About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 48
|
|
S v Mavuso (71/86) [1987] ZASCA 48 (21 May 1987)
Saak No 71/86 OPD
THUNGUVALO JAMES MAVUSO APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
HEFER AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPeLAFDELING
In die saak tussen
THUNGUVALO JAMES MAVUSO
APPELLANT
en
DIE STAAT
RESPONDENT
CORAM: JOUBERT, HEFER, SMALBERGER, VIVIER, ARR, et NICHOLAS,.WRN AR.
AANGEHOOR
: 21 MEI 1987.
GELEWER
:
UITSPRAAK HEFER AR
:
Die appellant se appel teen sy skuldigbevinding
in 2
2.
in 'n landdroshof aan oortreding van art 2(a) van Wet 41
van 1971 is deur die Oranje-Vrystaatse Provinsiale Af-
deling van die hand gewys. Met verlof van daardie Af-
deling kom hy nou in hoër beroep teen die skuldigbe-
vinding.
By die verhoor het dit geblyk dat appellant
die bestuurder was van 'n voertuig wat die polisie op
die pad tussen Paul Roux en Slabberts tot stilstand ge-
dwing het en waarin 620 kilogram dagga gevind is, Sy
advokaat het die hof meegedeel dat appellant beweer "dat
hy nie geweet het daar is dagga in die sakke nie" en
appellant het later getuig dat ene Xaba hom versoek het
om die voertuig te bestuur en hom verwittig het dat
daar.......
3.
daar wol in die sakke was. Tydens kruisondervraging het hy erken dat hy
vyf jaar vantevore skuldig bevind is weens die onwettige besit
van dagga en
bewys van-die vorige veroor-deling is op daardie stadium by die Hof ingehandig.
(Hoe dit gekom het dat hy hierdie erkenning
gemaak het, sal later blyk.) Die
verhoorhof het appellant se getuienis verwerp hoofsaaklik weens sy
onbevredigende antwoorde en sy
ongemaklike en bekommerde voorkoms (volgens die
landdros) toe hy oor die vorige veroordeling ondervra is.
By die appèl
in die Hof a
quo
is namens appellant aangevoer dat getuienis van die
vorige veroordeling ontoe-laatbaar was. Die Hof het dit onnodig gevind om te
be-slis oor die toelaatbaarheid daarvan; argumentshalwe
is 4
4.
is in appellant se guns aanvaar dat dit wel ontoelaatbaar was maar die
appèl is nogtans van die hand gewys omdat die toelaatbare
getuienis die
appellant se skuld buite redelike twyfel gestel het.
In hierdie Hof het
appellant se advokaat met 'n beroep op art 197 en 211 van die Strafproseswet No
51 van 1977 betoog dat die toelating
van vrae oor en die bewys van die vorige
veroordeling 'n growwe onreëlmatigheid uitgemaak het wat
per se
die
gevolg het dat die skuldigbevinding tersyde ge-stel moet word. Ten einde met
hierdie betoog te handel, is dit nodig om eers te
bepaal of daar inderdaad 'n
onreël-matigheid was (d w s of die betrokke getuienis inderdaad
ontoelaatbaar was). Indien bevind
word dat dit die geval
was 5
5. was, sal verder vasgestel moet word of die
onreëlmatigheid
sodanig was dat dit
per se
meebring dat die
skuldigbe-vinding vernietig moet word.
Wat die toelaatbaarheid van die
getuienis betref, is dit dienstig om aanvanklik aan te dui wat die vrae was
waarop die betoog gerig
is en hoe dit gekom het dat dit gevra is en die vorige
veroordeling bewys is.
Soos vantevore opgemerk, het appellant se advokaat in
die pleitverduideliking by die aanvang van die ver-hoor te kenne gegee dat die
beskuldigde beweer dat hy nie geweet het dat daar dagga in die sakke was wat die
polisie in die voertuig gevind het nie. In sy getuie-nis
het die appellant later
die gebeure beskryf wat uit-
eindelik daartoe gelei het dat hy deur die polisie voor-
gekeer 6
6
gekeer en gearresteer is. In die hoofverhoor het hy voorts getuig :
"Ek het nie geweet dit is dagga nie. Ek ken nie die reuk van dagga nie."
(Wat aanleiding gegee het tot sy verwysing na die reuk van dagga was
klaarblyklik die vroeëre getuienis van drie polisiemanne
dat hulle aldrie
die kenmerkende skerp reuk van dagga in die voertuig waargeneem het.) Sy
kruison-dervraging oor hierdie aspek van
die saak lui soos volg :
"V. Toe jy eers weer die voertuig by Fouries-burg sien, sien jy die voertuig
is vol gepak?
