About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 32
|
|
S v Booysen and Andere (SS60/2002) [2003] ZAWCHC 32 (22 July 2003)
Rapporteerbaar
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
[KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING]
SAAKNO: SS60/2002
In
die saak van:
DIE
STAAT
teen
MICHAEL
BOOYSEN Beskuldigde no. 1
RICARDO
WEPENER Beskuldigde no. 2
PETER
PAULSEN Beskuldigde no. 3
MOGAMAT
RAFIEK SNYDERS Beskuldigde no. 4
DINO
DANIELS Beskuldigde no. 5
KEITH
VAN DER WESTHUIZEN Beskuldigde no. 6
RICARDO
DE VILLIERS Beskuldigde no. 7
UITSPRAAK
GELEWER OP 22 JULIE 2003
_____________________________________________________________
H.J.
ERASMUS, R:
Inleiding
Hierdie
saak, wat reeds op 15 Oktober 2002 begin het, het met heelwat rukke
en stote verloop. Die gladde verloop van ân saak soos
hierdie verg
die samewerking nie net van die advokate wat namens die Staat en die
verdediging optree nie, maar ook van ân groot
verskeidenheid
amptenare verbonde aan verskillende departemente. Nou dat ons in die
peilvlak is, wil ek graag almal bedank wat hul
deel daartoe bygedra
het om die saak met die minste ontwrigting te laat verloop.
â
n
Groot deel van die tydsverspilling in hierdie saak is veroorsaak deur
probleme in verband met die regsverteenwoordiging van beskuldigde
een. Ook hierdie probleme is mettertyd oorkom, onder meer omdat Mev
Smit, wat aanvanklik net namens beskuldigde vyf opgetree het,
bereid
was om ook namens beskuldigde een in die bres te tree nadat sy haar
daarvan vergewis het dat daar geen botsing van belange
tussen
beskuldigdes een en vyf is nie.
Ek
wil graag ook my assessor, Mnr Tucker, bedank vir sy raad en bystand.
In die besonder wil ek hom bedank vir die lang ure wat hy
saam met my
deurgebring het in die bespreking van die saak en die voorbereiding
van hierdie uitspraak.
Aanklag
en pleit
Die
beskuldigdes staan tereg op een aanklag van moord, ses aanklagte van
poging tot moord, en agt aanklagte onder die Wet op Wapens
en
Ammunisie 75 van 1969.
Beskuldigde
ses, Keith van der Westhuizen, wat uit is op borg, het nie by die
verhoor opgedaag nie. Die Staat het besluit om met die
verhoor voort
te gaan teen die ander ses beskuldigdes.
Die
beskuldigdes het by die aanvang van die verhoor onskuldig gepleit op
al die aanklagte. Hulle het almal, behalwe beskuldigde sewe,
verkies
om te swyg en geen pleitverduideliking is ingehandig nie.
Beskuldigdes een, twee, vyf en sewe het by monde van hul
regsverteenwoordigers
te kenne gegee dat hul verdediging op ân
alibi berus. ân Pleitverduideliking is namens beskuldigde sewe
ingehandig en as Bewysstyk
âAâ ontvang.
By
die sluiting van die Staat se saak is ingevolge artikel 174 van die
Strafproseswet 51 van 1977 (âdie Strafproseswetâ) aansoek
gedoen
vir die ontslag van beskuldigdes vier, vyf en sewe. Die aansoeke is
nie deur die Staat teengestaan nie. Beskuldigde vier is
onskuldig
bevind en ontslaan. Die aansoeke van beskuldigdes vyf en sewe is van
die hand gewys. Ek het aangedui dat my redes vir die
afwysing van hul
aansoeke gegee sal word in my uitspraak aan die einde van die saak.
Wapens
en ammunisie
Aanklagte
8 tot 15, die aanklagte onder die Wet op Wapens en Ammunisie 75 van
1969, spruit uit die vonds van ân groot arsenaal wapens
waarop die
Polisie op 15 Oktober 1999 afgekom het by Kosmosstraat 61,
Bellville-Suid.
Superintendent
Linde wat verbonde is aan die afdeling misdaadintelligensie van die
Suid-Afrikaanse Polisiediens het getuig dat hy
tydens Oktober 1999
inligting ontvang het oor versteekte vuurwapens. Hy het lasbriewe
verkry om verskillende persele in Elsiesrivier,
Kraaifontein,
Bellville-Suid en Ruiterwag te deursoek.
Op
15 Oktober 1999 was Superintendent Linde in bevel van ân taakmag
van sowat 12 tot 15 lede van die Polisiediens wat die persele
deursoek het. Die taakmag is in groepe verdeel en elke groep het een
of meer van die persele deursoek.
Superintendent
Linde, Inspekteur Burgess en Sersant Nel was deel van die groep wat
die deursoeking by Kosmosstraat 61, Belville-Suid
gedoen het.
Die
deursoeking van die huis het niks opgelewer nie. In die agterplaas
was daar ân houthuisie. Die huisie is aan die binnekant in
twee
âvertrekkeâ verdeel deur middel van ân hangkas. In die
slaapgedeelte van die huisie het Sersant Nel in die hangkas op
ân
groot aantal vuurwapens en ammunisie afgekom. Die vuurwapens en
ammunisie is na buite geneem waar dit gefotografeer is deur
ân
polisiefotograaf wat na die toneel ontbied is. Hierdie fotos maak
deel uit van die bundel fotos wat as Bewusstuk âEâ ingehandig
is.
Die bundel bevat ook fotos van die houthuisie.
Daar
is beslag gelê op die wapens en die ammunisie wat mettertyd aan die
PKRS en die Ballistiek-eenheid vir ondersoek oorhandig is.
Daar is
bevind dat sommige van die wapens van militêre oorsprong is. Daar is
ook bevind dat een van die vuurwapens, ân 9mm Parabellum
pistool,
verbind kan word met dertien van die veertien afgevuurde doppies wat
gevind is op die toneel van die skietery wat in hierdie
saak ter
sprake is.
Die
eienaar van die huis te Kosmosstraat 61,
die
77-jarige Mnr Peter Adams,
het
getuig dat sy jonger broer agter in die erf in die houthuisie gewoon
het. Sy broer, Mnr Alexander Adams, het getuig dat die wapens
daar
weggesteek is deur sy (Alexander Adams) se seun Fiekie wat vir hom
gesê het dat dit die âouensâ se vuurwapens is. Hy het
ook gesê
dat Fiekie ân lid van die Sexy Boys bende is.
Fiekie
is beskuldigde vier. Hy is, soos reeds vermeld, by die sluiting van
die Staat se saak ingevolge artikel 174 van die Strafproseswet
onskuldig bevind en ontslaan. Die redes vir sy ontslag is kortliks
die volgende: geeneen van die getuies plaas beskuldigde vier op
die
toneel van die skietery wat die onderwerp van hierdie saak vorm nie.
Hy word met die wapens wat gevind is, verbind slegs deur
die
getuienis van sy vader, Mnr Alexander Adams. Mnr Adams het
teenstrydige verklarings aan die polisie gemaak en sy getuienis in
die hof was ook vol leemtes. Indringende kruisondervraging deur Mnr
Fourie, wat namens beskuldigde vier opgetree het, het getoon
dat daar
geen waarde hoegenaamd geheg kan word aan die getuienis van Mnr
Alexander Adams nie. Beskuldigde vier is derhalwe aan die
einde van
die Staat se saak onskuldig bevind en ontslaan.
Inspeksie ter
plaatse
Op
Woensdag 30 Oktober 2002 is ân inspeksie ter plaatse gehou by
Chestnut Place in Belhar waar die skietvoorval plaasgevind het
waartydens die oorledene dood is en verskeie ander persone skietwonde
opgedoen het.
Die
inspeksie het ân nuttige funksie vervul in dié opsig dat dit die
lede van die Hof in staat gestel het om, as ek dit so mag
stel, ân
âgevoelâ van Chestnut Place en omgewing te kry, en om die
fotomateriaal en getuienis beter te begryp.
â
n
Sketsplan van die omgewing (nie volgens skaal) is by ooreenkoms
ingehandig as Bewysstuk âWâ. ân Groot en klein lugfoto van
die
omgewing is ook by ooreenkoms ingehandig as, onderskeidelik,
Bewystukke âXâ en âYâ.
Tydens
die verhoor is verskillende getuies gevra om op Bewysstuk âWâ te
merk waar hulle persone waargeneem het. Aan elkeen van
hulle is 'n
blanko kopie van die Bewysstuk oorhandig en die getuie het dan sy of
haar waarnemings op die sketsplan aangebring. Die
naam van die getuie
is aangebring op die betrokke afskrif van die sketsplan. Daar is dus
verskeie weergawes van Bewysstuk âWâ
in die rekord van die
verrigtinge, elkeen met die naam van ân getuie daarop.
Op
Bewysstukke âWâ en âYâ is sommige van die woonstelblokke by
Chestnut Place gemerk as woonstelblokke A, B, C, D en E. Hierdie
vyf
woonstelblokke figureer prominent in die beskrywing van die gebeure.
Tussen
die verskillende woonstelblokke is daar straatligte en drie hoë
maste met spreiligte. Hierdie straat- en spreiligte word op
Bewysstuk
âWâ aangetoon en is ook sigbaar op die lugfoto Bewysstuk âYâ.
Bendes
in Belhar
Die
skietvoorval het in Belhar plaasgevind, 'n dorpsgebied wat deel van
groter Kaapstad vorm. Tydens die verhoor is 'n skrikwekkende
beeld
geskets van die terreur van bendebedrywighede tydens die
negentiger-jare in die gebied. Ons het gehoor van moorde, aanrandings
en skietgevegte op straat, in die woonbuurtes en selfs by die
begraafplaas. Tydens die verhoor is ân dokument van
Polisie-oorsprong
(Bewysstuk âAAAâ) via beskuldigde een voor ons
geplaas waarop aangetoon word dat daar in Chestnut Place en
onmiddelike omgewing
tydens die periode 17 Oktober 1993 tot 6 Julie
1999, sestien (16) gevalle van moord en vier-en-twintig (24) gevalle
van poging tot
moord was. Dit sluit die moord en ses gevalle van
poging tot moord in wat die onderwerp van hierdie saak vorm. Die lys
is nie ân
volledige weergawe van al die gevalle van moord en poging
tot moord in Belhar in die tydperk nie. Die moord op die jonger broer
van
beskuldigde een verskyn byvoorbeeld nie op die lys nie.
Die
gemeenskap was heeltemaal gekondisioneer tot die skietery in hul
omgewing. As daar ân skietery begin, word die deure gesluit
en die
kinders word na die gang van die huis of woonstel geneem waar hulle
die minste blootstelling aan verdwaalde koeëls het.
Mense
wat taxis of smokkelhuise bedryf het, is deur die bendes gedwing om
ân âtaxâ (soos dit gestel is) te betaal anders is
hulle
aangerand of doodgeskiet of hul besighede is aangeval. Die heffing
van beskermingsgeld (âprotection moneyâ) van hierdie
aard is
skynbaar standaardpraktyk in gebiede waar bendes aktief is.
Daar
was tydens die negentigerjare veral drie bendes aktief in die
Belhar-gebied: die Sexy Boys, die Dixie Boys en die Back Street
Kids.
Die Sexy Boys het 'n verbintenis gehad met die bekende 26 tronkbende.
Die Dixy Boys en die Back Street Kids het weer verbintenisse
gehad
met die 28 tronkbende. Die die 28's, die Dixie Boys en die Back
Street Kids het ook deel gevorm van 'n oorkoepelende
bende-organisasie
wat die Firm genoem is. Die Firm was skynbaar ook
in ander woonbuurtes aanwesig waar bendes soos die Hard Livings deel
uitgemaak
het van die 28âs en die Firm.
Die
bendebedrywighede in Belhar is gekenmerk deur gevegte wat soms die
vorm
van 'n guerilla oorlog aangeneem het tussen die Sexy Boys aan die een
kant, en die Dixie Boys en die Back Street Kids aan die
ander kant.
Die gevegte was grootliks territoriaal van aard en het gegaan oor die
beheer van smokkelbedrywighede -- die smokkel van
drank en
dwelmmiddels. 'n Bende wat die smokkelbedrywighede in 'n bepaalde
gebied beheer het, het geen mededinging in daardie gebied
geduld van
mense wat nie aan daardie bende behoort nie. Volgens verskeie getuies
het die Sexy Boys gereeld by Chestnut Place op die
Dixie Boys en die
Back Street Kids geskiet.
Die
leier van die Back Street Kids was Kenneth Brown. Hy en die lede van
sy uitgebreide familie het smokkelbedrywighede in die Chestnut
Place
omgewing bedryf. Die bymekaarkomplek van die Back Street Kids was by
'n woonstelblok in Chestnut Place.
Die
bymekaarkomplek van die Sexy Boys was by 'n winkelkompleks op die
hoek van Chestnutweg en Gousblomstraat. By die winkelkompleks
het die
Booysen-familie, waarvan beskuldigde een lid is, 'n wettige
drankwinkel bedryf en ook 'n "game-shop" wat bestuur
is
deur beskuldigde een se swaer.
Aan
die kant van beskuldigde een is ontken dat hy lid of leier is van die
Sexy Boys, en is daar aangevoer dat die Booysen-familie
nie betrokke
is by bendebedrywighede nie: die familie het wettige sakeondernemings
bedryf en beskuldigde een se vader, moeder en
broer (Jerome of
"Donkie") beklee reeds jarelank vaste betrekkings.
Die
Sexy Boys het skynbaar mettertyd die oorhand gekry. Volgens die
getuienis was daar teen 1999 reeds soveel van die Dixie Boys en
die
Back Street Kids uitgewis dat die bendes as sodanig eintlik nie meer
aktief was nie en daar slegs 'n paar individuele lede,
en oud-lede,
oorgebly het.
Die
getuies wat namens die Staat getuig het oor die gebeure van die aand
van die skietery by Chestnut Place is almal afkomstig van
Chestnut
Place of die onmiddellike omgewing. Sommige van hulle is, of was,
lede van die Dixie Boys, die Back Street Kids, die 28
tronkbende of
die Firm. Sommige van hulle het ook verbintenisse met die Brown
familie.
Die
verhoor het soms byna die vorm aangeneem van ân Brown teen Booysen
vete. Beskuldigde een voer aan dat daar ân sameswering
aan die kant
van die Brown-familie bestaaan om hom valslik te inkrimineer, en dat
die getuienis wat hom en die ander beskuldigdes
op die toneel van die
skietery plaas, vals en gefingeer is.
Onmin
tussen sekere inwoners van Chestnut Place en die beskuldigdes het,
volgens getuienis wat aangebied is (ons het dit nie self
waargeneem
nie), tydens die inspeksie ter plaatse na vore gekom. Opmerkings is
heen en weer geskree en handgebare is wedersyds gemaak,
in die
besonder die gebaar met die voorvinger wat oor die keel getrek word
om aan te dui dat iemand keel-af gesny (doodgemaak) sal
word. Ná die
inspeksie het beskuldigde een ân aanklag gelê teen twee van die
staatsgetuies wat deel uitgemaak het van die skare
wat die inspeksie
gadegeslaan het, tw Adriaan Tarentaal en Llwellyn Isaacs.
Vredespogings
Tydens
1998 is pogings aangewend om vrede tussen die bendes in die Kaapse
metropolitaanse gebied te bewerkstellig. Volgens Kaptein
Stoffels,
wat lank lid was van die bende-ondersoek-eenheid in die Wes-Kaap, het
prominente bende-leiers soos Colin Stanfield, Ernie
(Ernest) Lapepa
Peters, Ernie Lastag Solomons en Rashied Staggie deelgeneem aan die
proses. Die vredespoging het bekend gestaan as
CORE, die afkorting
vir âCommunity Outreachâ. Naas die bendeleiers het sekere
kerkleiers, in die persone onder meer van pastore
Lesch en Elvin
Martin, en persone uit die akademiese gemeenskap, deelgeneem aan die
vredespoging.
Beskuldigde
een en sy broer Jerome het deelgeneem aan die aktiwiteite van CORE.
