S v Cyster (A40/2002) [2003] ZAWCHC 83 (5 December 2003)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery — Housebreaking — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted of robbery, housebreaking with intent to rob, and extortion — Appellant contended trial court erred in finding him guilty on multiple counts, arguing it constituted double jeopardy — Court found insufficient evidence for housebreaking charge as no obstruction to entry was proven — Conviction for robbery upheld due to identification evidence, but sentences deemed excessive without consideration of cumulative effect — Appeal partially upheld, conviction for housebreaking set aside, but robbery conviction confirmed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 83
|

|

S v Cyster (A40/2002) [2003] ZAWCHC 83 (5 December 2003)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
A40/2002
DATUM
: 5
DESEMBER 2003
In
die saak tussen:
MARTIN
CYSTER
Appellant
en
DIE
ST A AT
Respondent
UiTSPRAAK
CLEAVER.
R
:
Die
appellant was as beskuldigde 2 in die Wynberg streekhof skuldig
bevind aan drie klagtes, naamlik
1. Roof
met verswarende omstandighede;
2. Huisbraak
met die opset om te roof en roof met verswarende omstandighede; en
3. Afpersing.
Die
appellant is tydens die verrigtinge deur 'n plaaslike prokureur
verteenwoordig.
Op
beide die roof en die huisbraak aanklagte is hy gevonnis tot 15 jaar
gevangenisstraf en op die klagte van afpersing is hy gevonnis
tot
tien jaar gevangenisstraf. Die Hof het gelas dat tien jaar van die
gevangenisstraf vir huisbraak met die vonnis op die roofklagte
sou
saamloop.
Hy
kom nou in hoer beroep teen beide die skuldigbevindings en die
vonnisse.
Namens
horn word aangevoer dat -
1. die
verhoorhof fouteer het om horn skuldig te bevind op aanklagte 1 en
2, aangesien dit neerkom op Vi verdubbeling van die
aanklagte;
2. die
verhoorhof fouteer het deur te bevind dat die Staat bo redelike
twyfel bewys het dat die appellant deelgeneem het aan die
roof; en
daar
nie genoegsame getuienis aangebied was om 'n skuldigbevinding op
die afpersingklagte te regverdig nie.
Wat
die vonnisse betref, word daar gesubmitteer dat die Hof fouteer het
om te bevind dat die bepalings van die minimum strafwetgewing,
synde
die algemene Strafwysigingswet, 105 van 1997, van toepassing is;
tweedens, dat die Hof fouteer het deur me te getas dat
die vonnisse
op aanklagte 1 en 2 in hul geheel samelopend uitgedien moes word nie
en, derdens, dat die Hof fouteer het om nie
die baie swaar
kumulatiewe effek van die vonnisse in ag te neem nie.
Die
agtergrond van die gebeure wat tot die skuldigbevindings gelei het,
is kortliks die volgende: Die klaer en sy vrou - dEt blyk
dat die
persone in hulle sestigerjare was - het op 30 September 1998 per
motor by hulle huis aangekom in Kenilworth. Die klaer
het daar in sy
motorhuis ingery en sy vrou was besig om uit die kar uit te klim,
toe hulle aangeval en oorrompel is,
Volgens
die klaer was daar vier of vyf persone betrokke. Die persone was
vermom en die klaer en sy vrou is vasgebind en blinddoeke
is
aangebring. Nadat vir die klaer gevra is vir sy sleutels, het die
persone teruggekom omdat hulle nie die sleutel suksesvol
kon gebruik
nie. in hierdie stadium, se die klaer, is die blinddoek effens van
sy gestg gelig en hy het toe vir hulle die sleutel
van die kluis
aangedui. Hy het egter vir die rowers, soos dit duidelik geblyk het
hulle was, aangedui dat daar geen geld in die
kluis was nie. Hulle
is toe weg en het inderdaad bevestig dat daar nfe geld was nie, maar
ander van die klaer en klaagster se
ander besittings is
geneem.
Gedurende hierdie tyd, wat die klaer se 'n hele rukkie
was, was die klaer en sy vrou nog steeds vasgebind en nog steeds met
die
blinddoeke oor hulle oe. Daar is toe gesprek gevoer met die
rowers en veral met een van hulle wat die klaer later as beskuldigde

