fusi
inligting van ene Whitey ontvang oor die bewegings van
/Essop ...
8
Essop Laher wat by Universal Fabrics werksaam was. Dit is uiters
waarskynlik dat die 'tip= man' Whitey by laasgemelde sakeonderneming
ge= werk
het.Op 'n Woensdag het hierdie drie mans die toneel van die latere roof besoek
om 'seker te maak' dat 'die werk gedoen kon
word'. Hulle het toe 'n rooftog vir
die volgende Maandag be= plan.
2.Op daardie Maandag het beskuldigde, Tisa en
Fusi en ene Kaizer en Sixty (wat blyk= baar die motorvoertuig wat benodig was
sou bestuur
het) die toneel besoek. Volgens af= spraak sou Fusi en Kaizer Laher
met messe voor= lê of dreig en sou beskuldigde en Tisa
Laher 'vang',
terwyl Fusi en Kaizer Laher se sak met die geld buit. Die beplande roof het
egter misluk want dit het geblyk dat die
'mense raet meste ...' 'te ver
(was)'.
3.Na die mislukking van die eerste poging orn Laher te beroof het die
mans 'n latere rooftog beplan. Op die voorstel van Tisa het
beskuldigde ene
Valley ontbied wat oor 'n motor= voertuig en 'n vuurwapen beskik het.Blykbaar is
'n
verdere rooftog toe beplan wat Valley ook as 'n deelnemer sou
insluit.
4.Op die betrokke Maandag (dit was op 25 November 1985) het die
bende toegeslaan. Sixty het sy Datsun motor bakkie voor die per= seel
geparkeer,
maar blykbaar sou Valley hom as bestuurder vervang en sou Valley by die voertuig
bly terwyl die beskuldigde saam met Tisa
en Fusi en Kaizer Laher beroof.Daar
bestaan by my 'n mate van onsekerheid oor die presiese reëling wat betref
die bestuur van
die motorvoertuig
/en ....
9
en die presiese bewegings van Sixty en Valley ten tye van die rooftog. Valley
het 'n 'silwer vuurwapen' met'n swart handvatsel en
'n 'jungle' mes (blykbaar 'n
jagmes wat soos 'n dolk ver= vaardig is} beskikbaar gestel. Volgens reël=
ing sou beskuldigde die
spreekkamer van die dokter binnegaan waar hy Kaizer ook
sou ontmoet. Fusi en Tisa sou
'n
posisie voor Laher, dit wil sê
tussen hom en sy motor, inneem en dan sou beskuldigde en Raizer Laher van agter
nader.
5.Nadat die verskeie lede van die bende stelling ingeneem het, het
Whitey uit die per= seel van Universal Fabrics gekom en woorde
met Tisa
gewissel.Daarna het Laher by die uitgang sy verskyning gemaak met die briewetas
in sy hand.Beskuldigde en Kaizer het hom
gevolg. Beskuldigde was met 'n
Okapi-mes gewapen. Kaizer het 'n jungle-mes gehad, Tisa het ook 'n jungle-mes
gehad en Fusi het oor
die gelaaide vuurwapen beskik.
Op bladsy 4 van
BEWYSSTUK F
beskrywe die beskuldigde die aanval op
Laher as volg:
'Op daardie stadium, die oorledene wou by 'n ander huis ingaan. (Ek verwys na
die ingang van 'n huis wat op die sketsplan in
BEWYSSTUK C
as punt C
gemerk is en die foto. 2 in
BEWYSSTUK D
.) Hy wou die stoep van daardie
huis inklim. Tisa en Fusi het hom voorgekeer. Fusi het die vuurwapen na die
oorledene gerig iewers
by die bors. Kaizer het die briewetas gegryp.Die klaer
het geweier toe hoor ek die pistool.Die klaer het
geval.'
/6....
10.
