About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 98
|
|
S v Joubert (SS 185/2003) [2003] ZAWCHC 98 (7 August 2003)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRlKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
: SS.
185/2003
DATUM
: 7
AUGUSTUS 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
PAWID
JOUBERT
VONN1S
N
C ERASMUS, R
:
Mnr
Joubert, dit is nie 'n maklike taak om vonnis op te le in 'n saak
soos hierdie nie. Daar is verskeie oorwegings wat ek in ag
neem wat
insluit u persoonlike omstandighede met inbegrip van wie
u
is, waarvandaan u kom en wat die toekoms moontlik vir u kan inhou;
die breer gemeenskap daarbuite, hulle verwagtinge, hulle vrese
en
overal hulle belange; die slagoffer ten opsigte van aanklagte 2 en 3,
haar belange, haar vrese, haar verwagtinge; die feite
van hierdie
saak en onder andere
r
dat 'n persoon wat bejaard was, seker ook uitgesien het na sy aftrede
en rus wie se
lewe
op 'n wreedaardige wyse geneem is. Nie net was sy lewe geneem nie,
maar u en u mededader het absolute minagting getoon teenoor
die
liggaamlike integriteit van daardie persoon. Hy was nie net
vasgebind, hande en voete agter sy rug nie, maar 'n lyfband is
om sy
nek geplaas en hy is verwurg. Hy is ook steekwonde toegedien en asof
dit nie genoeg is nie, is sy skedel ingeslaan en: sy
liggaam daar in
die gemors, in die gras ingeplaas. Dit lyk asof sy gesig daar
ingedruk was en toe toegegooi was: met hierdie gras
en sand. Hy het
op 'n wyse gesterf wat in die minste beskryf kan word as onmenslik.
Hy
en sy vrou was in hierdie koninkryk van hulle veiligheid, hui huis en
hul erf. U en u vriend of mededader het dit binnegedring
en mev
Fourie daar aangehou terwyl u op u plundertog gegaan het. Met bate
min of weinig respek en deernis teenoor haar, 'n bejaarde
dame. U het
haar liggaamlike integriteit aangetas deur haar te ontktee, haar
privaatdele te ontbloot en te betas.
Dit
is hierdie tipe feite wat menigmaal lede van die gemeenskap noop om
uitroepe te loods en selfs aksies te loods teen die regspleging
en
hulle uitroepe is na wraak. Hulle uitroepe vra 'n oog vir 'n oog en
f
n
tand vir 'n tand en as iemand gesterf het of so iets aangedoen het,
moet die dader gedood word. Dit rs die uitroepe en die wense
van
groot dele van die gemeenskap. Ek kan my nie daarteen blind staar
nie, maar ek wens te onderskei tussen daardie wense en wat
ek moet
interpreteer as die belang van die gemeenskap.
Die
belang van die gemeenskap siuit in dat diegene, insluitende u self,
wat sulke handelinge loods, dat hulle behoorlik gestraf
word. Dat
hulle gestraf word in so 'n mate dat die gemeenskap weet dat hulle
kan vertroue het in die howe. Wanneer so 'n persoon
voor 'n hof
gebring word, dat hy gevonnis sal word tot 'n vonnis wat aanduidend
is daarvan dat die howe en die gemeenskap nie sulke
dade salduld nie.
Daardie boodskap moet baie duideltk uitgaan. Dit is moeilik om te
onderskei tussen die boodskap wat uitgestuur
moet word en dat u nre
nou op die aftaar geplaas moet word en geoffer word net om daardie
boodskap uit te stuur nie.
Dit
is wat dit so 'n moeilike taak maak want daar moet gebalanseer word.
Vonnisse in die algemeen het sekere doelistellings, wat
in si u it
die moontlikheid van rehabilitasie en 'n deeglike inagneming van u
persoonlike omstandighede en deeglike oorweging van
daardie
omstandighede ten einde te bepaai of dit moontlik is om u te
rehabiliteer en of dit in die belang van die gemeenskap is
dat u ooit
weer vrygelaat word.
Ek
is gedagtig aan die felt dat u
as't
ware vanaf 1972 voortdurend en met kort tussenposes in inrigtings
was. U ouderdom word aangegee as 50 jaar oud. Dit beteken dat
31 jaar
gelede is u vir die eerste maal na 'n verbeteringskool gestuur, wat
die gevolg het dat u op daardie stadium 19 jaar oud
was. Dit laat my
betwyfel of u ouderdom inderdaad is wat u se dit is, want u sou nie
na 'n verbeteringskool gestuur word as u oor
die ouderdom van 1 8 was
nie, maar dit daar gelaat. Ek sal in u guns aanvaar dat u dan op
daardie ouderdom na 'n verbeteringskool
gestuur was en dit was vir
niks minder as huisbrake nie. Daarna het u voortgegaan, dit is of
huisbrake en diefstal of diefstal
op sigself of pogings daartoe en
dit het progressief gevorder totdat u aan die einde
geweldsmisdadegeple^g het, aanrandirigs, besit
van gevaartike wapens,
besit van vuurwapens en ammunisie totdat u uiteindeKk in 1997 met die
gereg gebots het vir poging tot mooFd.
U is lang vonnisse opgele, u
is gewaarsku dat u tot gewoontemisdadiger verkiaar kan word. U se dat
u u onderwyspeil gelig het van
st.3 na st.6, maar verder blyk dit nie
of dit enige effek op u gehad het nie, want u is twee maande voor
hierdie voorval uit die
gevangehis vrygeiaat. U was steeds op parool
toe u hierdie weersinwekkende misdrywe gepteeg het.