1 geidentifiseer het.
Op
die ou end is die rowers weg omdat die klaer hulle blykbaar gepaai
het en onderneem het om 'n groot bedrag geld aan hulle te
betaal.
Dit sou hy dte volgende dag doen. Dit is nie nodig om die verdere
gebeure in verband met wat tussen beskuldigde 1 en
die klaer gebeur
het hier te herhaal nie.
Die
klaer se dat kort nadat die rowers weg is, die appellant te voorskyn
gekom het, hulle losgemaak het en vir hulle gese het
dat hy self
deur die rowers vasgebind was. Die appellant, dit is gemene saak
r
was daardie aand aan diens by die klaer se woning as 'n
sekuntertswag. Hy was ook die enigste persoon wat daardie aand aan

diens was. Die reeling was dat hy en die eerste beskuldigde in die
hof a
quo,
ook
1
n
sekuriteitswag, mekaar sou afgelos het.
Dft
is ook gemene saak dat
Yi
bedrag
van R49 000 by wyse van drie afsonderlike betalings uit die klaer se
bankrekening betaal is. Dit is ook gemene saak dat
die appellant
vanaf 4 November, dit wil se
r
n
bietjie meer as h maand na die gebeure en kort daarna op drie
gefeenthede geld uit sy rekening getrek het wat in totaal R10
000
beloop het, geld wat nie aan horn behoort het nie, en duidelik vanaf
die klaer afkomstig was.
Wat
die verdubbeling van die aanklagte betref, meen ek dat me
Riley
,
wat vir die Staat verskyn het, tereg toegegee het dat daar wel 'n
verdubbeling hier plaasgevind het. Die landdros het bevind
dat omdat
die rowers eers gepoog het om die kluis skoon te maak
r
hulle bedoeling moes gewees het om die misdaad van die roof ten
opsigte van die kluis te pleeg en toe hulle nie hiermee suksesvol