6. Beskuldigde, Fusi en Kaizer het hulle toe na die geparkeerde bakkie van
Fusi gehaas; Tisa het blykbaar sy eie pad gekies, Die drie
mans het toe in Sixty
se voertuig geklim. Sixty het na die stad gery en naby die Johannesburgstasie
geparkeer. Daar het die rowers
in die eerste plek 'n rusie ge= had volgens die
beskuldigde, oor die feit dat Fusi die oorledene geskiet het. Toe het hulle
hulle
verdere bewegings bespreek en beplan. Op voorstel van beskuldigde het
hulle toe met 'n huurmotor na 'n huis of kamer in Mellville
ge= gaan waar
beskuldigde se broer blykbaar saam met 'n vrou gewoon het. Daar het die drie
rowers die buit gedeel. Fusi het die aandele
wat die 'tipman' Whitey, Tisa en
Valley sou toegekom het, ontvang.Beskuldigde het die vuurwapen en die briewetas
onder 'n matras
versteek. Die volgende dag het beskuldigde saam met Tisa, Valley
en laasgenoemde se broer Stocky weer die perseel in Mellville besoek.
Valley het
toe besit van die vuurwapen geneem. Beskuldigde vertel op bladsy 5 van
BEWYSSTUK F
:'Die patrone, daar was vyf en 'n doppie, was in 'n lap
toegedraai.Die vuurwapen was ook in daardie lap.'
Soos duidelik uit beskuldigde se getuienis blyk, was die betrokke vuurwapen
'n rewolwer. Op bladsy 3 van
BEWYSSTUK F
blyk dit dat die rewolwer met
die aanvang van die rooftog 'vol gelaai' was en dat Fusi dit sou hanteer want hy
was in 'n stofjas
geklee.Beskuldigde het ver= tel dat hy voor die roof gesien
het dat die rol van die rewolwer met patrone vol gelaai was.
Duidelik het beskuldigde 'n belangrike rol
/in...
11.
in die pleging van die roof gespeel. Hy het aan
die beplanning deelgeneem en aan die eerste mislukte poging toe die rowers nie
oor
'n vuurwapen beskik het nie en die geslaagde rooftog toe die oorledene
geskiet is. Dit is as gevolg van beskuldigde se telefoniese
op= roep aan Valley
dat laasgenoemde aan die roof= tog deelgeneem het en sy gelaaide vuurwapen tot
die beskikking van die bende gestel
het."
Op 'n stadium het appellant getuig dat hy oor= ledene se tas gegryp het maar
daarna het hy teruggegaan na sy vroeëre bewering
(in sy verklaring aan luit
de Waal) dat Kaizer dit gegryp het. Hy was egter nie so positief daaromtrent
tydens die verrigtinge in
die landdroshof nie. Daar het hy in sy verklaring aan=
gaande sy pleit van skuldig op die roofklag die volgende
gesê:
"Die twee van ons wat met raesse gewapen was, het van agter die persoon gekom
wat die geld bank toe neem. Die een met 'n mes en die
een met vuurwapen keer hom
van voor af. Die twee persone wat van voor af voorkeer nader die persoon eerste.
Die twee van ons wat
van agter kom het probeer die geld wat in 'n sak was te
vat. Die Indiërman met die sak weier en hou die sak styf vas. Terwyl
hy
/weier ...
12.
weier het die man met die vuurwapen 'n skoot gevuur."
Daar het appellant heel duidelik te kenne ge= gee nie alleen dat hy en die
"ander man" (d w s Kaizer) gesamentlik gepoog het om die
oorledene van sy tas te
ontneem nie maar ook dat oorledene geskiet is terwyl hy hom teen hulle verset
het.
In die loop van sy getuienis het appellant verder soos volg uitgewei oor
daardie verset en die noodlottige reaksie daarop.
"Wanneer (is) hy geskiet? Toe die oor=
ledene al bo-op die stoep was?--Hy was nog
nie met sy twee voete op die stoep gewees nie, hy het net een van sy voete op
die stoep gehad. Dit was toe Kaiser die tas gegryp het
en dat die oorledene
terug baklei het, toe gaan die skoot af.
O, ek verstaan. Ja wag nou 'n bietjie. Toe oorledene op die trappies klim,
begin klim? Ja.
