About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 80
|
|
Makaleni v S (A988/2002) [2003] ZAWCHC 80 (13 June 2003)
IN
DEE HOOGGEREGSHOF VAN SLHD-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER A.988/2002
DATUM: 13
JUNIE 2003
In
die saak tussen;
VUSUMZI
MAKALENI
Appella
nt
en
DIE
STAAT Respondent
UITSPRAAK
DUMINY,
WnR
:
Die
appellant is in die streekhof Wynberg aangekla van diefstal van n
motorvoertuig wat beskryf word as n blou Ford Escort motorvoertuig.
Die diefstal net na bewering op 23 November 1998 plaasgevind. Op 17
Desember 1999 is hy skuldig bevind, soos aangekla en n vonnis
van
ses jaar gevangenisstraf opgele.
Ter
aanvang moet verduldelik word dat die appellant 'n brief gerig het
aan die Klerk van die Hof, die brief is gedateer 6 Januarie
2000 en
daarin het hy sy voorneme uitgespreek om appet aan te teken teen sy
vonnis. In dieselfde brief het hy egter gekla dat
die getufenis van
die polisiebeamptes wat teen horn getuig het, vafs was en hy het
klagtes geopper oor die optrede van sy prokureur
tydens die verhoor.
Ten opsigte van die kiagte met betrekking tot vonnis, sit die brief
die gronde van die appellant se besware
uiteen.
Na
my mening is daar ruimte daarvoor dat die brief gesien kan word as
'n kennisgewing van appel teen skuldigbevinding sowel as
vonnis Die
argumentshoofde is aanvanklik voorberei op die grondslag dat die
appel slegs teen die vonnis gerig was Die appellant
en die
respondent se advokate is egter genooi om submissies te maak ten
opsigte van die skuldigbevinding self. Hulle het dit
gedoen en ek
spreek my waardering daarvoor uit.
Ek
handel eerstens met die kwessie
van
skuldigbevinding.
Daar was drie staatsgetuies, die eerste was mnr Ashrad Southgate. Hy
het getuig dat hy die eienaar was van die
Ford Escort motorvoertuig
wat betrokke was by die kiagte Op 23 November 1998 het hy
die voertuig by die Lansdowne
spoorwegstasie geparkeer. Toe
hy dit daar gelaat het was dit in perfekte toestand en was geslult.
Hy het dit omtrent kwart voor
agt die oggend daar gelos. Later die
dag op n tyd na elfuur die oggend is hy deur die Suid-Afrikaanse
PoEisiediens gekontrak
gevra het ot hy sy motorvoertuig aan iemand
geleen het. Hy het geantwoord dat hy dit nie gedoen het nie. Hy is
toe meegedeel
dat sy motor in die besit van andere gevind is. Hy het
na die spoorwegstasie gegaan om te kyk of die voertuig nog daar was
en
gesien dat dit nie meer daar was nie. Hy het sy motorvoertuig by
die Kuifsrivier polisiestasie ge-identifiseer. Die voertuig het
omgeslaan en, volgens sy getuienis, was dit 'n totale wrak. Hy het
gese dat die voertuig omtrent R8 000 gekos het. Sy getuienis
is in
geen opsig betwis nie en hy is nie onder kruisondervraging geneem
daaroor nie.
Die
volgende staatsgetuie was sersant Cloete, n lid van die
Sutd-Afrikaanse Polisiediens wat gestasioneer is by die Maitland
Honde-eenheid. Sy getuienis was dat op die betrokke dag hy n
radioberig gemoniteer het omtrent n verdagte voertuig, synde die
blou Ford Escort waarna ek reeds verwys het. Dit was onderweg in
Kuilsrivier op Nooiensfonteinweg. Hy was in 'n polisievoertuig
met
r
n
ander polisiebeampte en hulle het daarop die verdagte voertuig
waargeneem op Nooiensfonteinweg en Stellenbosch
Arterialweg. Dit was op pad in die rigting van Stellenbosch.
Volgens sy waarneming is die voertuig op 'n roekelose wyse bestuur
sender om behoorlik ag te slaan op aankomende verkeer
Erens
naby Rangeweg het hy gesien dat die voertuig na links swenk en die
pad verlaat, waarop dit gerof en op sy dak te lande gekom
het. Twee
persone het onder die voertuig uitgekruip. Hy het op hulle geskree
om te staan en hy het gese dat hy 'n poliste-offisier
is. Die
appellant en die ander persoon het egter weggehardloop in
verskillende rigtings in die rigting van n bos wat naby die
pad
gelee" was. Sersant Ctoete het 'n waarskuwing geuiter en toe sy
hond losgelaat om een of die ander van die voortvlugtendes
aan te
keer. Volgens sy getutenis het die appellant op daardie stadium 'n
geel T-hempie en
r
n
bEou broek gedra. Toe hy sy hond losgelaat het om sy werk te doen,
kon hy nog steeds die appellant sien.