was nie, hulle besluit het om die klaagster se motor asook 'n
waardevolie horlosie van die klaer te neem. Die landdros het toe
tot
die gevolgtrekking gekom dat hierdie twee verskynsels van roof sover
van mekaar in tyd geskei was, dat hulle as afsonderlike
misdade
gesien kon word.
Ons
is deur beide advokate verwys na die toetse wat gebruik word om te
bepaal of daar 'n verdubbeling van aanklagte is. Dit is
ook aan die
landdros voorgehou en hy verwys in sy uitspraak na die saak van
S
v KUZWAYO
1960(1) SA 340 (A) en die volgende gedeelte daarvan te bladsy 344A:
"Na
my mening moet die sogenaamde toeise waarna die beslisslngs hierbo
aanhaal, verwys, nie as regsreel beskou word nie,
maar stegs as
nuttige praktiese hulpmiddels wat gebruik kan word om vas te stel of
daar wesentlik een misdaad gepleeg is
al
dan
nie. Dit volg dus dat by die toepassing van die reel 'n mens tot h
groot mate afhanklik is van die gesonde verstand en
billikheidsgevoel
van die hof."
Me
Smit
,
wat namens die appellant kragtens n kontrak met die Regshulpraad
verskyn, het aangevoer dat daar eintlik geen rede was om te
bevind
dat die rowers daar gegaan het slegs met die doel om die kluis by te
kom en toe dit nie geslaag het nie, besfuit het om
iets anders te
doen. Dit is duidelik dat die rowers gegaan het met die doel om die
mense te beroof en na my mening is daar nie
genoegsame getuienis om
hulle pogings tot roof, wat nou wel geslaag het
T
te onderskei nie. GevoJglik het daar wef h verdubbeling van die
aanklagte plaasgevind.
Die
volgende aspek is of die misdaad van huisbraak inderdaad bewys is.
Dit is 'n geykte beginse! dat om die misdaad van huisbraak
te bewys,
daar bewys moet wees tot bevrediging van die Hof dat daar Vi inbraak
plaasgevind het in die sin dat "n versperring
van een of ander
aard wat toegang tot die huis of perseel ver hinder, verwyder is.
Sonder dit is daar geen huisbraak nie.
Soos die Staat ook tereg
toegegee het, is daar geen direkte getuienis dat
'n
obstruksie
verwyder is om toegang tot die huis te bekom nie.
Die
Staat
het aangevoer dat die streekJanddros korrek was om die noodwendige
afleiding te maak dat omdat die rowers teruggekom het
vir die
sleutels van die kluis wat ook aan dieseifde bos sleutels was as die
sleuteis vir die voordeur, die afleiding gemaak
kan word dat die
voordeur of gesJuit of toe was. Na my mening is daar sterk
aanduidings dat dit die geval was, maar ek is ook
van menrng dat dit
nie genoegsaam is om die misdaad van huisbraak te bewys nie. Heel
waarskynlik was die huis gesluit, maar ongelukkig
vir die Staat is
hierdie stukkie getuienis, wat baie maklik gelei kon gewees het, nie
voor die Hof geplaas nie. in die omstandighede
is ek dus van menfng
dat die aanklag van huisbraak met die opset om te roof en roof nie
bewys is nie. Die effek hiervan, soos
later sal blyk
h
is egter nie noemenswaardig nie.
Wat
die kwessie van identifikasie betref, het me
Smit
nie besonder hieroor betoog nie en haar verlaat op haar skriftelike
hoofde. Die landdros het in 'n baie sorgvuldige uitspraak
die
getuienis van die kiaer, wat Yi enkelgetuie was, en die van die
appellant geanafiseer en beoordeel. Die klaer se getuienis
was dat
toe hy daardie aand met sy motor ingetrek het by sy perseel, hy die
appellant voor horn sien hardloop het uit sy gesigsveld
uit. Die
ktaer se getuienis is verder dat tydens die geleentheid toe die
rowers teruggekom het, sonder sukses met die sleutef,
en toe die
blinddoek van sy oe gelig is, hy die appellant gesien het. Alhoewel
hy horn nie heel duidelik voor horn gesien het
nie, was hy onder
geen misverstand dat dit wel die appellant was nie. Wat miskien nie
deurslaggewend is nie, maar ook genoem
kan word, is dat die klaer se
dat die appellant geweet het dat hy die gewoonte gehad het om 'n
sekere soort lekkergoed te gebruik,
wat hy in sy kar gehad het en
dat toe hy en sy vrou op n stadium gekla het dat hulfe monde droog
was, hierdie lekkergoed uit
sy kar gehaal en in hulle monde gesit
was. Die appellant sou, volgens horn, geweet het van hierdie
lekkergoed.
In
sy verduideliking aan die Hof, het die appellant getuig dat toe die
rowers by horn gekom net, hulle horn oorrompel het en aan
Vi paal
agter die huis vasgemaak het. Hulle het ook sy bankkaart van horn
geeis en hy het dit aan hulle verskaf.
Op
4 November, dit wil se 'n bietjie meer as Yi maand later, het hy sy
bankstaat aangevra en gesien dat daar R11 000 in die bankrekening

was. Hy het toe R3 000 getrek. Die volgende dag het hy na De Aar
vertrek. Hy het R3 000 in Britstown en R4 000 in De Aar onttrek.

