S v Pieters (323/1986) [1987] ZASCA 47 (21 May 1987)

82 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Sentencing — Appellant convicted of rape and robbery — Victim, a 16-year-old schoolgirl, assaulted and raped in her home while alone — Appellant gained access under false pretenses and subjected the victim to severe physical violence — Court considered the brutality of the attack, the victim's age, and the psychological impact on her — Appellant's previous convictions and personal circumstances taken into account — Sentence of death upheld as appropriate given the gravity of the offenses and the need for deterrence.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 47
|

|

S v Pieters (323/1986) [1987] ZASCA 47 (21 May 1987)

LL
1987-05- 21
Saak No 323/1986
IN DIÉ HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JOSEPH PIETERS
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
RABIE WN HR, VILJOEN et BOTHA ARR
VERHOORDATUM: 27 FEBRUARIE 1987
LEWERINGSDATUM: 21 MEI 1987
UITSPRAAK
/BOTHA AR
BOTHA AR
:-
Die appellant is ter dood veroordeel weens ver= kragting. Teen dié
vonnis, wat hom opgelê is in die Provinsiale Afdeling
Kaap die Goeie Hoop,
kom hy na hier= die Hof in hoër beroep, met verlof van die Verhoorregter
(DE KOCK R).
Die vonnis waarom dit hier gaan, is die appellant opgelê ten opsigte
van sy skuldigbevinding op die tweede van drie aanklagte
waarop hy tereggestaan
het. Die ver= kragting waarop die tweede aanklag betrekking het, het plaasgevind
op 2 Maart 1985. Die eerste
aanklag teen die appellant het ook betrekking gehad
op verkragting, maar dié oortreding het bykans 10 jaar vantevore
plaasgevind,
op 2 Mei 1975. Die derde aanklag was een van roof met verswarende
omstandighede, verbandhoudend met die gebeure betrokke by die tweede
aanklag.
Met die aanvang van die verhoor het die appellant 'n pleit van skuldig op al
drie die aanklagte aangebied. Die Staat het
die pleit aanvaar
/slegs ...
3.
slegs ten opsigte van die eerste aanklag.Op daardie aanklag is
die appellant gevonnis tot 10 jaar gevangenis= straf.Dit is onnodig
om aandag te
skenk aan die feite betrokke by die eerste aanklag of die vonnis wat in daar=
die verband opgelê is. Wat die derde
aanklag betref, hoef daar ook net
vermeld te word dat die appellant op dié aanklag tot 5 jaar
gevangenisstraf gevonnis is.
Ver= volgens bepaal ek my alleenlik tot die feite
en die von= nis ten aansien van die tweede aanklag.
Die appellant was ten tyde van die pleeg van die misdaad 'n man van 35
jaar.Sy slagoffer was 'n
meisie van 16 jaar - 'n skooldogter in standerd
8. Ten tyde van die gebeure het sy egter nie meer skoolgegaan nie, omdat sy
swanger
was.Sy was ongeveer 7 maande swanger toe sy verkrag is. (Sy is
sedertdien getroud met die vader van die kind wat sy verwag het, ná
die
kind se geboorte.) Die verkragting het plaasgevind in die ouerhuis van die
klaagster, op 'n Saterdagoggend.Sy was alleen tuis;
haar
/vader .. .
4.
vader het die vorige dag op 'n oorsese besoek vertrek en haar
moeder was dorp toe. Die appellant het gereeld op Saterdae vir die klaagster
se
vader kom werk as '
n
hand= langer saam met '
n
span ander werkers
wat onder andere besig was met die oprigting van sekere buitegeboue op die
perseel.Op die betrokke oggend is die
appellant na die perseel vervoer in 'n
paneelwa, saam met die voor= man van die span werkers. Volgens die getuienis van
die voorman
het die appellant na wyn geruik, maar was sy voor= koms heeltemal
normaal; hy het geen tekens getoon dat hy dronk was of aangetas
was deur drank
nie; te oordeel na die manier waarop hy aanvanklik sy werk gedoen het, kon hy
nie baie wyn gedrink het nie.In 'n stadium
het die appellant die werksterrein
verlaat en gesê hy gaan na die toilet toe. Hy het nie teruggekeer nie. Die
voorman en ander
werkers het na hom gaan soek, maar hulle kon hom nêrens
kry nie.Volgens die voorman het die appellant, na aanleiding van 'n
gesprek wat
die twee van hulle op 'n
/vroeëre ...
5.
vroeere geleentheid gehad het, goed geweet dat die klaag= ster
swanger was.
In werklikheid het die appellant na die woon= huis gegaan waar die klaagster
was en onder '
n
valse voor= wendsel toegang tot die huis verkry. Hy het
aan die klaagster gevra om vir hom die deur oop te maak, omdat hy sekere werk
binne die huis moes doen.Dit was onwaar; hy het geen werk in die huis te doen
gehad nie. Die klaagster het vir hom die voordeur oopgemaak.Die
klaag= ster se
getuienis oor wat daarna gebeur het, was in bree trekke soos volg.In die
sitkamer het die appellant haar aan die skouers
gegryp en wou haar grond toe
dwing. Sy het haar verset en met hom gestoei en baklei.Hy het haar aanhoudend
met die vuis geslaan.Sy
het geskree en hy het haar gewurg, terwyl hy haar in kru
taal gesê het dat hy met haar gemeenskap gaan hê.Sy het aan
hom
gesê hy gaan haar kind doodmaak, waarop hy gesê het dit maak nie
saak nie.Hy het steeds aangehou arn haar teen die
kop
/te ...
6.
te slaan en te wurg. Op 'n stadium het hy 'n swaaibeweging na
haar uitgevoer. Naderhand het sy op die grond beland. Sy het die hef
van 'n mes
langs haar gesien lê en dit op= getel, maar hy het dit uit haar hand
geklap. Op die grond het sy nog steeds met
hom gestoei en probeer om hom weg te
druk met haar voete. Hy was te sterk vir haar en toe, terwyl hy steeds haar keel
toegedruk het,
het hy haar verkrag.Daarna het hy haar aan die arm na die kombuis
gesleep, oor 'n trappie. Sy het baie pyn gehad, sy kon nie asem
kry nie en die
bloed het in haar keel af geloop. Hy het haar toe gelos en gésê hy
soek 'n
mes en hy soek kos.Sy het probeer wegkom na haar kamer, maar hy
het haar weer pp die grond laat beland, haar geskop en geslaan, rondgepluk,
en
haar kop teen die grond gestamp. Hy het haar gesleep na die voorportaal, en toe
gesê hy wil geld hê, waarop hy haar
na haar slaapkamer gesleep het
en haar gedwing het om haar beursie te vat en R20 wat daarin was, uit te haal en
aan hom te oorhandig.Daarna
het hy haar
/gesleep ...