Die
hond het die appellant gevolg en horn in 'n nabygelee bos aangekeer.
Dit het sersant Cloete nie self gesien nie, maar hy het
nader beweeg
na die bos toe hy die hond hoor blaf en 'n persoon hoor skree het.
In die bos het hy die appellant aangetref waar
hy aangekeer was deur
die hond. Hy het die appellant gearresteer, teruggekeer na die
voertuig en
)n
sleute!
in
die aansitter gevind. Dit was 'n sleutel wat daar ingeforseer was en
hy kon dit nie uit die sleutelgat kry nie. Hy het dit
beskryf as 'n
tuisgemaakte sleutel wat gevyl was.
Cloete
het ook getuig dat die appellant in die bos vir horn gese het dat hy
'n "lift" gegee is. Dit is al wat hy hom
gese het. Die
ander persoon, wat uit die voertuig gevlug het, is nie gevind nie.
in
kruisondervraging het Cloete gese dat hy die verdagte voertuig vir
Vi aantal minute op 'n afstand van ongeveer drie of vier
voertuiglengtes gevolg het. Daar is ander polisievoertuie wat ook
die verdagte voertuig agtervolg het, maar hulle was n ent verder
terug. Hulle het egter ook later op die toneel opgedaag nadat die
verdagte voertuig omgeslaan het. Toe hy gevra was hoeveel honde
daar
op die toneel was, het hy gese daar was slegs twee, naamlik syne en
die van die ander polisiebeampte, sersant Kannemeyer,
wat ook in die
voertuig saam met hom was. Hy was egter die enigste een wat stappe
geneem het om die insittendes van die voertuig
aan te keer aangesien
Kannemeyer by die polisievoertuig agtergebly het om die inhoud
daarvan te bewaak. Volgens sy getuienis
was daar vuurwapens en
radiotoerusting in die voertuig wat bewaak moes word.
In
kruisondervraging het Cloete verder gese dat terwyl hy en Kannemeyer
die voertuig agtervolg het, hul polisievoertuig se sirene
aan was en
sy blou Jigte geflits het. Die ligte het aanhou flits nadat hulle
gestop het op die toneel waar die voertuig omgeslaan
het. Volgens sy
skatting was die afstand vanaf die ongelukstoneel na die bos waartn
die appellant aangekeer was, ongeveer 60
tot 80 meter en die afstand
vanaf die voertuig tot die punt waar die arrestasie uitgevoer is,
ongeveer 80 of 90 meter.
Dit
is aan Cloete gestel wat die appellant se weergawe sou wees, dat hy
aan Cloete gese het dat hy aanvaar het dat die blou Ford
Escort h
taxi of h huurmotor was en dat hy die rit in daardie hoedanigheid
onderneem het. Cloete het dit ontken en herhaal dat
al wat vir horn
gese is, is dat dte appellant 'n "lift" gegee is, dit is
'n geleentheid gegee is. Hy het nie gepraat
van h taxi of huurmotor
nie.
Dit
is ook aan Cloete geste] dat volgens die appellant se weergawe hy
deur vier honde gebyt was. Cloete het dit ontken en gese
dat slegs
sy hond betrokke was en dat daar slegs twee polisiehonde op die
toneel was, soos reeds gese.
Voorts
is dit aan Cloete gestel dat die appellant se weergawe sou wees dat
nadat hy uit die voertuig uitgekruip het, hy duiselig
gevoel het,
weggestrompel het vir omtrent vier meter en toe gaan le het waar hy
aangeval is deur vier polisiehonde. Dit het Cloete
ontken. Hy het
gese dat indien die appellant daar gaan le het, soos hy se
t
soos iemand wat beseer of duiselig was, dit nie vir hom nodig sou
gewees het om sy hond aan te wend om die arrestasie uit te
voer nie.
Die implikasie is dufdelik dat Cloete self die arrestasie sou
uitvoer. Volgens sy getuienis het hy ook 'n vuurwapen
by hom gehad
en sy verdufdeliking is oortuigend.