Het Kaiser sy tas van hom probeer wegneem? Ja.
Die oorledene wou nie laat los nie?
Ja hy het omgedraai en na Kaiser se kant toe
/gekyk ...
13.
gekyk.
Ja, en hy het vasgehou? Ja.
En Kaiser het gerem aan die sak? Ja.
Toe skiet Fusi vir die oorledene? Die
laaste wat ek van hom gesien het was toe hy die vuurwapen op hom gerig het en
daarna toe hoor ek die skoot gaan af.
Is dit toe die eerste keer dat jy opmerk dat Fusi die vuurwapen op die
oorledene gerig
het? Ek het hom gesien toe Kaiser probeef
het om die tas weg te neem van die oorledene af.Toe sien ek dat Fusi die
vuurwapen op die oorledene gerig het.
Ja, hy het dit so gerig gehou vir 'n rukkie en toe geskiet of het hy
onmiddeliik geskiet? Hy het dit op hom so gerig vir 'n rukkie.
0 ek sien, en toe later geskiet? Ja."
Hierdie aangevulde relaas het vir appellant uiters gevaarlike implikasies op
die moordklag ingehou. Hy het dit probeer ontduik deur
te kenne te gee dat dit
nooit beplan was om iets meer te doen nie as om oorledene met wapenvertoon
só skrik te maak dat hy
die tas met geld sonder teenstand aan hulle sou
oorhandig en dat hulle be= sluit het om die aftog te blaas indien oorledene hom
teen
hulle sou verset. Hy het voorts beweer dat hy
/nie ...
14.
nie verwag het dat Fusi oorledene sou skiet nie,
dat hy dit nie voorsien het nie en hom nooit daarmee ver= eenselwig het nie.
Betreffende
die voorafgaande be= sluit om geen daadwerklike geweld te gebruik
nie het appellant egter 'n weersprekende relaas aan die landdros
gegee. Daar het
hy die volgende gesê (vraag en ant= woord):
"V. Wat sou gebeur het met betrekking tot
die wapens as die persoon sou weier om
die geld te oorhandig? A. Ek het gedink as die persoon sou weier
sou ek niks verder aan hom doen. Ek
sou loop.
V. Het julle dit bespreek? A. Nee. V. Het jy voorsien dat een van die
ander
dalk hulle wapens teen die slagoffer
kon gebruik? A. Nee. V. Waarom nie? A. Want alles het in 'n paar oomblikke
ge=
beur."
Hier is geen suggestie van 'n plan of besluit teen die gebruik van geweld
nie. As daar werklik so iets was is dit ondenkbaar dat appellant
ter
beantwoording
/van ...
15.
van sulke pertinente vrae nie melding daarvan
sou ge= maak het nie.
Die verhoorhof het klaarblyklik appellant se getuienis daaromtrent verwerp.
Die geleerde regter het o a die volgende daaroor gesê:
"In sy ondervraging op hierdie punt het beskuldigde getuig dat hy feitlik uit
die veld geslaan was toe die skoot afgaan. Hy het eers
nie besef dat dit Fusi
was wat die skoot afgevuur het nie, maar het gedink dat dit ander mense was wat
op die lede van sy groep skiet.
Hy het eers besef wat die werklike toedrag van
sake was toe hy oorledene sien val het.
Die beskuldigde het in sy getuienis toe= gegee dat hy geen poging aangewend
het om weg te hardloop toe hy gesien het dat die oorledene
weier om die tas te
los wat Kaizer wou afneem. Dit is ook duidelik uit sy getuienis dat hy
voortgegaan het om saam met sy maats van
dié toneel af te vlug en dat hy
later 'n
heel ak= tiewe rol gespeel het in hulle bewegings en optrede te
Mellville.
Wat die optrede van die beskuldigde voor, gedurende, en na die roof betref
kan ons geen ander afleiding maak as dat die beskuldigde
voorsien het dat hulle
slagoffer gedurende die uitvoering van hulle hoofoogmerk (dit wil sê die
roof) moontlik geskiet kon
word en derhalwe
/gedood ...