Hy se ook dat hy homself teegesit het toe die rowers horn oorrompel
het, en een van hulle blykbaar probeer slaan het.
Die
landdros som sy getuiems soos volg op:
"Mnr
Cyster het n baie swak indruk gemaak. Hy het homself onder andere in
die volgende opsigte weerspreek:
(1) In
sy pie itverduideli king is gese dat die aanvalfers sy bankkaarte en
pin geeis het. In kruisondervraging het hy gesS dat
die aanvallers
sy bankkaart in sy werksak gekry het.
(2) In
hoof het hy gese dat hy geklap, geskop en met 'n wapen oor sy kop
geslaan is. In kruisondervraging het hy gese dat dit
hy op sy skouer
gekap was.
(3) Een
oomblik het hy beweer dat sy skouer beseer is, die volgende het hy
geen beserings opgedoen nie.
Hy
het nie vir die polisie gese dat van sy beursie en R40 beroof is
nie, omdat hy nie gedink het dat dit belangrik is nie. Later
het hy
gese dat hy eers die volgende dag besef het dat sy beursie weg is
en toe het hy vir inspekteur Robertson gese.
Sy
relaas van sy gesprekke met mnr Kay oor die betaling van sy salaris
en vakansiegeld is so weersprekend dat dit belaglik is.
Sy
getuienis was dat nieteenstaande die hardhandige hantering hy geen
beserings opgedoen het nie. As dit so is, maak dit sy
bewering dat
mnr Shub me beserings gesien het nie, omdat hy deurmekaar was, nie
sin nie."
Die
streeklanddros het dan ook daarop gewys dat hy aanhoudend sy
getuienis gefabriseer het om antwoorde te verstrek. Laastens,
het
die landdros bevind dat sy getuienis in die volgende opsigte
onwaarskynlik is:
(1) By
die hek toe hy van een aanvalfer bewus was, was hy nie bereid om sy
vuurwapen te gebruik nie. In die motorhuis, in die
aangesig van
verskeie bewapende aanvallers en terwyl hy hyself onbewapen is, val
hy een van die aanvallers.
(2) Dit
maak nie sin dat hy nie sybankkaart gestop het omdat daar nie geld
in sy rekening was nie, wetende dat h groot moontlikheid
bestaan het
dat mnr Kay geld in sy rekening sou inbetaaL
(3)
Dit is hoogs onwaarskynlik dat die aanvallers sy bankrekening vanaf
die 1ste Oktober sou gebrufk en horn eers 5 Oktober sou
versoek om
die rekening nie te stop nie. Waarom sal hulle toelaat dat geld in
sy rekening tnbetaal word, as die moontlikheid
bestaan dat die
rekening te enige tyd gevries kon word."
En
die landdros wys dan verder daarop dat dit hoogs onwaarskynlik is
dat Vi piigsgetroue seku rite it swag so gekarnuffel sou
word en dat
sy hele weergawe van die verloop van die aanval nie strook met die
optrede van Yi phgsgetroue opgeleide sekuriteitswag
nie.
Tot
hierdie onwaarskynlike kan ek nog een byvoeg. Dit blyk uit die
getuienis van die klaer dat die rowers baie angstig was om
vir horn
te vertel dat die sekuriteitswag wat hulle teen daardie stadium,
volgens hulle sou oorrompel het, n gesoute karateman
was. As
T
n
mens saam met hierdie stukkie getuienis onthou dat die appellant
nooit enige getuienis gelewer het dat hy op enige manier homself

deur middel van karate teen sy aanvalfers teegesit het nie, , is die
waarskynltkhetd baie sterk dat hierdie stukkie getuienis
van die
klaer aandui dat dit aEles deef van "n plan was om die skyn te
skep dat die rowers vir die appellant oorval het,
iets wat na my
mening en na die landdros se mening glad nie gebeur het nie.
h
Verdere onwaarskyniikheid is dat onbekende aanvailers sal besluit om
die bankkaart van h sekuriteitswag te gebruik vir die doeleindes
van
huHe afpersing.
Wat
die klaer betref en die landdros se siening van sy getuienis, stem
ek, na oorweging van die klaer se getuienis, saam met die
fanddros
se opsomming. Hy se, wat ook terloops deur die verdediging toegegee
is, dat die klaer te alle tye kalm en met selfbeheersing
getuig het.
Hy het inteiligensie en 'n formidabele geheue openbaar. Sy
beskrywing as basis van sy identifikasie van die appelant
van die
stem en die taaigebruik van die appellant van die appellant van wat
met horn onderhandei het, dit wil se die eerste beskuldigde,
was
oortuigend. Hy het homself nie weerspreek nie en sy getuienis was
ook in sekere opsigte gestaaf.
Die
landdros het dus tot die gevolgtrekking gekom, met inagneming van al
die versigtigheidsbeginsels betrokke by die getuienis
van n
enkelgetuie, dat die klaer se getuienis in alle opsigte aanvaar kon
word. Dit in teenstelling met die getuienis van die
appellant, wat
die landdros ook korrek, na my mening, verwerp het as onwaar.
Dft
bring my dan by die aanklagte van afpersing. Dit is so, soos deur me
Smit
aangevoer is daar nie direkte getuienis was dat die appellant druk
uitgeoefen het op die klaer om die verskiilende bedrae, wat
R49 000
opgemaak het, oor te betaal nie en basies op grond hiervan het sy
betoog, met verwysing na die regspraak, dat die appellant
nie aan
hierdie misdryf skufdig bevind moes geword het nie en miskien ten
beste vir die Staat dat hy as 'n medepligtige beskou
moet word.
Die
Staat aan die ander kant het aangevoer dat vanwee die applikant se
betrokkenheid by die aanval en vanwee die feit dat hy deel
was van
die groep wat by was toe die klaer onderneem het om bedrae te betaal
en vanwee die feit dat hy daarna homself aktief
geassosieer het met
die misdaad van afpersing deur sy bankrekening beskikbaar te stel
vir die inbetaling van die geld, hy as
mededader en ook as
medepligtige beskou moet word.
Me
Smith
het aangevoer met verwysing na h skrywe in die werk
GENERAL
PRINCIPLES OF CRIMINAL LAW THROUGH THE CASES
dat ons hier te doen het met die leerstuk van gemeenskaplike
bedoeling, ten beste vir die Staat, en na aanleiding van die mening