Die Staat voer aan dat beskuldigde een deel was van
CORE in sy
hoedanigheid as leier van die Sexy Boys. Beskuldigde een gee te kenne
dat hy en sy broer by CORE betrek is vanweë die
prominente posisie
wat die Booysen-familie in Belhar beklee het as sakeleiers en leiers
op die gebied van sport, veral deur hul betrokkenheid
by die Belhar
rugbyklub.
CORE
het ân âraadâ of âuitvoerende komiteeâ gehad wat bestaan
het uit Ivan Waldeck as president, Jerome Booysen as vise-president
en ander prominente bendeleiers soos Lapepa en Lastag, en Pastoor
Martin as lede.
Volgens
beskuldigde een het die lofwaardige doestellings van CORE mettertyd
in die agtergrond verdwyn. Kaptein Stoffels bevestig dat
CORE
mettertyd 'n rookskerm vir misdaad geword het. Volgens beskuldigde
een het CORE begin om beskermingsgeld te hef ten einde fondse
te
verkry om dwelms vanaf Mumbai in Indië in te voer. Die heffing het
gewissel na gelang van die omvang van ân persoon se besigheid.
ân
Smokkelaar van drank en dwelms met ân groot omset kon ân heffing
van soveel as R200 000.00 betaal het. Die eienaars van
taxis moes ook
beskermingsgeld betaal. Op hierdie manier is daar, volgens
beskuldigde een, ân bedrag van sowat twee-en-ân-half
miljoen Rand
ingesamel. Dit het nie in die getuienis na vore gekom hoe die winste
verdeel sou word wat uit hierdie smokkel-bedrywighede
gemaak sou word
nie.
Later
is daar besluit om teen PAGAD op te tree. Opdragte is gegee, en
wapens is uitgedeel, om geselekteerde teikens, huise van lede
van
PAGAD, aan te val. Beskuldigde een sê dat hy nie bereid was om met
hierdie verwikkeling mee te gaan nie en hy en sy broer het
hulle van
CORE onttrek. Daarna is daar 'n volskaalse oorlog deur die Firm teen
die Booysens gevoer. Beskuldigde een se jonger broer
is in die proses
doodgeskiet, 'n aanslag wat skynbaar eintlik gemik was teen
beskuldigde een.
CORE
was nie ân sukses nie en het mettertyd doodgeloop. ân Latere,
tweede vredespogingpoging, bekend as CORE II was ewe-eens nie
ân
sukses nie. Daar sal later teruggekom word op CORE II.
Die gebeure van 21 Junie
1999
Die
skietvoorval waartydens die oorledene dood is, het op die aand van 21
Junie 1999 by Chestnut Place plaasgevind. Verskeie van die
persone op
wie daar geskiet is, en verskeie persone wat die skietery vanuit
woonstelle waargeneem het, het getuig. Soos die beskuldigdes
wat
elkeen ân bynaam het, het die meeste van die getuies byname en is
daar in die getuienis verwys na al hierdie persone by wyse
van hul
byname. Sommige persone, beskuldigdes of ander getuies, was aan
sommige van die getuies bekend slegs aan hul byname. As ek
in my
uitspraak na persone verwys by wyse van hul byname, doen ek dit nie
uit gebrek aan eerbied vir hul persoon nie, maar omdat
hulle aldus in
die gemeenskap bekend is en omdat daar aldus na hulle verwys word in
die rekord van die verrigtinge.
Die
beskuldigdes staan bekend onder die volgende byname:
Beskuldige
een -- Kanakie
Beskuldige
twee -- Kat of Katte
Beskuldige
drie -- Pikes
Beskuldige
vier -- Fiekie
Beskuldige
vyf -- Dino
Beskuldige
sewe -- Klein Kat
In
die oop ruimte tussen woonstelblokke B, C D en E is daar ân
speelparkie vir kinders. Daar is swaaie en ân ronde speelwiel wat
in die rondte kan draai en waarop die kinders kan ry. Na hierdie
speelwiel is daar in die getuienis verwys as âdie wielâ of âdie
pieringâ.
Op
die aand van 21 Junie 1999 het ân groepie jong mans in die omgewing
van die piering rondom ân vuur gestaan en gesels. Die groepie
het
bestaan uit:
Riaan
Ricardo Clifford -- Cheese
Ruduwaan
Cassiem -- Ghadaffi
Adriaan
Tarentaal -- Abbie
Mogamat
Field -- Zarak
Martin
Japhta -- Oudste
Jason
Idas -- Jason (die oorledene)
Llewellyn
Isaacs -- Laksman
Ismail
Hendricks -- Ougat
Hulle
het nie gelyktydig daar opgedaag nie, en almal het nie deurentyd by
die vuur gebly nie. Die oorledene en Zarak het 10 tot 15
minute voor
die skietery begin het opgedaag. Llewellyn Isaacs was a rukkie by die
vuur maar het later met sy meisie tussen woonstelblokke
B en C gaan
staan en gesels. Hy was nog besig om daar met haar te gesels toe die
skietery begin.
Die
manne by die vuur het ân pyp van groen dagga gemaak. Die pyp is van
die een na die ander aangegee en elkeen het sy skyf gevat.
Nie almal
van hulle het gerook nie. Abbie Tarentaal was een van die wat nie
gerook het nie want hy het nie destyds dagga gerook nie.
Om
ongeveer 21h30 na 22h00 is daar skielik vanuit verskillende rigtings
op hulle geskiet. Die geskiet was aanhoudend en het soos dié
van
outomatiese wapens geklink. Die groepie mans het weggehardloop. Een
van hulle het heeltemaal weggehardloop van die toneel af.
Die ander
het gaan skuiling soek in die naaste woonstel, naamlik woonstel 115
op die grondvloer van woonstelblok D.
Soos
blyk uit die fotos het elke woonstelblok ân grondvloer en twee
verdiepings. Die trappe na die boonste verdiepings is aan die
buitekant van die woonstelblokke. Elke woonstelblok het drie stelle
trappe. Die ingang na woonstel 115 op die grondvloer van woonstelblok
D is onder een van die stelle trappe. Die groepie mans moes onder ân
âlandingâ van die trap en om ân muurtjie beweeg om by
die
voordeur van woonstel 115 te kom. Vyf van die vlugtendes is by die
woonstel in, sommige in die kombuis in (Cheese, Ghadaffi en
Zarak) en
ander (Abbie en Ougat) deur die slaapkamer na die badkamer â Abbie
was eers in die kombuis in maar die ander drie was
reeds daar en daar
was nie meer plek vir hom nie.
Nadat
die skietery opgehou het, het die mense vanuit die woonstelle na
buite gekom. Voor die deur by die ingang van woonstel 115 het
Jason
Idas gelê met talle skietwonde in sy liggaam. Hy is op die toneel
dood.
Die
polisie was spoedig op die toneel. Die liggaam van die oorledene is
mettertyd weggevoer. Die polisie het die toneel afgesper.
Fotos is
geneem waarvan 27 later saamgevat is in ân bundel wat as Bewysstuk
âSâ by die verhoor ingehandig is. Daar het talryke
afgevuurde
patroondoppies rondgelê en die polisie het hul bes probeer om die
doppies te merk waar hulle gelê het en op die fotos
vas te lê. Van
die omstanders het egter van die doppies opgetel. So het Mev Maria
Demas (âBubblesâ) doppies wat sy opgetel het
aan die polisie
oorhandig. Kaptein Stoffels het getuig dat die skare op die toneel
oproerig geraak het en dat dit moeilik was om
hulle te beheer. Hul
gedrag het die polisie-ondersoek in die wiele gery.
Ses-en-twintig
5.56mm kaliber afgevuurde patroondoppies en veertien 9mm Parabellum
afgevuurde patroondoppies wat op die toneel gevind
is, is aan die
Ballistiek-eenheid van die Polisie besorg vir ondersoek. Inspekteur
Stevens van die eenheid het bevind dat die 5.56mm
kaliber
patroondoppies van militêre oorsprong is en dat hulle beskik oor die
karaktereienskappe van patroondoppies wat afgevuur
is deur R4, R5 en
R6 vol-outomatiese aanvalsgewere en LM4, LM5 en LM6 semi-outomatiese
gewere. Hy het voorts bevind dat die 5.56mm
patroondoppies deur
minstens twee verskillende vuurwapens afgevuur is, en dat die 9mm
Parabellum patroondoppies ook deur twee verskillende
vuurwapens
afgevuur is. Daar was dus minstens vier vuurwapens op die toneel
gewees. Soos reeds vermeld, is van hierdie 9mm patroondoppies
afgevuur deur 'n pistool wat later, op 15 Oktober 1999, in die
houthuisie in die agterplaas te Kosmosstraat 61, Bellville-Suid
gevind
is.
Nadoodse ondersoek
Dr A Basson het op
23 Junie 1999 ân nadoodse ondersoek op die liggaam van die
oorledene uitgevoer. Die verslag van haar regsgeneeskundige
lykskouing is as Bewysstuk âEâ ingehandig. Daar is ook fotos van
die liggaam geneem wat as Bewysstuk âTâ ingehandig is.
Dr Basson het bevind dat die
oorsaak van die dood âveelvuldige skietwondeâ was.
In
haar verslag beskryf Dr Basson die dertien skietwonde wat sy aan die
liggaam van die oorledene gevind het. Die ingangswond van
ses van
hierdie skietwonde was in die rug, en twee in linkerboud. Met ander
woorde, agt van die skote wat die oorledene getref het,
is van agter
op hom gevuur.
Algemene opmerkings
Alvorens
ek daartoe oorgaan om die aangebode getuienis in besonderhede te
oorweeg, wens ek enkele algemene opmerkings te maak oor
twee aspekte
van die verhoor. Hierdie aspekte is (i) intimidasie en vreesaanjaging
van getuies; en (ii) kruisondervraging.
Intimidasie en vreesaanjaging.
In
die saak van
Die Staat v Virgil Hendricks en Ander
(ongerapporteer, saaknommer SS 153/02, 15 Mei 2003) maak Griesel R in
'n bende-verwante saak, die volgende opmerking:
â
Ons weet uit
daaglikse ondervinding en ook uit die getuienis in hierdie saak dat
dit heel dikwels vir die polisie onmoontlik is om
die skuldiges aan
te keer aangesien potensiële getuies bang is, vanweë intimidasie,
om na vore te kom om die beskuldigdes aan die
man te bring.â
In
die onderhawige saak het die intimidasie van getuies op verskillende
maniere na vore gekom.
Op
10 Desember 2002 het Me Jacobs my aandag daarop gevestig dat daar
vanuit die openbare galery, tekens en gebare gemaak word wat
daarop
gemik is om die getuie wat besig is om te getuig, te ontsenu. Ek het
aangedui dat as hierdie optrede voorgesit word, ek sal
beveel dat
lede van die publiek nie op die openbare galery toegelaat word nie.
Op 9 Junie 2003 het ek weer so ân klag ontvang en
het ek my
waarskuwing herhaal dat ek op die ou end genoodsaak sal word om lede
van die publiek nie op die openbare galery toe te
laat nie.
Me
Barbara Petersen, wat aan die begin van haar getuienis gesê het dat
sy bang en senuweeagtig was, en dÃt was sy klaarblyklik,
het op 3
Junie 2003 teenoor my gekla dat terwyl sy getuig van die beskuldiges
haar met vaste blik aanstaar en vir haar lag.
Kaptein
Marx het getuig dat Adeline Brown (âMuisâ) op 9 Julie 1999
doodgeskiet is enkele dae nadat sy ân verklaring aan die
polisie
gemaak het in verband met hierdie saak.
Mev
Fagmieda Masoet het te kenne gegee dat haar aanvanklike vrees om na
die polisie te gaan, geblyk geregverdig te gewees het in die
lig van
wat met Me Brown gebeur het.
Die
getuie Maria Demas (âBubblesâ) het gesê dat sy die betrokke aand
vreeslik bang was en dat sy âvandag nogâ op haar senuwees
is. Sy
was opvallend vreesbevange toe sy getuig het en het die indruk geskep
dat sy so min as moontlik probeer sê.
Llewellyn
Isaacs het gesê dat hy aanvanklik nie met die Polisie gepraat het
nie want as ân mens praat dan âskiet hulle jouâ.
Mnr
AG Williams, 'n spesiale ondersoeker verbonde and die Direktoraat van
Spesiale Operasies, het getuig dat Ismael Hendricks, die
klaer in
aanklag 3, wat tans 'n vonnis uitdien, hom meegedeel het dat hy nie
bereid is om namens die Staat te getuig in hierdie saak
nie. As lid
van die 28 bende mag hy nie teen ander bendelede en bendes getuig nie
Kruisondervraging.
Die
kruisondervraging van die getuies wat die beskuldigdes, en in die
besonder beskuldigde een, op die toneel van die skietery uitgeken
het, was in die besonder gemik op die geloofwaardigheid van die
getuies. Die kruisondervraging het nie slegs gegaan oor die
akkuraatheid
en betroubaarheid van die getuies se waarnemings nie. In
die besonder het dit ook gegaan oor die aantyging dat 'n sameswering
aan
die kant van die Brown-familie bestaan om beskuldigde een as lid
van die Booysen-familie valslik te inkrimineer.
Uit
die aard van die saak was die kruisondervraging wydlopig van aard en
is daar in besonderhede ingegaan op die bende-twiste in
die omgewing
van Chestnut Place. Die verskillende getuies se verbintenisse met die
Brown-familie is telkens in detail ontrafel. Daar
is ook verwys na
verskillende insidente van aanranding, brandstiging en moord.
Onder
die omstandighede was dit moeilik om die grenslyn te bepaal tussen
vrae oor aangeleenthede wat lig kan werp op 'n getuie se
geloofwaardigheid, en vrae oor aangeleenthede wat geen lig op 'n
getuie se geloofwaardigheid kan werp nie.
Daar
is gepoog om binne perke, die advokate vrye teuels in hul
kruisondervraging te gee. Ek sê binne perke, want daar is perke, en
dit is die plig van die voorsittende regter, soos dit in
S
v Green
1962 (3) SA 886
(A) op 888B gestel word, " to exclude
irrelevancies and discourage repetition". By die afdwing van
hierdie perke, wat neerkom
op 'n inperking of beperking van die reg
tot kruisondervraging, moet daar uiteraard met groot omsigtigheid
opgetree moet word. Die
bekende opmerking in
S
v Cele
1965 (1) SA 82
(A) op 91H bied die rigsnoer:
â
Latitude in
testing by cross-examination the credibility of a witness where
credibility is clearly the issue, should be allowed until
the court
is satisfied, either that the right to cross-examine is being abused
or misused, or that the particular line of cross-examination
could
never be productive of anything which could assist the court in its
eventual decision on credibility.â
Die
kruisondervraging van getuies deur beskuldigde een se indertydse
regsverteenwoordiger(s) het soms verval in wat Van Dijkhorst
R by
geleentheid (in
S v Baleka
(ongerapporteerd, TPD, saaknommer CC 482/85, 15 November 1988) genoem
het âa treadmill of repetition.â Ook die volgende opmerking
van
Van Dijkhorst R is van toepassing:
â
It
seems to be regarded as a sin to ask a short direct question which
could lead to a direct answer. There is also a tendency, often
incurable, on the part of counsel to argue their case during
cross-examination using the witness as a sounding board.â
Ek
het dit nodig gevind om by meer as een geleentheid te versoek dat
ingewikkelde, lang vrae aan 'n getuie herformuleer word; ek het
by
meer as een geleentheid daarop gewys dat kruisondervraging op
onnodige herhaling voorkom, en die advokate is by verskeie
geleenthede
versoek om nie met getuies te argumenteer nie (waar ek
regsverteenwoordigers van beskuldigde een in hierdie verband
kritiseer, is
die kritiek nie gemik op Me Smit nie).
â
n
Verdere, steurende aspek van die kruisondervraging, waarteen die
Staat by meer as een geleentheid beswaar gemaak het, was om vrae
aan
getuies te stel waarvoor daar geen feitelike grondslag bestaan nie.
Die volgende kom voor in die kruisondervraging van Ruduwaan
Cassiem
("Ghadaffi"):
Me
Slingers:
Edelagbare, ek maak beswaar, dit is nie wat die getuie gesê het nie.