16.
gedood kon word. Beskuldigde het die gevolge wat so 'n
gewapende rooftog vir hom en sy mak= kers ingehou het terdeë besef, maar
hy
het 'n onverskillige houding daaroor ingeneem. Vanaf die oomblik dat hy besef
het dat 'n gelaaide vuurwapen ook by die tweede
roofpoging gebruik sou word tot
die afvuur van die noodlottige skoot, het beskuldigde genoeg geleentheid gehad
om hom van die beplande
roof te onttrek indien hy sou wou. En selfs daarna het
hy nie ge= huiwer om saam met sy groep te vlug nie, om sy deel van die buit
te
neem nie en om met die ander lede van sy groep saam te werk om die pleging van
die misdaad te verberg. Met die bevinding dat die
beskuldigde die dood van die
oorledene as 'n moontlikheid voorsien het - veral as hy sou weerstand bied en 'n
onverskillige houding
daaroor ingeslaan het, wil ons nie te kenne gee dat die
beskuldigde die dood van die oorledene verlang of begeer het nie; ons be=
vind
bloot dat hy dit as 'n moontlikheid voor= sien het ook al sou hy dit liewer wou
vermy het."
Hierdie bevindings t a v appellant se gemoeds= toestand is die grondslag van
sy skuldigbevinding aan moord. Hulle kan nie nou aangeveg
word nie en daar is na
my mening in elk geval geen fout daarmee te vinde
nie.
Appellant se gemoedstoestand is ook die kern-
/oorweging ...
17.
oorweging by die beantwoording van die vraag of daar versagtende
omstandighede is. Geen verdere feite ten aansien daarvan is na skuldigbevinding
voorgelê by wyse van getuienis of erkennings nie. Die aan- of afwesig=
heid van versagtende omstandighede in die onderhawige
geval moet gevolglik
bepaal word op die getuienis voor skuldigbevinding. En dit gaan hier hoofsaaklik
oor die vraag tot watter mate
appellant die moontlikheid van die oorledene se
dood besef het. Daarom is daar= die getuienis redelik breedvoerig hierbo
uiteengesit.
Die algemene oorwegings wat geld by so 'n ondersoek en die benadering wat
deur 'n Hof gevolg moet word in eerste instansie en op appèl
is
welbekend, en is soos volg saamgevat deur JOUBERT AR in
S v Mongesi en
Andere
1981 (3) S A 204
(A) op 207 C - 208:
"Die bewyslas om die bestaan van ver= sagtende omstandighede op 'n oorwig van
waar= skynlikhede vas te stel, rus op 'n beskuldigde.
Ten einde dit te kan doen,
moet daar 'n feite=
/basis ...
18.
basis vir die Verhoorhof wees waarvan die bestaan van die versagtende
omstandighede afgelei kan word. (
S v Ndlovu
1970 (1) S A 430
(A) te
433H.) 'n Versagtende om= standigheid is 'n baie wye begrip omdat dit dui op
'n
feit of omstandigheid, aanwesig by die pleeg van die moord, wat die
morele skuld, d i verwytbaarheid, van die beskuldigde ten opsigte
van die dood
van die oorledene ver= minder of minder laakbaar maak. (
S v Petrus
1969
(4) S A 85
(A) te 94
in fine
-95A.? Die benadering wat deur 'n Hof in 'n
bepaalde geval gevolg moet word by 'n ondersoek om die bestaan van versagtende
omstandighede
vas te stel, is deur hierdie Hof soos volg neergelê:
(1)
of daar omstandighede is
wat op die geestes= vermoëns of die gemoedstoestand van die beskul= digde
betrekking kon gehad het,
indien wel
(2)
of
sodanige omstandighede in die bepaalde geval die geestesvermoëns of
gemoedstoestand van die beskuldigde subjektief beinvloed
het,
en
(3)
of die subjektiewe beinvloeding van die
beskuldigde se geestesvermoëns of gemoedstoe= stand van so 'n aard was dat
die beskuldigde
se optrede ten opsigte van die dood van die oor= ledene volgens
die óbjektiewe oordeel van die Hof daardeur minder laakbaar
of verwytbaar
word. (
S v Babada
1964 (1) S A 26
(A) te
27H-28A;
S v Van der Berg
1968 (3) S A 250
(A) te 252 F-G.)