Kannemeyer
het ook getuig en sy getuienis staaf in a Me wesenfike opsrgte die
van Ctoete. Daar was n aantal afwykings soos wat
deur advokaat
Losch
namens die appellant aangevoer is. Terwyl Cloete gese het dat hulle
die verdagte voertuig op n afstand van ongeveer drie of vier
voertuiglengtes agter volg het, het Kannemeyer dit geskat op omtrent
twee voertuiglengtes. Terwyl Cloete gese het die afstand
vanaf die
voertuig na die bos was ongeveer 60 tot 80 meter, het Kannemeyer dit
geskat op omtrent 10 meter. Ek stem nie met die
submissie dat
hierdie teenstrydighede wesenlik is, saam nie, Afstandskattings is
dikwels onbetroubaar. in hierdie geval was daar
geen opmetings nie,
daar was geen vaste punt uitgewys nie en daar is geen werklike basis
waarop die afstandskattings enige meer
gewig gegee kan word as dat
dit van
h
sekere
orde was nie en in daardie opsig was hulte na my
men'mg
van
dieselfde orde. BuitendJen is die presiese afstand van die voertuig
wat op sy dak gele het of wat gero! het na die bos nie
van belang
nie. Die enigste werklike vraag is of die appellant enkele meter
weggestrompel het van die voertuig en daar gaan le
het en of hy
weggehardloop het in die bos in
;
ongeag
hoe ver dit van die motorvoertuig af was.
Op
hierdie wesenlike aspek, wat die crux van die saak vorm, was die
getuienis van CEoete en Kannemeyer duidelik. Hulle het albei
getuig
dat daar wel n bos was nie ver van waar die voertuig omgerol het nie
en daardie beskrywing van die toneel is noort in
geskil geplaas nie
Hulle het ook getuig dat die appellant vanaf die voertuig in die bos
in gehardloop het. Hulle het albei tyd
gehad om dit te observeer en
nie een van hulle se getuienis toon enige aspek wat aantoon dat dit
onbetroubaar is nie.
Die
appellant het ook getuig. Hy bevestig dat hy die dag in die verdagte
vervoer was. Sy weergawe was dat hy werk in Kuilsrivier
gaan soek
het. Hy het nie geweet wie die voornemende werkgewer sou wees nie,
maar het beweer dat hy 'n telefoonnommer gegee is
wat hy moes
skakel. Op een weergawe is hy gese dat die plek waar hy in diens
geneem sou word, naby h vulstasie was nie ver van
n Seven Eleven
supermark nie. Hy het h taxi geneem om te gaan soek na die plek
in Kuilsrivier maar daar het hy n hele aantal
Seven Elevens
aangetref en hy het uitgewerk dat dit nie die plek is wat hy gesoek
het nie. Hy is toe deur 'n ongeidentiftseerde
persoon meegedeel dat
die plek wat hy soek naby 'n stasie was. Hy het ook gese dat hy R50
betaal het vir die huurmotorrit en
die beskrywing van die voertuig
herbevestig.
Met
betrekking tot die finale fase van sy rit, het hy gese dat die
bestuurder aan hom gese het dat die polisie daar was. Hy het,
voigens horn, vir die drywer gese dat hulle maar kon stop en dat hy
aan die poEisie sou verduidelik dat daar niks verkeerd was
nie en
dat hulle saam was. Die drywer het egter gese dat hy, wat die
appellant is, nie sou verstaan nie en dat hy eerder sou
vlug. Verder
het die drywer niks gese nie en eenvoudig bly bestuur totdat die
voertuig omgekeer het.
Op
daardie stadium, se die appellant, is hy deur die venster uit en
terwyl hy daar gele het, het hy gesien dat die voertuig omslaan.
Toe
het die polisie gekom, eers met een hond, daarna met twee meer en
toe met nog een. Hulle het die honde aangehits om hom te
byt. Hy is
op sy arms en voet gebyt en die polisie het hom ook aangerand deur
hom te skop. Na sy arrestasie is hy met die polisievoertuig
geneem
waar hulle hom gevra het wat die posisie was met die voertuig. Hy
het, voigens hom, vir die polisie gese hy het werk gaan
soek en van
daar af is hy na die polisiekantoor en hospitaal toe geneem.
Toe
hy gevra is om sy teenwoordigheid in die verdagte voertuig te
verduidelik, het die appellant gese dat hy die polisie meegedeel
het
dat hy werk gaan soek het en dat hy vir hulle die telefoonnommer
gewys het. Hy het volgehou dat hy die voertuig gehuur het
as h
huurmotor, maar kon nie verduidelik waarom die drywer
6aarvan
weggehardioop
het nie. Hy het ontken dat hy aan sersant Cloete gese het dat hy
bloot Yi "lift" gekry het in die voertuig.