7.
gesleep na die kombuis, terwyl hy in kru taal gedreig het dat
hy haar gaan doodmaak. In die kombuis het hy sy aanranding op haar voortgesit
op
dieselfde wyse, deur haar te skop, te slaan en te wurg, terwyl sy deurentyd
probeer het om haar buik te beskerm deur haar bene
op te trek. Daar in die
korabuis het hy toe weer gemeenskap met haar gehad. Daarna het hy 'n kierie
gevat wat daar naby was en haar
herhaaldelik op haar lyf geslaan daarmee, weer
eens met die dreigement dat hy haar wou doodmaak. Toe het hy 'n leë
wynbottel
gevat wat op 'n kas in die kombuis gestaan het, dit op haar kop
stukkend geslaan en daarna met die stukkende gedeelte wat nog in
sy hand was
haar weer 'n paar houe op die kop toegedien. Sy het verlangs 'n geluid by
dié deur gehoor, en daarop het die appellant
op die vlug geslaan. Kort
daarna het die klaagster se moeder by haar gekom. Volgens die moeder se
getuienis het sy die klaagster
in 'n bebloede bondeltjie aangetref waar sy
gelê het onder die trap. Sy kon skaars asemhaal
/of ...
8.
of praat en het geroggel; sy het gedink die klaagster was
"amper dood". Sy het haar dadelik hospitaal
toe
geneem.
Die klaagster het ses dae lank in die hospitaal gebly terwyl sy behandeling
ontvang het vir haar beserings. Toe haar vader, wat sy
oorsese besoek kortgeknip
het, haar drie dae na die voorval in die hospitaal besoek het, kon hy sy eie
dogter glad nie herken nie.
Foto's van die klaagster se gesig na die aanranding,
wat as bewysstukke ingelewer is, toon waarom dit so is. Daardie foto's, asook
dié van die beserings op haar liggaam, is sprekende getuienis van die
wreedaardigheid van die aanval waaraan die klaagster
onderwerp was. Die
geneesheer wat haar behandel het, het in getuienis haar beserings beskryf. Om
dit kort te stel: sy het erge kopbeserings
gehad, met veelvuldige kneuswonde,
laserasies en gevolglike konkussie; kneuswonde oral oor haar liggaam; en vier
oppervlakkige steekwondjies
onder haar regter armholte. Opsommend
/het ...
9
het die dokter gesê: "Ons sien baie beseerde mense, maar
selde dat 'n mens iemand sien met sulke veelvuldige beserings."Een
kneuswond aan
haar bobuik was poten= sieel lewensgevaarlik vir haar en haar ongebore kind.
Haar hoofbeserings sou kon lei tot langdurige
pyn en on= gemak in haar nek. Die
prognose in dié verband is on= seker.
Wat betref die sielkundige uitwerking van die verkragting op die klaagster,
het sy self getuig dat sy in haar daaglikse lewe deur
klein dingetjies, soos
geluide buitekant die huis, gepla word, omdat dit weer telkens die voorval in
haar gedagtes laat terugkom.Klaarblyk=
lik vind sy dit moeilik om die
herinnering van die ge= beurtenis af te skud en te verwerk.Sy word ook gepla met
nagmerries. Ten tyde
van die verhoor het sy nog siel= kundige behandeling
ontvang. Die sielkundige wat haar behandel het, het getuig dat, alhoewel die
klaagster haar goed aangepas het by haar huwelik en haar moederskap, sy
/onderhewig ...
10.
onderhewig was aan heelwat spanning en angs. Sy openbaar wat genoem word
"definitiewe vermydingsgedrag", wat onder meer behels dat
sy 'n valse "front"
van kalmte en vrolik= heid probeer volhou, ter onderdrukking van die angs wat sy
in werklikheid ondervind. Dit
is 'n toestand wat ver= dere sielkundige terapie
noodsaaklik maak. Die sielkun= dige kon nie 'n mening uitspreek oor die vraag of
, en in= dien wel, wanneer die klaagster se simptome sou opklaar nie. Ook in
hierdie verband is die prognose dus onseker.
Die appellant het nie getuienis afgelê nie.
In
sy uitspraak met vonnisoplegging het DE KOCK R die volgende gesê:
"Jy het toegang tot die huis waarin die klaag= ster was, verkry onder die
voorwendsel dat jy opdrag ontvang het om werk binne-in
die huis te
verrig.Daardie voorwendsel was vals en was slegs die metode wat jy gebruik het
om toegang tot die huis te verkry. Nadat
jy binne-in die huis was het jy feitlik
onmiddellik daar= toe oorgegaan om die klaagster op 'n brutale wyse te lyf te
gaan en daarna
te verkrag.Jy het haar veelvuldige beserings toegedien in die
loop
/van ...
11.
van 'n volgehoue aanranding op haar waartydens jy haar onder andere op die
vloer gegooi het, haar gewurg het, haar met 'n geskoende
voet geskop het en met
die vuis geslaan het, haar met 'n wandelstok geslaan het, haar met 'n
leë wynbottel aangerand het sodat dit gebreek het, haar in die huis
rondgesleep en haar kop teen die vloer gestamp het. Jy het
boonop in die loop
van die aanranding gedreig om haar om die lewe te bring. Die Hof neem in
aanmerking dat jy die klaagster oorrompel
het in haar ouer= huis terwyl sy
alleen was en terwyl sy weerloos was en terwyl jy geweet het of ten minste 'n
sterk vermoede gehad
het dat sy swanger is.
Ek het in ag geneem wat jou advokaat in strafversagting gesê het en jou
persoonlike om= standighede sover dit aan die Hof bekend
is. Jy self het nie
getuig nie, sodat daar weinig voor die Hof is wat enigsins jou optrede ver=
duidelik of die gesindheid waarmee
jy gehandel het nie. Ek neem in aanmerking
dat jy vandag 'n volwasse man van 35 jaar is. Ek neem in aan= merking dat jy
drank ingehad
het. Dit blyk dat jy vorige veroordelings op jou kerfstok het. Jy
is die eerste keer aan 'n misdaad skuldig be= vind toe jy slegs
15 jaar oud was
en daarna het jy gereeld op aanklagte in die Hof verskyn en is jy vir lang
periodes na die gevangenis gestuur Onder
jou vorige veroordelings is daar een
vir aanranding met die opset om te verkrag waarvoor jy 18 maande gevangenisstraf
opgelê
is. Dié misdaad is in 1971 gepleeg. Alhoewel dit nie teen
jou in aanmerking geneem word as 'n vorige veroordeling nie, is
daar nogtans die
feit dat
die eerste aanklag teen jou in die saak wat tans
/voor ...
12.
voor die Hof dien, een is van verkragting wat jy gepleeg het en erken jy
gepleeg het in 1975.
Wat die karakter van die klaagster betref en haar ouderdom en haar
agtergrond, is dit ook faktore wat die Hof in aanmerking behoort
te neem.In
hierdie verband sien ek nie oor die hoof dat sy op die jeugdige ouderdom van 16
jaar en as 'n ongehude persoon, alreeds
verwagtend was nie.Daarvan moet egter
nie afgelei word dat dit '
n
faktor is wat sterk teen haar tel nie. Sy het
geensins voorgekom as 'n goedkoop of losban= . dige meisie nie.Inteendeel, sy
het die
Hof beindruk as '
n
verfynde, beskaafde en ordentlike persoon wat
klaarblyklik uit 'n goeie ouerhuis kom.Jou misdryf het haar in haar vroulike
eer, integriteit
en privaatheid aangetas op 'n wyse wat waarskynlik moeilik
begryp kan word deur iemand wat nie so 'n ondervinding ondergaan het nie.