Hof:
Nee, dit is nie wat hy gesê het nie.
[Advokaat]:
Nee, ek weet, U Edele, ek vra maar net.
Hierdie
soort kruisondervraging is onaanvaarbaar. Dit is onbillik teenoor die
getuie en kan slegs daartoe bydra om die getuie te verwar.
Beoordeling van getuienis
Alvorens
ek daartoe oorgaan om die aangebode getuienis te evalueer, is dit
nodig dat aandag gegee word aan sekere oorwegings wat 'n
rol speel by
sodanige evaluering.
Teenstrydighede
In
argument is daar aan ons gedetaileerde analises voorgelê van
allerlei teenstrydighede tussen die getuienis van die verskillende
ooggetuies van die gebeure en van teenstrydighede tussen die
polisieverklaring van 'n getuie en die betrokke getuie se getuienis
in die hof. In die lig van die uitgebreide gebruik wat daar in
hierdie saak gemaak is van kruisondervraging oor dié soort van
teenstrydighede
is dit wenslik dat ek kortliks let op die wyse waarop
dergelike teenstrydighede benader moet word.
In
Mafaladiso
en andere v S
[2002] 4 All SA 74
(HHA) op 82h--i word die volgende gesê:
"Die
juridiese benaderingswyse tot weersprekings tussen twee getuies en
weersprekings tussen die weergawes van een en dieselfde
getuie (soos
oa tussen sy of haar
viva
voce
getuienis en vorige verklaring) is, in beginsel (indien nie in graad
nie) identies. Die doel is immers in geen geval om te bewys
welke van
die weergawes die korrekte een is nie, maar om oortuiging te bring
dat die getuie kan fouteer, hetsy weens defektiewe rekolleksie
of
weens oneerlikheid."
(sien
ook
S v Oosthuizen
1982 (3) SA 571
(T) 576C)
Die
blote feit dat getuies se weergawes verskil, is geen grondslag vir 'n
bevinding ten opsigte van geloofwaardigheid nie -- soos
Nicolas AR
dit stel in sy bekende artikel onder die titel "Credibility of
Witnesses" in
(1985) 102
SALJ
32
op 35 --
"it is not the
case that lack of consistency between witnesses affords any basis for
an adverse finding on their credibility.
Where contradictory
statements are made by different witnesses, obviously at least one of
them is erroneous, but one cannot, merely
from the fact of
contradiction, say which one. It follows that an argument based only
on a list of contradictions between witnesses
leads nowhere as far as
veracity is concerned. The argument must go further, and show that
one of the witnesses is lying. It may
be that the court is unable to
say where the truth lies as between contradictory statements, and
that may affect the question whether
the onus of proof has been
discharged: but that has nothing to do with the veracity of the
witnesses."
Nicolas
AR wys voorts daarop (op bl 41) dat --
"eyewitness
accounts are often not an accurate representation of reality, and
there are often profound differences in eyewitness
accounts of the
same event, when it is observed by the same witnesses under the same
conditions.
"This shows the
futility of the exercise, frequently performed by cross-examiners, of
raking at tedious length over the evidence
of different eyewitnesses
in order to uncover contradictions, variances, omissions,
discrepancies, differences and inconsistencies.
For the most part it
shows no more than what is to be expected, namely, that eyewitnesses
differ from one another in their accounts
and are liable to error â¦"
Mense
se reaksie op dieselfde gebeure verskil ook. In hierdie geval was die
reaksie van die verskillende lede van die groepie om die
vuur op die
skietery nie eenders nie. Party het omgekyk na die rigting vanwaar
die skote gekom het. Ander het net gehardloop. Martin
Japhta
(âOudsteâ) beskryf sy reaksie soos volg:
â
Is wat ek van my
suster se huis af gekom het , mevrou, en afgekom het en onder hulle
gestaan en boom rook en toe ek saam gaan boom
rook en toe daar op ons
geskiet gewees, mevrou, en toe het ek weggehardloop. Dit is al wat ek
onthou.â
En
later weer:
â
En toe wat
gebeur? â Toe hoor ons net gun skote en toe hardloop ek weg.
Van
watter rigting het die skote gekom? â Ek kan self nie vir mevrou sê
nie, van watter kante nie want ek het gestaan met my gesig
na die
trappe toe en die trappe se fondament het uitgespat, en toe hardloop
ek net aaneen.â
Vorige
verklarings van getuies.
Verskeie
van die Staat se getuies is in kruisondervraging gekonfronteer met
verklarings wat hulle aan die Polisie gemaak het. Hulle
is in
besonderhede ondervra oor teenstrydighede tussen hul getuienis in die
Hof en hul verklaring.
In
Mafaladiso
en andere v S, supra,
op 83c wys Olivier AR daarop dat die blote feit dat daar
self-weersprekings voor hande is, met omsigtigheid deur 'n Hof
benader moet
word. Die geleerde appèlregter verwys (op 83câg) na
drie faktore wat ân rol speel, en ek kan nie beter doen nie as om
sy eie
woorde aan te haal nie:
â
Eerstens moet
nougeset vasgestel word wat die getuie werklik bedoel het om op elke
geleentheid te sê, ten einde te bepaal of daar
ân weerspreking
voor hande is en wat die presiese omvang daarvan is. In hierdie
verband moet die feite-beoordelaar in ag neem dat
ân vorige
verklaring nie by wyse van kruisverhoor afgeneem is nie, dat daar
taal- en kultuurverskille tussen die getuie en die
opskrifsteller mag
wees wat die korrektheid van wat presies bedoel word in die weg
staan, en dat die verklaarder selde of ooit deur
ân polisiebeampte
gevra word om in detail sy of haar verklaring te verduidelikâ
Met
verwysing na
S v Mkohle
1990 (1) SASV 95 (A) op 98fâg en
S
v Bruiners en ân Ander
1998 (2) SASV 432 (SOK) op 437g, sê Olivier AR voorts:
â
Tweedens moet dit
steeds voor oëgehou word dat nie elke fout deur ân getuie en nie
elke weerspreking of afwyking die getuie se
geloofwaardigheid aantas
nie ⦠Nie-wesenlike afwykings is nie noodwendig relevant nie.â
Die
derde faktor wat in ag geneem moet word is dat die weersprekende
weergawes steeds oorweeg en geëvalueer moet word op ân holistiese
basis: die omstandighede waaronder die weergawes gemaak is, die
bewese redes vir die weersprekings, die werklike effek van die
weersprekings,
die effek van die weersprekings op die getuie se
geloofwaardigheid of betroubaarheid, die getuie se verduideliking van
weersprekings
en die samehang van die weersprekings met die res van
die getuie se getuienis moet in ag geneem en oorweeg word (
Mafaladiso
en andere v S, supra,
op 83g;
S
v Mkohle, supra,
op 98fâg;
S
v Jochems
1991 (1) SASV 208 (A) op 211fâj, en
S
v Bruiners en ân Ander, supra,
437iâ438a)
Daar
is na ons oordeel, twee verdere faktore wat beklemtoon moet word.
Eerstens, in
S
v Mlumbi en ân Ander
1991 (1) SASV 235 (A) op 248aâb word daarop gewys dat
polisieverklarings dikwels onvolledig is, soms selfs ten aansien van
belangrike
feite, en dat die omstandighede waaronder en die persoon
aan wie ân verklaring gemaak is, dikwels verantwoordelik is vir die
onvolledigheid
van die verklarings. In
S
v Bruiners en ân Ander, supra,
op 437h word beklemtoon dat die doel van ân polisieverklaring is om
besonderhede van ân misdaad te bekom sodat daar besluit kan
word of
die beskuldige vervolg moet word. Dit is nie die doel van die
getuieverklaring om â
ââ¦
die getuie se
getuienis in die hof vooruit te loop nie, en dit is vergesog om van
ân getuie te verwag om in sy getuieverklaring
reeds presies
dieselfde weergawe te verskaf as wat hy in die ope hof gaan getuig.â
Die
tweede verdere faktor wat in ag geneem moet word is, soos Holmes AR
dit stel in
Levy NO v
Rondalia Assurance Corporation of SA Ltd
1971 (2) SA 598
(A) at 602CâD, dat ân polisieverklaring gewoonlik
âthe policemanâs résumé, in the policemanâs phraseologyâ
is.
In
Michelle Petersen se verklaring kom, byvoorbeeld, die volgende voor:
Ek is bovermelde
volwasse vrou 18 jaar oud en is tans woonagtig te woonstel no 113
Chestnut Place, Belhar â¦
Ek
het meteens skote buite die woonstel gehoor, waar ek en bovermelde
persone die kinders in die woonstel na veiligheid geneem het
in die
slaapkamer â¦..
Die
plaaslike gemeenskap het daarna die polisie gekontak.
Enige
persoon wat Michelle se
viva
voce
getuienis aangehoor het, sal besef dat 'n mens hier klaarblyklik te
doen het met "
the
policemanâs résumé, in the policemanâs phraseology" -- dit
is Kaptein Marx (die opskrifsteller van die verklaring)
se opgesomde
weergawe van wat die getuie gesê het, weergegee in die taal van
Kaptein Marx. Ek mag net meld dat Michelle haar verklaring
afgelê
het die oggend ná die gebeure toe die Polsie nog in die duister
getas het oor wat presies gebeur het.
Daarom
is die volgende vraag wat tydens kruisondervraging oor ân vorige
verklaring aan Ruduwaan Cassiem (âGhadaffiâ) gestel
is,
onbillik:
â
Die vraag is
eenvoudig, die sin soos dit hier staan, is dit soos u dit vir Kaptein
Marx vertel het?â
Die
vraag is onbillik omdat die getuie nie die betrokke sin aan Kaptein
Marx gedikteer het nie. Die woordgebruik en sinskonstruksie
is
klaarblyklik dié van Kaptein Marx. Die sin waaroor dit gaan lui soos
volg: âToe die twee vermelde persone by ons verbyhardloop,
het die
twee op ons begin skiet.â In sy getuienis in die Hof het Ghadaffi
gesê:
â
Hulle het in onse
rigting gehardloop en op ons geskiet, ja. Hulle het nie verby ons
gehardloop nie.â
Ghadaffi
gee toe dat die âverbyhardloop storieâ ân fout is en herhaal,
âHulle het in onse rigting gehardloop en begin skietâ.
Die vraag
is of die âverbyhardloop storieâ nie die opskrifsteller van die
verklaring se vertolking was van die gebeure soos aan
hom geskets
nie?
Deur
sy handtekening op so ân verklaring te plaas, gee ân getuie niks
meer te kenne nie as dat hy die verklaring soos op skrif
gestel as
wesenlik korrek beskou. In
Mafaladiso en andere v S, supra,
op 83dâe sê Olivier AR dat die volgende stelling in
Rex
v Gumede
1949 (3) SA 749
(A) op 747
in
fine
,
wat betrekking het op die gevare van vertaalde getuienis,
a
fortiori
ook geld ten opsigte van polisieverklarings:
â
Inconsistensies
between evidence recorded at the preparatory examination and that
given at the trial do not always signify untruthfulness.
When
recording conversations through the medium of an interpreter it is
easy to make a mistake as to the author of the particular
statement,
especially
if the substance of the the deposition which is read over to the
witness narrating the conversation is substantially correct.
â
(my beklemtoning).
Ten
einde misverstand te voorkom, wil ek dit duidelik stel dat ek nie die
polisie kritiseer omdat hulle by die afneem van verklarings
dit nodig
vind om wat aan hulle gesê word in hul eie woorde saam te vat en
weer te gee nie. Dit is sekerlik dikwels eenvoudig nie
haalbaar om 'n
sinvolle verklaring neer te pen in die presiese woorde van die
persoon wat die verklaring maak nie. Wat ek wil beklemtoon,
is dat
wanneer 'n getuie gekonfronteer word met 'n vorige verklaring, daar
'n bewustheid behoort te wees dat die verklaring, in mindere
of
meerdere mate, die taal-en woordgebruik van die opskrifsteller kan
reflekteer.
Individuele getuies
By
die beoordeling van die getuienis van die individuele getuies hou ons
in gedagte dat dat daar by die meeste van hulle, in meerdere
of
mindere mate, ân vooroordeel teen die beskuldigdes kan bestaan. Die
manlike getuies is, of was, almal lede van bendes of bendegroepe
wat
in opposisie teen die Sexy Boys was. Byvoorbeeld, Ghadaffi se broer
is deur die Sexy Boys doodgeskiet en hy is self by drie geleenthede
deur hulle raakgeskiet. Beskuldigde drie is skuldig bevind aan die
moord op Angelo Petersen, Michelle en Barbara se broer. Michelle
het
gesê dat sy hom haat en dat die tronkstraf wat hy opgelê is nie
voldoende straf is nie maar dat sy niks daaraan kan doen nie
en
daarby moet berus.
Verder
verloor ons nie uit die oog dat sommige van die getuies bande het met
die Brown familie nie.
By
die beoordeling van die getuienis is dit belangrik om in gedagte te
hou dat die verskillende getuies, verskillende fases van gebeure
beskryf wat oor 'n tydperk plaasgevind het en wat hulle van
verskillende kante waargeneem het. ân Mens kry nie uit die
getuienis
ân rolprentweergawe van die gebeure as geheel nie. Wat ân
mens kry kan eerder vergelyk word met ân reeks âstilâ fotos van
losstaande episodes geneem uit verskillende hoeke op verskillende
tye.
Identifikasie
Die
kern van die getuienis teen die beskuldigdes was dié van getuies wat
hulle geplaas het op die toneel van die misdaad. In hierdie
verband
word daar in
S
v Jochems
1991 (1) SASV 208 (A)
op
212bâf met goedkeuring verwys na
S
v Mthetwa
1972 (3) SA 766
(A) op 768AâD waar daar gesê word:
"Because of the
fallibility of human observation, evidence of identification is
approached by the Courts with some caution. It
is not enough for the
identifying witness to be honest: the reliability of his observation
must also be tested. This depends upon
various factors, such as
lighting, visibility, and eyesight; the proximity of the witness; his
opportunity for observation, both
as to time and situation; the
extent of his prior knowledge of the accused; the mobility of the
scene, corroboration; suggestibility;
the accused's voice, build,
gait, and dress; the result of identification parades, if any; and,
of course, the evidence by or on
behalf of the accused. The list is
not exhaustive."
In
hierdie saak was die beskuldigdes bekend aan al die staatsgetuies wat
hulle uitgeken het. Van besondere belang in hierdie verband
is dus
die opmerkings in
R
v Dladla and Others
1962 (1) SA 307
(A) op 310D waar die volgende gesê word:
"In a case
where the witness has known the person previously, questions of
identification marks, of facial characteristics, and
of clothing are
in our view of much less importance than in cases where there was no
previous acquaintance with the person to be
identified. What is
important is to test the degree of previous knowledge and the
opportunity for correct identification, having
regard to the
circumstances in which it was made."
Die
beskuldigdes was goed bekend aan die meeste van die staatsgetuies.
Hulle het mekaar dikwels gesien en, ten spyte van die bende-
en
familie-vetes, het hulle nie in volkome isolasie van mekaar geleef en
beweeg nie. Hulle het op sosiale vlak ontmoet. Beskuldigde
een het op
'n tyd by ân meisie in Chestnut Place gekuier, en beskuldigde twee
het verhoudings gehad met twee vroulike lede van
die Brown-familie,
Barbara Petersen en Nadia Foutie. Dat die
dramatis
personae
in hierdie saak goed bekend was aan mekaar blyk uit die
detail-instruksies wat beskuldigde een aan sy regsverteenwoordigers
kon gee
oor onderlinge verwantskappe en verhoudinge van getuies en
lede van die Brown-familie.
Beligting
Soos
reeds aangetoon is daar tussen die woonstelblokke gewone straatligte
en verskeie hoë maste met spreiligte, en dat die posisie
van hierdie
ligte aangetoon word op Bewysstuk âWâ. Die ligte is ook sigbaar
op die lugfoto Bewysstuk "Yâ. Volgens die
getuies wat die aand
op die toneel was, was die beligting goed gewees. Hul reaksie op vrae
oor die beligting was soos volg:
Cheese: âDie beligting was baie
goed want al ons spreiligte in die flatse het gewerk mevrouâ.
