S v November (SS 114/2003) [2003] ZAWCHC 97 (2 June 2003)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Life imprisonment for rape of minor — Accused found guilty of raping a seven-year-old child and attempting to rape two other individuals, as well as attempting murder — Personal circumstances of the accused considered, including being a first offender and having a family — Seriousness of the crimes, particularly the rape of a child, necessitating a severe sentence to protect society — Court imposes life imprisonment for the rape charge, along with additional sentences for the other charges.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 97
|

|

S v November (SS 114/2003) [2003] ZAWCHC 97 (2 June 2003)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
: SS.
114/2003
DATUM
: 2
JUNIE 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
HENDRIK
HENRY NOVEMBER
V
0 N N I S
DLODLO,
WnR
:
Mnr
November, ek moet dadelik vir u se dat om 'n gepaste vonnis te
bepaal, is nie 'n maklike werk nie. Die drie belangrike faktore
wat
aityd in ag geneem moet word, is u persoonlike omstandighede, die
erns van die misdaad self en die belange van die gemeenskap.
Ek
neem dus in ag dat u 34 jaar oud is. U is getroud en het vier
kinders. Ten tyde van die voorvalle het u gewerk en u het 'n inkomste

van R1 100,00 per maand. U deel die Hof mee dat u jammer is oor die
misdrywe waaraan u skuldig bevind is. U het vier biere gedrink
net
voor u die klaagster in aankiag 1 verkrag het, maar u was glad nie
dronk gewees nie.
Wanneer
dit op die erns van die misdaad kom, u weet self dat die misdrywe wat
u gepleeg het en waaraan u klaar skuldig bevind is,
van 'n ernstige
aard is. Aankiag 1 is so ernstig dat die Wetgewer dit nodig geag het
om die Strafregwysigingswet, 105 van 1997,
van toepassing te maak. U
het 'n sewejarige kind verkrag.
Dit
blyk uit die oorkonde dat u 'n bekende persoon was aan hierdie gesin.
U het gewoonlik by die mense kom kuier en saam met die
ouers van die
kind bier geniet. 'n Mens drink nie met vreemdelinge nie, maar 'n
mens drink gewoonlik met vriende, kennisse, mense
saam met wie 'n
mens kan praat en lag. U was bekend aan die kinders van hierdie
besondere huis U staan bekend aan almal daar as
oom Lange. U was dus
tot 'n mate in 'n vertrouensposisie gewees. Die honde van hierdie
huis, volgens die getuienis wat ek nagegaan
het, het u aanvaar as 'n
lid van gesin. Die honde kon u nie meer pla nie.
Mnr
November, dit blyk dat u beplan het om hierdie misdaad te pleeg.
Volgens die getuienis het u eers aan die ma van die klaagster
getik
en het vatterig geraak en aan haar klouerig. Toe u besef het dat
hierdie dame moeilik is vir u, uiter u toe gevaarlike woorde,
naamlik
dat "as u nie haar of haar suster kan naai nie, gaan u een van
hulle kinders naai". Op dieselfde aand het u die
kind van mev
Lodewyk verkrag.
Op
1 Maart 2000, net voordat die vorige gebeurtenis wat op 13 November
1998 afgehandel was, poog u weer op 'n wreedaardige wyse
om die
klaagster in klagtes 2 en 3 te verkrag. U poog om haar te vermoor.
Hierdie klaagster is ook aan u bekend. Sy ken u baie
goed. Volgens
haar getuienis, sy het saam met u grootgeword. Die dame het biykbaar
veilig gevoel toe sy saam met u geloop het.
U is mos nie 'n
vreemdeling nie. Ek meen sy was verbaas toe u haar om seks gevra het.
Sy antwoord darem baie kalm en se "Maar
Hennie, jy is dan
getroud". U het haar neergedruk eh gou was u bo-op haar gewees.
U het hierdie klaagster se damesbroekie
met 'n mes afgesny. Hierdie
mes, volgens die getuienis, het u oopgebyt. U het woorde geuiter tot
die volgende effek "Jou naai,
ek vra mos vir gat". U het
toe in die dame se onderliggaam gesteek vier houe by haar vagina en
ook aan die linkerkant van
haar kop gesteek, tot aan die linkerkant
van haar boud. U het haar verder vyf houe teen haar rug gesteek. God
het biykbaar vir
die klaagster 'n plan gegee. Sy het toe gemaak asof
sy doodgaan. Sy se in haar getuienis dat sy haar asem ingetrek het en
haar
oe.laat om dop. Volgens haar, sou u, mnr November, gese het "Ja,
jy is klaar vrek, niemand sal weet dat ek jou klaar doodgemaak
het
nie".
U
sien vir uself uit die bostaande opsomming dat die misdrywe waaraan u
skuldig bevind is, van ernstige aard is. Die klaagster in
aanklagte 2
en 3 voer aan dat as gevolg van die steekhoue met 'n mes het sy soms
pyn in haar biad. Volgens dr De Klerk, was daar
altesaam 16
steekwonde aan die klaagster. Volgens die dokter, die twee wonde
agter die kaakrante, 'n wond agter die linkerblad
en ook wonde by die
regterboud, enigeen wat dieper was, van Tewensgevaarlike aard was.
Hierdie
klaagster was bare gelukkig dat sy nie van hierdie beserings
doodgegaan het nie.
Die
gemeenskap moet teen gewelddadige oortreders beskerm. word. Op
aankiag 1 is die uitgangspunt dat die voorgeskrewe vonnis opgele
moet
word tensy weseniike en dwingende omstandighede bewys is. In
S
v
MALGAS
2001(1) SASV 469 (HHA) het MARAIS, AR beslis .dat die Hof mag nie
ligtelik afwyk van die voorgeskrewe vonnis op deursigtige flou
gronde
nie. Ek het na u getuienis ter versagting geluister. Ek het ook u
vrou se getuienis gehoor. Ek het mnr
Carolissen
gehoor ter versagting. Ek moet dadelik se, mnr November, dat as 'n
mens die totaliteit van die versagtende en die verswarende
omstandighede in hierdie saak oorvveeg, is dit maklik om 'n bevinding
te maak of daar weseniike en dwingende omstandighede is.
Daar
is geen duidelike ware oortuigende redes in hierdie saak vir 'n ander
vonnis nie, met ander woorde geen weseniike en dwingende

omstandighede bestaan in hierdie saak nie. Na my mening, die enigste
belangrike faktor wat in u guns tel, is dat u 'n eerste oortreder
is.
(Onduidelik) in sy boek
THE
GUIDE TO SENTENCING IN SOUTH AFRICA
,
op bladsy 223 skryf soos volg:
"A
first offender is treated with mitigation because the offender may
prove to have committed her only crime;
which
may imply that she is not a criminal as such, and therefore not
likely to repeat the crime. However, the nature of the crime
and the
callousness and brutality of the actions of the offender may show
that she has no regard for other people. Then the interests
of
society become more important than the interests of the individual."
Na
deeglike oorweging van al die faktore, soos deur die strafregstelsel
vereis word, is ek van oordeel dat die volgende gepaste
vonnisse is,
mnr November:
Aanklag
1, verkragting van. 'n sewejarige kind, u word ingevolge Wet 105 van
1997
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
opgeie.
Aanklag
2, poging tot verkragting,
SEWE
(7) JAAR
GEVANGENISSTRAF.
Aankfag
3, poging tot moord,
TIEN
(10) JAAR
GEVANGENISSTRAF.
DLODLO,
WnR