Die
gebeure moes vir haar 'n afgryslike ondervinding gewees het. Wat die liggaamlike
nagevolge daarvan sal wees is nie duidelik nie.
Volgens die mediese getuienis
kan daar fisiese probleme ontstaan as gevolg van die beserings wat sy opgedoen
het aan haar nek en
kop.
Wat die uitwerking van hierdie voorval op haar emosionele en geestelike lewe
gaan wees kan ook nie nou bepaal word nie, maar dit is
duide= lik dat die effek
van die daad op die gemoed van die klaagster geweldig moes gewees het.
Wat jou eie karakter betref en jou persoon= like omstandighede, is daar geen
getuienis voor die Hof dat jy 'n emosioneel onstabiele
persoon
/is
13.
is nie of enige ander probleme ervaar wat kan meebring dat die misdryf in 'n
minder ernstige lig gesien kan word nie.Jy is nie meer
'n jeugdige persoon nie
en feitlik die enigste faktor wat namens jou aangevoer is wat versagtend kan
werk is dat jy tot 'n mate onder
die invloed van drank was.Dit is egter duidelik
uit die getuienis dat drank in hierdie geval 'n geringe rol gespeel het.By die
oorweging
van wat 'n gepaste vonnis is, moet die Hof al die omstan= dighede in
ag neem, insluitende soos ek reeds gesê het, jou persoonlike
omstandighede, die belange van die gemeenskap en die erns van die misdaad. Die
Appèlhof het meermale neergelê dat in
'n geval van hierdie aard,
die doodstraf slegs in uiterste gevalle gepas is.Dit be= teken, soos
neergelê in die saak
S v Tshomi en 'n Ander
,
1983 (3) SA 662
(A)
dat die verhoor= regter nie die doodstraf moet oplê nie tensy hy van
oordeel is dat die misdryf van so 'n
ernstige aard is dat die doodstraf
die gepaste vonnis sal wees.Ek het na sorgvuldige oorweging tot die
gevolgtrekking gekom dat in
die lig van die ernstigheid van die misdaad wat hier
gepleeg is en al die ander feite van die geval, die dood= straf na my mening
hier wel die gepaste straf is."
Uit die voorgaande
aanhaling blyk dit na my oor= deel, met eerbied, dat die Verhoorregter 'n
weloorwoë en ewewigtige benadering
aan die dag gelê het met
betrekking tot vonnisoplegging in hierdie saak.
/Namens ...
14.
Namens die appellant het sy advokaat egter be= toog dat
hierdie Hof die doodvonnis wat die Verhoorregter opgelê het tersyde
behoort te stel en dit behoort te ver= vang deur 'n lang termyn van
gevangenisstraf. Ter onder= steuning van die betoog is daar verskillende
gronde
aan= gevoer waarop hierdie Hof geregverdig sou wees om die von= nis te
verander.Alvorens ek daardie gronde afsonderlik behandel,
meen ek dat dit
wenslik is om eers 'n paar op= merkings van 'n algemene aard te maak.
Met betrekking tot appèlle teen vonnis in die algemeen is daar
herhaaldelik in talle uitsprake van hierdie Hof beklemtoon dat
vonnisoplegging
berus by die diskresie van die Verhoorregter.Juis omdat dit so is, kan en sal
hierdie Hof nie ingryp en die vonnis
van 'n Verhoorregter verander nie, tensy
dit blyk dat hy die diskresie wat aan hom toevertrou is nie op 'n behoorlike of
redelike
wyse uitgeoefen het nie.Om dit andersom te stel:daar is ruimte vir
hierdie Hof om 'n Verhoorregter
/se ...
15.
se vonnis te verander alleenlik as dit blyk dat hy sy
diskresie op 'n onbehoorlike of onredelike wyse uitgeoefen het. Dit is die
grondbeginsel
wat alle appèlle teen vonnis beheers. Met die toepassing
van daardie begin= sel in individuele gevalle word daar in die uitsprake
van
hierdie Hof van tyd tot tyd verskillende toetse, hulp= middels en maatstawwe
geformuleer en aangewend om, na gelang van die besondere
omstandighede wat onder
behandel= ing is, te bepaal of ingryping geregverdig sou wees. Wat dit betref,
is daar soms verskille in
die bewoording wat in verskillende uitsprake aangetref
word.Sulke ver= skille moet met omsigtigheid benader word, want dit sou verkeerd
wees om - soos advokate te dikwels geneig is om te doen - 'n
oënskynlik algemene stelling, wat toepaslik is in die samehang van die
besonderé feite wat behandel word, uit die verband
van 'n uitspraak as
geheel te neem en te probeer, amper asof dit die krag van 'n statutêre
voorskrif het of 'n wet van Mede
en Perse is, om dit op 'n
/andersoortige ..
16
andersoortige stel feite toe te pas waarop dit in der waarheid nie
toepaslik is nie. Dit is daarom dat ek hierbo weer eens die grondbeginsel
beklemtoon het: per slot van sake is dit daardie beginsel wat uiteindelik en
altyd van deurslaggewende belang is. In verband met
daardie beginsel sou ek nog
net een verdere odrweging wou byvoeg. Hierbo het ek verwys na gevalle waar "dit
blyk" dat die Verhoorregter
sy diskresie op 'n onbehoor= like of onredelike wyse
uitgeoefen het. Dit moet ver= staan word in die sin dat hierdie Hof op
appèl
daarvan oortuig moet wees dat die uitoefening van die diskresie op
onbehoorlike of onredelike wyse geskied het. Na my mening spreek
dit eintlik
vanself, want, juis omdat hier= die Hof nie sonder meer 'n eie diskresie het om
uit te oefen nie, sou daar sonder sodanige
oortuiging geen vol= doende rede
bestaan om in te gryp nie.
Die eerste grond wat die appellant se advokaat aangevoer het ter
ondersteuning van sy betoog was dat
/die ...
17.
die Verhoorregter 'n mistasting begaan het. Indien dit sou blyk dat daar 'n
mistasting begaan is, van die aard en omvang wat aangedui
is in
S v
Pillay
1977 (4) S A 531
(A) op 534H - 535G, dan sou dit beteken dat die
Verhoor= regter nie sy diskresie behoorlik uitgeoefen het nie. Die betoog ten
aansien
van die aangevoerde mistasting in die huidige saak is egter sonder enige
verdienste. Die beweerde mistasting was kort en saaklik
dit: dat die
Verhoorregter nie in sy uitspraak oorweging geskenk het aan die oplegging van 'n
lang termyn van gevangenisstraf, as
'n moontlike alternatiewe vonnis tot die
oplegging van die doodstraf nie. Alhoewel die Verhoorregter nie in sy uitspraak
uitdruklik
melding maak van die moontlike al= ternatief van gevangenisstraf in
plaas van die doodstraf nie, is dit na my mening heeltemal ondenkbaar
dat hy nie
inderdaad daardie moontlike alternatief oorweeg het nie. Waar 'n Verhoorregter
in 'n ernstige verkragtingsaak oor= weeg
of hy die diskresionêre
doodvonnis gaan oplê, kan
/hy ...