Ghadaffi: Hy
sê dat die straatligte gebrand het en â[d]ie spreiligte het gewerk
en dit het die flatse helder belig.â
Oudste: In
antwoord op die vraag hoe die beligting die aand in Chestnut Place
was, sê hy:
â
Daar is groot lig, mevrou,
groot ligte wat daar brand."
"En het hierdie ligte
gebrand daardie aand? â Ja.â
Zarak: Hy
het bevestig dat die beligting baie goed was en dat die spreiligte
gebrand het.
Abbie: Nadat
die sleutel van die plan aan hom verduidelik is, het hy op Bewysstuk
âWâ aangetoon dat al drie die spreiligte daardie
aand gebrand het
en die straatligte die aand gebrand het. Toe hy gevra is hoe die
beligting die aand was, antwoord hy: âDit was
baie goed want daar
is spreiligteâ.
Op haar weergawe van Bewysstuk
âWâ het Mev Masoet twee van die spreiligte en drie van die
straatligte omring. Uit die fotos wat
later die aand geneem is, wil
dit voorkom asof sekere van die straatligte nie gewerk het nie.
Kaptein Stoffels het in antwoord
op ân vraag in kruisondervraging gesê dat die beligting goed
genoeg was om ân persoon wat aan
jou bekend is, uit te ken.
Op foto 26 en veral foto 27 in
Bewysstuk âSâ is lyk dit asof op die aand van die gebeure, sekere
van die straatligte nie gebrand
het nie. Die spreiligte het wel
gewerk (fotos 1, 2, 26 en 27 in Bewysstuk âSâ). Dit is moeilik om
gevolgtrekkings te maak oor
die stand van die beligting vanaf fotos.
Dit kan afhang, en daarvan weet ek te min en daar is geen getuienis
daaroor aangebied nie,
van faktore wat te make het met die wyse
waarop die foto geneem is, soos byvoorbeeld, die spoed van die film
wat gebruik is, die
lensopening en die sluiterspoed. Op sommige van
die fotos in Bewysstuk âSâ lyk dit asof die beligting nie orals
baie goed was
nie. Op sommige van die fotos wat die verdediging later
geneem het en wat as Bewysstuk âKKâ ingehandig is, is die
beligting baie
helder. In die besonder kan verwys word na fotos 10 en
11 in Bewysstuk âKKâ wat onder die mas van die spreilig tussen
woonstelblokke
B en C geneem is wat beligting toon wat byna soos
daglig lyk.
In
die geheel aanvaar ons dat die spreiligte op die aand van 21 Junie
1999 gebrand het en dat hierdie ligte die gebied tusen die
woonstelblokke
helder verlig het. Dat daar plek-plek skadu- en donker
kolle was, spreek vanself.
Ek
kom later, wanneer ek die aantyging bespreek dat die staatsgetuies
teen die beskuldigdes saamsweer, terug na die kwessie van beligting
en ek sal dan die getuienis van Michelle Petersen behandel.
Getuienis oor
skietvoorval
Die
getuienis oor die gebeure van die aand sal onder die volgende hoofde
behandel word: (i) die getuienis van die groep mense op
wie daar
geskiet is; (ii) die getuienis van Llewellyn Isaacs; (iii) die
getuienis van Mev Fagmieda Masoet, en (iv) die getuienis
van diegene
wat die skietery vanuit woonstelblok A waargeneem het.
Die
groep op wie daar geskiet is.
Soos
reeds vermeld het Cheese, Ghadaffi, Abbie, Zarak, Oudste, die
oorledene, Llwellyn Isaacs (Laksman) en Ougat om die vuur gestaan.
Behalwe Ougat (Ismail Hendricks) het almal van hulle getuig.
Martin
Japhta (âOudsteâ)
het, toe hy die skote hoor, weggehardloop en eintlik niks waargeneem
nie. Ons het reeds gehoor dat hy gesê het, â⦠en toe hardloop
ek
net aaneen.â
Riaan
Ricardo Clifford (âCheeseâ)
het getuig dat terwyl hulle daar om die vuur gestaan het, het twee
mans by woonstel B omgekom en die eerste skoot het afgegaan. Toe
hy
opkyk, toe sien hy net twee mans wat op hulle losbrand. Hy beskryf
die gebeure soos volg:
â
Mevrou wat die
mense omkom, toe begin die mense skiet, met die eerste opkyk toe sien
ek die twee mense wat skiet-skiet omkom. Daar
was nie nog kans om te
kyk wie is wie wat op ons geskiet het nie, ons het gemaak dat ons
wegkom mevrou.â
Toe
hy in kruisondervraging gevra is waar die mense vandaan kom, het hy
herhaal dat die mense âvan woonstel B gekomâ het.
Cheese
sê dat daar eers een skoot was, en toe nog een en daarna aanhoudende
vuur. Soos hy dit gestel het, âDit was ân masjiengeweer
daardieâ.
Dat die aanhoudende gevuur voorafgegaan is deur enkele skote word
bevestig deur Abbie wat ook sê dat daar eers twee
skote was.
Cheese
het by woonstel 115 in woonstelblok D ingehardloop waar hy in die
kombuis skuiling gesoek het.
Mogamat
Field (âZarak")
het getuig dat terwyl hulle om die vuur gestaan en dagga rook het,
het hy skote gehoor. Toe hy opkyk sien hy beskuldigde twee (âKatteâ)
om die draai by woonstelblok B kom, besig om te skiet met ân lang
vuurwapen. By hom was ân persoon wat hy nie kon uitken nie.
Hy het
die plek waar hy beskuldigde twee om die draai sien kom, gemerk met
ân X op sy weergawe van Bewysstuk âWâ. Ek het die
X wat hy
gemaak het, met ân dubbelde rooi kring omring. Die merk is by die
hoek van woonstelblok B.
Hy
het verder getuig dat toe hy besig was om na woonstel 115 te
hardloop, het hy na links gekyk en twee persone sien aankom tussen
woonstelblokke B en C. Die plek waar hy hierdie twee persone sien
aankom het, is in die omgewing van die mas van die spreilig tussen
woonstelblokke B en C en is op sy weergawe van Bewysstuk âWâ
gemerk met twee strepies omring in pers.
Hy
het by woonstel 115 in woonstelblok D ingehardloop waar hy in die
kombuis skuiling gesoek het. Daar het hy vir Cheese en Ghadaffi
aangetref. Terwyl hy in die kombuis was, het hy ân skadu by die
voordeur gesien van 'n persoon wat na benede skiet. Toe hy ná
die
skietery na buite gaan, het hy (Zarak) agtergekom dat hy in die
linkerbeen geskiet is.
Zarak
het getuig dat hy voorheen lid was van die Corner Boy bende, dat hy
in 1993 lid geword het van die 28 tronkbende.
Zarak
het ons beïndruk as 'n volkome betroubare getuie. Sy getuienis pas
in by die beeld wat deur die ander getuies geskets word.
Ruduwaan
Cassiem (âGhadaffi)
het getuig dat terwyl hulle om die vuur gestaan en dagga rook het,
het hy ânet vuur gesien om die hoek kom van woonstel B.â Hy
sê
voorts:
â
Ek het nie die
mense gesien nie, maar ek het die vuur gesien en soos ek die vuur
gesien het en die skote gehoor het, het ek gehardloop
vir veiligheid,
en in daar die tyd het ek gevoel dat ek klaar getref is in my
regterbeen.â
Hy
het ook by woonstel 115 in woonstelblok D ingehardloop waar hy in die
kombuis skuiling gesoek het.
Die
plek waar hy die persone om die hoek van woonstelblok B sien kom het,
het hy met ân kruisie W2 gemerk op sy weergawe van Bewysstuk
âWâ.
Die
skote wat afgegaan het, het hy beskryf as âmasjiengeweerskoteâ.
Ghadaffi
het gesê dat hy voorheen lid was van die Back Street Kids maar dat
hy hom onttrek het van bendebedrywighede nadat sy broer
Oesman
Cassiem in Julie 1998 doodgeskiet is. Ghadaffi glo dat sy broer deur
lede van die Sexy Boys doodgeskiet is.
Tydens
kruisondervraging is Ghadaffi gekonfronteer met ân verklaring wat
hy aan die Polisie gemaak het waarin hy die volgende sê:
â
Terwyl ek by die
vuur gestaan het, het ek meteens twee persone gesien wie se gesigte
bedek was met doeke en wie gekleed was met sweetpakke
in ons rigting
gehardloop het. Beide die persone het ân vuurwapen elk in hulle
besit gehad.â
Ghadaffi
het verduidelik dat die Sexy Boys gereeld daar by die woonstelle kom
skiet het -- hulle was inderdaad die enigste mense wat
daar by die
woonstelle kom skiet het. Hulle het hulself gewoonlik met doeke
vermom as hulle kom skiet. Omdat hy die aand nie die
mense kon uitken
nie, het hy aanvaar dat hulle soos gewoonlik doeke om hul koppe gedra
het.
Adriaan
Tarentaal (âAbbieâ)
het getuig dat terwyl hulle by die vuur gestaan het, het hy twee
skote gehoor. Toe hy omkyk sien hy beskuldigde twee met ân lang
"gunâ in sy hand. Daar was nog ân persoon agter hom wat hy
die kon erken nie. Hy sê dat hy beskuldigde twee gesien het
âtussen
woonstelblok E en woonstelblok B.â Op Abbie se weergawe van
Bewysstuk âWâ word die plek waar hy beskuldigde twee
gesien het
aangedui met ân asterisk (stervormige X). Daarna het ân klomp
skote afgegaan en het hy by woonstel 115 in woonstelblok
D
ingehardloop. Soos hy hardloop, breek ruite in die rigting waarin hy
hardloop en spat stukke (âklippiesâ) van die muur uit.
In die
hardloop kyk hy na links na die parkie tussen woonstelblokke C en B
en sien hy vir beskuldigde een en beskuldigde drie wat
op hulle
afpyl, beide met vuurwapens in hulle hand en hulle skiet op hulle.
Beskuldigde een het ân lang vuurwappen gehad en beskuldigde
drie
het ân kort vuurwapen gehad. Die plek waar Abbie die twee gesien
het, het hy met ân M en ân P gemerk op sy weergawe van
Bewysstuk
âWâ. Dit is naby die hoek van woonstelblok B naaste aan
woonstelblok D.
Hy
het in die kombuis van die woonstel ingehardloop. Toe haar daarkom,
was Zarak, Cheese en Ghadaffi reeds daar. Hy het toe deurgehardloop
na die badkamer agter in die woonstel. Daar het hy vir Ougat
aangetref.
Terwyl
hy (Abbie) in die kombuis was, het Zarak die voordeur probeer toemaak
maar die deur het telkens weer oopgeklap. Abbie sê dat
hy duidelik
die skaduwee kon sien van ân persoon met ân lang âgunâ in sy
hand wat na benede skiet.
Terwyl
hy in die badkamer was, het die skote âkliphard en aanmekaarâ
aangehou.
Hy
is die aand in sy regterbeen geskiet. Hy was bang om hospitaal toe te
gaan vir behandeling want âek was bang dat hulle my sou
by die
hospitaal kom kry het." Gevra wie âhulleâ is, het hy
geantwoord: âDie Sexy Boy bende.â
Abbie
is 'n lid van die Dixie Boys en van die Firm. Alhoewel hy nie die
leier is van 'n bende nie, is hy ongetwyfeld n prominente
figuur in
die bendewêreld. Hy is getroud met Edith Petersen, 'n lid van die
Brown familie. Abbie het in die verhoor waarin beskuldigdes
een, twee
en vyf aangekla is van die moord op Eugene Brown namens die Staat
getuig. Die verhoor het in Augustus 2002 plaasgevind.
Tydens die
verhoor het hy erken dat hy tydens die voorval gewapen was en op die
toneel geskiet het. Hy het erken dat hy hierdie inligting
nie aan die
ondersoekbeampte van die moord op Eugene Brown meegedeel het nie. As
rede het hy aangevoer dat as hy aan die ondersoekbeampte
gesê dat hy
gwapen was, die polisie nie die moord van Eugene Brown behoorlik sou
ondersoek het nie. Hy voer aan dat hy wel tydens
die verhoor die
waarheid gepraat het in sy getuienis, en die Hof het hom dan ook
ingevolge artikel 204 van die Strafproseswet vrywaring
van vervolging
verleen aan die einde van daardie verhoor.
Abbie
het 'n verklaring aan die polisie gemaak agt dae ná die
skietvoorval. In die verklaring sê hy dat beskuldigde een 'n "gun"
by hom gehad het terwyl hy in sy getuienis dit duidelik gestel het
dat beskuldigde een 'n "lang gun" by hom gehad het.
In sy
verklaring het hy nie vermeld dat hy tydens die aanval vanuit die
kombuis na die badkamer beweeg het. Die versuim om in sy
verklaring
te spesifiseer dat beskuldigde een 'n lang vuurwapen by hom gehad
het, kom nie neer op 'n wesenlike teenstrydigheid tussen
sy
verklaring en sy getuienis wat sy geloofwaardigheid aantas nie, en
die feit dat hy deurgehardloop het na die badkamer word deur
ander
getuies bevestig.
Soos
Abbie, sê beide Michelle Petersen en Lwellyn Isaacs dat beskuldigde
een 'n lang vuurwapen by hom gehad het. Wat betref die identifikasie
van beskuldigde twee vind Abbie se getuienis korroborasie in dié van
Michelle en Barbara Petersen, van Zarak en van Mev Masoet.
Wat betref
die identifikasie van beskuldigde drie vind Abbie se getuienis
korroborasie in dié van Michelle Petersen.
Daar
bestaan by ons geen rede om die getuienis van Abbie in twyfel te trek
nie. Vyf dae van soms aggressiewe kruisondervraging het
hom nie van
stryk gebring nie.
Die getuienis
van Llewellyn Isaacs
Llewellyn
Isaacs (âLaksmanâ) het getuig dat hy ân ruk lank by die vuur
gestaan het maar dat hy daarna met sy meisie gaan staan
en gesels het
by ân parkie tussen woonstelblokke B en C. Cheese bevestig dat
Llewellyn by sy meisie gestaan en gesels het en dui
op sy (Cheese) se
weergawe van Bewysstuk âWâ met ân letter W2 aan waar Llewellyn
en sy meisie gestaan en gesels het.
Terwyl
hy met sy meisie gestaan en gesels het, het hy skote gehoor. Hy en sy
meisie het na woonstelblok C gehardloop om skuiling te
gaan soek in
die woonstel waar sy gewoon het. Terwyl sy sukkel om die hekkie oop
te maak wat toegang tot die agterplaas verleen,
het hy na die âpadâ
(Chestnutweg) se kant toe gekyk en twee persone gesien wat tussen
woonstelblokke B en C in hul rigting aankom.
Die een persoon was
beskuldigde een. Albei persone was volgens hom gewapen met âlang
vuurwapensâ.
Beskuldige
een het by die watervoor aan die onderpunt van woonstelblokke B en C
gestruikel en met sy een hand op die grond gedruk
en weer regop
gekom. Llewellyn sê dat hy beskuldigde een daar by die watervoor
(âslootjieâ) aan sy gesig erken het. Hy sê ook
dat daar groot
spreiligte in die omgewing is.
Hy
was angsbevange (hy was bang vir beskuldigde een) en het vir sy
meisie geskree om die hekkie oop te maak. Hulle is toe by die
woonstel
in waar hulle gebly het tot die skietery opgehou het.
Foto
10 in Bewysstuk "KK" toon woonstelblok B waar Llewellyn en
sy meisie gestaan en gesels het, en foto 11 van dieselfde
Bewysstuk
toon die houthekkie wat Llewellyn se meisie gesukkel het om oop te
kry alvorens hulle in daardie woonstel in gevlug het.
Die fotos, wat
deur die verdediging ingehandig is, is in die aand geneem en toon die
besonder helder beligting in die omgewing --
die mas van die spreilig
tussen woonstelblokke B en C verskyn op foto 11 in Bewysstuk "KK".
