About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 96
|
|
S v Els (SS 105/2003) [2003] ZAWCHC 96 (29 May 2003)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(KAP DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELINGS)
SAAKNOMMER
:
SS. 105/2003
DATUM:
29 MEI 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
EUGENE
FRANCOIS ELS
VONNIS
CLEAVER,
R
:
Mnr
Els, dit is vir my 'n onaangename taak om u nou te vonnis. Dit is
seker besonder ook onaangenaam wees vir u moeder. Ek kry haar
baie
jammer dat sy vandag namens u moes kom praat, nadat sy soveel in haar
lewe gewy het om vir u te sorg. Dit is bekend dat wanneer
ek oor 'n
gepaste vonnis moet besluit, ek verskeie aspekte in gedagte moet hou;
die misdaad self en die ernstigheid daarvan; die
belange van die
gemeenskap by die toepassing van vonnisse; u eie persooniike
omstandighede en waar toepaslik ook die belang van
die slagoffer. Al
daar sodanige dwingende eri wesenlike omstandighede aanwesig is wat
my toelaat om af te wyk van wat die Parlement
besin en besluit het.
Ek het nie enige woord van berou van u gehoor nie. Ek sit met 'n
geval waar 'n ou man, wat vir niemand enige
kwaad aangedoen het nie,
van sy lewe beroof is vir 'n paar pennies en 'n motorvoertuig. Die
klem van die benadering, soos ek hierdie
uitspraak lees, het geskuif
na die erns van die misdaad. Ek moet dus die erns van die misdaad
opweeg teenoor u persoonlike omstandighede
en dan moet ek ook die
belange van die slagoffer en die slagoffer se familie in aanmerking
neem - in hierdie geval het ons nie
'n vrou en kinders wat
agtergelaat is nie, so daardie aspek is nie so belangrik nie. Dit is
nie vir my maklik om swaar strawwe
op te le nie, maar aan die ander
kant het ek 'n regterlike plig wat uitgevoer moet word. Ek kan
ongeiukkig nie bevind dat daar
enige dwingende en wesenlike
omstandighede hier aanwesig is wat my die reg gee om af te wyk van
die voorgeskrewe vonnis nie.
In
die omstandighede word u op die aanklag van moord tot
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
gevonnis en op die tweede aanklag van roof met verswarende
omstandighede tot
VYFT1EN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF.
CLEAVER,
R