Dit is bekende reg dat 'dit in die eerste plek 'n Verhoorhof se taak is om
oor die bestaan al dan nie van versagtende omstandighede
te
/beslis ...
19.
beslis en dat die bevoegdheid van hierdie Hof om
'n Verhoorhof se bevinding dat daar nie ver= sagtende omstandighede is nie te
wysig
streng beperk is. Soos dit gestel is in
S v Bowers
1971 (4) S A 646
(A) te 649A:
'Hierdie Hof kan alleen ingryp en sy eie mening vir dié van die
Verhoorhof sub= stitueer indien die Verhoorhof 'n mistasting
of ander
onreëlmatigheid begaan het, of indien sy bevinding, in die lig van al die
getuienis beoordeel, van so 'n aard is dat
dit nie redelikerwyse daartoe gekom
kon gewees het nie.
Appellant se opset om te moor was dié by
moontlikheidsbewussyn -
dolus eventualis
. So 'n opsets= vorm kan in gepaste omstandighede die
morele verwytbaar= heid van die dader verminder en dus 'n versagtende om=
standigheid
wees. In die 4de uitgawe (1987) van Hiemstra se
Suid-Afrikaanse
Strafproses
word die volgende.bv daaroor gesê op 621:
"Wanneer die dader se gedagtegang is 'ek neem die risiko dat iemand gedood
kan word' kan dit die laakbaarheid van die daad verminder
of vermeerder na
gelang die moontlikheid van dood in die dader se eie oordeel kleiner of groter
was. Hoe groter die moontlikheid
van dood, hoe sterker sy opset."
/Dit ...
20
Dit sou in my oordeel egter verkeerd wees om by
so 'n geval die "wisselskaal metode" toe te pas en slegs met verwysing na die
graad
van voorsienbaarheid te besluit of versagtende omstandighede in 'n
bepaalde geval bestaan al dan nie. Dit is denkbaar dat selfs waar
die dood slegs
as 'n geringe moontlikheid voorsien is, dit nogtans in gepaste omstandighede nie
'n versagtende omstandigheid sal
wees nie. JANSEN AR het, soos ek sy opmerkings
ver= staan, hierdie oorweging o m in gedagte gehad toe hy na aanleiding van
S
v Mienie
1978 (4) S A 560
(A) die vol= gende in sy aparte uitspraak
gesê.het in
S v Dladla en Andere
1980 (1) S A 1
(A) op 3 F-H:
"Die volgende is aldaar gesê:
'
Dolus eventualis
is 'n elastiese begrip, aan die een uiterste kan dit
grens aan nala= tigheid, veral
culpa lata
, en aan die ander kant aan
dolus directus
.'
Klaarblyklik word hier 'n gradasie volgens 'die graad van voorsienbaarheid'
bedoel. Dit is nie die
ex post facto
objektief bepaalde voorsienbaarheid
nie, maar die subjektiewe beskouing van die dader toe hy die handeling begaan
het, of hy die
moontlikheid as 'n vae
/of ...
21
of sterk moontlikheid beskou het. Verder moet
daarteen gewaak word om bloot volgens die posisie van die bepaalde geval op die
skaal
te bevind dat daar versagtende omstan= dighede (in die tegniese sin)
aanwesig is al dan nie. Dit sou wees om in die fout te verval
waarteen reeds in
S v De Bruyn en 'n Ander
1968 (4) SA 498
(A) te 505A-506A gewaar= sku is.
Die korrekte benadering is of in die bepaalde geval,
in die lig van al die
om= standighede
, die
afwesigheid
van oogmerk as 'n versagtende
omstandigheid aangemerk moet word, al dan nie."