Llewellyn
is lid van die 28 tronkbende. Die bynaam "Laksman" het hy
in die gevangenis gekry.
Llewellyn
was 'n interessante getuie. Hy getuig nie net met sy mond nie, maar
met sy hele liggaam: stem, gesigsuitdrukking, gebare
en lyftaal. As
hy vertel hoe beskuldigde een by die slootjie gestruikel het, dan
illustreer hy presies hoe sy knie geknak het, hoe
hy met sy een hand
op die grond gedruk het en opgekyk het.
Sy
waarneming van beskuldigde een op die toneel word bevestig deur
Abbie, Mev Masoet en Michelle Petersen.
(iii) Die getuienis van Mev
Fagmieda Masoet
Mev
Masoet en haar gesin woon in 'n woonstel op die boonste vloer van
woonstelblok C. Haar woonstel is skuins bokant die grondvloerwoonstel
waar Llewellyn se meisie woon. Op die aand van die gebeure was sy
reeds vir 15 jaar in Chestnut Place woonagtig. Sy en haar familie
het
geen bendeverbintenisse nie. Sy het ook geen verbintenis met die
Brown familie nie. Haar dogters het wel verhoudinge gehad met
lede
van die jonger geslag van die Brown-familie. Mev Masoet het te kenne
gegee dat hierdie verhoudinge nie haar goedkeuring weggedra
het nie.
Die
oorledene was die seun van Mev Masoet se suster Jenny wat in
Kensington woon. Die oorledene het by 'n meisie in Chestnut Place
gekuier. Hy het soms by die meisie in haar woonstel geslaap, en soms
by Mev Masoet.
Toe
die skietery die aand begin, het Mev Masoet se man die deure van die
woonstel gesluit. Hulle het die kinders wat by hulle was
(haar
jongste dogter van elf en haar kleinkind) eers onder die bed laat lê
en daarna na die gang gebring waar hulle minder blootgestel
sou wees
aan verdwaalde koeëls deur die vensters. Haar volwasse dogters was
in 'n ander slaapkamer.
Mev
Masoet het gesê dat sy 'n nuuskierige mens is en dat sy, sonder haar
man se medewete, op die balkon gaan staan het om te kyk
of sy kan
sien wat aangaan. Die plek waar sy gestaan het, het sy met 'n X
gemerk op Foto 11 in Bewysstuk "KK". Sy het eers
die deur
op 'n skrefie oopgemaak en na buite geloer. Daarna het sy uitbeweeg
op die balkon. Sy het beskryf hoe sy die gordyn wat
aan die binnekant
van die balkondeur hang toegetrek het en die deur agter haar
toegemaak het sodat haar man nie kon agterkom dat
sy buite op die
balkon is nie.
Sy
het stemme gehoor en om die muurtjie van die balkon geloer in die
rigting van woonstelblokke E en D. Die eerste persone wat sy
gesien
het was Klein Kat (beskuldigde sewe) en Dino (beskuldigde vyf). Sy
het nog 'n stem gehoor. Sy het 'n persoon agter die "wiel"
gesien. Sy het die persoon erken as Kiddo. Hy het sy serp laat val en
dit weer opgetel. Hy het 'n kapbeweging met sy hande gemaak
en dit
het gelyk asof hy 'n rewolwer in sy hand het.
Sy
het ook vir beskuldigde een by die wiel gesien. Sy het haar kop agter
die muur ingetrek. Sy hoor iemand hardop sê: : "Jy
Kat".
Sy loer weer om die muurtjie van die balkon en sien beskuldigde twee.
Op daardie stadium het haar man met haar geraas
en sy is terug in die
woonstel.
Mev
Masoet het op haar weergawe van Bewysstuk "W" aangetoon
waar sy die beskuldigdes gesien het. Sy het die posisies soos
volg
gemerk: K vir Klein Kat (beskuldigde sewe); D vir Dino (beskuldigde
vyf); M vir beskuldigde een; K1 vir Kiddo (beskuldigde ses),
en R vir
beskuldigde twee (Ricardo Wepener).
Die
laaste wat sy gesien het, was toe Klein Kat, Dino en beskuldigde een
begin wegbeweeg. Sy het die rigting waarin hulle beweeg het
met 'n
pyltjie op Bewysstuk "W" aangedui. Die pyltjie dui in die
rigting van woonstelblok A tussen woonstelblokke B en
E.
Ná
die skietery bedaar het, het haar dogter vir haar gesê dat Sandra
daar buite skree dat Jason geskiet is. Sy en die kinders is
na buite
waar hulle Jason aangetref het waar hy voor die voordeur van woonstel
115 lê.
Mev
Masoet is oor 'n periode van sowat ses dae deur die indertydse
regsverteenwoordiger van beskuldigde een onder langdurige,
herhalende,
aggressiewe en en soms treiterende kruisondervraging
onderwerp.
â
n
Groot deel van Mev Masoet se kruisondervraging het gegaan oor
periferale aangeleenthede soos haar liefdadigheidswerk, haar
betrokkenheid
by die troep trompoppies wat sy deur die jare afgerig
het, en gesprekke wat sy ná die dood van die oorledene met Jerome
Booysen
gehad het. Sy is telkemale gekonfronteer met stellings dat
Jerome Booysen se weergawe, of, soos dit in kruisondervraging aan
haar
gestel is, beskuldigde een âse familie se weergaweâ, van
gebeure van haar weergawe verskil. Jerome Booysen is nie geroep as
getuie
nie.
Daar
is ook aan Mev Masoet gestel wat Mev Hilda Davids sou sê dat sy haar
die die aand van die moord geskakel het. Mev Masoet het
gesê dat sy
nie so ân oproep onthou nie en die saak is daar gelaat. ân Mens
wonder wat die doel van hierdie stukkie kruisondervraging
was?
'n
Enkele voorbeeld van die trant van die kruisondervraging oor die
periferale kwessies is voldoende. Mev Masoet het getuig dat sy
vir
baie jare betrokke was by gemeenskapwerk. Een van haar geliefde
stokperdjies was die groepies trompoppies wat sy deur die jare
afgerig het. Van haar gemeenskapswerk is gedoen binne die raamwerk
van die Belhar Youth Action Forum. Op grond van 'n brief wat deur
die
sekretaris van die Forum geskryf is en waarop daar 'n stempel verskyn
dat die Forum in 1996 opgerig is, is die geloofwaardigheid
van haar
getuienis oor haar gemeenskapsdiens in twyfel getrek. Mev Masoet se
gemeenskapsdiens was nie beperk tot die jeugforum nie.
Sy was ook
betrokke by SANTA in verband met tuberkulose en by 'n
gesondheidsforum in verband met Vigs. Sy het voorts getuig dat sy
vanaf April vanjaar besig is met 'n kursus in maatskaplike dienste.
Hierdie getuienis is nie aangeveg nie. Die smalende verwysing
in
kruisondervraging na haar "sogenaamde" gemeenskapsdiens is
nie net ongegrond nie, maar ook 'n aanduiding van die toon
van die
kruisondervraging waaraan sy blootgestel was. Mev Masoet se getuienis
dat die Belhar Youth Action Forum intussen doodgeloop
het en dat sy
die afgelope drie jaar alleen met die werk voortgaan, is nie betwis
nie.
Al
hierdie kruisondervraging het, ten beste vir die verdediging, getoon
dat haar geheue ten opsigte van sommige van hierdie periferale
kwessies nie altyd akkuraat was nie.
Om
te kom getuig was vir Mev Masoet geen aangename ervaring nie: om mee
te begin was sy bang (haar vrees om te getuig kom reeds in
haar
verklaring na vore), sy was klaarblyklik ontuis in die hof en dit was
duidelik dat die aggressiewe toon van die kruisondervraging
haar
ontsenu het.
Dit
is pertinent in kruisondervraging aan Mev Masoet gestel dat haar
getuienis deel is van die Brown-komplot teen die Booysen-familie,
en
die feit dat sy eers sowat twee jaar ná die gebeure 'n verklaring
aan die polisie gemaak het, is aan haar voorgehou as deel van
die
sinistêre komplot waarvan sy deel sou wees. Op hierdie stadium het
Mev Masoet onder groot emosie vertel watter vernietigende
uitwerking
die dood van die oorledene op hul familieverhoudinge gehad het. Haar
suster, die moeder van die oorledene, het Mev Masoet
verkwalik omdat
sy, volgens haar, nie goed genoeg na die oorledene omgesien het nie
as hy by Chestnut Place was. Reeds op die aand
van die skietery was
daar 'n getwis tussen die susters. Onder die omstandighede het Mev
Masoet nie vir haar suster vertel wat sy
gesien het nie. Mettertyd
het sy skuldgevoelens gekry omdat sy nie openlik was met haar suster
nie. Haar suster is so erg deur die
dood van haar seun geaffekteer
dat sy sielkundige behandeling ontvang het. Mev Masoet het self
mediese behandeling ondergaan. Ná
sowat twee jaar, en nadat hul
ander suster ernstig siek was aan kanker, het Mev Masoet haar suster
vertel wat sy weet en haar suster
het gesorg dat sy dadelik na die
polisie geneem word om 'n verklaring te maak. Die bewering dat sy
deel sou wees van 'n Brown-komplot
teen die Booysen-familie verwerp
ons sonder meer.
Mev
Masoet is uitvoerig ondervra oor die waarnemings wat sy die aand
gemaak het. Van al die teenstrydighede, en vermeende teenstrydighede,
wat in die proses na vore gekom het, is slegs een van belang. In haar
verklaring sê sy dat die persone wat sy gesien het, het gehardloop
â
die woord âgehardloopâ kom drie maal voor. In antwoord op ân
versoek om die teenstrydigheid te verduidelik, sê sy:
â
Soos u dit sien
wil dit vir my voorkom u verwys na hardloop en ek het seker gesê
hardloop, maar wat ek gesien het is Michael het
na Katjies se kant
toe beweeg. So na Katjies toe en dit is die laaste wat ek vir hulle
daar gesien het meneer en Dino was al voor,
ân ent voor hulle. Hy
het nie vinnig gehardloop nie.â
Elders
beklemtoon sy dat sy hulle in beweging gesien het:
â
Ek het vir hulle
gesien beweeg op sekere plekke U Edele en hulle was in beweging
gewees.â
Op
haar weergawe van Bewysstuk âWâ het sy aangetoon dat die laaste
wat sy van beskuldigdes een, vyf en sewe gesien het, was toe
hulle in
die rigting van woonstelblok A beweeg het. Sy is toe by die woonstel
in en âek het nie gekyk in watter rigting hulle hardloop
nie, ek
kan nie vir u sê nie.â Haar getuienis is dus nie teenstrydig met
dié van ander getuies wat gesien het dat die beskuldigdes
die
omgewing verlaat deur tussen woonstelblokke B en C weg te hardloop.
Haar
stelling dat die persone wat sy waargeneem het, gehardloop het, is
inderdaad ân teenstrydigheid wat sy nie bevredigend verduidelik
het
nie. Dit is egter nie, na ons oordeel, ân teenstrydigheid wat die
geldigheid van haar waarneming ondermyn nie.
Ek
het reeds verwys na Mev Masoet se getuienis dat Kiddo op die toneel
'n kapbeweging met sy hande gemaak het en dat dit gelyk het
asof hy
'n rewolwer in sy hand het. In haar verklaring aan die polisie sê sy
"dit het voorgekom asof hy dit 'gecock' het".
In haar
getuienis het sy nie die woord "cock" gebruik nie. Sy het
wel die kapbeweging geïllustreer wat sy gesien het en
vir my as leek
het dit gelyk soos die beweging wat gemaak word as 'n magasyn in die
kolf van 'n outomatiese pistool ingedruk word.
Sy het getuig dat sy
niks van vuurwapens af weet nie -- sy ken nie eers die verskil tussen
'n rewolwer en 'n pistool nie. 'n Mens
wonder dus of die woord "cock"
nie afkomstig is van die polisiebeampte wat die verklaring afgeneem
het nie? Hoe dit ookal
sy, hierdie is een van daardie sydelingse
opmerkings wat soms in verklarings of getuienis verskyn wat die
akkuraatheid van die res
van die waarneming bolwerk.
Ons
is van oordeel dat Mev Masoet, wat betref haar waarnemings die aand
van die skietery, 'n eerlike en betroubare getuie is. Haar
identifikasie van beskuldigdes een, twee en drie op die toneel word
gekorroboreer deur ander getuies.
Mev
Masoet is die enigste getuie wat beskuldigdes vyf, ses en sewe op die
toneel plaas. Tydens die aansoek om die ontslag van beskuldigdes
vyf
en sewe aan die einde van die Staat se saak is daar betoog dat haar
getuienis as enkelgetuie veel te wense oorlaat. Vanweë die
debat
rondom die kwaliteit van Mev Masoet se getuienis was ons van oordeel
dat dit ongewens sou wees as ons op daardie stadium 'n
bevinding maak
oor die aanvaarbaarheid van gedeeltes van haar getuienis. Vandaar dat
die aansoek om ontslag geweier is. Nou, aan
die einde van die Staat
se saak en nadat ons al die getuienis aangehoor en oorweeg het,
aanvaar ons dat sy wel beskuldigdes vyf en
sewe ná die skietery naby
die hoek van woonstelblok B gesien het. Sy het nie wapens by
beskuldigdes vyf en sewe gesien nie.
(iv) Die waarnemings vanuit
woonstelblok A
Op
die aand van die gebeure was die oorledene aanvanklik in die
geselskap van 'n aantal jong vroue, te wete, Michelle Petersen,
Barbara
Petersen, Edith Petersen, Adeline Brown ("Muis"),
Maria Demas ("Bubbles") en Sandra September. Sandra se
woonstel
is op die middelvloer van woonstelblok A. Die woonstel word
met 'n X gemerk op foto 27 in Bewysstuk "S". Die kombuis en
badkamervensters van Sandra se woonstel bied 'n uitsig in die rigting
van woonstelblok D. 'n Persoon wat uit die kombuisvenster in
die
rigting van woonstelblok D kyk, sal die lengte van woonstelblok E aan
die regterkant sien, en aan die linkerkant die bo-punt
van
woonstelblok B. In die oop gebied tussen woonstelblokke A, B en E is
daar 'n spreilig. Die skaduwee van die mas van hierdie spreilig
is
sigbaar op die lugfoto Bewysstuk "Y".
Michelle
Petersen
het getuig dat hulle almal 'n tydlank saam in Sandra se woonstel
gesit en gesels het. Michelle en die oorledene is daar weg om bier
te
gaan koop by 'n taverne. Hulle het teruggekom en Sandra het vir hulle
kos gemaak. Die oorledene is daarna daar weg en kort ná
sy vertrek
het die skote begin afgaan.
Toe
die skote afgaan, het Muis en Bubbles op die wasbak in die kombuis
geklim om by die kombuisvenster uit te kyk. Edith en Barbara
was in
die badkamer. Sy wat Michelle is, was in die gang. Barbara se kind
het begin huil. Michelle het die kind vir Barbara gegee
en sy
(Michelle) is toe na die badkamervenster.
Sy
het beskuldigde een met 'n lang "gun" in die hand gesien;
beskuldigde twee wat besig was om te skiet en ook beskuldigde
drie.
Sy het op haar weergawe van Bewysstuk "W" aangetoon waar sy
die drie beskuldigdes gesien het: M dui op beskuldigde
een; R op
beskuldigde twee, en P op beskuldigde drie. Sy het ook op Foto 3 in
Bewysstuk "KK" met P aangetoon waar sy beskuldigde
drie
gesien het, en met 'n R op Foto 7 waar sy beskuldigde twee gesien
het.
Sy
het 'n persoon onder die trap by woonstelblok D sien skiet. Die
persoon se rug was na haar gekeer. Toe die persoon onder die trap
uitkom en opkyk, toe sien sy, sy gesig en erken beskuldigde twee.
Beskuldigde drie het na beskuldigde een gehardloop toe die skietery
bedaar. Beskuldigde een het geval en toe hy regop kom het sy hom in
sy gesig gekyk. Beskuldigdes een en drie het tussen woonstelblokke
B
en C verdwyn. Toe hulle weghardloop het sy vuurwapens by hulle
gesien.