18
hy nie anders as om terselfdertyd die alternatief van gevangenisstraf
te oorweeg nie, want hierdie twee moont= likhede is per slot
van sake die
enigste alternatiewe waaroor hy denkbaar kan besin.Maar die betoog was verder
dat die Verhoorregter dan hier gefouteer
het deur nie in sy uitspraak aan die
appellant te verduide= lik waarom hy besluit het om nie gevangenisstraf op te
lê in plaas
van die doodstraf nie. Hierdie betoog het ook niks om die lyf
nie.Die Verhoorregter het gesê dat die doodstraf na sy mening
die gepaste
straf is, in die lig van die ernstigheid van die misdaad wat hier gepleeg is en
al die ander feite van die geval. Die
ernstigheid van die misdaad en die ander
feite van die geval blyk uit die voorafgaande uiteensetting vervat in sy
uitspraak. As 'n
kwessie van eenvoudige logika rmoet die oorwegings wat die
Verhoorregter gelei het tot sy mening dat die doodstraf die gepaste straf
was,
terselfdertyd ook die oorwegings was waarom hy gevange=
/nisstraf ...
19.
nisstraf nie as 'n gepaste straf beskou het nie.
Dit was nie nodig nie - trouens, dit sou onsinnig gewees het - om weer alles te
herhaal
wat hy alreeds in sy uitspraak behandel het.
Die tweede grond wat die appellant se advokaat ter ondersteuning van sy
betoog aangevoer het, het hier= op neergekom:'n lang termyn
van gevangenisstraf
in die huidige geval sou 'n gepaste vonnis gewees het, met die oog op die
bekende aspekte van straftoemeting,
soos afskrikking, vergelding, rehabilitasie,
en so meer; die doodvonnis vir verkragting behoort slegs opgelê te word as
dit
die enigste gepaste straf in die omstan= dighede van die geval is; daaruit
volg dit dat die doodstraf in die huidige geval 'n skokkende
onvanpaste vonnis
is. Na my mening is die benadering wat in hierdie betoog weerspieël word
verkeerd. Dit negeer die fundamentele
uitgangspunt dat die Verhoorregter beklee
was met 'n diskresie om op die gepaste vonnis te
/besluit ...
20.
besluit.Die betoog is onlogies en in stryd met
die werklikheid, want dit veronderstel dat, soos 'n mens tussen die dag en die
nag
kan onderskei, dit objektief moontlik is om met sekerheid 'n skeidslyn te
trek tussen gevalle van verkragting waar 'n lang termyn
van gevange= nisstraf,
sê 20 jaar, nie 'n gepaste vonnis sou wees nie en dus slegs die doodstraf.
aangewese sou. wees, en gevalle
waar dit nie die posisie is nie.In die prak= tyk
is so 'n presiese skeidslyn, behalwe miskien in uit= sonderlike gevalle, nie
bestaanbaar
nie.Dit kan nie wees dat, bloot omdat 'n vonnis van sê 20 jaar
gevangenis= straf nie 'n opvallend onaanvaarbare vonnis sou
gewees het nie, dit
daarom volg dat die doodstraf nie 'n gepaste vonnis is nie.Die starheid van die
gedagte dat die doodstraf vir
verkragting slegs opgelê kan word as dit die
enigste gepaste straf is, is verwerplik. Dit is in werklikheid 'n poging om, in
'n ander gedaante, die spook van die sogenaamde "uiterste gevalle" te laat
/herrys ....
21.
herrys, nadat dit alreeds besweer is deur die
uitspraak van hierdie Hof in
S v Tshomi en 'n Ander
1983 (2) S A 662
(A)
op 666. Dit is inderdaad opvallend dat in die aanhaling uit
S v K en 'n
Ander
1972 (2) S A 898
(A) op 902 A, wat in die
Tshomi
-saak bespreek
is (kyk op 666 D-E), die frase "uiterste gevalle" direk gelyk= gestel is aan
"gevalle waar dit by oorweging blyk dat
selfs 'n
lang tydperk van
gevangenisstraf in die betrokke omstandighede nie 'n gepaste straf sou wees nie"
, wat maar net 'n ander manier is
om te sê dat die doodvonnis die enigste
gepaste vonnis sou wees. Alles wat die HOOFREGTER in
Tshomi
se saak
gesê het oor "uiterste gevalle" is gevolglik eweseer van toepassing op die
gedagte dat die doodstraf die enigste gepaste
straf moet wees.
Ter ondersteuning van die eerste twee gronde van die betoog namens die
appellant, hierbo bespreek, het sy advokaat staatgemaak op
twee uitsprake van
hierdie
/Hof ...
22
Hof:
S v Swem
, gelewer op 28 November 1986
en onge= rapporteer, en
S v Bapela and Another
1985 (1) S A 236
(A) . Die
uitspraak in
Swem
se geval hoef nie apart in oënskou geneem te word
nie, omdat daarin slegs met goedkeuring verwys is na 'n gedeelte van die
uitspraak
in die
Bapela
-saak. Die uitspraak in die Bapela-saak moet van
naderby beskou. word, omdat daarin uitlatings voorkom wat op die oog af wel
steun
skyn te bied aah die bogenoemde twee gronde van die betoog namens die
appellant. Hierdie uitlatings kom voor in twee pas= sasies
in die uitspraak van
VILJOEN AR. Die eerste is op 245 B, waar daar gesê word dat
" .... the death penalty should only be re= sorted to where, having regard to
all the relevant considerations, it is the only ap=
propriate sentence to be
imposed."
Die tweede is op 245 F-G, waar daar, in
die loop van
'n kritiese bespreking van die uitspraak van die
Verhoor=
regter in daardie saak, die volgende gesê word:
/"Admittedly ...
* Sedert die skrywe hiervan
gerapporteer as
S v S
1987 (2) S A 307
(A).
23.
"Admittedly it was a serious case but there is no indication in the judgment on
sentence that the learned trial Judge considered
whether an alternative
sentence, such as a lengthy term of imprisonment, would not suf= ficiently have
satisfied the deterrent, puni=
tive and reformative aspects of punishment. Save
for emphasizing the seriousness of the offences he has not stated why he
regarded
the death sentence as the only appropriate
sentence."
Alhoewel die aangehaalde uitlatings,
volgens die oënskyn= lik algemene strekking daarvan, op die oog af lyk asof
hulle ook op
die huidige geval van toepassing kan wees, is dit inderdaad tog nie
die posisie nie, soos sal blyk uit 'n noukeurige ontleding van
die samehang
waarin hulle gemaak is, naamlik die hele beredenering van VILJOEN AR wat begin
op 244 B en loop tot 246 B, gelees teen
die agtergrondsomstandighede van daardie
saak. Drie beskuldigdes het voor VERMOOTEN R en assessore teregge-staan op 'n
aantal aanklagte,
waarvan die hoofaanklag een was van roof met verswarende
omstandighede. 'n Skeiding van verhore is gelas met betrekking tot
beskuldigde
/3 ...