Hierdie
misdrywe op sigseif, netom na die.aard.daarvan te kyk, is ernstig en
van die mees ernstigste. wat in ons howe voorkom. Wat
egter erg
verswarend teen u tel, is wat ek reeds genoem het, die feit dat dit
gepfeeg is in 'n persoon se huis, op sy perseel maar
wat ek glo
verswarend moet tel in. gevalle soos hierdie, is die feit dat
bejaarde persone was en op klagtes twee en drie aok 'n
vrou was,
toevallig 'n bejaarde vrou.. Howe en die regstelsel het, na my
mening, het 'n plig om daardie dele van ons gemeenskap
wat as gevotg
van of ouderdom of swak gesondheid of een of ander aspek wat beskryf
kan word as
r
n
gebrek, te beskerm en dat daar besondere beskerming verfeen word, dat
wanneer misdrywe gepleeg word teenoor persone wat in daardie
kategoriee val, vrouens, kinders, bejaardes en so meer, moet die
verswarende aspek van daardie misdrywe beklemtoon word
;
in die vonnisse. Sou dit nie behoorlik in ag geneem word, sal 'n Hof
sy plig versuim.
Die
skade wat aangerig is, is groot. 'n Lewe is geneem, finansiele skade
is aangerig, sielkundige skade is aangerig en dit gaan
verder as
bloot die slagoffers in die kleine in hierdie geval, die Hof kan
kennis neem van watter effek so 'n voorval, wat wyd
gepubliseer was,
op ons as 'n nasie het. Mense raak paranoVes, mev Fourie se vir ons
hulle het 'n kluis, maar hulle slaap met hulle
vuurwapens sommer hier
in die hangkas want jy weet nooit wat gaan om die volgende draai
gebeur nie. Hier was 'n wilde jaagtog deur
die strate. Is dit waartoe
ons strewe as 'n nasie? Die antwoord is nee, ons street na vryheid,
geregtigheid en om in vrede saam
met mekaar te lewe en dit is hierdie
tipe optredes wat daardie negatiewe beeld net vererger en die tyd het
aangebreek dat daar
'n stop aangesit word, 'n Stop moet daaraan gesit
word deurdat nie net die poiisie met optrede, soos wat hulle in
hierdie geval
opgetree het nie, moet voortgaan nie, maar ook dat die
howe behoorlike ondersteuning aan die gemeenskap moet gee ten einde
dit
te voorkom en weer daardie vertroue te skep. Genoeg daaroor.
Die
vraag ontstaan, watter vonnisse opgele moet word. Ek het geen
huiwering om te bevind dat ten opsigte van aanklag 1 die swaarste
vonnis wat 'n Hof kan opie in hierdie land; aan u. opgele behoort te
word omrede die erns van die misdryf dit vereis, maar ook
in 'n
balansering van die faktore, is dit vir my baie duidefik dat u nie
die geleentheid gegun moet word om binne die gemeenskap
te
funksioneer nie en my doel is, na my mening, in 'n ewewigtige
balansering van ai die faktore, om u permanent uit die gemeenskap
te
verwyder.
Wat
aankfag 2 aanbetref, is daar 'n minimum vonnis voorgeskryf deur die
Wetgewer - en met rede - want dit is 'n euwei wat getref
het en die
vonnisse wat die Wetgewer voorskryf is bloot die feit dat dit vervat
is nou in wetgewfng die gemeenskap se gevoel. Hierdie
misdryf kan
00
k
beskryf word as 'n plaasaanval wat
00
k
verry.kende gevolge vir ons as 'n gemeenskap en as 'n volk het.. In
die fig van.die omstandighede daarvan, is ek van mening dat
selfs die
minimum voorgeskrewe vonnis te min sal wees.
Op
die onsedeltke aanranding. aanklag, het ek die slagoffer in die hof
waargeneem. Sy is 'n sterk vrou, tenger dalk in bou, maar
emosioneel
sterk. Die wyse hoe sy haar getuienis afgele het, die wyse hoe sy
hierdie hefe aanval en inbreukmaking van haar regite
hanteer het. Sy
het vir ons gese af wat sy op staatgemaak het, is op die krag van Bo
en dit is baie duidelik dat dit dafk vir haar
'n inspirasie was en na
haar mening haar redding was maar sy is geiukkig dat sy
00
k
nie dalk die lewe veriaat het nie, maar u het haar hulpeloos gelaat,
onder andere, nadat u haar so onsedelik aangerand het, vasgemaak,
mond toegebind. Sy is 'n bejaarde vrou, jare lank haar fewe gewy aan
'n huwelik van 47 jaar. Ek kan my net indink watter effek
so 'n
liggaamlike aantasting van wHdvreemde kriminele boewe in haar huis op
haar sou gehad het om haar privaatdeie te ontbloot
en te betas. Ek is
mening. dat selfs op daardie aankfag gevangenisstraf van 'n redelike
lang termyn opgele behoort te word.
In
die lig van die kort opmerkings wat ek nou gemaak het, is ek van
mening dat die voigende vonnisse gepaste vonnisse is:
Op
aanklag 1, dit is die moordaanklag op mnr Abraham Fourie, word u
gevonnis tot
LEWENSLANG
E GEVANGENISSTRAF.
;
:
Op
aanklag 2, die roofaanklag, word u gevonnis tot
TWINTIG
(20)
JAAR
GEVANGEN1SSTRAF
.
Op
aanklag 3, die onsedelike aanrandingaanklag, word u gevonnis tot
SEWE
(7) JAAR G EVAN G EN ISSTR A F
.
Ek
is ook geroepe in die lig van Wetgewing om 'n bevel te maak oor u
geskiktheid om oor 'n vuurwapen te beskik, sover dit relevant
sou
wees, word
ONBEVOEG
VERKLAAR OM OOIT
'U
VUURWAPEN TE
BESIT.
N
C ERASMUS, R