Michelle
is in kruisondervraging gekonfronteer met die verklaring wat sy die
dag ná die skietvoorval aan die Polisie gemaak het.
Ek het reeds na
hierdie verklaring verwys. In die verklaring sê sy onder meer dat sy
die badkamervenster oopgemaak het en vir Jason,
Abbie, Zarak,
Ghadaffi en Ougat buite woonstel 115 gesien het. Uit haar getuienis
blyk dit dat sy vroeër die aand die groepie daar
sien staan het â
sy en Jason het inderdaad ân rukkie by hulle gestaan en gesels toe
hulle na die taverne is om bier te gaan koop.
Die wyse waarop haar
verklaring afgeneem is laat ân mens wonder of die opskrifsteller
daarvan nie mededelings wat sy aan hom gemaak
het, âgekonsertinaâ
het nie?
In
haar getuienis het Michelle gesê dat sy beskuldigdes een, twee en
drie met wapens gesien het maar dat sy net beskuldigde twee
sien
skiet het. In haar verklaring word vermeld dat sy gesien het hoe
hulle â
â
elk ân
vuurwapen in hulle hande het en skote op die bovermelde persone skiet
en daarna op die vlug slaanâ.
â
n
Mens het weer eens te make met die opskrifsteller se bewoording:
Michelle het klaarblyklik nie gepraat van âbovermelde personeâ
nie en ek betwyfel dit sterk of sy die frase âen daarna op die vlug
slaanâ gebruik het. Michelle het in haar getuienis in hoof
te kenne
gegee dat sy nie tevrede is met die indruk wat geskep word dat sy al
drie van hulle sien skiet het nie.
Na
ons oordeel doen die verskille tussen haar verklaring en haar
getuienis in die Hof nie af aan haar geloofwaardigheid nie. Sy was
inderdaad 'n voortreflike getuie wat in kruisondervraging met
vertroue en sekerheid op vrae geantwoord het.
Barbara
Petersen
het na die badkamer gegaan toe die skietery begin. Sy het by die
venster uitgekyk en beskuldigde twee, met 'n groot vuurwapen in
sy
hand, om die hoek by woonstel B sien kom. Sy het die plek waar sy hom
gesien het, met 'n asterisk (stervormige X) gemerk op haar
weergawe
van Bewysstuk "W".
Daar
was nog vier ander mense ook wat sy nie kon erken nie. Sy sê dat sy
beskuldigde drie aan sy manier van hardloop erken het. Sy
het
toegegee dat haar identifikasie van beskuldigde drie moontlik nie
korrek is nie.
Sy
bevestig dat sy na haar kind, wat begin huil het, in die slaapkamer
gegaan het. Michelle toe haar plek by die venster in die badkamer
ingeneem.
Maria
Demas (âBubblesâ)
het, soos reeds vantevore vermeld, gesê dat sy die betrokke aand
vreeslik bang was en dat sy "vandag nog" op haar senuwees
is. Sy was opvallend vreesbevange toe sy getuig het en het die indruk
geskep dat sy so min as moontlik probeer sê.
Sy
het bevestig dat toe die skietery begin, Muis op die wasbak in die
kombuis geklim het om by die venster uit te kyk. Sy het Muis
van die
venster weggetrek en self net 'n oomblik uitgekyk. Sy het 'n persoon
met 'n lang vuurwapen in die omgewing van die piering
gesien. Sy het
hom gesien net voor die trappe waar daar geskiet was. Sy kon die
persoon nie uitken nie.
Nadat
die geskiet opgehou het, is sy saam met die ander na die toneel by
woonstelblok D. In die omgewing van die piering het sy patroondoppies
opgetel wat sy aan die Polisie oorhandig het.
Adeline
Brown
("Muis")
wat saam met die ander vroue in Sandra se woonstel was, en wat
volgens Michelle en en Muis by die kombuisvenster uitgekyk het, het
die volgende dag 'n verklaring aan die Polisie gemaak. Sy is op 2
Julie 1999 in Ilexlaan, wat vlak by Chestnut Place is, doodgeskiet.
Samevatting van waarnemings
Die
waarnemings ten opsigte van identiteit wat die getuies gemaak het,
kan soos volg saamgevat word:
Die geskiet van die kant van
woonstelblok B.
Toe
die skietery begin --
sien
Cheese twee mans wat skiet om die hoek by woonstel B kom
sien Ghadaffi twee mans wat skiet
om die hoek by woonstel B kom
sien
Zarak twee persone om die hoek by woonstel B kom -- hy erken
beskuldigde twee maar nie die ander persoon nie
sien
Abbie twee persone om die hoek by woonstel B omkom -- hy erken
beskuldigde twee maar nie die ander persoon nie
sien
Barbara Petersen beskuldigde twee om die hoek by woonstel B kom,
gevolg deur vyf ander persone, een waarvan sy aanvanklik as
beskuldigde drie uitken, maar toegee dat sy kon fouteer. Dit is
verstaanbaar waarom sy die ander persone gesien het wat agter
beskuldigde
twee volg terwyl diegene by die vuur hulle nie gesien het
nie. Laasgenoemde groep was in die vuurlyn en het begin weghardloop
--
sy het van die tweede vloer van 'n woonstelblok die gebeure
gadegeslaan soos die groep voor haar verby beweeg het in die lig van
die nabygeleë spreilig.
Die geskiet van die gebied
tussen woonstelblokke B en C
Lwellyn
Isaacs sien twee persone van die rigting van Chestnutweg tussen
woonstelblokke B en C beweeg in die rigting van woonstelblok
D. Een
van die persone erken hy as beskuldigde een.
Zarak sien op sy pad na woonstel
115 twee persone aankom tussen woonstelblokke B en C in die omgewing
van die mas van die spreilig.
Abbie, wat agter Zarak hardloop
en laaste by die woonstel in is, sien twee persone tussen
woonstelblokke B en C, maar nou reeds by
die punt van woonstelblok C
wat naaste aan woonstelblok D is. Hy erken beskuldigdes een en drie.
Die geskiet by die ingang van
woonstel 115
Zarak
sien vanuit sy posisie in die kombuis hoe 'n skadufiguur met 'n lang
vuurwapen by die voordeur van die woonstel na benede skiet
Abbie sien, die rukkie wat hy in
die kombuis was, die skaduwee van 'n persoon met 'n lang vuurwapen in
sy hand wat skiet na iemand
wat op die grond lê
Michelle Petersen, wat posisie by
die badkamervenster inneem nadat sy Barbara se kind aan haar
oorhandig het, sien 'n persoon (wat
sy leter eien as beskuldige twee)
wat onder die trap by woonstel 115 na benede skiet
Hierdie
getuienis word bevestig deur die getuienis van die Polisie en van Dr
Basson -- talle afgevuurde patroondoppies is gevind by
die ingang na
woonstel 115 waar die oorledene se liggaam aangetref is met, onder
meer, agt skote wat van agter op hom geskiet is.
Ná
die skietery, sien Michelle Petersen beskuldigde 1, 2 en 3 op die
toneel in die omgewing van die prering, en sien Mev masoet
beskuldigdes 1, 2, 5, 6 (Kido) en 7 op die toneel in die omgewing van
die piering.
Motief
Abbie
beskryf die motief van die aanval soos volg:
Hoekom dink u was
daar geskiet daardie aand? --- Volgens my, Edelagbare, wou hulle
daardie aand vir my kom doodskiet het want ek was
ân getuie in ân
vorige moordsaak waarin beskuldigde 1, nommer 2, en beskuldigde 5
betrokke was, U Edele. Die moord van Eugene
Brown.
Hoekom
dink u daardie aand was vir u bedoel? --- Want Ricardo Wepener-hulle
was in hegtenis op die moord van Eugene Brown toe het
hulle uitgekom
op ân borgtog.
Weet
u hoe lank hulle in hegtenis was? --- So ongeveer ân jaar lê hulle
op remand.
Weet
u hoe lank hulle op borg was op die stadium toe hierdie aanval
plaasgevind het? --- Ek dink so â dit kan wees so moontlik drie
weke, kan langer ook wees, as ek nou moet skat.
Llewellyn
Isaacs bevestig hierdie standpunt oor die motief. Hy sê dat ân
vriend van hom ân jaar voor die voorval doodgeskiet
is (Eugene
Brown is op 15 Augustus 1998 doodgeskiet). Van sy vriende was getuies
in die saak en beskuldigde twee was ân aangeklaagde
in die saak. Hy
dink dat die Sexy Boys het die aand gekom om sy vriende te skiet wat
sou getuig in die saak.
Ook
Ghadaffi het aangeneem dat die motief agter die skietery 'n poging
was om Abbie elimineer.
Sameswering
Die
beskuldigdes voer aan dat die getuienis deel is van 'n komplot aan
die kant van die uitgebreide Brown-familie om hulle valslik
te
inkrimineer. In argument is daar selfs gesuggereer dat die oorledene
deur die lede van die Firm doodgeskiet is, maw sy dood is
georkestreer ten einde 'n situasie te skep wat voor die deur van die
beskuldigdes gelê kan word. Hierdie gedagte het op die laaste
dag
van die verhoor in argument opgeduik en is nie tydens die verhoor in
ondervraging of kruisondervraging ge-eksploreer nie.
Daar
is ook aangevoer dat van die getuies hul eie getuienis aangepas by
die getuienis van ander getuies, en dat afwykings van
polisieverklarings
hieraan toegeskryf kan word.
Daar
is in argument aangevoer dat al die getuies wat vóór Mev Masoet
getuig het seker was dat al die ligte, insluitend die straatligte
gewerk het. Daar word voorts aangevoer dat nadat Mev Masoet se aandag
gevestig is op fotos 26 en 27 in Bewysstuk âSâ waarop dit
lyk dit
asof op die aand van die gebeure, sekere van die straatligte nie
gebrand het nie, het die getuies wat ná haar getuig het,
hul
getuienis aangepas. Dit is nie heeltemaal korrek nie. Cheese en
Oudste verwys net na die spreiligte. Alhoewel hulle van mening
was
dat die straatligte gebrand het, het Ghadaffi, Zarak en Abbie
beklemtoon dat die beligting goed was omdat â en ek beklemtoon
dit
-- die
spreiligte
gebrand het. Dit is nie vir ons duidelik hoe die latere getuies sou
weet in watter mate hulle hul getuienis moet aanpas nie. Die
suggestie in argument dat dat die vervolging 'n rol in hierdie
verband gespeel het, verwerp ons sonder meer.
Daar
is aangevoer dat die "kontaminering" van Michelle Petersen
se getuienis veral groot is omdat sy in haar verklaring
"vermeld
dat die straatligte gewerk het". Dit is nie wat sy in haar
verklaring sê nie. Sy sê:
"Die hele
woonstel kompleks is buite helder verlig deur 'n straatlamp".
As
daar in gedagte gehou word dat daar in die oop gebied tussen
woonstelblokke A, B en E 'n spreilig is, en dat die mas van hierdie
spreilig, en die helder verligte gebied onder die spreilig, direk in
die gesigveld was van die vroue wat die gebeure vanuit woonstelblok
A
gadegeslaan het, is dit waarskynlik dat die verwysing in haar
verklaring na
'n
(enkelvoud) straatlamp wat die woonstelkompleks buite helder verlig
het, 'n verwysing was na hierdie spreilig.
Die
redes wat vir die beweerde sameswering aangevoer word is uiteenlopend
van aard. Enersyds word aangevoer dat 'n komplot is aan
die kant van
die Brown-familie teen die Booysen-familie, spesifiek dan omdat die
Booysens se wettige drankwinkel deur die onwettige
drankhandel van
die Brown familie se smokkelhuise ondermyn word -- die
teenoorgestelde kan natuurlik ewe-eens waar wees. Andersyds
word
daar, veral deur beskuldigde een, aan die sameswering 'n breër
grondslag gegee -- dit is ân sameswering van die Firm, waarvan
die
Browns lede is, om van die Booysens, en in die besonder beskuldigde
een, ontslae te raak. Beskuldigde een het in sy getuienis
die
oortuiging uitgespreek dat die aanslag op sy jonger broer eintlik
teen hom gemik was, en dat die Firm hom wou elimineer nadat
hy en sy
broer hulle aan CORE onttrek het.
Hoe
die komplot gesmee sou gewees het, is nie vir ons duidelik nie. Die
komplot moes op die een of ander manier reeds op die oggend
van die
dag ná die moord beslag gekry het want Michelle en Barbara Petersen
het toe reeds hul verklarings aan die polisie gemaak.
Al sou 'n mens
aanvaar dat iemand soos Abbie later by die komplot betrek sou kon
word, is die betrokkenheid van Mev Masoet by die
komplot moeilik
verklaarbaar. Nie net sou dit beteken dat die getuienis wat sy moet
aflê aan haar voorgesê is nie, maar haar suster
sou ook deel van
die komplot moes wees want dit is haar suster wat uiteindelik gesorg
het dat sy by die polisie uitkom om 'n verklaring
te maak.
Gevolgtrekking
Ons
gevolgtrekking is dat die Staat getuienis aangebied het wat onomwonde
daarop dui dat beskuldigdes een, twee en drie die aand op
die toneel
was, gewapen was en geskiet het. Die beskuldigdes kan egter slegs
skuldig bevind word as daar bevind word dat hul weergawes
nie redelik
moontlik waar kan wees nie.
Die
beskuldigdes: bendeverbintenisse
Daar
is in die getuienis aangevoer dat die beskuldigdes lede is van die
Sexy Boys en dat beskuldigde een die leier is van die bende.
Die
beskuldigdes het hierdie aantyging heftig ontken.
Die
saak gaan nie daaroor of die beskuldigdes lede van 'n bende was nie,
maar of hulle die betrokke aand op die toneel was toe die
oorledene
doodgeskiet is. Hul bendeverbintenisse is slegs van belang in soverre
dit deel vorm van die algemene agtergrond. Hul ontkenning
van hul
bendeverbintenisse, en in die besonder beskuldigde een se ontkenning
van sy leiersrol, kan egter 'n invloed hê op die evaluering
van hul
algemene geloofwaardigheid.
â
n
Bende hou geen register van sy lede nie. Bendelede dra nie
lidmaatskap-kaarte nie. Daar is geen notule van ân vergadering
waarop
die leier van ân bende verkies is of aangewys is nie. Bewys
dat ân persoon lid is van ân bepaalde bende kan slegs op
indirekte
wyse geskied. Getuienis dat ân persoon in ân gemeenskap
bekend is as lid van ân bende, is ten spyte van die hoorsê-aard
daarvan,
noodwendig deel van die bewysmateriaal wat in totaliteit
beoordeel moet word. So sê Kaptein Stoffels, wat lank lid was van
die bende-ondersoek-eenheid
in die Wes-Kaap, van beskuldidigde een
dat â
â
uit
die aard van my werk en ondervinding van hierdie bende gebeure in die
Wes-Kaap was Mnr Booysen algemeen bekend op die lippetaal
van bendes
dat hy die leier was van die Sexy Boys bendegroepering â¦.â
Beskuldigde
een
Afgesien
van die algemene persepsie in die gemeenskap dat beskuldigde een 'n
leiersfiguur is van die Sexy Boys, is daar ander getuienis
wat
oorweldigend dui op beskuldigde een se lidmaatskap en leierskap van
die Sexy Boys.
Kaptein
Stoffels, in sy hoedanigheid as lid van die bende-ondersoek-eenheid,
het beskuldigde een as leier van die Sexy Boys beskou.
Kaptein Marx
het getuig dat beskuldige een gedurende 1998 deur Inspekteur
Schaeffer aan hom voorgestel is as leier van die Sexy Boys
en dat
beskuldigde een teenoor hom erken het dat hy saam met sy broer die
hooflid is van die Sexy Boys.
Verskeie
getuies, Abbie, Ghadaffi, Llewellyn en Michelle Petersen het getuig
dat tydens 'n CORE vergadering by Chestnut Place, waar
al die
belangrikste bendeleiers teenwoordig was, beskuldigde een uitdruklik
aan die vergaderde gemeenskap verklaar het dat hy die
leier is van
die Sexy Boys.