24
3, sodat die verhoor van slegs beskuldigdes 1 en 2 voor
VERMOOTEN R voortgegaan het. Hulle is skuldig bevind, onder andere op die
hoofaanklag, en ten opsigte daarvan het VERMOOTEN R elk van hulle die
diskresionêre doodstraf opgelê. Beskuldigde 3 is
afsonderlik verhoor
voor MARGO R, en is ook op die hoofaanklag skuldig bevind, maar hy is gevonnis
tot 20 jaar gevangenisstraf.Be=
skuldigdes 1 en 2 het teen hulle vonnisse
geappelleer. In sy uitspraak het VILJOEN AR daarop gewys (op 244 B/C) dat
VERMOOTEN R die
doodstraf opgelê het in die uitoefening van sy diskresie,
en in dië verband verwys na die uitspraak van HOLMES AR in
S v
Letsolo
1970 (3) S A 476
(A).Laasgenoemde saak het gegaan oor die oplegging
van die diskresionêre doodstraf in die geval van moord waar daar bevind
word dat versagtende omstan= dighede aanwesig is, ingevolge artikel 330 (1) van
die vorige Strafproseswet (artikel 277 (2) van die
huidige Strafproseswet).
VILJOEN AR het die volgende gedeelte
/van ...
25
van die uitspraak van HOLMES AR aangehaal:
".... the trial Judge has a discretion, to be exercised judicially on a
consideration of all relevant facts including the criminal
record of the
accused, to decide whether it would. be appropriate to take the drastically
extreme step of ordering him to forfeit
his life; or whether some alternative,
short of this incomparably utter extreme, would sufficiently satisfy the
deterrent, punitive
and reformative aspects of sentence. The possibility of.
such an alternative should be considered by the trial Judge, in view of
the
words 'the Court may impose any sen= tence other than the death sentence' in the
proviso to s 330 (1) of the Code. And it should
be weighed with the most anxious
de= liberation for it is, literally, a matter of life and
death."
HOLMES AR het hier uiteengesit wat die
benadering moet wees van 'n Verhoorregter wat besin oor die uitoefening van sy
diskresie ten
opsigte van die oplegging van die doodstraf.. Dit is duidelik uit
die uitspraak van VILJOEN AR dat dit juis met die oog daarop was
dat hy die
woorde van HOLMES AR aangehaal het, soos blyk uit wat hy daarna sê (op 244
F) , en waarna ek nou-nou sal
/verwys . ..
26.
verwys. Dit is nodig om daarop te wys dat HOLMES
AR in die aangehaalde passasie sekerlik nie te kenne gegee het dat hierdie Hof
op
appêl sonder meer sy eie beskouing en toepassing van die betrokke
oorwegings in die plek sou kon stel van dié van die
Verhoorregter nie.
Die teendeel blyk uit 'n ander uitspraak van HOLMES AR, in
S v Kok
,
gelewer op 13 September 1973, waarna verwys word in
S v Tshomi en 'n Ander
supra
op 666 G en ook in
S v M
1976 (3) S A 644
(A) op 651 D. In
laas= genoemde saak (op 651 F) is die volgende woorde van HOLMES AR in
S v
Kok
aangehaal, met verwysing na die uitoefening van die Verhoorregter se
diskresie in 'n geval van die oplegging van die doodstraf vir
verkragting, en
die afwesigheid van enige mistasting in dié verband:
"Accordingly, this Court, lacking such dis= cretion and the atmosphere of the
trial Court, and the learned Judge's sight and impression
of the appellant,
cannot hold that there was an improper exercise of judicial discretion
warranting interference on appeal."
/In ...
27.
In die
Bapela
-saak het VILJOEN AR, na aanleiding van
sy aanhaling uit die
Letsolo
-saak, soos hierbo weerge= gee, en met
verwysing na die vonnisoplegging van VER= MOOTEN R, in teenstelling met
diè van MARGO
R, die vol= gende gesê (op 244 F):
"Did the learned trial Judge consider the possibility of an alternative to the
death sentence with the most anxious deliberation?
MARGO J certainly
did."
Die vraagstelling in hierdie aanhaling bevat
die sleutel tot die korrekte beskouing van die hele beredenering van VILJOEN AR
wat daarop
volg. Die ondersoek was naamlik of VERMOOTEN R die uitoefening van sy
diskresie op die wyse benader het wat vereis word volgens die
uiteensetting van
HOLMES AR. Alles was dus toegespits op wat ek vroeër genoem het die
grondbeginsel: of die Verhoorregter sy
diskresie op 'n behoorlike en redelike
wyse uitgeoefen het. Om dit te bepaal, het VILJOEN AR eerstens verwys na wat
MABGO R gesê
het toe hy die oorspronklike beskuldigde 3 gevonnis het tot
20 jaar
/gevangenisstraf ...
28.
gevangenisstraf op die hoofaanklag. Ek wil net
ter= loops daarop wys dat die stelling van MARGO R (aangehaal op 244 H/I) dat
die doodstraf
nie opgelê word nie
".... unless there is an absolute compulsion
to that
end "
met eerbied gesê, nie aanvaarbaar is
nie. Dit stel 'n te hoë en te strakke voorvereiste vir die oplegging van 'n
diskresionêre
doodvonnis. Die uiteensetting van HOLMES AR in die
Letsolo
-saak, hierbo aangehaal, wát nog altyd as 'n gesaghebbende
beskrywing van die korrekte benadering beskou is, bied sekerlik
geen steun vir
die stelling van MARGO R nie. In die aanhaling wat VILJOEN AR gee uit MARGO R se
uitspraak, word daar verwys na
S v Tshomi en 'n Ander supra
en na
S v
Sithole en Andere
1983 (3) S A 610
(A) . In hierdie verband meld VILJOEN AR
(op 244 I) dat daar in die
Tshomi
-saak gewaarsku is teen 'n letterlike
opvatting van die uit= drukking "extreme case", en dat daar in die
Sithole
-saak daarop gewys is dat die moontlikheid dat 'n skuldig
/bevinde ...
29.
bevinde rower gerehabiliteer kan word, nie
beteken dat 'n tydperk van gevangenisstraf die enigste gepaste straf is nie,
maar dat dit
slegs iets is wat oorweeg moet word saam met al die relevante
omstandighede, versagtend en verswarend. Daarna gaan VILJOEN AR soos
volg voort
(op 245 B):
"I agree, however, with MARGO J that subject to these considerations the broad
principle remains and that is that the death penalty
should only be resorted to
where, having re= gard to all the relevant considerations, it is the only
appropriate sentence to be imposed.
The consideration should always be that
which was expressed by HOLMES JA in
Letsolo
's case
supra
in the
following words:
'.... whether some alternative,
short of this incomparably utter extreme, would sufficiently satisfy the
deterrent, puni= tive and
reformative aspects of punish= ment.Hierdie gedeelte
van die
Bapela
-uitspraak noodsaak kom= mentaar in twee opsigte. In die
eerste plek is ek oortuig daarvan dat VILJOEN AR nie bedoel het dat sy verwysing
na die doodstraf as "the only appropriate
/sentence ...
