About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Western Cape High Court, Cape Town
>>
2003
>>
[2003] ZAWCHC 79
|
|
S v Kamangana and Another (SS106/2003) [2003] ZAWCHC 79 (28 May 2003)
IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFR1KA
(KAAP
DIE GOEIE HOOP PROVINSIALE AFDELING)
SAAKNOMMER
:
SS106/2003
DATUM
:
28
MEI 2003
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
CHRISTOPHER
KAMANGANA
MALOLO
NAZI
VONNIS
VELDHUIZE
N,
R:
Beskuldigde
1, u is skuldig bevind aan huisbraak met die opset om te steel,
roof
met
verswarende omstandighede en moord. Beskuldigde 2, u is skuldig
bevind aan diefstal van die oorfedene se skoene en dit is my
taak om
vanoggend aan u 'n vonnis op te le.
Beskuldigde
1 is 43 jaar oud, getroud en het vier kinders, twee seuns van 21 en
18 jaar en twee dogters 16 en 7 jaar oud. U
vader het vroeg in sy
lewe heengegaan en u het daarna 'n taamlike sukkelbestaan gevoer.
U het st.8 op skool gehaal. Die feit
is egter dat die misdade
waaraan u skuldig bevind is, is baie ernstige misdade, veral die
moordklag waaraan u skuldig bevind
is, dra 'n baie hoe
blaamwaardigheid.
Die
moord wat u gepleeg het val onder Bylae 2 van Deel I van Wet 105
van 1997. Daardie bylae bepaal dat waar die dood van die
slagoffer
deur die beskuldigde veroorsaak is by die pleging van roof met
verswarende omstandighede, dit is die aanhaling van
Deel I van Bylae
2 van die betrokke Wet met weglating van die onnodige woorde.
Ek
is gevolglik ingevolge artikel 51(1) van die Strafregwysigingswet,
nr. 105 van 1 997, verplig om aan u lewenslange gevangenisstraf
vir
die moordklag op te le en ingevolge sub-artikel (2) van daardie
artikel verplig om aan u vir die roof met verswarende omstandighede
'n minimum vonnis van 15 jaar op te le, tensy ek bevind dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede bestaan wat die oplegging
van
'n mindere vonnis regverdig. Geen sodanige omstandighede is aan ons
voorgehou nie en dit verba as my ook nie want na
noukeurige
ontleding kon ek ook nie enige wesenlike en dwingende
omstandighede vind wat 'n mindere vonnis regverdig
nie.
Gevolglik
is die vonnis wat ek ople op aanklag 1, huisbraak 5 met die opset om
te steel, een van
VYF
(5) JAAR GEVANGENISSTRAF
;
op aanklag 2, roof met verswarende omstandighede,
VYFTIEN
(15) JAAR GEVANGENISSTRAF
en op aanklag 3, moord,
LEWENSLANGE
GEVANGENISSTRAF
en mi ski en is dit onnodig, want ek meen dat die Wet
op Korrektiewe Dienste bepaal dat enige vonnis wat saam met
lewenslange gevangenisstraf opgele word, samelopend daarmee sal
wees, maar ex
abudante
cautela
voeg
ek by dat die vonnisse op die huisbraak met die opset om te steel,
dit is die vyf jaar vonnis, en die vonnis ten opsigte
van die roof
met verswarende omstandighede, dit is die vyftien jaar vonnis, dat
daardie twee vonnisse saamlopend sal wees met
die vonnis van
lewenslange gevangenisstraf wat ten opsigte van aanklag 3 opgele is.
Beskuldigde
2, by u hoef ek nie lank stil te staan nie, u is al 'n geruime tyd
in die gevangenis verhoorafwagtend op hierdie aanklagte
en ek meen u
is langer in die gevangenis verhoorafwagtend as wat die vonnis is
wat hierdie Hof vir u sou opgele het op die aanklag
waarop u skuldig
bevind is. Ek weet nie, maar miskien is u baie gelukkig om so lig
daarvan af te kom in hierdie besondere saak,
maar nou ja, u het
hopelik u gewete wat u sal mee moet saamleef wat dit aanbetref.
Hierdie Hof sit nie as 'n hof van moraliteit
nie, maar as 'n
geregshof. Miskien is u gelukkig wat dit aanbetref.
Op
aanklag
2,
diefstal
van die skoene, is die vonnis dat u word GEWAARSKU EN ONTSLAAN.
VELDHUIZEN,
R