Die
rol van beskuldigde een in Belhar as leier van die dominante bende
blyk, op miskien lasterlike wyse, uit die getuienis van Llewelyn
Isaacs. Toe daar aan hom gestel is dat hy beskuldigde een op 'n
stadium gedreig het, het hy geantwoord: "Hoe kan ek Michael
Booysen dreig? Hy is dan die Here homself!"
Beskuldigde
een gee te kenne dat hy en sy broer by CORE betrek is vanweë die
prominente posisie wat die Booysen-familie in Belhar
beklee het as
sakeleiers en leiers op die gebied van sport, veral deur hul
betrokkenheid by die Belhar rugbyklub. Beskuldigde een
se broer
Jerome was die ondervoorsitter van die raad of uitvoerende komitee
van CORE. Beskuldigde een het ook toegegee dat hy en
sy broer lede
van CORE gebly het toe die organisasie begin het om beskermingsgeld
van smokkelhuise en taxi-operateurs te hef.
Ná
die Booysens se onttrekking van CORE word daar 'n oorlog teen hulle
gevoer. Beskuldigde een voer aan dat die Firm oorlog teen
die
Booysens gevoer het omdat hulle nie beskermingsgeld wou betaal nie.
Daar bestaan by ons geen twyfel nie dat hulle nie beskermingsgeld
'n
mededingdende bendegroep wou betaal nie en dat die volskaalse oorlog
wat uitgebreek het, 'n bende-oorlog was.
Ek
het vroeër gesê dat ek sal terugkom na die tweede vredespoging wat
CORE II genoem word. Binne die raamwerk van hierdie vredespoging
het
daar 'n besoek aan die Helderstroom gevangenis plaasgevind waarop
daar uitvoerig in die getuienis ingegaan is. Die besoek is
ge-inisiëer deur Pastoor Martin, 'n familievriend van die Booysens.
Hy het Abbie Tarentaal genader het met die versoek om hom te
vergesel
op 'n besoek aan die Helderstroom gevangenis waar beskuldigde een
indertyd verhoorafwagtend aangehou is op verkeie aanklagte
van moord.
Verskeie ander persone, onder andere Riaan Clifford en Ruduwaan
Cassiem en 'n koerantman, het die besoek meegemaak. Die
groep was
blykbaar verteenwoordigend van die Dixie Boys en die Back Street
Kids. Die doel van die besoek was om vrede tussen die
strydende
bendes te bewerkstellig. Die presiese besonderhede van die voorstelle
wat tydens die samesprekings gemaak is en die onderhandelinge
wat
daarop gevolg het, is in geskil. Volgens Abbie Tarentaal was die
voorstel dat hy 'n verklaring aan die polisie maak dat die aantygings
teen beskuldigdes een en twee in die sake waarop hulle tereg staan,
voortspruit uit 'n sameswering aan die kant van die Brown familie.
As
hy so 'n verklaring sou maak, sou beskuldigde een sorg dat sy vader
die aanklag van poging tot moord teen Abbie Tarentaal terugtrek.
Beskuldigde een stem tot 'n mate saam maar voer aan dat die
inisiatief vanaf die kant van Abbie Tarentaal gekom het.
Dit
is nie nodig om al die feitegeskille rondom die Helderstroom besoek
te probeer oplos nie. Vrede tussen die bendes in Belhar sou
slegs
bewerkstellig kon word as die Sexy Boys en die leierskap van die
Sexy Boys by die proses betrek word. Dit is duidelik dat
Pastoor
Martin van oordeel was dat vrede nie sonder die betrokkenheid van
beskuldigde een bewerkstellig sou kon word nie. Daar bestaan
by ons
geen twyfel nie dat beskuldigde een by die proses betrek is in sy
hoedanigheid as leier van die Sexy Boys.
Abbie
Tarentaal en Ruduwaan Cassiem het albei getuig dat beskuldigde een
gedreig het dat as sy voorstelle oor die terugtrek van die
aanklagte
nie aanvaar word nie, hy 'n "army" teen die mense van
Chestnut Place sal instuur. Die onderhandelinge het op
niks uitgeloop
nie.
Beskuldigde
twee
Cheese
getuig dat beskuldigde twee hom aangerand het omdat hy (Cheese)
verbintenis met die 28 bende gehad het. Hy verwys ook na die
gebruik
deur beskuldige twee van die uitdrukking wat skynbaar kemerkend van
die Sexy Boys is: "Hosch jy ⦠jy vat vir die Sexy
Boys vir 'n
naai".
Cheese
en Llewellyn getuig dat beskuldigde twee 'n sweetpak gedra het met
die woorde "Sexy Boy" en "Hit the Dutchman"
daarop.
Die
getuies is dit eens dat beskuldigde twee gereeld "uitgehang"
het by die
Sexy
Boys se vergaderplek, en dat hy deelgeneem het aan die
bendebedrywighde van die Sexy Boys: skietery, aanrandings ens.
In sy getuienis ten behoewe van
beskuldigde twee tydens vroeëre borgverrigtinge het Mnr Albertyn
gesê dat beskuldigde twee "vir
die bende gwerk het" in die
"games-shop" van Mnr Leon Smal. In sy getuienis in hierdie
Hof het Mnr Albertyn, beskuldigde
twee se verbintenis met die Sexy
Boys probeer afskaal.
Daar
bestaan by ons geen twyfel nie dat beskuldigde twee lid was van die
Sexy Boys.
Beskuldigde
drie
Cheese
en Abbie getuig dat beskuldigde drie 'n sweetpak gehad het waarop die
woorde "Sexy Boy" voorgekom het.
Volgens
Llewellyn het beskuldigde drie tydens besoeke by Chestnut Place die
Sexy Boy frase gebruik" "Hosch, hosch ama sex".
Micehelle
Petersen het getuig dat beskuldigdes twee, drie, vyf en sewe by haar
niggie, Nadia Foutie, gebraai het en daar gespog het
met hul
lidmaatskap van die Sexy Boys (daar sal onthou word dat beskuldigde
twee 'n verhouding mat Nadia gehad het en dat hulle saam
betrokke was
by smokkelbedrywighede). Sy sê ook dat beskuldigde drie haar
meegedeel het dat hy 'n lid is van die Sexy Boys terwyl
hy met 'n
vuurwapen gespeel het.
Daar
moet in gedagte gehou word dat bendelidmaatskap nie 'n geheim was
nie. Soos reeds vantevore aangetoon, die mense het mekaar geken
en in
dieselfde gemeenskap beweeg.
Alibis
Die
beskuldigdes ontken almal dat hulle op die betrokke aand by Chestnut
Place was. Elkeen steun op 'n alibi wat hulle elders plaas
op die tyd
waarop die misdaad gepleeg is.
Die
benadering wat gevolg moet word by die evaluering van alibi-getuienis
is soos volg uiteengesit in
S
v Malefo
1998 (1) SASV 127 (W) op 158Ãâ158d (ek laat die verwysings na
gesag weg wat in die aangehaalde passasie voorkom):
"1. Wanneer 'n
alibi as verweer geopper word rus daar geen bewyslas op 'n
beskuldigde om die alibi te bewys nie â¦â¦;
indien
'n redelike moontlikheid bestaan dat die alibi waar kan wees het die
Staat hom nie van sy bewyslas gekwyt nie en moet die
beskuldigde die
voordeel van die twyfel toekom â¦..;
elke
alibi moet aan die hand van die totaliteit van die getuienis en die
hof se indrukke van die getuienis beoordeel word â¦..;
indien
daar identifiserende getuies is moet hulle nie net eerlik wees nie
maar hulle uitkenning van 'n beskuldigde moet betroubaar
wees â¦..;
die
toets bly egter of die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die
tersaaklike misdryf deur die beskuldigde gepleeg is -- as
die
beskuldigde versuim om te getuig of a valse alibi opwerp kan dit die
getuienis teen hom versterk."
Dat
versuim om te getuig of die opwerp van ân vals alibi, die getuienis
teen ân beskuldigde kan versterk, word beklemtoon deur
Holmes AR in
S v Nkombani and Another
1963 (4) SA 877
(A) op 893G. Die versuim om te getuig of die opwerp
van die vals alibi is nie ân addisionele stukkie getuienis teen die
beskuldigde
nie, maar dit kan die oorredingskrag van die Staat se
prima facie
saak versterk en groter gewig daaraan verleen.
Beskuldigde
een
voer aan dat hy die aand aan 'n "pool" kompetisie
deelgeneem het in Kraaifontein. Hy het gereeld op Maandae en
Woensdae-aande
daar gespeel. Hy is 'n goeie speler en het die aand in
die finaal verloor teen die destydse Boland kampioen. Omdat sy motor
nie beskikbaar
was nie, het hy Mnr Gerhard Stofberg gevra om hom na
op te laai as hy na die kompetisie gaan. Mnr Sofberg het hom teen
ongeveer 7nm
by die huis opgelaai en hom ná die kompetisie teen
ongeveer een-uur op die oggend van 22 Junie by die sy ouerhuis besorg
waar hy
indertyd gewoon het. Beskuldigde een se swaer, Leon Smal
("Smallie"), wat naby beskuldigde een se ouerhuis in Belhar
woon,
het ook aan die kompetisie deelgeneem.
Mnr
Stofberg het getuig dat hy gereeld saam met beskuldigde een in die
Maandag en Woensdag kompetisies gespeel het. Hy het op 21 Junie
1999
vroeër die dag by beskuldigde een by die drankwinkel in Belhar
aangedoen. Hulle het 'n paar spelle "pool" gaan speel
in
die naby-geleë "game-shop" wat deur beskuldigde een se
swaer bedryf word. Hy het bevestig dat hy later beskuldigde
een op
versoek opgelaai het en ná die kompetisie weer tuis besorg het in
die vroeë oggendure van 22 Junie 1999. Mnr Stofberg woon
in
Durbanville maar het gedurende die dag van 21 Junie in Delft en
omgewing gewerk.
Volgens
Kaptein Marx het beskuldige een het nie by sy arrestasie gemeld het
dat hy nie op die toneel was nie en hy het op beskuldigde
een se
waarskuwingsverklaring (Bewysstuk "YY") aangeteken dat die
beskuldigde sy swygreg uitgeoefen het en gesê het dat
hy nie in die
afwesigheid van sy regsverteenwoordiger wil praat nie.
Beskuldigde
een sê dat hy op 22 Junie 1999, toe hy verneem dat hy verdink word
van die moord die vorige aand, vir Stofberg gebel
het. Stofberg sê
dat sy reaksie op die telefoonoproep was dat dit onmoontlik is dat
beskuldigde een die vorige aand op 'n moordtoneel
kon gewees het, en
dat hy beskuldigde een meegedeel het dat as hy hom nodig het, moet hy
hom skakel. Daarna word daar weer in Augustus
2002 met Stofberg in
verbinding getree.
Vanaf
sy arrestasie op 23 Junie 1999 tot Augustus 2002 word daar dus niks
gedoen om getuienis te verkry of te bewaar ten aansien van
beskuldigde een se alibi nie. Dit ten spyte van die feit dat die saak
oorspronklik vir verhoor op die rol geplaas is in Mei 2002.
Ná meer
as drie jaar verhoorafwagtend in die gevangenis doen beskuldigde vir
die eerste keer in Augustus 2002 iets ivm sy alibi
by wyse van 'n
telefoonoproep. Geeneen van die ander persone wat die aand by die
kompetisie was word genader nie; beskuldigde een
se meisie en swaer
word nie geroep as getuies nie. Volgens beskuldigde een en Stofberg
word die deelnemers aan die kompetisie telkens
in 'n boek aangeteken.
Tydige optrede aan die kant van beskuldigde een kon verseker het dat
die inskrywing in daardie boek behoue
bly (die plek waar die
kompetise gehou is, is intussen gesluit).
Stofberg
se getuienis klink met die eerste oogopslag oortuigend en is op
oortuigende wyse gelewer. By nadere analise blyk dit dat
hy met
oortuiging die gebeure tydens die "pool" kompetisie kon
beskryf het want hy het slegs beskryf wat gereeld gedeur
het. Vir
iemand wat reeds die volgende dag daarop attent gemaak is dat sy
getuienis oor die vorige aand se kompetisie nodig mag word,
toon sy
herinnering 'n merkwaardige gebrek. Stofberg bevestig dat beskuldigde
een 'n goeie "pool" speler is en dat hy die
meeste van die
tyd wen. Die feit dat die beskuldigde daardie aand, anders as die
meeste van die tyd, nie gewen het nie kan hy nie
onthou nie.
Beskuldigde
een is slegs by hierdie een geleentheid deur Stofberg 'n geleentheid
gebied na die kompetisie. Inderdaad is Belhar, waar
beskuldigde een
woon, ver uit die pad van Stofberg wat in Durbanville woon.
Nadat
die verdediging hul sake gesluit het, het die Staat aansoek gedoen
vir heropening van die Staat se saak. Ek het die aansoek
toegestaan
in die lig van die beginsels uiteengesit in
S
v Felthun
1999 (1) SASV 481 (HHA) en op grond van die volgende feite:
Beskuldigde
een het aan die begin van die verhoor onskuldig gepleit en te kenne
gegee dat sy verweer op ân alibi berus. Geen besonderhede
is gegee
nie.
Die
alibi is gestel aan die getuies wat hom op die toneel geplaas het
(Abbie, Llewellyn, Mev Masoet). Daar is aan hierdie getuies
gestel
dat beskuldigde een nie op die toneel kon gewees het nie omdat hy die
betrokke aand aan ân âpoolâ-kompetisie in Kraaifontein
deelgeneem het. Geen verdere besonderhede is gegee op daar die
stadium nie. Die besonderhede van die alibi het eers na vore gekom
toe beskuldigde een en Mnr Stofberg getuig het. Die Staat het nie die
geleentheid gehad om die besonderhede van die alibi te ondersoek
voordat beskuldigde een en Mnr Stofberg getuig het nie.
Die
Staat het Me Yeolandy Strydom as getuie geroep. Behalwe dat sy
meegedeel is dat sy in 'n moordsaak moet kom getuig, het sy geen
kennis gedra van die besonderhede van die saak nie. Sy het getuig dat
sy ân kroeg onder die naam Yeolandyâs in Arcadia, Kraaifontein
bedryf het. Verskillende kompetisies is saans by die kroeg gehou.
Maandae-aande is ân liga-kompetisie in elektroniese veerpyltjies
(âdartsâ) gehou. Woensdae-aande was die aand vir
âpoolâ-kompetisies. Vanweë gebrek aan ruimte kon ân
elektroniese darts
kompetisie en ân âpoolâ-kompetisie nie
gelyktydig gehou word nie. Inderdaad is die âpoolâ-tafels tydens
die elektroniese
veerpyltjie kompetisies gebruik om verversings op
uit te pak.
Me
Strydom ontken die getuienis van Mnr Stofberg dat hy by die kroeg
uitgehelp het, gehelp het om orde te handhaaf as daar moeilkheid
is
en dat hy in vir haar gewag het as sy saans die kroeg sluit en agter
haar aan gery het tot naby haar huis.
Nadat
Me Strydom haar getuienis in hoof afgehandel het, het Mev Smit namens
beskuldigde een gevra dat die saak afstaan sodat sy verder
kan
konsulteer in die lig van die getuienis van Me Strydom. Ek het die
saak laat afstaan tot Maandag 23 Junie.
Die
verdediging het daarna vir Okkert Hansen en Tertia Mahoney as getuies
geroep. Hulle is die vorige Donderdag of Vrydag deur Mnr
Stofberg
genader om namens beskuldigde een te getuig. Volgens Hansen is hulle
gevra om te getuig dat Booysen Maandae en Woensdae
by die kroeg pool
gespeel het. Mnr Stofberg was teenwoordig in die Hof toe Me Snyman
getuig het.