wat deur die skrywer uitgespreek is, daardie leerstuk eintllk slegs
van toepassing moet wees wanneer daar gesteun word op die
assosiasie
van 'n mededader op misdade soos moord
T
strafbare manslag en aanranding.
Na
my mening is dit nie nodig om in te gaan op die regsfilosofie wat
hier betrokke is nie. In die saak van
S
v WILLIAMS EN 'N ANDER
1980(1) SA 60 te 63B word die volgende gese:
'"n
Medepligtige vereenselwig horn bewustelik met die pleging van die
misdaad deur die dader of mededaders deurdat hy bewustelik

behulpsaam is by die pleging van die misdaad of deurdat hy
bewustelik die dader of mededaders die geleentheid, die middele of

die inligting verskaf wat die pteging van die misdaad bevorder."
Na
my mening is daar genoegsame getuienis om aan hierdie toets te
voldoen in die lig van die aktiewe metode waarmee die appellant

homself geassosieer het met die misdaad deur die beskrkbaarstelling
van sy bankrekening.
Dit
bring my dan tot die kwessie van vonnis. Daar is oorspronklik in die
betoogshoofde wat namens die appellant geliasseer is
betoog dat die
minimum vonnis wetgewing verkeerdelik toegepas is omdat dit nie
geblyk het dat die Staat sou steun op die minimum
vonnis wetgewing
nie. Die toets in hierdie verband is h eenvoudige een en dit is om
te bepaal of die appellant 'n regverdige
verhoor gehad het. Daar
word in hierdie opsig telkens verwys na die sake van
S
v NDLOVU
2003(1)
SASV 331 en
S
v LEGOA
2003M) SASV 13, beide uitsprake van die Hoogste Hof van Appel.
Soos
die Staat tereg opgemerk het, was die appellant verteenwoordig deur
Yi bekwame regsverteenwoordiger. Daar kan geen twyfel
daaromtrent
wees nie, as Yi mens die oorkonde deurgaan. Dit is ook duidelik dat
hierdie 'n baie ernstige misdaad was waarvoor
langtermyn
gevangenisstraf gepas sal wees. Wanneer daar gekyk word na
NDLOVU
en
LEGOA
se sake is dit belangrik om op die feite van daardie twee sake te
let en die beginsels wat daar ter sprake was. In
NDLOVU
se saak het dit gegaan oor of die minimum vonnis wetgewing van
toepassing was by 'n misdaad waarby Yi outomatiese vuurwapen
betrokke was, Yi misdaad wat in Yi sin deur die minimum vonnis
wetgewing geskep is. In
LEGOA
se saak het dit gegaan oof of die Staat bewys het dat die
hoeveeiheid dagga wat die beskuldigde in sy besit gehad het, n
waarde
van
R50
000 oorskry het, iets wat ook nodtg sou gewees het om die minimum
vonnis wetgewing van toepassing te maak. Die howe het in
beide
gevalle daarop gewys dat dit noodsaaklik was dat n beskuldigde moes
geweet het watter feite die Staat sou bewys om die
minimum vonnis
wetgewing van toepassing te maak en in
LEGOA
saak se CAMERON, AR die volgende hieroor in para [20]:
"One
of those specific rights is 'to be informed of the charge with
sufficient detail to answer it'. What the ability to
'answer
1
a charge encompasses this case does not require us to determine. But
under the constitutional dispensation it can certainly be
no less
desirable than under the common law that the facts the State intends
to prove to increase sentencing jurisdiction under
the 1997 statute
should be clearly set out in the charge-sheet."
In
hierdie geval is die feite duidelik uiteengesit in die klagstaat
want die beskuldigde is gese dat die Staat sou beweer dat