In
kruisondervraging het die appellant vir die eerste keer die
beskrywing van sy klerasie wat deur albei die
polisiebeamptes
verstrek is, betwis. Hy het ontken dat hy h blou
broek en geel T-hemp gedra het en gese dat die broek swart was en
dat die
bostuk oranje was.
Omtrent
sy soektog na h werksgeleentheid, het hy getuig dat hy n
telefoonnommer
gekry het en dat hy blykbaar vanaf die volgende
maand eers by die plek sou moes werk Dit het hy egter weerspreek
deur
te se dat hy meegedeel is dat die werk beskikbaar was, hy
moes net die persoon vind en daarom het hy die
telefoonnommer
gehad.
Toe
hy gevra is wat die telefoonnommer was, het hy gese hy het
dit nie meer nie, later het hy gese hy is die telefoonnommer
gegee
sodat hy kon bel om uit te vind of die werkgewer beskikbaar was
sodat hy presies meegedeel kon word waar die plek sou wees
waar hy
moes gaan werk.
Met
betrekking tot die gebeure nadat hy die voertuig verlaat net, is hy
deur die staatsaanklaer genooi en die geleentheid gegee
om te se dat
hy nie ver van die voertuig beweeg het nie en dat hy daar gewag het
vir die polisie om aan te kom. Klaarblyklik
sou dit hom n
geleentheid gegee het om
r
n
onskuldige beeld van sy eie optrede oor te dra. Dit het hy egter
ontken en gese hy het nie vir dee polisie gewag nie, maar hy
het
gerus. Hy het ook ontken dat hy weggehardloop het.
Die
appellant se weergawe omtrent die rede waarom hy in die kennelik
gesteelde voertuig aanwesig was, is na my mening ongefoofwaardig
en
kan nie aanvaar word nie. As hy 'n telefoonnommer gegee is wat hy
bloot kon bel om vas te stel waar die werkgewer se perseel
was en of
die werkgewer daar was om hom te woord te staan, wonder 'n mens
waarom hy nie eenvoudig gebel het en dit dan vasgestel
het nie
Waarom moes hy na Kuilsrivier gaan en deur die area gaan soek waar
hy gedink het die plek sou wees? Waarom sou hy dan
deur 'n, voigens
hom, vreemde of ongenoemde persoon meegedeel moes word waar die plek
na bewering sou wees, en daarna op Vt rit
gaan wat ooglopend nie
gaan na die plek waar hy gese is die werkgewer se perseel was nie?
Die weergawe is onsamehangend en kan
na my mening nie aanvaar word
nie.
Die
appellant se weergawe impliseer ook dat die voertuig, nadat dit van
Lansdownestasie gesteel is, vandaar na 'n huurmotorstaanplek
in
Khayehtsha geneem is waar hy dit as n huurmotor betrek het. Soos die
agbare Verhoorlanddros dit uitgewys het
P
daardie scenario is geheel en al onwaarskynlik en ongeloofwaardig en
behoort verwerp te word. Na my mening is daar geen redelike
moontlikheid dat die verduideliking vir die appellant se
teenwoordigheid in die gesteelde voertuig waar kan wees nie.
Met
die verwysing na die gebeure nadat die gesteelde voertuig die pad
verlaat het, is die wesenSike vraag of die appellant weggehardloop
het of nie. Volgens die polisiebeamptes het hy presies dit gedoen,
op sy weergawe het hy nie. Die agbare Verhoorlanddros het
het, na my
mening, korrek in sy uitspraak opgemerk dat die aangeJeentheid berus
op geloofwaardigheidsbevindings. Hy het in my
opinie korrek bevind
dat daar geen wesenlike teenstrydighede was tussen die weergawes van
die twee polisiebeamptes nie en dat
hulle mekaar oor en weer in a
lie materiele opsigte gestaaf het Hy het ook die opmerking gemaak
dat as die appellant nie weggehardloop
het nie, dit nie nodig sou
gewees het om die polisiehond te gebruik om hom aan te keer nie en
dit is ook klaarblyklik n korrekte
opmerking.