In dieselfde trant is die volgende passasie in Du Toit:
Straf in
Suid-Afrika
op 30:
"Klaarblyklik sal die blote afwesigheid van
dolus directus
(en
derhalwe die blote aan= wesigheid van 'n ander verskyningsvorm van
dolus
soos byvoorbeeld
dolus eventualis
) nie tot 'n bevinding van
versagtende omstandighede kan lei nie. Die beskuldigde sal op die waarskynlik=
hede moet aantoon dat die
afwesigheid van
dolus directus
aanduidend is
van 'n gemoed, ten tyde van die moord wat met mindere verwyt bejëen kan
word."
Die graad van voorsienbaarheid kan egter wel ter sprake kom by die oorweging
van die bestaan al dan nie van
dolus eventualis
. Hierdie Hof het so
beslis in
/ S
v Ngubane
2l(a)
S v Ngubane
1985 (3) 677 (A). Op 685 D-G sê JANSEN AR die
volgende:
"The distinguishing feature of
dolus eventualis
is the volitional
component: the agent (the perpetrator) 'consents' to the consequence fore= seen
as a possibility, he 'reconciles
himself' to it, he 'takes it into the bargain'.
(Cf the Dutch authors cited in
S v Dladla en Andere
1980 (1) SA 1
(A) at
4B-G.) Our cases often speak of the agent being 'reckless' of that consequence,
but in this context it means consenting, reconciling
or taking into the bargain
(cf Snyman
Strafreg
at 168
,
cited in
S v Swanepoel
1983 (1)
SA 434
(A) at 456H) and not the 'recklessness' of the Anglo American systems nor
an aggravated degree of negligence. It is the particular,
subjec= tive,
volitional mental state in regard to the foreseen possibility which
characterises
dolus eventualis
and which is absent in
luxuria
.
In principle it should not matter in respect of
dolus eventualis
whether
the -agent foresees (subjectively) the possibility as strong or faint, as
probable or improbable (cf
S v De Bruyn
1968 (4) SA 498
(A) at 510),
provided his state of mind in regard to that possibility is 'consenting',
'reconciling' or 'taking into the bargain'.
However, the likelihood in
the
eyes of the agent
of the possibility eventuating must obviously have a
bearing on the question whether he did 'consent' to that
possibility.
/ By
22
By die ondersoek na die bestaan al dan nie van
versagtende omstandighede in die onderhawige geval het die "graad van
voorsienbaarheid"
pertinent ter sprake gekom. Die geleerde regter het in sy
uiteensetting van die meer= derheidsbeslissing dat daar geen versagtende
omstandig= hede was nie
,
o a die volgende gesê:
"Wat die graad (van) voorsienbaarheid vir die beskuldigde van die gebruik van
die wapens en die gevolge daarvan betref, bevind die
meerderheid van ons dat die
roof so beplan was dat die slag-offer hom tussen twee stelle gewapende rowers
moes vind, wat sou moes
optree indien die slag= offer óf vorentoe
óf terug wou vlug, of die tas nie wou afstaan nie, of weerstand wou bied.
Dit is wel waar dat die beskuldigde self hom nie geroepe gevind het om sy wapen
te gebruik nie en dat die gebruik van sy wapen deur
Fusi as 'n verrassing vir
die beskuldigde geskied het. Maar wat werklik hier ter sprake is, is die onver=
skillige houding wat die
beskuldigde ingeneem het wat betref sy eie optrede of
die van sy makkers indien hulle slagoffer op die wyse wat reeds beskrywe is,
sou
opgetree het."
Die minderheidsbeslissing het hy soos volg weergegee:
" Een van ons is van mening dat daar wel versagtende omstandighede bestaan
uit hoofde van die volgende: Gesien die eenparige bevind=
ing deur die lede van
die hof dat beskuldigde op die kritieke oomblik nie gedagtig was aan
/ die
23
die moontlike gebruik van die vuurwapen net voor die skoot afgegaan het nie
en dat dit dus as 'n verrassing vir hom geskied het, voel
die lid genoop om te
bevind dat die voorsien= baarheid van die dood van die oorledene klein en ver
verwyderd in die beskuldigde se
subjek= tiewe denke was. In dié mate,
gevolglik, behoort die bevinding van die bestaan van
dolus eventualis
in
hierdie geval wel versag= tend op die vonnis in te werk."