30.
sentence to be imposed" in 'n letterlike sin
verstaan moes word nie. Hy het pas vantevore melding gemaak van die Tshomi-saak,
waarin
beslis is dat die uitdruk= king "uiterste geval" nie letterlik opgevat
moet word nie.Soos ek vroeer reeds opgemerk het, na aanleid=
ing van wat
gesê is in
S v K en 'n Ander supra
., is die gedagte van 'n
"uiterste geval" noodwendig gekoppel aan die gedagte van die doodstraf as "die
enigste gepaste vonnis".As
die een uitdrukking nie letterlik opge= neem kan word
nie, kan die ander ook nie letterlik opge= neem word nie.Na my oordeel het
VILJOEN AR klaar= blyklik maar net op 'n grafiese wyse uiting gegee aan die
gedagte dat die Verhoorregter die moontlike oplegging
van die uiterste vonnis
met die grootste omsigtigheid moes oorweeg het, binne die raamwerk van HOLMES AR
se uiteensetting in die
Letsolo
-saak.In die tweede plek is dit duidelik
dat VILJOEN AR nie beoog het om n algemeen-geldende, objektiewe maatstaf neer te

/waarvolgens ...
31
waarvolgens hierdie Hof self, ter substitusie van die
Verhoorregter se diskresie, moet beslis of die doodstraf die gepaste vonnis
is-nie.Soos reeds gesê, was sy ondersoek toegespits op die vraag of die
Verhoorregter sy diskresie behoorlik en redelik uitgeoefen
het. Dit blyk ook uit
wat VILJOEN AR voortgegaan het om te sê (op 245 C/D):
"A perusal of the learned trial Judge's re= marks on sentence on count 1
satisfies me that,
in spite of his assertion that he held all the factors in
fine balance
and that he was cautious not to overemphasize one at the cost
of the other, he laid particular stress on the seriousness of the offence
and
he failed to weigh this up properly w.ith the mitigating
factors
."
Die woorde wat. ek beklemtoon het,
toon aan dat die Hof in die uitspraak van VERMOOTEN R voldoende aanduidings
gevind het om 'n bevinding
te regverdig dat hy sy dis= kresie nie op 'n redelike
wyse uitgeoefen het nie. Dit blyk ook uit die verdere bespreking van sy
uitspraak
deur VILJOEN AR, vanaf 245 D tot H, waarin die opmerk= ings voorkom
(op 245 F-G) wat ek vroeër hierbo aangehaal
/het ...
32.
het, in verband met VERMOOTEN R se versuim om aan te dui dat
hy 'n alternatiewe vonnis van gevangenisstraf oorweeg het en waarom hy
die
doodstraf as die enigste gepaste vonnis beskou het. VILJOEN AR het voorts ook
daarop gewys dat VERMOOTEN R '
n
feitelike mistasting begaan het, wat op
sigself nie belangrik was nie, maar tog in aanmerking geneem is in die samehang
van sy al=
gemene benadering tot die uitoefening van sy diskresie. Al hierdie
oorwegings het dan uiteindelik gelei tot die bevinding van VILJOEN
AR op 246
A/B:
"Inasmuch as VERMOOTEN J had misdirected himself, it is the duty of this Court
to impose sentence afresh."
Die voorgaande ontleding
van die uitspraak in die
Bapela
-saak toon aan dat hierdie Hof in daardie
saak daarvan oortuig was dat die Verhoorregter nie sy diskresie op 'n redelike
manier uitgeoefen
het nie, uit hoofde van die inhoud van die Verhoorregter se
uitspraak met vonnisoplegging en met verwysing na die besondere
/omstandighede ...
33.
omstandighede van daardie geval.In aansluiting by die algemene opmerkings wat
ek vroeër in hierdie uit= spraak gemaak het, sou
dit verkeerd wees om
brokkies uit die verband van die
Bapela
-uitspraak te haal en dit op die
omstandighede van die huidige saak van toe= passing te probeer maak. In
teenstelling met die posisie
in die
Bapela
-saak, is daar in die huidige
saak geen aanduiding hoegenaamd te vind in die uitspraak van die Verhoorregter
dat hy die uitoefening
van sy diskresie nie met die grootste omsigtigheid
benader het of dat hy in enige opsig 'n mistasting begaan het nie.Gevolglik bied
die
Bapela
-saak geen steun aan die betoog namens die appellant in hierdie
saak nie.
Die derde grond wat die appellant se advokaat aangevoer het ter ondersteuning
van sy betoog, het op die volgende neergekom: hierdie
Hof moet homself die vraag
afvra of hy, as hof van eerste instansie, die appellant die doodvonnis sou
opgelê het; die vraag
/behoort ...
34.
behoort ontkennend beantwoord te word, vanweë sekere
oor= wegings wat aan ons voorgelê is (waarop ek later sal terugkom);
gevolglik is daar so 'n treffende wanverhoud= ing tussen die vonnis wat hierdie
Hof sou opgelê het en dié wat die Verhoorregter
opgelê het,
dat hierdie Hof verplig is om in te gryp en die vonnis te verander. Die
appellant se advokaat het aanvaar dat die
strekking van hierdie betoog in stryd
is met die benadering van hierdie Hof in
S v M
1976 (3) S A 644
(A) op
650, soos dit ook in daaropvolgende sake toegepas is (kyk bv
S v Ntuli
1978 (1) S A 523
(A) op 527 D), en het derhalwe aangevoer dat die benadering in
S v M
verkeerd was en omvergewerp behoort te word.Dit is dus nodig om die
beslissing in
S v M
van naderby te beskou.
In
S v M
was die Hof gemoeid met 'n appèl teen 'n doodvonnis
wat opgelê was vir verkragting. Daar is nie aangevoer namens die
appellant
dat die Verhoorregter 'n mistasting begaan het of dat daar enige
onreëlmatigheid
/begaan ...
35.
begaan is nie (kyk op 648 G); die ondersoek was
dus net toegespits op die redelikheid of andersins van die wyse waarop die
Verhoorregter
sy diskresie uitgeoefen het. Om my sienswyse te verduidelik van
wat MULLER AR in sy uitspraak in hierdie verband gesê het,
sonder om
verstrik te raak in '
n
verwarring van woorde, is dit nodig om taam= lik
breedvoerig uit sy uitspraak aan te haal, en ter wille van gerief van
terugverwysing
sal ek dit doen by wyse van genommerde paragrawe.Nadat MULLER AR
ver= skillende uittreksels uit vorige uitsprake aangehaal het, het
hy die
volgende gesê:
"(1) Soos uit die voorgaande passasies blyk, is daar oor die jare verskillende
toetse toegepas vir die vasstelling of '
n
opge= legde straf sodanig is
dat hierdie Hof bevoeg is om daarmee in te meng. So het hierdie Hof, bv., soms
vir homself die vraag
afgevra of die vonnis waarteen geappelleer word
skokwekkend is (,,induces a sense of shock"), in sommige gevalle weer was die
vraag
of die vonnis skrik= wekkend onvanpas is ("startlingly inap= propriate")
en dan weer in ander gevalle of daar 'n treffende wanverhouding
("striking
/disparity") ...
36.
disparity") is tussen die opgelegde vonnis en die vonnis wat hierdie Hof sou
opgelê het indien hy as 'n hof van eerste instansie
sou opgetree het.