Dit
is so dat die getuienis teen die appellant omstandigheidsgetuienis
is Die vraag is dan of die afleiding dat die appellant
n party was
tot die diefstal van die voertuig versoenbaar is met al die feite
wat bo redelike twyfel bewys is. Indien wei, moet
beslis word of
daar enige ander afleiding gemaak kan word buiten dat die appellant
aandadig was tot die diefstal. In die verband
is dit nie nodig om
meer te doen as om te verwys na die geykte beslissings in
R
v BLOM
1939 AD 188
te 202-203 en
S
v HOLTZHAUSEN
1984(4) SA 852 (A) op 861D-I, nie.
Die
belangrikste omstandigheidsgetuienis het betrekking op die appellant
se opt rede nadat die voertuig omgeslaan het. Om die
redes wat ek
reeds gegee het, aanvaar ek die weergawes wat die polisiegetuies
aangebied het en verwerp die van die appellant.
Die
volgende belangrike kwessie het betrekking op die appellant se
teenwoordigheid in die voertuig. Om die redes wat ek reeds
gegee
het, kan ek nie die weergawe daarvan wat die appellant verstrek het,
aanvaar nie. Soos uitgewys is in S v
HOLTZHAUSEN
(supra), is n Hof geregtig om by die beoordefing van
die relatiewe sterkte van afleidings die valsheid van 'n
beskuldigde
se verduideliking van belangrike feite en omstandighede in ag te
neem en dat sy leuenagtigheid in daardie opsigte
die waarde van die
afleidings teen horn onderskraag. Na my mening moet daardie
benadering ook in hierdie saak toegepas word.
Die appellant se
onbevredigende verduidelikings vir sy teenwoordigheid in die
voertuig ondersteun h afleiding dat hy n party
was tot die diefstal
daarvan.
Namens
die appellant is aan die hand gedoen dat die defekte in die
getuienis van die appellant nie die Staat se saak bevorder
nie en
daar is 'n beroep gedoen op
S
v JOCHEMS
1991(1)
SASV 208 (A) te 211. Daardie benadering is slegs van toepassing waar
daar wesenlike kritiek is op die getuienis wat namens
die Staat
aangebied is. In hierdie geval is dit nie van toepassing nie.
Vir
die voorgaande redes is ek tevrede dat die appellant se skuld bo
redelike twyfel bewys is en ek sou die skuldigbevinding bekragtig.
Daar
is ook appel aangeteken teen die vonnis van ses jaar gevangenisstraf
wat die geleerde landdros opgele het. Die toets op appel
is of die
Hof a
quo
h
mistasting begaan het op die feite of die reg toe die vonnis opgele
is of 'n onreelmatigheid plaasgevind het of dat die vonnis
van so 'n
aard was dat geen redelike Hof dit kon opgefe het nie. Die
verhoorianddros het die omstandighede van die misdryf, die
appellant
en die belange van die gemeenskap opgeweeg. Hy het tereg daar op
gewys dat diefstal van motorvoertuie n ernstige misdryf
is. Hy het
in ag geneem dat die appellant 25 jaar oud was, ongetroud was en
geen afhanklikes gehad het nie; ook dat hy n enigste
kind was en dat
hy ten tye van die misdryf nie n werk gehad het nie Hy het ook sy
graad van opvoeding in ag geneem. Die appellant
het naamlik st.7
geslaag (dit sou vandag as Graad 9 bekend staan) Die landdros het
ook in ag geneem dat die appellant in aanhouding
was sedert hy vir
die misdryf gearresteer is.
Die
appellant het egter vorige veroordelings vir oneerlikheidsmisdade.
In 1992 is hy skuldig bevind aan roof en lyfstraf opgele.
Gedurende
dieselfde jaar is hy skuldig bevind aan diefstal en hy is weereens
gevonnis tot lyfstraf en h opgeskorte vonnis van
ses maande daarmee
saam, In 1994 is hy skuldig bevind aan huisbraak en n vonnis van 18
maande gevangenisstraf was opgele.
Gegewe
al die omstandighede is die vonnis van ses jaar gevangenisstraf na
my mening streng maar hoegenaamd nie buitensporig nie.
Ek stem nie
saam met die submissie wat namens die appellant gemaak is dat die
vonnis skokkend onvanpas is nie.
Na
my mening is daar geen gronde daarvoor om in te meng met die vonnis
nie en ek sou gevolglik die vonnis van ses jaar gevangenisstraf
bekragtig.
DUMINY, WnR
CLEAVER.
R
:
Ek stem saam,
DIE
APPeL WORD VAN DIE HAND GEWYS. DIE SKULDIGBEVIND1NG EN VONNIS WORD
BEKRAGTIG
.
CLEAVER,
R