About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1987
>>
[1987] ZASCA 46
|
|
S v Hengari and Another (577/1986) [1987] ZASCA 46 (21 May 1987)
LL
Saak No 577/1986
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPëLAFDELING
In die saak tussen:
PIETER HENGARI
Eerste Appellant
BENNIE NAVILI
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
BOTHA, HEFER et VIVIER ARR
VERHOORDATUM: 11 MEI 19 87
LEWERINGSDATUM: 21 MEI 1987
UITSPRAAK
/BOTHA AR
2.
BOTHA AR
:-
Die twee appellante is in die Hooggeregshof van Suidwes-Afrika deur STRYDOM R
en assessore skuldig bevind aan moord en aan roof. Met
betrekking tot die moord
het die Verhoorhof bevind dat daar geen versagtende omstandighede aanwesig was
nie en gevolglik is die appel=
lante ter dood veroordeel. Ten opsigte van die
roof is elk van hulle gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf. Die Verhoorregter
het
aan die appellante verlof toege= staan om na hierdie Hof in hoër beroep
te kom teen die bevinding dat daar met betrekking tot
die moord geen versagtende
omstandighede aanwesig was nie en teen die gevolglike doodvonnisse wat die
appellante opgelê is.
Vir die doeleindes yan hierdie uitspraak hoef die omstandighede waaronder die
moord plaasgevind het slegs in die breedste trekke geskets
te word, aan. die
hand van die onaanvegbare feitelike bevindings waartoe die Verhoorhof geraak
het, gegrond op die getuienis en
/die ...
4.
wonde op sy kop opgedoen, wat met 'n redelike mate van krag
toegedien was. Die aanranding op die oorledene het bloeding en kneusing
van sy
brein tot gevolg gehad, wat sy dood veroorsaak het. Nadat die appellante die
oorledene se geldsak gebuit het, het hulle die
toneel verlaat, en daarna die
geld wat in die sak was tussen hulle verdeel en die sak self in 'n rioolpyp
versteek, tesame met party
van die bloedbevlekte kledingstukke wat hulle
aangehad het.
Die betoog aangaande versagtende omstandighede wat die appellante se advokate
in hierdie Hof voorgedra het, het berus op 'n
tweeledige grondslag:
enersyds, op die bevinding van die Verhoorhof dat die opsetvorm wat by die
appellante aanwesig was,
dolus eventualis
was, en andersyds, op die
aanvaarding deur die Verhoorhof dat albei die appellante "drank ingehad het en
tot 'n mate daardeur beïnvloed
was". Wat die eerste aspek betref, is daar
betoog dat, naas die feit dat die appel=
/lante ...
3.
die afleidings wat daaruit voortgespruit het. Die oorledene in die saak
was 'n petroljoggie wat gewerk het
by 'n vulstasie op Gobabis. Albei die
appellante was aan hom bekend gewees. Die appellante het vooraf be= plan dat
hulle die oorledene
sou gaan beroof van sy geld sak. Hulle moes besef het dat
daar 'n gevaar bestaan het dat die oorledene hulle tydens die uitvoering
van die
roof sou herken. Ter voorbereiding van die roof= tog het die appellante
hulleself bewapen, die een met 'n knopkierie en die
ander waarskynlik met 'n
stuk yster= pyp. Hulle het besef dat daar 'n moontlikheid was dat geweld gebruik
sou moes word om hulle
plan uit te voer, wat lewensgevaar vir hulle slagoffer
ingehou het, en hulle het hulle daarmee versoen. Ter uitvoering van hulle
gemeenskaplike doel het hulle in die nag na die vulstasie gegaan en daar die
oorledene toegetakel met hulle wapens, deurdat elkeen
van hulle die oorledene op
sy kop geslaan het. Die oorledene het 12 afsonderlike
/wonde ...
5.
lante nie die direkte oogmerk gehad het om die oorledene dood
te maak nie, die aanranding op die oorledene van so '
n
aard was dat,
gemeet volgens die graad van voorsien= baarheid, daar slegs maar 'n geringe
moontlikheid was dat sy dood daardeur veroorsaak
sou word. Wat die tweede aspek
betref, is daar gesteun op die getuienis van die appellante self dat elkeen van
hulle aangetas was
deur die drank wat hulle voor die rooftog gedrink het. Ge=
samentlik beskou, so is daar betoog, het hierdie omstan= dighede versagting
daargestel.
Die voorgaande betoog is in wese dieselfde as dié wat aan die
Verhoorhof voorgehou was, en wat deur die Verhoorhof verwerp
is om die redes wat
uiteengesit is in die uitspraak van die Verhoorregter oor hierdie
aangeleentheid. Om dit kortliks saam te vat:
wat die eerste aspek betref, het
die Verhoorregter daarop gewys dat 'n bevinding van
dolus eventualis
op
sigself nie noodwendlg dui op die aanwesigheid van 'n versagtende
/omstandigheid ....