Hul
getuienis is nie van 'n gehalte wat die getuienis van Me Strydom, wat
die kroeg bedryf het, kan ontsenu nie. Mnr Hansen kon nie
onthou of
hy die vorige Donderdag of Vrydag genader is om te getuig nie, maar
hy gee voor om te onthou wat vier jaar gelede gebeur
het. Tog kon hy
nie onthou wanneer Evelyn, die vrou wat in die kombuis gewerk het, 'n
dag af gehad het nie. Tertia Mahoney weerspreek
Hansen in belangrike
opsigte; byvoorbeeld, sy bevestig nie dat Mnr Stofberg gehelp het om
moeilike klante te hanteer nie. Sy onthou
wel dat Stofberg, soos hy
getuig het, gereeld warm skyfies by die kroeg geëet het.
In
die lig van voorgaande verwerp ons die getuienis dat beskuldigde een
op die aand van 21 Junie 1999 by Yeolandy se kroeg pool gespeel
het.
Beskuldigde
twee
voer aan dat hy die aand by die huis was. Hy het indertyd saam met sy
niggie en haar man, Mnr en Mev Albertyn, gewoon in ân huis
geleë
te Gazaniastraat 24. Hy het gedurende die dag na die winkels en die
âgame-shopâ gegaan. Teen 5nm was hy weer by die huis
want hy het
die enigste sleutel van die huis gehad en moes tuis wees om oop te
sluit as die Albertyns van die werk af kom. Hulle
het tussen 5 en 6
nm teruggekom. Nadat hulle geëet het, het hy ân tydlank in sy
kamer gelees. Mnr Albertyn het hom gevra of hy
na ân video wil kom
kyk. Terwyl hy en Mnr Albertyn nog besig was om te praat, het hulle
skote gehoor. Daarna het hulle die video
gaan kyk. Hulle het na een
video gekyk en daarna het hy gaan slaap.
Mnr
Steve Albertyn het in breë trekke die getuienis van beskuldigde twee
bevestig. Volgens Mnr Albertyn het hulle die aand na twee
videos
gekyk. Hy kan nie onthou waarna hulle gekyk het nie.
Mnr
Albertyn was aanvanklik verward oor tye: in sy getuienis in hoof het
hy gesê dat die polisie, beskuldigde twee die volgende dag
kom
arresteer het. Later het hy te kenne gegee dat die arres plaasgevind
het in die vroeë oggendure van 23 Junie. Die verwarring
tussen 21 en
22 Junie 1999 kom ook na vore in Mnr Albertyn se getuienis wat hy
afgelê het ten behoewe van beskuldigde twee by borgverriginge.
Ek
het reeds daarop gwys dat in sy getuienis tydens borgverrigtinge Mnr
Albertyn gesê dat beskuldigde twee "vir die bende gwerk
het"
in die "games-shop" van Mnr Leon Smal. In sy getuienis in
hierdie Hof het Mnr Albertyn, beskuldigde twee se verbintenis
met die
Sexy Boys probeer afskaal.
In
sy getuienis in die borgverrigtinge sê Mnr Albertyn dat hy
beskuldigde twee nie so goed ken nie en dat hy nie geweet het waarom
hy voor 23 Mei 1999 vir byna 'n jaar in aanhouding was nie.
Dit
is onder hierdie omstandighede merkwaardige toeval dat presies op die
oomblik waarop die skote gehoor word, beskuldigde twee en
Mnr
Albertyn in gesprek met mekaar is.
Die
alibi van beskuldigde twee berus op onaanvaarbare getuienis en word
verwerp.
Beskuldigde
drie
sê ook dat hy die aand by die huis was. Hy het saam met sy ouers en
ouer broer gewoon. Hy was sonder werk en wou die aand sy lot
by sy
broer bekla en hom vra om hom geldelik te help want hy was werkloos
en sy meisie was swanger. Sy broer het teen 5nm by die
huis aangekom
en te kenne ggee dat hy met hom sal praat as hy van die kooroefening
by die kerk terugkom. Sy broer het teen 9nm van
die kooroefening
teruggekom. Hulle het in die voorhuis gepraat to so ongeveer 11nm. Sy
broer het belowe om hom geldelik te help.
Beskuldigde
drie het getuig dat hy sy broer gevra het om vir hom te getuig toe sy
broer hom ân week of twee ná sy arrestasie by
die
Goodwood-gevangenis besoek het. Die laaste kontak wat hy met hom
gehad het was âlaaste Maandagâ toe sy broer hom saam met
kinders
by die Polsmoor-gevangenis besoek het. [Hierdie getuienis is op
Woensdag 18 Junie 2003 gee; âlaaste Maandagâ was dus
waarskynlik
Maandag 10 Junie 2003.]
Mnr
George Paulsen het bevestig dat beskuldigde drie indertyd by hom te
Keurboomlaan 12 in Belhar gewoon het. Mnr Paulsen het getuig
dat hy
teen ongeveer 2h45 die middag sy vrou by die huis afgelaai het en dat
hy weer terug is werk toe. Die beskuldigde het toe teenoor
hom te
kenne gegee dat hy met hom wil praat. Nadat hy teen ongeveer 9nm van
die kooroefening teruggekom het, het hy en beskuldigde
drie sowat ân
halfuur gesit en praat. Daarna het hy (George) in die voorkamer gesit
tot ongeveer 10h00 of 10h30.
Die
gesprek het volgens Mnr Paulsen gegaan oor beskuldigde drie se
versoek om hulp met borggeld, as hy dit sou nodig kry, en oor hoe
hy
dit sou terugbetaal. Beskuldigde drie was in werklikheid op daardie
stadium uit op borg op ân ander aanklag en sou die volgende
dag (22
Junie 1999) in die Hof verskyn vir ân uitstel. Mnr George Paulsen
het met beslistheid bevestig dat hulle die aand net oor
borggeld
gepraat het.
Mnr
Paulsen het verder getuig dat hy aan die begin van hierdie jaar vir
die eerste keer genader is om ten behoewe van sy broer te
kom getuig.
Hy het voorts gesê dat hy hom lanklaas besoek het, na skatting so
twee of drie maande gelede.
Mnr
Paulsen het ongemaklik voorgekom in die getuiebank. Hy het laat blyk
dat hy die polisie ernstig verkwalik oor die wyse waarop
hulle sy
broer in die vroeë oggendure ge-arresteer het. Hy was ook, tereg,
ontsteld omdat vir verskeie dae niemand vir hom wou sê
waar sy broer
aangehou word nie.
Die
verskille tussen die getuienis van beskuldigde drie en dié van Mnr
Paulsen is so verreikend dat dit ernstig op die geloofwaardigheid
daarvan reflekteer: die twee weergawes is só uiteenlopend dat albei
nie waar kan wees nie. Dit maak die getuienis van 'n gesprek
tussen
die twee broers op 21 Junie 1999 op die tydstip toe die skietery by
Chestnut Place plaasgevind het, onaanvaarbaar.
Daar
is 'n ander grondslag waarop die alibi van beskuldigde drie verwerp
kan word. Mnr Paulsen sê dat die gesprek tussen hom en beskuldigde
drie kort was (half-uur), en dat dit net oor die kwessie van borggeld
vir beskuldigde drie gehandel het sou hy dit benodig. Op 21
Junie was
beskuldigde drie uit op borg of waarskuwing op 'n ander klag en sou
hy die volgende dag in die hof verskyn vir ân uitstel.
ân Gesprek
oor borggeld skyn weinig sin te maak op die aand van 21 Junie. As die
gesprek oor borg die aand van 22 Junie plaasgevind
het, sou dit sin
maak binne die volgende scenario: tydens die loop van die dag hoor
beskuldigde drie, soos van die ander beskuldigdes
(oa beskuldigde
een) dat die storie die rondte doen dat hy by die vorige aand se
skietery betrokke was. Hy verwag dat hy binnekort
gearresteer kan
word en vra sy broer of hy bereid is om hom van borggeld te voorsien
sou hy dit nodig kry. Mnr Paulsen is baie lank
na die gebeure vir die
eerste keer genader om te getuig en hy kan maklik ân bona fide fout
maak, veral as dit aan hom gesuggereer
was dat die gesprek oor die
borg die aand van 21 Junie plaasgevind het.
Die
alibi van beskuldigde drie berus ewe-eens op onaanvaarbare getuienis
en word verwerp.
Gevolgtrekking
Ons
bevind dus dat beskuldigdes een, twee en drie op die aand van 21
Junie 1999 gewapend op die toneel was waar die oorledene doodgeskiet
is en dat hulle op die toneel geskiet het. Ten opsigte van die
aanklag van moord en die aanklagtes van poging tot moord het hulle
die gemeenskaplike opset gehad om te dood.
Op
die aanklag van poging tot moord op Ismael Hendricks, aanklag drie,
is daar geen getuienis aangebied nie en geen skuldigbevinding
kan op
hierdie aanklag gemaak word nie.
Besit
van wapens en ammunisie
Aanklagte agt tot vyftien is
aanklagte onder die Wet op Wapens en Ammunisie 75 van 1969 (hierna
"die Wapenswet")
Me
Jacobs het te kenne gegee dat die Staat nie vra vir enige
skuldigbevinding op aanklagte twaalf tot vyftien nie. Hierdie
aanklagte
het betrekking op die arsenaal wapens wat op 15 Oktober
1999 gevind is in die houthuisie by Kosmosstraat 61, Bellville-Suid.
Hierdie
wapens kan nie verbind word aan die beskuldigdes tans voor
die Hof nie.
Me
Jacobs vra skuldigbevinding van beskuldigdes een, twee en drie aan
aanklagte agt, nege, tien en elf.
Aanklag
agt is 'n aanklag van oortreding van artikel 2 gelees met artikels 1,
39 en 40 van die Wapenswet deurdat die beskuldigdes
op 21 Junie 1999
wederregtelik en opsetlik in besit was van twee vuurwapens wat 9mm
kaliber patrone kan afvuur, naamlik een 9mm Vector
pistool
reeksnommer S003029, sowel as ân ander onbekende 9mm pistool,
sonder dat enige van die beskuldigdes die houer was van ân
lisensie
om die wapens te besit.
Aanklag
nege is 'n aanklag van oortreding van artikel 32(1)(a) gelees met
artikels 1, 39 en 40 van die Wapenswet deurdat die beskuldigdes
op 21
Junie 1999 wederregtelik en opsetlik in besit was van wapentuig, te
wete ân masjiengeweer of soortgelyke wapentuig wat 5.56
rondtes kan
afvuur
Aanklag
tien is 'n aanklag van oortreding van artikel 36 gelees met artikels
1, 39 en 40 van die Wapenswet deurdat die beskuldigdes
op 21 Junie
1999 wederregtelik en opsetlik in besit was van ammunisie, naamlik
veertien 9mm patrone.
Aanklag
elf is 'n aanklag van oortreding van artikel 32(1)(e) gelees met
artikels 1, 39 en 40 van die Wapenswet deurdat die beskuldigdes
op 21
Junie 1999 wederregtelik en opsetlik in besit was van wapentuig,
naamlik ses-en-twintig 5.56mm patrone wat bestem is om uit
'n
masjiengeweer of soortgelyke wapentuig afgeskiet te word
Volgens
die getuienis was beskuldigde drie op die aand van 21 Junie 1999
gewapen met 'n handwapen. Daar is met 'n 9mm handwapen geskiet
op die
toneel en patroondoppies van 9mm kaliber is op die toneel gevind. Ons
vind beskuldigde drie onder die omstandghede skuldig
op aanklagte agt
en tien.
Aanklagte
nege en elf het betrekking op die wederregtelike besit van 'n
masjiengeweer of soortgelyke wapentuig wat 5.56mm rondtes
kan afvuur,
en die besit van 5.56mm patrone.
Mev
Smit het aangevoer dat die Staat versuim het om bo redelike twyfel te
bewys dat die vuurwapens wat gebruik is aan die omskrywing
van
âmasjiengeweerâ in artikel 1 van die Wapenswet voldoen. Volgens
Die definisie beteken die woord âmasjiengeweerâ in die
Wet â
â
ook
ân vuurwapen wat onafgebroke vuur kan lewer solank drukking op die
sneller toegepas word, hetsy daardie vuurwapen oorspronklik
bestem
was om op daardie wyse te funksioneer al dan nie.â
Die
Staat het die volgende bewys:
beskuldigdes
een en twee was in besit van "lang" vuurwapens;
skote
het aanhoudend geval en verskeie getuies het die vuur beskryf as dié
van 'n "masjiengeweer";
ses-en-twintig
5.56mm afgevuurde doppies is op die toneel gevind;
ballistiese
ondersoek het getoon dat die 5.56mm kaliber patroondoppies van
militêre oorsprong is, en
die partoondoppies
beskik oor die karaktereienskappe van patroondoppies wat afgevuur is
deur R4, R5 en R6 vol-outomatiese aanvalsgewere
en LM4, LM5 en LM6
semi-outomatiese gewere.
Die
kumulatiewe effek van hierdie getuienis is dat die Staat hom van die
bewyslas gekwyt het.
Mev
Smit het aangevoer dat daar volgens die getuienis bykans daagliks
skietvoorvalle in Chestnut Place was en dat die moontlikheid
derhalwe
bestaan dat die patroondoppies op 'n ander geleentheid op die toneel
kon beland het. Volgens die getuienis is daar ongetwyfeld
dikwels by
Chestnut Place geskiet ("bykans daagliks" is ietwat
oordrewe). Chestnut Place beslaan verskeie woonstelblokke
met oop
ruimtes tussenin. Daar is sekerlik nie altyd op dieselfde plek
geskiet nie. En as daar onmiddelik ná 'n skietvoorval op
die toneel
van daardie skietvoorval, en rondom die liggaam van die persoon wat
in daardie skietvoorval doodgeskiet is, doppies gevind
word, dan is
die enigste redelike afleiding dat die doppies afkomstig is van die
daardie (jongste) skietvoorval.
Beskuldigdes
een en twee word derhalwe skuldig bevind op aanklagte nege en elf.
Bevinding
Ons
bevinding is samevattend dus soos volg:
Beskuldigdes
vyf en sewe word onskuldig bevind op al die aanklagte.
Beskuldigde
een:
Ons vind beskuldige een skuldig op die volgende
aanklagte:
Aanklag
een: Moord
Aanklag
twee: Poging tot moord (Ruduwaan Cassiem)
Aanklag
vier: Poging tot moord (Martin Japhta)
Aanklag
vyf: Poging tot moord (Riaan Clifford)
Aanklag
ses: Poging tot moord (Adriaan Tarentaal)
Aanklag
sewe: Poging tot moord (Mogamat Field)
Aanklag
nege: Oortreding van artikel 32(1)(a) gelees met artikels 1, 39 en 40
van Wet 75 van 1969
Aanklag
elf: Oortreding van artikel 32(1)(e) gelees met artikels 1, 39 en 40
van Wet 75 van 1969
Beskuldigde
twee:
Ons vind beskuldige twee skuldig op die volgende
aanklagte:
Aanklag
een: Moord
Aanklag
twee: Poging tot moord (Ruduwaan Cassiem)
Aanklag
vier: Poging tot moord (Martin Japhta)
Aanklag
vyf: Poging tot moord (Riaan Clifford)
Aanklag
ses: Poging tot moord (Adriaan Tarentaal)
Aanklag
sewe: Poging tot moord (Mogamat Field)
Aanklag
nege: Oortreding van artikel 32(1)(a) gelees met artikels 1, 39 en 40
van Wet 75 van 1969
Aanklag
elf: Oortreding van artikel 32(1)(e) gelees met artikels 1, 39 en 40
van Wet 75 van 1969
Beskuldigde
drie:
Ons vind beskuldige drie skuldig op die volgende
aanklagte:
Aanklag
een: Moord
Aanklag
twee: Poging tot moord (Ruduwaan Cassiem)
Aanklag
vier: Poging tot moord (Martin Japhta)
Aanklag
vyf: Poging tot moord (Riaan Clifford)
Aanklag
ses: Poging tot moord (Adriaan Tarentaal)
Aanklag
sewe: Poging tot moord (Mogamat Field)
Aanklag
agt: Oortreding van artikel 2 gelees met artikels 1, 39 en 40 van Wet
75 van 1969
Aanklag
tien: Oortreding van artikel 36 gelees met artikels 1, 39 en 40 van
Wet 75 van 1969
HJ ERASMUS, R