verswarende omstandighede soos omskryf in die Strafproseswet
aanwestg was by die misdade. Derhalwe is ek van mening, in die lig

daarvan dit asook die manier waarop die saak deur die appellant se
regsverteenwoordig hanteer is, dat hy wel 'n regverdige verhoor

gehad het.
Die
volgende kan ook genoem word: die landdros het in sy uitspraak
sonder om na die minimum vonnis wetgewing te verwys, aangedui
dat na
inagneming van al die reievante feite, hy tevrede was dat daar nie
versagtende omstandighede vir die appellant aanwesig
was nie.
Laastens
moet Yi mens ook in gedagte hou dat die streeklanddros in elk geval
Yi vonnis van 15 jaar gevangenisstraf kon opEe sonder
om die minimum
vonnis wetgewing te gebruik. Ek is dus tevrede dat die submissie wat
in effek daarop neerkom dat die appellant
nie 'n regverdige verhoor
gehad het nie kan slaag nie.
Wanneer
dit kom by die verdere submissies in verband met vonnis, meen ek
egter dat daar nie genoegsame aandag geskenk ts aan die
effek van
kumulatiewe uitwerking van die strawwe nie en vir daardie rede is ek
van mening dat Yi aanpassing gedoen kan word.
Wat
die appellant betref, is daar verswarende aspekte aanwesig. Alhoewel
hy nie vorige veroordefings van hierdie aard het nie,
het hy twee
vorige veroordefings. Hy is dus 'n persoon wat al voorheen met die
gereg gebots het. Hy is 'n uiters betroubare
posisie in diens
geneem. Hy het in n vertrouenspostsie gestaan; hy is in diens geneem
om die kiaers te beskerm. Hulle was bejaarde
persone en hy het
bygedra om hulle te oorrompel, vas te bind, te teister en daarna
bygedra met die druk wat op hulle uitgeoefen
is, met die afpersing.
Hierdie faktore tel. na my mening, sterk teen horn. Dit is faktore
wat die landdros ook in ag geneem het.
Ek is dus van mening dat
r
n
langtermyn gevangenisstraf die enigste vonnis is wat opgele kan word
ten opsigte van die roof, maar wat die afpersing betref
meen ek dat
daar wet 'n saak uitgemaak kan word dat die appellant 'n mindere
aandeel in die misdaad gehad het as dre eerste beskuldigde
en na my
mening kan dit weerspieel word in die vonnis.
In
die omstandighede slaag die appel ten dele met die volgende
resultaat:
1. Die
skuldigbevinding en vonnis op aanklag 1, naamlik, roof met
verswarende omstandighede, word bekragtig, dit wil se die vonnis

van vyftien (15) jaar gevangenisstraf word bekragtig.
2. Die
skuldigbevinding en vonnis op aanklag 2, naamlik, huisbraak met die
opset om te roof en roof word tersyde gestel.
3. Die
skuldigbevi riding op aanklag 6, naamlik afpersing, word bekragtig.
4. Die
vonnis op aanklag 6 word tersyde gestel en vervang met 'n vonnis van
ses (6) jaar gevangenisstraf.
5. Dit
word gefas dat drie (3) jaar van die vonnis op aanklag 6 met die
vonnis op aanklag 1 sal saamloop.
Die
effektiewe vonnis is dus agtien (18) jaar gevangenisstraf.
Die
streeklanddros se bevinding dat die appellant nie geskik is om 'n
vuurwapen te hanteer nie en dat die appellant onbevoeg geag
word om
'n vuurwapen te besit bly van krag.
Die
vonnisse in hierdie uitspraak genoem sal terugwerkend wees tot die
datum van die vonnisse wat deur die streeklanddros opgele
is, dit
wil se 10 April 2000.
CLEAVER,
R
BOZALEK.
R:
Ek
stem saam.
BOZALEK,
R