Op verskeie plekke in die uitspraak as geheel kom daar ook die volgende
passasies voor wat klaarblyklik eenparige bevindings van die
hof is:
"Die Hof bevind dat beskuldigde ten spyte van die rol wat hy in die roof
gespeel het, waarskynlik nie die leier van die rowers was
nie. Ook is dit nie
onwaarskynlik nie dat hy in 'n mate deur Tisa en die ouer lede van sy groep
beïnvloed was nie.
Ons verwerp natuurlik as vals die getuienis van die beskuldigde dat hy die
hasepad bo gebruik van sy wapen sou verkies het."
In die meerderheidsbeslissing is die "graad van voorsienbaarheid" nie
uitdruklik bepaal nie, maar dit is duidelik dat 'n meerderheid
van die hof
bevind het dat appellant nie die dood van die oorledene as slegs 'n
/geringe.....
24
geringe moontlikheid voorsien het nie, in weerwil
van hul oordeel "dat die gebruik van sy wapen deur Fusi as 'n verrassing vir die
beskuldigde geskied het" .
Na my mening het appellant nie daarin geslaag om te bewys dat daar enige
versagtende omstandighede in hierdie geval is nie, en die
meerderheidsbevinding
tot daardie effek is derhalwe korrek. In appellant se geval vorder die ondersoek
na die bestaan van versag=
tende omstandighede wel tot by die derde stadium ge =
noem in
S v Mongesi
,
supra
, maar dit is duidelik dat die
omstandighede (soos die afwesigheid van die direkte oogmerk en die feit dat
appellant nie die leier
van die roofbende was nie en moontlik tot 'n mate deur
die leier daarvan, Tisa, beïnvloed kon gewees het) wat denkbaar 'n
versagtende
werking
kon
gehad het, inderwaarheid nie die appellant se
morele verwytbaarheid verminder
het nie.
/ Appellant....
25.
Appellant het 'n belangrike en in sommige op=
sigte selfs 'n leidende rol gespeel in 'n deeglik beplande en doeltreffend
uitgevoerde
roof. Hy was lid van die verkenningsgroep wat die toneel vooraf
bespied het om die uitvoerbaarheid van die beoogde roof behoorlik
te bepaal. Dit
sou klaarblyklik tot sy wete 'n straat= roof wees wat helder oordag in 'n besige
gebied uitge= voer sou moes word
ten aansien van lede van die publiek -iets wat
uiters gevaarlik vir die rowers sou wees om te onderneem en wat derhalwe met die
grootste
moontlike spoed uitgevoer sou moes word. Weerstand deur die slagoffer
sou heelwaarskynlik vir die rowers rampspoe= dig wees en moes
gevolglik
heeltemal vermy of onmiddel= lik onderdruk word. Die slagoffer was tot appellant
se kennis 'n groot, stewig geboude persoon
en appellant het in sy getuienis
erken dat die rowers hom nie maklik sou kon oorrompel nie. Sy woorde was "Ons
kon hom nie maklik
oorrompel nie - soos ek hom gesien het hoe
/'n ...
26
'n persoon hy was..." Enige worsteling met hom
sou kosbare tyd verspil en die mislukking van die roof= aanslag en
inhegtenisname van
die rowers tot gevolg kon hê. Dit was derhalwe duidelik
dat die rowers gewapen moes wees om dié slagoffer onverwyld
deur vrees of
besering uit te skakel.Appellant het dit besef. Met die eerste abortiewe
roofpoging was hy en sy roofgenote met messe
gewapen.En vir die tweede aanslag
is 'n vuurwapen bygekry deur die direkte mee= doen van appellant. En hy het
geweet dat dit gelaai
was en gereed vir onmiddellike afvuur. Tot appellant se
wete sou die vuurwapen in die beplande roof gebruik word al was dit moontlik
net
deur die vertoon daarvan. Die verhoorhof het bevind dat appellant inderdaad
geweet het dat die vuurwapen moontlik gebruik sou
moes word om die slagoffer of
iemand wat hom te hulp sou snel te skiet, iets wat maklik die dood van die
teiken = persoon kon veroorsaak.Appellant
het egter sonder
/ enige
27
enige teenstribbeling aan die roof bly meedoen.