A.Ja.
V.Wat het jy gesien?
A.Ek het gesien die streepsakke is vol.
V.Het jy iets geruik toe jy eerste keer in kombi inklim?
A. Nee ek het griep gehad en kon nie mooi
ruik 7
7.
ruik nie. V. Het jy al voorheen gesien waarin verpak
'n
mens wol?
A. Nee.
V. Ken jy dagga?
A. Ja die reuk as mens dit rook. V. Het jy al
voorheen dagga gesien? A. Nee net die reuk as mens dit rook. V. Het jy al
voorheen met
dagga te doen
gehad? A. Nee. V. Jy moet mooi luister wat ek jou
vra.
Het jy nog nooit voorheen met dagga te
doen gehad nie? A. Nee nog
nooit. V. As ek kan bewys dat dit wel so is, wat
sal jy dan sê?
A. Dan sal ek nie stry nie. V. Dan het jy
mos nou nie vir my die waar-
heid gesê nie. A. Ja ek gee antwoord op
die vraag wat
gestel is. V. As ek kan bewys dat jy wel voorheen met
dagga te doen gehad het, wat sal jy dan sê? A. Ek het nog nie te doen
gehad nie,daarmee. V. Vaneffe het jy gesê jy sal
nie stry nie.
A. Ja 8
8.
A. Ja ek het so gestry.
V. As jy dan so seker is dat jy nog nooit
voorheen met dagga te doen gehad het nie,
sal jy mos stry? A. Ek het nog niks te doen gehad met dagga
nie. Ek het te Escom gewerk. V. Ek stel dit aan jou dat jy gedurende 1979
te Buthe Buthe skuldig bevind is vir on-
wettige besit van dagga.
A. Ja toe het ek en 'n ander man R250,00 betaal. V. Dit wil my voorkom asof
jy nie so goed kan
onthou nie?
A. Dit is jare terug.
( S A handig beskuldigde se vorige veroordelings soos verskyn op SAP 69 is as
BEWYSSTUK B)."
Die algemene beginsels van die gemene reg waarvolgens die toelaatbaarheid
beoordeel word van getuienis oor mis-dadige optrede van
'n aangeklaagde, anders
dan die wat hom in 'n besondere saak ten laste gelê word, is welbekend. Ek
hoef slegs te verwys na
die uiteensetting daarvan deur
OGILVIE 9
9
OGILVIE THOMPSON AR in
R v Solomons
1959(2) S A 352 (A) op p 361 nl
:
"It is clear that evidence of criminal actions other than those laid in the
indictment is in-admissible against an accused merely
to show a criminal
propensity. But it is, I think, equally well established - albeit seldom free
-from difficulty of application
in any parti-cular case - that evidence
which
is relevant to an issue before the Court
is not rendered inadmissible merely
because it tends to show the commission by the accused of other crimes." (My
beklemtoning.)
Teen hierdie agtergrond moet art 197 van die Strafproseswet gesien word. (Dit
is onnodig om art 211 afsonderlik te behandel.) Die
ter sake dienende ge-deelte
daarvan lui soos volg :
"'n Beskuldigde wat by strafregtelike
verrigtinge
getuienis 10
10.
getuienis aflê, word nie gevra of aangesê om te antwoord op 'n
vraag waarvan die strek-king is dat hy 'n misdryf, behalwe
die ten laste gelegde
misdryf, gepleeg het of daar-aan skuldig bevind is of daarvan aangekla is, of
dat hy van swak karakter is nie,ten-sy
-
(a)
(b)
(c)
(d) die
bewys dat hy so 'n
ander misdryf ge-
pleeg het of daaraan skuldig
bevind is,
toelaatbare getuienis is om te bewys dat
hy aan die ten.laste
gelegde misdryf skul
dig is."