(2) Na my mening kom die verskille in termino= logie maar net neer op
verskillende wyse waarin 'n praktiese toets geformuleer is om
'n antwoord te
vind op die vraag wat eintlik beantwoord moet word, naamlik, of die ver= hoorhof
redelikerwyse die diskresie uitge=
oefen het wat aan hom toevertrou is, of, soos
dit soms net anders gestel word, of dit gesê kan word dat geen redelike
hof die
vonnis sou opgelê het nie wat deur die ver= hoorhof opgelê
is.
(3) Ek meen dat die toets of daar 'n
treffende
wanverhouding is
tussen die straf wat die
verhoorhof opgelê het en dié wat
hierdie
Hof sou opgelê het, 'n praktiese en handige
toets is wat in
baie gevalle effektief toe=
gepas kan word. Ek dink bv. aan die ge=
valle
waar die verhoorhof 'n termyn van ge=
vangenisstraf oplê en hierdie Hof
meen dat
hy ook gevangenisstraf sou opgelê het, maar
wel vir 'n
korter termyn.Die vergelyking,
ten einde te bepaal of daar 'n
treffende
wanverhouding bestaan, is dan maklik.
(4)Myns insiens is dit egter moeiliker, of kan dit selfs onvanpas wees, om
daardie toets toe te pas in 'n geval sops die onder= hawige
waar die verhoorhof,
in die uit=
/oefening ....
37.
oefening van sy diskresie, die doodstraf
opgelê het. Dit skyn vir my dat in so 'n geval die moontlikheid bestaan
van 'n be=
skouing dat, indien hierdie Hof van mening sou wees dat hy nie die
doodstraf sou opge= lê het nie maar wel 'n
lang termyn van ge=
vangenisstraf, daar bloot op daardie basis besluit kan word dat daar 'n
treffende wan= verhouding is tussen die
doodstraf wat op= gelê is en
gevangenisstraf, vir hoe lank ook al die termyn mag wees, wat hierdie Hof sou
opgelê het.
Om bloot op die basis van so '
n
besluit in te gryp, en
dan 'n vonnis op te lê wat hierdie Hof as gepas beskou, sou daarop neerkom
dat hierdie Hof die diskresie
uitoefen wat deur die Wetgewer aan die ver=
hoorhof toevertrou is, wat nie reg sou wees nie want, voordat hierdie Hof kan
ingryp,
moet hy tevrede wees dat geen redelike Hof die doodstraf sou
opgelê het nie.
(5) Op grond van voornoemde oorwegings kom dit my voor dat in die onderhawige
geval dit nie gepas sou wees om die treffende wanverhoud=
ingtoets toe te pas
nie maar om liewer die vraag te stel, wat, soos ek reeds hierbo gesê het,
die vraag is wat eintlik beantwoord
moet word, en dit is of dit, in die lig van
al die omstandighede van die saak, gesê kan word dat geen redelike Hof die
doodstraf
sou opgelê het nie."
In paragraaf (2) het MULLER AR "die vraag wat eintlik be= antwoord moet word"
op twee alternatiewe maniere geformuleer,
/wat ...
38.
wat hy klaarblyklik as gelykwaardig in uitwerking beskou het. Aangesien die
twee formulerings as verwisselbaar langs mekaar gestel
is, staan dit 'n
mens vry om kommentaar te lewer oor die verskille in die bewoording daarvan
en om na gemeenskaplike grond tussen die twee te soek,
Die tweede formulering,
"dat geen redelike hof die vonniis sou opgelê het nie wat deur die
verhoorhof opgelê is", het
na my oordeel die nadeel dat dit moontlik die
indruk kan skep dat ingryping slegs geoorloof is as die vonnis van die
Verhoorregter
so verregaande onredelik is dat dit bykans grens aan die absurde,
wat natuurlik nie die geval is nie. Daarteenoor het die eerste
formulering, "of
die verhoorhof redelikerwyse die diskresie uitgeoefen het wat aan hom toevertrou
is", na my oordeel moontlik die
nadeel dat dit nie ten volle uiting gee nie aan
die gedagte dat ingryping slegs geoorloof is as die Hof op appel oortuig is
daarvan
dat die Verhoorregter sy diskresie op 'n onredelike wyse uitgeoefen het.
Met die oog op
/hierdie ...
39.
hierdie oorwegings is ek van mening dat die twee formu=
lerings genoem deur MULLER AR saamgesnoer kan word in een enkele vraag: of
die
Verhoorregter redelikerwyse die vonnis kon opgelê het wat hy wel
opgelê het. Dit is die deurslaggewende vraag: as
die antwoord daarop be=
vestigend is, is dit die einde van die saak. Daardie vraag lê ook ten
grondslag van die sogenaamde
treffende wanverhouding-toets, wat deur MULLER AR
bespreek word in paragraaf (3), met verwysing na '
n
vonnis van
gevangenis= straf. In dié verband word die genoemde toets aangewend
wanneer hierdie Hof aan die hand van wat in
die oorkonde verskyn op appèl
'n besliste mening kan huldig aangaande die vonnis wat hy in die eerste
instansie sou opgelê
het en waar daar 'n treffende verskil is tussen
sodanige vonnis en dié wat die Verhoorregter opgelê het.Dit sou
egter
onrealisties wees om nie die feit onder die oë te sien nie dat die
bepaling van 'n spesifieke tydperk van gevange= nisstraf
in 'n gegewe geval nie
volgens enige eksakte,
/objektief-geldende ...
40. objektief-geldende maatstaf kan geskied nie,
en dat daar
dikwels 'n
area van onsekerheid kan bestaan waarbinne
menings oor die gepaste termyn van gevangenisstraf geldig= lik kan verskil; in
so 'n geval,
selfs al sou hierdie Hof meen dat hy 'n heelwat ligter vonnis sou
opgelê het, sou hy nogtans nie ingryp nie, omdat die nodige
oortuiging sou
ontbreek dat die Verhoorregter nie redelikerwyse die vonnis kon opgelê het
waarop hy besluit het nie (vgl
R v Alwyn
1955 (3) S A 207
(A) op 213 B-D;
S v Sibiya
1973 (2) S A 51
(A) op 58 B - 59 A? en
S v Skenjana
1985 (3) S A 51
(A) op 54 I - 55 F). Dieselfde soort oorwegings is ook van
toepassing by ernstige gevalle van verkragting, waar dit gaan om die
teenstelling
tussen die oplegging van die diskresionêre doodstraf en die
oplegging van '
n
lang termyn van gevangenisstraf.Daar is gevalle wat 'n
mens kan noem ware grensgevalle, waar dit onmoontlik is om kategories te
konstateer
dat slegs òf die een òf die ander soort straf die
gepaste vonnis sou wees; gevalle dus waar daar ruimte is vir geldige
meningsverkille en waar 'n diskresie redeliker=
/wyse ...