Verder maak sy optrede tydens die roof, soos deur homself be= skryf dit duidelik
dat
appellant die doodskiet van oor= ledene as 'n sterk moontlikheid te alle
relevante tye inder= daad voorsien het. Toe Kaizer (of appellant
self) gepoog
het om die tas van die oorledene te ontneem het oorledene hom heel effektief
teengesit en het hy die tas bly vas= hou.
Hierdie weerstand het moontlik vir
appellant verras, maar die uiter'ste gevaar daarvan vir die rowers moes vir hom
duidelik gewees
het. Op daardie spannings= volle tydstip sien appellant dat Fusi
die vuurwapen op oorledene rig, klaarblyklik sonder enige onmiddellike
effek
want oorledene het steeds aan sy tas bly vashou en Fusi het "vir 'n rukkie" die
vuurwapen op oorledene bly rig. Appellant het
toe duidelik besef dat Fusi
feitlik sekerlik die oorledene sou skiet. Maar appellant doen niks om dit te
voorkom nie en het hom nie
aan die aanslag onttrek nie. Dit was
/eers
28
eers toe die skoot afgaan en die oorledene val
dat Kaizer dit reggekry het om die tas te bekom, maar appellant toon geen skok
oor
die skoot nie en het daadwerklik met sy mededaders bly meedoen om met hul
buit van die toneel af weg te kom. Hy het geen teken getoon
van meegevoel met
die oorledene wat toe platgeskiet op die sypaadjie gelê het nie. Die
verhoorhof se bevinding dat appellant
verras was het waarskynlik verwys na die
taaiheid van die weerstand wat tot die situasie gelei het waarin die oorledene
ge= skiet
is. Die afvuur van die rewolwer was trouens toe die aangewese manier
om dadelik uit daardie moontlik onverwagte maar klaarblyklik
dodelik ge-vaarlike
situasie te ontkom. Appellant se optrede na die skoot getuig ook van geen
gemoedsvertroebeling by hom nie. Die
beweerde rusie met Fusi oor die skoot is
klaarblyklik op die merietestadium deur die
/ verhoorhof
29
verhoorhof verwerp, tereg na my mening, en
appellant se rol met die voorstel dat die buit te Melville ge= deel word en deur
die vuurwapen
te versteek en die tjeks en depositoboekies te verbrand, is alles
sterk aandui= dend van 'n afwesigheid van enige kommer of onsteltenis
oor die
lot van die oorledene en van 'n algehele ver= eenselwiging met die optrede van
sy makkers.
Dit is na my mening gevolglik duidelik dat appellant die dood van oorledene
minstens as 'n sterk moontlikheid voorsien het maar desnieteenstaande
gees=
driftig aan die roof deelgeneem het, heel onverskillig oor oorledene se lot. Die
wyse waarop appellant aan die beplanning en
deurvoer van die roof
meegédoen het skakel die moontlikheid van enige beinvloeding deur Tisa
uit. En die feit dat appellant
reeds 26 jaar oud was toe die roof gepleeg is,
verwyder insgelyks die aspek van onvolwassenheid uit die arena van
oorweging.
/ Uit
30
Uit hoofde van die bogaande is die feit dat
appellant se opset by die moord slegs dié was van
dolus eventualis
ook nie in die onderhawige geval 'n versagtende omstan= digheid nie.
Daar is derhalwe geen versagtende omstandig= hede
in
hierdie geval
teenwoordig nie en die verhoor= regter was verplig om appellant ter dood te
veroordeel.
Die appèl word van die hand gewys.
M.T.
STEYN
HEFER AR)
VIVIER AR) STEM SAAM