Dergelike bepalings het verskyn in die Strafproseswette wat Wet 51 van 1977
voorafgegaan. het en hierdie Hof het meermale daarop gewys
dat die voorgangers
van die huidige art 197 nie vertolk kon word as sou dit 'n verandering
teweeggebring het of enigsins afbreuk gedoen het aan
die 11
11.
die gemeenregtelike beginsel waarna reeds verwys is nie. (
R v Rorke
,
1915 A D 145
op p 159-16o,
R v Lipschitz
1921 A D 282
op p 288, S v
Mokoena
1967(1) S A 440 (A) op p 445. Kyk ook
R v Solomons
(
supra
) en vgl
Rex v P
1948 (4) S A 103
(C) ). In
Lipschitz
se saak het SOLOMON AR opgemerk dat die bepaling in Wet 31 van 1917 wat met die
huidige sub-art (d) ooreenstem, niks anders beteken
het nie as "unless the
evidence is relevant to an issue in the trial". Dit geld ook vir art 197 en dit
volg dat die ge-tuienis waaroor
dit in die onderhawige saak gaan, behou-dens 'n
opmerking wat ek later sal maak, toelaatbaar was in-dien dit ter sake was tot 'n
geskilpunt voor die hof maar on-toelaatbaar indien nie aldus ter sake nie. Myns
insiens was
dit 12
12. dit nie ter sake nie.
Die omvang van die
tersaaklikheidsbegrip verg in die omstandighede van hierdie saak geen verdere
toeligting nie. Vir huidige doeleindes
is die opmerking in
R v Mpanza
1915 A D 348
op p 352 dat "any facts are so relevant if from their existence
inferences may properly be drawn as to tíhe existence of the
fact in
issue" voldoende. (Kyk egter
Schmidt
: Bewysreg {2de uitg) p 358). Die
geskilpunt was of die appellant geweet het dat daar dagga in die voertuig was.
Sy kennis van dagga
was ter sake op hierdie geskil-punt en, met die oog op die
bewys daarvan, is die getuie-nis van sy vorige veroordeling voorgelê
en
toegelaat. Die feite wat aanleiding gegee het tot die skuldigbevinding
was
totaal onbekend, en dat hy waarskynlik bekend was met
die 13
13.
die reuk van dagga kan nie afgelei word van die blote feit dat hy vyf
jaar vantevore skuldig bevind is weens die besit daarvan nie.
Ek sê dit
nie alleen op grond van die lang tydsverloop nie maar hoofsaaklik op grond van
die uitgebrei-de betekenis van "besit"
in Wet 41 van 1971 volgens die definisie
in art 1 en die vermoede in art 10(3) van die Vfet. Ten spyte van die
skuldigbevinding kan
dit nie eenvoudig veronderstel word dat appellant by
daardie geleentheid dagga fisies hanteer of op so 'n wyse daarmee te doen gehad
het dat hy bekend geraak het met die reuk daarvan nie. Vrae aan die appellant
oor sy vorige veroordeling was dus nie ter sake nie
en moes nie toegelaat gewees
het nié en be-wys van die yeroordeling was ewe on-
toelaatbaar 14
14.
toelaatbaar. (Ek mag byvoeg dat selfs indien getuienis
oor die vorige veroordeling ter sake was, dit 'n ope vraag
is of dit nie in elk geval ontoelaatbaar was nie uit hoofde
van die beslissing in
Hollington v F Hewthorn & Co Ltd
(1943) 2 AER 35
(C A). )
Die oorblywende vraag is wat die effek van hier-
die bevinding op die skuldigbevinding is. Ooreenkomstig
die voorbehoudsbepaling tot art 309(3) van die Strafproses-
wet word 'n skuldigbevinding nie op grond van 'n onreël -
matigheid by die verhoor ter syde gestel nie tensy dit
aan die Hof van appel blyk dat 'n regskending daaruit ge-
volg het. Die onreëlmatigheid wat in die onderhawige
geval plaasgevind het, was, myns insiens, egter so ernstig
dat 15
15.
dat dit op sigself 'n regskending
uitmaak. (
The State v Moodie
1961(4) S A 752 (A) op p 758,
The State v
Naidoo
c
1962(4) S A 348 (A) op p 354,
S v Mushimba en andere
1977 (2) S A 829
(A) op p 844). Dit is vir alle praktiese doel-eindes identies aan die
onreelmatigheid in
S v Dozereli
1983(3) S A 259(C) behalwe dat, die
ontoelaatbare vrae en getuienis 'n veel groter effek gehad het as in
Dozereli
se saak. In die onderhawige geval is die landdros se redes
deursuur met die invloed wat die vorige veroordeling en appellant se antwoorde
op die ontoelaatbare vrae op hom gehad het. Ek het geen twyfel nie dat
geregtigheid, net soos in
Dozereli
se geval, nie geskied het nie.
Die appel slaag en. die skuldigbevinding en vonnis word ter syde gestel.
J J F HEFER AR. JOUBERT,AR )
SMALBERGER,AR ) STEM SAAM. VIVIER,AR )
NICHOLAS,WRN AR )