41.
wyse uitgeoefen kan word na die een óf na die ander
kant toe. Na my mening is dit hierdie werklikheid wat 'n mens onder die

moet sien, wat ten grondslag lê van die be= denkings wat MULLER AR in
paragraaf (4) uitgespreek het oor die toepassing
van die treffende
wanverhouding-toets in hierdie verband. MULLER AR se besorgdheid in para= graaf
(4) was klaarblyklik daarop toegespits
dat hierdie Hof nie behoort in te gryp
"
bloot
" op die basis dat hy sy diskresie, as dit aan hom in die eerste
instansie sou toe= gekom het, anders sou uitgeoefen het as wat die
Verhoor=
regter sy diskresie, soos dit aan hom toevertrou is, in= derdaad uitgeoefen het
nie. Dit kom dus net hierop neer dat hierdie
Hof nie sonder meer sy eie oordeel
oor 'n ge= paste vonnis in die plek sal stel van die oordeel van die
Verhoorregter nie. Maar dit
sluit nie die moontlikheid uit dat hierdie Hof
homself die vraag kan afvra of hy in die eerste instansie die doodvonnis sou
opgelê
het, en indien hy oortuig is daarvan dat hy dit nie sou gedoen het
nie, dat dit sou kon lei tot ingryping en die tersydestelling
/van ...
42.
van die doodvonnis wat die Verhoorregter opgelê het nie. Ek glo nie dat
MULLER AR dit te kenne wou gee deur die bedenkings wat
hy in paragraaf (4)
uitgespreek het nie. In gevalle anders as die ware grensgevalle waarna ek hierbo
verwys het, meen ek dat 'n
bevinding van hierdie Hof dat hy nie in die
eerste instansie die doodvonnis sou opgelê het nie, wel moontlik kan lei
tot die
gevolg= trekking dat die Verhoorregter nie sy diskresie op 'n redelike
wyse uitgeoefen het toe hy sodanige vonnis op= gelê
het nie. Dit is
insiggewend dat MULLER AR sé be= denkings toegespits was op die oorweging
genoem in die laaste paar woorde
van paragraaf (4):
".... voordat hierdie Hof kan ingryp, moet hy tevrede wees dat geen redelike Hof
die doodstraf sou opgelê het nie."
Met
"tevrede wees" het MULLER AR klaarblyklik bedoel: "oortuig wees daarvan", en, na
aanleiding van wat ek vroeër gesê
het, is die uitdrukking "dat geen
redelike Hof die doodstraf sou opgelê het nie", vervangbaar deur
/die ...
43
die woorde "dat die Verhoorregter nie redelikerwyse die doodvonnis kon
opgelê het nie". Dit is moeilik om in te sien hoe daardie
toets toegepas
kan word sonder om hoege= naamd te oorweeg watter vonnis hierdie Hof in die
eerste instansie sou opgelê het.
MULLER AR se besluit in para= graaf (5)
om nie die treffende wanverhouding-toets in daardie saak aan te wend nie,
beteken na my mening
slegs dat hy, in die omstandighede van daardie geval, van
oor= deel was dat selfs al sou die Hof van mening gewees het dat hy nie
in die
eerste instansie die doodstraf sou op= gelê het nie, dit nie sou gelei het
tot die gevolgtrekking dat die Verhoorregter
dit nie redelikerwyse kon gedoen
het nie. Dit beteken nie dat die genoemde toets nooit in ander sake aangewend
kan word nie. Terselfdertyd
is dit noodsaaklik om weer eens te beklemtoon dat
die uiteinde= like, deurslaggewende vraag steeds bly: kon die Verhoor= regter
rederlikerwyse
die doodstraf opgelê het? Dit sou gevolglik alleenlik sin
hê vir hierdie Hof om 'n bevinding
/te ...
44.
te boekstaaf dat hy in die eerste instansie nie die dood= straf sou
opgelê het nie, indien die omstandighede van die saak van
so 'n
aard is dat daardie bevinding aanleiding gee tot die verdere bevinding dat
hierdie Hof oortuig is daarvan dat die Verhoorregter nie
redelikerwyse die dood=
straf kon opgelê het nie. In die afwesigheid van so= danige verdere
bevinding sou dit onnodig en selfs
onwens= lik wees vir hierdie Hof om hom uit
te laat oor watter vonnis hy in die eerste instansie sou opgelê het.
Om op te som, is my sienswyse van die beslissing in
S v M
dat dit nie
die appellant se advokaat in die huidige saak verhinder om hierdie Hof te vra om
te oor= weeg of hy in die eerste instansie
die appellant die dood= straf sou
opgelê het nie, maar dat sodanige oorweging alleenlik ter sake is met die
oog op die beantwoording
van die vraag of hierdie Hof oortuig is daarvan dat die
Verhoorregter nie redelikerwyse die appellant die doodstraf kon opgelê
het
nie. Dit is op daardie grondslag dat ek
/vervolgens ...
45.
vervolgens verwys na die verskillende oorwegings wat die appellant se
advokaat aan ons voorgelê het ter onder= steuning van
sy betoog in hierdie
verband.
Ons is verwys na 'n aantal artikels wat gepub= liseer is aan die einde van
die vorige en die begin van die huidige eeu, waaruit afgelei
kan word dat die
dood= straf vir verkragting aan die Kaap destyds feitlik in onbruik verval het,
en na 'n verslag van 'n Kommissie
in 1913 wat die behoud van die doodstraf vir
verkragting voorgestaan het, hoofsaaklik met die oog op aanrandings van
primitiewe swart
mense op blanke vrouens. Daar is aangevoer dat die doodstraf
vir verkragting gebaseer was op 'n ridderlike begeerte om die swakker
geslag te
beskerm, en op 'n hoë waardering vir die kuisheid van vroue, wat
weerspieël word in die beweerde argaïese
uitdrukking dat verkragting
vir 'n vrou "a fate worse than death" was. Al hierdie oorwegings, so is daar
betoog, het in die heden=
daagse samelewing onvanpas geword, weens die
emansipasie
/van ...
46.
van die vrou en die veranderings wat ingetree het in rasseverhoudings en die
beskawingspeil van alle bevolk= ingsgroepe. Ek het geen
voorneme om hierdie
submissies puntsgewyse te behandel nie. Hulle was almal daarop gemik om te
probeer aantoon dat die belange van
die ge= meenskap in die moderne tyd nie
vereis dat die doodstraf vir verkragting opgelê moet word nie, behalwe in
wat die appellant
se advokaat beskryf het as "incomparably utter extreme cases".
Na my mening is dit genoeg om te sê dat ek hoegenaamd nie met
hierdie
betoog saamstem nie, en dat dit summier verwerp word.
Ten slotte is daar aangevoer dat die geweld= pleging wat die appellant op die
klaagster toegepas het nadat die verkragting afgehandel
is, nie in aanmerking
geneem kon word by die oorweging van 'n gepaste straf nie. Na my mening is die
betoog ongegrond. Die appellant
se optrede was '
n
aaneengeskakelde,
volgehoue aanranding op die klaagster en die Verhoorregter was geregtig om
die
/totale ...
47.
totale beeld van die appellant se optrede in aanmerking te neem by die
oorweging van '
n
gepaste straf.
Die uiteindelike gevolgtrekking is dat hierdie Hof nie kan bevind dat die
Verhoorregter met die opleg= ging van vonnis sy diskresie
nie op 'n behoorlike
en rede= like wyse uitgeoefen het nie. Daar bestaan gevolglik geen gronde waarop
hierdie Hof kan ingryp en die
vonnis verander nie.
Die appèl word van die hand gewys.
A.S. BOTHA AR
RABIE WN HR STEM SAAM