6.
omstandigheid nie, en voorts onder meer gewys op die volgende
tersaaklike feite, naamlik dat dit 'n wrede aan= val was wat die appellante
op
die oorledene uitgevoer het, dat die oorledene genadeloos toegetakel is en so
gelaat is deur die appellante, en dat die oorledene
12 wonde aan die kop
toegedien is met 'n
redelike mate van geweld en met wapens wat in staat
is om te dood; en wat die tweede aspek betref, het die Verhoorhof bevind, onder
meer met verwysing na die wyse waarop die appellante opgetree het voor en na die
roof, dat drank, indien dit ten opsigte van die
aanval 'n rol gespeel het, dit
baie gering was en nie van so 'n aard dat dit die morele ver= wytbaarheid van
die appellante verminder
het nie. In die laasgenoemde verband moet ook vermeld
word, sonder dat dit nodig is om op besonderhede in te gaan, dat die appellante
se getuienis aangaande hulle drinkery en die uitwerking daarvan in verskeie
opsigte vaag en onaanvaar= baar was en dat die Verhoorhof
heeltemal tereg bevind
het
/dat ...
7.
dat albei die appellante se getuienis in die algemeen
leuenagtig was.In die resultaat het die Verhoorhof bevind dat die kumulatiewe
effek van die aangevoerde faktore nie versagtende omstandighede daargestel het
nie.
Op die keper beskou, is daar geen ruimte hoege= naamd vir '
n
bevinding
dat die Verhoorhof nie redeliker= wyse tot die slotsom kon gekom het waartoe hy
wel gekom het nie.
Namens die appellante is daar egter aangevoer dat die Verhoorhof in sekere
opsigte mistastings begaan het.Die argumente wat die advokate
in hierdie verband
voorgelê het, so goed as hulle kon, is sonder enige meriete.Dit is slegs
nodig om kortliks te verwys na
die vernaamste punte wat geopper is.Namens die
eerste appellant is daar aangevoer dat die Verhoorhof onder '
n
wanopvatting verkeer het met betrekking tot die feite ten opsigte van die
eerste appellant se aandeel in die
/aanranding ...
8.
aanranding: volgens sy getuienis het hy die oorledene slegs
twee houe op sy nek toegedien en is die tweede appellant verantwoordelik
vir die
dodelike beserings van die oorledene. Daar steek niks in hierdie betoog nie,
enersyds omdat die eerste appellant se getuienis
as leuenagtig verwerp is, en
andersyds omdat die twee appellante met 'n gemeenskaplike doel opgetree het en
die eerste appellant
hom klaarblyklik vereenselwig het met die optrede van die
twëede appellant. Die Verhoor= hof het dan ook volkome tereg bevind
dat dit
onnodig was om te probeer bepaal wat presies elke appellant se aan= deel in die
aanranding was.
Namens die tweede appellant is daar aangevoer dat 'n mistasting opgesluit
lê in die volgende opmerkings van die Verhoorregter
in sy uitspraak oor
versagtende omstandighede:
"... na ons mening was die optrede van die beskuldigdes sodanig dát
die bevinding van
dolus eventualis
gunstig vir hulle is en
/dat ...
9.
dat hierdie 'n grensgeval is waar die voor= deel van die
twyfel hulle toegekom het."
Daar kan egter geen fout gevind word met hierdie uit= latings nie.Ek stem
trouens daarmee saam, veral met inagneming van die feit
dat die appellante
terdeë bewus was van die waarskynlikheid dat die oorledene hulle tydens die
aanval sou herken het.Gewag is
gemaak van die tweede appellant se getuienis dat
die oorledene nog gelewe het toe die appellante die toneel verlaat het, wat
bestaanbaar
is met die mediese getuienis. Die eenvoudige antwoord hierop is dat
hierdie getuienis van die tweede appellant waardeloos is in die
samehang van die
oorweging van versagtende omstandighede, met die bewyslas wat in daardie verband
op die appellante rus, in die lig
van die Verhoorhof se verwerping van die
tweede appellant se getuienis as vals.
Ten opsigte van die ander betoogpunte wat geopper is, is dit voldoende om te
sê dat hulle getref
/word ...
10.
word deur dieselfde lot as dié wat ek hierbo by wyse
van voorbeeld genoem het.
Daar bestaan gevolglik geen gronde waarop hierdie Hof kan ingryp in die
bevindings van die Ver= hoorhof en die doodvonnisse wat die
appellante
opgelê is nie.
Die appelle van albei die appellante word van die hand gewys.
A.S. BOTHA AR
HEFER AR
STEM SAAM VIVIER AR